Skip to content
Practical assessment task

Tourism PAT GR 12 2022 (Teacher Guidelines) Afr

Grade 12 Tourism practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: TourismGrade 12202218 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE ONDERWYSERRIGLYNE GRAAD 12 2022 Hierdie onderwyserriglyne bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 2 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne INHOUDSOPGAWE Bladsye AFDELING A 1. INLEIDING 3 1.1 Onderwysersopleiding om kandidate vir die 2022-PAT voor te berei 4 1.2 Kernvaardighede in die 2022-PAT verweef 4 AFDELING B 2. ONDERWYSERRIGLYNE: ADMINISTRASIE, VERANTWOORDELIKHEDE 5 EN MODERERING 2.1 Administrasie van die PAT 5 2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser 6 2.3 Riglyne vir die nasien van die PAT 7 2.4 Amptelike PAT-puntestaat 8 2.5 Moderering van die PAT 9 2.6 Bywoningsregisters (Dag 1 en Dag 2) 13 2.7 Verklaring 15 AFDELING C 3. BEMIDDELING VAN DIE PAT AAN KANDIDATE 16 3.1 Inleiding tot die PAT 16 3.2 Struktuur van die PAT 16 3.3 Tydraamwerke 16 3.4 Administrasie van die PAT 17 3.5 Afwesigheid/Nie-indiening van die PAT 17 AFDELING D 4. GEVOLGTREKKING 18 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 3 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne AFDELING A 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 100 punte van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die skooljaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die doelwitte van die Toerisme-PAT:  Ondersteun volhoubare toerisme in Suid-Afrika  Ondersteun regeringsinisiatiewe om volhoubare toerisme in Suid-Afrika te bevorder met die visie om die lewensgehalte van Suid-Afrikaanse burgers te verbeter  Ontwikkel ondernemingsvaardighede en 'n ondernemingsgees  Verbeter die kanse om in diens geneem te word  Bevorder kritiese denke  Ontwikkel probleemoplossingsvaardighede  Ontwikkel navorsings- en ontledingsvaardighede  Versterk kommunikasievaardighede  Bevorder taal oor die kurrikulum  Ontwikkel 'n kultuur van toerisme by millennials as belanghebbendes om toerisme in Suid-Afrika volhoubaar te maak  Ontwikkel digitale en sosialemediavaardighede  Ontwikkel finansiële bestuursvaardighede  Bevorder die ontwikkeling van die kunste  Bevorder oorspronklikheid en kreatiwiteit/ontwerpvaardighede  Skep bewustheid van nuwe ontwikkelings in die toerismebedryf in Suid-Afrika  Sluit geleenthede vir veelvuldige leervermoëns in  Fasiliteer vak-integrasie deur begrip te toon vir die wêreld as 'n stel verwante stelsels deur te besef dat probleemoplossingskontekste nie in isolasie bestaan nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 4 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne 1.1 ONDERWYSERSOPLEIDING OM KANDIDATE VIR DIE 2022-PAT VOOR TE BEREI Om kandidate deeglik vir die 2022-Toerisme-PAT voor te berei, moet onderwysers kennis neem van die feit dat daar 'n duidelike verskil is tussen die onderrig van inhoud en om kandidate met toepaslike vaardighede toe te rus om die PAT te voltooi. Dit is dus noodsaaklik dat onderwysers opgelei word om kandidate se vaardighede te ontwikkel en te versterk. Dit is die onderwyser se verantwoordelikheid om toe te sien dat kandidate voldoende vir die uitvoering van die PAT voorberei is. Daar word sterk aanbeveel dat provinsiale onderwysdepartemente toesien dat Toerisme- onderwysers voldoende bemagtig/opgelei word om kandidate voldoende vir die 2022-Toerisme- PAT voor te berei. 1.2 KERNVAARDIGHEDE IN DIE 2022-PAT VERWEEF VRAE INHOUD VAN DIE VRAE VAARDIGHEDE 1.1 Die bekendstelling van 'n nismark Lees; interpretasie; kritiese denke; analitiese denke; sintese; skryf 1.2 Die keuse van 'n bestemming Interpretasie; lees; analitiese denke, beplanning; besluitneming; probleemoplossing, skryf, kommunikasie 2 Beskikbare toerisme-infrastruktuur Kritiese denke; lees & interpretasie; wat ooreenstem analitiese denke; besluitneming 3 Identifisering van gespesialiseerde Kritiese denke; lees & interpretasie; dienste analitiese denke; besluitneming; wiskundig; begroting; sintese 4 Ontwerp/Kreatiwiteit Interpretasie; kritiese denke; kreatiwiteit; ontwerp 5 Ontwikkel 'n toerplan Kritiese denke; lees & interpretasie; analitiese denke; besluitneming; beplanning en organisasie 6 Ondersoek na volhoubaarheid Kritiese denke; probleemoplossing; verslag skryf; lees & interpretasie 7 Organiseer van data Kritiese denke; lees & interpretasie; analitiese denke; evaluering; sintese; probleemoplossing 8 Besin oor waardes Lees; interpretasie; analitiese denke; evaluasie, skepping Entrepreneursvaardighede (verweef deur die PAT in VRAAG 1 tot 8)  Dit is die plig van die provinsies om te verseker dat alle Toerisme-vakadviseurs opleiding ontvang oor hoe om die kernvaardighede hierbo wat in die 2022-PAT weerspieël word, aan die onderwysers te bemiddel.  Onderwysers moet in hul daaglikse/weeklikse beplanning voorsiening maak vir die onderrig en ontwikkeling van vaardighede.  Die vordering met die bereiking van hierdie vaardighede moet informeel geassesseer word.  Onderwysers moet toesien dat al die kernvaardighede voldoende ontwikkel is voordat die formele PAT-assessering in Junie 2022 begin. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 5 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne AFDELING B 2. ONDERWYSERRIGLYNE: ADMINISTRASIE, VERANTWOORDELIKHEDE EN MODERERING Hierdie riglyne moet saam met die verkorte weergawe van die aangepaste Hoofstuk 4 van die KABV vir Toerisme ('Abridged Section 4 Amendments of the CAPS for Tourism') (Implemen- tering: Januarie 2021, Verwysingsnommer 4.4.5 – Praktiese Assesseringstaak) gelees word. 2.1 Administrasie van die PAT (Amptelike PAT-datums: 22–23 Junie 2022) 2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje Daar word van elke onderwyser verwag om 'n PAT-portefeulje saam te stel wat die volgende bevat:  Voorblad met die naam van die skool, die onderwyser, die vak en die jaar van assessering  Assesseringsrooster van die skool, wat die Toerisme-PAT-assesserings- datums toon  PAT-bemiddelingsplan  Die Onderwyserriglyne  Amptelike PAT-puntestaat (TOER01)  Amptelike modereringsinstrument (TOER02)  Bewys van alle modereringsvlakke (modereringsverslae)  Bywoningsregisters (TOER03)  Verklaring (TOER04) 2.1.2 Bestuur van die PAT  Hierdie praktiese assesseringstaak is die enigste amptelike PAT vir Toerisme-kandidate in graad 12 in 2022. Die PAT mag onder GEEN omstandighede met enige alternatiewe praktiese assesseringstaak vervang word NIE. Die PAT is 'n verpligte komponent van die finale eksterne eksamen vir Toerisme.  Om standaardisering van die PAT te verseker, moet onderwysers deur die provinsie/distrik opgelei word in die inligting, bemiddeling en bestuur van die PAT soos in hierdie dokument vervat word.  Onderwysers moet toesien dat PAT-bemiddeling plaasvind voordat daar met die graad 12-Toerisme-PAT begin word. Die PAT-bemiddeling moet al die aspekte in AFDELING C (Bemiddeling van die PAT aan kandidate) van hierdie dokument insluit.  Die Toerisme-PAT het TWEE gedeeltes wat geskeduleer moet word om op TWEE agtereenvolgende dae (22–23 Junie 2022) geskryf te word. Die twee gedeeltes en die gepaardgaande hulpbronpakket word nie vooraf bemiddel nie en word SLEGS tydens die assesseringsessie uitgedeel.  Elke kandidaat moet sy/haar eie eksemplaar van die PAT en hulpbronpakket hê. Die deel van hulpbronne en skryfbehoeftes sal NIE toegelaat word NIE.  GEEN gedeelte van die amptelike 2022-Toerisme-PAT mag oorgetik, geredigeer of verander word NIE. Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) se logo mag NIE deur enige ander logo vervang word NIE.  Die PAT moet onder gekontroleerde eksamentoestande gedoen word.  Die PAT (wat uit TWEE dele bestaan) sal in 'n 8-uur-sessie gedoen word, wat oor twee dae van vier (4) ure elk versprei word. Die twee 4-uur-sessies moet op TWEE agtereenvolgende dae, Dag 1 (22 Junie 2022) en Dag 2 (23 Junie 2022), geskeduleer word. Elke 4-uur-assessering word in twee 2-uur-sessies ingedeel met 'n pouse van 30 minute tussen-in. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 6 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne  GEEN kandidaat sal ekstra tyd gegun word vir Deel 1 of Deel 2 van die PAT as hy/sy nie die PAT in die toegelate tyd voltooi NIE (spesiale konsessies uitgesluit).  Kandidate moet hulle werk indien voordat hulle die eksamenlokaal mag verlaat.  Kandidate mag die eksamenlokaal verlaat wanneer die afdeling van die PAT vir daardie spesifieke dag voltooi is.  Albei assesseringsessies moet in Kwartaal 2 plaasvind.  Die PAT moet vir 2022 onder gekontroleerde toestande in Kwartaal 2 op 22–23 Junie 2022 gedoen word.  Alle PAT'e moet in handgeskrewe formaat gedoen word.  Slegs hulpbronne wat in die amptelike PAT-hulpbronpakket verskaf word, mag gebruik word. Onderwysers mag NIE template vir enige vrae in die PAT ontwikkel NIE.  Die onderwyser mag NIE tydens die geskeduleerde PAT-sessies as toesighouer optree NIE.  Kandidate wat NIE die PAT-sessie bywoon NIE: Met of sonder 'n geldige rede word hulle hanteer in ooreenstemming met die Nasionale Beleid met betrekking tot die Program- en Bevorderingsvereistes ('NPPPR'), paragraaf 4B(f)(ii), 6(4)(a)(ii), 8(1), 8(4), 8(5), 8(6), 8(7), 9(2), 10(3), 14(1)(b), 14(1)(d), 14(1)(e) en die Nasionale Protokol vir Assessering (NPA), paragraaf 29(1). 2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser Dit is die provinsie en die distrikte se verantwoordelikheid om die PAT'e te druk en deur hulle verspreidingskanale toe te sien dat leerders die PAT'e en PAT-hulpbronpakkette op die onderskeie dae van die PAT-sessies ontvang.  Die PAT en die gepaardgaande hulpbronpakket word nie bemiddel nie en mag SLEGS aan die begin van die onderskeie assesseringsessies aan kandidate uitgedeel word.  Om kandidate vir die PAT voor te berei, moet onderwysers die administrasie van die PAT met die kandidate bemiddel VOOR die datum waarop dit geskryf word (22–23 Junie 2022).  Daar word van onderwysers verwag om 'n PAT-bemiddelingsplan te ontwikkel voordat daar met die PAT begin word. Op Dag 1 (Sessie 1) van die assessering moet ELKE kandidaat 'n afskrif ontvang van: Die PAT vir DAG 1 Die hulpbronpakket Op Dag 2 (Sessie 2) van die assessering moet ELKE kandidaat 'n afskrif ontvang van: Die PAT vir DAG 2 Die hulpbronpakket (dieselfde dokument wat tydens die vorige sessie uitgedeel is)  Die PAT moet deur die onderwyser nagesien word voordat dit as bewys van die kandidaat se prestasie voorgelê word. Die onderwyser moet die assesserings- instrument in die PAT-dokument gebruik om die kandidate se PAT'e na te sien, saam met die nasienaantekeninge wat deur die onderwyser opgestel is voordat dit nagesien is.  Die nasien van PAT Dag 1 en PAT Dag 2 moet teen die einde van Augustus 2022 voltooi wees.  Die voltooide PAT moet by die skool gehou word vir interne en eksterne verifikasie, monitering en moderering. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 7 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne Dokumentasie: Die onderwyser moet die nodige dokumentasie voltooi en onderteken soos deur die DBE vereis word: 1. Amptelike puntestaat (TOER01) 2. Amptelike modereringsinstrument (TOER02) – word tydens moderering gebruik 3. Verklaring (TOER04) 2.3 Riglyne vir die nasien van die PAT Hierdie riglyne is SLEGS vir onderwysers bedoel. 2.3.1 Die hele PAT word met behulp van rubrieke gemerk. Onderwysers moet hul professionele oordeel gebruik om te bepaal of die kandidaat aan die kriteria vir elke vraag voldoen het. 2.3.2 Onderwysers moet die assesseringsinstrument (rubriek) wat aan die einde van elke PAT, Dag 1 en Dag 2 aangeheg is, gebruik om die kandidaat se antwoorde na te sien. 2.3.3 'n Afsonderlike assesseringsinstrument moet vir elke kandidaat gebruik word. Maak seker dat die kandidaat se besonderhede op die instrument verskyn. 2.3.4 Daar is geen amptelike nasienriglyn (memorandum) vir die 2022-Toerisme- PAT nie. Onderwysers word aangemoedig om vir hulself nasienaantekeninge op te stel vir vrae waar dit die nasienproses kan vergemaklik. 2.3.5 Professionele oordeel Onderwysers moet hul professionele oordeel gebruik om die volgende te bepaal: (a) Of die kandidaat aan die assesseringskriteria voldoen het (b) Tot watter mate hy/sy aan die assesseringskriteria voldoen het Prestasiekategorieë: Glad nie Swak Gemiddeld Goed bereik nie bereik bereik bereik (c) Onderwysers moet dan die reeks punte in elke prestasiekategorie op die rubriek gebruik om te besluit watter punt aan 'n kandidaat toegeken moet word. 2.3.6 Na voltooiing van die nasienwerk moet onderwysers die punte vir alle vrae bymekaartel en die punt vir elke kandidaat op die amptelike puntestaat wat in hierdie dokument verskaf word (TOER01), aanteken. 2.3.7 Die PAT'e van alle kandidate moet veilig by die skool gestoor word vir verifikasie- en modereringsprosesse. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 8 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne 2.4 Amptelike PAT-puntestaat PAT-PUNTESTAAT – 2022 (TOER01) Skool: Onderwyser: Gemodereerde Gemodereerde NAAM VAN KANDIDAAT Laaste 3 syfers Voorbeeld: Tambo, Johannes, CP van eksamen- DAG 1 DAG 2 TOTAAL punt (intern) punt (ekstern) (Nie per klas nie – maak 'n alfabetiese lys van ALLE kandidate) nommer 50 50 100 100 100 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14. 15. 16. 17. 18. 19. 20. 21. 22. 23. 24. 25. Handtekening: Onderwyser Datum: Handtekening: Moderator Datum: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 9 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne 2.5 Moderering van die PAT 2.5.1 Die modereringsproses Moderering, intern sowel as ekstern, sal verseker dat daar voldoen word aan die gehalte en standaard van die PAT, soos uiteengesit in die aangepaste Hoofstuk 4 van die KABV vir Toerisme ('Abridged Section 4 Amendments of the CAPS for Tourism'). PAT-portefeuljes sal lukraak deur DBE-amptenare geselekteer word. Moderering sal op verskillende vlakke plaasvind. Die modereringsinstrument wat verskaf word (TOER02), sal gebruik word om die nasien tydens die volgende vlakke van moderering te standaardiseer: Vlak 1: Interne moderering Vlak 2: Groep('Cluster')-moderering/'PLC' Vlak 3: Distriksmoderering Vlak 4: Provinsiale moderering Vlak 5: Nasionale moderering Vlak 6: Umalusi-moderering Bewyse van die geskiedenis van moderering op die verskillende vlakke moet in die onderwyser se PAT-portefeulje geliasseer word. Dit is die verantwoordelikheid van vakhoofde, departementshoofde, skoolhoofde en vakadviseurs om deurlopende moderering van die PAT te verseker. Die PAT sal ekstern deur die DBE gemodereer word. Umalusi kan provinsies en skole vir addisionele moderering identifiseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 10 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne 2.5.2 Die amptelike PAT-modereringsinstrument (TOER02) VLAKKE VAN MODERERING  Skoolmoderering Groepsmoderering Distriksmoderering Provinsiale moderering DBE-moderering AMPTELIKE PAT-MODERERINGSINSTRUMENT VIR TOERISME PROVINSIE DISTRIK NAAM VAN SKOOL ONDERWYSER MODERATOR MODERERINGSDATUM PAT-MODERERING 100 NAME VAN GESELEKTEERDE KANDIDATE O M 1. 2. 3. 4. 5. 6. TOTAAL GEMIDDELD VAN VOORBEELD = (Totaal ÷ aantal geselekteerde kandidate) GEMIDDELDE VERSKIL (%) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 11 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne MONITERINGSAFDELING JA NEE OPMERKING 1. ONDERWYSER Die PAT-pakket is beskikbaar. Die onderwyser se nasien- aantekeninge is beskikbaar. Amptelike puntestaat Voltooi en deur betrokke belanghebbendes onderteken. Amptelike skoolstempel verskyn op puntestaat. Alle kandidate het 'n punt vir PAT Dag 1 en PAT Dag 2. As daar geen punte vir PAT Dag 1 of PAT Dag 2 is nie, is geldige bewyse/ redes vir afwesigheid hierby ingesluit. Alle punte is korrek opgetel, aangeteken en op die amptelike puntestaat oorgedra. Die aanbevole aanpassing van eksterne moderering is aangebring. Verklaringsvorm deur betrokke belanghebbendes onderteken. 2. PAT-BEWYSE VAN KANDIDAAT PAT'e vir Dag 1 en Dag 2 is met die toepaslike assesseringsinstrument geassesseer. Alle punte is korrek: Opgetel  Aangeteken  Oorgedra  3. MODERERINGSPROSES Gehou by modereringsdatum. Alle kandidate se PAT'e is volgens seleksie beskikbaar. Aantal skrifte: _____ Was daar gedurende die Indien JA, gee besonderhede in die modereringsproses enige opmerkingsafdeling op die volgende bladsy. ongerymdhede? Moderering is volgens nasionale beleid en riglyne gedoen. 4. GEHALTE EN STANDAARD VAN DIE PAT Op grond van die waarnemings tydens die modereringsessie en die moderering van die bewyse wat verskaf is, blyk dit die gehalte en standaard van die nasien van die PAT is: Uitstaande Aanvaarbaar Gedeeltelik aanvaarbaar Onaanvaarbaar Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 12 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne RESULTATE VAN BEVINDINGE: 1. Op grond van die monster wat gemodereer is, word die punte as geldig, billik en betroubaar sonder enige aanpassings aanvaar. 2. Op grond van die monster wat gemodereer is, moet die PAT weer ingedien word. 3. Op grond van die monster wat gemodereer is, is die punte soos volg aangepas: Opwaarts aangepas Afwaarts aangepas (Dui % aan) (Dui % aan) OPMERKINGS Handtekening: Onderwyser Handtekening: Interne Moderator Naam van onderwyser: Naam van interne moderator: Datum: Datum: Handtekening: Eksterne Moderator Naam van interne moderator: Datum: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 13 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne 2.6 Bywoningsregisters (Dag 1 en Dag 2) BYWONINGSREGISTER (TOER03) DAG 1 DATUM VAN ASSESSERING Provinsie Distrik Naam van skool NAME VAN KANDIDATE DAG 1 (Maak 'n alfabetiese lys van kandidate per klas.) Handtekening 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14. 15. 16. 17. 18. 19. 20. 21. 22. 23. 24. 25. HOOFTOESIGHOUER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 14 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne BYWONINGSREGISTER (TOER03) DAG 2 DATUM VAN ASSESSERING Provinsie Distrik Naam van skool NAME VAN KANDIDATE DAG 2 (Maak 'n alfabetiese lys van kandidate per klas.) Handtekening 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14. 15. 16. 17. 18. 19. 20. 21. 22. 23. 24. 25. HOOFTOESIGHOUER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 15 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne 2.7 Verklaring VERKLARING (TOER04) NAAM VAN SKOOL: NAAM VAN ONDERWYSER: Hiermee verklaar ek dat:  Ek die PAT met die kandidate bemiddel het voordat ek die PAT volgens die bemiddelingsdokument uitgedeel het.  Ek alles in my vermoë gedoen het om te verseker dat kandidate die PAT begryp en aan die vereistes van die graad 12-PAT voldoen.  Ek NIE tydens die geskeduleerde graad 12-PAT-sessies as toesighouer opgetree het NIE.  Alle items wat in die PAT-skrifte vervat is, deur my nagesien is.  Die punte wat aan kandidate toegeken is en op die puntestate oorgedra is, geldig, billik en betroubaar is. HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM Na my wete is stellings hierbo waar. Die bestuur van die skool het die skryfsessies vir Dag 1 en Dag 2 van die graad 12-PAT op TWEE agtereenvolgende dae geskeduleer. HANDTEKENING: SKOOLHOOF DATUM Naam van die skoolhoof SKOOLSTEMPEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 16 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne AFDELING C 3. BEMIDDELING VAN DIE PAT AAN KANDIDATE Onderwysers moet toesien dat vaardighede en PAT-bemiddeling onderrig word voordat daar met die graad 12-Toerisme-PAT op 22–23 Junie 2022 begin word. Die PAT- bemiddeling moet al die aspekte in hierdie afdeling (3.1–3.5) van hierdie dokument insluit. 3.1 Inleiding tot die PAT  Die PAT is 'n verpligte komponent van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen en dra tot die finale promosiepunt by.  Kandidate wat nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie, sal NIE uitslae in Toerisme ontvang NIE, in ooreenstemming met die Nasionale Beleid met betrekking tot die Program- en Bevorderingsvereistes ('NPPPR'). Verwys ook na 2.1.2 en 3.5 in hierdie dokument.  Die PAT assesseer die kandidate se praktiese vaardighede in die vak.  Die PAT is ontwikkel om die kandidate se toepassing van kennis en begrip van die konsepte wat in Kwartaal 1 en 2 behandel word, in te sluit. Die vaardigheid om kennis en begrip van die inhoud toe te pas, vereis hoërorde-denke. Leerders moet oefen hoe om hoërorde-denke in praktiese aktiwiteite ter voorbereiding vir die PAT toe te pas en te implementeer.  Grondslag-inhoud en -vaardighede van graad 10 en 11 kan in die graad 12-PAT geassesseer word.  Die PAT sal op 22–23 Junie 2022 gedurende skoolure onder gekontroleerde eksamentoestande gedoen word.  Die werklike PAT en die gepaardgaande hulpbronpakket sal nie voor die datum van die formele PAT-assesseringsessie bemiddel word nie. 3.2 Struktuur van die PAT  In die assesseringslokaal sal elke kandidaat 'n PAT-pakket en 'n antwoordeboek ontvang.  Die graad 12-PAT-kandidaatpakket sal bestaan uit: - Die 2022-PAT vir graad 12 (Dag 1 Sessie 1 en Dag 2 Sessie 2) - 'n Hulpbronpakket  Die PAT bestaan uit twee gedeeltes wat oor twee opeenvolgende dae, Dag 1 en Dag 2 (22–23 Junie 2022), geskeduleer is.  Dieselfde hulpbronpakket sal op Dag 1 en Dag 2 vir die PAT gebruik word.  ALLE vrae in die PAT is VERPLIGTEND.  Alle kandidate se antwoorde moet met die hand geskryf word in die A4- antwoordeboek wat deur die skool verskaf word. 3.3 Tydraamwerke  Die PAT word in TWEE 4-uur sessies aangebied, opgedeel in twee 2-uur-sessies per dag wat oor twee agtereenvolgende dae (22–23 Junie 2022) geskeduleer is.  Daar sal van kandidate verwag word om die PAT vir Dag 1 op die eerste dag (22 Junie 2022) te voltooi en die PAT vir Dag 2 op die tweede dag (23 Junie 2022).  Die PAT moet op die geskeduleerde dag voltooi word. Daar sal GEEN verlenging van die tyd wees NIE. Konsessies wat aan kandidate met spesiale behoeftes toegeken word, is ook op die PAT van toepassing.  Elke dag se 4-uur-sessie sal uit twee 2-uur-sessies bestaan.  Kandidate sal na goeddunke van die skool 'n pouse tussen sessies kry. Voorbeeld: Dag 1: 2 ure + 30 min.-pouse + 2 ure Dag 2: 2 ure + 30 min.-pouse + 2 ure Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 17 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne 3.4 Administrasie van die PAT Kandidate moet op Dag 1 en Dag 2 wat vir die Toerisme-PAT geskeduleer is (22–23 Junie 2022), by die assesseringslokaal aanmeld. Kandidate moet die volgende skryfbehoeftes vir die PAT-sessies hê:  Penne  Potlode/Uitveër  Liniaal  Kleurpotlode/Viltpenne  Uitligters/Glimpenne ('Highlighters')  Sakrekenaars/Nie-programmeerbare sakrekenaars LET WEL: Die leen van skryfbehoeftes sal NIE in die assesseringslokaal toegelaat word NIE.  GEEN elektroniese toerusting (rekenaars, skootrekenaars, selfone, internettoegang) word vir hierdie PAT toegelaat NIE.  Kandidate mag NIE enige ander hulpbronne na die assesseringslokaal bring NIE.  Die antwoordeboek sal deur die skool verskaf word.  Wanneer kandidate die PAT-pakket vir die dag ontvang, moet hulle verifieer dat alle bladsye ingesluit is. Kandidate moet ongeveer 10–15 minute gebruik om die instruksies te lees en met die inhoud van albei dokumente vertroud te raak.  Wanneer kandidate ná 15 minute met die inhoud vertroud is, kan hulle begin om die PAT-vrae te beantwoord. Kandidate moet na die betrokke bylaes in die hulpbronpakket verwys om die vrae te beantwoord.  Kandidate moet na die rubrieke aan die einde van elke PAT verwys as riglyn en hul antwoorde daarvolgens beplan.  Daar word aanbeveel dat kandidate voldoen aan die tydraamwerke wat per vraag verskaf word. Die tydraamwerke sluit die raadpleging van die hulpbron en die voltooiing van die vraag in.  Daar word aanbeveel dat die kandidate die PAT'e in dieselfde volgorde as die vrae aanbied.  Rofwerk kan agter in die boek gedoen word.  Werk wat nie gemerk moet word nie, moet deurgehaal word.  GEEN bladsye mag uit die antwoordeboek geskeur word NIE.  Kandidate moet aan die einde van elke assesseringsessie elke dag die PAT, die hulpbronpakket en die antwoordeboek inlewer. 3.5 Afwesigheid/Nie-indiening van die PAT Kandidate, ouers en belanghebbendes in die onderwys moet kennis neem van die feit dat die PAT 'n verpligte komponent van die vak is. Kandidate wat nie die PAT-sessies bygewoon het nie, met of sonder 'n geldige rede, sal in ooreenstemming met die Nasionale Beleid met betrekking tot die Program- en Bevorderingsvereistes ('NPPPR'), paragraaf 4B(f)(ii), 6(4)(a)(ii), 8(1), 8(4), 8(5), 8(6), 8(7), 9(2), 10(3), 14(1)(b), 14(1)(d), 14(1)(e) en die Nasionale Protokol vir Assessering (NPA), paragraaf 29(1) hanteer word. Dit is dus noodsaaklik dat die geskeduleerde assesseringsdatums vroegtydig aan beide die ouers en die kandidate deurgegee word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 18 DBE/PAT 2022 NSS – Onderwyserriglyne AFDELING D 4. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Tourism.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Tourism

View all