Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201917 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *INFTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (23) AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie (25) AFDELING D: Data-en Inligtingsbestuur (22) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (26) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (39) 2. Lees AL die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal feite/redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 ʼn Rekord wat gehou word van al die veranderinge wat aan ʼn databasis gemaak is, asook wie die verandering gemaak het (1) 1.1.2 ʼn Metode in objek-geörienteerde programmering wat die objek in die geheue verwyder (clear) (1) 1.1.3 ʼn Toestel wat op die arm gedra word wat addisionele verwerkingskrag, sensors bevat asook met ʼn slimfoon, tablet of rekenaar kan koppel (1) 1.1.4 Die verrigting van fisiese take, in baie gevalle repetisie of gevaarlike take, deur rekenaar beheerde masjiene in plaas van mense (1) 1.1.5 Sagteware wat programmeringsinstruksies wat in hoë-vlak taal geskryf is, na ʼn lêer vertaal met ʼn “.exe”-uitbreiding wat as ʼn aparte entiteit uitgevoer kan word (1) 1.1.6 ʼn Eweknieprotokol wat gebruik word om groot lêers oor ʼn netwerk, soos die Internet, te versend (1) 1.1.7 Die konsep dat meer en meer toestelle en voorwerpe aan die Internet kan koppel, met die vermoë om met die ander toestelle en voorwerpe te kommunikeer en dan intelligente besluite te neem gebaseer op die toevoer wat ontvang is (1) 1.1.8 Sagtewarestelsel wat elke dag se besigheidsaktiwiteite stoor en prosesseer (1) 1.1.9 Inisiatief om tegnologie in ʼn omgewingsvriendelike manier te ontwerp, gebruik en weg te gooi (1) 1.1.10 Aanlyn-seminare waar deelnemers in afgeleë gebiede kan wees en deur die aanlyn konferensietegnologieë te gebruik kan deel- neem (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6. 1.2.1 ʼn Algoritme is … A ʼn stel instruksies wat in ʼn rekenaartaal geskryf is, wat ʼn probleem sal op los. B ʼn volgorde van logiese stappe wat ʼn probleem sal oplos. C die bronkode van ʼn rekenaarprogram wat ʼn probleem sal oplos. D ʼn volgorde van planne van die ontwikkeling en verkoop van ʼn rekenaarprogram. (1) 1.2.2 Wat sal die waarde van iAntwoord wees wanneer die volgende reël uitgevoer word? iAntwoord := 3 + 5 * 9 div 3 – sqr(3); A -7 B 6 C 7 D 9 (1) 1.2.3 ʼn Lêer met ʼn .dll uitbreiding … A skep direkte verbindings na LAN bedieners. B is ʼn dinamiesebinding-programmateeklêer. C word gebruik om kommunikasie met randtoestelle te verskaf. D is die bronkode vir ʼn databasisbestuurstelsel. (1) 1.2.4 Die doelbewuste onderbreking van toegang tot ʼn Internetdiens soos die Web of e-pos, deur die netwerk te oorlaai met baie versoeke, staan as ... bekend. A zombie B gekskeerdery (virus hoax) C trojaanse perd D diensontsegging-aanval (1) 1.2.5 Die konsep om data en prosedures in ʼn enkele objek te verpak om te vermy dat dit buite die objek gebruik kan word, word ... genoem. A objekkode B enkapsulasie C ʼn objekprogram D ʼn beheerstruktuur (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 Jou oom het besluit om ʼn klein besigheid te begin. Hy wil ʼn rekenaarwinkel en ʼn Internetkafee bestuur. 2.1 Jou oom dink daaraan om ʼn notaboek (‘notebook’) te gebruik om die besigheid te bestuur. 2.1.1 Die notaboek wat hy ingedagte het bevat ʼn 2.16 GHz verwerker met 2 MB kasgeheue en 1TB HDD. (a) Beskryf kortliks waarom die gebruik van kasgeheue in ʼn verwerker die stelsel se werkverrigting verbeter. (2) (b) Waarom is dit nie moontlik om die 2 MB kasgeheue in die SVE van die notaboek op te gradeer nie? (1) (c) Gee TWEE redes waarom ʼn notaboek met ʼn VTA ('SSD') ʼn beter opsie sal wees as een wat ʼn konvensionele HDD bevat. (2) 2.1.2 Die notaboekrekenaar word met Windows 10 Enterprise bedryfstelsel uitgereik. (a) Die beheer van kasgeheue en netwerk vermoëns is van die funksies van ʼn beheerstelsel. Noem TWEE ander primêre funksies van ʼn beheerstelsel. (2) (b) Behalwe vir Windows bedryfstelsel(s), is daar ʼn reeks ander bedryfstelsels. Noem kortliks vir watter toepassingsareas elk van die volgende bedryfstelsels hoofsaaklik ontwerp is: (i) Android (1) (ii) Linux Ubuntu (1) 2.2 Stelselsagteware bestaan uit nutssagteware. 2.2.1 Verduidelik die algemene doel van nutssagteware. (1) 2.2.2 Noem EEN tipe nutssagteware wat gebruik word om te verhoed dat ander vensters verskyn, terwyl jy op die Internet rondblaai. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 2.3 Een van die nuwe (‘buzzwords’) woorde in rekenaarverwerking is wolk. 2.3.1 Wat het ʼn mens nodig om wolkrekenarisering te kan gebruik? (1) 2.3.2 Onderskei tussen wolkrekenarisering en ʼn lokale toepassing ('local application'). (2) 2.3.3 Gee DRIE algemene voordele van wolkrekenarisering. (3) 2.3.4 Daar is baie vorme van sagteware as ʼn diens. Noem en beskryf kortliks DRIE toepassings van sagteware as ʼn diens. (6) TOTAAL AFDELING B: 23 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIEË EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 3.1 Netwerking het baie voordele in ʼn besigheidsituasie en daar is ook uitdagings met betrekking tot die skep en beheer van ʼn netwerk. Noem TWEE van hierdie uitdagings. (2) 3.2 Stertopologie is ʼn populêre keuse vir die opstelling van netwerke in besighede. 3.2.1 Teken ʼn eenvoudige diagram om ʼn stertopologie te illustreer. (3) 3.2.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van ʼn stertopologie. (2) 3.3 Die tegnikus wil UTP-kabels om die rekenaars van die besigheid op te stel gebruik. 3.3.1 Gee EEN voordeel van die gebruik van UTP-kabels. (1) 3.3.2 Seinverswakking is een van die swakpunte van UTP-kabels. Noem TWEE ander swakpunte van UTP-kabels. (2) 3.3.3 As UTP-kabels oor lang afstande gebruik word, stel voor hoe die probleem van seinverswakking opgelos kan word, sonder om die kabels met veseloptiese kabels te vervang. (1) 3.4 Dataversending word deur protokolle beheer. 3.4.1 Watter protokol word vir veilige webtuistes gebruik? (1) 3.4.2 Wat is die funksie van die VoIP? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 3.5 Bestudeer die voorstelling van ʼn netwerk hieronder wat deur ʼn klein besigheid gebruik kan word. 3.5.1 Waarvoor staan VOD? (1) 3.5.2 Wat is die naam van die fisiese ligging in ʼn publieke area waar gebruikers toegang tot Wi-Fi kan kry en hul mobiele toestelle kan gebruik om kabelloos met die Internet te verbind? (1) 3.5.3 Wat is die funksie van ʼn IDV (‘ISP’)? (1) 3.5.4 Waarna verwys die simbool in die bostaande diagram, wat deur die pyltjie gemerk VRAAG 3.5.4, aangedui word? (1) 3.6 Jou nefie was op ʼn webtuiste toe ʼn boodskap wat hom waarsku dat die webtuiste se digitale sertifikaat verval het, verskyn. 3.6.1 Verduidelik kortliks wat ʼn digitale sertifikaat is en die funksie wat dit verrig. (2) 3.6.2 Gee EEN naam van ʼn derdeparty organisasie wat digitale sertifikate uitreik. (1) 3.6.3 Gee EEN verantwoordelikheid van ʼn derdeparty organisasie behalwe die uitreiking van digitale sertifikate. (1) 3.6.4 Noem VIER items wat tipies op ʼn digitale sertifikaat gevind word. (4) TOTAAL AFDELING C: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 ʼn Sentrale databasis is ontwerp om die inligting van die werkers en departement te stoor. 4.1 tblDepartement tblWerker Sleutel Veldnaam Sleutel Veldnaam DepartementID WerkerID DeptNaam WerkerNaam WerkerVan Geslag Permanent Salaris 4.1.1 In die tblWerkers-tabel word die Permanent-veld gebruik om die werkskategorie van die werker te bepaal. Noem die datatipe wat aan die Permanent-veld toegeken is. (1) 4.1.2 Teken die twee tabelle in jou ANTWOORDEBOEK en beantwoord die volgende vrae. (a) Identifiseer die primêre sleutelveld in albei tabelle. Skryf PK in die eerste kolom in albei tabelle langs die primêre sleutelveld. (2) (b) Voeg ʼn veld wat die vreemde sleutelveld sal wees by. Voeg FK langs die onlangse bygevoegde veld in kolom 1. (3) (c) Skep ʼn verwantskap tussen die tabelle. Die verwantskap-tipe moet aangedui word wanneer jy die tabelle verbind. (2) 4.2 ʼn Swak ontwerpte tabel of databasis kan onreëlmatighede veroorsaak. Noem die DRIE algemene tipes onreëlmatighede wat kan plaasvind en verduidelik die probleem wat elkeen veroorsaak. (3) 4.3 Data-integriteit is ʼn algemene term wat met databasis ontwerp en bedryf geassosieer word. 4.3.1 Differensieer tussen fisiese integriteit en logiese integriteit. (2) 4.3.2 Gee TWEE hardeware skemas of toestelle wat kan help om die fisiese integriteit van data te verseker. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 4.4 Data-onafhanklikheid is ʼn ander term wat met databasisbestuurstelsels geassosieer word. 4.4.1 Noem TWEE hoofvlakke hoe data-onafhanklikheid verkry kan word. (2) 4.4.2 Gee DRIE hoofvoordele of doelwitte van data-onafhanklikheid. (3) 4.5 Onderskei tussen terugrol (‘rollback’) en rekordsluiting. (2) TOTAAL AFDELING D: 22 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 5.1 Die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn GGK wat pasiëntinligting verkry. Bestudeer die ontwerp en beantwoord die vrae wat volg. Noem TWEE maniere hoe die ontwerpuitleg en gebruikersvriendelikheid verbeter kan word. (2) 5.2 Verskeie foute kan tydens programmering en uitvoer van ʼn program plaasvind. 5.2.1 Identifiseer die tipe fout vir elk van die volgende prosesse hieronder. (3) Tipe FOUT Foutboodskap fout (a) … Geen kommapunt aan einde van ('Missing instruksie semicolon') (b) … Die voorraadbedrag is foutief bereken. Geen Die formule is: foutboodskap StockAmount = quantity – ItemPrice (c) … ʼn Veranderlike word as ʼn heelgetal ('Data-type verklaar sodat die aantal items gestoor mismatch') kan word. Wanneer die program uitgevoer word, tik die gebruiker ʼn woord in, plaas van ʼn getal in. 5.2.2 Verduidelik wat dit beteken as ʼn program ontfout ('debugging') word. (2) 5.3 Verduidelik die doel van die volgende kodesegmente: 5.3.1 AssignFile(txtFile, ‘Payroll.txt’); (2) 5.3.2 Reset(txtFile); (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 5.4 Skikking het indekse. 5.4.1 Onderskei tussen skikking en indeks. (2) 5.4.2 Gee ʼn ander naam vir ʼn indeks. (1) 5.5 Bestudeer die onderstaande klasdiagram en beantwoord die vrae wat volg. objWerknemers ATTRIBUTE METODES Naam: String Constructor Create() Van: string SetVerhoging Voorletters: string SetJaarEinde JareInDiens: Integer GetJareInDiens JaarlikseSalaris: real GetJaarlikseSalaris GetMaandelikseSalaris toAfvoerString 5.5.1 Wat beteken dit om ʼn objek te instansieer? Wat is die naam van die metode wat gebruik word om die objek te instansieer? (3) 5.5.2 Verduidelik die doel van die Hulpmetode (‘Auxiliary’ metode) en gee EEN voorbeeld uit die klasdiagram. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13 5.6 Ondersoek die volgende kode en beantwoord die vrae wat volg. var iCount, iNumber : Integer; begin for iCount := 1 to 5 do {1} begin iNumber := iCount * iCount; {2} redOut.Lines.Add(IntToStr(iNumber)); {3} end; //for end; Reëlnommers word in krulhakies aangedui. Teken die naspeurtabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit om die afvoer te bepaal. Line iCount iCount > 5? iNumber Output redOut 1 1 (21 ÷ 3) (7) TOTAAL AFDELING D: 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 ʼn Plaaslike gemeenskap se IKT (‘ICT’’)-opleidingsentrum bied ʼn verskeidenheid IKT-kursusse vir die gemeenskap aan. Die uitbreiding van hul genetwerkte sentrum het dit moontlik gemaak dat hulle nuwe tegnologieë en IKT beter kan gebruik. 6.1 Een van die studente het ʼn e-pos met die volgende e-pos adres na die opleidingsentrumbestuurder gestuur: icttrainingcentre@orico.co.za 6.1.1 Noem die domeinnaam van die e-pos. (1) 6.1.2 Noem die e-pos ontvangers hieronder wat nie aan ander bekend sal wees nie. (1) FROM: Mark Onio CC: Academy Susan; Megan Lue TO: Green Lambard Bcc Classen Jim; Breeze Kelly 6.1.3 Wat is die naam van die kwaadwillige sagteware (malware) wat ʼn e-pos naboots, sodat dit lyk asof die e-pos van ʼn ander bron afkom? (1) 6.2 Die IKT-sentrum het ʼn webtuiste waar studentewerk kan aflaai, betalings kan maak en akademiese-verwante inligting kan nagaan. 6.2.1 Verduidelik kortliks wat BSL (‘SSL’) is. (2) 6.2.2 Outomatiese enkripsie is iets wat gebeur sonder dat jy bewustelik sagteware kies om data te enkripteer. Hierdie enkripsie kan in beide hardwaretoestelle en verskeie tipe sagteware ingebou word. Noem TWEE plekke waar outomatiese enkripsie gebruik word. (2) 6.3 Noem TWEE IT-verwante werke wat geskep gaan word wanneer netwerke opgestel en uitgebrei word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 15 6.4 Toegang tot die bedienerkamer moet gekontrolleer word. Die personeel gebruik biometrika om toegang tot die bedienerkamer te verkry. 6.4.1 Verduidelik die term biometrika. (1) 6.4.2 Gee ʼn gepaste voorbeeld van biometrika wat in hierdie scenario gebruik kan word. (1) 6.4.3 Daar was voorgestel dat ander personeellede RFID-etikette gebruik om toegang tot die navorsingsentrum te kry. Noem TWEE nadele van die gebruik van RFID-etikette in hierdie toepassing. (2) 6.5 Daar is bekommernisse oor privaatheidkwessies met betrekking tot die gebruik van dreune (hommelteue) en verkeerkwessies ontstaan waar daar baie dreunaktiwiteite plaasvind. 6.5.1 Beskryf kortliks die konsep rekenaardreun. (1) 6.5.2 Noem EEN voordeel van die gebruik van ʼn rekenaardreun. (1) 6.5.3 Rekenaardreune word in die IKT-veld gebruik en maak ʼn betekenisvolle bydrae tot Big Data. Noem DRIE IKT-areas waar rekenaardreune gebruik word. (3) 6.6 Die IKT-opleidingsentrum gebruik ʼn bestuurstelsel met ʼn verspreide databasisstelsel. 6.6.1 Wat is ʼn verspreide databasis? (2) 6.6.2 Noem TWEE voordele as ʼn verspreide databasis gebruik word. (2) 6.7 Die mees bekendste voorbeeld van ʼn wiki is Wikipedia. 6.7.1 Verduidelik wat ʼn wiki is. (1) 6.7.2 Noem TWEE hoofvoordele van wiki’s. (2) 6.7.3 Gee TWEE redes waarom universiteite, kolleges en skole hul studente nie toelaat om Wikipedia as ʼn bron van inligting vir navorsingsprojekte te gebruik nie. (2) 6.8 ʼn Soekenjin se doel is om inligting te vind. Verduidelik wat klikplase (‘click farms’) is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 6.9 Die gemeenskap is bekommerd oor die kinders se blootstelling aan sosiale netwerke-webtuistes en kubermisdaad. 6.9.1 Stel TWEE maniere voor hoe sosiale netwerke verantwoordelik gebruik kan word. (2) 6.9.2 ʼn Algemene misdaad wat mense pleeg is om onbeveiligde Wi-Fi- Internetverbindings sonder toestemming te gebruik. Watter term word gebruik om hierdie misdaad te beskryf? (1) 6.10 Baie maatskappye gebruik telependelary, selfs in IT-afdelings. Verduidelik wat telependelary is. (2) 6.11 Sommige mense is onder die indruk dat ʼn virtuele kantoor slegs as ʼn idee en nie ʼn fisiese entiteit bestaan nie. Verduidelik wat ʼn virtuele kantoor in die IT- konteks is. (2) 6.12 Dit is belangrik om op datum te wees met al die ontwikkelinge in IT en ons moet altyd ons sagteware opdateer. Noem DRIE voordele van opdateerde sagteware. (3) TOTAAL AFDELING F: 39 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all