Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
REKENINGKUNDE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, ʼn formuleblad
en ʼn 12-bladsy antwoordeboek.
Skip to contentAll 2023 papers 
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)




View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 435.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Indien jy dit verkies,mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan
die einde van die vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie
formuleblad is NIE verpligtend NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
TYD
VRAAG ONDERWERP PUNTE
(minute)
Staat van Omvattende Inkomste en Staat
1 60 45
van Finansiële Posisie
Notas tot Finansiële State,
2 40 30
Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers
3 Vertolking van Finansiële State 35 30
4 Korporatiewe Bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V1 3
VRAAG 1: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN STAAT VAN
FINANSIËLE POSISIE
(60 punte; 45 minute)
Die inligting het betrekking op Midros Bpk. vir die finansiële jaar geëindig op
28 Februarie 2023.
GEVRA:
1.1 Verwys na Inligting B (i) en (ii).
Bereken:
1.1.1 Die wins/verlies op die inruil van die ou voertuig (4)
1.1.2 Die totale waardevermindering vir die jaar (4)
1.2 Voltooi die volgende vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023:
1.2.1 Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) (36)
1.2.2 Ekwiteit en Laste afdeling van die Staat van Finansiële Posisie
(Balansstaat) (16)
LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2023)
INLIGTING:
A. Uittreksel: Saldo's en totale uit die rekords op 28 Februarie:
2023 2022
(R) (R)
Voertuie ? 1 350 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 855 000
Toerusting 1 022 500 1 022 500
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 923 260 800 900
Vaste deposito: Rivier Bank 1 500 000
Voorsiening vir oninbare skulde ? 15 950
SAID: Inkomstebelasting 196 040
(voorlopige belastingbetalings)
Verbandlening: Somerville Bank ? 2 205 500
Gewone aandelekapitaal ?
Behoue inkomste 970 750
Krediteurekontrole 448 725
Netto verkope 11 724 000
Koste van verkope 7 363 500
Salarisse en lone 982 290
Werkgewersbydrae 63 620
Direkteursfooie 1 925 000
Huurinkomste 174 675
Oninbare skuld 15 090
Diverse uitgawes (balanserende syfer) ?
B. Aansuiwerings en addisionele inligting:
(i) Die volgende transaksie is nie aangeteken nie:
ʼn Ou voertuig, kosprys R270 000, is op 28 Februarie 2023 ingeruil vir ʼn
nuwer model wat R616 500 gekos het. Die opgehoopte waardevermindering
op die inruildatum was R111 240. Die inruilwaarde vir die ou voertuig was
R105 000.
Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. op die verminderde-
saldo bereken.
(ii) Waardevermindering vir die jaar:
• Waardevermindering op toerusting is in berekening gebring.
• Maak voorsiening vir waardevermindering op voertuie.
(iii) ʼn Faktuur vir R28 800 uitgereik aan ʼn debiteur vir goedere aangekoop
op 26 Februarie 2023, is verkeerdelik as ʼn kredietnota aangeteken.
Die winsopslag op hierdie goedere was 60%.
(iv) ʼn Bedrag van R3 230 wat nie uit die insolvente boedel van ʼn debiteur
ontvang is nie, moet as oninvorderbaar afgeskryf word.
(v) Die voorsiening vir oninbare skulde moet met R2 000 verminder word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V1 5
(vi) Huur het met 10% per maand verhoog met ingang van 1 September 2022,
volgens die huurooreenkoms. Huur is tot Maart 2023 ontvang.
(vii) Uittreksel uit die salarisjoernaal vir Februarie 2023:
Aftrekkings Netto salaris Bydraes
R15 600 R47 330 R7 550
Die totaal vir bruto salarisse is nie na die algemene grootboek oorgeboek
nie. Al die relevante betalings vir salarisse is gemaak.
(viii) Die maatskappy het vyf direkteure gehad totdat een op 30 Junie 2022
bedank het. Die een wat bedank het, is eers op 1 Oktober 2022 vervang.
Alle direkteure is op dieselfde fooistruktuur. Die fooie van twee direkteure
vir Februarie 2023 is nog uitstaande.
(ix) Inkomstebelasting vir die finansiële jaar is as R242 040 bereken. Dit is 30%
van die netto wins voor belasting.
(x) Die Leningstaat wat van Somerville Bank ontvang is, dui die volgende aan:
Saldo aan die begin van die finansiële jaar R2 205 500
Rente gekapitaliseer ?
Terugbetalings met rente ingesluit 1 260 000
Saldo aan die einde van die finansiële jaar 1 125 000
Die leningsaldo sal in die volgende boekjaar met R625 000 verminder word.
(xi) Dividende:
• Totale dividende vir die jaar het R410 000 beloop, wat ʼn interim dividend
van R160 000 insluit wat op 31 Augustus 2022 betaal is.
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
(40 punte; 30 minute)
2.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
2.1.1 ʼn Toename in voorraad verteenwoordig ʼn (invloei/uitvloei) van kontant.
2.1.2 ʼn Afname in rekeninge betaalbaar verteenwoordig ʼn (invloei/uitvloei)
van kontant.
2.1.3 ʼn Aansuiwering vir (waardevermindering/inkomstebelasting) moet
gedoen word wanneer die kontantgevolge van bedryfsaktiwiteite
bereken word.
(3 x 1) (3)
2.2 EAGLES BPK.
Die inligting hou verband met die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023.
GEVRA:
2.2.1 Stel die Behoue inkomste-nota op 28 Februarie 2023 op. (8)
2.2.2 Voltooi die Kontantvloeistaat op 28 Februarie 2023. (18)
LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
2.2.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2023.
• Vuurproefverhouding (3)
• % Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (4)
• Dividende per aandeel (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V1 7
INLIGTING:
A. Uittreksel: die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
28 Februarie 2022:
Verkope R 2 450 000
Waardevermindering 567 490
Wins voor rente-uitgawe 1 208 200
Netto wins voor belasting 1 120 000
Netto wins na belasting 784 000
B. Inkomstebelasting is op 30% vir die huidige finansiële jaar bereken.
C. Items onttrek uit Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie:
2023 2022
Vaste deposito 144 450 277 550
Bedryfsbates 2 175 600 2 003 790
Bedryfslaste 753 065 719 800
Voorrade 1 469 700 1 431 000
Handelsdebiteure 603 400 557 340
Kontant en kontantekwivalente 92 840 15 450
SAID: Inkomstebelasting 9 660 Dt 20 020 Kt
Aandeelhouers vir dividende 207 070 150 000
Bankoortrekking 0 28 480
Nie-bedryfslaste 735 000 980 000
Gewone aandelekapitaal ? 9 520 000
Gewone aandeelhouersbelang 11 887 820 9 814 000
D. Aandelekapitaal en dividende:
1 Maart 2022 1 190 000 aandele in uitreik.
30 Junie 2022 85 000 aandele teen R2 bo die gemiddelde
aandeelprys teruggekoop.
Hierdie aandele kwalifiseer nie vir dividende nie.
30 Augustus 2022 Interim dividende van 12 sent per aandeel betaal.
1 November 2022 R2 479 500 ontvang vir addisionele aandele uitgereik.
28 Februarie 2023 1 380 500 aandele in uitreik.
28 Februarie 2023 ʼn Finale dividend is verklaar.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (35 punte; 30 minute)
3.1 Kies ʼn verduideliking in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letters (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Opbrengs A Totale laste wat totale bates oorskry
3.1.2 Bedryfsbate B Voertuig wat gebruik word om die besigheid te
bedryf
3.1.3 Insolvent C Die persentasie netto inkomste op ekwiteit
D Vaste deposito wat in die volgende finansiële
jaar verval
(3 x 1) (3)
3.2 ROCK BPK. en WILLS BPK.
Die inligting hou verband met twee maatskappye wat in dieselfde bedryf handel
dryf. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 28 Februarie.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf syfers, tendense, finansiële aanwysers of berekeninge in
ELKE geval om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun.
3.2.1 Identifiseer die maatskappy met die beter winsgewendheid finansiële
aanwysers. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (3)
3.2.2 Identifiseer en verduidelik watter maatskappy sy likiditeit meer
doeltreffend bestuur. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (6)
3.2.3 Lewer kommentaar op die dividenduitbetalingsbeleid van elke
maatskappy. Verskaf ʼn moontlike rede waarom elke maatskappy besluit
het op die beleid wat aangeneem is. Haal syfers aan. (6)
3.2.4 Die direkteure van Wills Bpk. het besluit om die lening gedurende die
huidige finansiële jaar te verhoog. Verduidelik of dit ʼn goeie besluit was
of nie. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (6)
3.2.5 Die aandeelhouers van Rock Bpk. is tevrede met die markprys van hul
aandele, terwyl die aandeelhouers van Wills Bpk. nie tevrede is nie.
Verduidelik deur ʼn finansiële aanwyser vir ELKE maatskappy aan te
haal. (6)
3.2.6 Verwys na inligting C.
Wills Bpk. sal ʼn verdere 300 000 aandele gedurende die nuwe finansiële
jaar uitreik. Die Mentoor-familie stel belang om 180 000 van hierdie
aandele te koop.
• Bereken die % persentasie aandeelhouding van die Mentoor-familie
indien hulle hierdie aandele koop. (2)
• As ʼn aandeelhouer, hoekom sou jy bekommerd wees oor die
belangstelling deur die Mentoor-familie? Verskaf DRIE punte. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V1 9
INLIGTING:
A. Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie 2023:
ROCK BPK. WILLS BPK.
Winsopslag % behaal 45% 52%
% Bedryfsuitgawes op verkope 25,5% 18.3%
% Bedryfswins op verkope 7,4% 10,3%
Bedryfsverhouding 1,5 : 1 4,2 : 1
Vuurproefverhouding 0,7 : 1 1,2 : 1
Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode 28 dae 45 dae
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,3 : 1 0,6 : 1
% opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang 22,3% 14,2%
% opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 15,9% 9,5%
Dividende per aandeel 117 sent 190 sent
Verdienste per aandeel 390 sent 250 sent
Dividend-uitbetalingskoers 30% 76%
Netto batewaarde per aandeel 784 sent 652 sent
B. Addisionele inligting op 28 Februarie 2023:
ROCK BPK. WILLS BPK.
Markprys per aandeel op aandelebeurs 838 sent 515 sent
Rente op vaste deposito’s 6% 6%
Rente op lenings 11% 11%
C. Uittreksels uit die rekeningkundige rekords op 28 Februarie 2023:
ROCK BPK. WILLS BPK.
Aantal uitgereikte aandele 2 000 000 1 600 000
% aandeelhouding van die Mentoor-familie 23,9% 50,5%
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute)
4.1 Die volgende uittreksel verteenwoordig ʼn sekere tipe ouditverslag.
Na ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, ʼn regverdige
weergawe van die finansiële posisie van die maatskappy soos op
28 Februarie 2023.
GEVRA:
4.1.1 Identifiseer die tipe ouditverslag in die uittreksel hierbo en gee ʼn rede
vir jou antwoord. (2)
4.1.2 Verduidelik die effek van hierdie tipe verslag vir die beeld van die
maatskappy. Gee EEN punt. (2)
4.2 Die volgende inligting is uit ʼn plaaslike publikasie geneem. Dit hou verband met
ʼn maatskappy wat op die JSE genoteer is.
Die JSE het die maksimum boete aan die voormalige HUB (Hoof Uitvoerende
Beampte) van Millo Bpk. opgelê, asook haar verbied om vir tien jaar as ʼn
direkteur op die direksie van enige JSE-genoteerde maatskappy te dien. Die
JSE het verklaar dat hy die bogenoemde boete om die volgende redes opgelê
het:
• Die vrystelling van finansiële state wat nie aan noteringsvereistes voldoen
het nie.
• Die finansiële state het verkeerde, vals en misleidende inligting bevat.
• Fiktiewe brondokumente wat inkomste valslik met miljoene rande
opgeblaas het, is ook ontdek.
GEVRA:
4.2.1 Verskaf TWEE moontlike redes waarom die HUB beboet is, en nie die
maatskappy nie. (4)
4.2.2 Verskaf TWEE punte waarom die JSE hierdie aksie geneem het. (4)
4.2.3 Identifiseer EEN ander party (belanghebbende) wat ook aanspreeklik
gehou kan word om hierdie situasie toe te laat. Verskaf 'n rede. (3)
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V1 11
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA:
* In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende
ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum