Skip to content

Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202212 pages

Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 REKENINGKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitend ʼn formuleblad en ʼn 9-bladsye antwoordeboek.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing. 7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE. 8. Skryf netjies en duidelik. 9. Gebruik die inligting in die tabel as riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Voorraadwaardasie en BTW 35 30 2 Rekonsiliasies 35 30 3 Kosteberekeninge 40 30 4 Begroting 40 30 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 3 VRAAG 1: VOORRAADWAARDASIE EN BTW (35 punte; 30 minute) 1.1 VOORRAADWAARDASIE Debra Handelaars verkoop elektriese waaiers. Die eienaar van die besigheid is Deb Fisher. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 30 April 2022. Die periodieke voorraadstelsel en die eerste-in-eerste-uit-metode (EIEU) word gebruik om die waarde van die waaiers in voorraad te bepaal. GEVRA: 1.1.1 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 30 April 2022: • Waarde van slotvoorraad (5) • Koste van verkope (6) 1.1.2 Deb is bekommerd oor die verkope en die winsgewendheid. • Bereken die gemiddelde voorraadhoudingsperiode (in dae). (5) • Lewer kommentaar op grond van jou bevindings of sy bekommerd moet wees of nie. (2) 1.1.3 Deb wil oorskakel na die geweegde gemiddelde metode om die waarde van die elektriese waaiers te bepaal aangesien sy voel dit kan die winsgewendheid verbeter. Lewer kommentaar op hierdie voorstel. Verskaf TWEE punte. (4) INLIGTING: A. Voorraad van elektriese waaiers: EENHEDE TOTAAL (R) 1 Mei 2021 330 79 200 30 April 2022 470 ? B. Aankope van elektriese waaiers gedurende die jaar: EENHEIDS- TOTAAL MAAND EENHEDE KOSTE (R) (R) Julie 2021 250 250 62 500 September 2021 350 260 91 000 Desember 2021 500 275 137 500 Februarie 2022 300 285 85 500 TOTAAL 1 400 376 500 C. Ses (6) elektriese waaiers van die Desember 2021-aankope, met ʼn totale koste van R1 650, is as pryse in ʼn advertensieveldtog gebruik. D. Tien (10) beskadigde waaiers van die Februarie 2022-aankope is aan verskaffers teruggestuur. Die totale koste is as terugbetaling ontvang. E. Verkope: Elektriese waaiers word teen ʼn vaste prys van R425 elk, verkoop. Die totale verkope het R528 700 beloop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.2 BTW B-Line Verskaffers is vir BTW geregistreer. Die standaardkoers van 15% is van toepassing. Die eienaar van die besigheid is Brenda Fazile. GEVRA: 1.2.1 Bereken die bedrag betaalbaar aan SAID vir BTW vir die twee maande BTW-periode geëindig 30 Junie 2022. (9) 1.2.2 Brenda het met ʼn verskaffer onderhandel om haar van ʼn faktuur vir aankope van R120 000 te voorsien, alhoewel die werklike aankope R30 000 was. Wat sal jy, as ʼn senior bestuurder, vir Brenda sê in verband met hierdie transaksie? Verskaf TWEE punte. (4) INLIGTING: A. Die saldo deur SAID verskuldig op 1 Junie 2022 was R3 800. B. BTW-bedrae geneem uit die rekords vir Junie 2022: BTW BEDRAG R Totale verkope 142 500 Totale aankope van voorraad 86 100 Korting ontvang van verskaffers 3 750 Goedere deur debiteure teruggestuur 1 260 Verkoop van ou toerusting 6 000 Goedere deur eienaar geneem vir eie gebruik 1 125 Oninbare skuld ingevorder 540 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 5 VRAAG 2: REKONSILIASIES (35 punte; 30 minute) BANKREKONSILIASIE 2.1 Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ teenoor elke nommer (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Kontantonttrekkingsfooie en rente op oortokke bank op ʼn bankstaat, word as bankkoste in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken. 2.1.2 ʼn Kredietsaldo op die bankstaat dui op ʼn gunstige saldo vir die besigheid. 2.1.3 Dit is nie nodig om ʼn bankrekonsiliasiestaat voor te berei nie aangesien die bankstaat altyd die korrekte banksaldo sal aantoon. (3) 2.2 AMADEV WINKELS Die inligting het betrekking op Julie 2022. Die offisiële bankstaat wat gebruik word om rekonsiliasies te doen, word op die 25ste van elke maand aan die besigheid ge-epos. GEVRA: 2.2.1 Bring die totale van die KOJ en KBJ op datum in die tabel wat voorsien word en bereken die korrekte saldo van die bankrekening in die Algemene Grootboek op 31 Julie 2022. Toon ALLE bewerkings. (9) 2.2.2 Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2022. (8) 2.2.3 Verwys na INLIGTING D: Deposito van R22 500 op 20 Julie 2022. Verduidelik waarom die rekenmeester oor hierdie deposito bekommerd moet wees. Verskaf EEN punt. (2) INLIGTING: A. Die bankrekening in die Algemene Grootboek toon ʼn gunstige saldo van R21 800 op 1 Julie 2022. B. Voordat vergelykings/inspeksie van die Julie-bankstaat gedoen is, was die voorlopige totale van die Julie-joernale: KOJ: R116 400 en KBJ: R132 500. C. Bankkoste op die Julie-bankstaat, maar nie in die joernaal nie, R1 150. D. ʼn Deposito gedateer 20 Julie 2022, verskyn nie op die bankstaat nie, R22 500. E. ʼn Deposito gedateer 29 Julie 2022 verskyn nie op die bankstaat nie, R12 700. F. ʼn EFO van ʼn debiteur ontvang, verskyn korrek op die bankstaat as R5 300, maar is verkeerdelik as R3 500 in die joernaal opgeskryf. G. Die debietorder vir selfoondata, R1 840, is nie in die betrokke joernaal aangeteken nie. Dit is ook verkeerdelik, dubbeld aangeteken op die Julie- bankstaat. H. EFO 778, gedateer 31 Julie, is nie op die bankstaat aangeteken nie, R6 200. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) I. Huur ontvang op 30 Julie, R9 200, is in die joernaal aangeteken vanaf ʼn bewys van betaling van die huurder ontvang. Dit verskyn egter nie op die bankstaat nie. J. ʼn Debietorder vir advertensies verskyn op die bankstaat, maar nie in die joernaal nie, R740. K. Die bankstaat het afgesluit met ʼn saldo van R? op 25 Julie 2022. 2.3 MOLLY SE DELI Molly koop haar kitskos-produkte van Gladys Verskaffers. Op 26 Augustus 2022 het sy ʼn staat van Gladys Verskaffers ontvang. Die bedrag verskuldig stem nie ooreen met die saldo in die Krediteuregrootboek nie. Volgens haar boekhouer, Janice, is die saldo in die Krediteuregrootboek R41 800. ʼn Ontleding van die rekening in die Krediteuregrootboek en die staat ontvang, wys dat die staat in alle opsigte korrek is. Foute en weglatings is slegs in die boeke van die besigheid opgemerk. GEVRA: 2.3.1 Toon hoe die foute en weglatings wat geïdentifiseer is, hanteer moet word om die rekening van Gladys Verskaffers in die Krediteure- grootboek van die besigheid reg te stel. Gebruik die tabel wat voorsien is. Toon ʼn “+” vir toename of “–” vir afname langs elke bedrag en bereken die finale saldo. (9) 2.3.2 Verwys na inligting D Molly was teleurgesteld dat sy nie die voordeel van korting kon geniet nie. Hoe kan Molly die interne beheerprosesse verbeter om te verseker dat dit nie in die toekoms weer sal gebeur nie? Verskaf TWEE punte. (4) INLIGTING: Foute en weglatings in die boeke van die besigheid geïdentifiseer. A. ʼn Faktuur vir R8 600 is nie in die krediteuregrootboekrekening aangeteken nie. B. ʼn Kredietfaktuur vir R17 800 verskyn in die krediteuregrootboek- rekening van Gladys Verskaffers. Dit was vir goedere aangekoop van Glyn Winkels. C. ʼn Kredietfaktuur vir R12 600 is as R21 600 in die krediteuregrootboek- rekening aangeteken. D. ʼn Korting van R600 is in die krediteuregrootboekrekening aangeteken toe ʼn EFO-betaling vir R12 000 op 7 Augustus 2022 gemaak is. Gladys Verskaffers het aangedui dat dit nie toegestaan is nie, omdat die kredietterme nie nagekom is nie. E. Beskadigde goedere teruggestuur, is as ʼn faktuur aangeteken, R2 240. 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 7 HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 3: KOSTEBEREKENINGE (40 punte; 30 minute) 3.1 Pas die konsepte in KOLOM A met ʼn voorbeeld verskaf in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Indirekte arbeid A Koste van grondstowwe in die produksieproses gebruik 3.1.2 Administrasiekoste B Vervaardigde produkte wat gereed is vir verspreiding aan kleinhandelaars 3.1.3 Veranderlike koste C Lone betaal aan die fabrieksonderhoud- werkers 3.1.4 Klaarprodukte D Skryfbehoeftes vir kantoorgebruik aangekoop (4 x 1) (4) 3.2 ZAZA BYKOMSTIGHEDE Die inligting het betrekking op die produksie van waterbottels. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2022 geëindig. GEVRA: 3.2.1 Verwys na Inligting A Bereken die direkte arbeidskoste vir die produksie van waterbottels. (8) 3.2.2 Verwys na Inligting D Bereken die korrekte bedrag vir Fabrieksbokoste deur die volgende foute en weglatings in berekening te bring. Toon ʼn (+) vir toename of (-) vir afname langs elke bedrag (9) 3.2.3 Voltooi die Produksiekostestaat op 28 Februarie 2022. (9) INLIGTING: A. Produksielone: • Die waterbottelfabriek het 5 werknemers. • Elkeen het 1 550 ure gewone tyd teen R60 per uur gewerk. • ʼn Totaal van 225 ure vir almal saam, is in die oortydregister aangeteken. Die oortydtarief is 1,6 keer die gewone tarief. • Alle werknemers betaal 1% van totale verdienste aan die WVF, en die besigheid dra ʼn gelyke bedrag tot die Fonds by. B. Voorraadsaldo’s: 28 Februarie 2022 1 Maart 2021 Werk in proses R? R 18 750 Klaar produkte R 42 300 R 46 800 C. Primêre koste bedrae R812 500. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 9 D. Fabrieksbokoste: Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R203 720 bereken. Die volgende foute en weglatings is opgemerk: (a) Die skoonmaker verdien R5 000 per maand. 25% hiervan moet aan die waterbottelfabriek toegedeel word. Dit is nie in berekening gebring nie. (b) Die slotvoorraad van indirekte materiaal vir die fabriek, R1 800, is nie in berekening gebring nie. (c) Die fabrieksbokoste sluit versekering van R19 200 in wat verdeel is in die verhouding 4 : 2 tussen die waterbottelfabriek en die verkoops- en verspreidingsafdeling. Dit moes verdeel word in die verhouding 5 : 1. (d) Die hele water en elektrisiteitsuitgawe van R47 400 is ingesluit in die fabrieksbokoste. Slegs 70% van hierdie uitgawe is vir die water- bottelfabriek. E. Verkope vir die jaar bedrae R1 305 850 (kosprys R1 004 500). 3.3 EENHEIDSKOSTE EN GELYKBREEK Cage Handelaars verkoop komberse. Die inligting het betrekking op die twee jaar geëindig Junie 2022. Die eienaar is Cage Matt. GEVRA: 3.3.1 Lewer kommentaar oor die beheer oor direkte materiaalkoste per eenheid en verkoops- en verspreidingskoste per eenheid. Haal syfers aan. Verskaf in elke geval, ʼn moontlike rede vir die verandering. (6) 3.3.2 Verduidelik of Cage (die eienaar) tevrede behoort te wees met die vlak van produksie bereik en die gelykbreekpunt. Verskaf TWEE punte. Haal syfers aan. (4) INLIGTING: 2022 2021 EENHEIDSPRYS EENHEIDSPRYS R R Direkte materiaalkoste 120,00 140,00 Direkte arbeidskoste 140,00 110,00 Fabrieksbokoste 92,00 90,00 Verkoops- en verspreidingskoste 90,00 60,00 Administrasiekoste 40,00 40,00 Verkoopprys per eenheid 500,00 470,00 Aantal eenhede geproduseer en 9 000 eenhede 8 000 eenhede verkoop Gelykbreekpunt 7 920 eenhede 6 500 eenhede 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 4: BEGROTING (40 punte; 30 minute) 4.1 Verduidelik waarom: 4.1.1 Oninbare skuld nie in ʼn kontantbegroting sal voorkom nie. (1) 4.1.2 ʼn Kontantbegroting ʼn effektiewe interne beheermeganisme is. (2) 4.2 MARIE (EDMS) BPK. Die maatskappy is geregistreer met ʼn gemagtigde aandelekapitaal van 800 000 gewone aandele. GEVRA: 4.2.1 Verwys na Inligting A en B Bereken die invorderings van debiteure gedurende September 2022. (7) 4.2.2 Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (i) tot (iv) in die uittreksel van die Kontantbegroting in Inligting E. (13) 4.2.3 Bereken die % verhoging in salarisse en lone. (3) 4.2.4 Verskaf TWEE redes waarom die maatskappy sou besluit om in personeelopleiding te investeer. (2) 4.2.5 Verwys na Inligting J. As gevolg van lae voorraadomsetsnelheid gedurende die Covid-19 pandemie, het Marie besluit om die verkoopstrategie te verander. • Lewer kommentaar oor die nuwe benadering rakende kontant- en kredietverkope. (2) • Verduidelik TWEE nadele van hierdie benadering. (4) • Lewer kommentaar oor die werklike en begrote syfers vir advertensies en verpakkingsmateriaal. Haal syfers aan. (6) INLIGTING: A. JULIE AUGUSTUS SEPTEMBER R R R Kredietverkope 364 000 382 200 354 900 Koste van verkope 320 000 336 000 312 000 B. Debiteure betaal as volg: 50% van debiteure betaal in die maand van verkope en ontvang 4% korting 30% betaal in die maand wat volg op die verkope-maand 18% betaal in die tweede maand na die verkope-maand Oninbare skuld beloop 2% C. Kontantverkope is 35% van totale verkope. D. Aankope en betalings aan krediteure: • Voorraad verkoop, word vervang in die maand van verkope. • Kontantaankope beloop 25% van totale aankope. • Krediteure vir voorraadaankope word in die tweede maand wat volg op aankope (60 dae), betaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 11 E. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die twee maande: AUGUSTUS SEPTEMBER Ontvangstes Kontantverkope 205 800 191 100 Kontant van debiteure Huurinkomste (i) 13 878 Addisionele aandele 465 000 Betalings Kontantaankope van voorraad 84 000 78 000 Betalings aan krediteure 225 000 (ii) Salarisse en lone 134 300 142 358 Terugbetaling van lening (iii) Rente op lening 3 300 2 750 Advertensies 17 640 16 380 Verpakkingsmateriaal 35 280 32 760 Afleweringskoste 41 160 38 220 Gewone aandele dividend (iv) Personeelopleiding 70 000 F. Die huur sal vanaf 1 September 2022 met 8% p.j. verhoog. G. ʼn Gedeelte van die lening sal op 1 September 2022 terugbetaal word. Rente op lening teen 11% p.j. is op die laaste dag van elke maand betaalbaar en word nie gekapitaliseer nie. H. Op 1 Julie 2022 was 480 000 gewone aandele reeds uitgereik. Addisionele aandele sal op 1 Augustus 2022 teen R6,20 per aandeel uitgereik word. Interim dividende van 15 sent per aandeel is op 30 September 2022 aan alle aandele in die aandeleregister betaalbaar. I. Advertensies is ʼn vaste persentasie van begrote kontantverkope. Aflewerings aan klante is uitgekontrakteer aan Victor Reliable. J. Begrote en Werklike syfers vir Julie 2022: BEGROOT WERKLIK BEGROTINGSITEM R R Kontantverkope 196 000 50 400 Kredietverkope 364 000 285 600 Totale verkope 560 000 336 000 Advertensies 16 800 13 440 Verpakkingsmateriaal 33 600 18 500 40 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope . Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: * In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all