Skip to content

Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202213 pages

Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 REKENINGKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, insluitend ʼn formuleblad en ʼn 11-bladsy antwoordeboek.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. TYD VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) Begrippe, Staat van Omvattende Inkomste 1 60 45 en Staat van Finansiële Posisie Finansiële aanwysers, Aandele Kaptaal- 2 40 30 nota en Kontantvloeiberekeninge Vertolking van Maatskappy Finansiële 3 35 30 Inligting 4 Korporatiewe bestuur 15 15 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V1 3 HOU HIERDIE BLADSY SKOON. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 1: BEGRIPPE, STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE (60 punte; 45 minute) 1.1 Kies ʼn verduideliking in KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Omsigtigheid A Dit dui die bates, laste en ekwiteit van die maatskappy aan 1.1.2 Staat van Omvattende B Direkteursfooie moet afsonderlik in die Inkomste finansiële state geopenbaar word en nie as deel van salarisse en lone nie 1.1.3 Wesenlikheid C Dit toon die invloei en uitvloei van fondse vir die jaar 1.1.4 Staat van Finansiële D Die voorsiening vir oninbare skulde Posisie moet tot 5% van uitstaande debiteure aangesuiwer word E Dit toon die wins of verlies vir die finansiële tydperk (4 x 1) (4) 1.2 JULA BEPERK Jy word voorsien van die inligting vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2022. GEVRA: 1.2.1 Verwys na Inligting B (i): Bereken die volgende: • Die waarde van die eindvoorraad deur die spesifieke identifikasie- metode te gebruik (4) • Die aantal mikrogolfoonde wat vermis word (2) 1.2.2 Verwys na Inligting A en B: Gebruik die tabel verskaf om die korrekte netto wins na belasting vir die jaar geëindig 30 Junie 2022 te bereken. Dui '+' vir vermeerdering en '–' vir vermindering by elke aangesuiwerde bedrag aan. (17) 1.2.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op 30 Junie 2022. (33) LET WEL: • Aansuiwerings van Inligting B moet oorweeg word wanneer die Staat van Finansiële Posisie voltooi word. • Toon bewerkings. Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V1 5 INLIGTING: A. Lys van saldo’s voordat die foute en weglatings hieronder in ag geneem is. 30 Junie 2022 30 Junie 2021 Balansstaatrekeninge afdeling (R) (R) Gewone aandelekapitaal 3 948 000 2 673 000 Behoue inkomste ? 1 100 300 Vaste bates teen drawaarde ? Vaste deposito 300 000 Bank (gunstig) 276 000 Verbandlening: BBS Bank 2 057 000 2 431 400 SAID: Inkomstebelasting (Voorlopige belasting) 947 620 Aandeelhouers vir dividende 296 000 250 000 Handelsvoorraad 2 757 000 Debiteurekontrole 1 595 000 Voorsiening vir oninbare skulde ? 78 300 Krediteurekontrole 1 264 000 B. Die netto wins voor belasting, R3 199 890, is bereken voordat die volgende in ag geneem/reggestel is: (i) Die volgende voorraaditems is uit die jaarlikse voorraadopnamesyfers weggelaat: LET WEL: Die spesifieke identifikasie-metode is in gebruik vir voorraad- waardasie. Gedurende die jaar Voorraad op Aankope Verkope 30 Junie 2022 Hoeveel- Eenheids- Hoeveel- Hoeveel- Totale Item heid prys heid heid waarde Televisies 1 200 R7 000 1 118 ? ? Mikrogolfoonde 2 000 R1 500 1 800 198 R297 000 (ii) Die voorsiening vir oninbare skulde moet met R1 450 verhoog word. (iii) Verwys na die volgende vooraansuiweringsrekeninge: Nominale rekeninge afdeling Direkteursfooie R 992 000 Huurinkomste 76 000 Advertensies 54 000 • Die maatskappy het vyf (5) direkteure wat dieselfde maandelikse fooi verdien. Hulle was almal op 'n bonus gelykstaande aan een maand se fooi geregtig. Die bonus van EEN (1) direkteur is steeds uitstaande. Die uitstaande bonus is nie aangeteken nie. • Huur vir Mei en Junie 2022 is nie ontvang nie. Dit is nog nie aangeteken nie. Let daarop dat die huur met 10% p.j. op 1 Junie elke jaar verhoog. • ʼn Advertensiekontrak vir R12 400 is vir die tydperk 1 Maart 2022 tot 31 Oktober 2022 betaal. Die vooruitbetaalde gedeelte is nie aangeteken nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) (iv) Uittreksel uit die leningstaat ontvang vanaf BBS Bank op 30 Junie 2022: Saldo op 1 Julie 2021 R2 431 400 Terugbetalings (rente ingesluit) vir die periode 1 Julie 374 400 2021 tot 30 Junie 2022 Saldo op 30 Junie 2022 2 246 000 • Die rente op lening is nog nie aangeteken nie. C. Nadat die aansuiwerings / regstellings hierbo in ag geneem is, is vasgestel dat die besigheid R17 400 vir inkomstebelasting vir die jaar oorbetaal het. D. Aandele en dividende: • Die maatskappy het gedurende die jaar 90 000 aandele teruggekoop teen ʼn totale koste van R698 000. Dit was R275 000 bo die gemiddelde aandeelprys. • Dividende op gewone aandele vir die jaar het R570 000 beloop. E. ʼn Deel van die vaste deposito’s sal op 30 Julie 2022 verval. F. ʼn Gedeelte van die lening sal in die volgende finansiële jaar betaal word. G. Die bedrag vir vaste bates is die balanserende syfer. 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V1 7 HOU HIERDIE BLADSY SKOON. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS, AANDELE KAPITAAL-NOTA EN KONTANTVLOEIBEREKENINGE (40 punte; 30 minute) Die inligting het betrekking op Terresa Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2022. GEVRA: 2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2022. 2.1.1 Vuurproefverhouding (4) 2.1.2 % Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend (5) 2.1.3 Dividend per aandeel (DPA) (4) 2.2 Voltooi die Gewone Aandelekapitaal-nota op 28 Februarie 2022. (3) 2.3 Bereken die volgende: 2.3.1 Verandering in ontvangbares (dui aan of dit ʼn invloei of uitvloei van kontant is) (5) 2.3.2 Inkomstebelasting betaal (5) 2.3.3 Vaste bates aangekoop (4) 2.4 Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat. 2.4.1 Kontantgevolge van finansieringsaktiwiteite (7) 2.4.2 Netto verandering in kontant en kontantekwivalente (3) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022: Verkope R 3 500 000 Waardevermindering 810 700 Wins voor rente-uitgawe 1 726 000 Netto wins voor belasting 1 600 000 B. Inkomstebelasting is vir die huidige finansiële jaar teen 30% bereken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V1 9 C. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie: 2022 2021 Vaste bates (drawaarde) 7 296 200 6 117 800 Vaste deposito ? ? Bedryfsbates 1 536 500 1 461 200 Voorraad 671 000 590 000 Handelsdebiteure 829 000 796 200 Vooruitbetaalde uitgawes 33 000 0 SAID: Inkomstebelasting 0 13 800 Bank 0 61 200 Kleinkas 3 500 0 Gewone aandeelhouersbelang 7 134 500 5 520 000 Gewone aandelekapitaal 6 240 000 5 100 000 Behoue inkomste 894 500 420 000 Nie-bedryfslaste 1 050 000 1 400 000 Bedryfslaste 1 048 200 959 000 Handelskrediteure 700 700 777 000 SAID: Inkomstebelasting 28 600 0 Aandeelhouers vir dividende 292 500 182 000 Bankoortrekking 26 400 0 D. Geen vaste bates is verkoop nie, maar daar was toevoegings tot vaste bates gedurende die finansiële jaar. E. Aandelekapitaal en dividende: 1 Maart 2021 1 700 000 aandele was in uitreik. 30 Augustus 2021 Interim dividend betaal, R323 000. 31 Desember 2021 R1 620 000 ontvang vir addisionele aandele uitgereik. 27 Februarie 2022 150 000 aandele teruggekoop teen 20c bo die gemiddelde aandeelprys. Hierdie aandele kwalifiseer nie vir finale dividende nie. 28 Februarie 2022 ʼn Finale dividend van 15 sent per aandeel verklaar. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 3: VERTOLKING VAN MAATSKAPPY FINANSIËLE INLIGTING (35 punte; 30 minute) Die inligting hou verband met twee maatskappye wat in die rekenaarbedryf handel dryf. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 30 September. LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, haal finansiële aanwysers, syfers en tendense aan om jou antwoord te ondersteun. GEVRA: 3.1 Winsgewendheid: Identifiseer die maatskappy met die beter winsgewendheid finansiële aanwysers. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (3) 3.2 Likiditeit: 3.2.1 Verduidelik watter maatskappy se likiditeitsposisie aandeelhouers gelukkig sal maak. Haal TWEE finansiële aanwysers in jou verduideliking aan. (6) 3.2.2 Verduidelik TWEE punte oor hoe die ander maatskappy hul likiditeitsposisie kan verbeter. Verwys na ʼn spesifieke finansiële aanwyser. (4) 3.3 Dividenduitbetalingsbeleid: Lewer kommentaar op die verandering in die dividenduitbetalingsbeleid van ELKE maatskappy. Verskaf in ELKE geval ʼn moontlike rede waarom die maatskappy op ʼn verandering van beleid besluit het. Haal syfers aan. (6) 3.4 Risiko en hefboomfinansiering: Lewer kommentaar oor hoe elke maatskappy hul risiko en hefboomfinansiering bestuur. Haal TWEE finansiële aanwysers in jou verduideliking aan. (8) 3.5 Persentasie aandeelhouding en aandeelprys: Die Bravo-familie het van hul aandele terugverkoop aan Dally Bpk. en Nana Bpk. 3.5.1 Lewer kommentaar op die prys wat betaal is vir die terugkoop van aandele deur Dally Bpk. Verskaf TWEE punte. Haal syfers aan. (4) 3.5.2 Verduidelik die effek van die terugkoop van aandele op die % aandeelhouding van die Bravo-familie in ELKE maatskappy. Verskaf ʼn berekening om jou verduideliking te ondersteun. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V1 11 INLIGTING: A. Uittreksels uit die rekeningkundige rekords aan die einde van elke finansiële jaar: DALLY BPK NANA BPK Sept 2022 Sept 2021 Sept 2022 Sept 2021 Aantal uitgereikte 1 500 000 1 750 000 1 950 000 2 100 000 aandele Terugkoopprys R15 R15 Aantal aandele wat aan die einde van die 765 000 1 015 000 942 000 1 092 000 jaar deur Bravo- familie besit word % Aandeelhouding ? 58% ? 52% van die Bravo-familie B. Finansiële aanwysers, rentekoers en markprys van aandele: DALLY BPK NANA BPK Sept 2022 Sept 2021 Sept 2022 Sept 2021 Winsopslag % behaal 45% 50% % Bedryfsuitgawes 31% 35% op verkope % Bedryfswins op 25% 16% verkope Vuurproefverhouding 1 :1 0,6 : 1 0,7 : 1 0,9 : 1 Gemiddelde debiteure- 28 dae 46 dae 40 dae 45 dae invorderingsperiode Skuld-ekwiteit 0,4 :1 0,7 :1 0,6 :1 0,2 : 1 verhouding Dividenduitbetalings- 20% 60% 80% 25% koers % Opbrengs op 16% 12% 9% 13% kapitaal aangewend Rente op lening 12% 12% 12% 12% Netto batewaarde per 1 260 sent 1 120 sent 1 000 sent 1 160 sent aandeel Markprys 1 420 sent 1 390 sent 1 100 sent 1 380 sent 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute) GEVRA: 4.1 Die volgende is ʼn uittreksel uit die onafhanklike ouditeurverslag van Xuba Bpk. Na ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, ʼn billike weergawe van die finansiële posisie van die maatskappy soos op 28 Februarie 2022. 4.1.1 Identifiseer die tipe verslag wat deur die ouditeur uitgereik is. Gee EEN rede vir jou antwoord. (3) 4.1.2 Verduidelik die impak van so ʼn verslag op die beeld van die maatskappy. Noem EEN punt. (2) 4.2 BRUCE Bpk. het een van die tenders ontvang, om huise ter waarde van R10 miljoen in die Matolo-gemeenskap te bou. Die Hoof Finansiële Beampte (HFB) van Bruce Bpk. bied aan om 10% van die bedrag in kontant aan die Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van die behuisingsprojek te betaal indien die tender toegeken word. Die HFB wil dit openbaar as korporatiewe sosiale verantwoordelikheid. 4.2.1 Verduidelik hoekom dit oneties is vir die HUB om hierdie aanbod te aanvaar. Noem TWEE punte. (4) 4.2.2 Noem moontlike implikasies vir die HUB sou hy hierdie aanbod aanvaar. Verduidelik TWEE punte. (4) 4.2.3 Stel TWEE maniere voor waarop korporatiewe sosiale verantwoordelikheid deur goeie korporatiewe bestuur bereik kan word. (2) 15 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V1 13 GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope . Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid Nota: * In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all