NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
AFRIKAANS HUISTAAL V3
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2016 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 516.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 13 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)100 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2016)
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille
van eenvoud en eenvormigheid.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
0 Sirkel Punktuasiefout
Dubbelstrepie onder ʼn woord Spelfout
Lang streep onder ʼn woord Foutiewe woordgebruik
Sirkel met pyltjie Woordorde
/\ Weglaatteken Woord weggelaat
T Hoofletter T in kantlyn Tye verwar
H Dubbele hh Herhaling van gedagtes
VR Vraestel Dele saamgeflans met
woorde in vraestel gebruik
? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om
te verstaan wat leerder skryf
[ Enkelhakie Nuwe paragraaf
E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
Afdeling A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor
EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe
hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien
dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KL = 21
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S= G= 3
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 34
(onder die opstel):
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en
beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as
bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:
1.1 ʼn Selfoonoomblik wat ek vir altyd wil bewaar.
Indien die leerder die opstel as ʼn verhalende skryfstuk aanbied, sal die fokus
terugskouend op die oomblik val. Die leerder kan ook op gevoelens ten opsigte
van die oomblik fokus wat beskrywend van aard sal wees. Indien die leerder ʼn
argumenterende of beredeneerde opstel aanbied, moet die leerder op ʼn
subjektiewe wyse die leser van sy perspektief oortuig aangaande die kosbaarheid
van oomblikke, al dan nie. Wanneer hy/sy oor die sin van selfoonoomblikke in die
lewe bespiegel, kan dit as bespiegelende opstel slaag. [50]
1.2 Só lyk my Nuwejaarsvoornemens.
Die beskrywende opstel sal die leerder se planne vir die nuwe jaar beskryf.
Hierdie onderwerp leen hom ook tot ʼn bespiegelende opstel, veral waar die
leerder besin oor Nuwejaarsvoornemens, of dit die moeite werd is of nie. Die
belangrikheid van Nuwejaarsvoornemens met die oog op die toekoms kan
beredeneer word. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.3 Gee Afrikaanssprekende ouers hulle kinders regtig ʼn voorsprong deur hulle
in Engels te laat skoolgaan?
Die onderwerp leen hom toe tot ʼn bespiegelende opstel waar die belewing van
die kind t.o.v. sy opvoeding in Engels aangespreek word. As verhaal kan die
leerder skryf oor ʼn ervaring/kind se lewe wat verkeerd/positief uitgedraai het a.g.v.
Engelse onderrig. In ʼn beskrywende opstel kan die leerder die tipe kind se
akademiese prestasie wat homself /haarself in hierdie situasie bevind, beskryf.
By ʼn argumenterende aanbieding kan die leerder oortuig hoekom dit belangrik is
om jou kind in sy/haar huistaal of in Engels te laat skoolgaan. In ʼn beredeneerde
opstel kan die leerder redeneer of dit belangrik is om jou kind in sy/haar huistaal
te laat skoolgaan. [50]
1.4 “ʼn Kamer sonder ʼn boek, is soos ʼn liggaam sonder ʼn siel.”
ʼn Beskrywende opstel kan verskillende soorte boeke beskryf. By ʼn
argumenterende aanbieding kan die leerder oortuig hoekom dit belangrik is om
boeke te hê. By ʼn beredeneerde opstel kan die leerder redeneer of boeke
deesdae werklik noodsaaklik is. In ʼn bespiegelende inhoud kan daar oor die
waarde van boeke bespiegel word. [50]
1.5 My gunsteling geluide
Die leerders kan die opstel as ʼn beskrywende opstel aanbied en die verskillende
geluide beskryf of die gevoelens ten opsigte van die geluide. Hierdie onderwerp
leen hom ook tot ʼn bespiegelende opstel waar die leerder besin oor die waarde
van geluide. ʼn Beredeneerde aanbieding kan fokus op verskillende soorte
geluide en hulle nut/invloed in die lewe. [50]
1.6 Ma en Pa, julle maak ons gek!
Indien die opstel as ʼn verhalende skryfstuk aangebied word, sal die fokus op ʼn
insident val wat die afkeurende/onaanvaarbare gedrag van die ma/pa
beklemtoon. By ʼn beskrywende inhoud kan die leerder sy ma/pa se
gedrag/persoonlikheid beskryf en die gevoelens wat dit in hom/haar ontlok. In ʼn
bespiegelende inhoud kan daar oor ouers se gedrag in situasies bespiegel word. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
1.7 1.7.1 Jongman in pad
Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende, bespiegelende
skryfstukke, bv. ʼn beskrywing van hoe die pad na jou toekoms lyk/verloop
het. ʼn Verhaal kan handel oor hoe iemand op ʼn verlate pad beland
het/hoe iemand op die regte/verkeerde pad beland het en/of wat die
gevolge daarvan was. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die nut
van paaie (letterlik/figuurlik) in mens se lewe. Hierdie visuele teks leen
hom ook oor tot ʼn beredeneerde en argumenterende opstel. [50]
1.7.2 Hande met die hart
Die leerder kan die verhaal van iemand se geliefde vertel/hoe die liefde
sy/haar lewe beïnvloed het. As beskrywende opstel kan die leerder
verskillende soorte liefde beskryf. Indien die leerder argumenteer oor die
liefde, kan die skryfstuk as ʼn argumenterende opstel slaag. Daar kan
beredeneer word of daar nog plek is vir liefdesverhoudings in die
moderne era. ʼn Bespiegelende opstel kan die goeie en slegte tye van die
leerder se liefdesverhouding bepeins. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2016)
SOORT OPSTELLE
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede).
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
ʼn Treffende inleiding boei die leser.
ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
opnoem van waarnemings).
Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
Stylfigure kan gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en
teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die
inleiding, ingeneem kan word.
BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak.
Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.
Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
Dis persoonlik van aard.
Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.
Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig
geskryf word.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2016)
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.
ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.
ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10
Taal, styl en redigering: TG = 7
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 17
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 BRIEF AAN DIE PERS
Die brief is die leerder se reaksie/standpunt oor die jaarlikse prysstyging van
skooldrag.
Hou die volgende in gedagte:
Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die
brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal
is nodig.
Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin die leerder se
standpunt (positief/negatief) oor stygende pryse van skooldrag uitgebrei word.
Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
nodig, bv.
Die uwe
P. van Zyl
P. van Zyl [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.2 TYDSKRIFARTIKEL
Lesers (tieners) van die tydskrif word gemotiveer om nie moed te verloor nie.
Hou die volgende in gedagte:
Persoonlike ervarings van die skrywer kom na vore. Hierdie skryfstuk behoort
op aspekte wat dui op durf, uithouvermoë en vasberadenheid te fokus.
Die opskrif moet aantreklik en interessant wees.
Dis ʼn persoonlike styl wat direk tot die leser spreek.
Voorbeelde van situasies, gebeurlikhede, insidente waar tieners na baie
pogings suksesvol was, behoort ingesluit te word.
Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie: dit kan dus subopskrifte
en/of kolomme hê. [25]
2.3 HULDEBLYK
Die huldeblyk bring hulde aan ʼn skoolmaat.
Hou die volgende in gedagte:
Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, plek
waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte en name van
naasbestaandes kan gegee word.
Prestasies, hoogtepunte en gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
Die fokus hier behoort te wees wat die skoolmaat vir die leerder beteken het.
Gebeurtenisse en staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees
en bydra om die familie te vertroos.
Moet waarderend wees.
Iets persoonlik, soos ʼn gedig, kan bygevoeg word.
Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
Spreker kan eufemismes gebruik. [25]
2.4 TOESPRAAK
Die toespraak fokus op die motivering om aansoek as hoofleier te doen.
Hou die volgende in gedagte:
Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word. Gee aandag aan:
wanneer, waar, hoekom (doel), wie (graad 11-leerders) en wat.
Inleiding moet belangstelling wek.
Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik.
Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ʼn samevatting van
die toespraak nie.
Karaktereienskappe wat die posisie vereis, kan genoem word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
2.5 INFORMELE BRIEF
Die briefskrywer wens die gemeenskapsleier geluk met sy sukses.
Hou die volgende in gedagte:
Die informele brief moet aansluit by dit wat die persoon vermag het in die
gemeenskap; nl. dit wat sy vir die kinders beteken.
Informele taal, register en styl is nodig.
Die brief moet in ʼn informele geselstrant aangebied word.
Hou die gelukwense in gedagte, want dit is die doel van die brief.
Die brief moet ʼn inleiding, liggaam en slot bevat.
Dit moet die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf is, bevat.
Informele aanhef, soos “Beste/Liewe Tannie Elsie.
Sluit die brief informeel af, bv. “Ek is regtig trots op jou uitnemende bydrae!” [25]
2.6 KOERANTBERIG
Die koerantberig fokus op die liggaamlik gestremde matrikulant wat matriek
besonder goed geslaag het.
Hou die volgende in gedagte:
Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
Belangrikste feite moet gegee word sonder om leser te verloor.
Feite moet akkuraat, sonder ʼn verdraaiing van die waarheid, wees.
Subtitels kan gebruik word.
Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat, waar,
wanneer, waarom, hoe en in watter mate.
Die res van die paragrawe is ʼn uitbreiding van die inleidende gegewens. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2016)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28-30 22-24 16-18 10-12 4-6
BEPLANNIN - Uitstaande en treffende - Goed saamgestelde - Bevredigende respons - Idees is - Idees is
G respons; bo verwagting respons - Idees is oortuigend en onoorspronklik en deurmekaar en
Hoë subkategorie
- Intelligent, stem leser - Idees oortuigend, redelik samehangend. onduidelik. ongefokus.
(Respons op en tot nadenke, volwasse interessant, toon - Organisasie (inleiding, - Samehang is - Ontoepaslike
idees in teks) idees bewyse van liggaam en inkonsekwent. respons
Organisering - Organisasie (inleiding, volwassenheid. samevatting/slot) is redelik - Geringe bewys van - Vaag en
van idees liggaam en - Organisasie (inleiding, en samehangend. organisasie (inleiding, herhalend
Bewus van samevatting/slot) is liggaam en liggaam en - Ongeorgani-
doel, gehoor en uitsonderlik en samevatting/slot) is baie samevatting/slot) en seerd en
konteks van samehangend. goed en samehangend. samehang. onsamehangend
teks) 25-27 19-21 13-15 7-9 0-3
- Uitmuntende respons, - Goed saamgestelde - Bevredigende respons, - Grootliks - Idees is
30 PUNTE maar uitstaande en respons maar soms is daar ontoepaslike respons ontoepaslik en nie
treffende eienskappe - Toepaslike en mistastings. - Idees is geskik nie.
Lae subkategorie
ontbreek. interessante idees - Idees is redelik onsamehangend en - Geen respons
- Volwasse en - Organisasie (inleiding, samehangend en verwarrend. op teks.
intelligente idees liggaam en oortuigend. - Weinig bewyse van - Ongefokus en
- Organisasie (inleiding, samevatting/slot) is - In ʼn mate bewus van organisasie ( inleiding, verwarrend
liggaam en goed en samehangend. organisasie (inleiding, liggaam en
samevatting/slot) is knap liggaam en samevatting/slot) en
en samehangend. samevatting/slot) en samehang
samehang.
TAAL, STYL 14-15 11-12 8-9 5-6 0-3
& - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Taal is
REDIGERING woordeskat hoogs woordeskat baie gepas woordeskat woordeskat is nie onverstaanbaar
gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en is gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor - Toon, register,
en konteks konteks. en konteks. en konteks nie. styl en
Hoë subkategorie
- Taalgebruik is - Taalgebruik is effektief; - Taalgebruik is gepas; dra Taalgebruik is basies. woordeskat is nie
uitsonderlik, treffend en toon betekenis oor; toon is - Toon en taalgebruik gepas vir doel,
Toon, register, met selfvertroue. gepas, konstant; retories gepas; retoriese middels is ontoepaslik. gehoor en
styl en - Toon pakkend; retories effektief. versterk betekenis. - Woordeskat is konteks nie.
woordeskat is effektief - Grammatika en - Foute in grammatika; beperk. - Woordeskat is
geskik vir - Grammatika en spelling is feitlik foutvry. spelling so beperk dat dit
doel/effek en spelling feitlik foutvry. - Samestelling is knap. - Samestelling is redelik na moeilik is om
konteks - Samestelling is baie goed opstel te
Woordkeuse, knap. verstaan.
taalgebruik en 13 10 7 4
konvensies, - Toon, register, styl en - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl,
punktuasie, woordeskat is uitstekend woordeskat baie gepas woordeskat woordeskat is nie
grammatika en en retories effektief. vir doel, gehoor en is gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor
Lae subkategorie
spelling - Taalgebruik is treffend konteks. en konteks. en konteks nie.
en met selfvertroue. - Taalgebruik is effektief; - Taalgebruik is gepas; - Taalgebruik is basies
15 PUNTE Toon pakkend; retories toon soms inkonsekwent - Weinig of geen
effektief gepas; retories effektief - Toon is gepas; beperkte sinsverskeidenheid.
- Grammatika en - Grammatika en gebruik van retoriese - Woordeskat is
spelling is feitlik foutvry. spelling is feitlik foutvry. middels. beperk.
- Samestelling is baie - Samestelling is knap.
knap.
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
Kenmerke van - Uitstaande - Logiese ontwikkeling - Toepaslike idees - Sommige geldige - Nodige idees
teks ontwikkeling van van besonderhede ontwikkel. idees. ontbreek.
Paragraafontwi onderwerp. - Samehangend - Sinne, paragrawe - Sinne en paragrawe - Sinne en
kkeling en - Uitsonderlike - Sinne, paragrawe ontwikkel het foute paragrawe wemel
sinskonstruksie besonderhede logies en verskillend - Opstel verstaanbaar - Opstel maak tog sin van foute.
5 PUNTE - Samestelling van sinne t.s.v. baie foute. - Opstel maak nie
en paragrawe uitstaande sin nie.
VERSPREIDING
VAN PUNTE 40–50 30–39 20–29 10–19 0–9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13
ASSESSERINGSRUBRIEK TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13-15 10-12 7-9 4-6 0-3
BEPLANNING - Uitstaande en - Baie goeie - Respons - Respons basies; - Respons toon
& FORMAAT treffende respons; respons; toon ʼn voldoende; toon toon geringe geen kennis van
bo verwagting goeie kennis van kennis van kennis van kenmerke van teks
- (Respons op - Intelligente en kenmerke van kenmerke van kenmerke van nie.
en idees in teks) volwasse idees teks. teks. teks. - Betekenis is
Organisering - Grondige kennis - Behou fokus – - Toon tekens dat - Behou nie fokus onduidelik.
van idees van kenmerke van geen afwyking fokus behou word; nie; wyk af - Geen samehang
Bewus van doel, teks - Inhoud en idees enkele afwykings - Inhoud en idees in idees en inhoud
gehoor en - Skryfstuk behou samehangend, - Inhoud en idees nie altyd nie.
konteks van fokus. uitgebreid en redelik samehangend nie. - Geen details
teks) - Inhoud en idees details ondersteun samehangend - Baie min details ondersteun die
samehangend onderwerp. - Sommige details ondersteun die onderwerp.
15 PUNTE - Idees uitgebreid - Gepaste formaat; ondersteun die onderwerp. - Formaat van teks
en behou fokus geringe afwykings onderwerp. - Onseker van nie toegepas nie.
- Gepaste en - Formaat formaat van teks;
akkurate formaat oorwegend gepas, enkele, kritiese,
maar afwykings nalatige foute.
kom voor.
TAAL, STYL & 9-10 7-8 5-6 3-4 0-2
REDIGERING - Toon, register, - Toon, register, - Toon, register, - Toon, register, - Toon, register,
styl, woordeskat, styl, woordeskat, styl, woordeskat, styl, woordeskat, styl, woordeskat,
Toon, register, hoogs geskik vir baie geskik vir geskik vir doel, pas nie altyd by nie geskik vir doel,
styl en doel, gehoor en doel, gehoor en gehoor en konteks. doel, gehoor en gehoor en konteks.
woordeskat is konteks. konteks. - Enkele konteks nie. - Besaai met foute
geskik vir -Grammatika - Grammatika in grammatikafoute - Grammatika - Betekenis
doel/effek en akkuraat; struktuur die algemeen - Foute belemmer onakkuraat met onduidelik
konteks baie goed. korrek; struktuur nie betekenis nie. baie foute
Woordkeuse, - Feitlik foutloos. goed. - Betekenis
taalgebruik en - Feitlik foutloos onduidelik
konvensies,
punktuasie,
grammatika en
spelling
10 PUNTE
VERSPREIDING 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
VAN PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2016 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper