Downloaded from hlayiso.com
SIVIELE TEGNOLOGIE
(KONSTRUKSIE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
(HERSIEN)
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task %20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)

%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)






View all%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Siviele Teg (Konstruksie) PAT GR 12 2020 Afr (Hersien)
Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.
Civil Technology · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 388.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 2 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
INHOUDSOPGAWE
BLADSY
AFDELING 1
1. INLEIDING 3
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3
2.2 Bestuur van die PAT 3
2.3 Administrasie van die PAT 4
2.4 Assessering en moderering van die PAT 4
2.5 Assessering 4
2.6 Moderering 4
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
KONSTRUKSIETAAK 5
3.1 Instruksies aan die leerder 5
3.2 Fase 1: Steenwerk 6
3.3 Nasienriglyne vir steenwerk 6
3.4 Fase 2: Voëlbad met voetstuk en kolom 7
3.5 Nasienriglyne vir voëlbad 8
3.6 Saamgestelde puntestaat 9
AFDELING 4
4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 10
4.1 Afwesig/Nie-inlewering van taak 10
4.2 Vereistes van aanbieding 10
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT 10
4.4 Verklaring van egtheid 11
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 3 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
AFDELING 1
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die
skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n
gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir
die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die
praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan
die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil
van vak tot vak.
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
(Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.)
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie
Die PAT neem die vaardighede wat die leerder bemeester het, in ag. Die PAT word met van
tyd tot tyd geassesseer en vereis dat die leerder aan veelvoudige praktiese sessies deelneem.
Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede soos simulasies, eksperimente,
handvaardighede, gereedskapsvaardigheid, masjinerievaardigheid en werkswinkelpraktyk
geoefen en bemeester totdat die leerder die take wat vir die spesifieke kwartaal uiteengesit is,
kan doen. Die PAT dra 25% tot die leerder se promosiepunt by.
2.2 Bestuur van die PAT
Die PAT moet in Kwartaal 1 begin word aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is. MOENIE
dit vir die laaste minuut hou nie. Die model moet oor DRIE kwartale gemaak word wat in
Kwartaal 1 begin en Fase 1 moet saam met die model in Kwartaal 1 gedoen word. Fase 1
moet teen die einde van Kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. Fase 2 moet
teen 2 Oktober 2020 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
(a) Al die fases van die PAT moet vir assessering teen die einde van September 2020
voltooi wees om genoeg tyd vir die eksterne moderering te laat.
(b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale assessering doen wat
uitstaande is. Al die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die
modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering).
(c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering regdeur die jaar
doen.
(d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word, omdat dit die
basis vir assessering sal vorm.
(e) Onderwysers mag nie leerders penaliseer vir punte wat nie by die aanvanklike kriteria
ingesluit was nie.
(f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle
verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 4 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Alle onderwysers moet 'n hersiene pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die
verskillende fases van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om
krisisbestuur en onnodige spanning nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te
voorkom.
Die inleweringsdatums vir die verskillende fases van die PAT, soos aangedui op die
pasaanduider, moet skriftelik aan leerders verskaf word.
2.3 Administrasie van die PAT
Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde
omstandighede gemaak en voltooi word.
Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die vereistes van die verskillende
fases van die PAT en die kriteria, soos in die assesseringsinstrumente en punteskedules
aangedui, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n
gemeenskaplike begrip het van die assesseringsinstrumente asook wat van leerders verwag
word.
Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT AFDELING 5 van hierdie
dokument te maak en dit saam met die assesseringskriteria van die PAT nie later as die
eerste week van Februarie nie aan die leerders te gee.
Die produkte/modelle mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet
ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie.
2.4 Assessering en moderering van die PAT
Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser
geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer.
2.5 Assessering
Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en ondersteun om te
verseker dat hy/sy op die regte spoor is.
Beide formele en informele assessering moet tydens die verskillende fases van die PAT
uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of
deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser
gedoen word en die resultate moet aangeteken word.
Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die fases van die PAT in ag neem en
moet daarom die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan.
2.6 Moderering
Alle fases van die PAT moet gedurende die moderering van die PAT aan die interne moderator
en eksterne moderator beskikbaar gestel word.
Waar vereis, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te
verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy tydens die praktiese
sessies opgedoen het, vir modereringsdoeleindes te demonstreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 5 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
AFDELING 3:
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDERS
KONSTRUKSIETAKE
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE kwartale
voltooi moet word.
Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in Kwartaal 1 begin met Fase 1 en
Fase 2.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOING VAN DIE PAT:
Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers van hierdie tydskedule gebruik maak
om sodoende die PAT betyds te voltooi.
KWARTAAL WERK WAT GEDOEN MOET WORD
Kwartaal 1 Fase 1 Steenwerk
Kwartaal 1 Fase 2 Navorsing, sketse en snylys
Kwartaal 2 Fase 2 Maak van skaalmodel
Kwartaal 3 Fase 2 Maak van skaalmodel
Leerder se naam en van: ______________________________________________
Tyd toegelaat: Kwartaal 1 tot 3
3.1 Instruksies aan die leerder
Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt.
Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.
Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras en digitale
kameras, om jou vordering te dokumenteer.
Die skaalmodel mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet
altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 6 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3.2 Fase 1: Steenwerk
Kwartaal: 1
Tydsduur van Fase 1: 2 ure per leerder
Puntetoekenning: 20 punte
Taak: Droogpak van 'n een-en-'n-halfsteen-pilaar wat in 'n eensteenmuur in gebou word
in strykverband. Die muur en pilaar moet VYF steenlae hoog wees.
Instruksies:
Meet en merk die buitelyne van die muur met die aangehegte pilaar op die vloer deur
gebruik te maak van gepaste gereedskap.
Droogpak die stene van 'n een-en-'n-halfsteen-pilaar wat aan 'n eensteenmuur in
strykverband geheg is.
3.3 Nasienriglyne vir Fase 1
DROOGPAK VAN 'N EEN-EN-'N-HALFSTEEN-PILAAR
WAT AAN 'N EENSTEENMUUR IN STRYKVERBAND GEHEG IS
LEERDER SE NAAM EN VAN: _______________________________________
GOED/ SWAK/
GEMIDDELD
LEERDER-
NR. ASSESSERINGSKRITERIA
PUNT
UITSTEKEND GEEN POGING
4–5 2–3 0–1 LP
1.1 Meet en merk die buitelyne van die pilaar op die vloer van die
werkswinkel deur gebruik te maak van 'n skietlyn/loodlyn,
bouerswinkelhaak en 'n reihout
1.2 Eerste laag van eensteenmuur met 'n een-en-'n-halfsteen-
pilaar korrek gepak
1.3 Tweede laag van 'n eensteenmuur met 'n een-en-'n-halfsteen-
pilaar korrek gepak
1.4 Muur is VYF lae hoog en die verband van elke alternatiewe
laag is korrek
1.5 Pilaar is VYF lae hoog en die verband van elke alternatiewe
laag is korrek
1.6 Die muur is reguit en loodreg (Toets deur gebruik te maak van
'n bouerswinkelhaak en waterpas.)
1.7 Pilaar is loodreg (Toets deur gebruik te maak van 'n bouers-
winkelhaak en waterpas.)
1.8 Muur en pilaar is haaks met mekaar (Toets deur gebruik te
maak van 'n bouerswinkelhaak.)
TOTALE PUNTE UIT 40
VERWERKTE PUNT UIT 20
Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy
die taak verrig en elektronies by die skool en op 'n skyf of geheuestokkie gebêre word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 7 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3.4 Fase 2: Voëlbad met 'n kolom en 'n voetstuk.
Kwartaal 1, 2 en 3
Tydsduur: 20 ure
Taak:
Daar word van jou verwag om 'n skaalmodel van 'n voëlbad met 'n kolom en 'n voetstuk
te ontwerp en te maak.
Instruksies:
Doen navorsing oor verskillende ontwerpe van voëlbaddens met kolomme en voetstukke.
Die skaalmodel van die voëlbad, kolom en voetstuk moet van enige geskikte materiaal
gemaak word.
Teken (vryhand of met instrumente) ten minste DRIE ontwerpe vir 'n voëlbad met 'n
kolom en 'n voetstuk.
Verskaf die finale ontwerp met afmetings van die voëlbad met 'n kolom en 'n voetstuk wat
jy gaan maak.
Stel 'n skedule op om die stadiums en tydraamwerke te toon vir die maak van die
skaalmodel van die voëlbad met 'n kolom en 'n voetstuk.
Gebruik die volgende spesifikasies en maak 'n skaalmodel van die voëlbad met 'n kolom
en 'n voetstuk:
Die voetstuk moet breed en stabiel genoeg wees om die kolom en die voëlbad te
balanseer.
Gebruik geskikte hegtingsmateriaal om die verskillende dele van die skaalmodel te heg.
Besluit of die skaalmodel uit TWEE of DRIE dele sal bestaan.
Leerders moet innoverend en kreatief wees rakende die patroon aan die buitekant van die
voëlbad.
Voltooi die skaalmodel en lewer in vir assessering.
LET WEL: Bewyse van navorsing, tekeninge, template, vorderingstadiums asook die
skaalmodel moet vir moderering beskikbaar wees.
Enige geskikte materiaal kan vir die maak van die skaalmodel gebruik
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 8 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3.5 Nasienriglyne vir Fase 2
ASSESSERING VAN DIE MODEL VAN DIE VOËLBAD MET 'N KOLOM EN VOETSTUK
LEERDER SE NAAM EN VAN: ______________________________________
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
LEERDER-
ASSESSERINGSKRITERIA
POGING PUNT
UITSTEKEND
BEPLANNING 8–10 4–7 0–3 LP
Bewyse van navorsing, tekeninge en afmetings van die
ontwerp verkies
Drie ontwerpe van ‘n voëlbad met 'n kolom en 'n voetstuk
met afmetings op die verkose ontwerp
Skedule om die stadiums en tydraamwerk te toon
TOTAAL: 30
MERK EN UITSNY VAN MATERIAAL 8–10 4–7 0–3 LP
Merk en uitsny van materiaal vir die voëlbad
Merk en uitsny van materiaal vir die kante en onderkant van
kolom
Merk en uitsny van materiaal vir die voetstuk van die
voëlbad
TOTAAL: 30
SAMEVOEGING VAN SKAALMODEL VAN VOËLBAD 11–15 6–10 0–5 LP
MET 'N KOLOM EN VOETSTUK
Samevoeging van die dele van die voëlbad met 'n kolom en
voetstuk
TOTAAL: 15
FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LM
Die voëlbad pas netjies op die kolom en voetstuk
Netheid en voorkoms van die finale produk
Die model is in proporsie en volgens skaal
TOTAAL: 15
INNOVASIE EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LM
Die leerder het kenmerke bygevoeg om die voorkoms en
werkbaarheid van die voëlbad te verbeter
TOTAAL: 5
ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LM
Nakoming van spertye
TOTAAL: 5
TOTALE PUNT UIT 100:
VERWERKTE PUNT UIT 80:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie: Konstruksie
Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3.6 Saamgestelde puntestaat vir Konstruksie
FASE 1 FASE 2 (SKAALMODEL) TOTAAL
ONDERDEEL 1 ONDERDEEL 2 ONDERDEEL 3
(KWARTAAL 1) (KWARTAAL 2) (KWARTAAL 3)
GROOT TOTAAL FASE 1
GEMODEREERDE PUNT
GEMODEREERDE PUNT
GEMODEREEDE PUNT GEMODEREERDE PUNT
MERK EN UITSNY VAN VERWERKTE TOTAAL
ALGEMENE ASPEKTE
SAAMVOEGING VAN
NR. NAAM VAN LEERDER
TOTAAL FASE 1 FINALE PRODUK TOTAAL FASE 2
INNOVASIE EN
STEENWERK BEPLANNING MATERIAAL SKAALMODEL FASE 2 FASE 2 EN FASE 2
KREATIWITEIT
20 20 20 30 30 15 15 5 5 100 100 80 80 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
TOTAAL: TOTAAL:
_________________________ __________________
Handtekening van Onderwyser Datum
SKOOLSTEMPEL
________________________ __________________
Handtekening van Moderator Datum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 10 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
AFDELING 4
4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?)
Die afwesigheid van 'n praktiese assesseringstaak sal hanteer word in ooreenstemming met
die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad
R–12, bl. 6, hoofstuk, 3 paragraaf 7 en 8.
Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4)
verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n praktiese assesseringstaak daartoe sal
lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang.
4.2 Vereistes vir aanbieding
Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word:
Fase 1: Steenwerk met puntestaat
Fase 2: Bewys van die beplanning van die model
Fase 2: 'n Voltooide skaalmodel
Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui
word
Voltooide verklaring van egtheid met skoolstempel
Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word:
'n Saamgestelde puntestaat (een saamgestelde puntestaat bestaande uit al die kandidate
se name en punte vir alle fases)
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT
Kwartaal 1:
Fase 1
Fase 2 (deel 1) (navorsing, sketse, tydraamwerke)
Kwartaal 2:
Fase 2 (deel 2) (maak van skaalmodel)
Kwartaal 3:
Fase 2 (deel 3) (voltooiing van skaalmodel)
Die skaalmodel moet in die klaskamer/werkswinkel onder die onderwyser se toesig
vervaardig word.
Verklaring van egtheid
LET WEL: Die leerders moet aan die begin van Kwartaal 2 met die skaalmodel begin en dit
teen einde September voltooi. Die onderwyser moet die beskikbare bronne
bestuur en goed beplan sodat alle leerders besig is met een of ander deel van
die take deur die jaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 11 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.4 Verklaring van egtheid
NAAM VAN DIE SKOOL: __________________________________________
NAAME VAN LEERDER:__________________________________________
NAAM VAN ONDERWYSER:_______________________________________
SKOOLSTEMPEL
Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê,
my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is
nie.
HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INGELEWER)
Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk
voorgelê, sy of haar eie is.
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 12 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip
van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasie vermoëns te versterk,
sowel as verbintenisse tot lewe buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike
wêreld aan te spreek. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle
die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Question paper