Skip to content
Practical assessment task

Music PAT GR 12 2021 Afr

Grade 12 Music practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 39 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: MusicGrade 12202239 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com MUSIEK RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2022 Hierdie riglyne bestaan uit 39 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 2 DBE/PAT 2022 NSS INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. INLEIDING 3 2. ONDERWYSER- EN LEERDERRIGLYNE 3 2.1 Hoe om die PAT'e te administreer 3 2.2 Opsomming van vereistes 4 2.3 Opsomming van assessering 4 3. SPESIFIEKE VEREISTES VIR DIE PAT'e 4 4. GEDETAILEERDE BESKRYWING VAN DIE PAT'e 5 4.1 PAT 1 – Opsies 1, 2 en 3 5 4.2 PAT 2 – Opsies 1 en 2 7 5. VOORBEELDE VAN PAT'e EN ASSESSERINGSINSTRUMENTE 8 5.1 PAT 1 – Konsertvoordrag 8 5.2 PAT 1 – Programnotas 12 5.3 PAT 1 – Besigheidsplan 16 5.4 PAT 1 – Voorbeelde van improvisasie 17 5.5 PAT 2 – Komposisie 33 5.6 PAT 2 – Verwerking 34 5.7 PAT 2 – Voorbeelde van verwerking 35 6. VERKLARING VAN EGTHEID 37 7. VOORGESTELDE BRONNE 38 8. GEVOLGTREKKING 39 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 3 DBE/PAT 2022 NSS 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS EN LEERDERS 2.1 Hoe om die PAT'e te administreer  Musiek het TWEE praktiese assesseringstake (PAT'e) met 'n gewig van 25% van die finale promosiepunt. Toets 1 (Kwartaal 1) en die Voorbereidende Eksamen (Kwartaal 3) vorm die skoolgebaseerde assesseringspunt (SGA) en dra ook 'n gewig van 25% van die finale promosiepunt.  Die PAT'e vereis dat die onderwyser leerders se verworwe vaardighede direk en sistematies onder beheerde omstandighede waarneem. Hierdie vaardighede sluit praktiese en improvisasievaardighede, sowel as genoteerde kreatiewe uitsette, in.  Die PAT'e moet gedurende die eerste twee kwartale van die graad 12-jaar voltooi word. Die beplanning en voltooiing van die PAT'e kan volgens die diskresie van die onderwyser en in enige volgorde gedoen word.  Die praktiese take van PAT 1 moet in die formaat van 'n enkele konsertvoordrag gedoen word, terwyl die geskrewe take van PAT 2 as 'n reeks kleiner take oor die bestek van 'n paar weke voltooi kan word.  Die PAT'e stem nou ooreen met die kurrikuluminhoud van Musiek en vorm deel van die onderrig en assesseringsaktiwiteite.  Ten minste 40% van PAT 2 moet in die klas onder toesig van die onderwyser gedoen word. Die onderwyser moet die werk as die leerder se eie verifieer.  Die voorbeelde in hierdie PAT-dokument dien slegs as basiese riglyne. Onderwysers mag hulle eie PAT'e saamstel wat meer geskik is vir hulle eie spesifieke kontekste. Hierdie PAT'e moet op dieselfde standaard wees as die voorbeelde hier gegee.  Indien daar slegs een Musiekonderwyser by 'n skool is, moet al die voordrag- gebaseerde take (PAT 1 en die praktiese eksamens) saam met 'n Musiekonderwyser van 'n buurskool, die vakadviseur of 'n onafhanklike musiekspesialis geassesseer word.  Omvattende en toepaslike modereringspraktyke op skool-, distriks- en provinsiale vlak moet in plek wees vir die gehalteversekering van die PAT'e. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 4 DBE/PAT 2022 NSS 2.2 Opsomming van vereistes Die finale punt vir graad 12 Musiek word uit die PAT'e, toetse, voorbereidende eksamen en finale eksterne eksamen saamgestel. 2.3 Opsomming van assessering KWARTAAL KOMPONENTE FINALE PUNT PAT'e (in enige volgorde) 1–2 PAT 1: Konsertvoordrag OF Improvisasie OF Inheemse Afrika-musiekvoordrag 50 1–2 PAT 2: Komposisie OF Verwerking 50 100 100 SBA 1 TOETS: Geletterdheid 40 AMK 40 Musiekbegrip 20 100 3 EKSAMEN: Praktiese Eksamen V3 150 Vraestel 1 (Geletterdheid & AMK) 120 400 ÷ 4 = Vraestel 2 (Musiekbegrip) 30 300 100 FINALE EKSTERNE EKSAMEN 4 Praktiese Eksamen V3 150 Vraestel 1 (Geletterdheid & AMK) 120 300 x 2 ÷ Vraestel 2 (Musiekbegrip) 30 300 3 = 200 Promosietotaal 400 % 100 3. SPESIFIEKE VEREISTES VIR PAT'e PAT BESKRYWING PUNTE PAT 1 Konsertvoordrag:  DRIE (3) voordragopsies: Repertorium-stuk (een afgeronde werk) OF Improvisasie (24 mate) OF Inheemse Afrika-musiekvoordrag (musiek, dans, gesproke teks) 30  Geskrewe programnotas oor die voordragstuk 10  Besigheidsplan 10 50 Komposisie OF Verwerking:  'n Minimum van 24 mate  Handgeskrewe of gedrukte, gedetailleerde partituur of skeletpartituur ('lead sheet') in musieknotasie (Vir die Inheemse Afrika- voordrag moet geskrewe instruksies vir die dans en gesproke teks saam met die genoteerde partituur voorsien word. Die komposisie moet 'n ander werk as dié van PAT 1 wees.) 50 50 TOTAAL VIR PAT'e 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 5 DBE/PAT 2022 NSS 4. GEDETAILEERDE BESKRYWING VAN PAT'e 4.1 PAT 1: Konsertvoordrag Daar is DRIE (3) opsies hieronder. Die kandidaat moet slegs EEN (1) kies. Assessering  Die konsertvoordrag, die geskrewe programnotas en die besigheidsplan moet deur ten minste TWEE (2) musiekonderwysers of musiekspesialiste geassesseer word.  Die bewys van assessering van die konsertvoordrag, die geskrewe programnotas en die besigheidsplan moet in elke leerder se lêer geplaas word. 4.1.1 Voordragopsie 1 – Repertorium-stuk (50) Voordrag (30) Elke leerder speel EEN (1) stuk in konsertomstandighede of 'n voordragklas. Die werk moet afgerond en gereed wees om mee op te tree en moet deel van die repertorium vir die finale praktiese eksamen vorm. Programnotas (10) Elke leerder moet programnotas van 120–150 woorde oor die voordragwerk skryf. Inligting moet verwys na die komponis, historiese feite, vormstruktuur en relevante styleienskappe van die werk insluit. Besigheidsplan (10) Elke leerder moet 'n besigheidsplan vir die konsert oor die begroting en kopiereg skryf.  Begroting: Die begroting moet die kostestruktuur van 'n erkende konsertvenue vir die spesifieke styl van musiek, kunstenaarsgelde, kopiereggelde en enige ander ekstras (die huur van instrumente/beligting, klanktegnici, ens.) insluit.  Kopiereg: 'n Voltooide aansoekvorm vir die voordragregte van die spesifieke werk moet ingesluit word ongeag die ouderdom van die komposisie. In die geval van 'n nuwe werk moet die voltooide registrasie van kopiereg ingesluit word. 4.1.2 Voordragopsie 2 – Improvisasie (50) Voordrag (30) Elke leerder moet EEN (1) improvisasie van 'n minimum van 24 mate in konsertomstandighede speel met begeleiding deur 'n toepaslike instrument of groep instrumente of opgeneemde agtergrondmusiek (backtrack).  Tydsraamwerk: Die begeleidingsmateriaal (akkoordprogressies of agtergrondmusiek) vir die improvisasie moet ten minste twee weke voor die tyd aan die leerder gegee word sodat die leerder voldoende tyd vir voorbereiding het.  Lewendige voordrag: Gedurende die lewendige voordrag mag die leerder slegs die akkoordprogressie, akkoordblad of skeletpartituur ('lead sheet') voor hom/haar hê. Die begeleiding mag slegs een keer as inleiding gespeel word en dan moet dit herhaal word terwyl die leerder improviseer. Vir slaginstrumente moet die begeleidende ritme dwarsdeur gespeel word.  Instrumente: (a) Alle voordragte moet beide melodiese en ritmiese improvisasie insluit, behalwe by nie-melodiese slaginstrumente. (b) Kitaar, klavier, orrel en klawerbordvoordrag mag uit enkellyn-improvisasies bestaan soos ook die geval met blaas- en strykinstrumente. (c) Leerders wat op transponerende instrumente speel, moet vooraf seker maak dat die improvisasie in die korrekte toonsoort voorberei word sodat dit dieselfde is as begeleiding in konserttoonhoogte. Aparte akkoordblaaie/skeletpartiture ('lead sheets') moet vir alle transponerende instrumente voorsien word.  Styl: Die styl van die improvisasie word nie voorgeskryf nie. Die onderwyser mag geskikte materiaal, relevant tot die styl van musiek wat deur die leerder bestudeer word, verskaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 6 DBE/PAT 2022 NSS Programnotas (10) Elke leerder moet programnotas van 120–150 woorde skryf waarin die musikale eienskappe van hulle improvisasie verduidelik word. Dit moet aspekte soos vormstruktuur, harmonie, melodiese variasie, ritmiese variasie, ornamentasie en standaard-komposisietegnieke insluit. Besigheidsplan (10) Elke leerder moet 'n geskrewe besigheidsplan voorlê waarin die begroting en kopiereg uiteengesit word.  Begroting: Die begroting moet die prysstruktuur van 'n erkende konsertvenue vir die spesifieke styl van musiek, kunstenaarsgelde, kopiereggelde en enige ekstras (die huur van instrumente/beligting/klank tegnici, ens.) insluit.  Kopiereg: 'n Voltooide aansoekvorm vir die voordragregte van die spesifieke werk moet ingesluit word ongeag hoe oud die komposisie is. In die geval van 'n nuwe komposisie moet die voltooide aansoek van kopieregregistrasie ingesluit word. 4.1.3 Voordragopsie 3 – Inheemse Afrika-musiek-voordrag (50) Voordrag (30) Leerders moet 'n Inheemse Afrika-musiek-voordrag in 'n voordragklas lewer. Hierdie voordrag moet inheemse instrumentale en/of vokale musiek, dans en/of storievertelling en/of drama insluit en moet die rol van musiek in die inheemse Afrika-gemeenskap uitbeeld. Die groep mag nie uit meer as ses (6) leerders bestaan nie. Elke leerder moet 'n aktiewe deelnemer in ten minste die musikale aspekte van die voordrag wees. 'n Spesifieke kultuur/tradisie moet verteenwoordig word. Die styl van die musiek mag nie volks- oorlewering (itzibili) wees nie. Die voordrag moet ten minste sewe (7) minute lank wees. Dit moet afgerond en gereed wees vir optrede; en moet deel vorm van die leerder se finale praktiese-eksamen-repertorium. Programnotas (10) Elke leerder moet programnotas van 120–150 woorde oor die musiek- en dansvoordrag skryf. Die inligting moet verwysings na die oorsprong, spesifieke stilistiese en tradisionele kenmerke verwant aan die gekose musiek en dans asook die konteks van die daaglikse lewe, d.i. ontspanning, inisiasie, werk en vereringsaktiwiteite, bevat. Voordragnotas moet ook refleksief van aard wees – leerders kan bv. notas skryf oor die proses wat gevolg is om die voordrag of aanbieding te beplan. Ervarings ten opsigte van die aanleer van die musiek- en dansbewegings, soos tegniese probleme, die organiseer van die ensemble, instrumentasie en choreografie, kan ook deel van die programnotas vorm. Besigheidsplan (10) Elke leerder moet 'n geskrewe plan vir die konsert ten opsigte van begroting en kopiereg voorlê.  Begroting: Die begroting moet die prysstruktuur van 'n erkende konsertvenue vir die spesifieke styl van musiek, kunstenaarsgelde, kopiereggelde en enige ekstras (bv. die huur van instrumente/beligting/klank tegnici) insluit.  Kopiereg: 'n Voltooide aansoekvorm vir die voordragregte van die spesifieke werk moet ingesluit word ongeag hoe oud die komposisie is. In die geval van 'n nuwe (musikale) werk/liedjie moet die voltooide aansoek van kopieregregistrasie voorsien word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 7 DBE/PAT 2022 NSS 4.2 PAT 2: Komposisie of verwerking Daar is DRIE (3) opsies hieronder. Die kandidaat moet slegs EEN (1) kies. Assessering  Die komposisie of verwerking moet deur ten minste TWEE (2) Musiekonderwysers of - spesialiste geassesseer word.  Bewys van assessering van die komposisie of verwerking sowel as die werk self (in die formaat van 'n partituur, skeletpartituur of opname) moet vir modereringsdoeleindes in elke leerder se lêer geplaas word. 4.2.1 Komposisieopsie 1 (50) OF verwerkingsopsie 2 (50) Elke leerder moet 'n stuk komponeer of verwerk volgens die volgende kriteria: Omvang Die minimum vereiste lengte is 24 mate. Die volgende tydmaattekens word aanvaar: 3/4, 4/4, 6/8, 9/8, 12/8. Instrumentasie Kies tussen die volgende instrumentasieopsies:  Klawerbordinstrument  Klawerbordinstrument en solo-instrument  'n Lied met begeleiding  Jazz-combo  Gemengde koor (SATB, TTBB, SSA, TTB)  Enige kombinasie van ten minste DRIE/VIER (3/4) instrumente  Klassieke/Afrika-perkussie vir ten minste DRIE (3) instrumente  Instrumentale of vokale musiek, dans en storievertelling vir IAM wat die rol en funksie van musiek in die Afrika-gemeenskapslewe uitdruk, bv. ontspanning, werk, inisiasie en aanbidding. . Styl Die komposisie of verwerking moet 'n tonale harmoniese basis hê tesame met 'n duidelike melodiese lyn in 'n homofoniese of polifoniese tekstuur. Komposisie/Verwerkings vir slaginstrumente moet rondom ritmiese beginsels wat op die instrumente betrekking het, beplan word. Partituur  Die gebruik van toepaslike notasiesagteware word aangemoedig.  Elke leerder moet 'n gedetailleerde partituur of skeletpartituur ('lead sheet') inlewer. Dit kan handgeskryf of gedruk wees. Die partituur moet voordragaanduidings, soos tempo, dinamiek, artikulasie en aanduidings ten opsigte van karakter, insluit.  Vir 'n jazz-combo kan die partituur deur 'n lewendige opname vervang word, tesame met 'n gedetailleerde voordragkaart skeletpartituur ('lead sheet') met genoteerde melodieë, spesifieke akkoordprogressies, ritmes en akkoordsimbole).  Die werk vir gemengde koor kan in tonika-solfa geskryf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 8 DBE/PAT 2022 NSS 5. VOORBEELDE VAN PAT'e EN ASSESSERINGSINSTRUMENTE 5.1 PAT 1: Konsertvoordrag PAT 1 (OPSIE 1): KONSERTVOORDRAG – Enkel werk TOTALE PUNT PAT 1: Voordrag _____/30 + Programnotas ____/10 + Besigheidsplan_____/10 = ______/50 Assesseringsverslag: VOORDRAG Totaal: _____/30 Leerder se naam Datum Komponis en titel Instrument INSTRUKIES Speel EEN (1) stuk in 'n konsert of voorspeelklas. Hierdie werk moet afgerond en voordraggereed wees. Die stuk moet deel van die finale praktiese-eksamen-program wees. VOORDRAGKRITERIA MAKSIMUM PUNT LEERDER SE PUNT Vloei en akkuraatheid 20 Musikaliteit; stilistiese begrip; interpretasie 20 Algemeen: * Toonproduksie/Aanslag * Intonasie 20 * Tegniese vaardigheid * Geskikte tempo * Verhoogpersoonlikheid Subtotaal 60 Voordragtotaal (60 ÷ 2 = 30) 30 Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 9 DBE/PAT 2022 NSS ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR VOORDRAG (OPSIE 1) VLOEI; STYLBEGRIP; ALGEMEEN AKKURAATHEID MUSIKALE BEGRIP/ INTERPRETASIE 20 20 20 (18–20) (18–20) (18–20) UITSTEKEND UITSTEKEND UITSTEKEND Akkuraat, vlot en presiese spel Duidelike begrip van die styl Uitstekende toonproduksie en vereis, uitstekende projeksie en aanslag, intonasie, tegniese kommunikasie van die betekenis vaardigheid en toepaslike tempo van die musiek en verhoogpersoonlikheid (14–17) (14–17) (14–17) GOED GOED GOED Hoofsaaklik akkurate en vlot spel Goeie sin vir voordrag in die Goeie toonproduksie, aanslag, betrokke styl, goeie begrip en intonasie, tegniese vaardigheid, kommunikasie van die betekenis tempo en verhoogpersoonlikheid van die musiek (10–13) (10–13) (10–13) GEMIDDELD GEMIDDELD GEMIDDELD Oor die algemeen akkuraat met 'n Redelike sin vir die vereiste Redelike toonproduksie, aanslag, redelike vloei styl; gedeeltelik suksesvolle tegniese vaardigheid, tempo en kommunikasie van die betekenis verhoogpersoonlikheid van die musiek (6–9) (6–9) (6–9) AANVAARBAAR AANVAARBAAR AANVAARBAAR Tentatiewe tempo, polsslag nie Voordrag huiwerig met 'n gebrek Beperkte begrip van deurgaans duidelik nie, gereelde aan 'n gevoel vir styl, min toonproduksie, aanslag, huiwerings, beperkte vlak van musikale begrip intonasie, tegniese vaardigheid, akkuraatheid tempo en verhoog-persoonlikheid (0–5) (0–5) (0–5) ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR Baie swak kontinuïteit met Styl vaagweg herkenbaar, gebrek Gebrek aan toonproduksie, gereelde struikelings, oor begin aan musikale gevoel aanslag-, intonasie-, tegniese of onderbrekings, lae vlak van vaardigheid, tempo en akkuraatheid met baie foute verhoogpersoonlikheid Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 10 DBE/PAT 2022 NSS PAT 1 (OPSIE 2): KONSERTVOORDRAG – Improvisasie TOTALE PUNT PAT 1: Voordrag_____/30 + Programnotas ____/10 + Besigheidsplan _____/10 = ______/50 Assesseringsverslag: IMPROVISASIEVOORDRAG Totaal: _____/30 Leerder se naam Datum Improvisasie-opsie Instrument INSTRUKSIES 1. Kies enigeen van Opsies 1–6 en doen 'n minimum van 24 mate improvisasie. 2. Jy sal die akkoordblad/skeletpartituur twee weke voor die datum van die improvisasievoordrag ontvang sodat jy vir die optrede kan voorberei. 3. Jy mag geen partituur behalwe die akkoordblad/skeletpartituur voor jou hê tydens die voordrag nie. 4. Die begeleiding sal een keer as inleiding gespeel word, waarna dit herhaal sal word terwyl jy improviseer. 5. Die improvisasie sal, indien moontlik, opgeneem word ter wille van toekomstige verwysing. Twee musiekonderwysers sal die optrede assesseer. 6. Die voordrag moet melodiese en ritmiese improvisasie bevat, behalwe in die geval van nie-melodiese slaginstrumente waar die fokus op ritme sal wees. 7. Enkellyn-improvisasie is aanvaarbaar vir kitaar, klavier en orrel, soos wat dit die praktyk is vir alle blaas- en strykinstrumente. 8. Leerders wat op transponerende instrumente speel, moet seker maak dat hulle improvisasies in die korrekte toonsoort gespeel word. Aparte akkoordblaaie/skeletpartiture word vir transponerende instrumente verskaf. 9. Die improvisasie word volgens die volgende rubriek geassesseer: IMPROVISASIEKRITERIA MAKSMUM PUNT LEERDER SE PUNT Ritmiese Melodiese/Ritmiese Improvisasie Improvisasie Melodiese aspekte * Toonlere/Modusse, nie-harmoniese note - 10 * Melodiese motiewe, melodiese lyn/vorm Ritmiese aspekte * Ritmiese variasie, kompleksiteit 20 10 * Ritmiese motiewe, ritmiese dryfkrag Algemeen * Kreatiwiteit 20 20 * Vloeiendheid, akkuraatheid, tegniese vaardigheid * Intonasie, toonproduksie/aanslag Musikaliteit en stilisties begrip/ 20 20 interpretasie Subtotaal 60 60 Voordragtotaal (60 ÷ 2 = 30) 30 30 Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 11 DBE/PAT 2022 NSS PAT 1 (OPSIE 3): KONSERTVOORDRAG – Inheemse Afrika-musiek TOTALE PUNT PAT 1: Voordrag _____/30 + Voordragnotas ____/10 +Besigheidsplan _____/10 = ______/50 Assesseringsverslag: IAM-VOORDRAG Totaal: _____/30 Leerder se naam Datum Improvisasie opsie Instrument INSTRUKSIES 1. Alle Inheemse Afrika-musiek-voordragte moet onder konsertomstandighede of in 'n voorspeelklas aangebied word. 2. Hierdie voordrag moet inheemse instrumentale en/of vokale musiek, dans en/of storievertelling bevat, en moet die rol van musiek in die inheemse Afrika-gemeenskap uitbeeld. 3. Jy moet die aktiewe voordraer in ten minste die musikale aspekte van die voordrag wees. 4. 'n Spesifieke kultuur/tradisie moet duidelik verteenwoordig word. KRITERIA MAKSIMUM PUNT LEERDER SE PUNT Kultuur 10 *Beeld 'n duidelike begrip van die kultuur/tradisie uit Dans/Beweging en regalia * Toepaslikheid vir die styl/tradisie/kultuur 10 * Geskiktheid van regalia Musikaliteit * Melodiese en ritmiese gevoel 30 * Artikulasie, diksie, tegniese vaardigheid * Intonasie, toonproduksie Instrumentasie * Keuse en hantering van tradisionele instrumente 10 * Balans, stemondersteuning Subtotaal 60 Voordragtotaal (60 ÷ 2 = 30) 30 Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 12 DBE/PAT 2022 NSS 5.2 PAT 1: Konsertvoordrag – programnotas PAT 1 (OPSIE 1): KONSERTVOORDRAG – Repertorium (vervolg) Assesseringsverslag: PROGRAMNOTAS Totaal: _____/10 Leerder se naam Datum Komponis en titel Instrument INSTRUKSIES 1. Skryf kort programnotas (120–150 woorde) oor die repertorium-werk wat in die konsert voorgedra is. 2. Die inligting moet verwys na die komponis, historiese feite, vormstruktuur en die relevante styleienskappe van die werk. 3. Punte sal toegeken word vir inhoud en aanbieding. ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 13 DBE/PAT 2022 NSS PAT 1 (OPSIE 2): KONSERTVOORDRAG – Improvisasie (vervolg) Assesseringsverslag: PROGRAMNOTAS Totaal: _____/10 Leerder se naam Datum Komponis en titel Instrument INSTRUKSIES 1. Skryf programnotas (120–150 woorde) waarin jy verduidelik wat die musikale eienskappe van jou improvisasie is. Jou verduideliking moet aspekte soos vorm, harmonie, melodiese variasie, ritmiese variasie, ornamentasie en standaard-komposisietegnieke insluit. 2. Punte sal vir inhoud en aanbieding toegeken word. ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 14 DBE/PAT 2022 NSS PAT 1 (OPSIE 3): Inheemse Afrika-musiek-voordrag (vervolg) Assesseringsverslag: Voordragplan Totaal: _____/10 Leerder se naam Datum Komponis en titel Instrument INSTRUKSIES 1. Stel 'n geskrewe plan saam vir jou voordrag. Die plan moet verwys na gehoordeelname, kostuums, die gekose musiek en tradisionele instrumente insluit. 2. Beskrywings van die agtergrondnavorsing oor die musiek en dans moet hierby ingesluit word. 3. Lewer kommentaar oor die konteks van die voorgestelde voordrag as deel van die daaglikse roetine, d.i. ontspanning, werk, inisiasie en aanbidding. 4. Punte sal toegeken word vir inhoud en aanbieding. ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 15 DBE/PAT 2022 NSS ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR PROGRAMNOTAS (OPSIES 1, 2 EN 3) INHOUD EN AANBIEDING 10 (9–10) UITSTEKEND Samehangend, akkuraat en omvangryk (7–8) GOED Meesal samehangend, meesal akkuraat en gedetailleerd (5–6) GEMIDDELD Redelik samehangend en akkuraat, soms word detail verskaf (3–4) AANVAARBAAR Ietwat samehangend, lae vlak van akkuraatheid, detail kom kort (0–2) ONAANVAARBAAR Geen samehang nie, onakkuraat en onvolledig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 16 DBE/PAT 2022 NSS 5.3 PAT 1: Konsertvoordrag – besigheidsplan PAT 1: KONSERTVOORDRAG (OPSIES 1, 2 en 3) (vervolg) Assesseringsverslag: BESIGHEIDSPLAN Totaal:______/10 Leerder se naam Datum Komponis en titel Instrument INSTRUKSIES 1. Bied 'n geskrewe plan aan vir die konsertvoordrag betreffende begroting en kopiereg. 2. Begroting: Trek 'n begroting op vir die konsertvoordrag. Sluit die prysstruktuur van 'n erkende konsertvenue vir die spesifieke styl van musiek in, tesame met kunstenaarsgelde, kopiereggelde en enige ekstras soos die huur van instrumente/beligting/klank tegnici, ens. 3. Kopiereg: Voltooi 'n aansoekvorm vir voordragregte van die spesifieke werk ongeag die ouderdom van die komposisie. In die geval van 'n nuwe komposisie, heg 'n voltooide aansoekvorm vir kopieregistrasie aan. 4. Punte sal toegeken word vir aanbieding en inhoud. Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR BESIGHEIDSPLAN (OPSIES 1, 2 en 3) BEGROTING KOPIEREG (UITGAWES WORD GELYS) (RELEVANTE AANSOEKVORMS 15 VOLTOOI) 5 (12½–15) (5) UITSTEKEND UITSTEKEND Samehangend en omvangryk (10½–12) (4) GOED GOED Meesal samehangend, gedetailleerd (9–10) GEMIDDELD (3) Redelik samehangend, min detail GEMIDDELD verskaf (6–8) (2) AANVAARBAAR AANVAARBAAR Ietwat samehangend, detail kom kort (0–5) (0–1) ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR Geen samehang nie, onvolledig Totaal: (20 ÷ 2) = 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 17 DBE/PAT 2022 NSS 5.4 PAT 1: Voorbeelde vir improvisasie Die voorbeelde vir improvisasies in hierdie PAT-dokument dien slegs as basiese riglyn en die opsies is gebaseer op die volgende progressies: OPSIE PROGRESSIE 1 en 2 Blues 3 Barok 4 en 5 Akkoordprogressies wat algemeen in moderne Afrika-konstrukte van marabi, kwela en mbaqanga voorkom 6 Nie-melodiese improvisasie Onderwysers mag hul eie skeletpartiture ('lead sheets') voltooi wat meer toepaslik is vir hulle eie omstandighede. Hierdie self-gegenereerde PAT'e moet van dieselfde standaard as die voorbeelde in hierdie dokument wees. IMPROVISASIE (voorbeelde) OPSIE 1 Klavierbegeleiding EXAMINATION BLUES Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 18 DBE/PAT 2022 NSS AKKOORDBLAD/SKELETPARTITURE ('LEAD SHEETS') VIR TRANSPONERENDE INSTRUMENTE EXAMINATION BLUES Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb EXAMINATION BLUES Altsaksofoon in Eb Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 19 DBE/PAT 2022 NSS EXAMINATION BLUES Franse Horing in F EXAMINATION BLUES Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie Konserttoonhoogte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 20 DBE/PAT 2022 NSS OPSIE 2 Klavierbegeleiding BLUES Lively Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 21 DBE/PAT 2022 NSS AKKOORDBLAD/SKELETPARTITUUR ('LEAD SHEET') VIR TRANSPONERENDE INSTRUMENTE BLUES Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb BLUES Altsaksofoon in Eb Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 22 DBE/PAT 2022 NSS BLUES Franse Horing in F BLUES Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie Konserttoonhoogte Bb7 F7 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 23 DBE/PAT 2022 NSS OPSIE 3 Klavierbegeleiding PACHELBEL'S CONTEMPLATION Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 24 DBE/PAT 2022 NSS AKKOORDBLAD/SKELETPARTITUUR ('LEAD SHEET') VIR TRANSPONERENDE INSTRUMENTE PACHELBEL'S CONTEMPLATION Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb PACHELBEL'S CONTEMPLATION Altsaksofoon in Eb Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 25 DBE/PAT 2022 NSS PACHELBEL'S CONTEMPLATION Franse Horing in F PACHELBEL'S CONTEMPLATION Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie Konsertoonhoogte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 26 DBE/PAT 2022 NSS OPSIE 4 Klavierbegeleiding PHONELA'S JIVE C/E Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 27 DBE/PAT 2022 NSS AKKOORDBLAD/SKELETPARTITUUR ('LEAD SHEET') VIR TRANSPONERENDE INSTRUMENTE PHONELA'S JIVE Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb PHONELA'S JIVE Altsaksofoon in Eb Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 28 DBE/PAT 2022 NSS PHONELA'S JIVE Franse Horing in F PHONELA'S JIVE Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie Konserttoonhoogte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 29 DBE/PAT 2022 NSS OPSIE 5 Klavierbegeleiding DBE SHUFFLE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 30 DBE/PAT 2022 NSS AKKOORDBLAD/SKELETPARTITUUR ('LEAD SHEET') VIR TRANSPONERENDE INSTRUMENTE DBE SHUFFLE Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb DBE SHUFFLE Altsaksofoon in Eb DBE SHUFFLE Franse Horing in F Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 31 DBE/PAT 2022 NSS DBE SHUFFLE Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie Konserttoonhoogte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 32 DBE/PAT 2022 NSS OPSIE 6 Perkussiebegeleiding MATSATSANTSA A PITORI 5 9 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 33 DBE/PAT 2022 NSS 5.5 PAT 2 (OPSIE 1): Komposisie PAT 2 (OPSIE 1): KOMPOSISIE Assesseringsverslag Totaal: _____/50 Leerder se naam Datum Titel van komposisie Instrument(e) INSTRUKSIES Komponeer 'n oorspronklike werk waarin die volgende vereistes nagekom word: 1. Omvang: Die minimum vereiste lengte is 24 mate. Die volgende tydmaattekens is aanvaarbaar: 3/4, 4/4, 6/8, 9/8, 12/8. 2. Instrumentasie: Klawerbordinstrumente; klawerbordinstrument en solo-instrument; 'n lied met begeleiding, jazz-combo; gemengde koor (SATB, TTBB, SSA, TTB); enige kombinasie van ten minste DRIE/VIER (3/4) instrumente; Klassieke/Afrika-perkussie vir ten minste DRIE (3) instrumente 3. Styl: Die komposisie/verwerking moet 'n tonale harmoniese basis en 'n duidelike melodiese lyn binne 'n homofoniese of polifoniese tekstuur hê. Komposisies/Verwerkings vir slaginstrumente moet rondom idiomatiese ritmiese beginsels vir die spesifieke instrumente georganiseer word. 4. Partituur: Die gebruik van notasie-sagteware word aangemoedig. 'n Gedetailleerde partituur wat netjies met die hand geskryf is of gedruk is, moet ingelewer word. Die partituur moet voordragaanwysings soos tempo, dinamiek, artikulasie en karakteraanduidings bevat. Vir 'n jazz-combo kan die partituur met 'n lewendige opname saam met 'n gedetailleerde voordragkaart (skeletpartituur) vervang word met genoteerde melodieë, spesifieke akkoorde, ritmes en akkoordsimbole). Die gemengde-koor-parituur kan in tonika-solfa uitgeskryf word. LET WEL: 'n Partituur met 'n melodiese lyn en slegs voorgestelde akkoorde is NIE aanvaarbaar NIE. ASSESSERINGSINSTRUMENT EN NASIENRIGLYNE VIR KOMPOSISIE BESKRYWING MAKSIMUM LEERDER PUNT SE PUNT Instrumente/Stemme 10 Keuse van instrumente/stemme en die gebruik daarvan in die komposisie Kreatiwiteit Kreatiewe skryfwerk, gebruik van oorspronklike idees, musikale elemente, 20 styl Partituur Nakoming van musikale konvensies betreffende notasie en 10 voordragaanwysings Algemeen Verwesenliking van die doel van die komposisie, aanbieding van die 10 partituur, netheid, partituur kan uitgevoer word soos wat dit aangebied is. TOTAAL 50 Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 34 DBE/PAT 2022 NSS 5.6 PAT 2 (OPSIE 2): Verwerking PAT 2 (OPSIE 2): VERWERKING Assesseringsverslag Totaal: _____/50 Leerder se naam Datum Titel van komposisie Instrument(e) INSTRUKSIES Verwerk 'n kort, bestaande stuk sodat dit deur ander media as waarvoor dit oorspronklik geskryf is, uitgevoer kan word. Die volgende vereistes moet nagekom word: 1. Omvang: Die minimum lengte is 24 mate. Die volgende tydmaattekens word aanvaar 3/4, 4/4, 6/8, 9/8, 12/8. 2. Instrumentasie: Klawerbordinstrumente; klawerbordinstrument met 'n solo-instrument, 'n lied met begeleiding, jazz-combo; gemengde koor (SATB, TTBB, SSA, TTB); enige kombinasie van ten minste DRIE/VIER (3/4) instrumente; Klassieke/Afrika perkussie vir ten minste DRIE (3) instrumente 3. Styl: Die komposisie/verwerking moet 'n tonale harmoniese basis en 'n duidelike melodiese lyn binne 'n homofoniese of polifoniese tekstuur hê. Komposisies/Verwerkings vir perkussie-instrumente moet georganiseer word rondom idiomatiese ritmiese beginsels vir die spesifieke instrumente. 4. Partituur: Die gebruik van notasie-sagteware word aangemoedig. 'n Gedetailleerde partituur wat netjies handgeskrewe of gedruk is, moet ingedien word. Die partituur moet voordragaanwysings soos tempo, dinamiek, artikulasie en karakteraanduidings bevat. Vir 'n jazz- combo kan die partituur vervang word met 'n lewendige opname saam met 'n gedetailleerde voordragkaart (loodsblad met genoteerde melodieë, gespesifiseerde akkoorde, ritmes en akkoordsimbole). 'n Komposisie vir gemengde koor mag in tonika-solfa uitgeskryf word. LET WEL: 'n Partituur met slegs 'n melodiese lyn en voorgestelde akkoorde is NIE aanvaarbaar nie. ASSESSERINGSINSTRUMENT EN NASIENRIGLYN VIR VERWERKING MAKSMUM LEERDER SE BESKRYWING PUNT PUNT Instrumente/Stemme Keuse van instrumente/stemme en die gebruik daarvan in die 10 komposisie Kreatiwiteit Kreatiewe skryfwerk, gebruik van oorspronklike idees, musikale 20 elemente, styl Partituur Nakoming van musikale konvensies betreffende notasie en 10 voordragaanwysings Algemeen Verwesenliking van die doel van die komposisie, aanbieding van die 10 partituur, netheid, partituur kan uitgevoer word soos wat dit aangebied is. TOTAAL 50 Kommentaar Onderwyser 1: Naam en handtekening Onderwyser 2: Naam en handtekening Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 35 DBE/PAT 2022 NSS 5.7 VOORBEELDE VIR VERWERKINGS Die voorbeelde van verwerkings in hierdie PAT dokument dien slegs as basiese riglyn. Onderwysers mag hul eie aanvangstimulus genereer wat meer toepaslik vir hul eie spesifieke situasie is. Hierdie self-gegenereerde PAT'e moet van dieselfde standaard wees as die voorbeelde wat in hierdie dokument gegee word. OPSIE 1 Verwerking SONG FOR ENID Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 36 DBE/PAT 2022 NSS OPSIE 2 Verwerking LOVE ME TENDER OPSIE 3 Verwerking ISHANDA-PHA LASHE DBE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 37 DBE/PAT 2022 NSS 6. VERKLARING VAN EGTHEID VERKLARING VAN EGTHEID Naam van Skool: Vak Graad: Ek verklaar hiermee dat alle werk in hierdie portefeulje my eie oorspronklike werk is. Handtekening van leerder Datum ________________________________ Naam van leerder Ek onderskryf bogenoemde verklaring deur die leerder Handtekening van onderwyser Datum ________________________________ Naam van onderwyser Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Music 38 DBE/PAT 2020 NSC 7. VOORGESTELDE BRONNE WESTERSE KUNSMUSIEK (WAM) BOEKE Bennett, R. Enjoying Music Book 1, Longman 1991 Bennett, R. Form in Music Boyden, D. An Introduction to Music, Faber Paperbacks Hosier, J. Instruments of the Orchestra, Oxford University Press Warburton, A. Analysis of Music Classics Book 1 and 3, Longman INTERNET: Wikipedia: 1. Musical composition 2. Arrangement YouTube: Improvisation JAZZ BOEKE: nd The Garland Handbook of African Music 2 Edition. Edited by Ruth M Stone INTERNET: Wikipedia, the Free Encyclopaedia www.music.org.za http://www.routledge.com www.afribeat.com http://www.southafrica.info INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK(IAM) BOEKE: Agu, Dan CC. Form and Analysis of African Music Carver, M. Understanding African Music, Rhodes University nd The Garland Handbook of African Music 2 Edition. Edited by Ruth M Stone INTERNET: Wikipedia, the Free Encyclopaedia http://www.southafrica.info www.music.org.za http://flatint.blogspot.com http://www.routledge.com OF ENIGE ANDER TOEPASLIKE BRONNE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek 39 DBE/PAT 2022 NSS 8. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Music.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Music

View all