NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
AFRIKAANS HUISTAAL V1
MEMORANDUM
PUNTE: 70
Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2016 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 7 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 372.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Nasien van die leesbegrip:
Spelfoute in een-woord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op
begrip is.
FEIT/MENING en ʼn punt vir die rede/motivering/aanhaling.
Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit korrek mits
die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.
Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn hele reeks,
word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die
vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde
woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
Aanvaar dialektiese variasies.
Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter aanvaar EN die korrekte antwoord
wat ten volle uitgeskryf is.
Vraag Antwoord Punt
1.1 Afgerig dui op papegaai-leerwerk. Met ander woorde die onderwyser leer die
leerders die antwoorde op die vrae wat gevra gaan word.
Onderrig dui op leerders wat leer wat hoëvlakvaardighede benodig.
(Enige antwoord wat duidelik die verskil tussen die twee woord-betekenisse aandui)
Beide moet aangedui word vir een punt. (1)
1.2 Deur leerders aanhoudend te toets, sal nie die onderwysprobleme in Suid-Afrika laat
verdwyn nie.
EN
dus sal dit nie baat om leerders af te rig vir ʼn toets/eksamen en te hoop dat die
onderwysprobleme sal verdwyn nie. (2)
1.3 Sadou sê dat dit te duur gaan kos (veral omdat daar nog skole is sonder basiese
geriewe.) (1)
1.4 Assessering is daarop gemik om leerders se lees- en syfervaardighede op die regte
vlak vir hul ouderdomsgroep te kry/om onderrig te verbeter/om kurrikulum en leer-
omstandighede te verbeter/waardevolle data vir remediërende aksies in te samel/of
leerders na die volgende graad kan vorder. (Enige 3 van bogenoemde) (3)
1.5 Nee, ek stem nie saam nie.
Slegs 11% van graad 9-leerders het verlede jaar die Wiskundevraestel van ANA’s
geslaag.
OF
Ja, met eie motivering. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
1.6 Daar is groot probleme in die stelsel wat kundiges bekommerd het. (1)
1.7 Nee, sy siening is nie bevooroordeeld nie aangesien dit op navorsing
geskoei/gebaseer is (1)
1.8 Toetse word elke jaar verskillend opgestel √/wat dit onmoontlik maak om geldige
afleidings/of tussen verskillende graadgroepe en jare te maak. √ (2)
1.9 Feit
“Navorsing wêreldwyd dui dit aan.” (2)
1.10 Meer leerders kan tersiêre onderwys bereik, √/maar die kwaliteit voornemende
studente neem af/skiet te kort. √/Navorsings-, ontledings-, skryfvaardighede en
eksperimentering neem af. √ (3)
1.11 Ja, ek stem saam, want onderwysers is onder geweldige druk oor slaagsyfers van
gestandaardiseerde toetse.
OF
Nee, ek dink onderwysers is swak opgelei/doen nie genoeg moeite met die leerders
nie. (1)
1.12 Australië se stelsel berus op minder toetse. √
Hulle steun op dit wat leerders kan doen eerder as “punte” behaal in toetse. √
Brittanje se onderwysstandaaarde het geweldig agteruitgegaan as gevolg van hul
obsessie met toetsing √ en die klem op voorbereiding vir toetse. √ (4)
1.13 Finland plaas die klem op die leerder wat ondersteun word/die onderwyser se rol is
prominent en word bemagtig en erken./
Hulle lewer toppresteerders in internasionale toetse./
Hulle fokus op kreatiewe denke, wetenskap en tegnologie. (Enige 2) (2)
1.14 Voortdurende toetsing verseker nie beter resultate nie. (1)
TEKS 2: SPOTPRENT
1.15 Dit beklemtoon die sogenaamde “prestasie” - eerste van die laaste sewe!” (1)
1.16 Gewoonlik kry die top-presteerders pryse, √ terwyl dit hier die teenoorgestelde is: die
sewe laastes/swakste presteerders word hier beloon. √ (2)
1.17 Die spotprent lewer kommentaar op die feit dat S.A. se onderwysstandaard so swak
is/terwyl Teks 1 die feite beklemtoon deur die nodige navorsing en probleme deeglik
uit te lig. (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming:
Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ʼn opskrif/titel te
voorsien nie.
Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne kan skryf.
Kandidate moet die opsomming in die vereiste formaat aanbied./Opsommings in die verkeerde
formaat word geassesseer, maar leerders verloor 1 punt vir aanbieding in die verkeerde
formaat.
Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die eerste
opsomming nagesien.
Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
Punte word soos volg toegeken vir HT:
o 7 punte vir 7 feite
o 3 punte vir taal
Verspreiding van punte vir taal:
o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.
Penaliseer soos volg:
Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde toegelaat. Die res van
die opsomming word geïgnoreer.
Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die vereiste inligting, word die kandidaat
nie gepenaliseer nie.
LET WEL: Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar indien dit in
die opsomming voorkom, word elke afkorting getel volgens die getal woorde
wat dit voorstel.
Antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
Aanhalings uit die teks: Eie woorde:
Oogkundiges beveel ondersoeke elke Laat ondersoek jou oë deur ʼn oogkundige
twee jaar aan. minstens elke twee jaar.
Eet dus gereeld groen blaargroentes. Sorg dat jy gereeld voedingstowwe soos
omega 3-vetsure, ens. inneem.
Rook verhoog jou kanse om katarakte, Moenie rook nie, want dit kan jou oë
skade aan die optiese senuwee en beskadig.
makulêre degenerasie te kry.
Goeie sonbrille help jou oë teen die Dra ʼn goeie sonbril om jou oë te beskerm.
skadelike ultravioletstrale van die son
beskerm.
As jy sport beoefen waarin jou oë kan Beskerm jou oë as jy gevaarlike sport
seerkry of in ’n plek werk waar skadelike beoefen of as jy met skadelike stowwe
stowwe in jou oë kan beland, moet jy ’n werk.
beskermende bril dra.
As jy te lank na jou rekenaarskerm Vermy lig op jou rekenaarskerm of kry ʼn
staar, .... Probeer lig op jou skerm spesiale skerm.
vermy of gebruik ʼn spesiale skerm.
Knip jou oë meer gereeld as dit droog Knip jou oë gereeld as dit droog voel.
voel.
(65 woorde)
Besoek elke twee jaar ʼn oogkundige vir ʼn goeie ondersoek. Jy moet beslis omega-3 vetsure
inneem en ook nie rook nie. As jy sport beoefen, beskerm jou oë met ʼn goeie bril teen
skadelike stowwe. Vermy lig op jou rekenaarskerm en knip jou oë gereeld om droogheid te
voorkom.
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING C: TAAL
Nasien van hierdie afdeling:
Spelling:
Een-woord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur getoets word.
Waar ʼn afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in
die instruksie aangedui.
Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½ punte toegeken
word.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag Antwoord Punt
3.1 Dié of DIE (1)
3.2 Puin
Die rommel en stene na ʼn aardbewing word puin genoem en dui die krag van die
natuur aan./Die huis is in puin gelê na die aardbewing. (1)
3.3 Skoolverlaters/voornemende studente/entrepreneurs (1)
3.4 Voete spring/gee ʼn tree na drome/sluit aan by “net ʼn tree weg” (1)
3.5 Die net waarin ek die vis wil vang, is stukkend./
Sy het ʼn net om haar hare netjies te hou./
Die net van leuens span al stywer om hom./
Slaan die bal oor die net. (1)
3.6 Weë (1)
3.7 (Om te) kom (1)
3.8 Mening
Drome is nie bewysbaar nie. (1)
3.9 Ly
Ly aan ʼn gebroke hart/siekte. (1)
3.10 Verskillende lettergroottes/donker gedrukte woorde maak die woorde maklik
leesbaar/beklemtoon die advertensie. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
VRAAG 4: STROKIES
Vraag Antwoord Punt
4.1 Ma, ek het (vreeslik/gister/moontlik/dalk) aangejaag.
Of ander soortgelyke antwoorde van die kandidaat. (1)
4.2 Oorgang/gedagte onvoltooid (1)
4.3 benodig (1)
4.4 Wel, ... (1)
4.5 Sy (ma) vra of hy met haar kredietkaart huiswerk op die internet gekoop het./
Sy (ma)/Die ma vra het hy huiswerk ... gekoop. (1)
4.6 kul/fop/verneuk/skelm/korrup (1)
4.7 Sy is ontsteld/geskok/verstom/kwaad/heftig/ontstoke. (1)
4.8 Hy het verwag dat hy beter punte sou behaal aangesien hy sy huiswerk van die
internet af gedoen het./
...hy betaal het daarvoor. (1)
4.9 Vertroueling (1)
4.10 Hy is vertrou en was nie die vertroue waardig nie /
Hy is die skelm en kan dus nie vertrou word nie./
Sy ouers voel hulle kan hom nie meer vertrou na sy bekentenis nie. (1)
[10]
VRAAG 5: RUBRIEK
Vraag Antwoord Punt
5.1 Uniforme voorkoms/tarief/reëling/salarisskaal/optrede (1)
5.2 Europeërs/Europeane (1)
5.3 Kersboom (1)
5.4 sestienjarige (1)
5.5 Modefoute/modebelaglikhede/modeblapse/dom modekeuses (1)
5.6 tittewytende (1)
5.7 Konnotatief√
Ouers sal nie werklik waansinnig, “mal” raak nie. √ (2)
5.8 Saamgestelde sin √
Meer as 1 gesegde kom voor √/ OF
Daar is ʼn hoofsin sowel as ʼn bysin √ (2)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper