Downloaded from hlayiso.com
MUSIEK
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 39 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 











View all





Music PAT GR 12 2021 Afr
Grade 12 Music practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 39 pages. Read online or get the free PDF download.
Music · Grade 12 · 2021 · Afrikaans. Practical assessment task, 39 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2021
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 39
- File size
- 2.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 39
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 2 DBE/PAT 2021
NSS
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. ONDERWYSER- EN LEERDERRIGLYNE 3
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer 3
2.2 Opsomming van vereistes 4
2.3 Opsomming van assessering 4
3. SPESIFIEKE VEREISTES VIR DIE PAT'e 4
4. GEDETAILEERDE BESKRYWING VAN DIE PAT'e 5
4.1 PAT 1 – Opsies 1, 2 en 3 5
4.2 PAT 2 – Opsies 1 en 2 7
5. VOORBEELDE VAN PAT'e EN ASSESSERINGSINSTRUMENTE 8
5.1 PAT 1 – Konsertvoordrag 8
5.2 PAT 1 – Programnotas 12
5.3 PAT 1 – Besigheidsplan 16
5.4 PAT 1 – Voorbeelde van improvisasie 17
5.5 PAT 2 – Komposisie 33
5.6 PAT 2 – Verwerking 34
5.7 PAT 2 – Voorbeelde van verwerking 35
6. VERKLARING VAN EGTHEID 37
7. VOORGESTELDE BRONNE 38
8. GEVOLGTREKKING 39
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 3 DBE/PAT 2021
NSS
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent
bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en
tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor
die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende
fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied
leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer
te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus
belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne
die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar
hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS EN LEERDERS
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer
Musiek het TWEE praktiese assesseringstake (PAT'e) met 'n gewig van 25% van
die finale promosiepunt. Toets 1 (Kwartaal 1) en die Voorbereidende Eksamen
(Kwartaal 3) vorm die skoolgebaseerde assesseringspunt (SGA) en dra ook 'n
gewig van 25% van die finale promosiepunt.
Die PAT'e vereis dat die onderwyser leerders se verworwe vaardighede direk en
sistematies onder beheerde omstandighede waarneem. Hierdie vaardighede sluit
praktiese en improvisasievaardighede, sowel as genoteerde kreatiewe uitsette, in.
Die PAT'e moet gedurende die eerste twee kwartale van die graad 12-jaar voltooi
word. Die beplanning en voltooiing van die PAT'e kan volgens die diskresie van die
onderwyser en in enige volgorde gedoen word.
Die praktiese take van PAT 1 moet in die formaat van 'n enkele konsertvoordrag
gedoen word, terwyl die geskrewe take van PAT 2 as 'n reeks kleiner take oor die
bestek van 'n paar weke voltooi kan word.
Die PAT'e stem nou ooreen met die kurrikuluminhoud van Musiek en vorm deel
van die onderrig en assesseringsaktiwiteite.
Ten minste 40% van PAT 2 moet in die klas onder toesig van die onderwyser
gedoen word. Die onderwyser moet die werk as die leerder se eie verifieer.
Die voorbeelde in hierdie PAT-dokument dien slegs as basiese riglyne.
Onderwysers mag hulle eie PAT'e saamstel wat meer geskik is vir hulle eie
spesifieke kontekste. Hierdie PAT'e moet op dieselfde standaard wees as die
voorbeelde hier gegee.
Indien daar slegs een Musiekonderwyser by 'n skool is, moet al die voordrag-
gebaseerde take (PAT 1 en die praktiese eksamens) saam met 'n
Musiekonderwyser van 'n buurskool, die vakadviseur of 'n onafhanklike
musiekspesialis geassesseer word.
Omvattende en toepaslike modereringspraktyke op skool-, distriks- en provinsiale
vlak moet in plek wees vir die gehalteversekering van die PAT'e.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 4 DBE/PAT 2021
NSS
2.2 Opsomming van vereistes
Die finale punt vir graad 12 Musiek word uit die PAT'e, toetse, voorbereidende eksamen
en finale eksterne eksamen saamgestel.
2.3 Opsomming van assessering
KWARTAAL KOMPONENTE FINALE
PUNT
PAT'e (in enige volgorde)
1–2 PAT 1: Konsertvoordrag OF
Improvisasie OF
Inheemse Afrika-musiekvoordrag 50
1–2 PAT 2: Komposisie OF
Verwerking 50 100 100
SBA
1 TOETS: Geletterdheid 40
AMK 40
Musiekbegrip 20 100
3 EKSAMEN:
Praktiese Eksamen V3 150
Vraestel 1 (Geletterdheid & AMK) 120 400 ÷ 4 =
Vraestel 2 (Musiekbegrip) 30 300 100
FINALE EKSTERNE EKSAMEN
4 Praktiese Eksamen V3 150
Vraestel 1 (Geletterdheid & AMK) 120 300 x 2 ÷
Vraestel 2 (Musiekbegrip) 30 300 3 = 200
Promosietotaal 400
% 100
3. SPESIFIEKE VEREISTES VIR PAT'e
PAT BESKRYWING PUNTE
PAT 1 Konsertvoordrag:
DRIE (3) voordragopsies: Repertorium-stuk
(een afgeronde werk) OF Improvisasie (24 mate) OF
Inheemse Afrika-musiekvoordrag (musiek, dans,
gesproke teks) 30
Geskrewe programnotas oor die voordragstuk 10
Besigheidsplan 10 50
Komposisie OF Verwerking:
'n Minimum van 24 mate
Handgeskrewe of gedrukte, gedetailleerde partituur of
skeletpartituur ('lead sheet') in musieknotasie (Vir die
Inheemse Afrika- voordrag moet geskrewe instruksies
vir die dans en gesproke teks saam met die genoteerde
partituur voorsien word. Die komposisie moet 'n ander
werk as dié van PAT 1 wees.) 50 50
TOTAAL VIR PAT'e 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 5 DBE/PAT 2021
NSS
4. GEDETAILEERDE BESKRYWING VAN PAT'e
4.1 PAT 1: Konsertvoordrag
Daar is DRIE (3) opsies hieronder. Die kandidaat moet slegs EEN (1) kies.
Assessering
Die konsertvoordrag, die geskrewe programnotas en die besigheidsplan moet deur ten
minste TWEE (2) musiekonderwysers of musiekspesialiste geassesseer word.
Die bewys van assessering van die konsertvoordrag, die geskrewe programnotas en die
besigheidsplan moet in elke leerder se lêer geplaas word.
4.1.1 Voordragopsie 1 – Repertorium-stuk (50)
Voordrag (30)
Elke leerder speel EEN (1) stuk in konsertomstandighede of 'n voordragklas. Die werk moet
afgerond en gereed wees om mee op te tree en moet deel van die repertorium vir die finale
praktiese eksamen vorm.
Programnotas (10)
Elke leerder moet programnotas van 120–150 woorde oor die voordragwerk skryf. Inligting
moet verwys na die komponis, historiese feite, vormstruktuur en relevante styleienskappe
van die werk insluit.
Besigheidsplan (10)
Elke leerder moet 'n besigheidsplan vir die konsert oor die begroting en kopiereg skryf.
Begroting: Die begroting moet die kostestruktuur van 'n erkende konsertvenue vir die
spesifieke styl van musiek, kunstenaarsgelde, kopiereggelde en enige ander ekstras
(die huur van instrumente/beligting, klanktegnici, ens.) insluit.
Kopiereg: 'n Voltooide aansoekvorm vir die voordragregte van die spesifieke werk moet
ingesluit word ongeag die ouderdom van die komposisie. In die geval van 'n nuwe werk
moet die voltooide registrasie van kopiereg ingesluit word.
4.1.2 Voordragopsie 2 – Improvisasie (50)
Voordrag (30)
Elke leerder moet EEN (1) improvisasie van 'n minimum van 24 mate in
konsertomstandighede speel met begeleiding deur 'n toepaslike instrument of groep
instrumente of opgeneemde agtergrondmusiek (backtrack).
Tydsraamwerk: Die begeleidingsmateriaal (akkoordprogressies of agtergrondmusiek)
vir die improvisasie moet ten minste twee weke voor die tyd aan die leerder gegee word
sodat die leerder voldoende tyd vir voorbereiding het.
Lewendige voordrag: Gedurende die lewendige voordrag mag die leerder slegs die
akkoordprogressie, akkoordblad of skeletpartituur ('lead sheet') voor hom/haar hê. Die
begeleiding mag slegs een keer as inleiding gespeel word en dan moet dit herhaal word
terwyl die leerder improviseer. Vir slaginstrumente moet die begeleidende ritme
dwarsdeur gespeel word.
Instrumente:
(a) Alle voordragte moet beide melodiese en ritmiese improvisasie insluit, behalwe by
nie-melodiese slaginstrumente.
(b) Kitaar, klavier, orrel en klawerbordvoordrag mag uit enkellyn-improvisasies bestaan
soos ook die geval met blaas- en strykinstrumente.
(c) Leerders wat op transponerende instrumente speel, moet vooraf seker maak dat die
improvisasie in die korrekte toonsoort voorberei word sodat dit dieselfde is as
begeleiding in konserttoonhoogte. Aparte akkoordblaaie/skeletpartiture ('lead
sheets') moet vir alle transponerende instrumente voorsien word.
Styl: Die styl van die improvisasie word nie voorgeskryf nie. Die onderwyser mag
geskikte materiaal, relevant tot die styl van musiek wat deur die leerder bestudeer word,
verskaf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 6 DBE/PAT 2021
NSS
Programnotas (10)
Elke leerder moet programnotas van 120–150 woorde skryf waarin die musikale eienskappe
van hulle improvisasie verduidelik word. Dit moet aspekte soos vormstruktuur, harmonie,
melodiese variasie, ritmiese variasie, ornamentasie en standaard-komposisietegnieke
insluit.
Besigheidsplan (10)
Elke leerder moet 'n geskrewe besigheidsplan voorlê waarin die begroting en kopiereg
uiteengesit word.
Begroting: Die begroting moet die prysstruktuur van 'n erkende konsertvenue vir die
spesifieke styl van musiek, kunstenaarsgelde, kopiereggelde en enige ekstras (die huur
van instrumente/beligting/klank tegnici, ens.) insluit.
Kopiereg: 'n Voltooide aansoekvorm vir die voordragregte van die spesifieke werk moet
ingesluit word ongeag hoe oud die komposisie is. In die geval van 'n nuwe komposisie
moet die voltooide aansoek van kopieregregistrasie ingesluit word.
4.1.3 Voordragopsie 3 – Inheemse Afrika-musiek-voordrag (50)
Voordrag (30)
Leerders moet 'n Inheemse Afrika-musiek-voordrag in 'n voordragklas lewer. Hierdie
voordrag moet inheemse instrumentale en/of vokale musiek, dans en/of storievertelling
en/of drama insluit en moet die rol van musiek in die inheemse Afrika-gemeenskap uitbeeld.
Die groep mag nie uit meer as ses (6) leerders bestaan nie. Elke leerder moet 'n aktiewe
deelnemer in ten minste die musikale aspekte van die voordrag wees. 'n Spesifieke
kultuur/tradisie moet verteenwoordig word. Die styl van die musiek mag nie volks-
oorlewering (itzibili) wees nie. Die voordrag moet ten minste sewe (7) minute lank wees.
Dit moet afgerond en gereed wees vir optrede; en moet deel vorm van die leerder se finale
praktiese-eksamen-repertorium.
Programnotas (10)
Elke leerder moet programnotas van 120–150 woorde oor die musiek- en dansvoordrag
skryf. Die inligting moet verwysings na die oorsprong, spesifieke stilistiese en tradisionele
kenmerke verwant aan die gekose musiek en dans asook die konteks van die daaglikse
lewe, d.i. ontspanning, inisiasie, werk en vereringsaktiwiteite, bevat. Voordragnotas moet
ook refleksief van aard wees – leerders kan bv. notas skryf oor die proses wat gevolg is om
die voordrag of aanbieding te beplan. Ervarings ten opsigte van die aanleer van die musiek-
en dansbewegings, soos tegniese probleme, die organiseer van die ensemble,
instrumentasie en choreografie, kan ook deel van die programnotas vorm.
Besigheidsplan (10)
Elke leerder moet 'n geskrewe plan vir die konsert ten opsigte van begroting en kopiereg
voorlê.
Begroting: Die begroting moet die prysstruktuur van 'n erkende konsertvenue vir die
spesifieke styl van musiek, kunstenaarsgelde, kopiereggelde en enige ekstras (bv. die
huur van instrumente/beligting/klank tegnici) insluit.
Kopiereg: 'n Voltooide aansoekvorm vir die voordragregte van die spesifieke werk moet
ingesluit word ongeag hoe oud die komposisie is. In die geval van 'n nuwe (musikale)
werk/liedjie moet die voltooide aansoek van kopieregregistrasie voorsien word.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 7 DBE/PAT 2021
NSS
4.2 PAT 2: Komposisie of verwerking
Daar is DRIE (3) opsies hieronder. Die kandidaat moet slegs EEN (1) kies.
Assessering
Die komposisie of verwerking moet deur ten minste TWEE (2) Musiekonderwysers of -
spesialiste geassesseer word.
Bewys van assessering van die komposisie of verwerking sowel as die werk self (in die
formaat van 'n partituur, skeletpartituur of opname) moet vir modereringsdoeleindes in
elke leerder se lêer geplaas word.
4.2.1 Komposisieopsie 1 (50) OF verwerkingsopsie 2 (50)
Elke leerder moet 'n stuk komponeer of verwerk volgens die volgende kriteria:
Omvang
Die minimum vereiste lengte is 24 mate.
Die volgende tydmaattekens word aanvaar: 3/4, 4/4, 6/8, 9/8, 12/8.
Instrumentasie
Kies tussen die volgende instrumentasieopsies:
Klawerbordinstrument
Klawerbordinstrument en solo-instrument
'n Lied met begeleiding
Jazz-combo
Gemengde koor (SATB, TTBB, SSA, TTB)
Enige kombinasie van ten minste DRIE/VIER (3/4) instrumente
Klassieke/Afrika-perkussie vir ten minste DRIE (3) instrumente
Instrumentale of vokale musiek, dans en storievertelling vir IAM wat die rol en funksie
van musiek in die Afrika-gemeenskapslewe uitdruk, bv. ontspanning, werk, inisiasie en
aanbidding.
.
Styl
Die komposisie of verwerking moet 'n tonale harmoniese basis hê tesame met 'n
duidelike melodiese lyn in 'n homofoniese of polifoniese tekstuur. Komposisie/Verwerkings
vir slaginstrumente moet rondom ritmiese beginsels wat op die instrumente betrekking het,
beplan word.
Partituur
Die gebruik van toepaslike notasiesagteware word aangemoedig.
Elke leerder moet 'n gedetailleerde partituur of skeletpartituur ('lead sheet') inlewer.
Dit kan handgeskryf of gedruk wees. Die partituur moet voordragaanduidings, soos
tempo, dinamiek, artikulasie en aanduidings ten opsigte van karakter, insluit.
Vir 'n jazz-combo kan die partituur deur 'n lewendige opname vervang word, tesame met
'n gedetailleerde voordragkaart skeletpartituur ('lead sheet') met genoteerde melodieë,
spesifieke akkoordprogressies, ritmes en akkoordsimbole).
Die werk vir gemengde koor kan in tonika-solfa geskryf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 8 DBE/PAT 2021
NSS
5. VOORBEELDE VAN PAT'e EN ASSESSERINGSINSTRUMENTE
5.1 PAT 1: Konsertvoordrag
PAT 1 (OPSIE 1): KONSERTVOORDRAG – Enkel werk
TOTALE PUNT PAT 1:
Voordrag _____/30 + Programnotas ____/10 + Besigheidsplan_____/10 = ______/50
Assesseringsverslag: VOORDRAG Totaal: _____/30
Leerder se naam Datum
Komponis en titel Instrument
INSTRUKIES
Speel EEN (1) stuk in 'n konsert of voorspeelklas. Hierdie werk moet afgerond en voordraggereed wees.
Die stuk moet deel van die finale praktiese-eksamen-program wees.
VOORDRAGKRITERIA MAKSIMUM PUNT LEERDER SE PUNT
Vloei en akkuraatheid 20
Musikaliteit; stilistiese begrip; interpretasie 20
Algemeen:
* Toonproduksie/Aanslag
* Intonasie
20
* Tegniese vaardigheid
* Geskikte tempo
* Verhoogpersoonlikheid
Subtotaal 60
Voordragtotaal (60 ÷ 2 = 30) 30
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 9 DBE/PAT 2021
NSS
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR VOORDRAG (OPSIE 1)
VLOEI; STYLBEGRIP; ALGEMEEN
AKKURAATHEID MUSIKALE BEGRIP/
INTERPRETASIE
20 20 20
(18–20) (18–20) (18–20)
UITSTEKEND UITSTEKEND UITSTEKEND
Akkuraat, vlot en presiese spel Duidelike begrip van die styl Uitstekende toonproduksie en
vereis, uitstekende projeksie en aanslag, intonasie, tegniese
kommunikasie van die betekenis vaardigheid en toepaslike tempo
van die musiek en verhoogpersoonlikheid
(14–17) (14–17) (14–17)
GOED GOED GOED
Hoofsaaklik akkurate en vlot spel Goeie sin vir voordrag in die Goeie toonproduksie, aanslag,
betrokke styl, goeie begrip en intonasie, tegniese vaardigheid,
kommunikasie van die betekenis tempo en verhoogpersoonlikheid
van die musiek
(10–13) (10–13) (10–13)
GEMIDDELD GEMIDDELD GEMIDDELD
Oor die algemeen akkuraat met 'n Redelike sin vir die vereiste Redelike toonproduksie, aanslag,
redelike vloei styl; gedeeltelik suksesvolle tegniese vaardigheid, tempo en
kommunikasie van die betekenis verhoogpersoonlikheid
van die musiek
(6–9) (6–9) (6–9)
AANVAARBAAR AANVAARBAAR AANVAARBAAR
Tentatiewe tempo, polsslag nie Voordrag huiwerig met 'n gebrek Beperkte begrip van
deurgaans duidelik nie, gereelde aan 'n gevoel vir styl, min toonproduksie, aanslag,
huiwerings, beperkte vlak van musikale begrip intonasie, tegniese vaardigheid,
akkuraatheid tempo en verhoog-persoonlikheid
(0–5) (0–5) (0–5)
ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR
Baie swak kontinuïteit met Styl vaagweg herkenbaar, gebrek Gebrek aan toonproduksie,
gereelde struikelings, oor begin aan musikale gevoel aanslag-, intonasie-, tegniese
of onderbrekings, lae vlak van vaardigheid, tempo en
akkuraatheid met baie foute verhoogpersoonlikheid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 10 DBE/PAT 2021
NSS
PAT 1 (OPSIE 2): KONSERTVOORDRAG – Improvisasie
TOTALE PUNT PAT 1:
Voordrag_____/30 + Programnotas ____/10 + Besigheidsplan _____/10 = ______/50
Assesseringsverslag: IMPROVISASIEVOORDRAG Totaal: _____/30
Leerder se naam Datum
Improvisasie-opsie Instrument
INSTRUKSIES
1. Kies enigeen van Opsies 1–6 en doen 'n minimum van 24 mate improvisasie.
2. Jy sal die akkoordblad/skeletpartituur twee weke voor die datum van die improvisasievoordrag ontvang sodat jy vir
die optrede kan voorberei.
3. Jy mag geen partituur behalwe die akkoordblad/skeletpartituur voor jou hê tydens die voordrag nie.
4. Die begeleiding sal een keer as inleiding gespeel word, waarna dit herhaal sal word terwyl jy improviseer.
5. Die improvisasie sal, indien moontlik, opgeneem word ter wille van toekomstige verwysing. Twee
musiekonderwysers sal die optrede assesseer.
6. Die voordrag moet melodiese en ritmiese improvisasie bevat, behalwe in die geval van nie-melodiese
slaginstrumente waar die fokus op ritme sal wees.
7. Enkellyn-improvisasie is aanvaarbaar vir kitaar, klavier en orrel, soos wat dit die praktyk is vir alle blaas- en
strykinstrumente.
8. Leerders wat op transponerende instrumente speel, moet seker maak dat hulle improvisasies in die korrekte
toonsoort gespeel word. Aparte akkoordblaaie/skeletpartiture word vir transponerende instrumente verskaf.
9. Die improvisasie word volgens die volgende rubriek geassesseer:
IMPROVISASIEKRITERIA MAKSMUM PUNT LEERDER
SE PUNT
Ritmiese Melodiese/Ritmiese
Improvisasie Improvisasie
Melodiese aspekte
* Toonlere/Modusse, nie-harmoniese note - 10
* Melodiese motiewe, melodiese lyn/vorm
Ritmiese aspekte
* Ritmiese variasie, kompleksiteit 20 10
* Ritmiese motiewe, ritmiese dryfkrag
Algemeen
* Kreatiwiteit
20 20
* Vloeiendheid, akkuraatheid, tegniese vaardigheid
* Intonasie, toonproduksie/aanslag
Musikaliteit en stilisties begrip/
20 20
interpretasie
Subtotaal 60 60
Voordragtotaal (60 ÷ 2 = 30) 30 30
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 11 DBE/PAT 2021
NSS
PAT 1 (OPSIE 3): KONSERTVOORDRAG – Inheemse Afrika-musiek
TOTALE PUNT PAT 1:
Voordrag _____/30 + Voordragnotas ____/10 +Besigheidsplan _____/10 = ______/50
Assesseringsverslag: IAM-VOORDRAG Totaal: _____/30
Leerder se naam Datum
Improvisasie opsie Instrument
INSTRUKSIES
1. Alle Inheemse Afrika-musiek-voordragte moet onder konsertomstandighede of in 'n voorspeelklas
aangebied word.
2. Hierdie voordrag moet inheemse instrumentale en/of vokale musiek, dans en/of storievertelling bevat,
en moet die rol van musiek in die inheemse Afrika-gemeenskap uitbeeld.
3. Jy moet die aktiewe voordraer in ten minste die musikale aspekte van die voordrag wees.
4. 'n Spesifieke kultuur/tradisie moet duidelik verteenwoordig word.
KRITERIA MAKSIMUM PUNT LEERDER SE PUNT
Kultuur
10
*Beeld 'n duidelike begrip van die kultuur/tradisie uit
Dans/Beweging en regalia
* Toepaslikheid vir die styl/tradisie/kultuur 10
* Geskiktheid van regalia
Musikaliteit
* Melodiese en ritmiese gevoel
30
* Artikulasie, diksie, tegniese vaardigheid
* Intonasie, toonproduksie
Instrumentasie
* Keuse en hantering van tradisionele instrumente 10
* Balans, stemondersteuning
Subtotaal 60
Voordragtotaal (60 ÷ 2 = 30) 30
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 12 DBE/PAT 2021
NSS
5.2 PAT 1: Konsertvoordrag – programnotas
PAT 1 (OPSIE 1): KONSERTVOORDRAG – Repertorium (vervolg)
Assesseringsverslag: PROGRAMNOTAS Totaal: _____/10
Leerder se naam Datum
Komponis en titel Instrument
INSTRUKSIES
1. Skryf kort programnotas (120–150 woorde) oor die repertorium-werk wat in die konsert voorgedra
is.
2. Die inligting moet verwys na die komponis, historiese feite, vormstruktuur en die relevante
styleienskappe van die werk.
3. Punte sal toegeken word vir inhoud en aanbieding.
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 13 DBE/PAT 2021
NSS
PAT 1 (OPSIE 2): KONSERTVOORDRAG – Improvisasie (vervolg)
Assesseringsverslag: PROGRAMNOTAS Totaal: _____/10
Leerder se naam Datum
Komponis en titel Instrument
INSTRUKSIES
1. Skryf programnotas (120–150 woorde) waarin jy verduidelik wat die musikale eienskappe van jou
improvisasie is. Jou verduideliking moet aspekte soos vorm, harmonie, melodiese variasie, ritmiese
variasie, ornamentasie en standaard-komposisietegnieke insluit.
2. Punte sal vir inhoud en aanbieding toegeken word.
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 14 DBE/PAT 2021
NSS
PAT 1 (OPSIE 3): Inheemse Afrika-musiek-voordrag (vervolg)
Assesseringsverslag: Voordragplan Totaal: _____/10
Leerder se naam Datum
Komponis en titel Instrument
INSTRUKSIES
1. Stel 'n geskrewe plan saam vir jou voordrag. Die plan moet verwys na gehoordeelname, kostuums, die
gekose musiek en tradisionele instrumente insluit.
2. Beskrywings van die agtergrondnavorsing oor die musiek en dans moet hierby ingesluit word.
3. Lewer kommentaar oor die konteks van die voorgestelde voordrag as deel van die daaglikse roetine,
d.i. ontspanning, werk, inisiasie en aanbidding.
4. Punte sal toegeken word vir inhoud en aanbieding.
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 15 DBE/PAT 2021
NSS
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR PROGRAMNOTAS (OPSIES 1, 2 EN 3)
INHOUD EN AANBIEDING
10
(9–10)
UITSTEKEND
Samehangend, akkuraat en omvangryk
(7–8)
GOED
Meesal samehangend, meesal akkuraat en gedetailleerd
(5–6)
GEMIDDELD
Redelik samehangend en akkuraat, soms word detail verskaf
(3–4)
AANVAARBAAR
Ietwat samehangend, lae vlak van akkuraatheid, detail kom kort
(0–2)
ONAANVAARBAAR
Geen samehang nie, onakkuraat en onvolledig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 16 DBE/PAT 2021
NSS
5.3 PAT 1: Konsertvoordrag – besigheidsplan
PAT 1: KONSERTVOORDRAG (OPSIES 1, 2 en 3) (vervolg)
Assesseringsverslag: BESIGHEIDSPLAN Totaal:______/10
Leerder se naam Datum
Komponis en titel Instrument
INSTRUKSIES
1. Bied 'n geskrewe plan aan vir die konsertvoordrag betreffende begroting en kopiereg.
2. Begroting: Trek 'n begroting op vir die konsertvoordrag. Sluit die prysstruktuur van 'n erkende
konsertvenue vir die spesifieke styl van musiek in, tesame met kunstenaarsgelde, kopiereggelde en
enige ekstras soos die huur van instrumente/beligting/klank tegnici, ens.
3. Kopiereg: Voltooi 'n aansoekvorm vir voordragregte van die spesifieke werk ongeag die ouderdom
van die komposisie. In die geval van 'n nuwe komposisie, heg 'n voltooide aansoekvorm vir
kopieregistrasie aan.
4. Punte sal toegeken word vir aanbieding en inhoud.
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR BESIGHEIDSPLAN (OPSIES 1, 2 en 3)
BEGROTING KOPIEREG
(UITGAWES WORD GELYS) (RELEVANTE AANSOEKVORMS
15 VOLTOOI)
5
(12½–15) (5)
UITSTEKEND UITSTEKEND
Samehangend en omvangryk
(10½–12)
(4)
GOED
GOED
Meesal samehangend, gedetailleerd
(9–10)
GEMIDDELD (3)
Redelik samehangend, min detail GEMIDDELD
verskaf
(6–8)
(2)
AANVAARBAAR
AANVAARBAAR
Ietwat samehangend, detail kom kort
(0–5) (0–1)
ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR
Geen samehang nie, onvolledig
Totaal: (20 ÷ 2) = 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 17 DBE/PAT 2021
NSS
5.4 PAT 1: Voorbeelde vir improvisasie
Die voorbeelde vir improvisasies in hierdie PAT-dokument dien slegs as basiese riglyn en die
opsies is gebaseer op die volgende progressies:
OPSIE PROGRESSIE
1 en 2 Blues
3 Barok
4 en 5 Akkoordprogressies wat algemeen in moderne Afrika-konstrukte van marabi,
kwela en mbaqanga voorkom
6 Nie-melodiese improvisasie
Onderwysers mag hul eie skeletpartiture ('lead sheets') voltooi wat meer toepaslik is vir hulle
eie omstandighede. Hierdie self-gegenereerde PAT'e moet van dieselfde standaard as die
voorbeelde in hierdie dokument wees.
IMPROVISASIE (voorbeelde)
OPSIE 1
Klavierbegeleiding
EXAMINATION BLUES
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 18 DBE/PAT 2021
NSS
AKKOORDBLAD/SKELETPARTITURE ('LEAD SHEETS') VIR TRANSPONERENDE
INSTRUMENTE
EXAMINATION BLUES
Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb
EXAMINATION BLUES
Altsaksofoon in Eb
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 19 DBE/PAT 2021
NSS
EXAMINATION BLUES
Franse Horing in F
EXAMINATION BLUES
Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie
Konserttoonhoogte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 20 DBE/PAT 2021
NSS
OPSIE 2
Klavierbegeleiding
BLUES
Lively
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 21 DBE/PAT 2021
NSS
AKKOORDBLAD/SKELETPARTITUUR ('LEAD SHEET') VIR TRANSPONERENDE
INSTRUMENTE
BLUES
Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb
BLUES
Altsaksofoon in Eb
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 22 DBE/PAT 2021
NSS
BLUES
Franse Horing in F
BLUES
Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie
Konserttoonhoogte
Bb7
F7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 23 DBE/PAT 2021
NSS
OPSIE 3
Klavierbegeleiding
PACHELBEL'S CONTEMPLATION
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 24 DBE/PAT 2021
NSS
AKKOORDBLAD/SKELETPARTITUUR ('LEAD SHEET') VIR TRANSPONERENDE
INSTRUMENTE
PACHELBEL'S CONTEMPLATION
Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb
PACHELBEL'S CONTEMPLATION
Altsaksofoon in Eb
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 25 DBE/PAT 2021
NSS
PACHELBEL'S CONTEMPLATION
Franse Horing in F
PACHELBEL'S CONTEMPLATION
Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie
Konsertoonhoogte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 26 DBE/PAT 2021
NSS
OPSIE 4
Klavierbegeleiding
PHONELA'S JIVE
C/E
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 27 DBE/PAT 2021
NSS
AKKOORDBLAD/SKELETPARTITUUR ('LEAD SHEET') VIR TRANSPONERENDE
INSTRUMENTE
PHONELA'S JIVE
Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb
PHONELA'S JIVE
Altsaksofoon in Eb
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 28 DBE/PAT 2021
NSS
PHONELA'S JIVE
Franse Horing in F
PHONELA'S JIVE
Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie
Konserttoonhoogte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 29 DBE/PAT 2021
NSS
OPSIE 5
Klavierbegeleiding
DBE SHUFFLE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 30 DBE/PAT 2021
NSS
AKKOORDBLAD/SKELETPARTITUUR ('LEAD SHEET') VIR TRANSPONERENDE
INSTRUMENTE
DBE SHUFFLE
Klarinet, Tenoor/Sopraansaksofoon, Trompet in Bb
DBE SHUFFLE
Altsaksofoon in Eb
DBE SHUFFLE
Franse Horing in F
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 31 DBE/PAT 2021
NSS
DBE SHUFFLE
Klavier, Klawerbord, Kitaar, Perkussie
Konserttoonhoogte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 32 DBE/PAT 2021
NSS
OPSIE 6
Perkussiebegeleiding
MATSATSANTSA A PITORI
5
9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 33 DBE/PAT 2021
NSS
5.5 PAT 2 (OPSIE 1): Komposisie
PAT 2 (OPSIE 1): KOMPOSISIE
Assesseringsverslag Totaal: _____/50
Leerder se naam Datum
Titel van komposisie Instrument(e)
INSTRUKSIES
Komponeer 'n oorspronklike werk waarin die volgende vereistes nagekom word:
1. Omvang: Die minimum vereiste lengte is 24 mate. Die volgende tydmaattekens is aanvaarbaar: 3/4, 4/4,
6/8, 9/8, 12/8.
2. Instrumentasie: Klawerbordinstrumente; klawerbordinstrument en solo-instrument; 'n lied met
begeleiding, jazz-combo; gemengde koor (SATB, TTBB, SSA, TTB); enige kombinasie van ten minste
DRIE/VIER (3/4) instrumente; Klassieke/Afrika-perkussie vir ten minste DRIE (3) instrumente
3. Styl: Die komposisie/verwerking moet 'n tonale harmoniese basis en 'n duidelike melodiese lyn binne 'n
homofoniese of polifoniese tekstuur hê. Komposisies/Verwerkings vir slaginstrumente moet rondom
idiomatiese ritmiese beginsels vir die spesifieke instrumente georganiseer word.
4. Partituur: Die gebruik van notasie-sagteware word aangemoedig.
'n Gedetailleerde partituur wat netjies met die hand geskryf is of gedruk is, moet ingelewer word.
Die partituur moet voordragaanwysings soos tempo, dinamiek, artikulasie en karakteraanduidings bevat.
Vir 'n jazz-combo kan die partituur met 'n lewendige opname saam met 'n gedetailleerde voordragkaart
(skeletpartituur) vervang word met genoteerde melodieë, spesifieke akkoorde, ritmes en
akkoordsimbole). Die gemengde-koor-parituur kan in tonika-solfa uitgeskryf word.
LET WEL: 'n Partituur met 'n melodiese lyn en slegs voorgestelde akkoorde is NIE aanvaarbaar
NIE.
ASSESSERINGSINSTRUMENT EN NASIENRIGLYNE VIR KOMPOSISIE
BESKRYWING MAKSIMUM LEERDER
PUNT SE PUNT
Instrumente/Stemme
10
Keuse van instrumente/stemme en die gebruik daarvan in die komposisie
Kreatiwiteit
Kreatiewe skryfwerk, gebruik van oorspronklike idees, musikale elemente, 20
styl
Partituur
Nakoming van musikale konvensies betreffende notasie en 10
voordragaanwysings
Algemeen
Verwesenliking van die doel van die komposisie, aanbieding van die 10
partituur, netheid, partituur kan uitgevoer word soos wat dit aangebied is.
TOTAAL 50
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 34 DBE/PAT 2021
NSS
5.6 PAT 2 (OPSIE 2): Verwerking
PAT 2 (OPSIE 2): VERWERKING
Assesseringsverslag Totaal: _____/50
Leerder se naam Datum
Titel van komposisie Instrument(e)
INSTRUKSIES
Verwerk 'n kort, bestaande stuk sodat dit deur ander media as waarvoor dit oorspronklik geskryf is, uitgevoer
kan word. Die volgende vereistes moet nagekom word:
1. Omvang: Die minimum lengte is 24 mate. Die volgende tydmaattekens word aanvaar 3/4, 4/4, 6/8, 9/8,
12/8.
2. Instrumentasie: Klawerbordinstrumente; klawerbordinstrument met 'n solo-instrument, 'n lied met
begeleiding, jazz-combo; gemengde koor (SATB, TTBB, SSA, TTB); enige kombinasie van ten minste
DRIE/VIER (3/4) instrumente; Klassieke/Afrika perkussie vir ten minste DRIE (3) instrumente
3. Styl: Die komposisie/verwerking moet 'n tonale harmoniese basis en 'n duidelike melodiese lyn binne 'n
homofoniese of polifoniese tekstuur hê. Komposisies/Verwerkings vir perkussie-instrumente moet
georganiseer word rondom idiomatiese ritmiese beginsels vir die spesifieke instrumente.
4. Partituur: Die gebruik van notasie-sagteware word aangemoedig.
'n Gedetailleerde partituur wat netjies handgeskrewe of gedruk is, moet ingedien word. Die partituur
moet voordragaanwysings soos tempo, dinamiek, artikulasie en karakteraanduidings bevat. Vir 'n jazz-
combo kan die partituur vervang word met 'n lewendige opname saam met 'n gedetailleerde
voordragkaart (loodsblad met genoteerde melodieë, gespesifiseerde akkoorde, ritmes en
akkoordsimbole). 'n Komposisie vir gemengde koor mag in tonika-solfa uitgeskryf word.
LET WEL: 'n Partituur met slegs 'n melodiese lyn en voorgestelde akkoorde is NIE aanvaarbaar nie.
ASSESSERINGSINSTRUMENT EN NASIENRIGLYN VIR VERWERKING
MAKSMUM LEERDER SE
BESKRYWING PUNT PUNT
Instrumente/Stemme
Keuse van instrumente/stemme en die gebruik daarvan in die 10
komposisie
Kreatiwiteit
Kreatiewe skryfwerk, gebruik van oorspronklike idees, musikale 20
elemente, styl
Partituur
Nakoming van musikale konvensies betreffende notasie en 10
voordragaanwysings
Algemeen
Verwesenliking van die doel van die komposisie, aanbieding van die
10
partituur, netheid, partituur kan uitgevoer word soos wat dit aangebied
is.
TOTAAL 50
Kommentaar
Onderwyser 1: Naam en handtekening
Onderwyser 2: Naam en handtekening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 35 DBE/PAT 2021
NSS
5.7 VOORBEELDE VIR VERWERKINGS
Die voorbeelde van verwerkings in hierdie PAT dokument dien slegs as basiese riglyn.
Onderwysers mag hul eie aanvangstimulus genereer wat meer toepaslik vir hul eie
spesifieke situasie is. Hierdie self-gegenereerde PAT'e moet van dieselfde standaard wees
as die voorbeelde wat in hierdie dokument gegee word.
OPSIE 1
Verwerking
SONG FOR ENID
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 36 DBE/PAT 2021
NSS
OPSIE 2
Verwerking
LOVE ME TENDER
OPSIE 3
Verwerking
ISHANDA-PHA LASHE DBE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 37 DBE/PAT 2021
NSS
6. VERKLARING VAN EGTHEID
VERKLARING VAN EGTHEID
Naam van Skool:
Vak
Graad:
Ek verklaar hiermee dat alle werk in hierdie portefeulje my eie oorspronklike werk is.
Handtekening van leerder Datum
________________________________
Naam van leerder
Ek onderskryf bogenoemde verklaring deur die leerder
Handtekening van onderwyser Datum
________________________________
Naam van onderwyser
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Music 38 DBE/PAT 2020
NSC
7. VOORGESTELDE BRONNE
WESTERSE KUNSMUSIEK (WAM)
BOEKE
Bennett, R. Enjoying Music Book 1, Longman 1991
Bennett, R. Form in Music
Boyden, D. An Introduction to Music, Faber Paperbacks
Hosier, J. Instruments of the Orchestra, Oxford University Press
Warburton, A. Analysis of Music Classics Book 1 and 3, Longman
INTERNET:
Wikipedia:
1. Musical composition
2. Arrangement
YouTube: Improvisation
JAZZ
BOEKE:
The Garland Handbook of African Music 2nd Edition. Edited by Ruth M Stone
INTERNET:
Wikipedia, the Free Encyclopaedia
www.music.org.za
http://www.routledge.com
www.afribeat.com
http://www.southafrica.info
INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK(IAM)
BOEKE:
Agu, Dan CC. Form and Analysis of African Music
Carver, M. Understanding African Music, Rhodes University
The Garland Handbook of African Music 2nd Edition. Edited by Ruth M Stone
INTERNET:
Wikipedia, the Free Encyclopaedia
http://www.southafrica.info
www.music.org.za
http://flatint.blogspot.com
http://www.routledge.com
OF
ENIGE ANDER TOEPASLIKE BRONNE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 39 DBE/PAT 2020
NSS
8. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om
hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig
en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders
se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings
betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Music.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper (Afr)

Exam guideline
Music Grade 12 Music 2021 Exam Guideline

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper