Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201920 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL VIER afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir Delphi as programmeringstaal is. 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture verskaf word. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ʼn halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ʼn disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ʼn disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende: Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer. Klik op die ‘Extract’-knoppie. Sleutel die volgende wagwoord in: 19JtMn&i Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids DataSept2019 beskikbaar wees: Vraag 1: Vraag1_u.pas Vraag1_u.dfm Vraag1_p.dpr Vraag1_p.res Vraag 2: ABC.jpg Bugs.jpg VideoKlas.pas Vraag2_u.pas Vraag2_u.dfm Vraag2_p.dpr Vraag2_p.res Vraag 3: dbConnection_u.pas VideoClub.mdb VideoClubBackUp.mdb Vraag3_u.pas Vraag3_u.dfm Vraag3_p.dpr Vraag3_p.res Vraag 4: Videos.txt Vraag4_u.pas Vraag4_u.dfm Vraag4_p.dpr Vraag4_p.res Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Doen die volgende: Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop. Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas-lêer in. Kompileer en voer die program uit. Die gebruikerskoppelvlak vertoon twee panele, pnlVraag1_1 en pnlVraag1_2. Die paneel, pnlVraag1_2, is onaktief (‘disabled’) voordat die program uitgevoer word. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 te voltooi, soos in VRAAG 1.1 en VRAAG 1.2 beskryf word. 1.1 Knoppie [1.1 Sluit Aan] ʼn Leerder by die skool moet ʼn profiel skep sodat hy/sy video’s na die skool se intranet kan oplaai, sodat ander daarna kan kyk. ʼn Leerder moet sy/haar e-pos adres, wagwoord, graad en ouderdom in sleutel. Al die besonderhede moet aan sekere kriteria voldoen voordat ʼn leerder geregistreer kan word, om video’s op te laai, met ander woorde die paneel pnlVraag1_2 moet dan vertoon word (‘enabled’). Skryf kode in die Q1_1btnSluitAan gebeurtenishanteerder (‘event handler’) om die volgende te doen: 1.1.1 Verklaar geskikte veranderlikes en kry die toevoer (name, e-pos, ouderdom, graad) van die toevoerkomponente. 1.1.2 Skryf kode om die toevoer te toets of dit aan die voorwaardes wat hieronder beskryf word, voldoen: Die e-posadres moet die ‘@’ simbool bevat. ʼn Geldige wagwoord moet aan die volgende kriteria voldoen: o Die wagwoord moet uit 8 of meer karakters bestaan. o 1 of meer karakters moet ʼn hoofletter wees o 2 of meer karakters moet ʼn syfer tussen 0 en 9 wees. Slegs graad 10, graad 11 en graad 12 leerders wat ouer as 15 jaar is, sal toegelaat word om te registreer en video’s op te laai. As daar aan al die bostaande kriteria voldoen word, dan moet kode geskryf word wat die paneel, pnlVraag1_2, sal vertoon (enable). As daar aan een van die bostaande kriteria nie voldoen word nie, moet kode geskryf word om die paneel, pnlVraag1_2, nie te vertoon nie (‘disable’). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.2 Knoppie [1.2 Oplaai] Die grootte van ʼn video word gemeet in Megabytes (Mb) en die oplaai-spoed van ʼn video word gemeet in Megabytes per sekonde (Mb/s). Leerders sal ’n kategorie van die ‘combobox’, cmbKategorie, kies en dan die titel en grootte van die video wat hul wil oplaai en die spoed van die Internetverbinding, in die ‘edit boxes’ insleutel. Skryf kode om die volgende te doen: 1.2.1 Verkry die inligting van die toevoerkomponente. 1.2.2 Die lengte van die videotitel moet ʼn maksimum van 23 karakters wees. As die lengte meer as 23 karakters is, dan moet die ‘edit box’, edtTitel, leeggemaak word en die prosedure moet toegemaak word. 1.2.3 Bereken hoeveel minute dit sal neem om die video op te laai, deur die gegewe inligting te gebruik: o Die tyd, in sekondes, wat dit neem om ʼn video op te laai word deur die volgende formule bereken: Grootte van video / Spoed van verbinding o Verwerk die antwoord van die formule na die maksimum aantal sekondes wat dit sal neem om die video op te laai. (Jy moet die sekondes na die volgende heelgetal afrond.) Voorbeeld: As die video se grootte 643.5 Mb is en die spoed van die lyn is 6 Mb/s, dan sal die tyd wat dit gaan neem om dit op te laai 107.25 sekondes wees. Dit moet dan na 108 sekondes verwerk word. Voorbeeld: As die video se grootte 847 Mb is en die spoed van die lyn is 10 Mb/s, dan sal die tyd wat dit gaan neem om dit op te laai 84.7 sekondes wees. Dit moet dan na 85 sekondes verwerk word. Voorbeeld: As die video se grootte 87 Mb is en die spoed van die lyn is 3 Mb/s, dan sal die tyd wat dit gaan neem om dit op te laai 29 sekondes wees. Dit hoef nie verwerk te word nie, want dit is alreeds ʼn heelgetal. o Bereken hoeveel minute dit sal neem om die video op te laai. 1.2.4 ʼn Videokode moet geskep word deur die volgende kriteria te gebruik: o ʼn Ewekansige getal van 10 tot 100 (albei ingesluit) o Die laaste karakter van die titel van die video moet by die ewekansige getal bygevoeg word. o Laastens moet die lengte van die titel by die videokode gevoeg word. o Voorbeeld van ʼn video-titel: “A day in the park” / Videokode = 67k17 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) 1.2.5 Al die inligting van die video moet in die ‘richedit’-komponent (redOplaai) vertoon word, in die volgende volgorde: <Titel van video> <Videokode> <Kategorie> <Minute om op te laai> o Die minute moet na 1 desimale plek geformateer word. o Gebruik die gegewe ‘tab stops’ om afvoer netjies te vertoon. LET WEL: Opskrifte vir die ‘richedit’-komponent word verskaf in die kode vir die gebeurtenishanteerder (‘event handler’). Voorbeeld van afvoer: Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. Stoor jou program. Druk die kode indien dit vereis word. [37] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7 VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING Jou skool se rekenaarklub het ʼn program ontwikkel waar leerders kan kommentaar lewer, video’s kan ‘like’ of ‘dislike’ waarna hulle kyk. Elke video moet die aantal ‘likes’ en ‘dislikes’ stoor asook die kommentare vir die spesifieke video. Elke video moet ook ʼn gradering (‘rating’) kry volgens die aantal ‘likes’ en ‘dislikes’. Doen die volgende: Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop. Maak die onvoltooide objekklas (‘object class’) VideoKlas.pas oop. Sleutel jou naam en van as kommentaar in beide VideoKlas.pas en Vraag2_u.pas. Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Kode is gegee om die prentjie-lêer op die prentjie komponent te vertoon en om die panele te vertoon. Moet NIE die gegewe kode verwyder of verander NIE. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon as die ‘Bugs’-video gekies word. Voltooi die kode vir die program soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 gespesifiseer word. 2.1 Die onvoltooide klas (TVideo) bevat ʼn verklaring van die vyf attribute wat die objVideo objek beskryf. NAAM VAN ATTRIBUTE BESKRYWING fvideonaam Naam van video ʼn String wat ʼn lys van al die kommentare bevat asook die naam van die video, naam van leerder fkommentaar wat kommentaar gelewer het en die datum waarop kommentaar gemaak is flikes Aantal ‘likes’ vir die video fdislikes Aantal ‘dislikes’ vir die video fgradering Aantal sterre wat aan die video toegeken is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) Die volgende voltooide metodes word in die eenheid VideoKlas.pas gegee: addLike, addDislike, toString Voltooi die kode in die objekklas, soos in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.4 hieronder gespesifiseer word. 2.1.1 Skryf kode vir die konstruktormetode, Create, wat die naam van die video as ʼn parameter sal ontvang. Ken die parameterwaarde aan die korrekte attribuut toe en inisialiseer die attribute vir die aantal ‘likes’ en ‘dislikes’ na nul. (4) 2.1.2 Skryf kode vir metode, NuweKommentaar, wat twee string parameters sal ontvang. Die string parameters verteenwoordig ʼn kommentaar en ʼn datum. Stel die waarde van die fkommentaar attribuut soos volg: Die twee parameters moet by fkommentaar attribuut gevoeg word: ʼn Leë reël moet voor die kommentaar gevoeg word. Voeg die nuwe kommentaar, wat van die parameter verkry word, by (na die leë reël). Voeg ʼn ‘tab’ spasie by en heg dan die datum, wat van parameter verkry is, aan. ʼn Leë reël moet na die datum bygevoeg word. (7) 2.1.3 Skryf 'n metode SetGradering wat ‘n waarde aan die attribuut, fgradering, volgens die volgende kriteria sal toeken: Trek die aantal ‘dislikes’ van die aantal ‘likes’ af. As die verskil minder of gelyk aan 0 is, dan is die gradering 0. Die gradering moet na 5 gestel word as die waarde (verskil) meer as 3 is, anders moet die gradering na 2 gestel word. (7) 2.1.4 Skryf kode vir die metode GetGradering wat ʼn string, bestaande uit sterre (*) sal terugstuur. Die string moet bestaan uit sterre (*) wat bymekaar gevoeg word afhangende van die waarde van die attribuut, fgradering. Byvoorbeeld: As fgradering 2 is, dan moet die string uit 2 sterre bestaan. (**) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9 2.2 ʼn Onvoltooide eenheid, Vraag2_u.pas is verskaf. Dit bevat kode om die objekklas beskikbaar te maak en ʼn verklaring van die objekveranderlike objVideo. Dit bevat ook ʼn veranderlike wat die stelseldatum (‘system date’) stoor. LET WEL: Die stelseldatum word gegee en is gestoor in ʼn stringveranderlike met die naam StelselDatum in die Vraag2_u.pas eenheid. Globale veranderlikes wat voorsien word: objVideo : tvideo; StelselDatum : string; Kode om die stelseldatum te kry en om die prentjielêer in die ‘list box’ te vertoon, word gegee. MOENIE enige gegewe kode verander of verwyder NIE. Die gebruiker moet ʼn video kies om te kyk en kode is in die ‘OnClick event’ van die ‘list box’ lbxVideos gegee, om die prentjie in die ‘image’ komponent te vertoon en om die panele vir ‘likes’, ‘dislikes’ en kommentare te vertoon. Volg die instruksies hieronder om die kode vir die oplossing te voltooi: 2.2.1 ‘OnClick event’ van die ‘list box’ met die naam lbxVideos (TQuestion2.lbxVideosClick) Die gebruiker moet ʼn videonaam in die ‘list box’, lbxVideos kies. Skryf kode om die objek objVideo te instansieer met die videonaam wat gekies is. (3) 2.2.2 Knoppie bitbtnLike [2.2.2 Like] en Knoppie bitbtnDislike [2.2.2 Dislike] In die ‘onclick event’ van bitbtnLike, moet die metode van die klas met die naam addLike gebruik word om ʼn ‘like’ by die video-objek te voeg. In die ‘onclick event’ van bitbtnDislike, moet die metode van die klas met die naam addDislike gebruik word om ʼn ‘dislike’ by die video- objek te voeg. (2) 2.2.3 Knoppie Q2_2_3btnKyk [2.2.3 Kyk die Video] Skryf kode wat ʼn dialoogblokkie gebruik om die gebruiker toe te laat om ʼn ‘J’ of ‘N’ in te tik wanneer die vraag “Hou jy van die video?” gevra word. As die antwoord “J” is, dan moet kode geskryf word om die ‘onclick event’ van die ‘bitmap’ knoppie, bitbtnLike, uit te voer. Anders moet kode geskryf word om die ‘onclick event’ van die ‘bitmap’ knoppie, bitbtnDislike uit te voer. Voeg kode by deur die metodes SetGradering en GetGradering te gebruik om die gradering op te dateer en vertoon dan die opgedateerde gradering in pnlGraderings. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) 2.2.4 Knoppie Q2_2_4btnHandigIn [2.2.4 Handig Kommentaar In] Die gebruiker moet ʼn naam en kommentaar in die gegewe ‘edit boxes’ intik. Skryf kode om die twee stringe bymekaar te voeg. Die kommentaar moet op ʼn aparte reël wees. Voorbeeld van saamgestelde string: Jane Doe Dit is ʼn goeie video Maak die ‘richedit’ komponent, redKommentare skoon. Gebruik die klas se metodes NuweKommentaar (wat die saamgestelde string en stelseldatum as parameters vereis) en toString, om die kommentare op te dateer en te vertoon in die ‘richedit’ komponent, redKommentare. Voorbeeld van afvoer vir VRAAG 2.2.4: (7) Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. (In albei die klas en hoofprogram wat die klas gebruik) Stoor jou programme. Druk die kode indien dit vereis word. [41] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11 VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING Die databasis VideoKlub.mdb bevat inligting oor die profielname van mense wat video’s oplaai, sodat ander lede van die videoklub daarna kan kyk asook aan wie die video’s behoort. Die databasis bevat twee tabelle, naamlik Profiel en Video. Tabel: Profiel Die tabel bevat die profielnaam van die persoon wat die video oplaai en die datum wanneer die profiel geskep was. Veldnaam Datatipe Beskrywing ProfielID Autonumber ʼn Unieke nommer wat aan elke profiel toegeken word ProfielNaam Text (50) Die naam van die profiel DatumGeskep Date/Time Die datum wanneer die profiel geskep is Voorbeeld van data in die Profiel tabel: Tabel: Video Hierdie tabel bevat al die video’s wat deur die profiele opgelaai is. Veldnaam Datatipe Beskrywing VideoID Text (50) ʼn Unieke kode wat aan video toegeken word VideoTitel Text (80) Titel van die video DatumVrygestel Date/Time Datum wanneer video vrygestel was Views Number Aantal 'views' van die video Likes Number Aantal 'likes' van die video Dislikes Number Aantal 'dislikes' van die video Kommentaar Number Aantal kommentare oor die video ProfielID Number Die getal wat die profiel wys van die persoon aan wie die video behoort Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) Voorbeeld van data van die eerste tien rekords in die Video tabel. Die volgende een-tot-baie verwantskap, met referensiële verwantskap, bestaan tussen die twee tabelle in die databasis: Doen die volgende: Maak die onvoltooide projeklêer, Vraag3_p.dpr in die VRAAG 3 gidslêer oop. Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag3_u.pas eenheidlêer. Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die gebruikerskoppelvlak word op die volgende bladsy vertoon. Volg die instruksies om die kode te voltooi vir elke vraag, soos die in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 beskryf word. Gebruik SQL-kode om VRAAG 3.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 3.2 te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13 LET WEL: Die [Herstel Databasis] knoppie word gegee om die data in die databasis na die oorspronklike inhoud te verander. As jy jou kode op die oorspronklike data wil toets, kan jy hierdie knoppie klik om die data te herstel. MOENIE enige van die gegewe kode verander NIE. Kode word voorsien om die komponente van die GGK ('GUI') te verbind. TWEE veranderlikes is as globale veranderlikes verklaar, soos hieronder beskryf word. Veranderlike Datatipe Beskrywing tblProfiele TADOTable Verwys na die Profiel tabel tblVideos TADOTable Verwys na die Video tabel 3.1 In hierdie afdeling mag SLEGS SQL-kode gebruik word om VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5 te beantwoord. Kode om die SQL-stellings uit te voer en uitslae te vertoon, word verskaf. Die SQL-stellings in onvoltooid. Die afdeling van die gebruikerskoppelvlak vir SQL-vrae word hieronder vertoon: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) Doen die volgende om die onvoltooide SQL-stellings wat aan veranderlikes, sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 per vraag verklaar is, te voltooi. 3.1.1 Knoppie [3.1.1] Skryf SQL kode om die DatumGeskep en ProfielNaam van al die profiele sal vertoon gesorteer van nuutste tot oudste profiel. Voorbeeld van afvoer: (4) 3.1.2 Knoppie [3.1.2] Die gebruiker moet die naam van 'n profiel in tik. Kode is voorsien om die profielnaam "DonDoe" in te tik in 'n 'input box' en dan aan die veranderlike sline toe te ken. Skryf SQL kode om die DatumVrygestel en verdienste ('earnings') van al die video’s wat deur die profielnaam wat in sline gestoor is opgelaai is, te vertoon. Albei tabelle moet gebruik word. Die verdienste word bereken deur die aantal 'dislikes' van die aantal 'likes' af te trek en die aantal kommentare by te tel. Die antwoord van die berekening moet deur die aantal 'views' gedeel word. Verdienste = ('Likes' – 'Dislikes' + Kommentare) / 'Views'. Die verdienste moet na geldeenheid met twee desimale plekke geformateer word en met 'n opskrif Verdienste vertoon word. Voorbeeld van afvoer: (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 15 3.1.3 Knoppie [3.1.3] Skryf SQL-kode om die video titels [VideoTitel] te vertoon waar die aantal 'views' meer of gelyk aan 1000 is en die aantal 'dislikes' minder of gelyk aan 10 is. Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: (4) 3.1.4 Knoppie [3.1.4] Skryf SQL kode wat die video wat in die jaar 2008 vrygestel is, sal verwyder. (Kode is geskryf om die tabel te vertoon nadat die rekord verwyder is. Die inligting word volgens die DatumVrygestel vertoon, van oudste tot nuutste.) Voorbeeld van afvoer: (4) 3.1.5 Knoppie [3.1.5] Skryf SQL kode om die naam van die profiel van TimmyTom na Tim Horton te verander. (Kode word gegee om die suksesvolle uitslae te vertoon.) Voorbeeld van afvoer: (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) 3.2 In hierdie afdeling mag slegs Delphi programmeringskode gebruik word om VRAAG 3.2.1 en VRAAG 3.2.2 te beantwoord. GEEN punte sal vir SQL stellings in VRAAG 3.2 toegeken word NIE. Die afdeling van die gebruikerskoppelvlak wat vir VRAAG 3.2 gebruik moet word, word hieronder aangedui: 3.2.1 Knoppie [3.2.1] Skryf kode om al die video-titels in die redVertoon 'richedit' te vertoon wat die woord 'the' in die video-titel bevat. Voorbeeld van afvoer: (6) 3.2.2 Knoppie [3.2.2] Skryf kode om al die video’s wat meer as 8 'dislikes' het, te verwyder. Voorbeeld van afvoer van al die rekords wat in die databasis 'grid', dbgVideos vertoon word: (6) Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. Stoor jou program. Druk die kode indien dit vereis word. [36] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 17 VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING Doen die volgende: Maak die onvoltooide program in die Vraag 4-lêergids oop. Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas-lêer in. Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. GGK ('GUI') wat verskaf is: Die GGK ('GUI') wat voorsien is verteenwoordig die koppelvlak van die program wat die skool se rekenaarklub gebruik om die video’s en profiele te analiseer en verander. ʼn Tekslêer is bygevoeg wat profielname, videokodes en die lengte van elke video in sekondes stoor. Die formaat van die tekslêer is: <Profielnaam><Videokode><lengte van video in sekondes> Kode is gegee om twee van die drie items per reël van die tekslêer in twee globale parallelle skikkings, arrProfiele en arrMinute, te stoor. ArrMinute bevat die duur van elke video as ʼn ‘integer’. Hierdie was bereken deur die sekondes te verwerk na minute en dan na ʼn heelgetal af te rond. ArrProfiele bevat ʼn string wat die profielname verteenwoordig. Die veranderlike icountarr stoor die totale aantal items in die twee parallelle skikkings. Kode is geskryf vir die 'OnActivate event' van die vorm om die data van die tekslêer in die twee skikkings te stoor en dan die inhoud van die skikkings in die 'rich edit' te vertoon. Wanneer die program uitgevoer word, word die twee skikkings vertoon soos aangedui in die diagram hieronder: Voltooi die kode vir elke vraag, VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2. LET WEL: Goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word. Jy mag NIE die kode wat verskaf is, verander NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) 4.1 Menu-opsie [4.1 Sorteer en Verwyder] 4.1.1 Sorteer albei parallelle skikkings, arrProfiele en arrMinute, in alfabetiese volgorde volgens die profielname. Hieronder is ʼn voorbeeld van die gesorteerde skikking in alfabetiese volgorde volgens die profielname: 4.1.2 Verwyder al die inligting in albei skikkings, arrProfiele en arrMinute, vir die profielnaam “DonDoe”. 4.1.3 Skep ʼn tekslêer met die naam Hersien.txt en skryf al die inhoud van die twee gesorteerde skikkings na die tekslêer in die volgende volgorde: < Profielnaam><semikolon><lengte van video in minute> 4.1 Voorbeeld van die tekslêer se inhoud: (17) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 19 4.2 Menu-opsie [4.2 Advertensies] Die skool se rekenaarklub verkry fondse van besighede wat bemarking doen. Elke leerder, wat ʼn profiel het, se video kan 2 advertensies of 4 advertensies gedurende die video se speeltyd hê. Die diagram hieronder verteenwoordig die 'stringgrid' op die vorm wanneer die program uitgevoer word. Die inhoud van die globale 2-dimensionele skikking word in die 'stringgrid' komponent vertoon in die 'onactivate event' van die vorm deur die Vertoon metode te gebruik, wat vir jou kodeer is. ʼn Globale 2-dimensionele skikking, arr2D, wat reële (real) getalle bevat, is vir jou verklaar. In hierdie vraag moet jy die twee-dimensionele skikking, arr2D, vol maak met die data wat die posisies van die advertensies aan dui. Jy moet die Vertoon-prosedure gebruik om die inhoud van die skikking arr2D in die 'stringgrid' te vertoon. Geen advertensie sal aan die begin van die video vertoon word nie. Die eerste advertensie sal ʼn ¼ van die tydsduur van die video gespeel word. Die tweede advertensie sal by die halftyd-merk van die video gespeel word. Die derde advertensie sal gespeel word as die video die ¾ punt van die tydsduur bereik. Die laaste (vierde) advertensie sal plaasvind as die video klaar is. Die gebruiker moet ʼn profielnaam van die gegewe 'combobox' kies. Kode is gegee sodat die gebruiker die aantal advertensies vir die gekose profielname kan insleutel deur 'n 'input box' komponent te gebruik. Die aantal advertensies word in ʼn lokale veranderlike iAantal gestoor. Slegs 2 advertensies of 4 advertensies kan vir ʼn profielnaam gekies word. Die profielnaam sal dan die aantal advertensies hê wanneer sy/haar videos gespeel word. Die twee-dimensionele skikking moet dan die tye wat die advertensies moet plaasvind vir die spesifieke profielnaam, stoor. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019) As twee advertensies gekies is, moet die advertensies aan die eerste kwart posisie en driekwart posisie gespeel word. As vier advertensies gekies is, moet die advertensies aan die eerste kwart posisie, halfpad, driekwart posisie en aan die einde van die video gespeel word. Al die inhoud van die skikking, arr2D, moet inisialiseer word na 0 voordat nuwe data in die skikking gestoor kan word. Die plasings van advertensietye vir elke video moet bereken word en in die skikking, arr2D, gestoor word. Die skikking, arr2D, moet dan vertoon word in die 'stringgrid' deur die Vertoon prosedure te gebruik. 4.2 Voorbeeld van afvoer as SteveXolo gekies is en 4 advertensies vereis word: 4.2 Voorbeeld van afvoer as SteveXolo gekies is en 2 advertensies vereis word: (19) Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. Stoor jou program. Druk die kode indien dit vereis word. [36] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all