Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2022 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12202220 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 70 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) NASIENRIGLYNE 1. ʼn Kandidaat mag nie meer as EEN vraag uit dieselfde genre beantwoord nie. 2. As ʼn kandidaat meer as die vereiste aantal vrae gedoen het, word net die eerste vraag per afdeling nagesien en ʼn streep word deur die tweede vraag getrek. 3. Indien die antwoord in meer as een sin aangebied word en die antwoord nie in die eerste sin voorkom nie, maar dit tot die antwoord in die tweede sin lei, word die antwoord in die tweede sin nagesien. 4. Vir oop vrae waar JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE plus ʼn motivering vereis word, word slegs die rede/motivering oorweeg. Indien die kandidaat nie JA/NEE skryf nie, maar die motivering is korrek, word die punt toegeken. Indien die kandidaat JA/NEE sê, moet die motivering korrek wees, anders verloor die kandidaat die punt. 5. Indien ironie, vergelyking, verband en kontras gevra word, verdien die kandidaat 1 of nul punte omdat twee kante vir 1 punt gestel moet word. 6. Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woorde in die antwoord vereis word, word dit aanvaar. 7. Aanvaar dialektiese variasies. 8. Indien die kandidaat krutaal gebruik, word die kruwoorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die kruwoord sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. 9. Waar EEN-WOORD antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word. 10. Vir meervoudigekeuse-vrae word sowel die letter as die korrekte antwoord wat ten volle uitgeskryf is, aanvaar. 11. As die kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. 12. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyn nagesien. 13. As ʼn spelfout die betekenis van ʼn antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3 AFDELING A: ROMAN VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee 1.1 1.1.1 veertien (1) 1.1.2 Die see en hoe die dorp lyk. (2) 1.1.3 Daar was baie oopte/lig. Daar was geboude huise; wit perde; ’n kerk; baie netjiese mense met mooi klere en skoene aan en skepe. Hy was baie verbaas/beïndruk. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 1.2 1.2.1 MacDonald het sy pa verneder./ Die mense het hulle aangestaar. (1) 1.2.2 Ja, die skoolkinders het nader na die wa toe gekom en met hulle gespot. / Een van die meisies, Kate, wou weet of hy ’n olifant gesien het. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 1.3 1.3.1 Hulle moes wag vir die houtkoper om ’n prys te maak. (1) 1.3.2 Die houtkappers kon saamstaan en almal weier om aan die houtkopers te verkoop. (Of soortgelyk) (1) 1.4 lees (1) 1.5 Saul is ’n denker en hy bevraagteken dinge. Jozef aanvaar alles en gaan net saam met wat die ander bosmense glo en doen. (2) 1.6 1.6.1 goodfor (1) 1.6.2 geld (1) 1.6.3 Wild / dirty / dom / vuil (Enige EEN of soortgelyk) (1) 1.7 A / Sy Cape Smoke koop. (1) 1.8 1.8.1 Osse is hulle vervoermiddel. (1) 1.8.2 Nee, inteendeel, hy kan dink en dinge uitredeneer. (1) 1.8.3 Dinge raak beter as jy hard werk en nooit opgee nie. (1) (Of soortgelyk) 1.9 voëls (1) 1.10 MacDonald het gedink dat Saul nie Engels verstaan het nie. (1) 1.11 1.11.1 Die goudsdelwers het die bome begin afkap vir vuurmaakhout, ens. (1) 1.11.2 Hulle het begin om olifante te skiet toe hulle nie meer goud kry nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.12 Hy het gesê die bosmense moet vinnig die goud uitwas voor die vlieë kom. (1) 1.13 Die goud is in die spruite. (1) 1.14 Die ander goudsoekers/delwers. (1) 1.15 Nee, hy het hulle gaan vertel van die goud en genooi om saam met hom goud uit te grawe, maar niemand wou saam met hom werk nie. Selfs nie sy eie familie nie. (2) 1.16 1.16.1 Hy vrees vir die digtheid van die bos / hy sien nie die son nie / hy vrees ook vir die mis. (Enige TWEE) (2) 1.16.2 Hy wou leer hoe om goud uit te was. (1) 1.16.3 Dis ’n goeie ding vir Saul, daar was geen ander genade vir Saul nie. OF Ek voel sleg, want dis nie reg om ’n siek mens so uit te buit nie. (1) 1.17 1.17.1 E / Die verhaal begin by die hede en eindig by die hede. (1) 1.17.2 D / Die bloubokkie se gal sit in sy kop. (1) 1.17.3 B / Maska vertel vir Saul van Joram se dood. (1) 1.17.4 A / Saul werk in Swellendam. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5 VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver 2.1 2.1.1 Hanna en Tibo is broer en suster EN Amos is hulle stiefbroer. (Of soortgelyk) (2) 2.1.2 Die seuns en Hanna hou nie baie van mekaar nie. Hulle terg/irriteer haar altyd en dan raak sy vir hulle kwaad./ Hulle het ’n tipiese ouer suster en jonger broer verhouding. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.1.3 Tibo en Amos het in Hanna se kamer gegaan en deur haar skryfwerk gelees. / Hulle het haar daaroor geterg. / Hulle is nie toegelaat in haar kamer nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.1.4 Ja, hulle is nog klein en dis normaal dat hulle nuuskierig sou wees. OF Nee, sy het die reg tot haar privaatheid. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.2 Tibo-hulle gaan ook gereeld in sy kamer en snuffel deur sy goed. (1) 2.3 C / haar rympies uit te skryf. (1) 2.4 2.4.1 Hulle is gewoonlik onverdraagsaam teenoor mekaar./ Hulle wou nie graag saam vakansie gehou het nie. (Of soortgelyk) (1) 2.4.2 Ja, toe hulle suster gebore word, het hulle gewys dat hulle regtig vir mekaar omgee./ Hulle het later mekaar se geselskap geniet. / Die verhouding het verbeter. (Of soortgelyk) (1) 2.5 Sharon se ma en pa is getroud en sy het geen half- of stiefsibbe nie. Haar ouers het ’n goeie werk en is gewoond aan die beste. Haar ouers is normale mense, nie eksentriek met alternatiewe idees nie. Haar ouers is invloedryk. (Enige TWEE of soortgelyk) (2) 2.6 Hulle is op ’n gesinsvakansie / daar is geen elektrisiteit of selfone nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.7 positief (1) 2.8 Sy moes leer om haar vriendin met haar stiefbroer, Yann, te deel. / Sy kon leer dat vriende mekaar aanvaar, soos hulle is. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.9 2.9.1 C / Die ongebore baba word “ditjie” genoem. (1) 2.9.2 A / Mana en Beyers trou. (1) 2.9.3 E / Fabienne, Hanna se alter ego, word geskep. (1) 2.9.4 B / Mana kook elke aand sop. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.10 Sy vra altyd baie vrae. (1) 2.11 Sy wonder oor dinge soos wat die sin van die lewe is. / Sy vra diep vrae. / Sy is nie juis iemand wat net in mode en seuns belangstel nie. / Sy skryf oor haar diepste gevoelens. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.12 Mana / haar ma. (1) 2.13 Mana het vir Gavin gevra om sy sperm te skenk, want sy wou graag ’n baba hê. EN Hulle het ooreengekom dat sy die baba alleen sou grootmaak. (2) 2.14 Hanna is skaam omdat hy maskara/grimering en flambojante klere dra, nie omdat hy homoseksueel is nie. (1) 2.15 Sharon het onmiddellik geweet wat cashmere is. / Sharon deel Gavin se liefde vir modieuse klere. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.16 2.16.1 Gavin het net na middagete ’n dramatiese verskyning – vol modder besmeer, gemaak. Hy het die aand voorgestel dat hulle charades speel. (1) 2.16.2 Hy het aangedring dat hulle ’n talentkompetisie hou en almal het dit geniet, selfs Margot. (1) 2.17 geïrriteerd (1) 2.18 Ja, hulle ouers is albei afwesig, so hulle behoort mekaar te kan verstaan. OF Nee, elke mens is uniek en verwerk sy/haar situasie op sy/haar eie manier. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.19 Sy is ’n aktrisie / aerobiese instruktrise. (1) 2.20 Ja, ’n mens verwag dat ’n ma haar kinders eerste sou stel. OF Nee, sy het die reg om haar hart te volg. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.21 2.21.1 Beyers (1) 2.21.2 skryfkuns (1) 2.21.3 ware (1) 2.22 ’n Mens moet jou omstandighede aanvaar. / Wees lief vir die mense in jou lewe. (Enige EEN of soortgelyk) (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7 VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn 3.1 Sy doen navorsing oor die voëllewe op Meeuland. (1) 3.2 Salamanderbaai (1) 3.3 afgesonderd (1) 3.4 Dis sy kleinkind (wie se ma by geboorte gesterf het.) EN Hy sou graag nog deel van Janka se lewe wou wees. (2) 3.5 3.5.1 Ja, sy doen alles wat ’n ma sou doen vir Janka. (Of soortgelyk) (Motivering verdien die punt) (1) 3.5.2 Bad / bottelgee / aan die slaap maak. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 3.5.3 Sy het vir Jacob te jammer gekry. / Sy kon dit nie aan Jacob doen nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 3.5.4 Ja, daar is baie mense wat haar sal liefhê en ondersteun en sy sal veilig wees. OF Nee, enige kind het haar ma nodig. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 3.6 Ja, dis beter dat sy nie weet nie, dan kan dit haar nie seermaak nie. OF Nee, sy het die reg om die waarheid te ken. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 3.7 3.7.1 Dekor vir die konsert. (1) 3.7.2 Ja, sy was eers ’n kunsonderwyseres. OF Nee, enigiemand kan dekor vir ’n konsert doen. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 3.8 kombuis (1) 3.9 B / Vincent (1) 3.10 Sy het hom vertel van haar man en seun wat gebrand het. (1) 3.11 Hy raak nog liewer vir haar. (Of soortgelyk) (1) 3.12 Sy moet genesing kry vir die trauma waardeur sy is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.13 3.13.1 Wildevyeboom (1) 3.13.2 pyn (1) 3.14 Hulle is skoonbroer en-suster. (1) 3.15 3.15.1 Hy het Matthys in die tronk laat beland vir onwettig kreef verkoop. (1) 3.15.2 Hy het dronkbestuur en ’n ongeluk veroorsaak waarin Sheila verlam geraak het. (Of soortgelyk) (1) 3.15.3 Hy het per ongeluk vir Janka geskiet. (1) 3.16 minagting (1) 3.17 Skalla het vir Ryna erken omdat hy met haar man se dwelmhandel betrokke was. (Of soortgelyk) (1) 3.18 Die man wat tydens die brand in hulle woonstel was, het dieselfde tatoeërmerk gehad. (1) 3.19 3.19.1 Sy is deur Mary Peters betrap toe Jason haar gelukgewens het. (Of soortgelyk) (1) 3.19.2 Nee, Doreen was getrou aan haar man. OF Ja, daar was iets aan die broei tussen Jason en Doreen. / Hulle het van mekaar gehou. (Enige EEN Of soortgelyk) (1) 3.19.3 Sy kon privaat met hulle gaan praat het. (Of soortgelyk) (1) 3.19.4 Paranoia/vervolgingswaan (Of soortgelyk) (1) 3.19.5 Hy moes altyd na ’n ander skool trek, want sy sou iemand vals beskuldig. (1) 3.20 3.20.1 D / Skalla verkrag vir Magrietjie. (1) 3.20.2 B / Matthys se hamermeul is by Skalla. (1) 3.20.3 A / Mary word gediagnoseer met ’n gewas op die brein. (1) 3.20.4 E / Ryna se boek is bekendgestel. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt 4.1 4.1.1 Sy het vir Lien-hulle gekook./ Sy het ʼn werk vir Lien georganiseer./ Sy het gehelp om te reël dat hulle ma kliniek toe gaan. / Sy het na hulle gekyk toe hulle ma in die kliniek was. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 4.1.2 Sy is op die Weigh-Less program en sou daardie dag gaan weeg. (1) 4.1.3 Tannie Bets se yskas is propvol, terwyl Lien-hulle se yskas leeg is/slegs wyn en ’n paar basiese items bevat. (Albei kante van die verskil moet genoem word.) (Of soortgelyk) (1) 4.1.4 Tannie Bets sal buite haar dieet eet en weer gewig optel. (Of soortgelyk) (1) 4.2 4.2.1 Christien / haar ma (1) 4.2.2 Haar ma is ’n alkoholis omdat haar pa tronk toe is EN omdat sy nie kan deel met probleme nie. (Of soortgelyk) (2) 4.2.3 ‘vererg’ (1) 4.3 4.3.1 Sy wou weet hoeveel geld die vrou per dag maak. Sy wou ook weet wat op die vrou se bord staan. (Of soortgelyk) (2) 4.3.2 Ja, almal moet werk vir hulle geld, nie net vra nie. OF Nee, ’n mens weet nie wat die rede is waarom mense bedel nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 4.4 Sy het haar werk by Millenium Creations verloor, want Sue Ellen het teruggekom. / Lien benodig geld (vir kos, huurgeld). (1) 4.5 4.5.1 Sproet (1) 4.5.2 Sy het ’n manspruik, ’n baard en pyp gekies. / Sy laat Lien lekker lag. (1) 4.6 Dis in die rekwisietekamer waar sy vir die eerste keer in ’n baie lang tyd gelukkig kon wees. / Dis waar die saad geplant is vir haar keuse om drama te gaan studeer. / Sy het hier tuis gevoel. (Of soortgelyk) (1) 4.7 Ja, Lien het nie baie vriende nie, so dis nodig dat sy meer vriendskappe sluit./ Ja, sy het ’n baie moeilike lewe en daar is min dinge waaroor sy in haar lewe kan lag! (Enige EEN of soortgelyk) (1) 4.8 Ja, dis tienertaal (Of soortgelyk) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 4.9 Tibbey was in ’n motorongeluk. (1) 4.10 4.10.1 figuurlik (1) 4.10.2 Haar ma is in die kliniek/in ʼn ander wêreld/ uit voeling met realiteit / ly dalk nog aan onttrekkingsimptome. (Of soortgelyk) (1) 4.11 ’n Mens het jou ma (familie) nodig wanneer dit met jou sleg gaan/ wanneer die moeilikheid kom/ wanneer jy deur trauma gaan. (Of soortgelyk) (1) 4.12 B / voorkoms (1) 4.13 Ja, hy het glad nie gepreek nie, maar empatie met haar as matrikulant getoon. / Hy het gesê hy veroordeel haar nie oor hoe sy geld maak nie, maar hy was bekommerd oor haar skoolloopbaan. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 4.14 Nee, Kuifie het haar baie gehelp, so sy sal nou besef dat hy sy werk kan doen, al is hy jonk en modern. (Of soortgelyk) (1) 4.15 4.15.1 wind (1) 4.15.2 kerk (1) 4.15.3 baba / kind (1) 4.15.4 laerskool (1) 4.16 4.16.1 Lien het nog nooit voorheen van haar pa gedroom nie. / Lien wou niks met haar pa te doen gehad het nie. / Lien het haar pa gehaat. (1) 4.16.2 Frank (1) 4.17 4.17.1 B / lojaal (1) 4.17.2 D / onsimpatiek (1) 4.17.3 A / vinnige humeur (1) 4.17.4 C / kunstenaar / temperamenteel / kreatief (1) 4.18 Aanvaar jou omstandighede en beweeg aan/ byt vas, dinge sal beter raak/ aanvaar hulp wat na jou toe kom/ moenie vir die wêreld kwaad wees nie. (Of soortgelyk) (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11 AFDELING B: DRAMA VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé 5.1 Upington (1) 5.2 eksposisie (1) 5.3 Sy kon nie meer skoolloop nie. (Of soortgelyk) (1) 5.4 Ja, sy was lief vir skool en het altyd uit die ander se boeke gelees. (1) 5.5 Pa (1) 5.6 C / Slegs Afrikaans praat. (1) 5.7 Dit dui aan wat Poppie doen. / Dat sy wys dat sy die kinders oppas / Dis die handeling, nie woorde nie / neweteks (Of soortgelyk) (1) 5.8 Sy kon in ’n fabriek gaan werk. (Of soortgelyk) (1) 5.9 5.9.1 Bhuti-ka-nombi (Of soortgelyk) (1) 5.9.2 Sy moes langs mense met rooi komberse sit wat vir haar vreemd was. (1) 5.9.3 Hoe om suurpap te maak / mielies fyn te maal / koring te bhula / water te skep. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 5.10 5.10.1 Lambertsbaai (1) 5.10.2 Kaap (1) 5.10.3 permit (1) 5.10.4 Mdantsane (1) 5.11 Stone was goed vir Poppie, want hy het nie ’n drankprobleem, soos oompie Pengie en Plank gehad nie. EN Stone was hardwerkend. (2) 5.12 Beter, want Stone kan meer volwasse optree en hard vir sy familie werk. OF Slegter, Stone het siek geword en gesterf. (Of soortgelyk) (1) 5.13 Mosie het vir Mr Green gewerk. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 5.14 5.14.1 Die comrades het die biersale/sjebeens afgebrand. Hulle het teen die grootmense wat drink baklei. Hulle het winkels geloot. Hulle het teen die migrants baklei. Hulle het skole afgebrand. Hulle het die polisiewaens met klippe bestook. Hulle het teen die wet oor Afrikaans in opstand gekom. (Enige DRIE of soortgelyk) (3) 5.14.2 Hy dink eintlik dat Mr Green hom ‘kap’, maar wil dit nie in soveel woorde sê nie./ Hy stem eintlik saam met die comrades. (Of soortgelyk) (1) 5.14.3 Ja, hy het vir Jakkie werk aangebied. OF Nee, hy stem saam met die regering/hy verstaan nie waaroor die opstande gaan nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 5.15 B / jeug (1) 5.16 5.16.1 Hy is deur ’n dwaalkoeël getref en het gesterf. (1) 5.16.2 Sy het geglo hulle sal nie deur die onluste geraak word nie, maar Jakkie het na Bonsile gegaan en hom so in die moeilikheid laat beland. (1) 5.16.3 Ja, as die grootmense nie wil ophou drink nie, moet hulle voel. OF Nee, hulle moet altyd hulle respek behou en beter maniere vind om mekaar te verstaan. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 5.16.4 Hulle is in ’n nylon/polisievangwa weggeneem. (1) 5.16.5 Nee, hulle het niks met Jakkie se doen en late te doen gehad nie. OF Ja, hulle is ’n skakel met Jakkie en mag dalk iets weet. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 5.17 aanvaar (1) 5.18 5.18.1 D / Poppie het geen pas probleme nie. (1) 5.18.2 C / Stone beland in tuberkulose-hospitaal. (1) 5.18.3 B / Poppie se kleinkind sterf a.g.v. ’n dwaalkoeël. (1) 5.18.4 A / Poppie werk lang ure vir min geld. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13 VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard 6.1 gebaretaal (1) 6.2 Hy het radioversoeke vir haar gestuur, ook gediggies vir haar opgesê. (2) 6.3 6.3.1 Hy slaap op ’n enkelbed. (1) 6.3.2 Melancholies/hartseer/eensaam (Enige EEN of soortgelyk) (1) 6.4 Toorwater (1) 6.5 Sy speel nie meer klavier nie. (1) 6.6 Sy stel nie daarin belang nie./ Sy dink hy is stuitig. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 6.7.1 Katrien het vir haarself oorkrabbetjies gekoop./ Sy het poeier vir haarself gekoop. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 6.7.2 Katrien moet geld spaar/afknyp as sy iets vir haarself wil hê. (Of soortgelyk) (1) 6.7.3 Nee, hy gee nie vir haar geld vir haar behoeftes nie, maar hy koop plate en patrone vir sy haelgeweer. Hy spandeer gedurig geld op die kar. OF Ja, sy kry die basiese kos en klere, die ander dinge soos oorkrabbetjies is onnodig. / Hy werk op ’n klein stasie en verdien seker min geld. (Enige TWEE of soortgelyk) (2) 6.8 Emma wil nie ’n verhouding met Nollie aanknoop nie. / Sy is bang vir mans. Sy sê sy gaan nie eendag trou nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 6.9 D / dop (1) 6.10 6.10.1 geforseer/aangemoedig (1) 6.10.2 Nollie (1) 6.10.3 oujongnooi (1) 6.11 Hy het altyd vir haar vrugte/geskenke gebring. Hy het altyd kom hoor of sy iets van die dorp af nodig het. Hy het hulle verdedig toe die dorpenaars oor hulle skinder. Hy het haar getroos toe sy en Hendrik baklei het. Hy het al vir haar gesê dat hy haar liefhet. (Enige DRIE of soortgelyk) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 6.12 6.12.1 Katrien het vir Frans toegelaat om haar te troos./ Sy aanvaar altyd sy geskenke. (1) 6.12.2 Ja, ’n mens moet getrou aan jou man bly. OF Nee, as Frans haar gelukkig maak, mag sy hom liefkry. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 6.13 Nee, Katrien is net vir Hendrik lief. OF Ja, hy het baie meer geld as Hendrik. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 6.14 Manuel (1) 6.15 Emma het weer begin klavier speel. / Hulle kommunikeer beter met mekaar. (1) 6.16 Hulle het hom teen Jan Mol beskerm. / Hulle het hom versorg toe hy geskiet was. / Hulle het hom blyplek gegee toe hy geskiet was. (Enige TWEE of soortgelyk) (2) 6.17 B / Afgesonderheid (1) 6.18 paljas (1) 6.19 Ja, eie respons, bv. dit het al met my gebeur. OF Nee, eie respons bv. daar is altyd ’n logiese verklaring vir alles wat gebeur. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 6.20 Hy het altyd gedink Katrien sal hom vir ʼn ander, ryker man los. / Hendrik kan nie sinvol kommunikeer nie. / Hendrik was jaloers. / Hendrik het nie ambisie nie, trek elke keer na ’n ander stasie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 6.21 6.21.1 D / Jan Mol (1) 6.21.2 E / Hendrik (1) 6.21.3 A / Dominee Bothma (1) 6.21.4 B / Barnie (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15 VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee 7.1 7.1.1 bang (1) 7.1.2 Hy moes voor die magistraat verskyn. / Hulle wou uitvind of hy Lukas van Rooyen is. (Of soortgelyk) (1) 7.1.3 sensusopname (1) 7.2 7.2.1 Ja, want sy het geglo hulle sal nie meer kom nie omdat ’n paar maande verbygegaan het. OF Nee, sy moes geweet het hulle sal terugkom, maak nie saak hoe lank dit sou neem nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 7.2.2 Ja, in daardie tyd kon bruin en wit nie in een huis saamwoon nie. OF Nee, hulle kon sien Benjamin is gelukkig en goed versorg by Fiela. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 7.2.3 Hulle het haar as ‘vrou’ aangespreek, nooit haar naam gebruik nie./ Hulle praat met minagting. / Hulle luister nie juis na haar verduideliking nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 7.2.4 Fiela kon lees en skryf. EN Fiela het grond besit/geld gehad. (2) 7.3 7.3.1 Weledele Heer. (1) 7.3.2 Dawid leen sy beste baadjie vir Benjamin. Benjamin kry ’n nuwe hemp. Benjamin kry vyf sjielings. (Enige TWEE of soortgelyk) (2) 7.3.3 Sy familie in die Lange Kloof./sy ma, Fiela/die lekker kos/die oopte van die Bos/die volstruise (Enige TWEE of soortgelyk) (2) 7.3.4 ‘foeter’ (1) 7.4 Hy kon lees en skryf. (2) 7.5 Ja, hy was al in die tronk en weet hoe dit werk. OF Nee, Fiela as ma weet hoe om met mense te onderhandel. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 7.6 Hy het van die see gehou. (Of soortgelyk) (1) 7.7 Elias het hom gestuur om vir Nina te gaan haal. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 7.8 7.8.1 Sy het nie meer geld huis toe gestuur nie. (1) 7.8.2 Ja, sy bly nie meer by hulle nie, so sy het nie nodig om hulle reëls te volg nie. OF Nee, sy is nog altyd hulle kind, sy moet na hulle luister. (Enige EEN Of soortgelyk) (1) 7.8.3 gesellin (1) 7.8.4 Sy het haar botteltjies begrawe. (1) 7.9 Ja, hy was bang Lukas vat sy werk. OF Nee, hy is maar van nature kortaf. (Enige EEN Of soortgelyk) (1) 7.10 7.10.1 Nee, hy kry nie juis werk op die skepe nie, daarom maak hy asof hy wil weggaan. (1) 7.10.2 soutbloed (1) 7.10.3 Lukas sal vir Kaliel vir kos en slaapplek werk. (2) 7.10.4 Lukas sê dat hy nie ’n ander se werk soek nie. / Lukas het geweier om bloubokkiestrikke te stel. (Of soortgelyk) (1) 7.11 B / minag OF D / op hulle neerkyk (Enige EEN) (1) 7.12 Hy het ’n boodskap gekry dat sy broer, Dawid, dood is. (1) 7.13 7.13.1 D / Elias dwing vir Lukas om vir hom Pa te sê. (1) 7.13.2 E / Fiela stap vir die tweede keer Knysna toe. (1) 7.13.3 A / Nina stuur nie meer geld huis toe nie. (1) 7.13.4 B / Fiela praat met die konstabel op Knysna. (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17 AFDELING C: KORTVERHALE VRAAG 8: SPIEËLBEELDE 8.1 “ROT IN ’N VAL” – H. du Plessis 8.1.1 Igundane het al voorheen weggeraak EN hy is bang dat Kuku hom sou opvreet. (Of soortgelyk) (2) 8.1.2 Daar is wit, swart en bruin kinders by die skool. (1) 8.1.3 (a) Sy is eensaam, want daar is geen bure nie. (1) (b) Hulle het nie ’n hond/iets wat haar sal beskerm nie en sy is bedags alleen. (Of soortgelyk) (1) (c) Dis ver skool/dorp toe en die ryery put haar uit/maak haar geïrriteerd. (1) 8.1.4 C / skuur (1) 8.1.5 Sy dink dis aaklig dat hulle bly is die rot is dood. / Sy noem die rot ’n arme rot. / Dalk het sy aan hulle eie rot, Igundane gedink. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 8.1.6 Sy het nie Maandag opgedaag vir werk nie. (1) 8.1.7 Waar, sy het ’n lysie waarvan sy haar inkopies afmerk. (1) 8.1.8 (a) agterdeur (1) (b) straat (1) (c) dag (1) (d) mes (1) 8.1.9 konnotatiewe (1) 8.1.10 Dit is noodsaaklik dat ’n mens ten alle tye eerlik met jou man moet wees sodat hy kan weet as jy hulp nodig het. (Of soortgelyk) (1) 8.1.11 Ek sou kwaad vir haar gewees het en met haar geraas het. OF Ek sou haar getroos het en gesê het dat sy moet leer om altyd eerlik te wees. (Enige EEN Of soortgelyk) (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 8.2 DIE WELDOENER – T.T. Cloete 8.2.1 Op die strand/Muisnesbos (1) 8.2.2 Hy het nie vir hom gepreek nie, maar bemoedig, raad gegee en gehelp. (Of soortgelyk) (1) 8.2.3 Hy het met hom gesels/raad gegee./ Hy het hom huis toe gehelp. / Hy het hom in die bed gesit. / Hy het sy klere gewas. (Enige EEN Of soortgelyk) (1) 8.2.4 Hy drink soos die res van sy groep. / Hy steur hom erg aan die opinies van sy vriende. / Hy gee in onder groepdruk. (Of soortgelyk) (1) 8.2.5 D / orkesdirigent (1) 8.2.6 Ontnugtering (1) 8.2.7 Hy besef nou wat dit aan jongmense doen vir wie jy moet sê, “nee, jy het nie talent nie”. / Hy besef dat teleurstelling jongmense na drank toe kan dryf. (Of soortgelyk) (1) 8.2.8 Hy dink nie dis ʼn goeie instansie nie, a.g.v sy vriende se opinies. (Of soortgelyk) (1) 8.2.9 Kruger nasionale wildtuin (1) 8.2.10 (a) Hulle is gelyk, niemand ken mekaar nie en hulle skuld mekaar niks nie. (1) (b) Hy sal graag die persoon by sy konservatorium wil help sonder dat die jongman dit agterkom. (1) 8.2.11 Die jongman het sy enkel verstuit, so hy sal weet as hy ’n jongman met ’n verstuite enkel sien loop. (Of soortgelyk) (1) 8.2.12 (a) D / populêre tersiëre instansie (1) (b) C / Sondae kerkgebou (1) (c) B / onpopulêre tersiëre instansie (1) 8.2.13 Nee, dit blyk asof sy pa gewelddadig is, daarom was die seun ook in ’n bakleiery betrokke. (Of soortgelyk) (1) 8.2.14 Die seun bly anoniem. / Dit kan op enige jongmens van toepassing wees. / Enige leser kan ook hieruit leer. (1) 8.2.15 Gawie doen wat hy wil hê iemand eendag aan sy seun sal doen, (indien dit nodig sou wees.) (Of soortgelyk) (1) TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19 AFDELING D: GEDIGTE VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 Tien haikoes vir die Vredefortkoepeler 9.1.1 ’n Meteoriet het die aarde getref en so ’n gat veroorsaak. (Of soortgelyk) (1) 9.1.2 Japanese digsoort (1) 9.1.3 krag (1) 9.1.4 Dit dui op GROOT en BAIE KOUD (2) 9.1.5 lewe kliphart klop / kl-klank (1) 9.1.6 Daar is geen rymskema nie (rymloos) / drie versreëls (kort) / elke haikoe bestaan uit een sin sewentien lettergrepe elke haikoe bestaan uit een sin. (Enige TWEE) (2) 9.1.7 D / Metafoor (1) 9.1.8 Die mens (1) 9.1.9 Nee, die mens het skade aan die aarde gedoen. / aarde verwoes / besoedel (Of soortgelyk) (1) 9.1.10 Kwaad / Ontevredenheid (1) 9.1.11 (a) E / Personifikasie (b) A / Woordspeling (c) C / Besoedeling (d) B / Vooruitverwysing na die toekoms (4) 9.1.12 Mens moet jou roeping ernstig opneem. / Mense moet omgee vir die natuur. (Of soortgelyk) (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 9.2 PRYSLIED – ANTJIE KROG 9.2.1 Huldeblyk (1) 9.2.2 Mandela se inhuldiging as president / 11 Mei 1994 (1) 9.2.3 Troue/verjaarsdag/gradeplegtigheid/begrafnis (Of soortgelyk) (1) 9.2.4 Daar is geen vaste rymskema nie. / Die strofes is nie ewe lank nie. / Die versreëls is nie ewe lank nie./ Daar is baie enjambemente/min leestekens. / Daar is min hoofletters. / Daar is baie alliterasie en assonansie. (Enige TWEE of soortgelyk) (2) 9.2.5 Sy hare is grys en swart. / “houtskool en as is sy hare” (1) 9.2.6 Hy is lank en skraal / “kop en skraal skouers staan hy bo almal uit” Hy is bruin van kleur / “hy, die sandkleurige seun van uNosekeni” Hy het sagte handpalms. / “die man met die vlesige palmkussings” Hy het ’n moesie op sy bolip. / ʼn “klein swart ster priem sy bolip” (Enige EEN of soortgelyk) (1) 9.2.7 Trots / bly / gelukkig (Enige EEN of soortgelyk) (1) 9.2.8 “gevestigde” (1) 9.2.9 B / Kontras (1) 9.2.10 Mens sou verwag dat hy, as leier van Umkhonto we Sizwe, die gewapende stryd so voorstaan, maar hy het sy mense gesê om in vrede te leef. (Of soortgelyk) (2) 9.2.11 (a) Daar was apartheid in die land / verdeeldheid tussen wit en swart. (1) (b) Hy het hulle geleer van vrede. / om mekaar te verstaan / om mekaar te aanvaar / ubuntu (Enige EEN of soortgelyk) (1) (c) Ja, almal leef gelukkig saam. OF Nee, daar is nog baie mense wat in onvrede met mekaar leef. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 9.2.12 (a) Getrokke tak (1) (b) “die sleepsel van sy blare lê wyd” (1) 9.2.13 Leef in vrede / vergewe mekaar / help mekaar. (Enige EEN of soortgelyk) (1) TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all