Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperQuestion paper (2)Memo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 4Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)3 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: Taal (VRAAG 3, 4, en 5) (40)
2. Lees AL die instruksies deeglik deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël na ELKE antwoord oop.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Aanbevole tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: ARTIKEL
Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
WA-WAI SO
Van ZERO tot HELD!
1 Wa-Wai So, of meer bekend as magic kid, is
ʼn bekende naam in Hong Kong.
2 Wa-Wai is in 1981 gebore. Hy het met
geboorte reeds geelsug (jaundice) en 5
hemolitiese geelsug gehad. Dit het tot
serebraal gestremdheid gelei. Dit het sy
gehoor en beheer oor sy bene en arms
beïnvloed. Op ʼn stadium wou Wa-Wai se ma
hom en daarna haarself doodmaak omdat hy
nie kon loop nie. Net toe sy besluit het om dit 10
te doen, het hy breed vir haar geglimlag. Hy
het toe opgestaan en op 4-jarige ouderdom sy eerste tree gegee.
3 Sy ma se ondersteuning, aanmoediging en vertroue het Wa-Wai die
vrymoedigheid gegee om te doen wat niemand gedink het hy ooit sou kon 15
regkry nie. Nadat hy begin loop het, het hy besef hy hardloop vinniger as baie
nie-gestremde kinders in die woonstelblok waar hy gebly het. Sy ma het hom
van toe af bly motiveer om te hardloop. Sy het hom aangemoedig om nooit
op te gee nie en altyd net weer en weer te probeer, vinniger en vinniger.
4 Omdat Wa-Wai self ook baie van hardloop gehou het, het hy baie gaan kyk 20
hoe kinders oefen. Op 10-jarige ouderdom het ʼn afrigter, Poon Kin Lui, hom
raakgesien toe hy op die baan gehardloop het om die atlete van nader te
sien. Kin Lui het hom geleer om op basiese tegnieke te fokus en om dit oor
en oor te herhaal tot hy dit perfek kon doen. Kin Lui het later ook Wa-Wai se
beste vriend geword. 25
5 Wa-Wai se ma het hom aan mnr. Fong voorgestel. Fong het hom begin afrig
en in 1996 het hy op 15-jarige ouderdom aan sy eerste Paralimpiese Spele
in Atlanta deelgeneem. Hier het hy geleer hoe om met ander mense te
kommunikeer. Hy en sy spanmaats het baie konflik gehad omdat hulle elkeen
hul eie probleme gehad het, maar dit het veroorsaak dat hulle mekaar se 30
probleme begin verstaan het. Dit het tot beter spanwerk gelei wat uiteindelik
die sleutel tot hul sukses in die aflosse was. Hier het hy ook ʼn goue medalje
ontvang.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
6 Wa-Wai se sportloopbaan het van krag tot krag gegaan. Toe sy pa in ʼn
ongeluk betrokke was, het dit veroorsaak dat Wa-Wai moes gaan werk. Hy 35
het daarom baie van die oefensessies vir die Beijing Paralimpiese Spele
misgeloop.
7 Dinge het nie baie goed vir Wa-Wai gelyk nie. Daar het verskillende dinge
gebeur wat hom omgekrap het. Sy ma het begin om borge vir Wa-Wai te
soek sodat hy minder ure by die koerier-maatskappy hoef te werk. Wa-Wai 40
het sy ma beskuldig dat sy hom wou misbruik vir geld. Sy ma het ook vir
hom gesê dat sy weet hy het gevoelens vir afrigter Fong se dogter, Gill. Toe
hy met Gill praat, het sy gesê sy sien hom slegs as ʼn vriend. Dit het
veroorsaak dat sy verhouding met sy ma verder versleg het.
8 Afrigter Fong het hom ook harder gedruk om hom fisies en emosioneel voor 45
te berei vir die Spele. Maar al die dinge wat gebeur het, het Wa-Wai baie
erg geraak en hy was nie emosioneel gereed om aan dié Spele deel te neem
nie.
9 Hy het besluit om tog te gaan en in die eerste wedloop brons verwerf, maar
in die tweede het hy sesde geëindig. Hy het besef sy ma was nie by hom
om 50
hom te ondersteun nie. Ten spyte van die konflik het sy ma besluit om
Beijing toe te gaan. Met die derde wedloop het sy ma vir hom by die wenpaal
gewag. Wa-Wai het met hierdie wedloop ʼn wêreldrekord geslaan. Haar
teenwoordigheid het hom die moed en wil gegee om alles te gee om te wen.
Hierdie was maar net die begin van Wa-Wai se loopbaan as sportheld. 55
10 Wa-Wai het na 20 jaar as ʼn professionele Paralimpiese atleet uitgetree
nadat hy aan vyf Paralimpiese Spele deelgeneem en 12 medaljes verower
het. Dit sluit ses goud, drie silwer en drie brons in. Hy werk tans vir die Hong
Kong Paralimpiese Raad.
11 China se bekende atleet, Su Bingtian, het gesê dat nie-gestremde atlete wat 60
aan die Olimpiese Spele deelneem net ʼn atleet se fisiese prestasie toets.
Die Paralimpiese Spele toets ʼn atleet se emosionele én fisiese prestasie.
Volgens haar moet die Paralimpiese Spele ook nie as ʼn onderdeel van die
Olimpiese Spele gesien word nie. Toeskouers kyk met deernis hoe
Paralimpiese atlete hulle beperkinge oorkom. Dit maak van die Paralimpiese 65
Spele meer as net die wen van ʼn medalje.
[Saamgestel en verwerk uit https://bit.ly/3eCW6Kk; https://bit.ly/3pEwlQ7;
https://bit.ly/3sOFBTB; https://bit.ly/3zaKUOo; https://www.paralympic.org/wa-wai-so; i;
https://bit.ly/3zeMIGi; https://bit.ly/3ezdak7]
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 Wat was Wa-Wai So se bynaam? (1)
1.2 Verduidelik wat ʼn professionele atleet is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5
1.3 Wat het veroorsaak dat Wa-Wai serebraal gestremd is? (1)
1.4 Wat was die gevolge van serebraal gestremdheid op Wa-Wai se lewe?
Noem EEN gevolg. (1)
1.5 Hoekom wou Wa-Wai se ma haarself en hom doodmaak? (1)
1.6 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies:
Mev. So het hulle nie doodgemaak nie omdat Wa-Wai (vir haar geglimlag/
opgestaan en geloop) het. (1)
1.7 Sê in jou eie woorde waarom die volgende stelling WAAR is.
Wa-Wai het sy ma vertrou ten spyte daarvan dat sy hom wou doodmaak. (1)
1.8 Wat was die verskil tussen Wa-Wai en baie van die kinders in die
woonstelblok? (1)
1.9 Wat, dink jy, was die gevolg van Poon Kin Lui se afrigtingstegniek op Wa-
Wai se lewe? (1)
1.10 Sê waarom die volgende stelling ONWAAR is. Haal ʼn sin uit paragraaf 5 aan
om jou antwoord te motiveer.
Wa-Wai kon van kleinsaf lekker met mense gesels. (1)
1.11 Wat het Wa-Wai en sy spanmaats in gemeen gehad? (1)
1.12 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.12) neer.
Wat beteken die idioom: Sleutel tot sukses?
A Dit is die begin van jou lewe.
B Jy kry die sleutel as jy 18-jaar oud word.
C Dit maak sukses moontlik.
D Dit los ʼn geheim of ʼn raaisel op. (1)
1.13 Gee DRIE redes waarom Wa-Wai nie goed vir die Beijing Paralimpiese
Spele voorbereid was nie. (3)
1.14 Hoe weet ons dat dit die regte ding vir Wa-Wai emosioneel was dat sy ma
na die Beijing Spele gereis het? Haal ʼn sin uit paragraaf 9 as jou antwoord
aan. (1)
1.15 Wat leer ons uit Wa-Wai en sy ma se verhouding met mekaar? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.16 Kies die korrekte antwoord uit KOLOM B wat by die naam in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.16.1 tot 1.16.3)
neer, byvoorbeeld 1.16.4 E.
KOLOM A KOLOM B
1.16.1 Kin Lui A Beijing
1.16.2 Su Bingtian B Lewenslange vriend
1.16.3 1ste goue medalje C Olimpiese atleet
D Atlanta
(3 x 1) (3)
1.17 Waarom kan ons sê dat die sub-titel en Wa-Wai se bynaam goed by die
inhoud van die teks pas? Verwys na zero, held en die bynaam in jou
antwoord. (3)
1.18 Volgens paragraaf 11 toets die Olimpiese Spele net ʼn atleet se fisiese
prestasie. Hoe verskil die Paralimpiese Spele hiervan? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7
TEKS B: VISUELE TEKS
[Bron: Entertainment Software Association]
1.19 Hoekom is die volgende stelling ʼn MENING en nie ʼn FEIT nie?
Die hele wêreld is mal oor videospeletjies. (1)
1.20 In watter ouderdomsgroep speel meer vroue as mans videospeletjies? (1)
1.21 Hoe weet ons dat mense wat videospeletjies speel, eerder met vriende as
met hulle ouers speel? In jou antwoord moet jy na vriende en na ouers
verwys. (2)
1.22 Hoe kan ons visueel sien dat die aankope van videospeletjies meer word? (1)
1.23 Watter genre videospeletjie is die derde populêrste? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2: INSTRUKSIES
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
• Skryf die SEWE maniere hoe om STRES EN ANGS IN JOU LEWE TE
VERMINDER, puntsgewys neer.
• Nommer die feite van 1 tot 7.
• Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
• Skryf sover moontlik in jou EIE VOLSINNE.
• Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
VERMINDER STRES EN ANGS IN JOU LEWE!
Stres is ʼn algemene verskynsel. Tot 70% volwassenes in die VSA ervaar stres en
angs. Hier is wenke om jou te help ontspan.
Die belangrikste is om daagliks te oefen. Sodra jy oefen, stel jou liggaam endorfiene
vry wat jou laat beter voel, lekker slaap en wat jou meer selfvertroue gee om jou
dag aan te pak.
Kitskos en wegneemetes het net nie genoeg voedingswaarde nie en dit veroorsaak
stres en angs. Soms is dit ook nodig om goeie aanvullings soos Omega 3, groentee
en multi-vitamiene te gebruik. Om ʼn kersie te brand is nie net romanties nie.
Gegeurde essensiële oliekerse kan jou stres en angs verminder. Laventel, wierook
en lemoenbloeisel is maar net ʼn paar bekende olies van aeromaterapie.
Om tyd saam met jou vriende deur te bring, is kosbaar. Dit gee jou ʼn gevoel van
veiligheid wat jou laat ontspan en sommer ook lekker laat lag en huil. Lag is daarom
baie belangrik, want hoe meer jy lag, hoe meer ontspan jy en hoe minder dink jy aan
jou probleme
Wanneer mens oorweldig voel, bou jy stres en angs op. Leer om nee te sê vir
onnodige dinge as daar te veel van jou gevra word. Leer en aanvaar ook drukkies
van ander mense, want positiewe aanraking verlaag jou bloeddruk en hartklop en
het die teenoorgestelde uitwerking as stres wat bloeddruk en hartklop verhoog.
[Aangepas uit https://www.healthline.com/16-ways-relieve-stress-anxiety]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9
AFDELING C: TAALKONVENSIES EN -STRUKTURE
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
moet word.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.
TEKS D
[Bron: http://www.kimtruong.work/ooh]
3.1 Watter boodskap probeer die adverteerder met die gestremde mense op die
verskillende ikone oordra? (1)
3.2 Wat is die SLAGSPREUK van die advertensie? (1)
3.3 Na watter ENGELSE WOORD verwys die een sterretjie (*) in die advertensie? (1)
3.4 Wie is die teikenmark van die advertensie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.5 Kies die korrekte VERKLARING vir die woord tussen hakies.
Met ʼn (effense) draai van die bekende ikoon nooi ons mense uit om hul
kreatiwiteit te wys, beteken (dat daar min verandering is/redelike
verandering is). (1)
3.6 Hoekom word Paralimpiese Spele 2020 groter geskryf? (1)
3.7 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Die Suid-Afrikaanse swemmers dra elkeen ʼn goue (swempet/swemkep). (1)
3.8 Hoekom, dink jy, is die woord dis in disable deurskynend? (1)
3.9 Waarom gebruik die adverteerder voornaamwoorde soos jy, jou en ons in
die teks? (1)
3.10 Wat dink jy is die funksie van ALLITERASIE in die volgende sin?
Gestremdhede word wêreldwyd waargeneem. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
[Bron: https://bit.ly/3ArOtSF]
4.1 Wat is die verskil tussen Ma Flagston en Pa Flagston se ‘somerspele’? (2)
4.2 Hoe weet ons dat Pa Flagston reeds baie vroeg by die huis weg is? (1)
4.3 Hoekom verwys die strokie net na ʼn damesmaraton? (1)
4.4 Watter soort oefeninge doen die ma? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
4.5 Hoe kan ons uit die mense wat die huis wil koop se liggaamstaal sien dat
hulle ongelukkig is dat Ma Flagson laat is? (1)
4.6 Hoe weet ons dat die kind pas uit die bad gekom het? (1)
4.7 Kyk na al die raampies. Wat doen die ma wat wys dat sy baie dinge het om
te doen? (1)
4.8 4.8.1 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.
Die kinders eet gebrande kos. (1)
4.8.2 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.
Ma skree vir John: “Jy mors orals water in die badkamer!” (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
gebaseer.
• Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet
word.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
Lees die artikel en beantwoord die vrae.
VRAAG 5.1
TEKS F: ARTIKEL
CHRIS WADDELL TAKEL KILIMANDJARO
5.1.1) (Klim Kilimandjaro) is vir ʼn nie-
gestremde ʼn prestasie.
Vir Chris Waddell, ʼn parapleeg, was dit die
(5.1.2) (groot) uitdaging.
Waddell het (5.1.3) (in ʼn ski-ongeluk/sy
rug/in die laat 1980's) gebreek, maar het later
ʼn kampioen Paralimpiese atleet geword.
(5.1.4) (Hy het besluit om Kilimandjaro te klim. Hy het na 11 jaar as lid van die
Amerikaanse Gestremde Ski-span uitgetree.)
(5.1.5) (Waddell reis in 2009 na Tanzanië waar hy die 5,894.8 meter berg
aangedurf het.)
Sy (5.1.6) (doel) was om die eerste parapleeg te word om Kilimandjaro te klim.
Hy het die krag van sy hande, arms en bolyf gebruik om die pedale te draai om ʼn
spesiale vierwiel "handfiets" (5.1.7) (agtertoe) te beweeg.
Om na Waddell se (5.1.8) (bult) triseps te kyk, laat my soos ʼn (5.1.9) (swak) voel.
Waddell se stigting, One Revolution, fokus om nie-gestremdes se indrukke van
gestremdes te (5.1.10) (change).
Hulle voer (5.1.11) (elke dag) ʼn stryd teen die samelewing.
As jy na Waddell in sy rolstoel kyk, sou jy nooit kon dink dat hy (5.1.12) (met+dit)
ʼn berg kon klim nie.
Hy het in totaal (5.1.13) (13) medaljes as Paralimpiese atleet gewen.
(5.1.14) (Elke dag is vir gestremdes ʼn uitdaging).
[Aangepas uit https://cutt.ly/8UQ7rea]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
5.1.1 Skryf die gedeelte tussen hakies in die korrekte INFINITIEF oor.
(Klim Kilimandjaro) is selfs vir ʼn nie-gestremde ʼn prestasie. (1)
5.1.2 Skryf die woord tussen hakies in die OORTREFFENDE TRAP.
Vir Chris Waddell, ʼn parapleeg, was dit die (groot) uitdaging. (1)
5.1.3 Skryf die gedeelte tussen hakies in die korrekte WOORDORDE.
Waddell het (in ʼn ski-ongeluk/sy rug/in die laat 1980’s) gebreek, maar
het later ʼn kampioen Paralimpiese atleet geword. (1)
5.1.4 Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Hy het besluit om Kilimandjaro te klim. Hy het na 11 jaar as lid van die
Amerikaanse Gestremde Ski-span uitgetree. (nadat) (1)
5.1.5 Skryf die sin korrek oor in die VERLEDE TYD.
Waddell reis in 2009 na Tanzanië waar hy die 5 894,8 meter berg
aangedurf het. (1)
5.1.6 Gebruik die HOMONIEM van 'doel' in ʼn verklarende sin. (1)
5.1.7 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.
Hy het die krag van sy hande, sy arms en sy bolyf gebruik om die pedale
te draai om op ʼn spesiaal ontwerpte vierwiel ‘handfiets’ (agtertoe) te
beweeg. (1)
5.1.8 Vorm ʼn TEENWOORDIGE DEELWOORD van die werkwoord tussen
hakies.
Net om na Waddell se (bult) triseps te kyk, het my swak laat voel. (1)
5.1.9 Vorm ʼn PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies.
Net om na Waddell se triseps te kyk, laat my soos ʼn (swak) voel. (1)
5.1.10 Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.
Waddell se stigting, One Revolution, se fokus is om nie-gestremdes se
indrukke van gestremdes te (change). (1)
5.1.11 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Hulle voer (elke dag) ʼn stryd teen die samelewing. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15
5.1.12 Gee die korrekte BETREKLIKE VOORNAAMWOORD vir die woorde
tussen hakies.
As jy na Waddell in sy rolstoel kyk, sou jy nooit kon dink dat hy (met+dit)
ʼn berg kon klim nie. (1)
5.1.13 Skryf die GETAL 13 as ʼn woord. (1)
5.1.14 Skryf die gedeelte tussen hakies in die ONTKENNENDE VORM.
(Elke dag is vir gestremdes ʼn uitdaging) soos om by die see te stap. (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 5.2
TEKS G
[Bron: http://bit.ly/3nEAbYO]
5.2.1 Verbeter die TAALFOUT in die volgende sin.
Hy was baie trots op Milla wanneer hy saam met haar gehardloop het. (1)
5.2.2 Vul die ontbrekende LEESTEKEN in. Skryf die hele sin oor en onderstreep
die leesteken.
Milla hardloop saam met haar pa want sy kan nie sien nie. (1)
5.2.3 Verander die volgende sin in ʼn SPESIFIEKE VRAAGSIN. Die
onderstreepte gedeelte moet die antwoord wees.
Milla oefen baie hard. (2)
5.2.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die FIGUURLIKE betekenis van ʼn blinde kan nie ʼn ander blinde lei nie,
is dat (ʼn mens wat niks weet nie, nie ʼn ander mens kan lei wat niks weet
nie/ʼn mens wat niks weet nie, nie ʼn ander mens kan lei wat iets weet nie). (1)
5.2.5 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
Nadat Milla ʼn rekord geslaan het, het sy (beroemd) geword. (1)
[6]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper