Downloaded from hlayiso.com
TOERISME
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
2017
Hierdie riglyne bestaan uit 35 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 





%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e6f5b4f-9123-4c68-9a5f-2d6a15462663/v1-6a20ca7ed4db537dc566/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)



%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
View all





Tourism PAT GR 12 2017 Afr
Grade 12 Tourism practical assessment task from the 2017 (Afrikaans), 35 pages. Read online or get the free PDF download.
Tourism · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Practical assessment task, 35 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2017
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 35
- File size
- 816.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 35
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/PAT 2017
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. ONDERWYSERRIGLYNE: ADMINISTRASIE, VERANTWOORDELIK- 3
HEDE EN MODERERING
2.1 Administrasie van die PAT 3
2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje 3
2.1.2 Bestuur van die PAT 4
2.2 Die verantwoordelikheid van die onderwyser 4
2.3 Moderering van die PAT (intern en ekstern) 5
3. INSTRUKSIES EEN LEERDERS 6
3.1 Vereistes van die PAT 7
3.2 Tydraamwerk 7
3.3 Afwesigheid/Nie-inlewering van die PAT 7
3.4 Verklaring van Egtheid 7
3.5 Die praktiese assesseringstaak (PAT) 9
3.6 Assesseringsinstrument 17
4. BRONNELYS 25
4.1 PAT-puntestaat (TOER01) 26
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02) 27
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03) 29
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04) 30
4.5 Webjoernaal ('blog') oor die Vermenigvuldigereffek (TOER05) 31
4.6 Die Reis-en-toerisme-wedyweringsindeks 2015 (TOER06) 33
4.7 Opnamevraelys (TOER07) 34
5. GEVOLGTREKKING 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/PAT 2017
NSS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie
vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landbou-
tegnologie
KUNS: Dans, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtings-
tegnologie
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese
komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde
van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar
geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid
om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit
maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is
dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en
uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
2. ONDERWYSERRIGLYNE: ADMINISTRASIE, VERANTWOORDELIKHEDE
EN MODERERING
2.1 Administrasie van die PAT
2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje
Daar word van elke onderwyser verwag om 'n PAT-portefeulje saam te
stel wat die volgende bevat:
• Voorblad met die naam van die skool, die onderwyser, die vak en
die jaar van assessering.
• PAT-bestuursplan
• Die PAT-dokument vir die jaar van assessering
• Memorandum wat deur die onderwyser ontwikkel is
• Amptelike PAT-puntestaat (TOER01)
• Bewyse van alle modereringsvlakke (verslae)
• Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
• Verklaring van egtheid deur die onderwyser (TOER04)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/PAT 2017
NSS
2.1.2 Bestuur van die PAT
Hierdie praktiese assesseringstaak is die enigste amptelike praktiese
eksamen vir graad 12-Toerisme-leerders in 2015. Die PAT mag onder
geen omstandighede vervang word met enige ander praktiese
assesseringstaak nie.
• Dit word aanbeveel dat die onderwyser deur die provinsie/distrik
opgelei word in die implementering en mediasie van die PAT. Dit sal
standaardisering van die PAT verseker
• Die praktiese assesseringstaak vir Toerisme het TWEE fases. Die
nasien van Fase 1 moet teen die middel van Junie 2017 voltooi
wees en Fase 2 teen die einde van Augustus 2017.
• Die PAT is 'n verpligte komponent van die finale eksterne eksamen
vir Toerisme. Daar word van elke leerder verwag om sy/haar eie
PAT te ontwikkel en in te lewer onder leiding van die onderwyser.
• Geen gedeelte van die amptelike PAT 2017-Toerisme-dokument
mag oorgetik, geredigeer of verander word nie. Die nasionale
Departement van Basiese Onderwys se logo mag NIE vervang word
met enige ander logo NIE.
• Die PAT moet gedurende skoolure onder gekontroleerde
omstandighede gedoen word om afskryf te voorkom en slegs sekere
afdelings waar navorsing vereis word, kan as tuiswerk voltooi word.
• Gereelde lestye moet gedurende Toerisme-periodes toegeken word,
bv. 'n dubbel periode elke tweede week, namiddagklasse ens. sodat
leerders die PAT onder die leiding en toesig van die onderwyser kan
voltooi. 'n Onderwyser kan ook 'n week per kwartaal afbaken om die
PAT onder gekontroleerde omstandighede te voltooi.
• Daar word sterk aanbeveel dat die PAT-afdelings op 'n deurlopende
basis nagesien word om individuele vordering te monitor.
• Bewyse van voltooide afdelings van die PAT moet ten alle tye
gedurende die jaar in die klaskamer beskikbaar wees vir beide
interne en eksterne verifikasie- en moniteringsdoeleindes.
• Slegs template in die amptelike PAT-dokument verskaf, mag gebruik
word om die taak te standaardiseer. Onderwysers MAG NIE
template vir enige ander afdelings van die taak ontwikkel NIE.
2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser
Dit is die verantwoordelikheid van die onderwyser om te verseker dat alle
leerders beide fases van die PAT voltooi.
• Daar word van onderwysers verwag om 'n PAT-bestuursplan vir albei
fases van die PAT te ontwikkel. Die bestuursplan moet die onderrig,
assessering en kontrole van die PAT aandui. Hierdie plan moet aan die
begin van die jaar saamgestel word.
• Elke leerder moet 'n afskrif van die afdeling 'Instruksies aan Leerders' en
die template TOER03, TOER05, TOER06 en TOER07 ontvang.
• Dit is die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik, skool en die
Toerisme-onderwyser om die bronne te verskaf. Leerders kan ook
bykomende bronne op hulle eie raadpleeg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/PAT 2017
NSS
• Onderwysers moet op hulle eie navorsing doen en hulle eie
memorandums vir VRAAG 1, 2, 3.1, 3.2 en 4.3 opstel voordat hulle met
die PAT begin.
• Die onderwyser is in alle opsigte verantwoordelik vir die leiding en steun
van die leerder gedurende die taak.
• Die onderwyser MOET die assesseringsinstrumente, saam met hulle
nasienmemoranda, asook die nasionale nasienriglyn verskaf, gebruik om
nasienwerk te standaardiseer.
• Die PAT moet geassesseer en gekontroleer word en die egtheid daarvan
moet deur die onderwyser verklaar word voordat dit as die leerder se
bewys van prestasie ingedien word.
• Die onderwyser moet die Verklaring van Egtheid (TOER03) aan leerders
verskaf voor die finale inlewering van die PAT.
• Die onderwyser moet die nodige dokumentasie, soos deur die
Departement van Basiese Onderwys vereis, voltooi en/of onderteken:
1. PAT-puntestaat (Vorm TOER01)
2. Nasionale modereringsinstrument (TOER02) – vir gebruik gedurende
moderering
3. Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
4. Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
2.3 Moderering van die PAT (Intern en Ekstern)
Interne en eksterne moderering sal verseker dat daar aan die gehalte en
standaard van die praktiese assesseringstaak voldoen word, soos dit in
Afdeling 4 van die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring vir Toerisme
vervat is.
• Departementele amptenare sal leerders se PAT-portefeuljes willekeurig
kies.
• Moderering sal op verskillende vlakke gedoen word.
• Die modereringsinstrument (TOER02) verskaf, sal gebruik word om
nasien gedurende die volgende modereringsvlakke te standaardiseer:
Vlak 1: Interne moderering
Vlak 2: Groepsmoderering ('cluster moderation/PLC')
Vlak 3: Distriksmoderering
Vlak 4: Provinsiale moderering
Vlak 5: Nasionale moderering
Vlak 6: Umalusi-moderering
• Bewyse van die modereringsgeskiedenis op die verskillende vlakke moet
in die onderwyser se PAT-portefeulje geliasseer word.
• Vakhoofde, departementshoofde, skoolhoofde en vakadviseurs is
daarvoor verantwoordelik om volgehoue moderering van die PAT te
verseker.
• Die praktiese assesseringstaak sal deur die Departement van Basiese
Onderwys ekstern gemodereer word.
• Umalusi kan provinsies en skole identifiseer vir bykomende moderering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/PAT 2017
NSS
TOERISME
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
2017
INSTRUKSIES AAN LEERDERS
Naam van leerder: …………………………………………………….… Graad 12 …..
Naam van skool: ………………………………………………………………………….
Naam van onderwyser: ……………………………………………………..…………...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/PAT 2017
NSS
3. INSTRUKSIES AAN LEERDERS
3.1 Vereistes vir die PAT
• Die PAT is 'n verpligte komponent van die Nasionale Senior Sertifikaat-
eksamen. Leerders wat nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie, sal
nie uitslae vir Toerisme ontvang nie.
• Die PAT moet in twee fases (Fase 1 en Fase 2) gedoen word.
• Die PAT moet hoofsaaklik in skooltyd onder die toesig van die onderwyser
gedoen word. Slegs sekere gedeeltes soos navorsing kan as tuiswerk
voltooi word. Die hele PAT mag onder geen omstandighede tuis gedoen
word nie.
• Leerders word aangeraai om die assesseringsinstrument verskaf vir
verdere leiding oor wat in die vraag verwag word, te raadpleeg.
• Een van die PAT-doelwitte is om navorsingsvaardighede te ontwikkel.
Daarom is dit die leerder se verantwoordelikheid om soveel moontlik na te
vors en sodoende die leerproses te versterk.
• Die finale voltooide PAT vir beide Fase 1 en 2 moet in A4-grootte
saamgestel word en in die volgorde van die Instruksies aan Leerders
voorgelê/aangebied word.
• Punte word vir spelling, taalgebruik en algehele indruk van die PAT
toegeken.
• Die finale voltooide fases moet op die datums wat deur die onderwyser
bepaal is, ingelewer word.
• Die voltooide afdelings van die PAT moet by die skool vir
modereringsdoeleindes bewaar word.
3.2 Tydraamwerk
Om alle administratiewe prosesse betyds vir die uitslae te voltooi, moet
leerders streng hou by die tydraamwerke soos deur die onderwyser vasgestel.
Die tabel hieronder dui die tydraamwerk vir die inlewering van die 2017-
Toerisme-PAT aan.
AFDELING VAN DIE PAT VOLTOOIING
FASE 1 Laaste week in Mei 2017
FASE 2 Laaste week in Julie 2017
3.3 Afwesigheid/Nie-inlewering van die PAT
Beide leerders en ouers moet kennis neem dat die Toerisme-PAT 'n
noodsaaklike deel van die vak is. Indien die PAT vir graad 12 nie voltooi is nie
omdat die leerder sonder 'n geldige rede afwesig was, sal die leerder se uitslag
onvolledig wees.
Daarom is dit uiters belangrik dat die PAT-taak voltooi en ingelewer word op
die datums wat deur die onderwyser bepaal is.
3.4 Verklaring van Egtheid
Leerders moet 'n Verklaring van Egtheid-vorm (TOER03) tydens finale
inlewering van die PAT voltooi en onderteken. In hierdie verklaring bevestig die
leerder dat die Toerisme-PAT wat vir assessering ingelewer is, die leerder se
eie werk is. Die vorm word op die volgende bladsy gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/PAT 2017
NSS
LEERDER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER03)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
EKSAMENNOMMER:
GRAAD:
Ek verklaar hiermee dat ALLE ITEMS in hierdie portefeulje my eie, oorspronklike werk is en
dat waar ek van bronne gebruik gemaak het, ek die bronne erken het.
HANDTEKENING: LEERDER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring deur die leerder hierbo die waarheid en ek aanvaar
dat die werk wat ingelewer is, sy/haar eie is.
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/PAT 2017
NSS
3.5 Die praktiese assesseringstaak (PAT)
Toerisme
… op pad na 2020
INLEIDING
Die Nasionale Toerismesektor-strategie (NTSS) is in 2011 deur die Nasionale
Departement van Toerisme (NDT) ontwikkel en deur die Kabinet goedgekeur met die
visie om Suid-Afrika teen die jaar 2020 as 'n 'top 20 bestemming' te bevorder. Die
Nasionale Departement van Toerisme en Suid-Afrikaanse Toerisme (SAToerisme)
werk nou saam aan verskeie strategieë om hierdie visie te bereik.
Alhoewel die vorige Plaasliketoerisme-groeistrategie (DTGS) 'n mate van sukses
behaal het om plaaslike toerisme te bevorder, is meer gestruktureerde vennootskappe
met betrokke belanghebbendes nou nodig om die plaaslike toerismemark verder te
bevorder en toerisme in Suid-Afrika te ontwikkel.
[Aangepas uit: www.tourism.gov.za/.../domestic]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/PAT 2017
NSS
TOERISME – OP PAD NA 2020
In hierdie PAT sal daar van jou verwag word om:
• Navorsing te doen oor die reispatrone van Suid-Afrikaners
• Die Top 20-bestemmings waarmee Suid-Afrika moet wedywer, te ondersoek
• Die huidige status van plaaslike toerisme te ondersoek en aanbevelings te maak oor
hoe Suid-Afrika teen 2020 'n Top 20-bestemming kan word
• 'n Toerpakket te ontwikkel
VOORGESTELDE BRONNE VIR DIE NAVORSING
1. Wêreld- Ekonomiese Forum: Die Reis- & Toerisme-wedyweringsverslag 2015
2. Suid-Afrikaanse Toerisme Strategiese Verslag 2015–2020
3. Nasionale Toerismesektorstrategie (NDT – 24 Maart 2011)
4. Witskrif: Die Ontwikkeling En Bevordering Van Toerisme In Suid-Afrika (Mei 1996)
Suid-Afrikaanse Departement Van Omgewingsake En Toerisme
5. 2015 Toerismejaarverslag 6: Suid-Afrikaanse Toerisme – Strategiese Navorsings-
eenheid
NUTTIGE WEBTUISTES
www3.weforum.org/docs/TT15/WEF
www.gttpsa.org
www.gttp.org
www.toerisme.gov.za
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/PAT 2017
NSS
TOERISME – OP PAD NA 2020
FASE 1
VRAAG 1
1.1 VERMENIGVUDIGEREFFEK
Lees die Webjoernaal ('blog') oor die Vermenigvuldigereffek (TOER05).
Maak 'n lys van VYF maniere waarop die toerismebedryf tot die
vermenigvuldigereffek op die ekonomie van Suid-Afrika bydra. (5 x 2) (10)
1.2 DIE TOP 5-BESTEMMINGS IN DIE WÊRELD
Alle lande wil graag soveel moontlik toeriste lok as gevolg van die
vermenigvuldigereffek op die toerismebedryf.
Verwys na die Reis- en Toerisme-Wedyweringsindeks 2015 (TOER06) uit die
Wêreld- Ekonomiese Forum-verslag. Ondersoek die Top 5 bestemmings in
2015 soos deur die UNWTO geïdentifiseer, waarmee Suid-Afrika moet
meeding.
Verwys na die bekende wêreldikone en -besienswaardighede wat in die
graad 12-kurrikulum voorgeskryf word. Doen navorsing oor EEN ikoon uit elk
van die Top 5-bestemmings. (5 x 1)
Gee EEN beskrywing van elke ikoon. (5 x 1) (10)
VRAAG 2
2.1 DIE ONTWIKKELING EN BEVORDERING VAN TOERISME IN SUID-AFRIKA
(Bemarking)
Noem VYF verskillende maniere waarop SAToerisme toerisme-ontwikkeling
en groei in Suid-Afrika as 'n voorkeurbestemming op plaaslike en
internasionale vlak bevorder. (5 x 2) (10)
2.2 BELANGHEBBENDES
Teken 'n breinkaart op 'n A4-bladsy wat die funksies van die verskeie
belanghebbendes wat die ontwikkeling en bevordering van toerisme in Suid-
Afrika ondersteun, aandui.
Sluit die volgende belanghebbendes wat vennote in die ontwikkeling en
bevordering van toerisme in Suid-Afrika is, op die breinkaart in:
• Een voorbeeld uit die openbare sektor en een funksie
• Een voorbeeld uit die privaat sektor en een funksie
• Een voorbeeld van 'n semi-staatsinstelling en een funksie
• Een voorbeeld van 'n Toerismebedryf-vereniging en een funksie
• Een voorbeeld van 'n nie-regeringsorganisasie (NRO) en een funksie
(6 x 2) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/PAT 2017
NSS
2.3 UITDAGINGS
Verwys na die Witskrif oor die Ontwikkeling en Bevordering van Toerisme in
Suid-Afrika. Bespreek VIER uitdagings wat 'n invloed op plaaslike toerisme
het.
(4 x 2) (8)
VRAAG 3
3.1 SUID-AFRIKA SE TOERISMESTATISTIEKE EN REISPATRONE
Raadpleeg die 2015 jaarlikse statistieke oor plaaslike toerisme in Suid-Afrika
en dié van jou provinsie.
Teken die tabel hieronder oor en voltooi die statistieke oor plaaslike toerisme
in Suid-Afrika en jou provinsie ten opsigte van:
• Toeristeaankomste
• Lengte van verblyf
• Gemiddelde besteding
• Gewildste besienswaardighede/aktiwiteite
Bied jou inligting in 'n tabel aan, byvoorbeeld:
STATISTIEKE SUID-AFRIKA PROVINSIE
Toeristeaankomste
Lengte van verblyf
Gemiddelde besteding
Gewildste besienswaardighede/aktiwiteite (10)
3.2 DIE STATUS VAN TOERISME IN JOU PROVINSIE
Evalueer VYF redes vir die huidige status van toerisme in jou provinsie krities.
(5 x 2) (10)
3.3 OPNAME
Doen 'n opname om inligting bymekaar te maak oor die toerisme reispatrone
van 10 mense in jou plaaslike omgewing, bv. jou skool omgewing of jou
gemeenskap.
Gebruik die vraelys wat voorsien word (TOER07) om onderhoude te voer met
mense uit verskillende sosio-ekonomiese agtergronde en ouderdomsgroepe.
Onderhoude kan van aangesig tot aangesig, telefonies of elektronies gevoer
word.
Die kriteria:
• Getal mense waarmee onderhoude gevoer is 5
• Omvang van data-insameling 3
• Korrekte inligting 2
• Voltooing van die vraelyste 2
Sluit die 10 voltooide opnames by die PAT in. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/PAT 2017
NSS
3.4 VERSLAG
Stel 'n drieledige verslag saam oor die bevindinge van die opname wat
gedoen is.
3.4.1 Deel 1: Oorsig
Skryf 'n oorsig in 'n paragraaf van ongeveer 10 reëls oor die opnameproses.
Die paragraaf moet die volgende insluit:
• Wanneer?
• Waar?
• Wie?
• Hoe? (4)
3.4.2 Deel 2: Bevindinge
Gee die volgende inligting in 'n tabel:
• Getal mense wat gereis het
• Getal mense wat nie gereis het nie
• Algemeenste rede waarom daar gereis of nie gereis is nie
• Gewildste provinsie
• Gewildste aktiwiteit (5)
3.4.3 Deel 3: Terugskouing
• Gee die gevolgtrekking waartoe jy gekom het ten opsigte van die
reispatrone van die mense waarmee onderhoude gevoer is. (4)
• Gee 'n oorsig oor jou persoonlike ervaring van die opnameproses. (5)
Totaal Fase 1: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/PAT 2017
NSS
TOERISME – OP PAD NA 2020
FASE 2
VRAAG 4
4.1 ONTWIKKELING VAN DIE TOERPAKKET
Daar word nou van jou verwag om 'n vyf-dag-toerpakket vir jou provinsie te
ontwikkel wat gebaseer is op die bevindinge van jou opname in VRAAG 3.3.
Die pakket kan vir 'n individu of 'n groep ontwikkel word en moet gekies word
uit die 10 mense waarmee jy onderhoude gevoer het in jou provinsie.
Die toerpakket moet die profiel van die mense wat jy gekies het, weerspieël.
In 'n paragraaf, stel 'n gedetailleerde reisprogram vir elk van die vyf dae saam.
Die reisprogram moet die volgende inligting bevat:
• Vervoer
• Verblyf
• Etes
• Besienswaardighede/aktiwiteite/gebeure (ten minste twee per dag) (5 x 5)
Punte sal toegeken word vir:
• Naam van die toer (2)
• Insluiting van ten minste een georganiseerde of opsionele toer (2)
• Logiese roetebeplanning (2)
• Formaat van die vyf-dag-toer (3) (34)
4.2 KAARTWERK
Gebruik 'n skoon (leë) kaart van jou provinsie of van die plaaslike area van jou
toer.
Dui die volgende inligting op die kaart aan:
• 'n Sleutel ('legend') wat verblyf, besienswaardighede/gebeure en aktiwiteite
aandui (2)
• Skaal en windrigtings (2)
• Logiese roete van die vyf-dag-toer deur die reisrigting met pyltjies aan te
dui
(2)
• Afstande tussen besienswaardighede, aktiwiteite/gebeure en verblyf (2)
• Simbole vir verblyf, besienswaardighede/gebeure en aktiwiteite (1) (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/PAT 2017
NSS
4.3 BEGROTING
Hou jou kliënt/kliënte se profiel en jou reisprogram in gedagte en skat die
totale koste per persoon vir die toerpakket. (2)
Gee die uiteensetting van die totale koste van die toerpakket per persoon
per dag vir die vyf dae. (6)
Noem TWEE items wat NIE in die toerpakket ingesluit is NIE. (2)
Punte sal ook vir die volgende toegeken word:
• Realistiese bedrae vir elke item van die begroting (2)
• Insluiting van georganiseerde of opsionele toere (2)
4.4 BEMARKING
Ontwikkel 'n reuse advertensiebord ('billboard') vir jou toerpakket op 'n A4-
bladsy.
Punte sal vir die volgende toegeken word:
• Uitleg (2)
• Gepaste lettertipe ('font') (2)
• Taal wat jou toerpakket sal verkoop (2)
• Gebruik van kleur (2)
• Toepaslike foto's/prente (2) (10)
4.5 BEVORDER TOERISME-ONTWIKKELING IN JOU PROVINSIE
\ Voltooi die tabel hieronder en dui aan hoe jou toerpakket toerisme-
ontwikkeling in jou provinsie bevorder.
DOELWITTE VAN JOU TOERPAKKET EEN VOORBEELD UIT JOU
TOERPAKKET
Byvoorbeeld:
Werkskepping Die besoek van 'n kulturele
dorpie wat deur die plaaslike
mense bestuur word.
1 Verhoogde toeriste volumes
2 Verhoogde uitgawes
3 Geografiese verspreiding
4 Moedig 'n reiskultuur aan
5 Gebruik van plaaslike produkte en
dienste (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/PAT 2017
NSS
VRAAG 5
TERUGSKOUING
Verwys na die toerpakket wat in VRAAG 4.1 ontwikkel is en bespreek die
sterk- en swakpunte waarop jou toerpakket fokus. Gebruik die kriteria in
die tabel hieronder.
KRITERIA STERKPUNT SWAKPUNT
Byvoorbeeld:
Kommunikasie Wi-Fi-'hot spots' Datagebruik is steeds
baie duur in Suid-
Afrika
Vervoer
Verblyf
Kos
Besienswaardighede
Aktiwiteite/gebeure
Klimaat
Ondersteuningsdienste
byvoorbeeld finansiële
instellings (14)
VRAAG 6
BIBLIOGRAFIE
Sluit 'n bibliografie in van die verskeie bronne wat geraadpleeg is. (2)
VRAAG 7
INHOUDSOPGAWE
Ontwikkel 'n inhoudsopgawe vir vrae 1 tot 7 wat die korrekte volgorde van
die vrae en hulle ooreenstemmende bladsynommers aandui. (2)
VRAAG 8
FINALE AANBIEDING
Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou PAT saamstel:
• Stel jou PAT saam in die volgorde van die vrae (2)
• Maak seker van korrekte spelling en taalgebruik (2)
• Versker 'n goeie algemene indruk (1) (5)
TOTAAL VIR FASE 2: 100
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/PAT 2017
NSS
3.6 Assesseringsinstrument
Toerisme
… op pad na 2020
ASSESSERINGSINSTRUMENT
2017
Naam van leerder: …………………………………………………….… Graad 12 …..
Naam van skool: ………………………………………………………………….……….
Naam van onderwyser: …………………………………………………………………...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/PAT 2017
NSS
TOERISME – OP PAD NA 2020
ASSESSERINGSINSTRUMENT
FASE 1
Naam van Leerder: ………………………………………………..….….........Graad: ……
T = Onderwyser/M = Moderator
1. VERMENIGVUDIGEREFFEK 20 punte T M
1.1 VYF maniere waarop die toerismebedryf tot die vermenig-
vuldigereffek op die ekonomie van Suid-Afrika bydra, is
gegee.+ +++ (5 x 2) (10)
1.2 VYF ikone is gekies (EEN ikoon gedek in die graad 12-
kurrikulum vir elk van die Top 5-bestemmings)
(5 x 1)
en EEN beskrywing van elke ikoon. (5 x 1) (10)
2. DIE ONTWIKKELING EN BEVORDERING VAN T M
30 punte
TOERISME IN SUID-AFRIKA (Bemarking)
2.1 VYF verskillende maniere waarop SAToerisme toerisme-
ontwikkeling en groei in SA as 'n voorkeurbestemming op
plaaslike en internasionaal gebied bevorder, is gegee.
+ +++ (5 x 2) (10)
2.2 Belanghebbendes is op in die breinkaart ingesluit:
• Een voorbeeld uit die openbare sektor en een
funksie
• Een voorbeeld uit die privaatsektor en een funksie
• Een voorbeeld van 'n semi-staatsinstellingen een
funksie
• Een voorbeeld van 'n Toerismebedryf-vereniging en
een funksie
• Een voorbeeld van 'n nie-regeringsorganisasie (NGO)
en een funksie (5 x 2)
Die Breinkaart beeld die inligting op 'n kreatiewe en 'n
visuele manier uit.
(2) (12)
2.3 VIER uitdagings uit die Witskrif wat 'n invloed op plaaslike
toerisme het, is gegee.+ ++ (4 x
2) (8)
Assesseringsriglyne
2.1 Fokus op die verskillende MANIERE waarop Suid-Afrika bemark word en moenie
voorbeelde soos TV, INDABA ens. aanvaar nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/PAT 2017
NSS
3. SUID-AFRIKA SE TOERISMESTATISTIEKE EN 50 punte T M
REISPATRONE
3.1 Die tabel wat statistieke van toerisme in Suid-Afrika en
jou provinsie aandui, is voltooi.
STATISTIEKE OOR Suid-Afrika Provinsie
Toeristeaankomste
Lengte van verblyf
Gemiddelde besteding
Gewildste
besienswaardighede/
aktiwiteite (10)
3.2 VYF redes vir die huidige status van toerisme in jou
provinsie is krities geëvalueer.+ +++
(5 x 2) (10)
3.3 Opname sluit 10 voltooide vraelyste in.
Punte
Kriteria
(5)
5 4 3 2 1
Getal 10 mense 8–9 6–7 mense 4–5 mense Minder as 4
mense is ondervra mense is is ondervra is ondervra mense is
waarmee ondervra ondervra
onderhoude
gevoer is
Daar is 5 of Daar is 3–4 Daar is 1–2
meer antwoorde antwoorde
Omvang vir antwoorde aangedui aangedui
data aangedui wat wat
insameling wat verskillende verskillende
verskillende keuses toon keuses toon
keuses toon (3)
Inligting Antwoorde
verskaf verskaf is nie
Korrekte ondersoek genoeg
inligting die vraag in inligting vir
detail en is ontleding nie
duidelik (2)
. Alle vereiste Inligting is
Voltooiing van inligting is slegs
vraelyste voltooi gedeeltelik
voltooi (2)
(12)
3.4 'n Drieledige verslag oor die bevindinge van die opname wat gedoen is T M
3.4.1 Deel 1: Oorsig
Oorsig oor die opnameproses is ingesluit
• Wanneer
• Waar
• Wie
• Hoe (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/PAT 2017
NSS
3.4.2 Deel 2: Bevindinge
Die tabel sluit in:
• Getal mense wat gereis het
• Getal mense wat nie gereis het nie
• Algemeenste rede waarom daar gereis is, of nie
• Gewildste provinsie
• Gewildste aktiwiteit (5)
3.4.3 Deel 3: Terugskouing
Twee geldige samevattings wat uit die bevindinge voortvloei en
wat uitstekende insig van reispatrone toon, is gegee. (4)
Insiggewende terugskouing toon leerervaring en
uitdagings. (5)
Totaal Fase 1: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/PAT 2017
NSS
TOERISME – OP PAD NA 2020
ASSESSERINGSINSTRUMENT
FASE 2
Naam van Leerder: ………………………………………………..…...........Graad: ……
T = Onderwyser/M = Moderator
4. ONTWIKKELING VAN DIE TOER
4.1 DIE TOERPAKKET 34 punte T M
'n Gedetailleerde vyf-dag-reisprogram vir die toeriste is saamgestel en die volgende
inligting is verskaf:
Dag 1: 5 punte
Vervoer: Vervoer is ingesluit (1)
Verblyf: Verblyf is ingesluit (1)
Etes: Etes is ingesluit (1)
Besienswaardighede/aktiwiteite/ TWEE besienswaardighede/
gebeure: aktiwiteite/gebeure is ingesluit (2)
Dag 2: 5 punte
Vervoer: Vervoer is ingesluit (1)
Verblyf: Verblyf is ingesluit (1)
Etes: Etes is ingesluit (1)
Besienswaardighede/aktiwiteite/ TWEE besienswaardighede/
gebeure: aktiwiteite/gebeure is ingesluit (2)
Dag 3: 5 punte
Vervoer: Vervoer is ingesluit (1)
Verblyf : Verblyf is ingesluit (1)
Etes: Etes is ingesluit (1)
Besienswaardighede/aktiwiteite/ TWEE besienswaardighede/
gebeure: aktiwiteite/gebeure is ingesluit (2)
Dag 4: 5 punte
Vervoer: Vervoer is ingesluit (1)
Verblyf : Verblyf is ingesluit (1)
Etes: Etes is ingesluit (1)
Besienswaardighede/aktiwiteite/ TWEE besienswaardighede/
gebeure: aktiwiteite/gebeure is ingesluit (2)
Dag 5: 5 punte
Vervoer: Vervoer is ingesluit (1)
Verblyf: Verblyf is ingesluit (1)
Etes: Etes is ingesluit (1)
Besienswaardighede/aktiwiteite/ TWEE besienswaardighede/
gebeure: aktiwiteite/gebeure is ingesluit (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/PAT 2017
NSS
Reisprogram (vervolg) 9 punte
Naam van die toerpakket: Gepaste naam vir die toerpakket (2)
Georganiseerde of opsionele Georganiseerde of opsionele toere
toere: is by die vyf-dag-reisprogram ingesluit (2)
Logiese roetebeplanning: Logiese roetebeplanning is gebruik (2)
Formaat van die vyf-dag- Paragraafformaat is gebruik
reisprogram: Naam van dag is gegee, bv. Dag 1 (3)
Assesseringsriglyne
LET WEL: Waar moontlik, fokus op die uniekheid van jou omgewing/provinsie.
4.2 KAARTWERK 9 punte T M
Die kaart is voltooi en die volgende inligting is op die kaart aangedui:
'n Sleutel wat verblyfinstellings, besienswaardighede en
gebeure/aktiwiteite aandui, is geskep (2)
Skaal en windrigtings is duidelik aangedui (2)
Logiese roete van die vyf-dag-toer met rigtingspyltjies is duidelik
op die kaart aangedui. (2)
Afstande tussen besienswaardighede, aktiwiteite/gebeure en
verblyf is duidelike op die kaart aangedui. (2)
Simbole uit die sleutel is korrek op die kaart aangedui (1)
Assesseringsriglyne
Logiese roetebeplanning moet duidelik aangedui wees.
Die sleutel moet verblyf, besienswaardighede en gebeure/aktiwiteite aandui. Die
sleutel moet simbole met bypassende byskrifte bevat. Die simbole moet op die kaart
aangedui word.
Afstande moet met behulp van afstandsaanduiders op die kaart aangedui word.
4.3 BEGROTING 14 punte T M
'n Skatting van die totale koste van die toerpakket per persoon
is gegee. (2)
'n Uiteensetting van die totale koste van die toerpakket per
persoon per dag vir vyf dae is gegee. (6)
TWEE items wat nie in die toerpakket ingesluit is nie, is
genoem. (2)
Realistiese bedrae vir elke item van die begroting is
gegee. (2)
Georganiseerde of opsionele toere is ingesluit. (2)
Assesseringsriglyne
Items wat in die begroting ingesluit is, moet met die reisprogram ooreenstem.
Vir onvoorsiene uitgawes mag leerders voorbeelde soos sakgeld, mediese
uitgawes, fooitjies ens. gee.
Die geskatte koste moet realisties wees en gebaseer wees op die reisprogram
en die profiel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/PAT 2017
NSS
4.4 BEMARKING 10 punte T M
'n Reuse advertensiebord ('billboard') is vir die toerpakket op 'n A4-
bladsy ontwikkel.
Punte word toegeken vir:
• Uitleg
• Toepaslike lettertipe ('font')
• Taal wat jou toerpakket sal verkoop
• Gebruik van kleur
• Toepaslike foto's/prente (5 x 2)
Assesseringsriglyne
Die uitleg toon goeie advertensietegnieke in die gebruik van die oppervlak. Dit
mag nie te vol wees nie.
Die lettertipe moet van ver af duidelik sigbaar wees.
Goeie emotiewe (oorredende) taalgebruik.
Foto's/prente wat gebruik word, moet by die toerpakket pas.
4.5 BEVORDER TOERISME ONTWIKKELING IN JOU 10 punte T M
PROVINSIE
'n Tabel is voltooi wat aandui hoe die toerpakket toerisme in jou provinsie
bevorder.
DOELWITTE VAN DIE EEN VOORBEELD UIT DIE
TOERPAKKET TOERPAKKET
Verhoogde toeristevolumes
Verhoogde uitgawes
Geografiese verspreiding
Moedig 'n reiskultuur aan
Plaaslike toerismeprodukte en
-dienste (10)
Assesseringsriglyne
Elk van die voorbeelde moet pas by die doelwitte wat gegee is. Voorbeelde moet
uit die kandidaat se PAT geneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 24 DBE/PAT 2017
NSS
5. TERUGSKOUING 14 punte T M
Sterk- en swakpunte van die area waarop die toerpakket fokus, is genoem volgens
die kriteria in die tabel.
KRITERIA STERKPUNT SWAKPUNT
Vervoer
Verblyf
Kos
Besienswaardighede
Aktiwiteite/gebeure
Klimaat
Ondersteuningsdienste (14)
Assesseringsriglyne
Logiese en geldige sterk- en swakpunte moet genoem word.
Die kriterion 'ander' kan ander aspekte buiten die genoemde kriteria insluit,
byvoorbeeld 'n unieke vervoermetode, ligging, kultuur ensovoorts.
6. BIBLIOGRAFIE 2 punte T M
'n Bibliografie met verskeie bronne is op die laaste bladsy
ingesluit. (2)
7. INHOUDSOPGAWE 2 punte T M
Die inhoudsopgawe dui die korrekte volgorde vir VRAAG 1 tot
7 en hulle ooreenstemmende bladsynommers aan. (2)
8. FINALE AANBIEDING 5 punte T M
Die PAT is saamgestel in die volgorde van die vrae. (2)
Korrekte spelling en taalgebruik (2)
Algehele indruk (1)
TOTAAL FASE 2: 100
TOTALE PUNTE VIR DIE PAT T M
PUNTE VIR FASE 1: 100 PUNTE
PUNTE VIR FASE 2: 100 PUNTE
GROOTTOTAAL: 200 PUNTE
HANDTEKENING VAN HANDTEKENING VAN
ONDERWYSER MODERATOR
DATUM: DATUM:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 25 DBE/PAT 2017
NSS
4. BRONNELYS
4.1 PAT-puntestaat (TOER01)
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
4.5 Webjoernaal ('blog') oor die Vermenigvuldigereffek (TOER05)
4.6 Die Reis- en Toerisme-wedyweringsindeks 2015 (TOER06)
4.7 Opnamevraelys (TOER07)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 26 DBE/PAT 2017
NSS
4.1 PAT puntestaat (TOER01) 2017
SKOOLSTEMPEL
&
HANDTEKENING
van
SKOOLHOOF
PAT-PUNTESTAAT
(TOER01)
Skool:
Onderwyser:
NAAM VAN LEERDER
Voorbeeld: Tambo, Johannes, CP
Laaste 3 syfers
Gemodereerde
van eksamen-
nommer FASE 1 FASE 2 TOTAAL punt
(Nie per klas – noem ALLE leerders alfabeties)
100 100 200 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
ONDERWYSER: DATUM:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 27 DBE/PAT 2017
NSS
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
NASIONALE PAT-MODERERINGSINSTRUMENT VIR TOERISME
(TOER02)
PROVINSIE
DISTRIK
NAAM VAN SENTRUM
ONDERWYSER
MODERATOR
MODERERINGSDATUM &
-VLAK
PAT-MODERERING
100
NAME VAN GESELEKTEERDE KANDIDATE O M
1.
2.
3.
4.
5.
6.
TOTAAL
GEMIDDELD VAN STEEKPROEF = (Totaal ÷ getal kandidate gekies)
GEMIDDELDE VERSKIL (%)
O = Onderwyser en M = Moderator
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 28 DBE/PAT 2017
NSS
MONITERINGSAFDELING JA NEE KOMMENTAAR
1. ONDERWYSER
Die PAT-riglyne sowel as die
onderwysermemo is beskikbaar.
Amptelike puntestate is voltooi, geteken,
gestempel en ingesluit.
Alle leerders het 'n punt vir fase 1 en 2
Indien geen punte vir fase 1 of fase 2
nie, is geldige bewyse/redes ingesluit.
Alle punte is korrek opgetel, herlei,
aangeteken en oorgedra.
Verklaringsvorm is geteken.
2. LEERDER-PAT-BEWYSE
Verklaringsvorm is geteken.
Fase 1 en 2 is met die toepaslike
assesseringsinstrument geassesseer.
Alle punte is korrek opgetel, herlei,
aangeteken en oorgedra.
3. MODERERINGSPROSES
Daar is by die modereringsdatum
gehou.
Alle leerders se lêers is beskikbaar soos
gekies.
Was daar enige onreëlmatige aktiwiteite
gedurende die modereringsproses?
Moderering is gedoen volgens nasionale
beleid en -riglyne.
4. KWALITEIT EN STANDAARD VAN DIE PAT
Gebaseer op die waarnemings gedurende die modereringsessie en die moderering van
die bewyse verskaf, is die kwaliteit en standaard van die PAT:
Uitstaande Aanvaarbaar Gedeeltelik Onaanvaarbaar
aanvaarbaar
UITSLAG VAN BEVINDINGE:
1. Gebaseer op die steekproef wat gemodereer is, word die punte aanvaar
as geldig, regverdig en betroubaar sonder enige aanpassings.
2. Gebaseer op die voorbeelde wat gemodereer is, moet die PAT weer
voorgelê word.
3. Gebaseer op die voorbeelde wat gemodereer is, is die punte soos volg aangepas:
Opwaarts aangepas Afwaarts aangepas
(Dui % aan) (Dui % aan)
OPMERKINGS
Handtekening: Onderwyser: Provinsiale moderator :
Vakadviseur: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 29 DBE/PAT 2017
NSS
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
LEERDER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER03)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
EKSAMENNOMMER:
GRAAD:
Ek verklaar hiermee dat ALLE ITEMS wat in hierdie portefeulje ingesluit is, my eie,
oorspronklike werk is en dat waar ek enige bron gebruik het, ek erkenning gegee het.
HANDTEKENING: LEERDER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring deur die leerder hierbo waar en ek aanvaar dat die
werk wat ingelewer is, sy/haar eie is.
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 30 DBE/PAT 2017
NSS
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
ONDERWYSER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER04)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN ONDERWYSER:
Ek verklaar hiermee dat:
• Ek alles in my vermoë gedoen het om te verseker dat leerders voldoen aan die
instruksies soos dit in die PAT-dokument uiteengesit is.
• Ek genoegsame navorsingsmateriaal vir die leerders beskikbaar gestel het.
• Ek leerders deur die PAT-proses ondersteun en gelei het.
• Alle items wat in hierdie portefeulje vervat is deur my nagesien is.
• Die punte wat aan leerders toegeken is en op die puntestaat oorgedra is, geldig en
regverdig is.
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring hierbo deur die onderwyser die waarheid.
HANDTEKENING: SKOOLHOOF DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 31 DBE/PAT 2017
NSS
DIE VERMENIGVULDIGEREFFEK (TOER05)
WEBJOERNAAL ('BLOG') OOR DIE VERMENIGVULDIGEREFFEK (TOER05)
http://geographyfieldwork.com/TouristMultiplier.htm
Toerisme skep nie net werk in die tersiêre sektor nie, dit moedig ook groei in die primêre
en sekondêre sektore van die bedryf aan. Dit staan bekend as die vermenigvuldigereffek,
wat in sy eenvoudigste vorm aandui hoeveel keer geld wat deur 'n toeris spandeer word,
deur 'n land se ekonomie sirkuleer.
Indiensneming
Een van die maklikste voordele om te identifiseer is die werksgeleenthede wat deur
toerisme geskep word. Dit sluit posisies met direkte invloed soos toergidse, hotelpersoneel,
busdienste en restaurante in. Wat wonderlik is van al hierdie besighede, is dat hulle nie net
lone aan hulle personeel betaal nie, maar ook goedere en produkte plaaslik aankoop, wat
'n hupstoot aan die plaaslike bedryf gee. Wat wonderlik van toerisme is, is dat die
ondersteunende nywerhede soos kleinhandel en voedselproduksie ook baat vind, maar dit
is nie so voor die hand liggend vir die ongeoefende oog nie, aangesien dit meestal agter
die skerms gebeur.
Verhoogde besteding in die plaaslike gemeenskap
Dit kom tweeledig. Eerstens kry jy die geld wat direk deur toeriste in die ekonomie
gespandeer word. Nie net op toerisme nie, maar op 'n groot verskeidenheid basiese
menslike behoeftes wat aangekoop moet word, soos kos, klere, haarkappersdienste,
mediese dienste en vervoerbehoeftes wat bevredig moet word, asook aandenkings en
vermaak. Benewens wat deur toeriste, beide besighede en individue, bestee word, word
dikwels weer in die plaaslike ekonomie gestort. So meer geld word plaaslik verdien danksy
toerisme, wat dan ook in die plaaslike ekonomie gespandeer word. Dit is die rede waarom
daar dikwels gesê word toerisme-inkomste het 'n vermenigvuldigereffek, omdat 'n groot
persentasie van toerisme-inkomste wat verdien word, weer en weer in die ekonomie
teruggeploeg word. Dit is die vermenigvuldigereffek. Hoe meer toerisme-inkomste, , hoe
groter is die ekonomiese voordeel vir almal.
Diversifikasie
Benewens die voordele wat dit vir 'n ekonomie inhou, stel dit ook 'n ekonomie in staat om
'n nuwe vorm van inkomste te ontwikkel. Dit dien as 'n versekeringspolis in moeilike tye,
want die bykomende geld wat instroom, kan help om tradisionele nywerhede te ondersteun
as hulle onder finansiële druk kom. Dit is veral belangrik vir gemeenskappe wat van 'n
enkele bedryf afhanklik is, of waar daar 'n konsentrasie van nywerhede is wat skadelik vir
die omgewing is soos mynbou of vervaardiging. Dit is ook belangrik vir landelike
gemeenskappe, waar daar 'n beduidende risiko is vir boerderytoestande en globale
kommoditeitspryse. Toerisme stel 'n gemeenskap in staat om hulle inkomstebronne te
diversifiseer en minder op 'n enkele bedryf staat te maak.
Infrastruktuur
Die bykomende inkomste wat in 'n gemeenskap invloei, bevoordeel ook die plaaslike raad
of regerings. Dit beteken meer geld, wat dit moontlik maak om openbare projekte van
stapel te stuur of te ontwikkel. Dit beteken dat die infrastruktuur verbeter, nuwe paaie word
gebou, parke word ontwikkel en openbare ruimtes word verbeter. Beter fasiliteite bring
meer besoekers, en is 'n wonderlike voordeel vir plaaslike inwoners, veral wanneer daar
genoeg inkomste is om nuwe lughawens, skole en hospitale te bou, wat almal ekonomiese
ontwikkeling ondersteun en nog verder uitbou. Sonder goeie infrastruktuur is die vloei van
goedere en dienste onmoontlik, en toerisme-inkomste maak die ondersteuning hiervan
moontlik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 32 DBE/PAT 2017
NSS
Maatskaplike/Sosiale voordele
Benewens die inkomste, is daar ook wonderlike kulturele voordele van toerisme. Dit kan 'n
bron van trots vir plaaslike gemeenskappe wees, en laat hulle toe om na hul geskiedenis
en kulturele erfenis te kyk om hulle eie gemeenskapsidentiteit te ontwikkel. Dit help die
plaaslike gemeenskap om hulle tradisies en kultuur te handhaaf, terwyl dit ook aan al die
besoekers vertoon word. Hierdie voordeel van toerisme het al baie plaaslike erfenisterreine
van vernietiging gered, en het toeriste 'n wonderlike insig in die plaaslike lewenswyse
gegee. Toerisme kan help om die geskiedenis van 'n streek te bewaar wat andersins
verlore sou gaan.
Voordele vir die omgewing
Baie toeroperateurs onderskei hulleself van hulle eweknieë deur toere en pakkette aan te
bied met 'n omgewingstema en deur die bewaring van die plaaslike omgewing te
ondersteun. Dit help die omgewing om die toestroming van toeriste te hanteer en om 'n
goeie reputasie vir die toeroperateur op te bou. As 'n reisiger, onthou om die plekke wat jy
besoek, te respekteer en altyd laat dit altyd in die toestand waarin jy dit gevind het.
Geleenthede
Om toeriste in 'n gemeenskap in te bring, gee dit nuwe lewe en skep geleenthede vir
entrepreneurs om nuwe dienste, produkte of fasiliteite wat nie volhoubaar sou wees op
grond van slegs die plaaslike inwoners nie, te vestig. Toeriste is almal potensiële kliënte,
en kan met die regte benadering geteiken word in 'n sakestrategie wat fantastiese sukses
tot gevolg kan hê.
Aangepas uit : https://blog.udemy.com/advantages-of-tourism/
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 33 DBE/PAT 2017
NSS
TOER06
DIE REIS- & TOERISME-WEDYWERINGSINDEKS 2015
(TOER06)
Rang- Land/Ekonomie Waarde
orde
1 Spanje 5,31
2 Frankryk 5,24
3 Duitsland 5,22
4 Verenigde State 5,12
5 Verenigde Koninkryk 5,12
6 Switserland 4,99
7 Australië 4,98
8 Italië 4,98
9 Japan 4,94
10 Kanada 4,92
11 Singapoer 4,86
12 Oostenryk 4,82
13 Hong Kong 4,68
14 Nederland 4,67
15 Portugal 4,64
16 Nieu-Seeland 4,64
17 China 4,54
18 Ysland 4,54
19 Ierland 4,53
20 Noorweë 4,52
21 België 4,51
22 Finland 4,47
23 Swede 4,45
24 Verenigde Arabiese Emirate 4,43
25 Maleisië 4,41
26 Luxemburg 4,38
27 Denemarke 4,38
28 Brasilië 4,37
29 Republiek van Korea 4,37
30 Meksiko 4,36
31 Griekeland 4,36
32 Taiwan 4,35
33 Kroasië 4,30
34 Panama 4,28
35 Thailand 4,26
36 Ciprus 4,25
37 Tsjeggiese Republiek 4,22
38 Estonië 4,22
39 Slowenië 4,17
40 Malta 4,16
41 Hongarye 4,14
42 Costa Rica 4,10
43 Katar 4,09
44 Turkye 4,08
45 Russiese Federasie 4,08
46 Barbados 4,08
47 Pole 4,08
48 Suid-Afrika 4,08
Tabel1: Die Reis- & Toerisme-wedyweringsindeks 2015 Rangorde
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 34 DBE/PAT 2017
NSS
GRAAD 12 TOERISME PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
OPNAMEVRAELYS 2017 (TOER07)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
Naam van persoon waarmee
onderhoud gevoer is
Ouderdom
Nasionaliteit
Beroep
1. Hoe gereeld het jy in die laaste twee jaar gereis?
2. Waarheen het jy gereis? (Merk met 'n X) Plaaslik Internasionaal
3. Wat was die rede vir reis, of nie?
4.1 As jy 'n keuse gehad het om te reis, waarheen sou jy in jou provinsie reis?
4.2 Gee EEN rede vir jou keuse.
4.3 Noem TWEE aktiwiteite waaraan jy sou wou deelneem by die bestemming wat
jy in Vraag 4.1. gekies het.
4.4 Gee EEN rede vir jou keuse in Vraag 4.3.
Handtekening van Leerder Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 35 DBE/PAT 2017
NSS
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat
wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis,
vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook
betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar
buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede
en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Tourism.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)
Related documents
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e6f5b4f-9123-4c68-9a5f-2d6a15462663/v1-6a20ca7ed4db537dc566/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Tourism

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper