Skip to content
Practical assessment task

Siviele Teg (Houtbewerking) PAT GR 12 2020 Afr (Hersien)

Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Civil TechnologyGrade 12202012 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SIVIELE TEGNOLOGIE (HOUTBEWERKING) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE (HERSIEN) GRAAD 12 2020 Hierdie riglyne bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 2 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS INHOUDSOPGAWE BLADSY AFDELING 1 3 1. INLEIDING 3 AFDELING 2 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3 2.2 Bestuur van die PAT 3 2.3 Administrasie van die PAT 4 2.4 Assessering en moderering van die PAT 4 2.5 Assessering 4 2.6 Moderering 4 AFDELING 3 5 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5 HOUTBEWERKINGTAAK 5 3.1 Instruksies aan leerder 5 3.2 Fase 1: Muurpaneelwerk 6 3.3 Nasienriglyne vir muurpaneelwerk 6 3.4 Fase 2: Werkstasie 7 3.5 Nasienriglyne vir werkstasie 8 3.6 Saamgestelde puntestaat 9 AFDELING 4 10 4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 10 4.1 Afwesig/Nie-inlewering van taak 10 4.2 Vereistes van aanbieding 10 4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT 10 4.4 Verklaring van egtheid 11 AFDELING 5 12 5. GEVOLGTREKKING 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 3 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS AFDELING 1 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. AFDELING 2 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER (Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.) 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie Die PAT neem die vaardighede wat die leerder bemeester het, in ag. Die PAT word met van tyd tot tyd geassesseer en vereis dat die leerder aan veelvoudige praktiese sessies deelneem. Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede soos simulasies, eksperimente, handvaardighede, gereedskapsvaardigheid, masjinerievaardigheid en werkswinkelpraktyk geoefen en bemeester totdat die leerder die take wat vir die spesifieke kwartaal uiteengesit is, kan doen. Die PAT dra 25% tot die leerder se promosiepunt by. 2.2 Bestuur van die PAT Die PAT moet in Kwartaal 1 begin word aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is. MOENIE dit vir die laaste minuut hou nie. Die model moet oor DRIE kwartale gemaak word wat in Kwartaal 1 begin en Fase 1 moet saam met die model in Kwartaal 1 gedoen word. Fase 1 moet teen die einde van Kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. Fase 2 moet teen 2 Oktober 2020 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. (a) Al die fases van die PAT moet vir assessering teen die einde van September 2020 voltooi wees om genoeg tyd vir die eksterne moderering te laat. (b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale assessering doen wat uitstaande is. Al die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering). (c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering reg deur die jaar doen. (d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word, omdat dit die basis vir assessering sal vorm. (e) Onderwysers mag nie leerders penaliseer vir punte wat nie by die aanvanklike kriteria ingesluit was nie. (f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 4 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS Alle onderwysers moet 'n hersiene pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die verskillende fases van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om krisisbestuur en onnodige spanning nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te voorkom. Die inleweringsdatums vir die verskillende fases van die PAT, soos aangedui op die pasaanduider, moet skriftelik aan leerders verskaf word. 2.3 Administrasie van die PAT Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde omstandighede gemaak en voltooi word. Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die vereistes van die verskillende fases van die PAT en die kriteria, soos in die assesseringsinstrumente en punteskedules aangedui, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n gemeenskaplike begrip het van die assesseringsinstrumente asook wat van leerders verwag word. Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT AFDELING 5 van hierdie dokument te maak en dit saam met die assesseringskriteria van die PAT nie later as die eerste week van Februarie nie aan die leerders te gee. Die produkte/modelle mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie. 2.4 Assessering en moderering van die PAT Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer. 2.5 Assessering Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en ondersteun om te verseker dat hy/sy op die regte spoor is. Beide formele en informele assessering moet tydens die verskillende fases van die PAT uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen word en die resultate moet aangeteken word. Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die fases van die PAT in ag neem en moet daarom die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan. 2.6 Moderering Alle fases van die PAT moet gedurende die moderering van die PAT aan die interne moderator en eksterne moderator beskikbaar gestel word. Waar vereis, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy tydens die praktiese sessies opgedoen het, vir modereringsdoeleindes te demonstreer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 5 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS AFDELING 3 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDERS HOUTBEWERKING-TAKE Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE kwartale voltooi moet word. Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in Kwartaal 1 begin met Fase 1 en Fase 2. TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOING VAN DIE PAT: Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers hierdie tydskedule gebruik om sodoende die PAT betyds te voltooi. KWARTAAL WERK WAT GEDOEN MOET WORD: Kwartaal 1 Fase 1 Muurpaneelwerk Kwartaal 1 Fase 2 Navorsing, tekeninge en skedule om die stadiums en tydraamwerke van die werkstasie aan te toon Kwartaal 2 Fase 2 Maak van skaalmodel Kwartaal 3 Fase 2 Maak van skaalmodel 3.1 Instruksies aan die leerder  Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt.  Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.  Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.  Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras, digitale kameras, ens. om jou vordering te dokumenteer.  Die skaalmodel mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 6 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.2 Fase 1: Muurpaneelwerk Kwartaal: 1 Tydsduur van Fase 1: 4 ure per leerder Puntetoekenning: 20 punte Taak: Maak 'n VOLSKAALSE model om die konstruksie by die bokant van muurpaneelwerk te toon, sonder die kroonlys. Instruksies:  Teken volskaals.  Meet en saag die onderdele volgens die korrekte lengtes.  Toon twee ruhegstukke by die bokant van die muurpaneelwerk.  Die lengte van die ruhegstukke moet langer wees as die wydte van twee tong-en-groef- borde.  Gebruik twee tong-en-groef borde met 'n lengte van ongeveer 300 mm.  Tong-en-groef borde is vasgeheg aan die ruhegstukke.  Ontwerp 'n dekstrook om die muurpaneelwerk af te werk by die bokant.  Benoem al die onderdele. 3.3 Nasienriglyne vir Fase 1 MUURPANEELWERK LEERDER SE NAAM EN VAN: _____________________________________________ GOED/ SWAK/GEEN GEMIDDELD LEERDER- NR. ASSESSERINGSKRITERIA POGING PUNT UITSTEKEND 8–10 4–7 0–3 LP 1. Meet en saag onderdele van muurpaneelwerk Ontwerp, maak en aanmekaarsit/vasheg van tong-en-groef- 2. borde aan die ruhegstukke 3. Ontwerp, maak en vasheg van dekstrook 4. Vakmanskap van finale produk TOTALE PUNT UIT 40: VERWERKTE PUNT UIT 20: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 7 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.4 Fase 2: Werkstasie vir 'n kombuis Fase 2: Kwartaal: 1, 2 en 3 Tydsduur van fase: 20 ure Taak: Daar word van jou verwag om 'n tafel te ontwerp en 'n skaalmodel daarvan te maak wat kan funksioneer as 'n werkstasie in 'n kombuis. Instruksies:  Doen navorsing oor die verskillende ontwerpe van 'n tafel wat as 'n werkstasie in 'n kombuis kan funksioneer. Die skaalmodel van die werkstasie moet van enige geskikte materiaal gemaak word.  Teken (vryhand of met instrumente) ten minste DRIE ontwerpe van 'n tafel wat as 'n werkstasie in 'n kombuis kan funksioneer.  Verskaf die finale ontwerp met afmetings van die werkstasie wat jy gaan maak.  Stel 'n skedule op om die stadiums en tydsraamwerke vir die maak van die skaalmodel van die werkstasie vir die kombuis te toon. Gebruik die volgende spesifikasies en maak 'n skaalmodel van die werkstasie:  Die werkstasie moet die volgende hê: o 'n Stoorplek vir kombuisgereedskap onder die blad o 'n Onderste rak o Aanbring van relings/hake om klein afdroogdoeke op te hang  Leerders mag hulle eie innovasie en kreatiwiteit gebruik wanneer hulle die vorm van die pote, relings en tafelblad van die skaalmodel vorm.  Voltooi die skaalmodel en lewer in vir assessering. LET WEL:  Bewyse van navorsing, tekeninge, vorderingstadiums asook die skaalmodel moet vir moderering beskikbaar wees.  Enige geskikte materiaal kan vir die maak van die skaalmodel gebruik word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 8 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.5 Nasienriglyne vir Fase 2 ASSESSERING VAN DIE SKAALMODEL VAN DIE WERKSTASIE VIR 'N KOMBUIS LEERDER SE NAAM EN VAN: _______________________________________________ GOED/ SWAK/GEEN GEMIDDELD LEERDER- ASSESSERINGSKRITERIA POGING PUNT UITSTEKEND BEPLANNING 8–10 4–7 0–3 LP Bewyse van navorsing, tekeninge en afmetings op die gekose ontwerp Drie ontwerpe van 'n werkstasie met afmetings op die verkose ontwerp Skedule om die stadiums en tydraamwerke te toon TOTAAL: 30 MERK EN UITSNY VAN MATERIAAL 4–5 2–3 0–1 LP Merk en uitsny van materiaal vir die bo-relings Merk en uitsny van materiaal vir die onder-relings van onderste rak Merk en uitsny van materiaal vir die pote Uitsny van materiaal en maak van stoorspasie vir kombuisgereedskap Merk en uitsny van materiaal vir die blad van die onderste rak Merk en uitsny van materiaal vir die blad van die werkstasie TOTAAL: 30 SAMEVOEGING VAN SKAALMODEL VAN DIE 11–15 6–10 0–5 LP WERKSTASIE Samevoeging van die dele van die werkstasie met 'n blad, stoorspasie en onderste rak TOTAAL: 15 FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LM Aanbring van relings/hake om klein vadoeke op te hang Netheid en voorkoms van die finale produk Die model is in proporsie en volgens skaal TOTAAL: 15 INNOVASIE EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LM Die leerder het kenmerke bygevoeg om die voorkoms en werkbaarheid van die werkstasie te verbeter TOTAAL: 5 ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LM Nakoming van spertye TOTAAL: 5 TOTALE PUNT UIT 100: VERWERKTE PUNT UIT 80: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie: Houtbewerking Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.6 Saamgestelde puntestaat vir Houtbewerking FASE 1 FASE 2 (SKAALMODEL) TOTAAL SAAMVOEGING VAN VERWERKTE PUNT GEMODEREERDE MERK EN UITSNY GEMODEREERDE GEMODEREERDE FINALE TOTAAL: GEMODEREERDE TOTAAL FASE 1 FINALE PRODUK MUURPANEEL- GROOTTOTAAL INNOVASIE EN NR. NAME VAN LEERDERS BEPLANNING ALGEMENE WERK PUNT VAN MATERIAAL SKAALMODEL KREATIWITEIT ASPEKTE PUNT PUNT 100 (P1 + P2) PUNT 20 20 20 30 30 15 15 5 5 100 100 80 80 100 100 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 TOTAAL: TOTAAL: Handtekening van Onderwyser __________________ Datum __________ Handtekening van Moderator __________________ Datum __________ SKOOLSTEMPEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 10 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS AFDELING 4 4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?) Die afwesigheid van 'n praktiese assesseringstaak sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bl. 6, hoofstuk, 3 paragraaf 7 en 8. Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4) verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n praktiese assesseringstaak daartoe sal lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang. 4.2 Vereistes vir aanbieding Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word:  Fase 1: Boonste deel van die muurpaneelwerk met puntestate  Fase 2: Bewys van die beplanning van die model  Fase 2: 'n Voltooide skaalmodel  Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui word  Voltooide verklaring van egtheid met skoolstempel Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word:  'n Saamgestelde puntestaat (een saamgestelde puntestaat bestaande uit al die kandidate se name en punte vir alle fases) 4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT Kwartaal 1:  Fase 1  Fase 2 (deel 1) (navorsing, sketse, tydraamwerke) Kwartaal 2:  Fase 2 (deel 2) (maak van skaalmodel) Kwartaal 3:  Fase 2 (deel 3) (voltooiing van skaalmodel) Die skaalmodel moet in die klaskamer/werkswinkel onder die onderwyser se toesig vervaardig word.  Verklaring van egtheid LET WEL: Die leerders moet aan die begin van Kwartaal 2 met die skaalmodel begin en dit teen einde September voltooi. Die onderwyser moet die beskikbare bronne bestuur en goed beplan sodat alle leerders besig is met een of ander deel van die take deur die jaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 11 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 4.4 Verklaring van egtheid NAAM VAN DIE SKOOL: __________________________________________ NAAME VAN LEERDER:__________________________________________ NAAM VAN ONDERWYSER:_______________________________________ SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê, my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is nie. HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INGELEWER) Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk voorgelê, sy of haar eie is. HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 12 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS AFDELING 5 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasie vermoëns te versterk, sowel as verbintenisse tot lewe buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike wêreld aan te spreek. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Civil Technology

View all