Skip to content

Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12202327 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 TOERISME PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.
2 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND. 3. Begin ELKE VRAAG op ʼn NUWE bladsy. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. In VRAAG 3.1.1 en 3.1.2 rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. 6 Toon ALLE berekeninge waar nodig. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Die volgende tabel is ʼn gids om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling toe te ken. AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD A 1 Kortvrae 40 punte 20 minute Kaartwerk en 2 Toerbeplanning B 50 punte 50 minute Buitelandse 3 valutaverhandeling Toerisme 4 Besienswaardighede C Kultuur- en Erfenis 50 punte 50 minute 5 Toerisme 6 Bemarking 7 Toerisme Sektore D Volhoubare en 30 punte 30 minute 8 verantwoordelike toerisme Plaaslike, streeks- en 9 internasionale toerisme E 30 punte 30 minute Kommunikasie en 10 kliëntediens Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.21 A. 1.1.1 ʼn Toerismebestemming wat sporttoerusting vir ʼn skool in die plaaslike gemeenskap borg, is ʼn voorbeeld van: A BAK B KMB C BVK D FTT 1.1.2 Die FIFA-Wêreldbeker word elke … deur ʼn verskillende land aangebied. A jaar B drie jaar C vier jaar D vyf jaar 1.1.3 As die rand swak is in verhouding tot ander geldeenhede, sal die uitwerking op internasionale toerisme … wees. A ʼn toename in binnelandse toerisme in Suid-Afrika B ʼn aansienlike toename in die BBP van Suid-Afrika C ʼn toename in internasionale reisigers na Suid-Afrika D ʼn afname in internasionale reisigers na Suid-Afrika 1.1.4 Tipes ondernemings wat finansieel by ʼn globale gebeurtenis sal baat: A Slegs ondernemings wat gratis dienste aanbied. B Verskaffers van dienste soos hotelle, restaurante, aandenkingswinkels en toerbusse. C Ondernemings buite die area waar die geleentheid gehou word. D Slegs vervoerverskaffers. 1.1.5 Plaaslike verkryging verwys na die ... A aankoop van produkte van plaaslike verskaffers. B uitkontraktering van werksgeleenthede na ander lande. C aankoop van produkte van internasionale verskaffers. D stel van standaarde vir omgewingsvriendelike geboue. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.6 Die gevolg daarvan om nie ʼn omgewingsimpakstudie (OIS) te doen voordat ʼn globale gebeurtenis plaasvind nie: A Daar sal geen behoefte vir vullisdromme of vullis- verwyderingstrategieë wees nie. B Die unieke besienswaardighede van ʼn gasheerbestemming sal nie bevorder word nie. C Die omgewing kan negatief beïnvloed word as gevolg van verhoogde besoedeling, skares en oorgebruik. D Daar sal geen negatiewe uitwerking op die omgewing wees nie. 1.1.7 Die volgorde van plekke om in ʼn lughawegebou aan te meld wanneer ʼn reisiger met ʼn internasionale vlug in Suid-Afrika aankom. A Bagasie-opeisarea, immigrasie, doeane B Bagasie-opeisarea, doeane, immigrasie C Doeane, immigrasie, bagasie-opeisarea D Immigrasie, bagasie-opeisarea, doeane 1.1.8 ʼn Strategie wat bestuurders kan volg om die sukses van ʼn toeriste- aantreklikheid te verseker: A Voortdurende herontdekking van die produk deur nuwe dienste en diverse aktiwiteite aan te bied. B Bied voortdurend dieselfde dienste en aktiwiteite aan. C Stel strategieë van hoë pryse. D Om konserwatief in die bemarking van die produk te wees. 1.1.9 Die tyd in New York, VSA is … Johannesburg, Suid-Afrika. A 7 uur agter B 7 uur voor C 5 uur agter D 5 uur voor 1.1.10 Die belangrikheid van die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied: A Dit het van die mooiste natuurtonele in Suid-Afrika. B Dit is die enigste plek waar die Nama woon en hul tradisionele nomadiese leefstyl beoefen. C 20% van Afrika se plante word daar aangetref. D Dit verskaf belangrike inligting oor die aarde se geologiese geskiedenis. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 5 1.1.11 Wanneer daar vir ʼn visum om Suid-Afrika te besoek aansoek gedoen word, moet ʼn aansoeker die volgende indien: A Inligting oor die aansoeker se finansiële status, datum van laaste besoek aan Suid-Afrika, vingerafdrukke en biometrie. B Nasionaliteit, aantal lande wat in Afrika besoek is voor die besoek waarvoor aansoek gedoen word, een maand se bankstate. C Een maand se bankstate, bewys van woonadres, vingerafdrukke en gesondheidsertifikaat. D Nasionaliteit, paspoortnommer, besonderhede van die besoek aan Suid-Afrika en inligting oor die aansoeker se finansiële status. 1.1.12 Diereregte-aktiviste protesteer dikwels teen die omstrede tradisie van stiergevegte in ... A Spanje. B Serbië. C Seychelle. D Saoedi-Arabië. 1.1.13 ’n Reisiger van die Verenigde Koninkryk wat beplan om Suid- Afrika vir die Desembervakansie te besoek, moet onthou om die volgende in te pak, … A ʼn kamera en selfoon. B sonskerm en 'n hoed. C ʼn warm baadjie en serp vir die koue aande. D gebottelde water en versnaperinge vir die vlug. 1.1.14 ʼn Maatreël wat die bestuur kan neem om misdaad by hul bestemming te voorkom: A Vertoon duidelike kennisgewingborde om besoekers oor nat vloere of ongelyke vloerareas te waarsku. B Vertoon duidelike kennisgewingborde om besoekers oor die gebruik van kringtelevisiekamerastelsels te waarsku. C Vertoon veiligheidsreëls prominent. D Vertoon duidelike kennisgewings om brandblussers en branduitgange aan te dui. 1.1.15 Reisversekering moet … A vir hospitalisasie en verwante mediese koste in die land wat besoek gaan word, betaal. B die koste van ʼn visumaansoek betaal. C die koste van vliegkaartjies betaal. D vir een maand voor die reisiger se vertrek uit sy/haar land van verblyf geldig wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.16 Die verskil tussen ʼn toeriste-aantreklikheid en ʼn ikoon: A ʼn Toeriste-aantreklikheid is in ʼn spesifieke area en ʼn ikoon kan enige plek geleë wees. B ʼn Toeriste-aantreklikheid het nie soveel simboliese betekenis soos ʼn ikoon nie. C ʼn Toeriste-aantreklikheid is meer bekend as ʼn ikoon. D ʼn Toeriste-aantreklikheid is natuurlik en ʼn ikoon is mensgemaak. 1.1.17 ʼn Toeristeprofiel moet inligting oor ... insluit. A die reisiger se stokperdjies en datums van beplande besoek B die reisiger se begroting en stokperdjies C die reisiger se behoeftes, voorkeure en begroting D bestemmings wat reeds regoor die wêreld besoek is en datums van beplande besoek 1.1.18 Die WTM word in … gehou. A Sydney, Australië B Londen, Verenigde Koninkryk C Tokio, Japan D Berlyn, Duitsland 1.1.19 Die vermenigvuldigereffek … A gebeur wanneer ʼn toerisme-onderneming volhoubare toerisme beoefen. B veroorsaak dat die waarde van die rand fluktueer. C het ʼn negatiewe impak op die BBP van ʼn land. D vind plaas wanneer geld deur die ekonomie syfer en ander organisasies binne die streek/land bevoordeel. 1.1.20 ʼn Voortgesette klagte of probleem in die kliënteterugvoer-ontleding van ʼn toerisme-onderneming, dui op (ʼn) ... A suksesvolle kliëntedienslewering. B behoefte aan ʼn plan van aksie om die situasie te verbeter. C behoefte aan meer produkte en dienste. D behoefte aan meer advertensies. (20 x 1) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 7 1.2 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur ʼn woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag elkeen van die gegewe woorde/terme slegs EEN keer gebruik. Handelsmerk; Kontaklose betalings; Statistiek; SWIFT; Eko-reis; Buitelandse markaandeel; Spesiale aanbiedinge; Visa; Discovery; KMA (COD); Bitcoin; Segmentering 1.2.1 ʼn Betaalkaart wat wêreldwyd deur diensverskaffers en outomatiese tellermasjiene (OTM'e) aanvaar word. 1.2.2 Die proporsie van ʼn internasionale mark wat ʼn bestemming het in verhouding tot sy vernaamste mededingers. 1.2.3 ʼn Langtermynstrategie wat deur Suid-Afrikaanse Toerisme gebruik word om identiteit en voorkeur vir Suid-Afrika as ʼn voorkeurbestemming te verkry. 1.2.4 ʼn Wêreldwye betaalstelsel wat jou toelaat om geld veilig en vinnig na internasionale bankrekeninge oor te dra deur kodes te gebruik. 1.2.5 ʼn Huidige toerismeneiging wat met tegnologie verband hou (5 x 1) (5) 1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 ʼn Reisverwante dokument wat die draer toelaat om ʼn voertuig in ʼn ander land as sy/haar woonplek te bestuur, word ʼn (IBP/IDL) genoem. 1.3.2 50 mℓ parfuum en 1 x 750 mℓ bottel wyn word deur Suid-Afrikaanse doeane as (beperkte/belastingvrye) goedere geklassifiseer. 1.3.3 ʼn Belastingvrye inkopiesone by ʼn internasionale lughawe laat reisigers toe om goedere te koop (met/sonder) betaling van BTW op voorwaarde dat die goedere uit die land geneem word. 1.3.4 ʼn Dienskontrak stipuleer (werksure en vergoeding/ kliëntediensbeleide en kleredragreëls) in die werksplek. 1.3.5 Wanneer tydsones bereken word; as die reisrigting vanaf die bekende tyd na die onbekende tyd wes is, moet ʼn mens die aantal ure se tydverskil na/van die bekende tyd (optel/aftrek). (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) 1.4 Kies ʼn woord(e) uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 ʼn Reisverwante siekte wat A Malaria veroorsaak word wanneer ʼn sekere soort waterslak die vel van ʼn mens wat in besmette water swem of loop binnedring en eiers in die persoon se blaas of ingewande lê 1.4.2 ʼn Dodelike virus wat deur kontak B Covid-19 met die liggaamsvloeistowwe van ʼn besmette persoon oorgedra word 1.4.3 ʼn Reisverwante siekte wat voorkom C Bilharzia kan word deur deure en vensters snags toe te hou in gebiede waar die siekte voorkom 1.4.4 ʼn Reisverwante siekte wat vereis D Cholera dat ʼn reisiger ingeënt word voordat hy/sy ʼn land binnegaan. Hierdie siekte kan slegs een keer opgedoen word 1.4.5 ʼn Reisverwante siekte wat E Tuberkulose veroorsaak word deur die inneem van besmette kos of water Simptome is diarree en erge naarheid/braking F MIV G Geelkoors (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 9 1.5 Bestudeer die beelde van wêreldikone en beantwoord die vrae wat volg. Identifiseer die wêreldikone wat by die beskrywings in VRAE 1.5.1 tot 1.5.5 pas. Skryf slegs die naam van die wêreldikoon langs die vraagnommer (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 Blou Moskee. 1.5.1 ʼn Simbool van volksmoord in die wêreld. 1.5.2 ʼn Baie gewilde plek vir toeriste om die tradisionele manier van verkoop en koop van goedere te sien. 1.5.3 Die gebied is as een van Portugal se belangrikste toeriste- ‘hotspots’ bekend. 1.5.4 Een van die bekendste paleis-kastele in Spanje. 1.5.5 Duisende jare se geologiese geskiedenis kan in die kleurlae van tekstuurgesteentes by die terrein gesien word. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA VRAAG 2 2.1 Gebruik die wêreldtydsonekaart en die scenario om die vrae wat volg te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 11 Kaapstad bied Netbalwêreldbeker 2023 aan! Die Vitality Netbalwêreldbeker 2023 vind plaas in Kaapstad, Suid-Afrika, vanaf die 28ste Julie tot die 6de Augustus 2023. Kwalifiserende spanne van netbalspelende lande regoor die wêreld sal middel Julie na Kaapstad vir hul spanne se voorbereiding en deelname aan die geleentheid stroom. 2.1.1 Lede van die Britse Netbalwêreldbeker-span sal vanaf Londen, Engeland na Kaapstad, Suid-Afrika reis. Hul vlugbesonderhede word hieronder gegee. Londen, Engeland Vliegtyd Kaapstad, Suid- (0) Afrika (+2) Heathrow Kaapstad Internasionale 11h Internasionale Lughawe 40min Lughawe Engeland het Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug beoefen. Vertrek 22:25 Aankoms ? Datum 14 Julie 2023 Datum 15 Julie 2023 Vlugnommer BA59 Vlugnommer BA59 (a) Noem TWEE voordele vir 'n land wat Dagligbesparingstyd beoefen. (2 x 2) (4) (b) Die spanlede sal waarskynlik aan vluguitputting ly met hul aankoms in Kaapstad. Noem EEN oorsaak van hierdie reisverwante siekte. (2) (c) Bereken die tyd van aankoms van die Britse Netbal- wêreldbeker-span in Kaapstad, Suid-Afrika. Toon ALLE berekeninge. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) 2.1.2 Lede van die Nieu-Seelandse Netbalwêreldbeker-span sal vanaf Auckland, Nieu-Seeland, vertrek op pad na Kaapstad, Suid-Afrika. Hul vlugbesonderhede word hieronder gegee. Auckland, Totale Kaapstad, Nieu-Seeland vliegtyd Suid-Afrika (+12) 29h15min (+2) Auckland Sluit 1 Kaapstad Internasionale tussenstop Internasionale Lughawe in Lughawe Singapoer in. Nieu-Seeland het nie Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug beoefen nie. Vertrek ? Aankoms 09:25 Datum ? Datum 15 Julie 2023 Vlugnommer SQ286 Vlugnommer SQ286 Bereken die tyd en datum van vertrek van die Nieu-Seelandse Netbalwêreldbeker-span vanaf Auckland, Nieu-Seeland. Toon ALLE berekeninge. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 13 2.1.3 Die bestuur van Sri Lanka se Netbalwêreldbeker-span sal verskillende vlugopsies oorweeg vir hul span om na Kaapstad, Suid-Afrika te vlieg vir die Netbalwêreldbeker. TWEE opsies vir vlugte vanaf Sri Lanka na Suid-Afrika op 14 Julie 2023 word hieronder gegee. Oorweeg die opsies wat gegee word en beantwoord die vrae wat volg. Opsie 1 Opsie 2 Lugdiens: Sri Lankan Airlines Lugdiens: Qatar Airways Land van Land van vertrek: Sri Lanka vertrek: Sri Lanka Datum van Datum van vertrek: 14 Julie 2023 vertrek: 14 Julie 2023 Vertrektyd: 18:25 Vertrektyd: 04:55 Land van Land van aankoms: Suid-Afrika aankoms: Suid-Afrika Aankomstyd: 14:30+1 Aankomstyd: 17:15 Totale vliegtyd: 23h35m Totale vliegtyd: 15h50m Aantal stoppe: 2 Aantal stoppe: 1 (Doebai – (Doha – 1h05m) 6h45m; Addis Abeba – 1h20m) Totale koste pp: ZAR 28 129,00 Totale koste pp: ZAR 49 009,00 (a) Bepaal die aankomsdatum van Opsie 1 (Sri Lankan Airlines) in Suid-Afrika. (2) (b) Motiveer, deur EEN rede te gee, vir die spanbestuur se besluit om Opsie 1 (Sri Lankan Airlines) vir hul vlug na Suid- Afrika te kies. (2) (c) Motiveer, deur EEN rede te gee, vir die spanbestuur se besluit om Opsie 2 (Qatar Airways) vir hul vlug na Suid- Afrika te kies. (2) 2.2 Netbal SA het jou gevra om te help met die opstel van ʼn brosjure met belangrike reisverwante inligting vir die netbalspelers wat na die Wêreldbekertoernooi gaan kom. Daar word van jou verwag om inligting oor die volgende te verskaf: 2.2.1 Noem TWEE dokumente wat deur die besoekers met hul aankoms by immigrasiebeheer getoon moet word. (2) 2.2.2 Gee EEN brokkie raad oor die veilige bewaring van reisdokumente terwyl ʼn reisiger in Suid-Afrika is. (2) 2.2.3 Verduidelik die prosedure wat gevolg moet word wanneer ʼn kanaal met aankoms by doeane gekies word. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) 2.3 Bestudeer die inligting op TripIt-reisbeplanner-toep (toepassing) en beantwoord die vrae wat volg. Is jy ʼn reisverslaafde? Hou jy van veelvoudige-bestemming reis? As jy ‘ja’ op hierdie vrae geantwoord het, soek niks verder as TripIt nie. Al wat jy moet doen is om jou reisbevestigingbesonderhede na plans@tripit.com te stuur, en die toep skep ʼn meesterdokument vir al jou reise sodat jy georganiseerd kan bly! Jy kan enige tyd toegang daartoe kry, Wi-Fi of geen Wi-Fi. Gradeer op na die betaalopsie om intydse vlugkennisgewings, ʼn wisselkoers-omskakelaar, kragprop-vereistes by jou bestemming, wenke oor betaling van fooitjies en alternatiewe roetes vir gekanselleerde vlugte te ontvang. [Bron: https://www.goabroad.com/articles/best-travel-booking-apps] 2.3.1 Noem EEN toestel waarop die TripIt-reisbeplanner-toep afgelaai kan word. (2) 2.3.2 Noem EEN voordeel vir ʼn reisiger wat intydse vlugkennisgewings kry. (2) 2.3.3 Lei EEN tipe toeris af wat van die TripIt-reisbeplanner-toep gebruik sal maak. (2) 2.3.4 Stel EEN manier voor waarop die TripIt-reisbeplanner-toep ʼn toeris kan help om geld te spaar. (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 15 VRAAG 3 3.1 Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Geldeenheid Kode Bank- Bank- verkoopkoers aankoopkoers Britse pond GBP 22,29 21,59 Australiese dollar AUD 12,48 11,69 3.1.1 ’n Lid van die Britse netbalspan ruil £125 met haar aankoms by Kaapstad Internasionale Lughawe. Bereken hoeveel sy in ZAR sal ontvang wanneer hierdie transaksie gedoen word. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.1.2 ’n Lid van die Australiese netbalspan ruil AUD 250 met haar aankoms by Kaapstad Internasionale Lughawe. Bereken hoeveel sy in ZAR sal ontvang wanneer hierdie transaksie gedoen word. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.1.3 Bepaal watter van die geldeenhede genoem in VRAAG 3.1.1 en VRAAG 3.1.2 die sterker geldeenheid is in vergelyking met die Suid- Afrikaanse Rand. Motiveer jou antwoord deur EEN rede te gee. (2 x 2) (4) [10] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING C: TOERISME AANTREKLIKHEDE; KULTUUR EN ERFENIS TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die kaart en prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Penika Reisagentskap bied ʼn twee week lange toerpakket aan vir graad 12- leerders om bekende wêreldikone in twee lande te besoek. VLUGROETE BEKENDE IKONE WAT GEDURENDE DIE TOER BESOEK WORD A B C D E F Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 17 4.1.1 Identifiseer die land wat besoek sal word wanneer die toergroep in die volgende stad is: (a) Londen (1) (b) Moskou (1) 4.1.2 Pas die prente van ikone gemerk A tot F met die stede van Londen of Moskou. Teken die tabel hieronder oor in jou ANTWOORDEBOEK. Skryf die letters (A–F) en die name van die ikone wat in elk van die stede besoek sal word. Londen Moskou (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) 4.2 Bestudeer die inligtingsbrosjure oor die Vryheidstandbeeld en beantwoord die vrae wat volg. Statue City Cruises is die ENIGSTE handelaar wat gemagtig is om kaartjies en vervoer na Liberty- en Ellis-eilande te verskaf. Besoekers en hul besittings is onderhewig aan ʼn sekuriteitsondersoek voordat hulle op die veerboot klim. Hoe om kaartjies te koop vir die veerboot wat vanaf New York vertrek • Gaan na StatueCityCruises.com OF • Persoonlik by die Statue City Cruises-kaartjiehokkies in Castle Clinton in Battery Park Wat is by jou algemene toegangskaartjie ingesluit • Retoer veerboot-diens met stoppe by Liberty-eiland en Ellis-eiland. • Toegang tot die Vryheidstandbeeld-museum (Statue of Liberty Museum) en die Ellis-eiland Nasionele Museum van Immigrasie (National Museum of Immigration). • Oudiotoere, wat op elke eiland ontvang kan word. Inhoud is beskikbaar in 12 tale. • Natuurbewaarders (‘Park rangers’) bied Engelstalige begeleide toere reg deur die dag. Toere is gratis, en almal is welkom! Hoe om jou voetstuk of kroontoegangskaartjies te bespreek (pedestal or crown admission tickets) Kaartjies na die Voetstuk-en-Kroon moet vooraf aanlyn by Statue City Cruises bespreek word. Toegangskaartjies vir die Vryheidstandbeeld Kroon en Voetstuk (Statue of Liberty Crown and Pedestal) is beperk en maande voor die tyd uitverkoop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 19 4.2.1 Noem die land waar die Vryheidstandbeeld geleë is. (2) 4.2.2 Verskaf EEN rede waarom besoekers kaartjies moet bespreek as hulle by die Vryheidstandbeeld wil ingaan. (2) 4.2.3 Verwys na die Liberty-eiland-satellietbeeld en kaartsleutel. Gee EEN voorbeeld om te toon hoe die bestuur seker gemaak het dat: (a) Geleenthede om bykomende inkomste vir die terrein te genereer in plek is. (2) (b) Die behoeftes van mense met fisiese gestremdhede in ag geneem word. (2) (c) Die veiligheid van besoekers en die veiligheid van die Vryheidstandbeeld ʼn prioriteit is. (2) 4.2.4 Stel TWEE redes voor waarom slegs EEN handelaar toegelaat word om kaartjieverkope en vervoer na die Vryheidstandbeeld aan te bied. (2 x 2) (4) [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 5 Bestudeer die kaart van Suid-Afrika en beantwoord die vrae wat volg. 5.1 Gee die naam van die provinsie waar die Wêrelderfenisgebied genommer A geleë is. (1) 5.2 Identifiseer die Wêrelderfenisterreine genommer A, B en C. Skryf slegs die amptelike naam van die Wêrelderfenisgebied langs die letter (A–C) in jou ANTWOORDEBOEK neer. (3 x 1) (3) 5.3 Bespreek EEN voorbeeld van hoe elk van die Wêrelderfenisgebiede gemerk A, B en C aan die beskrywing in kriterium (iii) voldoen het om UNESCO Wêrelderfenisstatus te ontvang. (3 x 2) (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 21 VRAAG 6 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. #LiveAgain: Suid-Afrikaanse Toerisme loods nuwe wêreldwye veldtog Maart 2022 Vir die eerste keer in vyf jaar het Suid-Afrikaanse Toerisme ʼn kragtige en opwindende nuwe oudiovisuele bemarkingsveldtog van stapel gestuur. Die boodskap is redelik eenvoudig – met die einde van die pandemie is dit tyd dat mense weer lewe … en daar is nêrens soos Suid-Afrika om dit te doen nie. Is jy gereed vir #LiveAgain? Kyk na die pragtige nuwe advertensie hieronder: [Aangepas en vertaal uit https://ilovesouthafrica.com] 6.1 Identifiseer die sosialemedia-platform wat gebruik word om na Suid- Afrikaanse Toerisme se nuwe bemarkingsveldtog te kyk, te deel en daarvan te hou. (2) 6.2 Verduidelik waarom Suid-Afrikaanse Toerisme die sosialemedia-platform wat in VRAAG 6.1 geïdentifiseer is, vir sy bemarkingsveldtog gebruik het. (2) 6.3 Beskryf hoe bestemming Suid-Afrika by die nuwe bemarkingsveldtog kan baat. (2 x 2) (4) 6.4 Verduidelik TOMSA se rol in Suid-Afrikaanse Toerisme se nuwe bemarkingsveldtog. (2 x 2) (4) [12] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 Bestudeer die uittreksel uit “Die Toergids Gedragskode” (Wes-Kaap) en beantwoord die vrae wat volg. ʼn Professionele toergids: ▪ Sal op geen manier diskrimineer wanneer diens aan enige toeris aangebied word nie, bv. op grond van kleur, geslag, ras, nasionaliteit, ouderdom, ens. ▪ Sal onbevooroordeeld en positief wees en Suid-Afrika sonder vooroordeel verteenwoordig. ▪ Moet te alle tye toepaslik geklee en netjies wees. ▪ Sal te alle tye oor die veiligheid van die toeris besorgd wees. ▪ Sal die toepaslike toergidskenteken dra en sal sy/haar registrasiekaart dra. Toergids naam: ____________________ Handtekening: ___________________ Datum: ________________ [Bron: https://www.westerncape.gov.za] 7.1 Noem TWEE diensvoorwaardes van ʼn toergids wat hierdie ʼn uitdagende loopbaan maak. (2 x 1) (2) 7.2 Noem EEN rede waarom ʼn toergids “die toepaslike toergidskenteken en sy/haar registrasiekaart sal dra”. (2) 7.3 Stel EEN rede voor waarom die frase “Moet te alle tye toepaslik geklee en netjies wees” in hierdie gedragskode ingesluit is. (2) 7.4 Bespreek die waarde vir ʼn toerismebesigheid om ʼn gedragskode soos die een in die voorbeeld te hê. (2 x 2) (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 23 VRAAG 8 8.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Eksklusiewe wegbreekplekke – Three Tree Hill Lodge Three Tree Hill Lodge is ʼn eko-vriendelike natuurlodge in KwaZulu-Natal se Spioenkopvallei. Hierdie Fair Trade-(Billike Handel) gesertifiseerde lodge prioritiseer volhoubare en verantwoordelike toerisme en verbind hulle tot die plaaslike gemeenskap en die ontwikkeling daarvan. Volhoubare toerisme is 'n hoë prioriteit, wat beteken dat mense uit die plaaslike gemeenskap in diens geneem en ontwikkel word, fondsinsameling word vir gemeenskapskole gedoen, skool- voedingsfondse is in plek en bestuur van Three Tree Hill Lodge fokus op entrepreneurskap en vaardigheids-ontwikkeling onder lede van die plaaslike gemeenskap. Gaste by die eko-lodge kan pragtige natuurskoon, begeleide natuuraktiwiteite geniet en aan tuis-gemaakte plattelandse kos smul. Die lodge het gemonitorde programme vir energiebesparing en afvalbestuur. [Bron: https://exclusivegetaways.co.za] 8.1.1 Three Tree Hill Lodge het ʼn skoolvoedingsfonds gestig en neem mense van die plaaslike gemeenskap in diens. Identifiseer die pilaar van volhoubare toerisme wat Three Tree Hill Lodge handhaaf deur hierdie praktyke te implementeer. (2) 8.1.2 Noem die pilaar van volhoubare toerisme wat Three Tree Hill Lodge handhaaf deur op entrepreneurskap en vaardigheidsontwikkeling te fokus. (2) 8.1.3 Noem EEN energiebesparingstrategie wat Three Tree Hill Lodge kan implementeer om hul reputasie as ʼn volhoubare toerismebestemming te verseker. (2) 8.1.4 Lys EEN strategie wat Three Tree Hill Lodge kan implementeer om te verseker dat hul afval doeltreffend bestuur word. (2) 8.1.5 Bespreek die waarde van ʼn Fair-Trade-akkreditasie (Billike Handel) vir die bestuur en plaaslike gemeenskap van Three Tree Hill Lodge. (2) 8.1.6 Stel TWEE verantwoordelike toerismepraktyke voor wat die bestuur van Three Tree Hill Lodge hul gaste kan versoek om aan te voldoen. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) 8.2 Beskou die prentjie en beantwoord die vrae wat volg. 8.2.1 Stel EEN antwoord voor op die vraag “Waarom Toerisme saakmaak” in die prent. (2) 8.2.2 Bespreek die waarde van volhoubare toerisme vir besoekers aan ʼn volhoubare toerismebestemming. (2 x 2) (4) [20] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 25 AFDELING E: BINNELANDSE, STREEKS EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTESORG VRAAG 9 9.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PERU: VOORTDURENDE GEWELDDADIGE PROTESAKSIES WORD VERWAG Sedert vroeg in Desember 2022 het betogings teen die regering gelei tot die dood van minstens 58 mense, aangesien betogers met veiligheidsmagte gebots het. Dit is Peru se ergste uitbreek van geweld in meer as 20 jaar. Betogers het ook polisiekantore aangeval, lughawens gesluit, hoofsnelweë versper en die land se vervoerinfrastruktuur beskadig. Terwyl betogings regoor die land ervaar is, is van die ergste geweld uit die suide van Peru aangemeld, wat Cusco insluit. Hierdie streek is ook Peru se toerisme-kernsentrum. Alhoewel die betogings nie spesifiek teen besoekers gerig is nie, het dit die reis- en toerismesektor beïnvloed. Reisigers kan dalk verontrief word deur die onvoorspelbaarheid van die geweld of deur die sluiting en ontwrigting van die land se toeristebestemmings, en skade aan infrastruktuur. UNESCO se Wêrelderfenisterrein, Machu Toerisme is die sleutel tot die Picchu, is op 22 Januarie 2023 tydelik vir Peruaanse ekonomie en ʼn drie weke gesluit.Voor die sluiting van belangrike bron van werk, wat Machu Picchu is spoorwegdienste na die sowat 4.5 miljoen besoekers per terrein opgeskort weens skade aan die jaar gelok het voor die Covid-19- spoorlyn deur betogers. Die enigste manier pandemie in 2020. om die gewilde toeristeterrein te bereik, is per trein of staptog. 9.1.1 Identifiseer die tipe politieke situasie wat in die uittreksel beskryf word. (2) 9.1.2 Beskryf TWEE maniere waarop die reisplanne van toeriste negatief beïnvloed is tydens hul verblyf in Peru. (2 x 2) (4) 9.1.3 Gee DRIE gevolge van die voortdurende betogings op Peru se toerismebedryf. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2023) 9.2 Bestudeer die inligting en statistiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die Suid-Afrikaanse toerismesektor, wat in Maart 2020 tot stilstand gebring is weens COVID-19-beperkings, toon tekens van herstel met ʼn aanwyser wat die toename in internasionale aankomste uit oorsese streke is. Aantal internasionale aankomste volgens oorsese woonstreek vir die tydperk Januarie 2020 tot Januarie 2023 Oorsese Jan Jan Jan Jan Verskil streek 2020 2021 2022 2023 tussen % verander- Jan 2022 ing tussen en Jan Jan 2022 en 2023 Jan 2023 Asië 25 763 1 870 4 738 12 467 7 729 163,1% Australasië 9 584 223 1 621 7 452 5 831 359,7% Sentraal- en Suid- Amerika 12 567 401 1 065 3 689 2 624 188.4% Europa 157 808 8 682 47 528 128 898 81 370 314.6% Midde-Ooste 5 234 359 823 3 262 2 439 296,4% Noord- Amerika 31 594 2 152 8 939 31 421 22 482 232,6% [Aangepas uit www.statssa.gov.za] 9.2.1 Identifiseer die: (a) Oorsese streek met die hoogste aantal inkomende internasionale toeriste in Januarie 2023. (2) (b) TWEE oorsese streke wat die hoogste groeipersentasie in internasionale aankomste in Januarie 2023 getoon het vergeleke met Januarie 2022. (2 x 2) (4) 9.2.2 Verwys na die internasionale aankomste vir Januarie 2020 en Januarie 2023. (a) Bepaal die oorsese streek waar internasionale aankomste in Januarie 2023 byna voor-Covid-vlakke bereik het. (2) (b) Stel EEN rede voor wat bygedra het tot die herstel van die streek wat in VRAAG 9.2.2 (a) geïdentifiseer is. (2) [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) TOERISME 27 VRAAG 10 Bestudeer die reaksie van die kliënt-terugvoerinstrument wat deur ʼn hotel gebruik word en beantwoord die vrae wat volg. Was dit jou eerste besoek aan ons hotel? Hoe voel jy oor die hotel se dienste? DIEN IN 10.1 Gee EEN manier waarop die voltooide kliëntterugvoerinstrument van die gas deur die hotel ontvang sal word. (2) 10.2 Beveel TWEE strategieë aan wat die bestuur van die hotel kan implementeer om die probleme wat deur die gas geïdentifiseer is, aan te spreek. (2 x 2) (4) 10.3 Noem EEN manier waarop die hotelbestuur die suksesvolle implementering van die aanbevelings wat in VRAAG 10.2 gemaak is, kan meet. (2) [8] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all