Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye wat drie rubrieke insluit.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 19 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 301.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperQuestion paper (2)Memo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 13 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
SKRYF EN AANBIED
ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 FORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 AGENDA EN NOTULE
VRAAG 2.3 RESENSIE
VRAAG 2.4 DIALOOG
AFDELING C: VRAAG 3.1 UITNODIGING
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWING
VRAAG 3.3 AANWYSINGS
2. Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat,
redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer m.b.t die
inhoud (ʼn baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.
4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, word hierdie dele volgens die
laagste kode geassesseer.
5. Voorgeskrewe nasiensimbole (bladsy 3) moet by die nasien van ʼn skryfstuk
gebruik word.
6. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of
meer as die maksimum woorde gebruik nie.
7. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3.
• Die titel en die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
8. By die nasien van die inhoud van skryfstukke word ʼn holistiese benadering
gevolg; m.a.w. ons fokus nie rigied op die verkeerde spelling van ʼn afsonderlike
woord(e) binne die konteks van die sin nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (…) → Hakies/pyltjie
Spelfout = Twee strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat Λ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, [ Begin van nuwe sin
lomp sin
Woorde uit ander tale/ X Trek X oor die verkeerde woord
nie-funksionele /
vreemde woorde
• Standaardafrikaans
bly die norm.
• Gebruiksafrikaans
moet vermy word.
• Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans
nog nie ekwivalente
het nie.
• Aanvaar ook
gemotiveerde
Afrikaanse
streekswoorde/
streeksuitdrukkings.
Erkenning van √ (bo die woord) Regmerkie bokant goeie
taaljuweeltjies taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/ ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
onverstaanbaar
Saamgeflans uit die O Omkring
vraestel
Punktuasie Vr (in die kantlyn) Hoofletter V en kleinletter r
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte), TAAL,
STYL en REDIGERING (12 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte), TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte).
3. • Bepaal heel eers in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val, byvoorbeeld
KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë-of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP Hoog.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer,
byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir
inhoud en Beplanning.
• Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die kategorieë in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Vir AFDELING B en C: Evalueer eers die leerder se skryfstuk volgens INHOUD,
BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of
ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf net
EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN REDIGERING.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt
I/B Knap + 22
T/S/R Uitsonderlik – 13
S Knap 4
TOTAAL: 39
AFDELING B Kode Punt
I/B/F Gemiddeld 10
T/S/R Elementêr 5
TOTAAL: 15
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyn moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-
assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie,
want die rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
ANALISE VAN VRAESTEL
AFDELING A: OPSTEL
1.1 Ek glo in tweede kanse.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante
wyse waarom hy/sy in tweede kanse glo. Die kandidaat kan in
sy/haar vertelling die klem laat val op die redes waarom hy/sy in
tweede kanse glo en insidente opnoem waar hy/sy ʼn tweede kans
gekry het. Die kandidaat kan ook uitbrei oor hoekom tweede kanse
partykeer belangrik is vir mense.
➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor tweede
kanse en of dit help om mense ʼn tweede kans te gee. Die kandidaat
kan ook bespiegel oor wat sy/haar idee van tweede kanse is. Die
kandidaat oordink waarom ons tweede kanse moet kry of gee in die
tyd waarin ons lewe.
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat wat tweede
kanse beteken en wat die gevolge of nagevolge van tweede kanse
kan wees. Die kandidaat beskryf ook waarom dit nodig is om ʼn
tweede kans in die lewe te kry. Die kandidaat kan ook uitbrei oor
die dinge wat jy kan doen as jy ooit ʼn tweede kans gegun sou word.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.2 My TikTok-droom!
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse wat sy/haar TikTok-droom is. Daar kan uitgebrei word oor dit
wat hy/sy op TikTok wil doen om sy/haar droom te verwesenlik. Die
kandidaat kan ook beskryf wat die redes is waarom hy/sy graag op
TikTok wil verskyn.
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante,
lewendige, kreatiewe wyse ʼn storie waar hy/sy hul TikTok-droom
verwesenlik het. Daar kan uitgebrei word oor wat als die kandidaat
gedoen het om op TikTok te verskyn en watter reaksie uitgelok is
deur die video. Die kandidaat kan ook vertel oor toekomstige planne
wat TikTok betref.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
➢ Bespiegelende opstel: Hier dink die kandidaat oor TikTok as ʼn
platform om drome te verwesenlik. Daar kan bespiegel word oor
die positiewe en negatiewe gevolge van Tik Tok en hoe dit
mense se lewens kan beïnvloed.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 Is dit die moeite werd om verder te studeer?
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat waarom hy/sy
dink dat dit die moeite werd is om verder te studeer of nie. Die
kandidaat kan fokus op die redes waarom hy/sy so dink en wat
hy/sy dink oor verdere studie.
➢ Bespiegelende opstel: Hier oordink/bespiegel die kandidaat oor
of dit die moeite werd is om verder te studeer en voer redes vir
standpunt aan. Die kandidaat kan uitbrei oor hoekom hy dink dat
dit die moeite werd is om verder te studeer al dan nie.
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante
wyse ʼn storie oor mense of iemand wat verder studeer het en wat
die gevolge daarvan was. Dit kan positief of negatief wees.
➢ Argumenterende opstel: Die kandidaat neem reg van die begin
af standpunt in, naamlik: “Dit is die moeite werd om verder te
studeer, of “Dit is nie die moeite werd om verder te studeer nie”.
Die kandidaat motiveer sy/haar standpunt deur voorbeelde en
statistieke te noem. Die kandidaat gee ook grondige redes vir
sy/haar standpunt.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7
1.4 Sondag is vir my die beste dag van die week.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse
ʼn storie oor Sondag en hoekom hy/sy sê dit die beste dag van die
week is. Die kandidaat kan in die vertelling uitbrei oor als wat hy/sy op
Sondag doen wat genotvol is.
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse hoekom hy/sy Sondag as die beste dag van die week sien. Die
kandidaat kan uitbrei oor hoekom Sondag so ʼn besondere dag is en
ook wat op Sondag gedoen word wat dit so lekker maak. Die
kandidaat kan ook Sondag vanuit ʼn godsdiensperspektief of as
Christen beskryf.
➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die dae van
die week en hoekom Sondag die ander dae oortref wat belangrikheid
betref.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 Ek is die persoon agter die masker.
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse wie die persoon agter die masker is en brei uit oor
karaktereienskappe en interessante gewoontes van hom/haar agter
die masker. Die kandidaat kan ook uitbrei oor hoekom daar maskers
gedra word.
➢ Verhalende opstel: In ʼn verhalende opstel vertel die kandidaat op
ʼn interessante wyse ʼn storie van die persoon agter die masker. Die
kandidaat kan in die vertelling uitbrei oor sy/haar eienskappe en ook
vertel hoekom maskers gedra word, bv. om Covid te voorkom.
➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die
kandidaat die dra van maskers en hoe dit ons ware identiteit
verbloem. Die kandidaat kan ook op figuurlike vlak oor maskers
skryf en hoe mense agter maskers skuil.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.6 VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener
moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid
interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering
oorweeg word.
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike
inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag
word.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
1.6.1 PRENTJIE: BANG KIND
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Insidente of gevalle wanneer ons bang
is, iets wat jou laat skrik het.
• Figuurlike interpretasie: ʼn traumatiese ervaring en hoe dit ons
affekteer, hoe angs ons lewens kan oorneem, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.2 PRENTJIE: VRIENDE WAT GELUKKIG LYK
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Vriendskap tussen ʼn groep vriende,
genotvolle tye, vriende wat saam dinge doen, ens.
• Figuurlike interpretasie: die belangrikheid van goeie
vriendskappe, hoe vriende jou alledaagse lewe kan beïnvloed,
die keuse vir goeie vriende, hoe jy ʼn refleksie van jou vriende
kan wees, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.3 PRENTJIE: PLANTJIE IN HANDE
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Die aarde en omgewing,
omgewingsbewaring, die aanplanting van bome en plante vir ʼn
volhoubare leefwyse, ens.
• Figuurlike interpretasie: Die belangrikheid van
omgewingsbewaring, die aarde is in ons hande en moet na
gekyk word, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 FORMELE BRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn Formele Brief aan die skoolhoof van sy/haar skool
om hom en sy personeel geluk te wens met die skool se 100% slaagsyfer
in die matriekeksamen. Die kandidaat kan uitbrei oor geëerd hy/sy voel om
deel te wees van so ʼn wonderlike instansie.
KENMERKE
• Die brief is formeel, dog vriendelik en gelukwensend van aard.
• Die taal en styl van die brief is formeel.
• Die kandidaat spreek die hoof direk aan.
• In die brief moet die kandidaat die hoof en sy personeel gelukwens
met die skool se prestasie van 100% in die matriekeksamen.
• Die toon, styl en keuse moet by die verwantskap tussen die
kandidaat en die hoof pas.
• Vermy slordige taal, slengwoorde en SMS-taal.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm
geskryf word.
• Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat
te word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
• Die datum word voluit geskryf: 28 September 2022.
• Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.
• ʼn Reël word tussen die adres van die briefskrywer en die ontvanger
s’n oopgelaat.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Verwys na bladsy 10.
Die aanhef, afsluiting en slot
• Aanhef: “Meneer” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
• Die doel van die brief word in hoofletters geskryf of dit kan in
kleinletters geskryf word en onderstreep word.
• Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
• Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening
uitgeskryf word indien dit onleesbaar is.
• Die hoedanigheid van die briefskrywer word onder die handtekening
geskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
Die paragrawe
• ʼn Reël word tussen die paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld
dat die briefskrywer die hoof en sy personeel op die skool se prestasie
van 100% wil gelukwens.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die
briefskrywer brei uit oor waarom hy/sy dink om geluk te wens in orde is
en moedig die skoolhoof en sy personeel aan om vol te hou met die
goeie werk.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende Laan 10 Of
Pleknaam Westdene Sewendelaan10
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling tussen ʼn
eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word:
Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat.
(AWS, 2009 bladsy 121).
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie. [30]
2.2 AGENDA EN NOTULE
FOKUS
Die kandidaat skryf die notule van ʼn vergadering wat deur die leerlingraad
gehou is aangaande dissipline.
KENMERKE
• Die notule se formaat is duidelik herkenbaar.
• Die aanslag is formeel en saaklik.
• Dit doel van hierdie teks is om verslag te lewer oor ʼn vergadering.
• Die skrywer notuleer die besluite wat tydens die vergadering geneem is,
objektief.
• Die notule word in die teenwoordige tyd geskryf. Die notule word slegs
in die toekomende tyd geskryf wanneer daar verwys word na die take
wat uitgevoer moet word.
• Die notule word in die derde persoon geskryf.
• Feite of inligting moet korrek wees.
• Dit is kort en bondig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 11
• Die toon is saaklik en informatief.
• Die idees/ inligting is logies, geloofwaardig en duidelik uiteengesit.
• Net die nodigste detail word gebruik om die idees uit te brei.
• Die grammatika en spelling geniet aandag.
FORMAAT
• Die inligting word puntsgewys en in die volgorde, soos aangedui in die
agenda, gegee.
• Die notule mag subopskrifte hê.
• Die naam van die voorsitter en die persone verantwoordelik vir spesifieke
take, moet telkens gegee word.
• Die afsluiting van die vergadering is die slot van die notule.
• Die notule kan deur die voorsitter onderteken en van ʼn datum voorsien
word. [30]
2.3 RESENSIE
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn RESENSIE oor ʼn nuwe eetplek wat in die omgewing
oopgemaak het.
KENMERKE
• Die resensie is ʼn verslag waarin ʼn nuwe eetplek beoordeel word.
• Die resensie moet die leser oortuig om by die nuwe eetplek te gaan eet
of dit te besoek.
• In hierdie resensie word die positiewe en negatiewe aspekte aangeraak.
• Aanbevelings kan gemaak word.
• Die resensie word gewoonlik in die derde persoon geskryf om ʼn mate
van objektiwiteit te handhaaf.
• Die aanslag is objektief/saaklik, maar nie streng formeel nie.
• Woorde wat op waardering en evaluering dui, moet gebruik word.
FORMAAT
• Titel
➢ Die titel gee ʼn aanduiding van die resensent se standpunt ten
opsigte van die eetplek.
➢ Die resensent se naam volg na die titel.
• Paragraaf 1
➢ Die naam van die eetplek en waar dit is, word gegee.
• Paragraaf 2 en verder
➢ ʼn Algemene indruk oor die eetplek word gegee.
➢ Meer besonderhede oor die plek, spyskaart, diens en pryse word
gegee.
• Slotparagraaf
➢ Die resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/aanbeveling word
gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.4 DIALOOG
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn DIALOOG tussen hom/haar en die leerder wat sewe
onderskeidings in die afgelope matriekeksamen ontvang het. Die
kandidaat skryf die gesprek in dialoogvorm neer.
KENMERKE
• Die dialoog se formaat is duidelik herkenbaar.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van hierdie dialoog is om te hoor hoe die matriekleerder dit
reggekry het om sewe onderskeidings te kry.
• Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog, nl. om die
matriekleerder oor sy/haar sewe onderskeidings uit te vra.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te
vorm.
• Duidelike en kort vrae is nodig.
• Relevante antwoorde moet verskaf word.
• Die kommunikasieproses is gemaklik en natuurlik.
• Toon, styl en woordkeuse is vriendelik en moet hoflik wees en by die
aard van die dialoog pas.
FORMAAT
• Kandidaat mag ʼn konteks skep voordat die dialoog geskryf word.
• Die sprekers (kandidaat en matriekleerder) word netjies onder mekaar
teenaan die linkerklantlyn aangedui (blokvorm).
• Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.
• Na elke naam is ʼn dubbelpunt.
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
• Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop.
• Die spreekbeurte is in blokvorm.
• Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf
of waar dit toepaslik is. [30]
LET WEL: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die
sprekers word getel.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 13
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 UITNODIGING
FOKUS
Die kandidaat ontwerp ʼn UITNODIGING vir ʼn fondsinsameling om die families
wat hul besittings in die vloed verloor het, te help.
KENMERKE
• Die uitnodiging nooi mense van die omgewing uit om goed soos kos, klere
en komberse te bring.
• Die teiken groep is mense in die omgewing sowel as leerders van die
skool.
• Die leser moet die uitnodiging maklik verstaan.
• Die inligting moet logies uiteengesit word.
• Hierdie uitnodiging berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
➢ Die uitnodiging moet die leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
➢ Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
➢ Visuele aspekte en gevoelstaal is ook hier ter sprake.
➢ Hierdie uitnodiging moet ʼn begeerte by die leser wek om die
uitnodiging te aanvaar en deel te wees van die fondsinsameling vir die
vloedslagoffers te wees.
➢ As die uitnodiging in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
die nodige doen om goed soos kos, klere en komberse vir die
vloedslagoffers te bring.
➢ Toon, styl en woordkeuses moet die leser oortuig om deel te neem
aan die fondsinsameling.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die uitnodiging moet die fokus ondersteun.
• Die taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die woordkeuse is oorredend van aard.
• Die volgende inligting moet in die uitnodiging verskyn:
➢ Wie is die teikengroep?
➢ Waar gaan fondsinsameling gehou word?
➢ Wat word aangebied?
➢ Wanneer gaan dit gebeur?
➢ Tyd, plek en datum moet verskaf word.
➢ Kontakbesonderhede
FORMAAT
• Die uitnodiging moet aandag trek.
• Verskillende lettertipes word gebruik.
• Verskillende lettergroottes word gebruik. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.2 DAGBOEKINSKRYWING
FOKUS
Die kandidaat doen TWEE dagboekinskrywings oor die sangkompetisie
waarvoor hy/sy ʼn oudisie gekry het.
➢ EEN inskrywing oor die dag voor die oudisie.
➢ EEN inskrywing oor die dag na die oudisie.
KENMERKE
• Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se
ervaring toe hy/sy vir die sangkompetisie ingeskryf het en na die oudisies
genooi is.
• Gevoelens/ervarings word beskryf.
• Die dagboek word in die eerste persoon geskryf.
• Die inhoud ondersteun die kandidaat se gevoelens en ervarings tydens
sy/haar oudisie.
• Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.
FORMAAT
• Die kandidaat moet TWEE inskrywings maak.
• Elke dagboekinskrywing moet die dag en/ of datum hê wat boaan geskryf
word.
• Dis nie nodig om Liewe Dagboek te skryf nie.
• Skryf kort en bondig en fokus net op die nodige gedagtes en gevoelens.
• Die styl kan informeel wees.
• Die uiteensetting van die inskrywing mag in paragraafvorm wees. [20]
3.3 AANWYSINGS
FOKUS
Die kandidaat gee vir sy/haar afskeidmetgesel aanwysings oor hoe om by
sy/haar huis uit te kom.
KENMERKE
• Die aanwysings moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
• Die inligting is bedoel om leiding te gee oor hoe om by die huis uit te kom.
• Toon, styl en woordkeuse moet vriendelik, eenvoudig en duidelik en
informatief wees.
FORMAAT
• Die uiteensetting mag soos volg aangebied word:
➢ Puntsgewys
➢ Reëls moet tussen-in oopgelaat word.
➢ Ander aanduiders soos koeëlpunte kan gebruik word.
➢ Paragraafvorm
• Die skryfstuk mag ʼn opskrif hê.
• Die aanwysings moet in volsinne aangebied word.
• Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie. Die aanwysings kan met
JY ... /Ek ..., ens. begin.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 15
TAAL EN STYL
➢ Die toon is verduidelikend.
➢ Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
➢ Die grammatika en spelling geniet aandag.
➢ Die kandidaat moet met die gebruik van min woorde inligting kan gee. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend. - Wisselvallige - Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend en getuig van - Idees redelik samehang in irrelevant.
bo verwagting. vaardigheid. samehangend en respons. - Idees deurmekaar
(Respons en idees)
Organisering van - Idees is intelligent, - Idees heeltemal oortuigend. - Idees onduidelik, nie en nie op
volwasse en stem relevant, interessant - Redelike organisasie en oorspronklik nie.
Hoë vlak
idees vir beplanning; onderwerp
Bewustheid van leser tot nadenke. en lewer bewys van redelik samehangend, - Min bewys van gefokus nie.
doel, gehoor en - Uitsonderlike volwassenheid. insluitend inleiding, organisasie en - Vaag en
konteks organisasie en - Organisasie baie liggaam en samehang. herhalend.
samehang, goed en samevatting/slot. - Geen organisasie
insluitend inleiding, samehangend, nie en is
30 PUNTE liggaam en insluitend inleiding, onsamehangend.
samevatting/slot. liggaam en
samevatting/slot.
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
- Respons uitmuntend, - Respons goed; - Respons - Respons is - Geen poging
maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar grootliks aangewend om in
treffende eienskappe vaardigheid. verval soms in irrelevant. ooreenstemming
van ’n opstel ontbreek. - Idees relevant, onduidelikheid. - Idees begin los met onderwerp te
- Idees intelligent en - Idees redelik staan en kan
Lae vlak
interessant. wees nie.
volwasse. - Organisasie goed en - samehangend en verwarrend wees. - Heeltemal
- Knap organisasie en samehangend, oortuigend. - Skaars ʼn bewys irrelevant en
samehang, insluitend insluitend inleiding, - ʼn Mate van van organisasie ontoepaslik.
inleiding, liggaam en liggaam en organisasie en en samehang. - Deurmekaar en
samevatting/slot. samevatting/slot. samehang, geen fokus nie.
insluitend inleiding,
liggaam en
samevatting/slot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 17
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Taal
woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat nie onverstaanbaar.
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, doel, gehoor en gepas vir doel, - Toon, register,
woordeskat is geskik en konteks. gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks styl en
Hoë vlak
vir doel/effek en - Taalgebruik getuig - Taalgebruik effektief - Gepaste taalgebruik nie. woordeskat
konteks; van vertroue, en ʼn deurlopende om betekenis oor te - Taalgebruik baie minder gepas
indrukwekkend gepaste toon word dra. basies. vir doel, gehoor
Woordkeuse;
- Toon retories treffend gebruik. - Toon is gepas. - Toon en en konteks.
Taalgebruik en
en effektief. - Grammatika en - Retoriese middele woordkeuse - Woordeskat so
konvensies,
- Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis skaars toepaslik. beperk dat dit
punktuasie,
spelling feitlik foutvry. foutvry. te versterk. - Baie beperkte onmoontlik is
grammatika, spelling - Knap gedaan. - Baie goed gedoen. woordeskat. om sin te maak.
13 10 7 4
15 PUNTE - Taalgebruik - Taalgebruik - Voldoende taalgebruik, - Taalgebruik
uitstekend en toon is toepaslik en oor die maar teenstrydighede onvoldoende.
retories effektief. algemeen effektief. word opgemerk. - Weinig indien enige
Lae vlak
- Grammatika en - Toon gepas en - Toon oor die algemeen sinsverskeidenheid.
spelling feitlik foutvry. effektief. gepas en beperkte - Woordeskat baie
- Baie goed tot knap - Enkele foute in gebruik van retoriese beperk.
gedaan. grammatika en middele.
spelling.
- Goed gedoen.
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
- Uitstekende - Logiese - Relevante detail - Sommige punte - Noodsaaklike
Kenmerke van teks; ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel. geldig. punte ontbreek.
Paragraafontwikkeling onderwerp. details. - Sinne en paragrawe - Sinne en - Sinne en
- Uitsonderlike detail. - Samehangend goed gekonstrueer. paragrawe foutief. paragrawe foutief.
en sinskonstruksie
- Sinne en paragrawe - Sinne en - Opstel maak nog - Opstel maak nog - Opstel maak nie
uitsonderlik paragrawe logies effens sin. sin. sin nie.
5 PUNTE gekonstrueer. en toon variasie.
VERSPREIDING VAN -
PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN - Respons - Respons baie goed - Respons voldoende - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van
verwagting. kennis van kenmerke kennis van van kenmerke van kenmerke van die
- Idees intelligent en van die soort teks. kenmerke van die die soort teks soort teks nie
Respons en idees; volwasse. - Behou fokus – geen soort teks - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir - Grondige kennis afwyking nie. - Nie heeltemal fokus, maar met met groot afwyking.
beplanning; Doel, van kenmerke van - Samehang in inhoud gefokus nie – afwykings - Geen samehang in
gehoor, kenmerke/ die soort teks en idees; baie goed enkele afwykings - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie
konvensies - Skryfwerk behou uitgebrei met detail - Redelike samehang altyd samehangend - Baie min detail
en konteks fokus. wat die onderwerp in inhoud en idees nie. ondersteun die
- Samehang in ondersteun. - Sommige detail - Min detail onderwerp.
inhoud en idees. - Gepaste formaat met ondersteun die ondersteun die - Nodige reëls van
18 PUNTE
- Idees behoorlik onbeduidende foute. onderwerp. onderwerp formaat nie
uitgebrei met detail - Formaat oorwegend - Nodige reëls van toegepas nie.
wat die onderwerp gepas, maar met formaat vaagweg
ondersteun. enkele foute. toegepas
- Gepaste en - Kritiese foute
akkurate formaat. begaan.
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING - Toon, register, - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl
styl en en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, woordeskat geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en hoogs geskik gehoor en konteks. gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; vir doel, gehoor - Grammatika oor - Enkele konteks. nie.
en konteks. die algemeen grammatikafoute - Grammatika - Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies; - Grammatika korrek en goed - Voldoende onakkuraat met verward
Woordkeuse; akkuraat en gekonstrueer. woordeskat etlike foute. - Woordeskat nie
Punktuasie en spelling goed - Baie goeie - Foute belemmer nie - Basiese geskik vir doel nie
gekonstrueer. woordeskat betekenis nie. woordeskat - Betekenis ernstig
12 PUNTE - Feitlik foutloos. - Oorwegend - Betekenis belemmer.
foutloos. belemmer.
VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 19
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT bo verwagting. demonstreer goeie toon voldoende kennis toon geringe kennis kennis van
- Idees intelligent en kennis van kenmerke van kenmerke van die van kenmerke van kenmerke van die
Respons en idees; volwasse. van die soort teks. soort teks. die soort teks soort teks nie
- Grondige kennis van - Behou fokus – geen - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van afwyking nie. nie – enkele afwykings fokus, maar met met groot afwyking
idees; Kenmerke/ kenmerke van die soort
teks. - -Samehang in inhoud - Redelike samehang in afwykings - Geen samehang in
konvensies en konteks
- Skryfwerk behou fokus. en idees; baie goed inhoud en idees - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie
uitgebrei met detail wat - Sommige detail altyd samehangend - Baie min detail
- Samehang in inhoud
12 PUNTE die onderwerp ondersteun die nie ondersteun die
en idees.
ondersteun. onderwerp. - Min detail onderwerp
- Idees behoorlik - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend ondersteun die - Nodige reëls van
uitgebrei met detail onbeduidende foute. gepas, maar met enkele onderwerp formaat nie toegepas
wat die onderwerp foute. - Nodige reëls van nie
ondersteun. formaat vaagweg
- Gepaste en akkurate toegepas
formaat. - Kritiese foute
begaan
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl
woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir en konteks. konteks. - Enkele grammatika- doel, gehoor en gehoor en konteks
doel en konteks; - Grammatika akkuraat - Grammatika oor die foute konteks nie
Taalgebruik en en goed gekonstrueer. algemeen korrek en - Voldoende woordeskat - Grammatika - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos goed gekonstrueer. - Foute belemmer nie onakkuraat met verward
konvensies
- Baie goeie woordeskat. betekenis nie etlike foute - Woordeskat nie
Woordkeuse; - Basiese woordeskat geskik vir doel nie
- Oorwegend foutloos.
Punktuasie en spelling - Betekenis belemmer - Betekenis ernstig
8 PUNTE belemmer
VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2019 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper