NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2025
REKENINGKUNDE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*JACCNA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ʼn formuleblad
en ʼn 9-bladsy antwoordeboek.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 


%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)

View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 199.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape June Exam 2025
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2025)
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) REKENINGKUNDE V2 3
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word voorsien waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Rekonsiliasies en Interne Beheer 35 30
2 Kosterekeningkunde 45 35
3 Voorraad 35 25
4 Vaste Bates en Probleemoplossing 35 30
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2025)
VRAAG 1: REKONSILIASIES EN INTERNE BEHEER (35 punte; 30 minute)
1.1 DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING
GEVRA:
1.1.1 Verduidelik EEN punt om te wys waarom ʼn debiteure-ouderdoms-
ontleding ʼn belangrike interne beheermaatreël is vir enige besigheid
wat op krediet verkoop. (2)
1.1.2 Verwys na Inligting B en verduidelik TWEE probleme wat deur die
debiteure-ouderdomsontleding uitgewys is. Verskaf name en syfers in
jou antwoord. (6)
INLIGTING:
A. Debiteure word 30 dae krediet toegestaan.
B. Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Mei 2025:
DEBITEURE KREDIET TOTAAL LOPEND 30 60 90
LIMIET VER- DAE DAE DAE
SKULDIG
R Bouwer 14 000 12 000 6 200 5 800
W Holtz 7 000 8 400 7 600 800
R Jansen 14 000 2 900 1 000 1 900
E Peens 36 000 35 000 14 050 9 725 6 595 4 630
D Rootman 7 000 7 000 3 800 3 200
65 300 32 650 16 325 9 795 6 530
100% 50% 25% 15% 10%
1.2 DEBITEUREREKONSILIASIE
Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Thomson Handelaars vir
April 2025. Die boekhouer het opgemerk dat die saldo van die Debiteure-
kontrolerekening nie met die totale van die Debiteurelys ooreenstem nie.
GEVRA:
Bereken die korrekte saldo van die Debiteurekontrolerekening en die korrekte
totale van die Debiteurelys op 30 April 2025. Gebruik die tabel in die
ANTWOORDEBOEK en toon ’n bedrag met “+”, “-” of “geen inskrywing” vir elke
fout of weglating wat opgespoor word. (17)
INLIGTING:
A. Saldo van die Debiteurekontrolerekening op 30 April 2025, R65 600.
Totaal van die Debiteurelys op 30 April 2025, R67 790.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) REKENINGKUNDE V2 5
B. Foute en weglatings opgespoor:
(i) ʼn Debiteur met ʼn saldo van R2 500 is uit die Debiteurelys weggelaat.
(ii) ʼn EFO-betaling van R1 200 om ʼn rekening van R1 300 te vereffen
is deur ʼn debiteur gemaak en dit is korrek in die Kontantontvangste-
joernaal aangeteken. Die transaksie is nie na sy rekening in die
Debiteuregrootboek oorgeboek nie.
(iii) Die totaal van die Debiteurejoernaal is met R1 800 te min bereken.
(iv) Geen inskrywing is gemaak vir goedere wat deur ʼn debiteur
teruggebring is nie, R2 700.
(v) Rente van R125 is op die agterstallige rekening van ʼn debiteur
gehef. Dit is in die Algemene Joernaal as R125 aangeteken, maar
dit is na die debiteur se rekening as R215 oorgeboek.
(vi) Handelsvoorraad deur ʼn debiteur teruggebring, R1 200, is na die
verkeerde kant van sy rekening in die Debiteuregrootboek
oorgeboek.
(vii) Thomson Handelaars koop van en verkoop goedere aan Sprong
Dienste. Sprong Dienste het versoek dat sy kredietsaldo van R2 500
in die Krediteuregrootboek, oorgedra moet word na sy rekening in
die Debiteuregrootboek.
(viii) ʼn Faktuur vir kredietverkope aan Le Vack Dienste is na die rekening
van La Grange Goedere oorgeboek, R3 500.
(ix) ʼn Faktuur vir kredietverkope, R4 200, is as R2 400 in die Debiteure-
joernaal ingeskryf.
(x) Die agterstallige rekening van ʼn debiteur, R900, moet as oninbare
skuld afgeskryf word. Alhoewel nog geen inskrywing vir die oninbare
skuld gemaak is nie, verskyn die debiteur se saldo nie in die
Debiteurelys nie.
1.3 KREDITEURE
INLIGTING:
Makanda Handelaars koop goedere van Gqeberha Dienste.
GEVRA:
Makanda Handelaars is nie heeltemal tevrede met die kwaliteit van goedere wat
van Gqeberha Dienste ontvang word nie.
Noem TWEE faktore om te oorweeg voordat hulle van verskaffer verander. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2025)
1.4 BANKREKONSILIASIE
Die volgende inligting handel oor Meyer Handelaars vir Januarie 2025.
GEVRA:
Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Januarie 2025 op. (6)
INLIGTING:
A. Saldo op die bankstaat soos ontvang van EC Bank, R53 900 (kt.).
B. Addisionele inligting om in ag te neem:
(i) Items in die Kontantjoernale vir Januarie 2025 wat nie op die Bankstaat
vir Januarie 2025 verskyn nie:
x ʼn Deposito van R38 250 wat op 31 Januarie 2025 gemaak is
x EFO 675, R5 400
(ii) Twee foute is op die bankstaat geïdentifiseer en EC Bank het beloof
om hierdie inskrywings in Februarie 2025 reg te stel.
x EFO Nr. 687 is in die Kontantbetalingsjoernaal korrek as R9 860
ingeskryf, maar verskyn as R8 960 op die bankstaat.
x ʼn Betaling vir ʼn vreemde debietorder vir R2 500 verskyn op die
bankstaat.
(iii) Die saldo van die bankrekening is?
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) REKENINGKUNDE V2 7
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2025)
VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (45 punte; 35 minute)
2.1 Identifiseer EEN kostekategorie vir elk van die volgende beskrywings deur die
beste opsie uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die kostekategorie langs die
vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
administrasiekoste; direkte arbeidskoste; direkte materiaalkoste;
fabrieksbokoste; verkoops- en verspreidingskoste
2.1.1 Koste van advertensieveldtog
2.1.2 Koste van materiaal in produksieproses gebruik
2.1.3 Huur van fabriek
2.1.4 Salarisse van kantoorpersoneel (4)
2.2 HERMS VERVAARDIGERS
Jy word voorsien van inligting rakende Herms Vervaardigers vir die jaar geëindig
30 April 2025. Hulle vervaardig een soort rekenaarsak.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die volgende kostes:
x Direkte materiaalkoste (6)
x Direkte arbeidskoste (6)
x Fabrieksbokoste (7)
2.2.2 Stel die Produksiekostestaat op. (9)
2.2.3 Bereken die gelykbreekpunt vir 2025. (6)
Verduidelik of die eienaar bekommerd moet wees of nie, oor die
resultate. Verskaf syfers in jou verduideliking. (3)
2.2.4 Verduidelik die verskil tussen vaste en veranderlike koste. (2)
2.2.5 Verduidelik die term “ekonomie van skaal” in terme van vaste koste. (2)
INLIGTING:
A. Voorraad voorhande:
30 April 2025 1 Mei 2024
Grondstof 183 100 260 500
Goedere-in-bewerking voorraad ? 75 200
B. Grondstof gedurende die finansiële jaar aangekoop, R1 500 600.
Vraggeld betaal op grondstowwe aangekoop, R89 000.
Grondstof aan verskaffers teruggestuur, R13 700.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) REKENINGKUNDE V2 9
C. Lone vir werkers betrokke in produksie:
Aantal werkers 9
Gewone/basiese loon R60 per uur
Gewone ure per werker gewerk 1 950
Oortydloon 1½ keer gewone loon per uur
Totale oortyd ure 150
Aftrekkings 12% van basiese loon
Werkgewersbydrae 10% van basiese loon
D. Fabrieksbokoste:
Die fabrieksbokoste is as R530 200 bereken, maar die volgende foute en
weglatings is ontdek:
x R60 000 vir huur is ingesluit. Huur is toegedeel as 3 : 2 : 1. Huur behoort
as 6 : 2 : 2 toegedeel te word, met die fabriek wat altyd die grootste deel
van die huuruitgawe dra.
x Die hele uitgawe vir water en elektrisiteit, R240 800 is ingesluit as deel
van fabrieksbokoste. Die fabriek dra slegs 80% van hierdie uitgawe.
x Versekering vir die jaar is R85 000 en is by fabrieksbokoste uitgelaat.
Die fabriek dra 70% van hierdie uitgawe.
E. Addisionele inligting:
x 3 820 rekenaarsakke is teen ʼn koste van R900 elk vervaardig en is teen
ʼn wins van 50% op kosprys verkoop.
x Totale vaste koste beloop R1 008 000 en totale veranderlike koste
beloop R3 629 000.
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2025)
VRAAG 3: VOORRAAD (35 punte; 25 minute)
3.1 BEGRIPPE
Pas die konsepte in KOLOM B by ʼn beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die
letter (A–E) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Metode beste geskik vir duur, A Eerste-in-eerste-uit
individueel herkenbare items
3.1.2 Ouer voorraad word eerste verkoop B Periodieke stelsel
3.1.3 Totale koste van beskikbare goedere C Deurlopende stelsel
word gedeel deur die aantal eenhede
beskikbaar
3.1.4 Kosprys word by verkooppunt D Spesifieke identifikasie
bereken
E Geweegdegemiddelde (4)
3.2 VOORRAADWAARDASIE
Jy word voorsien van inligting rakende Rabada Batters, wat deur Rabada King
besit word. Die besigheid verkoop kriekettoerusting. Rabada Batters gebruik die
periodieke voorraadstelsel en die geweegdegemiddelde-metode om hul
krieketkolwe (wat 95% van hul besigheid is) in voorraad te waardeer. Die
finansiële jaar het 28 Februarie 2025 geëindig.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die eenheidsprys van die krieketkolwe op 1 Maart 2024. (2)
3.2.2 Bereken die waarde van voorraad voorhande op 28 Februarie 2025. (8)
3.2.3 Bereken die bruto wins op 28 Februarie 2025. (6)
3.2.4 Bereken hoeveel dae dit behoort te neem om die eindvoorraad van
krieketkolwe te verkoop. Gebruik die eindvoorraad in jou berekening.
Hou in gedagte dat die voorraadhoudingsperiode vir 2024, 34 dae was en
lewer kortliks kommentaar op jou antwoord. (5)
3.2.5 Rabada vermoed dat sommige van die krieketkolwe gedurende die jaar
gesteel is. Verskaf ’n berekening om sy kommer te ondersteun.
Gee TWEE punte van advies aan Rabada om hierdie situasie te verbeter. (8)
3.2.6 Rabada Batters verkoop ook kriekethemde en gebruik die eerste-in-
eerste-uit-metode om hul kriekethemde in voorraad te waardeer.
Verduidelik EEN rede waarom die besigheid verskillende metodes
gebruik om hul voorraad te waardeer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) REKENINGKUNDE V2 11
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s van krieketkolwe:
Eenhede Eenheidsprys Totaal
1 Maart 2024 700 ? R1 050 000
28 Februarie 2025 930 ? ?
B. Aankope, terugsendings en vraggeld:
Eenhede Eenheidsprys Totale bedrag
Aankope:
Mei 2024 2 200 R1 600 R3 520 000
September 2024 1 900 R1 800 R3 420 000
November 2024 1 300 R2 500 R3 250 000
Februarie 2025 900 R2 650 R2 385 000
6 300 R12 575 000
Terugsendings:
Van Septemeber 2024 (10) ?
Van Februarie 2025 (40) ?
Vraggeld op aankope:
x Totale vraggeld op aankope vir die jaar is R218 300.
x Geen terugbetaling vir vraggeld op teruggestuurde goedere is
ontvang nie.
C. Verkope:
6 050 krieketkolwe is teen R3 200 elk verkoop.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2025)
VRAAG 4: VASTE BATES EN PROBLEEMOPLOSSING (35 punte; 30 minute)
4.1 VASTE BATES
Die inligting handel oor Govender Bpk. Die finansiële jaar het op
28 Februarie 2025 geëindig.
GEVRA:
4.1.1 Bereken die drawaarde van grond en geboue op 1 Maart 2024. (2)
4.1.2 ʼn Gebou wat net so groot is en in dieselfde omgewing as die maatskappy
se gebou is, is onlangs teen R10 000 000 verkoop. Die hoof-uitvoerende
beampte het die interne ouditeur versoek om die maatskappy se geboue
teen R8 000 000 te herwaardeer.
Verduidelik waarom die interne ouditeur ʼn probleem met hierdie versoek
het. Verwys na ʼn AARP-beginsel in jou verduideliking. (3)
4.1.3 Bereken die totale waardevermindering op voertuie vir die jaar geëindig
28 Februarie 2025. (6)
4.1.4 Bereken die totale opgehoopte waardevermindering op toerusting wat op
31 Oktober 2024 verkoop is. (6)
4.1.5 Stel die Bateverkoperekening op 31 Oktober 2024 op. (5)
4.1.6 ’n Werknemer wou die ou toerusting gekoop het en was uiters ontevrede
toe hy hoor dat die toerusting aan een van die direkteure verkoop is.
Lewer kommentaar op hierdie situasie. (4)
INLIGTING:
A. Saldo’s:
28 Februarie 2025 1 Maart 2024
Grond en geboue 5 100 000 ?
Voertuie 1 440 000 700 000
Opgehoopte
waardevermindering op
voertuie ? 680 000
Toerusting 870 000 750 000
Opgehoopte
waardevermindering op
toerusting
B. Addisionele inligting:
(i) Toevoegings ter waarde van R860 000 is gedurende die jaar aan die
geboue gedoen. Dit is korrek aangeteken toe die toevoegings gedoen
is.
(ii) Op 28 Februarie 2025 het die maatskappy twee voertuie gehad. Die
tweede voertuig is op 1 November 2024 aangekoop en behoorlik in die
boeke ingeskryf.
(iii) Voertuie word teen 15% p.j. op kosprys verminder.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) REKENINGKUNDE V2 13
(iv) Nuwe toerusting ter waarde R150 000 is op 1 Desember 2024
aangekoop en korrek ingeskryf.
Op 31 Oktober 2024 is ou toerusting vir R5 000 kontant aan een van
die direkteure verkoop. Hierdie toerusting is op 1 Maart 2022 teen ’n
koste van R30 000 aangekoop.
(v) Waardevermindering op toerusting word teen 10% p.j. op drawaarde
bereken.
4.2 PROBLEEMOPLOSSING
Easy Rides verkoop elektriese fietse van drie verskillende winkels in die Oos-
Londen-area. Elke winkel het sy eie bestuurder. Die tabel hieronder toon die
syfers vir die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2025.
GEVRA:
Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke winkel en haal syfers in die
identifisering van elke probleem aan.
Verskaf EEN punt van advies om elke probleem wat geïdentifiseer is, op te
los. (9)
INLIGTING VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 MAART 2025:
Vincent Cambridge Selborne
Aantal e-fietse beskikbaar vir
550 450 380
verkope
Aantal bestellings ontvang 150 400 500
Aantal e-fietse verkoop 150 400 380
Aantal e-fietse teruggestuur vir
1 10 2
herstelwerk
Eindvoorraad 400 50 0
Verkoopprys per e-fiets R16 150 R14 250 R15 200
Winsopslagpersentasie 70% 50% 60%
Kontant van klante gedeponeer R2 422 500 R5 415 000 R5 776 000
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2025)
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD
Bruto wins 100 Bruto wins 100
x x
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting 100 Netto wins na belasting 100
x x
Verkope 1 Verkope 1
Bedrysuitgawes 100 Bedryswins 100
x x
Verkope 1 Koste van verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedrysbates : Bedryslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad 365
x Koste van verkope
Koste van verkope 1
(*Sien nota 1 hieronder) Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde krediteure 365
Gemiddelde debiteure 365 x
x Koste van verkope/Kredietaankope 1
Kredietverkope 1
(*Sien nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting 100
Netto inkomste na belasting 100 x
x Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien 3 nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings 100
x
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang 100 Dividende vir die jaar 100
x x
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende 100 Finale dividende 100
x x
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel 100 Dividende vir die jaar 100
x x
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
1. Handelsvoorraad aan die einde van ʼn finansiëIe jaar kan gebruik word as dit in die vraag
vereis word.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde
wees mits voorraad konstant bly).
3. Indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is,
word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum