Downloaded from hlayiso.com
TOERISME
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
(HERSIEN)
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 







%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)



View all





Tourism PAT GR 12 2020 Afr (Hersien)
Grade 12 Tourism practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download.
Tourism · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 26
- File size
- 924.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 26
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 4
2.1 Administrasie van die PAT 4
2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje 4
2.1.2 Bestuur van die PAT 4
2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser 5
2.3 Moderering van die PAT (intern en ekstern) 5
3. RIGLYNE VIR LEERDERS 6
3.1 Vereistes van die PAT 7
3.2 Inleweringsdatum 7
3.3 Afwesigheid/Nie-inlewering van die PAT 7
3.4 Verklaring van Egtheid 7
3.5 Die praktiese assesseringstaak (PAT) 8
3.6 Assesseringsinstrument 13
4. HULPBRONNELYS 15
4.1 2020-PAT-puntestaat (TOER01) 16
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02) 17
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03) 20
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04) 21
4.5 E-pos-templaat (TOER05) 22
4.6 Meesterplan-templaat (TOER06) 23
4.7 Templaat vir 'n PAT-bestuursplan (TOER07) 24
4.8 Riglyne vir onderwysers oor hoe om die PAT-vrae te benader (TOER08) 25
5. GEVOLGTREKKING 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke (KABV) wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel
25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die
eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of
'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied aan
leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te
word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus
belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne
die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle
uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Die doelwitte van die Toerisme-PAT is om:
Volhoubare toerisme in Suid-Afrika te ondersteun.
Regeringsinisiatiewe te ondersteun wat volhoubare toerisme in Suid-Afrika bevorder
met die visie om die lewensgehalte van Suid-Afrikaanse burgers te verbeter
Kritiese denke en kognitiewe buigbaarheid te bevorder
Probleemoplossingsvaardighede by leerders in te skerp
Navorsings- en kommunikasievaardighede te ontwikkel
Taal oor die kurrikulum te bevorder
Lees met begrip te bevorder
'n Toerisme-kultuur by millennials te ontwikkel as belanghebbendes om toerisme in
Suid-Afrika volhoubaar te maak
Digitale- en sosialemedia-vaardighede te ontwikkel
Finansiële bestuursvaardighede te ontwikkel
Die ontwikkeling van die kunste te bevorder
Oorspronklikheid en kreatiwiteit/ontwerpvaardighede te bevorder
Bewustheid te ontwikkel van nuwe ontwikkelings in die Suid-Afrikaanse
toerismebedryf
Voorsiening te maak vir veelvuldige leervermoëns
Vak-integrasie te fasiliteer
Die 2020-PAT is ontwerp in ooreenstemming met die pedagogiese praktyke van die 4IR.
Vaardighede wat deur die 2020-PAT ontwikkel word:
Komplekse probleemoplossingsvaardighede en kritiese denkvaardighede
Kreatiwiteit
Emosionele intelligensie
Beoordeling en besluitneming
Diensleweringoriëntasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS
2.1 Administrasie van die PAT
2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje
Daar word van elke onderwyser verwag om 'n PAT-portefeulje saam te stel wat die
volgende bevat:
Voorblad wat die naam van die skool, die onderwyser, die vak en die jaar van
assessering bevat
PAT-bestuursplan in ooreenstemming met die 2020 Jaarlikse Bestuursplan
(JBP/'ATP') (Hersien)
Die PAT-dokument vir die jaar van assessering
Nasienriglyne wat deur die onderwyser ontwikkel is
Amptelike PAT-puntestaat (TOER01)
Bewyse van alle vlakke van moderering (modereringsverslae)
Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
2.1.2 Bestuur van die PAT
Die PAT (Hersien) is die enigste amptelike praktiese eksamen vir graad 12-Toerisme-
leerders in 2020. Hierdie PAT mag onder geen omstandighede met enige ander
praktiese eksamentaak vervang word nie.
Daar word aanbeveel dat mediasie van die PAT met betrekking tot die
implementering daarvan deur die provinsie/distrik gedoen word. Dit sal
standaardisering van die PAT verseker.
Die Toerisme-PAT is na VIER vrae verkort. Die nasien van die VIER vrae moet teen
28 Augustus 2020 voltooi wees.
Die PAT is 'n verpligte komponent van die finale eksterne eksamen vir Toerisme.
Daar word van elke leerder verwag om sy/haar eie PAT onder leiding van die
onderwyser te ontwikkel en in te lewer.
Geen gedeelte van hierdie amptelike 2020 Toerisme-PAT-dokument mag oorgetik,
geredigeer of verander word nie. Die Nasionale Departement van Basiese
Onderwys (DBE) se logo mag NIE deur enige ander logo vervang word NIE.
Die PAT moet gedurende skoolure onder gekontroleerde omstandighede gedoen
word om afskryf te voorkom en slegs die vrae waar navorsing vereis word, kan as
tuiswerk voltooi word.
Tyd moet gedurende Toerisme-periodes ingeruim word sodat leerders die PAT
onder die leiding en toesig van die onderwyser kan voltooi.
Daar word sterk aanbeveel dat die PAT-vrae op 'n deurlopende basis nagesien
word om individuele vordering te monitor.
Bewyse van voltooide vrae van die PAT moet te alle tye gedurende die jaar in die
klaskamer beskikbaar wees vir beide interne en eksterne verifikasie- en
moniteringsdoeleindes.
Slegs template wat in hierdie amptelike PAT-dokument verskaf word, mag gebruik
word om die taak te standaardiseer. Onderwysers MAG NIE template vir enige
ander vrae van die taak ontwikkel NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser
Dit is die provinsie en die distrikte se verantwoordelikheid om te verseker dat graad 12-
onderwysers die nodige hulpbronne het om die suksesvolle voltooiing van die PAT te
verseker. Dit is die onderwyser se verantwoordelikheid om te verseker dat alle leerders
VRAAG 1 tot 4 van die PAT voltooi.
Onderwysers moet 'n PAT-bestuursplan (TOER07) vir VRAAG 1 tot 4 voltooi om
die tydlyn vir die voltooïng van die PAT aan te dui.
Elke leerder moet 'n afskrif van die volgende bladsye van die PAT-dokument
ontvang:
- Instruksies aan Leerders (bladsy 6 tot 12)
- Assesseringsinstrument: Rubrieke (bladsy 13 tot 15)
- TOER03, TOER05 and TOER06
Dit is die provinsie, distrik, skool en die Toerisme-onderwyser se
verantwoordelikheid om die hulpbronne te verskaf. Leerders kan ook self
bykomende bronne raadpleeg.
Die onderwyser is verantwoordelik vir leiding en steun aan die leerder regdeur die
taak.
Die onderwyser MOET die Assesseringsinstrument: Rubrieke gebruik om elke PAT
individueel te assesseer. Die PAT moet deur die onderwyser geassesseer en
gekontroleer word en hy/sy moet die egtheid daarvan verklaar voordat dit as die
leerder se bewys van prestasie aangebied word.
Onderwysers moet die Verklaring van Egtheid (TOER03) voor die finale inlewering
van die PAT aan die leerders verskaf.
Die onderwyser moet die nodige dokumentasie voltooi en onderteken, soos deur die
DBE vereis word:
1. Amptelike puntestaat (TOER01)
2. Nasionale modereringsinstrument (TOER02) – vir gebruik tydens moderering
3. Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
4. Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
2.3 Moderering van die PAT (intern en ekstern)
Interne en eksterne moderering sal verseker dat daar aan die gehalte en standaard van
die PAT voldoen word, soos dit in Afdeling 4 van die Kurrikulum- en Assesserings-
beleidverklaring vir Toerisme vervat is.
Departementele beamptes sal leerders se PAT-portefeuljes willekeurig kies.
Moderering sal op verskillende vlakke gedoen word.
Die modereringsinstrument (TOER02) wat verskaf is, sal gebruik word om nasien
gedurende die volgende modereringsvlakke te standaardiseer:
Vlak 1: Interne moderering
Vlak 2: Groepsmoderering ('cluster'/'PLC')
Vlak 3: Distriksmoderering
Vlak 4: Provinsiale moderering
Vlak 5: Nasionale moderering
Vlak 6: Umalusi-moderering
Bewyse van die modereringsgeskiedenis op die verskillende vlakke moet in die
onderwyser se PAT-portefeulje geliasseer word.
Vakhoofde, departementshoofde, skoolhoofde en vakadviseurs is daarvoor
verantwoordelik om volgehoue moderering van die PAT te verseker.
Die PAT sal ekstern deur die DBE gemodereer word.
Umalusi kan provinsies en skole vir bykomende moderering identifiseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
TOERISME
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
(HERSIEN)
INSTRUKSIES AAN LEERDERS
2020
Naam van leerder: …………………………………………………….… Graad 12 ____
Naam van skool: ……………………………………………………….
Naam van onderwyser: ……………………………………………………...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3. RIGLYNE VIR LEERDERS
3.1 Vereistes van die PAT
Die PAT is 'n verpligte komponent van die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen.
Leerders wat nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie, sal nie uitslae vir
Toerisme ontvang nie.
Die PAT bestaan uit VIER vrae.
Die PAT moet hoofsaaklik gedurende skoolure onder die toesig van die
onderwyser gedoen word. Slegs sekere vrae, soos navorsing, kan as tuiswerk
voltooi word. Die hele PAT mag onder geen omstandighede tuis voltooi word nie.
Leerders word aangeraai om die assesseringsinstrument wat verskaf is, te
raadpleeg vir verdere leiding oor wat in die vraag verwag word.
Een van die PAT-doelwitte is om navorsingsvaardighede te ontwikkel. Daarom is dit
die leerder se verantwoordelikheid om soveel as moontlik na te vors en sodoende
die leerproses te versterk.
Die finale voltooide PAT (VRAAG 1 tot 4) moet in A4-grootte saamgestel word en in
die volgorde van die vrae aangebied word.
Die finale voltooide PAT moet op die datum wat deur die onderwyser bepaal is,
ingelewer word.
Die voltooide vrae van die PAT moet by die skool vir modereringsdoeleindes
bewaar word.
3.2 Inleweringsdatum
Om alle administratiewe prosesse betyds vir eksterne moderering te voltooi, moet
leerders streng by die inleweringsdatum van 21 Augustus 2020 hou.
3.3 Afwesigheid/Nie-inlewering van die PAT
Beide leerders en ouers moet daarvan kennis neem dat die PAT 'n noodsaaklike deel
van die vak is. Indien die PAT nie voltooi word nie omdat die leerder sonder 'n geldige
rede afwesig was, sal die leerder se uitslag 'onvolledig' wees.
Daarom is dit uiters belangrik dat die PAT op die bepaalde datum voltooi en ingelewer
word.
3.4 Verklaring van Egtheid
Leerders moet 'n Verklaring van Egtheid-vorm (TOER03) met die finale inlewering van
die PAT voltooi en onderteken. In hierdie verklaring bevestig die leerder dat die
Toerisme- PAT wat vir assessering ingelewer is, die leerder se eie werk is.
Die vorm (TOER03) sal deur die onderwyser voorsien word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3.5 Die praktiese assesseringstaak (PAT)
# MMC
MEGA MUSIEK-
KONSERT
SCENARIO
#MMC
Jy is die organiseerder van #MMC, 'n Mega Musiekkonsert wat in jou provinsie gehou gaan
word. Jou funksieorganiseringsmaatskappy het 'n gewilde Suid-Afrikaanse of internasionale
kunstenaar/orkes genooi om in 'n lokaal (venue) op te tree wat 5 000 of meer konsertgangers
kan akkommodeer.
Om die sukses van 'n funksie te verseker, moet gedetailleerde beplanning en voorbereiding
voor die funksie gedoen word. Daarom moet 'n bemarkingstrategie, 'n meesterplan
(uitrolplan), 'n organogram (personeelstruktuur) en ‘n risikofaktor-ontleding gereed wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
INSTRUKSIES
1. As hooforganiseerder word daar van jou verwag om 'n A4-beplanningsportefeulje vir
die funksie saam te stel. Jy moet VRAAG 1 tot 4 vir die pre-funksiebeplanning voltooi.
2. Die portefeulje moet ook 'n voorblad, inhoudsopgawebladsy en 'n bibliografie bevat.
3. Jou antwoorde moet volgens die vrae aangebied word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
VRAAG 1: KOMMUNIKASIE
Jy het reeds 'n kunstenaar/orkes genooi om by die Mega Musiekkonsert, wat jy organiseer, op
te tree.
Gebruik die templaat (TOER05) om 'n e-pos aan die agent van die kunstenaar/orkes te skryf
en Cc ander betrokke belanghebbendes om die inligting hieronder te bevestig.
Datum en tyd
Lokaal (Venue)
Vlug- en akkommodasiebesonderhede
Verwagte aantal konsertgangers [10]
VRAAG 2: KONSERTLOKAAL (-VENUE)
Doen navorsing en kies 'n gepaste lokaal (venue) vir die konsert in jou provinsie.
Bespreek die geskiktheid van die gekose lokaal (venue). Gebruik al NEGE elemente in die
infografika hieronder as subopskrifte in jou bespreking.
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
VRAAG 3: BEMARKING
Ontwerp 'n advertensie om vir aanlyn bemarking op enige sosialemedia-platform vir die funksie
te gebruik.
Jou advertensie moet die volgende insluit:
Handelsmerkbeeld ('Brand image') (Ontwerp jou eie vir jou funksie.)
Prent van die kunstenaar/groep wat gaan optree
Kaartjiepryse
Besprekingsinligting
Lokaal (Venue)/datum en tyd [15]
VRAAG 4: PRE-FUNKSIEBEPLANNING
Om die sukses van 'n funksie te verseker, moet gedetailleerde beplanning en voorbereiding
voor die funksie gedoen word. Daarom moet 'n meesterplan (uitrolplan), 'n organogram
(personeelstruktuur) en 'n risikofaktor-ontleding gereed wees.
Voorbeeld van 'n organogram – SAToerisme 2018:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.1 Gebruik die templaat (TOER06) wat voorsien is en voltooi die meesterplan vir die
beplanning van die funksie. Sluit die elemente in wat hieronder gegee word.
lisensieregte; post-funksiebestuur; personeel;
bespreking van die lokaal (venue); toestemmingsregte; vloerplan;
vergaderings en onderhandelings; kaartjieverkope; advertensies (30)
4.2 Ontwikkel 'n eenvoudige organogram wat die struktuur van jou span wat vir die reël
van die funksie verantwoordelik is, aandui. (10)
4.3 As die hooforganiseerder moet jy jou personeel oplei oor moontlike risikofaktore en
hoe hulle dit moet hanteer.
Kies enige DRIE scenario's hieronder en bespreek hoe ELKE faktor aangepak moet
word om die risiko op te los.
Stormloop
Finansiële ongerymdhede
Stadige kaartjieverkope
Konsertganger gly op trappe en word
beseer
Kragonderbreking tydens die funksie (15)
[55]
TOTAAL : 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
ASSESSERINGSINSTRUMENT
Naam van Leerder: ……….....………………………………………..….…….........Graad: ……
VRAAG 1: KOMMUNIKASIE [10]
Kriteria 0 1– 4 5–7 8–10 O M
Skryf 'n Kon nie aan een Voldoen aan Voldoen aan Voldoen aan al
e-pos aan die van die kriteria twee of minder drie of vier van die kriteria
kunstenaar/ voldoen nie van die kriteria die kriteria
orkes se Het nie probeer
agent om die e-pos te
skryf nie
VRAAG 2: KONSERTLOKAAL (VENUE) [20]
Kriteria 0 1–5 6–10 11–15 16–20 O M
Navorsing Het geen Vier of Vyf tot ses Sewe tot Al die
oor die navorsing minder elemente nege elemente
lokaal gedoen nie, elemente rakende die elemente rakende die
(venue) of rakende die lokaal is rakende die lokaal is
besprekings lokaal is bespreek lokaal is bespreek
het nie met bespreek bespreek
die lokaal
verband
gehou nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
VRAAG 3: BEMARKING [15]
Elemente 0 1–3 4–7 8–11 12–15 O M
Aanlyn Het nie Twee of Drie of Vier of Al die
advertensies probeer om minder van minder van minder van elemente is
die aanlyn die die die by die
advertensie elemente is elemente is elemente is advertensie
te ontwerp by die by die by die ingesluit
nie advertensie advertensie advertensie
ingesluit ingesluit ingesluit
VRAAG 4: PRE-FUNKSIEBEPLANNING [55]
VRAAG 4.1: Meesterplan (30)
Aksie 0 1–9 10–15 16–18 19–23 24–30 O M
Ontwikkeling Het nie Twee of Vier of Ses of Agt of Al die
van die probeer minder minder minder minder aksies is
meesterplan om die van die van die van die aksies is in die
meester- aksies is aksies is aksies is in die meester-
plan te in die in die in die meester- plan
ontwikkel meester- meester- meester- plan ingesluit
nie plan plan plan ingesluit
ingesluit ingesluit ingesluit
VRAAG 4.2: Organogram (10)
Kriteria 0 1–4 5–7 8–10 O M
Organogram Het nie 'n 'n Organogram- 'n Organogram- Goed
organogram formaat word formaat word ontwikkelde,
ontwikkel nie gebruik gebruik voltooide
Twee of minder Vyf of minder organogram met
personeellede is personeellede is al die betrokke
ingesluit ingesluit personeel
Organogram nie ingesluit
volledig voltooi
nie
VRAAG 4.3: Risikofaktore (15)
Risiko- 0 1–6 7–11 12–15 O M
faktore
Risiko- Geen Een of minder Twee of minder Alle risikofaktore
bestuur risikofaktore is risikofaktor is risikofaktore is is opgelos
opgelos nie opgelos opgelos
O M
TOTAAL [100]
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER HANDTEKENING VAN MODERATOR
DATUM: DATUM:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4. HULPBRONNELYS
4.1 PAT-puntestaat (TOER01)
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
4.5 E-pos-templaat (TOER05)
4.6 Meesterplan-templaat (TOER06)
4.7 Templaat vir 'n PAT-bestuursplan (TOER07)
4.8 Riglyne vir onderwysers oor hoe om die PAT-vrae te benader (TOER08)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.1 2020 PAT-puntestaat (TOER01)
SKOOLSTEMPEL
&
HANDTEKENING
VAN
SKOOLHOOF
2020-PAT-PUNTESTAAT (TOER01)
Skool:
Onderwyser:
NAAM VAN LEERDER
Gemodereerde punt Gemodereerde punt
Voorbeeld: Tambo, Johannes, CP
TOTAAL
VRAAG 1-4
(Intern) (Ekstern)
(Nie per klas nie – lys ALLE leerders alfabeties)
100 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
ONDERWYSER: DATUM:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
AFMERKLYS of X
Skoolmoderering
Diagnostiese ontleding
PAT-bestuursplan
Vlakke van moderering
Opmerkings:
NASIONALE PAT-MODERERINGSINSTRUMENT VIR TOERISME
(TOER02)
PROVINSIE
DISTRIK
NAAM VAN SENTRUM
ONDERWYSER
MODERATOR
MODERERINGSDATUM & -VLAK
PAT-MODERERING
100
NAME VAN GESELEKTEERDE KANDIDATE O M
1.
2.
3.
4.
5.
6.
TOTAAL
GEMIDDELD VAN STEEKPROEF = (Totaal ÷ getal geselekteerde
kandidate)
GEMIDDELDE VERSKIL (%)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
MONITERINGSAFDELING JA NEE KOMMENTAAR
1. ONDERWYSER
Die PAT-riglyne is beskikbaar.
Die onderwyser se nasienriglyne is
beskikbaar.
Amptelike puntestate:
Voltooi en geteken
Gestempel
SASAMS ingesluit
Alle leerders het 'n punt vir
VRAAG 1 tot 4
Alle punte is korrek opgetel, verwerk,
aangeteken en oorgedra.
Verklaringsvorm is geteken.
2. LEERDER SE PAT-BEWYSE
Verklaringsvorm is geteken.
VRAAG 1 tot 4 is met die toepaslike
assesseringsinstrument geassesseer.
Alle punte is korrek:
Opgetel
Aangeteken
Oorgedra
3. MODERERINGSPROSES
Daar is by die modereringsdatum
gehou.
Alle leerders se boeke/lêers is
beskikbaar soos gekies. Getal boeke/lêers: _____
Was daar enige onreëlmatige aktiwiteite
gedurende die modereringsproses?
Moderering is gedoen volgens nasionale
beleid en riglyne.
4. GEHALTE EN STANDAARD VAN DIE PAT
Gebaseer op die waarnemings gedurende die modereringsessie en die moderering van
die bewyse verskaf, blyk die gehalte en standaard van die PAT:
Uitstaande Aanvaarbaar Gedeeltelik aanvaarbaar Onaanvaarbaar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
UITSLAG VAN BEVINDINGE:
1. Gebaseer op die steekproef wat gemodereer is, word die punte
aanvaar as geldig, regverdig en betroubaar sonder enige
aanpassings.
2. Gebaseer op die steekproef wat gemodereer is, moet die PAT weer
voorgelê word.
3. Gebaseer op die steekproef wat gemodereer is, is die punte soos volg
aangepas:
Opwaarts Afwaarts
aangepas aangepas
(Dui % aan) (Dui % aan)
KOMMENTAAR
Handtekening: Onderwyser: Moderator:
Vakadviseur: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
LEERDER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER03)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
EKSAMENNOMMER:
GRAAD:
Ek verklaar hiermee dat ALLE ITEMS wat in hierdie portefeulje ingesluit is, my eie,
oorspronklike werk is en dat waar ek enige hulpbron gebruik het, ek erkenning gegee het.
HANDTEKENING: LEERDER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring deur die leerder hierbo die waarheid en ek aanvaar
dat die werk wat ingelewer is, sy/haar eie is.
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
ONDERWYSER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER04)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN ONDERWYSER:
Ek verklaar hiermee dat:
Ek alles in my vermoë gedoen het om te verseker dat leerders voldoen aan die
instruksies soos dit in die PAT-dokument uiteengesit is
Ek genoegsame navorsingsinligting aan die leerders beskikbaar gestel het
Ek leerders regdeur die PAT-proses ondersteun en gelei het
Alle items wat in hierdie portefeulje vervat is, deur my nagesien is
Die punte wat aan leerders toegeken is en op die puntestaat oorgedra is, geldig en
regverdig is
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring hierbo deur die onderwyser die waarheid.
HANDTEKENING: SKOOLHOOF DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.5 E-pos-templaat (TOER05)
Nuwe Boodskap
Aan
Onderwerp
Stuur
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme
Downloaded from hlayiso.com
24 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.6 Meesterplan-templaat (TOER06)
AKSIE VERANTWOORDELIKHEID TYDRAAMWERKE UITVOERING
(Wie doen dit?) (Wanneer moet dit gedoen wees?) (Hoe word dit gedoen?)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 25 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.7 Templaat vir 'n PAT-bestuursplan (TOER07)
TEMPLAAT VIR 'N BESTUURSPLAN VIR DIE VOLTOOIING VAN DIE GRAAD 12-TOERISME-PAT
Moet deur elke onderwyser voltooi word en in die onderwyser se PAT-portefeulje geliasseer word.
Naam van skool:
Naam van onderwyser: LOGO VAN SKOOL HIER
Naam van departementshoof/
vakhoof
AKTIWITEIT BENADERING VERANTWOOR-
2020 DELIKHEID
1–5 Junie Deel die vereiste bladsye van Bladsye wat aan leerders
die PAT aan elke leerder uit uitgedeel moet word: 6 tot 15
Ontwikkel ‘n hulpbronpakket saam met die vorms TOER03,
om met die navorsing van die TOER05 en TOER06 (Leerders
vrae te help moet op 'n klaslys teken om Toerisme-
Stel leerders aan die PAT ontvangs hiervan te bevestig.)
onderwyser
bekend Stel die leerders aan die PAT
Voltooi die bestuursplan vir bekend (Gebruik die
die PAT deur die templaat PowerPoint-aanbieding waar
(TOER07) wat verskaf word, moontlik.) Gebruik TEN MINSTE
te gebruik drie periodes vir inleiding.
8–12 Junie
15–19 Junie
22–26 Junie
29 Junie–
3 Julie
6–10 Julie
13–17 Julie
20–24 Julie
27–31 Julie SKOOLVAKANSIE
3–7 Aug.
11–14 Aug.
17–21 Aug.
21 Aug. 2020 PAT moet vir nasien ingelewer word
Leerder
28 Aug. Nasien en interne moderering van Distrik-/ Provinsiale/Nasionale
die PAT is voltooi moderering
HANDTEKENING: HANDTEKENING:
VAKHOOF SKOOLHOOF
en/of HOD
Datum: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 26 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4.8 Riglyne vir onderwysers oor hoe om die PAT-vrae te benader (TOER08)
Hierdie riglyn is SLEGS VIR ONDERWYSERS bedoel.
Bekendstelling van die PAT aan die leerders:
Spandeer genoeg tyd aan die bekendstelling van die PAT.
Dit is belangrik dat leerders verstaan wat die organisasie van 'n konsert behels.
1. Voorsien die templaat TOER05 aan leerders.
Bespreek die formaat van 'n e-pos en vestig leerders se aandag daarop om alle relevante
inligting in 'n e-pos in te sluit.
2. Onderwysers moet elke element wat die infografika bevat, met hul leerders bespreek.
Verwys na gevallestudies wat in vorige gebeure gebruik is.
3. Moenie aanvaar dat alle leerders bewus is van aanlyn advertensies en hoe dit op sosiale
media gebruik word nie.
Gee aan leerders voorbeelde van aanlyn advertensies van musiekkonserte.
4.1 Gee aan leerders die templaat TOER06.
Lei leerders deur elke vereiste van die templaat en gee 'n voorbeeld.
Bespreek elke element van die meesterplan.
4.2 Gee aan leerders voorbeelde van organogramme.
Bespreek die doel en hiërargie wat met 'n organogram geassosieer word.
Beklemtoon verskillende rolle van spanlede in die organisering van 'n funksie van hierdie
omvang.
Die PAT-dokument moet in die volgorde van die vrae verpak word. 'n Netjiese, interessante en
kleurvolle voorblad sal 'n goeie indruk skep.
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om
hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en
uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se
lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings
betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Tourism.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)
Related documents

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Tourism

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper