Downloaded from hlayiso.com
TOERISME
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 36 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 







%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)



View all





Tourism PAT GR 12 2020 Afr
Grade 12 Tourism practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 36 pages. Read online or get the free PDF download.
Tourism · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 36 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 36
- File size
- 1.0 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 36
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/PAT 2020
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 4
2.1 Administrasie van die PAT 4
2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje 4
2.1.2 Bestuur van die PAT 4
2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser 5
2.3 Moderering van die PAT (intern en ekstern) 5
3. RIGLYNE VIR LEERDERS 6
3.1 Vereistes van die PAT 7
3.2 Tydraamwerk 7
3.3 Afwesigheid/Nie-inlewering van die PAT 7
3.4 Verklaring van Egtheid 7
3.5 Die praktiese assesseringstaak (PAT) 8
3.6 Assesseringsinstrument 16
4. HULPBRONNELYS 22
4.1 Amptelike PAT-puntestaat (TOER01) 23
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02) 24
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03) 27
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04) 28
4.5 E-pos-templaat (TOER05) 29
4.6 Meesterplan-templaat (TOER06) 30
4.7 Toerbegrotingstemplaat (TOER07) 31
4.8 Voorbeeld van 'n PAT-bestuursplan (TOER08) 32
4.9 Riglyne vir onderwysers oor hoe om die PAT-vrae te benader (TOER09) 35
5. GEVOLGTREKKING 36
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/PAT 2020
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke (KABV) wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en
tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word
oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak.
Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die
skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van
vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer
kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die
praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering
van die PAT verskil van vak tot vak.
Die doelwitte van die Toerisme-PAT is om:
Volhoubare toerisme in Suid-Afrika te ondersteun.
Regeringsinisiatiewe te ondersteun wat volhoubare toerisme in Suid-Afrika
bevorder met die visie om die lewensgehalte van Suid-Afrikaanse burgers te
verbeter
Kritiese denke en kognitiewe buigbaarheid te bevorder
Probleemoplossingsvaardighede by leerders in te skerp
Navorsings- en kommunikasievaardighede te ontwikkel
Taal oor die kurrikulum te bevorder
Lees met begrip te bevorder
'n Toerisme-kultuur by millennials te ontwikkel as belanghebbendes om toerisme
in Suid-Afrika volhoubaar te maak
Digitale en sosialemedia-vaardighede te ontwikkel
Finansiële bestuursvaardighede te ontwikkel
Die ontwikkeling van die kunste te bevorder
Oorspronklikheid en kreatiwiteit/ontwerpvaardighede te bevorder
Bewustheid te ontwikkel van nuwe ontwikkelings in Suid-Afrika se toerismebedryf
Voorsiening te maak vir veelvuldige leervermoëns
Vak-integrasie te fasiliteer
Die 2020-PAT is ontwerp in ooreenstemming met die pedagogiese praktyke van die 4IR.
Vaardighede wat deur die 2020-PAT ontwikkel word:
Komplekse probleemoplossingsvaardighede en kritiese denkvaardighede
Kreatiwiteit
Emosionele intelligensie
Beoordeling en besluitneming
Diensleweringoriëntasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/PAT 2020
NSS
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS
2.1 Administrasie van die PAT
2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje
Daar word van elke onderwyser verwag om 'n PAT-portefeulje saam te stel wat die
volgende bevat:
Voorblad wat die naam van die skool, die onderwyser, die vak en die jaar van
assessering bevat
PAT-bestuursplan
Die PAT-dokument vir die jaar van assessering
Nasienriglyne wat deur die onderwyser ontwikkel is
Amptelike PAT-puntestaat (TOER01)
Bewyse van alle vlakke van moderering (modereringsverslae)
Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
2.1.2 Bestuur van die PAT
Hierdie praktiese assesseringstaak is die enigste amptelike praktiese eksamen vir
graad 12-Toerisme-leerders in 2020. Die PAT mag onder geen omstandighede met
enige ander praktiese assesseringstaak vervang word nie.
Daar word aanbeveel dat die onderwyser deur die provinsie/distrik opgelei word in
die implementering en mediasie van die PAT. Dit sal standaardisering van die PAT
verseker.
Die Toerisme-PAT het TWEE fases. Die nasien van Fase 1 moet teen die middel
van Junie 2020 voltooi wees en Fase 2 teen die einde van Augustus 2020.
Die PAT is 'n verpligte komponent van die finale eksterne eksamen vir Toerisme.
Daar word van elke leerder verwag om sy/haar eie PAT te ontwikkel en in te lewer
onder leiding van die onderwyser.
Geen gedeelte van die amptelike Toerisme 2020-PAT-dokument mag oorgetik,
geredigeer of verander word nie. Die Nasionale Departement van Basiese
Onderwys se logo mag NIE deur enige ander logo vervang word NIE.
Die PAT moet gedurende skoolure onder gekontroleerde omstandighede gedoen
word om afskryf te voorkom en slegs sekere afdelings waar navorsing vereis word,
kan as tuiswerk voltooi word.
Gereelde lestye moet gedurende Toerisme-periodes toegeken word, bv. 'n dubbel-
periode elke tweede week, namiddagklasse, ens. sodat leerders die PAT onder die
leiding en toesig van die onderwyser kan voltooi. 'n Onderwyser kan ook 'n week
per kwartaal afbaken om die PAT onder gekontroleerde omstandighede te voltooi.
Daar word sterk aanbeveel dat die PAT-afdelings op 'n deurlopende basis nagesien
word om individuele vordering te monitor.
Bewyse van voltooide afdelings van die PAT moet te alle tye gedurende die jaar in
die klaskamer beskikbaar wees vir beide interne en eksterne verifikasie- en
moniteringsdoeleindes.
Slegs template wat in die amptelike PAT-dokument verskaf word, mag gebruik word
om die taak te standaardiseer. Onderwysers MAG NIE template vir enige ander
afdelings van die taak ontwikkel NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/PAT 2020
NSS
2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser
Dit is die provinsie en die distrikte se verantwoordelikheid om te verseker dat graad 12-
onderwysers die nodige hulpbronne het om die suksesvolle voltooiing van die PAT te
verseker. Dit is die onderwyser se verantwoordelikheid om te verseker dat alle leerders
beide fases van die PAT voltooi.
Onderwysers moet 'n PAT-bestuursplan vir albei fases van die PAT ontwikkel. Die
bestuursplan moet die onderrig, assessering en kontrole van die PAT weergee.
Hierdie plan moet aan die begin van die jaar saamgestel word.
Elke leerder moet 'n afskrif van die volgende afdelings van die PAT-dokument
ontvang:
- Instruksies aan Leerders (bladsy 8 tot 15)
- Assesseringsinstrument: Rubrieke (bladsy 16 tot 21)
- TOER03, TOER05, TOER06 en TOER07
Dit is die provinsie, distrik, skool en die Toerisme-onderwyser se
verantwoordelikheid om die bronne te verskaf. Leerders kan ook self bykomende
bronne raadpleeg.
Die onderwyser is verantwoordelik vir leiding en steun aan die leerder regdeur die
taak.
Die onderwyser MOET die Assesseringsinstrument: Rubrieke gebruik om elke PAT
individueel te assesseer. Die PAT moet deur die onderwyser geassesseer en
gekontroleer word en hy/sy moet die egtheid daarvan verklaar voordat dit as die
leerder se bewys van prestasie aangebied word.
Onderwysers moet die Verklaring van Egtheid (TOER03) voor die finale inlewering
van die PAT aan die leerders verskaf.
Die onderwyser moet die nodige dokumentasie voltooi en onderteken, soos deur die
Nasionale Departement van Basiese Onderwys vereis word:
1. Amptelike puntestaat (TOER01)
2. Nasionale modereringsinstrument (TOER02) – vir gebruik tydens moderering
3. Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
4. Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
2.3 Moderering van die PAT (intern en ekstern)
Interne en eksterne moderering sal verseker dat daar aan die gehalte en standaard van
die PAT voldoen word, soos dit in Afdeling 4 van die Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidverklaring vir Toerisme vervat is.
Departementele amptenare sal leerders se PAT-portefeuljes willekeurig kies.
Moderering sal op verskillende vlakke gedoen word.
Die modereringsinstrument (TOER02) verskaf, sal gebruik word om nasien
gedurende die volgende modereringsvlakke te standaardiseer:
Vlak 1: Interne moderering
Vlak 2: Groepsmoderering ('cluster'/'PLC')
Vlak 3: Distriksmoderering
Vlak 4: Provinsiale moderering
Vlak 5: Nasionale moderering
Vlak 6: Umalusi-moderering
Bewyse van die modereringsgeskiedenis op die verskillende vlakke moet in die
onderwyser se PAT-portefeulje geliasseer word.
Vakhoofde, departementshoofde, skoolhoofde en vakadviseurs is daarvoor
verantwoordelik om volgehoue moderering van die PAT te verseker.
Die PAT sal ekstern deur die Nasionale Departement van Basiese Onderwys
gemodereer word.
Umalusi kan provinsies en skole vir bykomende moderering identifiseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/PAT 2020
NSS
TOERISME
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
INSTRUKSIES AAN LEERDERS
2020
Naam van leerder: …………………………………………………….… Graad 12 ____
Naam van skool: ……………………………………………………….
Naam van onderwyser: ……………………………………………………...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/PAT 2020
NSS
3. RIGLYNE VIR LEERDERS
3.1 Vereistes van die PAT
Die PAT is 'n verpligte komponent van die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen.
Leerders wat nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie, sal nie uitslae vir
Toerisme ontvang nie.
Die PAT moet in twee fases (Fase 1 en Fase 2) gedoen word.
Die PAT moet hoofsaaklik gedurende skooltyd onder die toesig van die
onderwyser gedoen word. Slegs sekere gedeeltes, soos navorsing, kan as tuiswerk
voltooi word. Die hele PAT mag onder geen omstandighede tuis gedoen word nie.
Leerders word aangeraai om die assesseringsinstrument wat verskaf is, te
raadpleeg vir verdere leiding oor wat in die vraag verwag word.
Een van die PAT-doelwitte is om navorsingsvaardighede te ontwikkel. Daarom is dit
die leerder se verantwoordelikheid om soveel as moontlik na te vors en sodoende
die leerproses te versterk.
Die finale voltooide PAT vir beide Fase 1 en 2 moet in A4-grootte saamgestel word
en in die volgorde van die vrae aan leerders aangebied word.
Die finale voltooide fases moet op die datums wat deur die onderwyser bepaal is,
ingelewer word.
Die voltooide afdelings van die PAT moet by die skool vir modereringsdoeleindes
bewaar word.
3.2 Tydraamwerk
Om alle administratiewe prosesse betyds vir die uitslae te voltooi, moet leerders streng
hou by die tydraamwerke soos deur die onderwyser vasgestel.
Die tabel hieronder dui die tydraamwerk vir die inlewering van die Toerisme-PAT vir
2020 aan.
AFDELING VAN DIE PAT VOLTOOIING
FASE 1 Laaste week in Mei 2020
FASE 2 Laaste week in Julie 2020
3.3 Afwesigheid/Nie-inlewering van die PAT
Beide leerders en ouers moet daarvan kennis neem dat die PAT 'n noodsaaklike deel
van die vak is. Indien die PAT nie voltooi is nie omdat die leerder sonder 'n geldige rede
afwesig was, sal die leerder se uitslag 'onvolledig' wees.
Daarom is dit uiters belangrik dat die PAT-taak voltooi en ingelewer word op die datums
wat deur die onderwyser bepaal is.
3.4 Verklaring van Egtheid
Leerders moet 'n Verklaring van Egtheid-vorm (TOER03) tydens finale inlewering van
die PAT voltooi en onderteken. In hierdie verklaring bevestig die leerder dat die
Toerisme-PAT wat vir assessering ingelewer is, die leerder se eie werk is.
Die vorm (TOER03) sal deur die onderwyser voorsien word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/PAT 2020
NSS
3.5 Die praktiese assesseringstaak (PAT)
# MMC
MEGA MUSIEK-
KONSERT
SCENARIO
#MMC
Jy is die organiseerder van #MMC, 'n Mega Musiekkonsert wat in jou provinsie gehou gaan
word. Jou funksieorganiseringsmaatskappy het 'n gewilde Suid-Afrikaanse of internasionale
kunstenaar/orkes genooi om in 'n lokaal (venue) op te tree wat 5 000 of meer konsertgangers
kan akkommodeer.
Om die sukses van 'n funksie te verseker, moet gedetailleerde beplanning en voorbereiding
voor die funksie gedoen word. Daarom moet, onder meer, 'n bemarkingstrategie, 'n
meesterplan (uitrolplan), 'n organogram (personeelstruktuur), 'n risiko-faktorontleding,
volhoubaarheidsriglyne en 'n funksieverslag gereed wees.
Daar word ook van jou verwag om 'n 3-dag-post-konserttoer vir die kunstenaar/orkes en hulle
span te reël wat hulle aan die vernaamste toeristebesienswaardighede in jou provinsie sal
blootstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/PAT 2020
NSS
INSTRUKSIES
1. As hooforganiseerder word daar van jou verwag om 'n A4-beplanningsportefeulje vir
die funksie saam te stel. Jy moet VRAAG 1 tot 10 vir die pre- en post-funksiebeplanning
voltooi.
2. Die portefeulje moet ook 'n voorblad, inhoudsopgawebladsy en 'n bibliografie bevat.
3. Jou antwoorde moet in TWEE fases volgens die vrae in elke fase aangebied word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/PAT 2020
NSS
FASE 1
VRAAG 1: KOMMUNIKASIE
Jy het reeds 'n kunstenaar/orkes genooi om by die Mega Musiekkonsert, wat jy organiseer, op
te tree.
Gebruik templaat (TOER05) om 'n e-pos aan die agent van die kunstenaar/orkes te skryf en
Cc ander betrokke belanghebbendes om die inligting hieronder te bevestig.
Datum en tyd
Lokaal (Venue)
Vlug- en akkommodasiebesonderhede
Verwagte aantal konsertgangers [10]
VRAAG 2: KONSERTLOKAAL (-VENUE)
Doen navorsing en kies 'n gepaste lokaal (venue) vir die konsert in jou provinsie.
Bespreek die geskiktheid van die gekose lokaal (venue). Gebruik al die elemente in die
infografika hieronder as subopskrifte vir jou bespreking.
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/PAT 2020
NSS
VRAAG 3: BEMARKING
Ontwerp 'n advertensie vir aanlyn bemarking om op enige sosialemedia-platform vir die funksie
te gebruik.
Jou funksie moet die volgende insluit:
Handelsmerkbeeld ('Brand image') (Ontwerp jou eie vir jou funksie.)
Prent van die kunstenaar/groep wat gaan optree
Kaartjiepryse
Besprekingsinligting
Lokaal (Venue)/datum en tyd [15]
VRAAG 4: PRE-FUNKSIEBEPLANNING
Om die sukses van 'n funksie te verseker moet gedetailleerde beplanning en voorbereiding
voor die funksie gedoen word. Daarom moet 'n meesterplan (uitrolplan), 'n organogram
(personeelstruktuur) en 'n risikofaktorontleding gereed wees.
Voorbeeld van 'n organogram – SAToerisme 2018:
4.1 Gebruik die templaat (TOER06) wat voorsien is en voltooi die meesterplan vir die
beplanning van die funksie. Sluit die elemente in wat hieronder gegee word.
lisensieregte; post-funksiebestuur; personeel;
bespreking van die lokaal (venue); toestemmingsregte; vloerplan;
vergaderings en onderhandelings; kaartjieverkope; advertensies (30)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/PAT 2020
NSS
4.2 Ontwikkel 'n eenvoudige organogram wat die struktuur van jou span wat vir die reël
van die funksie verantwoordelik is, aandui. (10)
4.3 As die hooforganiseerder moet jy jou personeel oplei oor moontlike risikofaktore en
hoe hulle dit moet hanteer.
Kies enige DRIE scenario's hieronder en bespreek hoe ELKE faktor aangepak moet
word om die risiko op te los.
Stormloop
Finansiële ongerymdhede
Stadige kaartjieverkope
Konsertgangers gly op trappe en
word beseer
Kragonderbreking gedurende die
funksie (15)
[55]
TOTAAL FASE 1: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/PAT 2020
NSS
FASE 2
VRAAG 5: VOLHOUBAARHEID 'ROCK'
Gee jou Mega Musiekkonsert 'n klein omgewingsvoetspoor.
5.1 'n Volhoubare funksie is 'n funksie wat ontwerp, georganiseer en geïmplementeer
word op 'n manier wat potensiële negatiewe impakte tot die minimum beperk en 'n
gunstige nalatenskap vir die gasheergemeenskap en almal wat daarby betrokke is,
laat.
Ontwikkel volhoubare riglyne vir jou konsert.
Teken die onderstaande tabel oor en gee TWEE antwoorde vir elke opskrif.
RIGLYNE VIR VOLHOUBAARHEID
Rommelstrooi/Beheer van plastiekbottels
1
2
Energiebesparing
3
4
Bestuur van water
5
6
Verminder vervoer-koolstofvoetspoor
7
8
Aankoop van plaaslike goedere en dienste
9
10 (10)
5.2 Die organisering van 'n megafunksie moenie slegs 'n positiewe nalatenskap vir die
natuurlike omgewing laat nie, maar moet ook die plaaslike gemeenskap bevoordeel.
Doen navorsing oor plaaslike KMMO's ('SMMEs') in jou provinsie.
Identifiseer VYF KMMO's wat die volgende produkte/dienste sal verskaf en verduidelik
hoe gemeenskapslede by ELK van hierdie KMMO's betrokke is.
Kos, drankies en versnaperings
T-hemde en aandenkings ('souvenirs')
Sekuriteit
Plekaanwysers
Kortvervoer ('Transfer')/Vervoer (15)
BRONNE
Volhoubare konserte en die driedubbele slotreël:
www.huffpost/entry/jack-johnson-greening-concert
Inhabitat.com/music-festival-and-events-can-set-the-stage-for-sustainability (15)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/PAT 2020
NSS
VRAAG 6: KONSERTBOEKIE
By die meeste konserte kan konsertgangers 'n boekie koop of kry wat meer inligting gee oor die
kunstenaar/orkes en die program. Dit bevat gewoonlik 'n programbladsy in die middel met 'n lys
van die musiek wat gespeel gaan word.
Ontwerp 'n boekie wat by die konsert beskikbaar sal wees, met die volgende inligting oor die
kunstenaar/orkes:
Biografie van die kunstenaar/orkes
Profiel van die kunstenaar/orkes (Wat is hulle belangstellings? Dit sal help met die
ontwikkeling van die post-konsert-toerreisprogram)
Toekennings of hoogtepunte vir die kunstenaar/orkes
Grootste treffers van die kunstenaar/orkes
Onthou dat die ontwerp en uitleg van die boekie die soort konsert moet weerspieël. [20]
VRAAG 7: POST-KONSERTTOER-REISPROGRAM
Na afloop van die konsert sal die toerisme-owerheid in jou provinsie die kunstenaars en hulle
span op 'n 3-dag-toer neem.
Ontwikkel 'n reisprogram vir die toerpakket vir drie dae namens die toerisme-owerheid wat die
kunstenaar/orkes en hulle span in staat stel om van die vernaamste besienswaardighede in jou
provinsie te ervaar. 'n Luukse toerbus sal vir die 3-dag-tydperk gebruik word. Hulle sal in 5-ster-
akkommodasie tuisgaan en alle maaltye word voorsien.
3-dag-toerpakket
Aankomsdag Vertrekdag
Dag 1 Dag 2 Dag 3
LET WEL: Die reisprogram sluit nie die aankoms- of vertrekdae in nie.
Die reisprogram van die post-konserttoer moet in 'n paragraafformaat geskryf word. Die
dag-tot-dag-reisprogram moet 'n gedetailleerde beskrywing van 'n maksimum van TWEE
besienswaardighede/aktiwiteite per dag bevat.
[15]
VRAAG 8: BEGROTING
As deel van die opstel van jou reisprogram moet jy die begroting vir die post-konserttoerpakket vir
die toerisme-owerheid in jou provinsie opstel.
Gebruik die templaat (TOER07) wat verskaf is om die begroting op te stel.
Die begroting moet die totale prys weerspieël.
Die begroting vir die 3-dag-toerpakket moet die volgende insluit:
Vervoer: Luukse bus
Verblyf: 5-ster
Etes: Alle etes ingesluit
Toegangsgelde by besienswaardighede/Koste van aktiwiteite (wees spesifiek)
Koste om 'n e-pamflet vir die toer te ontwerp
Totale koste van die toer
LET WEL: Koste vir toegangsgeld en/of aktiwiteite moet op die post-konsert-toerreisprogram
van toepassing wees.
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/PAT 2020
NSS
VRAAG 9: POST-KONSERT-EVALUERING
Dit is baie belangrik om die sukses van jou konsert te evalueer, veral as jy van plan is om
toekomstige geleenthede te reël. Die evaluering sal jou help om te verstaan wat gewerk het en
wat nie gewerk het nie, of jy aan die verwagtinge van jou konsertgangers voldoen het, hoe
goed jou bemarkingspogings gewerk het, of jou begroting en tydlyn realisties was en waarvoor
jy volgende keer ekstra versigtig moet wees. Jy sal as 'n funksiebeplanner verbeter as jy jou
eie prestasie krities beoordeel.
Voltooi die evalueringsvorm hieronder deur VYF uitdagings te identifiseer wat tydens die
beplanningsfase en/of die werklike dag van die konsert ondervind is.
Stel TWEE aanbevelings voor vir ELK van die uitdagings wat ondervind is.
UITDAGINGS AANBEVELINGS
[15]
VRAAG 10: SELFBESINNING
Besin oor die vaardighede en kennis wat jy opgedoen het tydens die voltooiing van die PAT.
Jou selfbesinning moet in paragraafformaat (80–100 woorde) geskryf word. [5]
TOTAAL FASE 2: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/PAT 2020
NSS
ASSESSERINGSINSTRUMENT
FASE 1
Naam van Leerder: ……….....………………………………………..….…….........Graad: ……
VRAAG 1: KOMMUNIKASIE [10]
Kriteria 0 1– 4 5–7 8–10 O M
Skryf 'n Kon nie aan een Voldoen aan Voldoen aan Voldoen aan al
e-pos aan die van die kriteria twee of minder drie of vier van die kriteria
kunstenaar/ voldoen nie van die kriteria die kriteria
orkes se Het nie probeer
agent om die e-pos te
skryf nie
VRAAG 2: KONSERTLOKAAL (VENUE) [20]
Kriteria 0 1–5 6–10 11–15 16–20 O M
Navorsing Het geen Vier of Vyf tot ses Sewe tot Al die
oor die navorsing minder elemente nege elemente
lokaal gedoen nie, elemente rakende die elemente rakende die
of rakende die lokaal is rakende die lokaal is
besprekings lokaal is bespreek lokaal is bespreek
het nie met bespreek bespreek
die lokaal
verband
gehou nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/PAT 2020
NSS
VRAAG 3: BEMARKING [15]
Elemente 0 1–3 4–7 8–11 12–15 O M
Aanlyn Het nie Twee of Drie of Vier of Al die
advertensies probeer om minder van minder van minder van elemente is
die aanlyn die die die by die
advertensie elemente is elemente is elemente is advertensie
te ontwerp by die by die by die ingesluit
nie advertensie advertensie advertensie
ingesluit ingesluit ingesluit
VRAAG 4: PRE-FUNKSIEBEPLANNING [55]
VRAAG 4.1: Meesterplan (30)
Aksie 0 1–9 10–15 16–18 19–23 24–30 O M
Ontwikkeling Het nie Twee of Vier of Ses of Agt of Alle
van die probeer minder minder minder minder aksies is
meesterplan om die van die van die van die aksies is in die
meester- aksies is aksies is aksies is in die meester-
plan te in die in die in die meester- plan
ontwikkel meester- meester- meester- plan ingesluit
nie plan plan plan ingesluit
ingesluit ingesluit ingesluit
VRAAG 4.2: Organogram (10)
Kriteria 0 1–4 5–7 8–10 O M
Organogram Het nie 'n 'n Organogram- 'n Organogram- Goed
organogram formaat word formaat word ontwikkelde
ontwikkel nie gebruik gebruik voltooide
Twee of minder Vyf of minder organogram met
personeellede is personeellede is al die betrokke
ingesluit ingesluit personeel
Organogram nie ingesluit
volledig voltooi
nie
VRAAG 4.3: Risikofaktore (15)
Risiko- 0 1–6 7–11 12–15 O M
faktore
Risiko- Geen Een of minder Twee of minder Alle risikofaktore
bestuur risikofaktore is risikofaktor is risikofaktore is is opgelos
opgelos nie opgelos opgelos
O M
TOTAAL FASE 1 (100)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/PAT 2020
NSS
ASSESSERINGSINSTRUMENT:
RUBRIEK
FASE 2
Naam van Leerder: ………………………………………………...….……........Graad: ……
VRAAG 5: VOLHOUBAARHEID 'ROCK'
Gee jou Mega Musiekkonsert 'n klein omgewingsvoetspoor. [25]
VRAAG 5.1: Volhoubaarheidsriglyne (10)
Kriteria 0 1–4 5–7 8–10 O M
Volhoubare Het nie aan een Vyf of minder Ses tot nege Tien volhoubare
riglyne van die kriteria volhoubare volhoubare riglyne is
ontwikkel voldoen nie riglyne is riglyne is ontwikkel volgens
Het nie probeer volgens die volgens die die vyf opskrifte
om volhoubare kriteria ingesluit kriteria ingesluit volgens die
riglyne te skryf kriteria
nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/PAT 2020
NSS
VRAAG 5.2: KMMO's en gemeenskapsbetrokkenheid (15)
Kriteria 0 1–6 7–11 12–15 O M
KMMO's en Het nie aan Twee of minder Drie tot vier Daar is aan al
gemeenskaps- enige van die KMMO's is KMMO's is die kriteria
betrokkenheid kriteria voldoen geïdentifiseer geïdentifiseer en voldoen –
nie en hul hul 5 KMMO's is
Het nie die gemeenskaps- gemeenskaps- geïdentifiseer en
vraag probeer betrokkenheid betrokkenheid is hul
doen nie is verduidelik verduidelik betrokkenheid
by die
gemeenskap
verduidelik
VRAAG 6: KONSERTBOEKIE [20]
Kriteria 0 1–9 10–15 16–20 O M
Konsert- Het nie aan een Slegs een of Slegs drie of Alle nodige
boekie van die kriteria twee elemente vier elemente inligting is in 'n
voldoen nie ingesluit ingesluit boekieformaat
Het nie die vraag ingesluit
probeer doen nie
VRAAG 7: POST-TOERREISPROGRAM [15]
Kriteria 0 1–2 3–4 5 O M
Dag 1- Het nie aan een Algemene Reisprogram met Dag 1-
reisprogram van die kriteria beskrywing van 'n gedetailleerde reisprogram in
voldoen nie 'n maksimum beskrywing van 'n paragraaf-
Het nie probeer van twee maksimum van formaat, 'n
om 'n Dag 1- besiens- twee besiens- gedetailleerde
reisprogram te waardighede/ waardighede/ beskrywing van 'n
skryf nie aktiwiteite aktiwiteite maksimum
Te veel elemente Probleme met van twee besiens-
(soos formaat, formaat, waardighede/
beskrywings- beskrywings- aktiwiteite
inligting, etes, besonderhede, Maaltye, vervoer
vervoer, insluiting van en akkommo-
akkommodasie etes, vervoer en dasie ingesluit by
of logiese akkommodasie logiese
reisprogram) of logiese reisprogram
ontbreek reisprogram
Dag 2- Het nie aan een Algemene Reisprogram met Dag 2-
reisprogram van die kriteria beskrywing van 'n gedetailleerde reisprogram in
voldoen nie 'n maksimum beskrywing van paragraaf-
Het nie probeer van twee 'n maksimum van formaat, 'n
om 'n Dag 2- besiens- twee besiens- gedetailleerde
reisprogram te waardighede/ waardighede/ beskrywing van
skryf nie aktiwiteite aktiwiteite 'n maksimum
Te veel elemente Sommige van twee
(soos formaat, probleme met besiens-
beskrywings- formaat, waardighede/
inligting, etes, beskrywings- aktiwiteite.
vervoer, besonderhede, Maaltye, vervoer
akkommodasie insluiting van en akkommo-
of logiese etes, vervoer en dasie volledig
reisprogram) akkommodasie ingesluit by
ontbreek of logiese uitstekende
reisprogram logiese
reisprogram
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/PAT 2020
NSS
Dag 3- Het nie aan Algemene Reisprogram met Dag 3-
reisprogram een van die beskrywing van 'n gedetailleerde reisprogram in
kriteria voldoen 'n maksimum beskrywing van paragraaf-
nie van twee 'n maksimum van formaat, 'n
Het nie probeer besiens- twee besiens- gedetailleerde
om 'n Dag 3- waardighede/ waardighede/ beskrywing van
reis-program te aktiwiteite aktiwiteite 'n maksimum
skryf nie Te veel elemente Probleme met van twee
(soos formaat, formaat, besiens-
beskrywings- beskrywings- waardighede/
inligting, etes, besonderhede, aktiwiteite
vervoer, insluiting van Maaltye, vervoer
akkommodasie etes, vervoer en en
of logiese akkommodasie akkommodasie
reisprogram) of logiese ingesluit by
ontbreek reisprogram logiese
reisprogram
VRAAG 8: BEGROTING [20]
Kriteria 0 1–9 10–15 16–20 O M
Begroting Het nie aan Twee of meer Alle koste Volgens die
voorberei een van die elemente is gegee, maar nie reisprogram is
kriteria voldoen uitgelaat almal realisties alle
nie Verkeerde koste nie gespesifiseerde
Het nie die Een element is koste realisties
vraag probeer uitgelaat
doen nie
VRAAG 9: POST-KONSERT-EVALUERING [15]
Kriteria 0 1–6 7–11 12–15 O M
Uitdagings Het nie aan een Slegs een of Drie of vier Daar is aan al
geïdentifiseer van die kriteria twee uitdagings uitdagings en die kriteria
en voldoen nie is gegee en aanbevelings voldoen –
aanbevelings Het nie die aanbevelings is Alle uitdagings 5 uitdagings is
gemaak vraag probeer gemaak gegee, maar gegee en 2
doen nie onvolledige aanbevelings
aanbevelings wat ooreenstem
met elke
uitdaging, is
gemaak
VRAAG 10: SELFBESINNING [5]
Kriteria 0 1–2 3–4 5 O M
Vaardighede Het nie aan een Slegs een, maar Verskeie Insig in
en kennis van die kriteria nie albei soorte vaardighede en verskillende
opgedoen voldoen nie (vaardighede en kennis word vaardighede en
Het nie probeer kennis) is verduidelik kennis word
om 'n besinning geïdentifiseer weergegee
te skryf nie nie
O M
TOTAAL FASE 2 (100)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/PAT 2020
NSS
TOTAAL PUNTE VIR PAT O M
PUNTE VIR FASE 1: 100 PUNTE
PUNTE VIR FASE 2: 100 PUNTE
GROOTTOTAAL: 200 PUNTE
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER HANDTEKENING VAN MODERATOR
DATUM: DATUM:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/PAT 2020
NSS
4. HULPBRONNELYS
4.1 PAT-puntestaat (TOER01)
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
4.5 E-pos-templaat (TOER05)
4.6 Meesterplan-templaat (TOER06)
4.7 Toerbegrotingstemplaat (TOER07)
4.8 Voorbeeld van 'n PAT-bestuursplan (TOER08)
4.9 Riglyne vir onderwysers oor hoe om die PAT-vrae te benader (TOER09)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/PAT 2020
NSS
4.1 PAT-puntestaat (TOER01)
SKOOLSTEMPEL
&
HANDTEKENING
VAN
SKOOLHOOF
PAT-PUNTESTAAT (TOER01) – 2020
Skool:
Onderwyser:
NAAM VAN LEERDER
Laaste 3 syfers
Gemodereerde punt
Voorbeeld: Tambo, Johannes, CP
TOTAAL
FASE FASE
1 2
van eksamennommer
(Nie per klas nie – noem ALLE leerders
alfabeties)
100 100 200 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
ONDERWYSER: DATUM:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 24 DBE/PAT 2020
NSS
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
AFMERKLYS of X
Skoolmoderering
Diagnostiese ontleding
PAT-bestuursplan
Vlakke van moderering
Opmerkings:
NASIONALE PAT-MODERERINGSINSTRUMENT VIR TOERISME
(TOER02)
PROVINSIE
DISTRIK
NAAM VAN SENTRUM
ONDERWYSER
MODERATOR
DATUM: __________
MODERERINGSDATUM &
FASE: __________
-VLAK
PROVINSIALE VLAK
PAT-MODERERING
100
NAAM VAN GESELEKTEERDE KANDIDATE O M
1.
2.
3.
4.
5.
6.
TOTAAL
GEMIDDELD VAN STEEKPROEF = (Totaal ÷ getal kandidate gekies)
GEMIDDELDE VERSKIL (%)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 25 DBE/PAT 2020
NSS
MONITERINGSAFDELING JA NEE KOMMENTAAR
1. ONDERWYSER
Die PAT-riglyne is beskikbaar.
Die onderwyser se nasienriglyne is
beskikbaar.
Amptelike puntestate:
Voltooi en geteken
Gestempel
SASAMS ingesluit
Alle leerders het 'n punt vir Fase 1
en Fase 2.
Indien daar geen punte vir Fase 1 of
Fase 2 nie, is geldige bewyse/redes
ingesluit.
Alle punte is korrek opgetel, herlei,
aangeteken en oorgedra.
Aanbevole aanpassing van Fase 1-
moderering is gedoen.
Verklaringsvorm is geteken.
2. LEERDER SE PAT-BEWYSE
Verklaringsvorm is geteken.
Fases 1 en 2 is met die toepaslike
assesseringsinstrument geassesseer.
Alle punte is korrek:
Opgetel
Aangeteken
Oorgedra
Omgeskakel
3. MODERERINGSPROSES
Daar is by die modereringsdatum
gehou.
Alle leerders se boeke is beskikbaar
soos gekies. Getal boeke: _____
Was daar enige onreëlmatige aktiwiteite
gedurende die modereringsproses?
Moderering is gedoen volgens nasionale
beleid en -riglyne.
4. KWALITEIT EN STANDAARD VAN DIE PAT
Gebaseer op die waarnemings gedurende die modereringsessie en die moderering van
die bewyse verskaf, is die kwaliteit en standaard van die PAT:
Uitstaande Aanvaarbaar Gedeeltelik aanvaarbaar Onaanvaarbaar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 26 DBE/PAT 2020
NSS
UITSLAG VAN BEVINDINGE:
1. Gebaseer op die steekproef wat gemodereer is, word die punte
aanvaar as geldig, regverdig en betroubaar sonder enige
aanpassings.
2. Gebaseer op die voorbeelde wat gemodereer is, moet die PAT
weer voorgelê word.
3. Gebaseer op die voorbeelde wat gemodereer is, is die punte soos volg
aangepas:
Opwaarts Afwaarts
aangepas aangepas
(Dui % aan) (Dui % aan)
OPMERKINGS
Handtekening: Onderwyser: Moderator:
Vakadviseur: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 27 DBE/PAT 2020
NSS
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
LEERDER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER03)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
EKSAMENNOMMER:
GRAAD:
Ek verklaar hiermee dat ALLE ITEMS wat in hierdie portefeulje ingesluit is, my eie,
oorspronklike werk is en dat waar ek enige hulpbron gebruik het, ek erkenning gegee het.
HANDTEKENING: LEERDER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring deur die leerder hierbo die waarheid en ek aanvaar
dat die werk wat ingelewer is, sy/haar eie is.
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 28 DBE/PAT 2020
NSS
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
ONDERWYSER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER04)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN ONDERWYSER:
Ek verklaar hiermee dat:
Ek alles in my vermoë gedoen het om te verseker dat leerders voldoen aan die
instruksies soos dit in die PAT-dokument uiteengesit is
Ek genoegsame navorsingsmateriaal vir die leerders beskikbaar gestel het
Ek leerders deur die PAT-proses ondersteun en gelei het
Alle items wat in hierdie portefeulje vervat is, deur my nagesien is
Die punte wat aan leerders toegeken is en op die puntestaat oorgedra is, geldig en
regverdig is
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring hierbo deur die onderwyser die waarheid.
HANDTEKENING: SKOOLHOOF DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 29 DBE/PAT 2020
NSS
4.5 E-pos-templaat (TOER05)
Nuwe Boodskap
Aan
Onderwerp
Stuur
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme
Downloaded from hlayiso.com
30 DBE/PAT 2020
NSS
4.6 Meesterplan-templaat (TOER06)
AKSIE VERANTWOORDELIKHEID TYDRAAMWERKE UITVOERING
(Wie doen dit?) (Wanneer moet dit gedoen wees?) (Hoe gaan dit gedoen word?)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 31 DBE/PAT 2020
NSS
4.7 Toerbegrotingstemplaat (TOER07)
TOERBEGROTINGSTEMPLAAT (vir die 3-dag-post-konsert-reisprogram)
Naam van Leerder: ………………………………………………………. Graad 12 ….
BEGROTING VIR DIE 3-DAG-
POST-KONSERT-REISPROGRAM
UITGAWES AANTAL PRYS GETAL TOTAAL
DAE
Vervoer: Luukse bus R R
Akkommodasie (5-ster) B&B R R
Etes (Middagete en Aandete) R R
Toegangsfooie/Aktiwiteite R R
E-pamflet R R
TOTALE KOSTE VAN DIE TOER R
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 32 DBE/PAT 2020
NSS
4.8 Voorbeeld van 'n PAT-bestuursplan (TOER08)
VOORBEELD VAN 'N BESTUURSPLAN VIR DIE AFHANDELING VAN DIE GRAAD 12-TOERISME-PAT
Implementering: 2020
Moet deur elke onderwyser opgestel word en aan die begin van die jaar in die onderwyser se PAT-portefeulje
geliasseer word
Provinsie:
Distrik:
Naam van skool:
LOGO VAN SKOOL HIER
Naam van onderwyser:
Naam van departementshoof/
vakhoof
AKTIWITEIT BENADERING VERANTWOORDELIKHEID
20–24 Verwag PAT vanaf DBE Geen
Januarie DBE
27–31 Verwag PAT vanaf provinsiale Berei onderwyser se PAT-
Januarie eksamen-afdeling portefeulje voor DBE &
PAT word aan skole gestuur
provinsie
3–7 Kopieer die vereiste bladsye Onderwysers moet bladsy 6 tot 21
Toerisme-onderwysers
Februarie van die PAT vir elke leerder en die vorms TOER03, TOER05,
Ontwikkel 'n PowerPoint- TOER06, TOER07 vir elke leerder
aanbieding vir die kopieer en dit aan die leerders
bekendstelling van die PAT aan uitdeel. (Leerders moet op 'n
leerders (met die video waar klaslys teken om ontvangs te
moontlik) bevestig.)
Ontwikkel onderwyser- Deel bronnepakket aan die
hulpbronpakket leerders uit.
Deel PAT-afskrifte aan die Stel die leerders aan die
leerders uit assesseringsinstrument van die
Stel die leerders aan die PAT PAT bekend (Gebruik die
bekend PowerPoint-aanbieding waar
Ontwikkeling van 'n moontlik.) Gebruik TEN MINSTE
bestuursplan vir die PAT drie periodes vir inleiding.
volgens persoonlike rooster
10–14 Voltooi memorandum vir Gee sperdatums aan leerders.
Toerism onderwysers
Februarie gekose vrae (Plaas die sperdatums op die klas
Stel navorsingsinligting aan se kennisgewingbord.)
leerders beskikbaar Onderwysers moet 'n
memorandum vir vrae opstel en
liasseer in onderwyser se PAT-
portefeulje.
Stel 'n strategie op om
navorsingsinligting vir leerders
toeganklik te maak, bv. kopieer
DVD, elektroniese hulpbronpakket
op biblioteekrekenaars, druk
inligting uit soos benodig, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 33 DBE/PAT 2020
NSS
17–20 Begin met Wys die Power Point-aanbieding aan die leerders.
Onderwy-
Februarie PAT Fase 1 Gee aan leerders van die templaat (TOER05) wat
V1: Voltooi verskaf is, lei leerders veral met betrekking tot die ser en
die e-pos formele besigheids-e-posformaat, toon, Cc en BCc. leerders
24 V2 Bespreek en verduidelik elke aspek van die Onderwy
Februarie– Navorsing infografika.
6 Maart oor die lokaal -ser en
leerders
9–13 V3 Let daarop dat die advertensies op papier ontwerp Leerders
Maart Ontwerp van word vir elektroniese advertering. (Onderwyser
die aanlyn Let daarop dat die handelsmerkbeeld individueel speel onder-
advertensie ontwerp moet word. steunende
Onthou om dieselfde handelsmerkbeeld op alle rol)
inligting rakende #MMC hierna in te sluit.
16–31 V4.1 Gebruik templaat (TOER06)
Onderwy-
Maart Ontwikkeling Bespreek elke element van die meesterplan.
van die Leerders moet navorsing doen oor elke aspek tydens ser en
meesterplan die skoolvakansie. leerders
AKTIWITEIT BENADERING VERANTWOORDELIKHEID
1–10 V4.2 Verskaf 'n voorbeeld van 'n organogram aan leerders.
Onderwyser &
April Organogram Gee leiding aan leerders oor die personeellede wat
op die organogram ingesluit sal word.
Voorsien aan leerders voorbeelde van gevallestudies
leerders
V4.3 van vorige gebeure wat onvoorsiene gebeure getoon
Risiko- het en wat 'n impak op gebeure gehad het.
faktore
16 April Finale datum vir Leerders handig die voltooide FASE 1 van die PAT in.
Leerders
inhandiging van
Fase 1
20–24 April V5.1 Volg riglyne wat in die PAT gegee is.
Onderwy-
Ontwikkeling
van ser &
volhoubare leerders
riglyne
27–30 V5.2 Gee leiding aan leerders oor KMMO's wat moontlik
Onderwy-
April Navorsing met 'n musiekkonsert verband kan hou.
oor plaaslike Onthou om te identifiseer en te verduidelik. ser &
KMMO's leerders
4–15 V6 Gee leiding aan leerders oor die vereistes vir die
Onderwy-
Mei Konsert- boekie.
boekie Onthou om die handelsmerkbeeld in die boekie in te ser &
sluit. leerders
18–29 V7 Gee leiding aan leerders oor die aantal dae.
Onderwy-
Mei Post-toer- Lig hoofbesienswaardighede uit.
reisprogram Moenie aankoms- en vertrekdae in jou reisprogram ser &
insluit nie. leerders
Bespreek paragraafformaat met leerders.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 34 DBE/PAT 2020
NSS
1–5 V8 Gebruik TOER08-templaat.
Onderwy-
Junie Begroting Gee leiding aan leerders oor elemente van 'n
toerbegroting wat ingesluit moet word. ser &
Beklemtoon totale prys wat ingesluit moet word. leerders
8–12 V9 Verwys na die PAT-riglyne.
Onderwy-
Junie Post-konsert
verslag ser &
leerders
8–12 V10 Paragraafformaat moet gebruik word.
Onderwy-
Junie Beskouing Lei leerders oor vaardighede en kennis wat
aangeleer is en hoe dit in die toekoms gebruik kan ser &
word. leerders
7–10 Finale voltooiing van PAT
Leerders
Julie
13 Julie Finale datum vir Leerders handig voltooide Fase 2 van die PAT in.
inhandiging van Onderwy-
Fase 2 ser &
leerders
13 Julie– Nasien
7 Augustus Onder-
wyser
21 Inhandiging van PAT-puntestate aan vakadviseur Vak-
Augustus adviseur
&
onderwy-
sers
24 Begin van PAT Kies van kandidate vir moderering
Augustus moderering Vak-
adviseur
14 PAT-moderering PAT-moderering per skool, terugvoer en verifikasie
September van PAT-punte Vak-
adviseur
HANDTEKENING: HANDTEKENING:
VAKHOOF SKOOLHOOF
en/of HOD
Datum: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 35 DBE/PAT 2020
NSS
4.9 Riglyne vir onderwysers oor hoe om die PAT-vrae te benader (TOER09)
Hierdie riglyn is slegs vir onderwysers bedoel.
Bekendstelling van die PAT aan die leerders:
Spandeer genoeg tyd aan die bekendstelling van die PAT.
Dit is belangrik dat leerders verstaan wat die organisasie van 'n konsert behels.
1. Voorsien die templaat TOER05 aan die leerders.
Bespreek die formaat van 'n e-pos en waarsku leerders om alle relevante inligting in 'n
e-pos in te sluit.
2. Onderwysers moet elke element wat die infografika bevat, met hul leerders bespreek.
Verwys na gevallestudies wat in vorige gebeure gebruik is.
3. Moenie aanvaar dat alle leerders bewus is van aanlyn advertensies en hoe dit op sosiale
media gebruik word nie.
Voorsien leerders van voorbeelde van aanlyn advertensies van musiekkonserte.
4.1 Gee aan leerders die templaat TOER06.
Lei leerders deur elke vereiste van die templaat en gee 'n voorbeeld.
Bespreek elke element van die meesterplan.
4.2 Gee aan leerders voorbeelde van organogramme.
Bespreek die doel en hiërargie wat met 'n organogram geassosieer word.
Beklemtoon verskillende rolle van spanlede in die organisering van 'n geleentheid van
hierdie omvang.
5.1 Hou 'n klasbespreking oor volhoubare praktyke wat in en rondom die konsertlokaal
geïmplementeer kan word, met die fokus op die vyf vereistes van die vraag.
Laat leerders 'n dinkskrum hou en voorbeelde gee.
5.2 Laat leerders tussen produkte en dienste onderskei. Leerders moet verskaffers
ondersoek van die produkte/dienste wat benodig word vir die konsert soos in die vraag
gelys. Sodra die verskaffers geïdentifiseer is, moet leerders redes gee waarom die
spesifieke verskaffers gekies is.
6. Hierdie vraag gee aan leerders die geleentheid om baie kreatief te wees. Moedig leerders
aan om die kunstenaar/orkes deeglik te ondersoek vir korrekte inligting. Leerders word
toegelaat om prente uit tydskrifte te knip/van die internet te druk om in hul boekie te
gebruik.
7. Hersien die paragraafformaat van 'n reisprogram met die leerders. Herinner leerders
daaraan om die belangstellings van die kunstenaar/orkes (in die vorige vraag) te gebruik
wanneer hulle besluit watter besienswaardighede/aktiwiteite in hul provinsie besoek gaan
word.
8. Maak seker dat die leerders die gegewe templaat gebruik. Alle koste moet realisties
wees.
9. Verduidelik watter 'Uitdagings' met die konsert te make het. Aanbevelings deur leerders
moet die probleem oplos, sodat dit nie weer voorkom nie.
10. Hierdie werk moet individueel gedoen word. Leerders moet spesifiek kyk na watter
vaardighede EN kennis hulle tydens die PAT opgedoen het.
Die PAT-dokument moet in die volgorde van die vrae verpak word. 'n Netjiese,
interessante en kleurvolle voorblad sal 'n goeie indruk maak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 36 DBE/PAT 2020
NSS
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om
hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en
uitdagings ¶in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders
se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie
leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Tourism.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)
Related documents

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Tourism

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper