Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
REKENINGKUNDE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, insluitend ʼn formuleblad
en ʼn 10-bladsy antwoordeboek.
Skip to contentAll 2023 papers 
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)




View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 537.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Rekonsiliasies: Bank en Krediteure 35 25
2 Kosteberekeninge 55 45
3 Voorraadwaardasie 35 30
4 Vaste Bates 25 20
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V2 3
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 1: REKONSILIASIES – BANK EN KREDITEURE (35 punte; 25 minute)
1.1 Pas die stelling in KOLOM A teenoor ʼn term uit KOLOM B. Skryf slegs jou
antwoord (A–E) teenoor die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.5 F.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Rente op die bankstaat gedebiteer A Bankkoste
1.1.2 Die koste verbonde aan die gebruik van ʼn B Debiet
lopende bankrekening
1.1.3 ʼn Saldo op ʼn bankstaat wat ʼn gunstige saldo C Aftrekorder
aandui
1.1.4 Magtig ʼn bank om ʼn vaste maandelikse D Rente op
bedrag aan dieselfde begunstigde te betaal oortrokke bank
E Krediet
(4 x 1) (4)
1.2 BANKREKONSILIASIE
Die inligting is geneem uit die rekords van Pheasant Handelaars. Die besigheid
gebruik die amptelike bankstaat wat op die 26ste van elke maand beskikbaar is,
om die bankrekonsiliasie-proses te voltooi.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die korrekte totale van die kontantjoernale vir April 2023.
Gebruik die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien word. (10)
1.2.2 Bereken die Bankrekening se saldo op 30 April 2023. (4)
1.2.3 Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 30 April 2023. (7)
INLIGTING:
A. Uittreksel van items wat op die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Maart 2023
verskyn het:
Uitstaande deposito’s: op 26 Maart 2023 R9 500
op 31 Maart 2023 R10 500
Uitstaande EFO Nr. 341 R4 650
Gunstige saldo op Bankrekening in die grootboek R18 795
LET WEL:
• Die deposito op 26 Maart 2023 verskyn op die April-bankstaat as R4 500.
Die verskil moet afgeskryf word aangesien die kassier nie meer vir die
besigheid werk nie.
• Al die ander uitstaande bedrae verskyn korrek op die April-bankstaat.
B. Die kontantjoernale toon die volgende voorlopige totale voordat die bank-
staat vir April 2023 ontvang is.
• Totaal van Kontantontvangstejoernaal, R91 230
• Totaal van Kontantbetalingsjoernaal, R101 050
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V2 5
C. Die volgende items op die bankstaat vir April 2023, moet nog in berekening
gebring word:
• Diensgeld, R245; kredietkaartfooie, R750; kontanthanteringsfooie, R430
• Rente gekrediteer, R200
• Debietorder aan Eagle Secure vir die besigheid se versekering, R2 100
• Direkte deposito van R7 500 deur ʼn debiteur
D. EFO nr. 375 is as R6 000 in die KBJ aangeteken. Hierdie EFO verskyn op die
April-bankstaat met die korrekte bedrag van R600.
E. ʼn Aftrekorder vir die terugbetaling van ʼn lening, R10 000, verskyn op die April-
bankstaat. Die lening is egter in Maart 2023 afbetaal. Die leninginstansie is in
kennis gestel van hierdie fout. Dit sal op die volgende staat reggestel word.
F. Die volgende items verskyn in die kontantjoernale vir April 2023, maar nie op
die bankstaat vir April 2023 nie:
• Deposito op 30 April 2023, R21 500
• EFT nr. 440, R2 250
G. Die saldo op die bankstaat op 30 April 2023 was R ...?
1.3 KREDITEUREREKONSILIASIE
Jy word voorsien van inigting uit die rekords van Wakeford Handelaars vir
Mei 2023. Die saldo van die Krediteurekontrolerekening en die totaal van die
Krediteurelys is nie dieselfde nie.
GEVRA:
1.3.1 Verduidelik waarom die saldo van die Krediteurekontrolerekening in die
Algemene Grootboek moet ooreenstem met die totaal van die
Krediteurelys wat vanuit die Krediteregrootboek opgestel word.
Verskaf EEN punt. (2)
1.3.2 Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK om die saldo van die
Krediteure-kontrolerekening met die totaal van die Krediteurelys te
versoen.
Gebruik ʼn “+” vir ʼn toename en ʼn “-” vir ʼn afname teenoor elke bedrag. (8)
INLIGTING:
A. Saldo van die Krediteurekontrolerekening op 31 Mei 2023 R111 340
Totaal van die Krediteurelys R78 480
B. ʼn Ondersoek het die volgende aan die lig gebring:
(i) Die Krediteurelys was verkeerdelik opgetel. Die Krediteurelys is met R960
te min opgetel.
(ii) Die Krediteurekontrolekolom in die Mei 2023 KBJ is R16 400. Hierdie
bedrag is na die Krediteurekontrolerekening gekrediteer.
(iii) ʼn Faktuur vir kredietaankope vir R3 920 op 30 Mei 2023, is nog nie
aangeteken nie.
(iv) Goedere teruggestuur aan ʼn verskaffer, R1 000, is korrek in die KAJ
ingeskryf en so na die Krediteurekontrolerekening oorgeboek. Dit is egter
as R100 na die krediteur se rekening in die Krediteuregrootboek
oorgeboek.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 2: KOSTEBEREKENINGE (55 punte; 45 minute)
2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs “waar” of
“onwaar” teenoor die vraagnommers (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.
2.1.1 Vraggeld betaal op grondstowwe aangekoop, verhoog die koste van
direkte materiaal vir produksie uitgereik. (1)
2.1.2 Advertensies is deel van fabrieksbokoste. (1)
2.1.3 Kommissie aan verkoopspersoneel is deel van administratiewe koste. (1)
2.1.4 Afleweringskoste is deel van verkoops- en distribusiekoste. (1)
2.2 SIVE VERVAARDIGERS
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Sive Vervaardigers vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2023. Hulle vervaardig een soort skooltas.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die direkte arbeidskoste. (8)
2.2.2 Bereken die fabrieksbokoste. (15)
2.2.3 Voltooi die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023. (8)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s:
28 Februarie 2023 1 Maart 2022
Grondstofvoorraad
Goedere-in-bewerkingvoorraad ? R240 560
Klaarproduktevoorraad R142 500 R165 000
Indirekte materiaal R22 650 R19 800
B. Arbeidskoste vir produksie:
Aantal werkers 14
Basiese maandelikse salaris per fabriekswerker R10 500
Totale oortyd-ure vir die jaar (vir al die werkers) 3 100
Oortyd-tarief per uur R80
WVF aftrekkings van basiese salaris 1%
Werkgewersbydrae tot WVF R-vir-R
C. Die fabrieksvoorman verdien ʼn jaarlikse salaris van R234 000 (alle voordele
ingesluit).
D. Indirekte materiaal ter waarde van R57 600 is gedurende die finansiële jaar vir
die fabriek aan gekoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V2 7
E. Uitgawes geneem uit die proefbalans op 28 Februarie 2023:
Huuruitgawe R172 800
Waardevermindering op fabriekstoerusting R415 830
Water en elektrisiteit R156 000
Versekering R107 100
Aansuiwerings om in berekening te bring:
• Huuruitgawe moet as volg, volgens vloerspasie gebruik, toegeken word:
Vloerspasie vir fabriek 900 m2
Vloerspasie vir verkoopsdepartement 750 m2
Vloerspasie vir administrasiedepartement 600 m2
Totale vloerspasie 2 250 m2
• Water en elektrisiteit moet as volg toegedeel word:
Fabriek 90%
Verkoopsdepartement 5%
Administrasiedepartement 5%
• ʼn Betaling van R4 200 vir versekering op 2 Februarie 2023 het nie deurgegaan
nie, as gevolg van ʼn stelselfout. Dit sal op 1 Maart 2023 betaal word.
Versekering moet in die verhouding 3 : 2 : 2 tussen die fabriek, verkope en
administrasie-departemente verdeel word.
F. Addisionele inligting:
• Direkte materiaal aan die fabriek uitgereik, R3 150 000
• Verkope van klaarprodukte, R9 300 000
• Koste van verkope van klaarprodukte, R6 022 500
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2023)
2.3 RUSKS FOR YOU
Die besigheid vervaardig gesondheidsbeskuit. Die eienaar is Linda Williams en
die finansiële jaar-einde is 31 Mei.
GEVRA:
2.3.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 31 Mei 2023. (4)
2.3.2 Lewer kommentaar en sê of Linda tevrede behoort te wees met die
aantal eenhede geproduseer en verkoop gedurende die finansiële jaar.
Haal syfers aan. (6)
2.3.3 Gee TWEE moontlike redes vir die toename in direkte materiaalkoste
per eenheid vir die huidige finansiële jaar. (4)
2.3.4 Verskaf EEN rede waarom Linda bekommerd mag wees oor die
toename in die totale vaste koste gedurende die huidige finansiële jaar. (2)
2.3.5 Linda wil die inhoud per pakkie verminder, maar sy wil steeds dieselfde
verpakking (wat die gewig as 500 g aangee) gebruik om kostes te
bespaar. Sy wil die verkoopprys dieselfde hou. Watter advies sal jy
aanbied? Gee TWEE punte. (4)
INLIGTING:
31 Mei 2023 31 Mei 2022
Totaal Per Totaal Per
eenheid eenheid
Direkte materiaalkoste 984 000 R10,25 889 200 R7,60
Totale veranderlike koste 1 536 000 R16,00 1 462 500 R12,50
Totale vaste koste 1 104 000 R11,50 945 000 R8,08
Totale verkope 2 688 000 R28,00 2 691 000 R23,00
Aantal eenhede
96 000 eenhede 117 000 eenhede
vervaardig en verkoop
Gelykbreekpunt ? 90 000 eenhede
55
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V2 9
VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 30 minute)
3.1 Kies die korrekte antwooord uit die gegewe opsies. Skryf slegs die antwoord
teenoor die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK.
EIEU; Periodieke stelsel; Deurlopende stelsel; Geweegde-gemiddelde-
metode
3.1.1 Die voorraadstelsel waar die koste van verkope vir elke verkoop-
transaksie aangeteken word. (1)
3.1.2 Die voorraadwaardasie-metode gebaseer op die aanname dat die
oudste voorraad altyd eerste verkoop word. (1)
3.1.3 Die waarde van eindvoorraad word bereken deur die totale bedrag
bestee vir die aankoop van voorraad te deel deur die aantal eenhede
beskikbaar vir verkope. (1)
3.2 VOORRAADWAARDASIE
Jy word voorsien van inligting rakende Global Jackets Bpk. Neville Ceder is die
eienaar van die besigheid. Hulle verkoop spesiale baadjies vir matriekulante.
Die besigheid gebruik die periodieke voorraadstelsel en die geweegde-
gemiddelde metode om voorraad te waardeer.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 Junie 2023. (9)
3.2.2 Bereken die gemiddelde voorraadhoudingsperiode (in dae) vir
baadjies. (5)
3.2.3 Dit bekommer Neville, dat ten spyte van ʼn sekuriteitswag by die deur,
baadjies steeds wegraak.
• Bereken die aantal baadjies wat weg is. (4)
• Gee TWEE punte van advies hoe Neville hierdie probleem kan
aanspreek. (4)
3.2.4 Neville het onlangs gehoor dat ʼn mededinger die EIEU-metode gebruik
om hul voorraad te waardeer. Hy is nuuskierig hieroor.
• Verduidelik watter effek ʼn verandering na die EIEU-metode op die
bruto wins van die baadjies sal hê. (2)
• Gee EEN rede pro (vir) verandering van die voorraadwaardasie-
metode. (2)
• Gee EEN rede teen verandering van die voorraadwaardasie-
metode. (2)
3.2.5 ʼn Personeellid het voorgestel dat die maatskappy die baadjies vir
30 graad 12-leerders van ʼn plaaslike skool, wat nie kan bekostig om
hierdie spesiale baadjies in hul matriekjaar te koop nie, te borg.
Verduidelik waarom jy dink dit is ʼn goeie idee. Gee TWEE redes. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2023)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s
Eenhede Eenheids- Totaal
prys
1 Julie 2022 820 R416 290
30 Junie 2023 1 160 ?
B. Aankope gedurende die jaar:
Datum Eenhede Eenheids- Vraggeld Totale bedrag
prys op aankope R
10 Augustus 2022 2 400 R538 R62 400 1 353 600
20 April 2023 705 R562 R19 740 415 950
28 Junie 2023 1 815 R600 R54 450 1 143 450
TOTAAL 4 920 2 913 000
C. Terugsendings vir die maand: (kosprys plus vraggeld is terugbetaal)
Terugsendings Eenhede Eenheids- Vraggeld Totale bedrag
van aankope prys op aankope R
10 Augustus 2022 10 5 640
28 Junie 2023 5 ?
TOTAAL 15 ?
D. Verkope:
• 4 350 baadjies is gedurende die jaar verkoop.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V2 11
VRAAG 4: VASTE BATES (25 punte; 20 minute)
4.1 VASTE BATES
Die inligting het betrekking op Maluti Handelaars Bpk. Die finansiële jaar het op
28 Februarie 2023 geëindig.
GEVRA:
4.1.1 Bereken die waardevermindering op toerusting en op voertuie vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2023. (14)
4.1.2 Gee EEN rede waarom ʼn maatskappy mag besluit om vaste bates te
verkoop. (2)
INLIGTING:
A. Uittreksel: Saldo’s van Vaste Bates
28 Feb 1 Maart
2023 2022
Voertuie ? 444 150
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 162 000
Toerusting 600 000 ?
Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 440 000
B. Addisionele inligting:
(i) Nuwe toerusting, kosprys R120 000, is op 1 Mei 2022 aangekoop.
(ii) Op 31 Julie 2022 is ʼn voertuig vir R81 000 kontant verkoop. Die
oorspronklike kosprys was R164 250 en op 1 Maart 2022 was die
opgehoopte waardevermindering op hierdie voertuig R56 250.
(iii) ʼn Nuwe voertuig is op 1 September 2022 vir R315 000 aangekoop.
(iv) Toerusting word verminder teen 20% p.j. op kosprys.
Voertuie word verminder teen 20% p.j. op drawaarde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2023)
4.2 BESTUUR VAN VASTE BATES
Hlope Afleweringsdienste besit drie afleweringsvoertuie. Die eienaar, Phillip, is
bekommerd oor die kontrole oor voertuie. Hy het sekere inligting van die
toesighouers bekom en vra vir jou hulp.
GEVRA:
Identifiseer EEN verskillende probleem vir elke voertuig. Haal syfers aan.
Gee EEN punt van advies vir elke probleem geïdentifiseer. (9)
INLIGTING:
A. Goedere word binne ʼn radius van 30 km, gratis aan klante afgelewer.
Aflewerings word nie oor naweke gedoen nie.
B. Inligting voorsien deur die toesighouer. Dit verwys na die 4 weke (20 dae)
gedurende Mei 2023.
Voertuig 1 Voertuig 2 Voertuig 3
Datum aangekoop 1 April 2021 1 Junie 2018 1 Mei 2009
Drawaarde R210 000 R113 000 R1
Bestuurder se salaris per
R11 000 R13 750 R11 000
maand
Kilometers gery 360 km 780 km 1 216 km
Aantal aflewerings
24 40 38
gemaak
Gemiddelde kilometers per
15 km 19,5 km 32 km
rit
Brandstofkoste (R20,80
R420 R1 400 R2 150
per liter)
Onderhoud / dienskoste R70
R115 R285
(maandelikse gemiddeld) Diensplan
25
¤
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) REKENINGKUNDE V2 13
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn
finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Copyright reserved
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum