Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 12202244 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 44 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 70 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 44 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help. 3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) Beantwoord die vrae oor albei kortverhale. AFDELING D: Gedigte (35) Beantwoord die vrae oor albei gedigte. 4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan. 5. Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat julle behandel het. AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help. 6. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Laat ’n reël oop na elke antwoord. 9. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 75 minute per afdeling/vraag. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3 INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. BLADSY VRAAGNOMMER PUNTE NR. VRAAG 1: Kringe in ’n Bos Kontekstuele vraag 35 5 VRAAG 2: Die Ongelooflike Avonture Kontekstuele vraag 35 9 van Hanna Hoekom VRAAG 3: Meeulanders Kontekstuele vraag 35 13 VRAAG 4: Lien se Lankstaanskoene Kontekstuele vraag 35 17 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAG 5: Poppie – Die Drama Kontekstuele vraag 35 22 VRAAG 6: Paljas Kontekstuele vraag 35 26 VRAAG 7: Fiela se kind – Die Drama Kontekstuele vraag 35 31 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor ALBEI kortverhale. VRAAG 8.1: “Rot in ’n val” Kontekstuele vraag 17 36 EN VRAAG 8.2: “Die weldoener” Kontekstuele vraag 18 38 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor ALBEI gedigte. VRAAG 9.1: “Tien haikoes vir die Kontekstuele vraag 17 40 Vredefortkoepel” EN VRAAG 9.2: “Pryslied” Kontekstuele vraag 18 43 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. GETAL VRAE DUI AAN AFDELING VRAAGNOMMERS BEANTWOORD (√) A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5 AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A Saul het die laaste koffie en patats gedeel sodat daar vir voordag iets oor was; sy pa en oom Anneries het die laaste twakkrummels gedeel. “Is die see ver van die dorp af?” vra hy vir Jozef in die hoop dat dié hom die vorige keer misgis het. “Ver,” sê Jozef. 5 “Hoe ver?” “Halfuur se draf tot agter” “Sal jy saam met my gaan?” “Nee, Pa sal nie wag nie.” “Ons kan die wa maklik weer inhol,” was hy bereid om selfs te soebat. 10 “Ek bly by die wa.” Klaar. Jozef het nooit gehou van dorp toe gaan nie. Niemand hou skynbaar van die dorp nie. Net oom Anneries. Of van die see nie. Die helfte van die vooruitsig is om te sien hoe lyk die dorp, is om te sien hoe lyk die see. *** “Ek het uitgereken hoeveel osse daar in honderd grootvoete is,” sê hy toe 15 Jozef weer die rieme kom vat. “Duisend. As Marais honderd grootvoete skiet, is dit net so goed hy skiet ’n duisend osse. Dis baie, né?” “Jy praat dom, Saul. ’n Man wat duisend osse skiet, is mal in sy kop.” “Duisend skote, duisend koeëls.” 1.1 1.1.1 Hoe oud was Saul toe hy vir die eerste keer die dorp gesien het? (1) 1.1.2 Waarna het hy die meeste uitgesien van die reis dorp toe? Noem TWEE dinge. (2) 1.1.3 Beskryf Saul se eerste indrukke van die dorp toe hulle daar kom. (1) 1.2 “Ek bly by die wa.” Klaar. (Reël 11) 1.2.1 Noem EEN insident wat op die dorp gebeur het, wat Saul laat verstaan het waarom die bosmense nie van die dorp hou nie. (1) 1.2.2 Stem jy saam dat dit NIE ’n goeie plan van Jozef was om by die wa te bly NIE? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.3 Saul het gesien dat ’n mens baie geduld moet beoefen en goed kan onderhandel as jy met die houtkopers te doen kry. Verduidelik die stelling deur te verwys na: 1.3.1 Wat gebeur wanneer die hout afgelaai is? (1) 1.3.2 Wat, volgens jou, sal ʼn beter manier wees om met die houtkopers te onderhandel? (1) 1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die kennis wat sy ma vir Saul geleer het, het hom gehelp om te kon (lees/ verstaan) wat in MacDonald se skuldboek gestaan het. (1) 1.5 Saul en Jozef het as kinders ’n baie goeie verhouding gehad tog was daar groot verskille tussen hulle. Noem die verskil wat duidelik in die uittreksel na vore kom. (2) 1.6 Voltooi die onderstaande paragraaf deur slegs die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die vraagnommer (1.6.1 tot 1.6.3) en die antwoord neer. Saul het vir die eerste keer in sy lewe van die skewe sirkel geleer. Hy het gesien dat die houtkopers die houtkappers uitbuit deur vir hulle (1.6.1) ... in plaas van (1.6.2) ... vir hulle hout te gee. Hy het ook geleer dat die dorpsmense op hulle neerkyk en hulle as (1.6.3) ... beskou, iets wat hy later in sy lewe weer sou hoor en altyd sou onthou. (3) 1.7 Kies die antwoord wat NIE korrek is NIE: Ou Anneries het baie van die dorp gehou, want daar kon hy ... A sy Cape Smoke koop. B sy wiele se speke verkoop. C van die dorpsmense en bosmense sien. D die Knysnarivier sien. (1) 1.8 Saul het uitgewerk wat die impak sou wees as Marais een duisend grootvoete moes skiet. 1.8.1 Hoe word hulle hout dorp toe vervoer? (1) 1.8.2 Glo jy ook, soos Jozef, dat Saul dom is? (1) 1.8.3 As jy as veertienjarige in Saul se skoene was, watter raad sou jy vir hom kon gee? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B “Ja ...” het Patterson na ’n rukkie opgemerk, “as drome waar geword het, kon joune die beste gewees het.” “Wat bedoel jy?” “Dat die houtkappers dan maar op hulle tyd die spruite uitwas en iets maak.” “As almal hulle bekke hou, kan dit maklik gebeur.” 5 “Jy is naϊef, Barnard. Jy’t nog nie gesien hoe groot manne mekaar meëdoenloos plattrap nie.” “Jy maak ’n fout, Patterson. Ek sien dit elke dag. Die houtkappers van die bos word nie platgetrap nie, hulle word in die aarde in vertrap deur die houtkopers waarvan MacDonald een is.” 10 “Dan beter julle nie te lank sloer nie.” Daar was tye dat Patterson ’n man was waarvan ’n mens sou kon hou. “Hoe bedoel jy?” “Was uit wat julle kan voordat die vlieë kom.” Patterson het diep in die vlamme gekyk. 15 *** “Kry my hier uit, Barnard! Ek smeek jou! Kry my hier uit voor ek sterf!” Hy was erger as tevore, hy het sleg gelyk en Saul het geweet hy sou moes oppak. “Ons moet net eers ‘n rukkie wag en kyk of dit nie opklaar nie,” het hy nogtans uitstel probeer soek. 20 1.9 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. MacDonald het vir Saul saam met Patterson bos toe gestuur onder die voorwendsel dat Patterson in (voëls/inheemse plante) belangstel. (1) 1.10 Noem EEN manier hoe MacDonald vir Saul in hierdie opsig onderskat het. (1) 1.11 “Jy’t nog nie gesien hoe groot manne mekaar meëdoenloos plattrap nie.” (Reël 6–7) Ons sien later in die roman dat die woorde van Patterson waar geword het. Verduidelik watter effek die goudstormloop op die volgende natuurelemente gehad het: 1.11.1 Die plantegroei (1) 1.11.2 Die dierelewe (1) 1.12 Dit is duidelik dat Patterson niks van die bosmense se lewenswyse verstaan het nie. In watter opsig, volgens die uittreksel, is hy die bosmense egter goedgesind? (1) 1.13 Waar, volgens Patterson, was die beste plek om goud uit te grawe? (1) 1.14 Na wie verwys Patterson as hy van die “vlieë” (Reël 14) praat? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.15 Ten spyte van die feit dat Saul uit die bos weggejaag was, was hy nog steeds lojaal teenoor die bosmense. Dink jy die bosmense het sy lojaliteit waardeer? Motiveer jou antwoord deur ’n voorbeeld uit die verhaal te noem. (2) 1.16 “Kry my hier uit, Barnard! Ek smeek jou! Kry my hier uit voor ek sterf!” (Reël 16) 1.16.1 Waarom het Patterson die bos gevrees? Noem TWEE dinge. (2) 1.16.2 Saul het met alle mag probeer om vir Patterson in die bos te hou. Wat wou hy van Patterson leer? (1) 1.16.3 Hoe voel jy oor die feit dat Saul die situasie uitgebuit het? (1) 1.17 Die volgende dinge het ’n rol in Saul se lewe gespeel. Kies die gebeure in KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die aanhaling in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.17.1 tot 1.17.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.17.1 Sirkelmotief A Saul werk in Swellendam. 1.17.2 Die eerste leuen B Maska vertel vir Saul van Joram se dood. 1.17.3 Hartbroer C Saul sien spore van Oupoot by sy tent. 1.17.4 Houtwerk D Die bloubokkie se gal sit in sy kop. E Die verhaal begin by die hede en eindig by die hede. (4 x 1) (4) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9 VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C Die bom bars oor middagete. Ek sit ewe niksvermoedend langs die kombuistafel en kou aan ’n gebakte aartappel, dankbaar dat ek nie weer sop hoef te sluk nie, toe Amos iets agter sy hand vir Tibo fluister. Die volgende oomblik proes hulle saam van die lag. En iets aan die manier waarop hulle na my loer, laat my lont ruik. 5 “Wat’s so snaaks?” “Dis die aartappel in my mond,” gie-gie Amos. “Dis die hond op die grond,” giggel Tibo. “Dis al!” roep hule saam uit en val amper vooroor in hulle borde soos hulle lag. 10 My kop ruk regop. Ek vóél hoe my gesig wit word. Hoe die bloed uit my vel gesuig word deur ’n verskriklike woede. *** “Welkom in ons gelukkige gesinnetjie,” het ek vir Sharon gesê. “Soos jy kan hoor, is ons almal mal oor mekaar.” *** “Gaan ons nie vanaand Krabbel speel nie?” vra sy later terwyl ons vinnig 15 uittrek. “Of kaart of iets?” “Nee, ek dink nie dit gaan vanaand werk nie. Almal is te oorstuur.” “Dis jammer,” sê sy en rits ’n sweetpakbaadjie bo-oor haar pajamapak toe. “By my huis doen ons nooit sulke dinge nie.” “By my huis ook nie.” Sy kyk verras na my. 20 2.1 “Die bom bars oor middagete.” (Reël 1) 2.1.1 Wat is die band tussen Hanna, Tibo en Amos? (2) 2.1.2 Som hulle verhouding in EEN sin op. (1) 2.1.3 Bespreek die konflik wat tussen Hanna en die seuns in die uittreksel uitgebeeld word. (1) 2.1.4 Dink jy dat Hanna ’n bietjie oorreageer deur kwaad vir die twee te raak? Motiveer. (1) 2.2 Hanna het vir die eerste keer ’n bietje ondersteuning van Yann gekry. Waarom kon hy met haar identifiseer? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.3 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (2.3) en die letter (A–D) neer. Die straf wat Hanna vir Tibos en Amos wou gee, was om .... A elke aand skottelgoed te was. B elke dag haar kamer skoon te maak. C haar rympies uit te skryf. D haar rympies te leer. (1) 2.4 “Soos jy kan hoor, is ons almal mal oor mekaar.” (Reël 13–14) 2.4.1 Waarom sou jy saamstem dat Hanna sarkasties was toe sy die woorde sê? (1) 2.4.2 Dink jy Hanna sou later in die verhaal, dalk die woorde opreg kon bedoel? Motiveer. (1) 2.5 Sharon en Hanna se huishoudings verskil hemelsbreed van mekaar. Noem ten minste TWEE verskille hoe Sharon s’n verskil van dié van Hanna. (2) 2.6 Waarom speel Hanna-hulle nou in die aande speletjies, as hulle dit nie gewoonlik doen nie? (1) 2.7 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies: Die skoon, vars lug het Hanna, se verhoudings met haar familielede en vriende (positief/negatief) beïnvloed. (1) 2.8 Watter les kon Hanna in terme van vriendskap leer? (1) 2.9 In enige roman is daar gebeure en gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.9.1 tot 2.9.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.9.1 Mana wil nie seksisties wees nie. A Mana en Beyers trou. 2.9.2 Patat en Pampoen ontmoet. B Mana kook elke aand sop. 2.9.3 Hanna wil uit haar saai, vervelige C Die ongebore baba word bestaan ontsnap. “ditjie” genoem. 2.9.4 Die familie is op die berg D Mana skrop die vloere. vasgekeer. E Fabienne, Hanna se alter ego, word geskep. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11 EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D Ek is ’n meisie wat te veel vrae vra. Miskien moet ek eerder ’n speurverhaal skryf. Verlore verfkwas? Gesteelde stillewe? Vol tergende vrae soos: Wie het die stillewe gesteel? Wat is die sin van ’n stillewe? Noudat ek daaraan dink, wat is die sin van die lewe? *** “Oukei, dan bly jy oor vir ’n nag of twee,” sê Mana ingenome. Maak of sy nie 5 sien hoe wanhopig ek my kop skud nie. “Wil jy iemand saambring? Die huis is groot genoeg, hoor!” Net nie dit nie, dink ek, te wanhopig om selfs my kop te skud. Asof dit nie erg genoeg is dat my moffie-pa op my verjaarsdag gaan opdaag om my voor my beste vriendin in die skande te steek nie. 10 *** “As Gavin daar is, sȧl dit ’n partytjie wees,” verseker sy my. “Hy kan ’n begrafnis in ’n fees verander.” As jy my vra, is dit ’n onmoontlike taak. Om jou ondankbare dogter se vyftiende verjaarsdag in ’n stowwerige bouval op ’n verlate berg in ’n fees te verander. Maar niemand vra mos ooit my mening oor my eie lewe nie. 15 *** “Waarvoor wag sy?” vra Tibo met sy neus plat teen die ruit gedruk. “Dat ons die rooi tapyt uitrol,” mompel Yann. “Miskien wil sy net eers ’n rukkie alleen wees saam met Amos,” sê Mana onseker. “Sy’t hom so lank laas gesien ... ” Yann gee Mana ’n eienaardige kyk, so asof hy wil sê: En wat van my? 20 2.10 Hanna sou veel eerder ’n meer eksotiese naam wou hê. Hoekom is haar naam egter gepas vir haar, volgens die uittreksel? (1) 2.11 Hoe breek Hanna die stereotipe van ’n tipiese, oppervlakkige tiener wat net die lewe wil geniet? (1) 2.12 Wie, in Hanna se gesin, sal waarskynlik in ’n stillewe belangstel? (1) 2.13 “Asof dit nie erg genoeg is dat my moffie-pa op my verjaarsdag gaan opdaag om my voor my beste vriendin in die skande te steek nie.” (Reël 9–10) Verduidelik waarom Gavin nooit deel van Hanna se lewe was nie. Noem TWEE feite. (2) 2.14 Hanna is skaam omdat haar pa homoseksueel is. Waarom is die bogenoemde stelling ONWAAR? (1) 2.15 Hoekom het Gavin en Sharon dadelik van mekaar gehou? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.16 Mana se woorde oor Gavin (Reël 11–12) het tog later waar geword. Motiveer die stelling deur na die volgende insidente in die boek te verwys. 2.16.1 Hanna se verjaarsdag (1) 2.16.2 Toe hulle deur die reën ingeperk was (1) 2.17 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies: Ons kan aflei dat Yann aan die begin (trots/geïrriteerd) is met Margot. (1) 2.18 As jy Hanna en Yann se situasie met hulle ander biologiese ouers kyk, sou jy verwag dat die twee beter oor die weg kom? Motiveer. (1) 2.19 Wat, volgens die uittreksel, is Margot se beroep? (1) 2.20 Yann het duidelik kwade gevoelens teenoor Margot oor haar beroep. Dink jy dis regverdig van hom om vir haar kwaad te wees omdat sy haar beroep gevolg het? Motiveer. (1) 2.21 Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (2.21.1 tot 2.21.3) neer. Die enigste volwassene met wie Hanna uit die staanspoor goed oor die weg gekom het, was (2.21.1...) omdat hulle ’n liefde vir (2.21.2 ...) gedeel het. Sy het egter later haar hele familie aanvaar en besluit om ’n (2.21.3 ...) verhaal oor hulle te skryf. (3) 2.22 Watter EEN les kan jy uit die verhaal van Hanna Hoekom leer? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13 VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS E Meeuland, Donderdag 17 Mei 1979 Jacob is gister wal toe. Hy’t al Elsabet se goed saamgeneem. Hy’t Janka ook saamgeneem. Ek het taamlik van haar goedjies ingepak, alhoewel hy niks gesê het van wat die reëlings is nie. Net dat hy twee dae af is. Ek kon sien hoedat Jannerik heeldag ronddwaal en wonder wat gaan gebeur. Hy’t 5 niks werk gedoen nie, net by die jettie gesit en sing en iets probeer vang. Attie het ook nie met die geute aangegaan nie, later ’n hardernet met die Sterretjie gaan uitgooi. Ons was die hele dag soos dwalendes. En vandag gaan dit nie beter nie. Ek is nie lus vir my werk nie en die dekor is klaar, dis gister saam. Ek hoop Doreen is tevrede daarmee. Miskien kom Jacob en 10 Elsabet tot ’n vergelyk oor Janka. Miskien bly Janka op die wal. Daaraan wil ek nie nou al dink nie. *** Jacob kom binne. Hy vou sy arm beskermend om haar bewende liggaam en hou haar vas. “Toemaar, ek en Jannerik het die vuur geblus.” Hy streel sy hand versigtig oor haar donker hare. Hy praat sussend: “Toemaar, alles is 15 reg nou.” Maar haar liggaam ruk in sy arms, sodat hy haar stywer vashou. Liggaam teen liggaam totdat haar hortende asem bedaar en hy haar kop teen sy bors vasdruk. “Ek ... was bang,” prewel sy gesmoord. 20 “Toemaar ... die vuur is weg.” 3.1 Waarom hou hierdie persoon dagboekinskrywings oor wat op Meeuland gebeur? (1) 3.2 Wanneer Jacob “wal” toe gaan, beteken dit hy gaan ... toe. (1) 3.3 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies: Elsabet het Jacob verlaat omdat sy te (afgesonderd/ledig) op die eiland gevoel het. (1) 3.4 Verduidelik volledig waarom dit vir Jannerik belangrik is om te weet wat met Janka gaan gebeur. Noem ten minste TWEE feite. (2) 3.5 Ryna tree as surrogaatmoeder vir Janka op. 3.5.1 Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord. (1) 3.5.2 Noem EEN van die takies wat sy vir Janka moes doen. (1) 3.5.3 Waarom het Elsabet nie vir Janka saam wal toe geneem nie? (1) 3.5.4 Stem jy saam met Elsabet se besluit dat dit beter vir Janka op Meeuland sou wees? Motiveer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.6 Elsabet is salig onbewus van die geheim rondom Janka se geboorte. Glo jy dis goed/reg dat sy nie die geheim ken nie? Motiveer. (1) 3.7 Ryna het baie goeie verhoudings op Meeuland opgebou en gou deel van die gemeenskap geword. 3.7.1 Waarmee moes sy vir Doreen help? (1) 3.7.2 Dink jy haar vorige beroep het dit moontlik gemaak dat sy vir Doreen kon help? Motiveer. (1) 3.8 Kies die korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (3.8) neer. Jacob moes vir Ryna troos, want haar (kombuis/badkamer) het gebrand. (1) 3.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.9) neer. Die brand het vir Ryna erg ontsteld dat sy vir Jacob as ... aangespreek het. A Attie B Vincent C Ronnie D Jannerik (1) 3.10 Ryna het haar geheim oor haar verlede aan Jacob bekend gemaak. Verduidelik wat haar geheim was. (1) 3.11 Hoe dink jy, voel Jacob nou teenoor haar, nadat hy die geheim gehoor het? (1) 3.12 Wat is die werklike rede waarom Ryna Meeuland toe gekom het? (1) 3.13 Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (3.13.1 tot 3.13.2) neer. Ryna en Jannerik het goed met mekaar klaargekom omdat hulle met mekaar kon identifiseer. Jannerik het gesê dat hulle ’n (3.13.1) ... moet plant sodat hulle (3.13.2) ... daarin kan groei. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS F “Is Boetie darem goed vir jou ... andersins?” Die woede in haar word vreesagtig koud. Sy wys na die voordeur. “Loop!” Maar hy gryp haar arm vas. “Hei, dis my pa se huis dié. Het jy vergeet? Ek het by daardie trapreling afgeskaats toe ek ’n tjokkertjie was. Hy haal ’n pakkie Camels uit sy 5 baadjiesak, skud een uit en maak dit brand. Sy oog vang die klomp ornamentjies wat op die vloer rondstaan. Hy buk, tel ’n portretjie op. Dis een van Attie en Ryna. Hy kyk ’n lang ruk lank daarna, gee ’n teug aan sy sigaret en skiet sy vuurhoutjie netjies in die koper-sambreelhouer in, asof hy dit honderd maal tevore so gedoen het. 10 “Die Van Rensburg girl, was sy voorheen in die Kaap?” “Ja. Hoekom?” Elsabet wens hy wil nou liewer loop. “Was sy getroud?” “Nee. Hoekom? Wat stel jy so belang?” *** Sy hoor elke woord. Die hele stoor hoor dit. Dit weerklink oor die oop stuk grond 15 tot onder by die jettie. “Meneer Bindeman! My man het ’n probleem met jou dierbare darling van die dag af dat hy by die skool begin het. Ek het nou oorgenoeg daarvan! Sy gooi nie net haar eie naam weg nie, maar Jason s’n ook!” 3.14 Wat is die verhouding tussen Elsabet en Skalla? (1) 3.15 Skalla is die swart skaap van die Blanckenbergs en het baie probleme veroorsaak vir verskillende mense in Salamanderbaai. Verduidelik wat hy aan elk van die volgende mense gedoen het. 3.15.1 Matthys Langhans (1) 3.15.2 Sheila Blanckenberg (1) 3.15.3 Janka (1) 3.16 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skalla se verwysing na Fred Blanckenberg as “Boetie” (Reël 1) dui op sy (liefde/minagting) vir Fred. (1) 3.17 Elsabet vermoed dat Skalla op ’n romantiese manier met Ryna betrokke wil raak, maar sy is verkeerd. Verduidelik Skalla se belangstelling in Ryna. (1) 3.18 Waaraan het Skalla se tatoeërmerk vir Ryna laat dink? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.19 Doreen Bindeman, onderwyseres by die laerskool in Salamanderbaai, het haar veertigste verjaarsdag by die skool gevier. 3.19.1 Verduidelik waarom sy later die middag na haar man se werkplek gevlug het. (1) 3.19.2 Mary Peters was van die begin af jaloers op Doreen. Het sy rede gehad om jaloers te wees? Motiveer. (1) 3.19.3 Hoe kon Mary die situasie op ’n meer diplomatiese manier hanteer het? (1) 3.19.4 Aan watter siekte het Mary gely? (1) 3.19.5 Hoe het dit haar man se loopbaan beïnvloed? (1) 3.20 Die volgende gebeure het ’n rol in die mense van Salamanderbaai se lewens gespeel. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.20.1 tot 3.20.4) neer. KOLOM A KOLOM B 3.20.1 Mnr. du Plessis word deur A Mary word met ’n gewas op die tienuurtrein vertrap. die brein gediagnoseer. 3.20.2 Hansie Langhans kry ’n B Matthys se hamermeul is by karavaan. Skalla. 3.20.3 Jason begin te drink. C Janka word geskiet. 3.20.4 Ryna aanvaar ’n pos by D Skalla verkrag vir Magrietjie. Salamander-Suid. E Ryna se boek is bekendgestel. (4 x 1) (4) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G Tannie Bets sê sy wil gou by Pick ’n Pay stop om ’n paar goedjies te koop. Lien bly in die Golfie sit en luister na die country en western CD wat tannie Bets in die CD-speler gesit het. Iemand sing ’n corny liedjie oor verlore liefde en dis die rede waarom hy “whisky by the bottle’ drink. Kan grootmense dan nie hulle dinge face nie, wonder Lien vererg. Sy sit 5 summier die CD af. By die ingang van die sentrum staan ’n vrou met ’n plakkaat en bedel. Dis te ver om te sien wat op die plakkaat staan. Lien hou haar dop. Lien wonder hoeveel maak die vrou op ’n dag en of sy nie skaam is om so te bedel nie. *** Lien dink aan tannie Bets se oorvol yskas waarin daar gewoonlik nie plek 10 vir ’n muis is nie. Sy ruik gebraaide hoender. Sy twyfel of die fyne Mara van Weigh – Less, voorheen ’n groter vrou, baie beïndruk sou gewees het. Drie afhanklikes. Werkloos. Enige donasie asb!!! Die Here seën u, staan op die vrou se plakkaat, sien Lien toe hulle by haar verbyry. *** “Jy lyk ’n bietjie soos Julia Roberts, maar sonder die mond”, sê Miemie. 15 “Of na ’n hooker wat al beter dae geken het.” Lien breek haar en sy weet nie hoekom nie. Sy lag soos sy in jare nie gelag het nie. Miemie sit ’n krullerige manspruik op en ’n vals baard. Sy druk ’n pyp wat op ’n toonbank lê in haar mond. “Dit moes een of ander perv gewees het 20 wat op sy dag ’n pop of twee se kele afgesny het. Jack the Ripper of so iemand,” sê sy. 4.1 Tannie Bets is soos ’n tweede ma vir Lien en een van haar grootste ondersteuners. 4.1.1 Noem EEN manier hoe tannie Bets vir Lien ondersteun het. (1) 4.1.2 Waarom het tannie Bets daardie dag egter Lien se ondersteuning nodig gehad? (1) 4.1.3 Hoe kontrasteer tannie Bets se yskas met Lien-hulle se yskas? (1) 4.1.4 Verduidelik waarom Mara nie met tannie Bets beïndruk sou wees nie. (1) 4.2 “Kan grootmense dan nie hulle dinge face nie, wonder Lien vererg.” (Reël 5) 4.2.1 Aan watter grootmens dink Lien moontlik hier? (1) 4.2.2 Verduidelik jou antwoord deur na ‘die ding’ wat die persoon moet ‘face’ te verwys. (2) 4.2.3 Hoe weet jy dat Lien onsimpatiek teenoor die sanger is? Haal EEN woord uit die uittreksel aan om jou antwoord te bewys. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 4.3 “Lien hou haar dop.” (Reël 8) 4.3.1 Wat wou Lien graag van die bedelaar weet? Noem TWEE dinge. (2) 4.3.2 Lien het, soos meeste mense gewoonlik, hierdie bedelaar veroordeel. Dink jy dis reg dat mense die bedelaars veroordeel? Motiveer jou antwoord. (1) 4.4 Watter omstandighede het Lien gedwing om ook haar toevlug tot die straat te neem? (1) 4.5 “Of na ’n hooker wat al beter dae geken het.” (Reël 16) 4.5.1 Watter motoris het regtig gedink dat Lien ’n prostituut is? (1) 4.5.2 Hoe kan jy uit die uittreksel aflei dat Miemie ’n sin vir humor het? (1) 4.6 Die rekwisietekamer het Lien na haar toekomstige beroep gelei. Motiveer waarom jy saamstem. (1) 4.7 Lien se vriendskap met Miemie is goed vir haar, want sy kan weer lag. Stem jy saam dat dit goed vir Lien is om vriendskappe te bou wat haar laat lag? Motiveer. (1) 4.8 Dink jy dis aanvaarbaar dat beide Lien en Miemie Engelse woorde in hulle taal gebruik? Motiveer. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H Sy word natgesweet wakker. Haar selfoon wys dit is 23:00. Sy voel aaklig. En sy wil nóú met haar ma praat. Sy skakel die bedlampie aan en sit regop. Sy gryp die selfoon en huiwer voor sy die speed-dial knoppie druk. Sy sit besluiteloos na die selfoon in haar hand en kyk. Dis laat en haar ma is dalk nog iewers op Pluto. 5 *** Lien bewe. Sy wil eers maak dat sy wegkom, maar dan besluit sy nee. Dis hȧȧr lewe. Hy het niks daaroor te sê nie. ’n Paar minute later hou hy reg langs haar stil. “Klim in,” sê hy terwyl hy na die passasiersdeur beduie. Sy maak of sy hom nie sien nie. Sy kyk stip voor haar op die grond met 10 haar plakkaat op die gewone plek voor haar bors. “Ek gaan nie ry voordat jy inklim nie” Die lig slaan genadiglik weer groen, maar hy bly staan. Hy sit sy noodligte aan en die karre agter hom draai een-een na die middelbaan om by hom verby te kom. Hy sit vir haar en kyk. 15 Sy gaan dié een verloor, besef Lien. Nou goed, sy sal inklim, maar sy gaan nié na ’n preek luister nie. Dis haar lewe en sy gaan maak soos sý wil. *** Sy droom van haar ma en van hóm. Sy sit op Miemie-hulle se dak en kyk na waar hulle in die middel van die grasperk staan. Dis Miemie- 20 hulle se tuin, maar dit lyk anders. Die grasperk is ’n park sonder bome en strek weerskante toe so ver as wat sy kan sien. Hulle staan in die middel van die grasperk en hoewel hulle baie klein lyk van waar sy sit, kan sy hulle duidelik sien. Hy hou haar ma vas en sy sien net sy agterkop, maar sy weet dis hy. Sy kan sien haar ma huil, al maak sy nie 25 ’n geluid of ’n beweging nie. 4.9 Watter traumatiese insident het daardie dag plaasgevind dat Lien haar ma in die middel van die nag nodig gehad het? (1) 4.10 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. 4.10.1 Die woorde: “haar ma is dalk nog iewers op Pluto” (Reël 5), word (letterlik/figuurlik) bedoel. (1) 4.10.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 4.10.1. (1) 4.11 Watter les leer jy oor familie en verhoudings uit Lien se optrede in die eerste vyf reëls? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 4.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.12) neer. Kuifie het vir Lien aan haar ... herken. A pruik B voorkoms C skoene D klere (1) 4.13 Lien het geglo dat Kuifie vir haar gaan preek, maar hy het haar egter verras.. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord. (1) 4.14 Toe Lien vir Kuifie vir die eerste keer ontmoet het, het sy gedink hy is te jonk en modern om ’n predikant te wees. Glo jy dat sy nog dieselfde opinie oor Kuifie het? Motiveer. (1) 4.15 Voltooi die paragraaf deur die uitstaande woorde in te vul. Lien se bedelary het op ’n einde gekom, die dag toe die (4.15.1) ... veroorsaak het dat die pruik afwaai en Kuifie haar herken het. Hy het vir haar ’n uitkoms gebied deur die (4.15.2) ... se fonds. Hy het ook aangebied dat Lien sy (4.15.3) ... kan oppas. Hy sou ook vir Christien ’n werk by die (4.15.4) ... organiseer. (4) 4.16 “Sy droom van haar ma en van hóm.” (Reël 19) 4.16.1 Hoe probeer die verteller die verandering in Lien se verhouding met haar pa aandui? (1) 4.16.2 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Lien het ’n rukkie later haar Pa besoek en uitgevind dat hy na sy parool by sy broer (Frank/Freek) gaan bly. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 21 4.17 Kies die karaktertrek in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.17.1 tot 4.17.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.17.1 Lien A Vinnige humeur. 4.17.2 Mnr. van Biljon B Lojaal 4.17.3 Tant Malie C Kunstenaar / temperamenteel / kreatief. 4.17.4 Donovan D Onsimpatiek. E Medemenslik / onselfsugtig. (4 x 1) (4) 4.18 Nadat jy die boek gelees het, watter raad kan jy aan iemand gee, wat deur dieselfde omstandighede as Lien gaan? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I POPPIE: Na my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank se huis. Ek en Hoedjie en Mosie en Plank. En Mama het bedags die kinders vir my gebring om op te pas terwyl sy in die fabriek gewerk het. Veleli, Katy en die laasgeborene Eric wat ons sommer Jakkalsie genoem 5 het, of sommer Jakkie, en vir hom was ek die liefste. (Maak ritmiese wiegbewegings asof sy ’n baba op die rug sus.) Ja, ek het my mama se kinders opgepas totdat ek dertien jaar oud was, want die fabriek het kinders van dertien gevat vir cleaners. 10 *** OU MAN: Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol.(Praat direk met Mama) MAMA: Poppie ... jy moet begin dink aan trou. POPPIE: Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir my? Ga ... ek soek nie die ou manne nie! 15 (Aan die gehoor.) Maar toe ontmoet ek nou hierdie man van my met wie ek toe mee getroud is. (Stone beweeg nader aan Poppie.) *** POPPIE: Ek het bietjie sleg gesit, want ek het met mense gesit wat rooi komberse omgehad het, en dis die eerste keer 20 dat ek hulle sien ... en nou moet ek langs hulle sit! STONE: Die son het anderkant die berge begin sak en die berge het lang skaduwees gegooi. Daar doer in die berge sien Poppie ’n liggie. POPPIE: Wat is dan daai? 25 STONE: Dis ’n huis. POPPIE: Wat soek ’n huis in ’n berg? STONE: Daar’s mos mense wat daar bly. 5.1 In watter dorp het ouma Hannie gebly? (1) 5.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie gedeelte (Reël 1–10), is ’n uittreksel uit die (motoriese moment/ eksposisie) omdat dit ons meer van Poppie se agtergrond vertel. (1) 5.3 Die feit dat Poppie haar mama se kinders moes oppas het haar skoolloopbaan negatief beïnvloed. Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 23 5.4 Dink jy Poppie sou akademies ver kon leer as sy die geleentheid sou kry? Motiveer. (1) 5.5 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Ouma Hannie het hulle meer liefgehad as die ander kinders omdat hulle (ma/pa) ver van die huis gewerk het. (1) 5.6 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer. Ouma Hannie het met Poppie geraas wanneer hulle ... A die gom van die hout steel. B slegs Xhosa praat. C slegs Afrikaans praat. D nie skoolwerk doen nie. (1) 5.7 “Maak ritmiese wiegbewegings asof sy ’n baba op die rug sus.” (Reël 7) Waarom is die gedeelte kursief gedruk? (1) 5.8 Wat was Poppie se vooruitsigte toe sy 13-jaar oud word? (1) 5.9 Poppie het op 16-jarige ouderdom met Stone, ’n egte Xhosa-man van die Ciskei, getrou. Dit het haar lewe verander. Motiveer die stelling deur te verwys na: 5.9.1 Hoe sy na die troue vir Stone moes noem (1) 5.9.2 Die mense met wie sy deur Stone in kontak gekom het (1) 5.9.3 Wat haar skoonmense in Herschel vir haar geleer het (1) 5.10 Voltooi die onderstaande sin deur die ontbrekende woorde in te vul: Poppie se huwelik met Stone het die begin van haar swerfjare ingelei. Hulle (die Xhosas) is uit (5.10.1) ... weggejaag en moes in die (5.10.2) ... gaan bly. Daarna moes sy elke keer ’n (5.10.3) ... vra omdat Stone van die Ciskei kom en sy eintlik dȧȧr moet gaan bly. Poppie het die keuse gehad om in (5.10.4) ... te gaan bly omdat daar vir haar ’n huis en skool vir haar kinders sou wees. (4) 5.11 Verduidelik in watter opsig Stone beter is as die ander mans in Poppie se lewe, bv. oompie Pengi en Plank. Noem TWEE feite. (2) 5.12 Stone is baie jare ouer as Poppie. Glo jy dat dit hulle verhouding beter of slegter gemaak het? Motiveer. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J MR GREEN: Wilson ... MOSIE: Ja, baas? MR GREEN: Wat is dit dan met die kinders, of die comrades, wat soek hulle nog? MOSIE: Die youngsters hulle praat mos nie met ons nie. Hulle 5 sê ons grootmense is dié wat die draad gegee het, ons het die witmense kans gegee, soos hulle sê, ons is die ja-baas, die yes-man, so hulle trust ons nie. Hulle sê die witmense kap ons. MR GREEN: Kap ek jou, Wili? 10 MOSIE: Die tyd is nie meer dieselfde nie, boss. Hulle is meer advanced as wat ek nou is. Wat ek nou gaan staan, gaan hulle nie staan nie. *** MOSIE: Die nylon het gekom en vir Mama en Baby opgelaai. Hulle is weggeneem selle toe. Hulle is vrae gevra 15 waarvan hulle die antwoorde nie geweet het nie. Oor Jakkie. Toe kom die C.I.D. vir Poppie ondervrae by Mrs Swanepoel se huis. POLISIEMAN: Waar is jou broer ... die een vir wie hulle sê Jakkie? POPPIE: Ek weet nie. 20 POLISIEMAN: Ons wil jou kinders se adres in Herschel weet. 5.13 Wat is die verhouding tussen Mosie en Mr Green? (1) 5.14 “Wat is dit dan met die kinders, of die comrades ...?” (Reël 3) 5.14.1 Noem DRIE feite waarna Mr Green kan verwys. (3) 5.14.2 Wat kan jy aflei uit Mosie se antwoord op Mr Green se vraag of hy hom ‘kap’? (1) 5.14.3 Dis duidelik dat Mr Green homself as ’n goeie mens sien. Glo jy ook dat hy ’n goeie mens is? Motiveer. (1) 5.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.15) neer. Poppie se broer, Jakkie, was ook in die opstande betrokke. Hy het as mondstuk van die ... opgetree. A grootmense B jeug C migrants D polisie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 25 5.16 Poppie het geglo haar kinders was veilig in die tuislande toe die hel daardie Kersfees in die townships losgebreek het. 5.16.1 Wat het egter met Vukile gebeur? (1) 5.16.2 Poppie se idee dat haar kinders veilig is, is ironies. Verduidelik. (1) 5.16.3 Jakkie het selfs sy broer, Plank, verraai. Stem jy saam met Jakkie en sy vriende se metodes om teen alkohol te rebelleer? Motiveer. (1) 5.16.4 Sê waarom die volgende stelling ONWAAR is: Poppie se Mama en Baby is in ’n privaatmotor polisiestasie toe geneem. (1) 5.16.5 Het die polisie regverdig opgetree om vir Mama en Baby tronk toe te neem? Motiveer. (1) 5.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Poppie se geloof in God word deurgaans in die drama gesien. Aan die einde van die drama (aanvaar/rebelleer) sy teen wat met haar kinders gebeur het. (1) 5.18 Die volgende gebeure het ’n rol in Poppie se lewe gespeel. Kies die gevolge uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.18.1–5.18.4) neer. KOLOM A KOLOM B 5.18.1 Poppie kry werk by A Poppie werk lang ure vir min Mevrou Swanepoel. geld. 5.18.2 Stone teken kontrak by B Poppie se kleinkind sterf a.g.v. ’n ’n melkfabriek. dwaalkoeël. 5.18.3 Vukile gaan met Poppie C Stone beland in tuberkulose- Kaap toe. hospitaal. 5.18.4 Poppie werk by ’n D Poppie het geen pas probleme kwekery in Constantia. nie. E Poppie se eerste kind sterf aan kinkhoes. (4 x 1) (4) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 26 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K KATRIEN: Ja, Boetie? (Hy wys na die stoof toe) Wat? (Hy loop tot by die stoof en wys na die koffiekan.) Koffie? (Hy knik.) Wie? Pa? (Hy hou twee vingers in die lug.) Pa en Nollie? (Hy knik.) Ja, wag net ’n bietjie, dan vat jy sommer. 21. Op die stoep dirigeer Hendrik vaagweg met sy hand die 5 grammofoonmusiek. Dis Josef Schmidt of een van daardie snare. Dis romantiese, melancholiese musiek: salf vir sy eensame siel. Hendrik sing weer die laaste paar woorde saam. En hy is skielik amper half asof hy aangedaan is. HENDRIK: Ek het altyd, toe ek nog na haar gevry het, vir die draadloos 10 geskryf hulle moet vir Katrina die ou dingetjie speel Saterdagaand met die versoeke. Dan speel hulle dit nogal, hoor! Of partykeer dan speel sy dit vir my op die klavier. NOLLIE: (bietjie verbaas) Kan die tannie klavier speel? *** HENDRIK: Dit kan jy wragtig weer sê. Volmaan veral. (Ondeund) Onthou 15 jy die goeie ou dae toe ons nog gevry het? So op die kale veld onder die volmaan? KATRIEN: Jy’s stuitig, Hendrik. HENDRIK: Ons het partykeer skoon vir mekaar begin gediggies opsê! KATRIEN: Ek gaan vir Willem soek. 20 *** KATRIEN: Gekoop. (Sy kyk vir Hendrik, ’n bietjie uitdagend.) Met my eie geld. HENDRIK: Jou eie geld. Wat jy waar kry? KATRIEN: Afknypgeld. Weglêhenne se eiergeld, as jy dan moet weet. HENDRIK: Katrina, as ek ’n ekstra geldjie kry, sit ek dit in die huis in; ek 25 koop nie vir myself oorbelle nie ... 6.1 In hierdie toneel blyk dit duidelik dat, alhoewel Willempie nie praat nie, sy ma hom tog kan verstaan. Watter ‘taal’ gebruik hy om met haar te kommunikeer? (1) 6.2 Volgens die uittreksel blyk dit asof Hendrik ’n romantiese persoon is. Noem TWEE dinge wat hy in die verlede gedoen het om sy liefde aan Katrien te bewys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 27 6.3 “salf vir sy eensame siel ” (Reël 7) 6.3.1 Watter bewys is daar in die drama dat Hendrik eensaam is? Noem EEN feit. (1) 6.3.2 Hoe laat die musiek wat Hendrik in die uittreksel gespeel het, hom voel? (1) 6.4 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Een van die redes vir Hendrik en Katrien se huweliksprobleme is dat hulle op ’n klein, plattelandse dorpie, genaamd (Lydensburg/Toorwater) woon. (1) 6.5 Op watter manier het hulle huweliksprobleme Katrien se liefde vir musiek beïnvloed? (1) 6.6 Wat kan jy aflei uit Katrien se houding teenoor Hendrik wanneer hy romanties wil raak? (1) 6.7 Verwys na reëls 21 tot 26. 6.7.1 Waarom kan jy saamstem dat Katrien as ’n tipiese dame hier gesien kan word? (1) 6.7.2 Om watter rede sou jy vir Katrien kon jammer voel as jy die reëls lees? (1) 6.7.3 Dink jy dat Hendrik as die broodwinner van die gesin, regverdig teenoor Katrien optree? Motiveer jou antwoord deur TWEE feite te noem. (2) 6.8 Dit is as gevolg van Hendrik en Katrien se probleme dat Willempie nie praat nie. Hoe affekteer dit hulle jong dogter, Emma? (1) 6.9 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.9) neer. Hendrik se gunstelingtydverdryf was om naweke musiek te luister en ’n ... te drink. A koeldrank B tee C staweltjie D dop (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 28 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 6.10 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (6.10.1 tot 6.10.3) neer. Hendrik het vir Emma (6.10.1 ) ... om met (6.10.2) .... ’n verhouding aan te knoop. Sy was al neëntien jaar oud en Hendrik was bang dat sy ’n (6.10.3) ... soos Katrien se suster sou word. (3) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L Katrien gee ’n tree terug. KATRIEN: Nee, Frans, liewer nie. FRANS: Jy het laas. KATRIEN: Liewer nie, Frans. FRANS: Ek kan nie meer sonder jou nie, Katrien. 5 KATRIEN: Frans – Willempie praat weer. FRANS: Ek weet. Hy staan ’n ruk vir haar en kyk. Dan sit hy sy hand op die mandjie neer. *** WILLEM: Kyk, Manuel! (Hy sien Manuel reageer nie en gaan staan 10 reguit voor hom. Manuel is bietjie aangedaan.) Haai, Manuel. Wat nou? MANUEL: Nou niks. WILLEM: Jy’t gesê lag is beter as huil. MANUEL: (ruk homself oombliklik reg) Julle was baie goed vir my. 15 HENDRIK: Wat praat jy nou? Jy’t die kind se tong weer losgeknoop. MANUEL: (verbaas) Wie – ek? KATRIEN: Ja, jy, jy’t die paljas op hom gesit. Willem sien hoe Manuel sy oë droogvee. 6.11 Frans is een van die redes waarom Katrien innerlike konflik ervaar. Verduidelik sy rol in haar lewe deur DRIE feite te noem. (3) 6.12 6.12.1 Waarom het Frans rede om te glo dat Katrien sy liefde sou beantwoord? Verwys na die uittreksel in jou respons. (1) 6.12.2 Sou jy Katrien veroordeel as sy vir Frans sou liefkry? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 29 6.13 Sou jy saamstem dat Frans ’n groot bedreiging vir Hendrik is? Motiveer. (1) 6.14 “Frans – Willempie praat weer.” (Reël 6) Kies die korrekte antwoord tussen hakies: Skryf slegs die vraagnommer (6.14) en die antwoord neer. Die eerste woorde wat Willempie gesê het, was (speel/Manuel). (1) 6.15 Die feit dat Willempie begin praat het, was vir Katrien ’n teken dat hulle gesinsverhoudings sou verbeter. Watter ander teken was daar dat die gesin besig was om gelukkiger te word? (1) 6.16 Manuel is die karakter wat baie goed vir die McDonalds was. Verduidelik waarom Manuel voel dat hulle vir hóm goed was. Noem TWEE feite. (2) 6.17 Manuel se verlange na die sirkus, sluit aan by die drama se tema van ... A verlatenheid. B afgesonderheid. C vasgevangenheid. D gebroke verhoudings. (1) 6.18 Die gesin sien Manuel se invloed op Willempie as ’n wonderwerk. Watter woord in die uittreksel dui op ’n wonderwerk? (1) 6.19 Glo jy in wonderwerke in jou eie lewe? Motiveer. (1) 6.20 Die oorsprong van die hele gesin se probleme begin by Hendrik. Waarom sou jy met die stelling saamstem? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 30 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 6.21 Kies die persoon uit KOLOM B wat by die karaktertrek in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (6.21.1 tot 6.21.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.21.1 moeilikheidmaker A Dominee Bothma 6.21.2 patriarg B Barnie 6.21.3 doemprofeet C Bertie 6.21.4 mesgooier D Jan Mol E Hendrik (4 x 1) (4) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 31 VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M Selling kom op. Sit en staar in die kers. BENJAMIN: Ma ... FIELA: Hou stil jou voet, Benjamin. Ma het jou goed in die klein trommel gepak. Jou slaaphemp onder, dan jou ander goed en bo-op jou beste broek en jou nuwe hemp. 5 Die hemp trek jy Vrydag aan, en jy trek dit weer uit as jy klaar voor die magistraat was en sit dit netjies terug in die trommel. Moenie hom opfrommel nie. BENJAMIN: Nee, Ma. FIELA: En Dawid leen vir jou sy beste baadjie. Maar jy trek nie 10 Vrydag die baadjie aan nie, jy trek jou ou hemp onder die nuwe een aan, en as dit koud is, trek jy jou flenniehemp ook onder aan. BENJAMIN: Ja, Ma. FIELA: Die vyf sjielings wat Ma in die lap knoop, los jy net so in die 15 trommel. Dis vir ingeval. BENJAMIN: Wat se ingeval? FIELA: Vir ingeval die magistraat vra of jy geld het. Sodat hy kan sien die Komoties is nie kaalgat nie. BENJAMIN: En as Ma die geld nodig kry? 20 FIELA: Ma sal dit nie na Saterdag toe nodig kry nie. Maar jy loop gee nie die geld uit nie, jy bring dit net so weer terug. Jou kos sal hou. BENJAMIN: Sê nou ek verloor die geld? FIELA: Dan foeter ek jou. 25 BENJAMIN: Sê nou hulle vat dit? FIELA: Dan maak jy maar liewers nie moeilikheid nie. SELLING: Fiela ... FIELA: Ja, Selling? SELLING: Ek wonder of dit nie beter sal wees as hy liewerste vir die 30 magistraat “weledele heer” sê nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 32 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 7.1 FIELA is besig om Benjamin voor te berei om Knysna toe te gaan. 7.1.1 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies: Benjamin was (opgewonde/bang) om Knysna toe te gaan. (1) 7.1.2 Wat was die doel van Benjamin se besoek aan Knysna? (1) 7.1.3 Lange en Dikke het vir Benjamin in die Lange Kloof ontdek toe hulle met ’n ... besig was. (1) 7.2 Die ‘klip’ in Fiela se hart het gaan lê, ’n rukkie nadat die Lange en Dikke daar was. 7.2.1 Kan jy verstaan waarom Fiela geskok was toe hulle weer verskyn het om vir Benjamin te kom haal? Motiveer. (1) 7.2.2 Stem jy saam dat dit verkeerd van Lange en Dikke sou wees om vir Benjamin by Fiela te los? Motiveer. (1) 7.2.3 Noem EEN manier hoe Lange en Dikke vir Fiela as ondergeskik behandel het as gevolg van die verhouding tussen blankes en kleurlinge in daardie tyd. (1) 7.2.4 Hoe het Fiela die stereotipe van daardie tyd gebreek? Noem TWEE feite. (2) 7.3 7.3.1 Hoe moes Benjamin die magistraat aanspreek? (1) 7.3.2 Dis duidelik dat Fiela se huisgesin vir mekaar omgee. Gee TWEE bewyse uit die teks om die stelling te motiveer. (2) 7.3.3 Benjamin moes die Lange Kloof verlaat om in die bos te gaan bly. Noem TWEE dinge van die Lange Kloof wat jy dink Benjamin baie sal mis. (2) 7.3.4 Watter woord in die uittreksel dui daarop dat Fiela ’n streng ma is? (1) 7.4 Hoe sou Benjamin kon bewys dat hy slim is en ’n goeie opvoeding by Fiela kry? (2) 7.5 Dink jy Selling is ’n beter persoon om vir Benjamin vir sy besoek aan Knysna voor te berei? Motiveer. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 33 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS N KALIEL: Ag, regtig? En hy’t jou seker ook gesê hy soek ’n roeier vir Kaliel September se spaan. LUKAS: Wie’s Kaliel September? KALIEL: (soos waarskuwing en uitdaging) Ek. LUKAS: Hoekom sou hy iemand vir jou spaan soek. Gaan jy dalk weg? 5 KALIEL: (dreigend) Ja! Ek wag net vir die regte skip om in te kom, dan’s ek weg en hulle sien my nie weer nie. LUKAS: Wanneer verwag jy die skip waarvan jy praat? KALIEL: Dit kan anderjaar wees, dit kan anderweek wees, dit kan môre 10 wees. Die oomblik wat hy kom, klim ek op en dan kan jy my spaan vat en kan jy en John Ben kyk hoe ver julle kom. LUKAS: (paai) Ek soek nie ’n ander man se werk nie, ek soek my eie werk. 15 KALIEL: Loop soek dan werk daar agter op die dorp. By Thesens se plek hys hulle ’n wit vlag as hulle arbeiders soek. Hulle sal jou vat. LUKAS: Vir watse werk? KALIEL: By die nuwe kaai se maak. Ek sien hulle begin al klip aanry. 20 LUKAS: Ek wil nie klippe dra nie, ek soek werk hier by die water en by die skuit. KALIEL: As ek na die klere aan jou lyf kyk, lyk jy vir my soos een wat uit die Bos gekruip het. 7.6 Lukas het gesukkel met sy identiteit, sedert hy in die Bos gaan woon het. Waarom het hy onmiddellik in Knysna tuis gevoel? (1) 7.7 Waarom het Lukas die bos verlaat? (1) 7.8 Nina was bang om die Bos te verlaat, maar sy het uiteindelik weggebreek omdat sy meer van die lewe geleer het. 7.8.1 Watter tradisie van die Bosmense het Nina nie meer gevolg nie? (1) 7.8.2 Dink jy Nina het reg opgetree toe sy vir Elias so ondermyn het? Motiveer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 34 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 7.8.3 Watter posisie het sy by Miss Weatherbury beklee toe sy vir die tweede keer daar gaan werk het? (1) 7.8.4 Hoe het Nina simbolies van die Bos afskeid geneem? (1) 7.9 KALIEL (soos waarskuwing en uitdaging) : Ek. (Reël 4) Stem jy saam met die volgende stelling? Motiveer. Kaliel het bedreig deur Lukas gevoel. (1) 7.10 LUKAS: Wanneer verwag jy die skip waarvan jy praat? (Reël 9) 7.10.1 Dink jy Kaliel wou regtig weggaan? Verduidelik jou antwoord. (1) 7.10.2 Kies die korrekte antwoord om die stelling te voltooi. Volgens Kaliel, moet ‘n mens (seebloed/soutbloed) in jou are hê as jy by die water wil werk. (1) 7.10.3 Beskryf die ooreenkoms wat Lukas met Kaliel gemaak het. (2) 7.10.4 Hoe het Lukas bewys dat hy integriteit het toe Kaliel vir hom vertel watter werk hy sou moes doen? (1) 7.11 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Die manier waarop Kaliel van die bosmense gepraat het, dui daarop dat hy hulle ... A respekteer. B minag. C jammer kry. D op hulle neerkyk. (1) 7.12 Hoe het Lukas se verblyf in Knysna hom weer aan sy familie in die Lange Kloof verbind? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 35 7.13 Die volgende gebeure het ’n rol in Lukas en Fiela se lewens gespeel. Kies die gebeure uit KOLOM B wat plaasgevind het om by die aanhaling in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (7.13.1 tot 7.13.4) neer. KOLOM A KOLOM B 7.13.1 Benjamin loop weg na die A Nina stuur nie meer geld huis Lange Kloof toe. toe nie. 7.13.2 Fiela soek vir ‘Salomo’. B Fiela praat met die konstabel op Knysna. 7.13.3 Lukas (as ’n jongman) gaan C Fiela praat met die Knysna toe. skoonmaker op Knysna. 7.13.4 Fiela moet ‘seil soos ’n D Elias dwing vir Lukas om vir slang.’ hom Pa te sê. E Fiela stap vir die tweede keer Knysna toe. (4 x 1) (4) TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 36 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale. VRAAG 8: SPIEËLBEELDE 8.1 “ROT IN ’N VAL” – H. du Plessis Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O “Bye, Ma, sien Ma en onthou vir Igundane ...” en Penuel is uit die motor en een met die massa malende swart, bruin en wit seuntjies in hul grys broeke en wit hemde voor die motor nog behoorlik staan. *** Dis so ’n beslommernis met die uit-en inryery elke dag. Sy en Groot Penuel het 5 nooit nagedink voordat hulle die plek daar buite in die nuwe voorstad gekoop het nie. So hier en daar begin darem nou al nog huise opgaan en die strate sal seker voor einde volgende jaar geteer wees. *** Lerato gril. Hoe aaklig bly is hulle en nou net was hulle so vrekbang vir die arme ding. Haar pakkie word nader gesleep en sy gaan laai alles in die kattebak. 10 Nou nog melk, groente en ’n draai by die slagter, merk sy af en dan huis toe. *** Antie Grace het toe nie gekom nie. Ergernis wel in Lerato op. Sy wéét hoeveel werk daar na die naweek is, maar nee. Lerato sluit die agterdeur oop, gaan sit haar handtas in die kamer neer en verklee gou. *** Angelina knik en Lerato gaan wys haar hoe om die motor oop te maak. Sy dra fluks aan en stapel alles netjies op die kombuisvloer . Baie sterker as antie 15 Grace, dink Lerato in haar skik. 8.1.1 Waarom herinner Penuel sy ma oor Igundane? Noem TWEE feite. (2) 8.1.2 Watter bewyse is daar dat hierdie verhaal in post-apartheid Suid-Afrika afspeel? (1) 8.1.3 Lerato en haar man is oorspronklik van die platteland en het na die stad verhuis. Lerato ervaar egter innerlike konflik aangaande hulle nuwe blyplek. Motiveer hierdie stelling deur te verwys na die: (a) Sosiale aspek van hulle blyplek (1) (b) Veiligheid van hulle blyplek (1) (c) Die afstand van die res van die beskawing/gemeenskap af (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 37 8.1.4 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.4) neer. Die werkers het die rot in die ... doodgemaak. A parkeerarea B winkel C skuur D slaghuis (1) 8.1.5 Verduidelik waarom ’n mens kan sê dat Lerato se simpatie eerder by die rot lê. (1) 8.1.6 Op watter wyse het Grace vir Lerato in die steek gelaat? (1) 8.1.7 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer deur ’n aanhaling uit die uittreksel te haal. Lerato is ’n georganiseerde huisvrou. (1) 8.1.8 Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN WOORD in te vul. Skryf slegs die korrekte woord langs die vraagnommers (8.1.8(a) tot 8.1.8(d)) neer. Lerato het onverantwoordelik opgetree deur die (8.1.8) (a) ... oop te laat. Sy was desperaat vir hulp en het vir Angelina van die (8.1.8) (b) ... af ingeneem. Sy was baie tevrede met Angelina en het selfs gedink dat sy vir ’n (8.1.8) (c) ... daar kan werk. Tot haar skok het Angelna haar met ’n (8.1.8) (d) ... gedreig. (4) 8.1.9 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer neer. As ons na die afloop van die hele verhaal kyk, is die titel eintlik ironies omdat dit na die (denotatiewe/konnotatiewe) betekenis verwys. (1) 8.1.10 Watter les kan Lerato oor eerlikheid teenoor haar man leer? (1) 8.1.11 As jy jouself in Groot Penuel se skoene kon plaas, hoe sou jy, na afloop van die hele Angelina-insident, teenoor Lerato opgetree het? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 38 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 8.2 DIE WELDOENER – T.T Cloete Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS P “Ja,” sê Gawie, “en toe jy goed dronk is, toe laat hulle jou in die steek. Toe het jy nie meer vriende nie. Toe loop hulle almal weg en los jou hier. Laat dit vir jou ’n les wees. Hoekom doen jy so iets?” “Groepdruk,” mompel hy, “groepdruk”. ****** “Na watter konservatorium wou jy gaan?” vra Gawie. 5 Na die Werner Beck. Hy wóú, maar nou gaan hy nie meer nie. Die seun is meer dronkgeslaan as dronk. Gawie kan hom nie vra om nou, hier in die donker, te sing nie. Hy wil graag hoor hoe die seun sing, hy wil hom graag help, hy sou graag vir hom wil sê: jy sing pragtig, jy hét dit. Maar hy het tog troos vir die seun: As hy hom saam met die troos op ’n bedekte manier na sy eie konservatorium 10 toe nooi, kan hy vir hom iets doen. ***** “Moenie jou kwel oor die slegte kritiek wat jy kry nie; bekommer jou oor die lof wat jy kry.” “Wie is Oom?” “Ek hoef nie vir jou te sê nie. Jy het nog nie jou naam of van vir my gesê nie. 15 Nou is ons kiets. Is jy nie al nugter genoeg nie? Kom, laat ek jou huis toe vat.” 8.2.1 Waar presies het Gawie hierdie jongman gekry? (1) 8.2.2 Die verteller beeld Gawie uit as iemand wat prekerig is: “Laat dit vir jou ’n les wees.” (Reël 2–3) Waarom sal jy nie met die stelling saamstem nie? (1) 8.2.3 In hierdie uittreksel is Gawie die jongman se weldoener. Noem ten minste EEN goeie daad wat Gawie verrig het. (1) 8.2.4 Motiveer hoekom die volgende stelling WAAR is. Die jongman word hier as ’n tipiese / stereotipiese tiener uitgebeeld. (1) 8.2.5 Watter feit is verkeerd? Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. Gawie vertolk baie rolle in sy lewe. Hy is ʼn ... A komponis. B orrelis. C sangdosent. D orkesdirigent. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 39 8.2.6 Die jongman se drome is vernietig as gevolg van die opinies van sy vriende. Hy is ‘meer dronkgeslaan as dronk.’ (Reёl 5–6) Die emosie wat die jongman as gevolg van sy vriende se opinies ervaar, dui op (ontnugtering/woede). (1) 8.2.7 Gawie het al baie jongmense wat musiek as ’n loopbaan wou kies, beoordeel. Tot watter besef kom hy noudat hy met die jongman praat? (1) 8.2.8 Wat was die jongman se opinie oor die konservatorium waaraan Gawie verbonde is? (1) 8.2.9 Gawie het die jongman gesê om hom nie te steur aan wat ander sê nie. Mense in die kunswêreld vertel graag leuens. In watter ander plek praat mense ook graag leuens? (1) 8.2.10 “Nou is ons kiets” (Reël 16) (a) Wat bedoel Gawie met die woorde? (1) (b) Kan jy aan ’n moontlike rede dink waarom Gawie anoniem wil bly? (1) 8.2.11 Hoe sal hy die jongman moontlik herken wanneer hy hom weer sien? (1) 8.2.12 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die plek in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–D) langs die vraagnommers (8.2.12 (a) tot 8.2.12 (c)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) Werner Beck A stranddorpie (b) ontspanningsaal B onpopulêre tersiëre instansie (c) Martin Marais C Sondae kerkgebou D populêre tersiëre instansie (3 x 1) (3) 8.2.13 As jy na die jongman se respons oor sy eie pa kyk, sou jy sê dat sy pa ’n goeie rolmodel vir hom was? Motiveer. (1) 8.2.14 Verduidelik hoe die verteller daarin slaag om die verhaal ’n universele boodskap te gee. (1) 8.2.15 Hoe is die spreekwoord: “doen aan ander, wat jy graag aan jou gedoen wil hê”, hier van toepassing? (1) TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 40 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte. VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 Tien haikoes vir die Vredefortkoepel Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TIEN HAIKOES VIR DIE VREDEFORTKOEPEL Meteoriet 1 Deur die donker klief 2 ’n klipvuis en klap lewe 3 uit die aarde uit. Wind 4 ’n Asem jag oor 5 yslike nagte en vee 6 ons winternis weg. Water 7 Jy maak so silwer 8 sonder droë woorde sin 9 wat my skoon verstom. Grond 10 Vang reën en son in 11 die bakhand van jou lyf waar 12 lewe kliphart klop. Boom 13 Veerlig dwarrel herfs 14 van kil takke los en broei 15 nog ’n lente uit. Mens 16 Toe staan stof uit stof 17 en oorheers die aarde op 18 grond van sy bestaan. Wêrelderfenis 19 En ons koepel skeur 20 al langs perforasies van 21 mens-dom middeldeur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 41 Besoedeling 22 Nou moet dier en duif 23 hees van die rook en roet vir 24 byl en treksaag boet. Dankgebed 25 Heer, ons paaie lê 26 uitgeteer oor brûe met 27 water onderdeur. Tien 28 Vuis van swael en vuur 29 gaan duskant ons Groot Ekskuus 30 weer kom asem haal. 9.1.1 Hoe het die Vredefortkoepel sy ontstaan gekry? (1) 9.1.2 Wat is ’n haikoe? (1) 9.1.3 Kies die korrekte antwoord: Die woorde ‘klap lewe’ in reël 2 (Meteoriet), dui op die (krag/spoed/klank) waarmee die klipvuis die aarde getref het. (1) 9.1.4 Watter TWEE betekenisse het ‘yslike’ in reël 5 (Wind)? (2) 9.1.5 Haal ’n voorbeeld van alliterasie uit haikoe 4 (Grond) aan en onderstreep die klanke. (1) 9.1.6 Hierdie gedig bevat tien haikoes. Noem TWEE kenmerke van die tipe gedig. (2) 9.1.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer 9.1.7 neer. “Yslike nagte”(reël 5) is ’n voorbeeld van ... A ʼn vergelyking. B alliterasie. C personifikasie. D metafoor. (1) 9.1.8 Waarna verwys die uitdrukking in reël 16 ‘stof uit stof’ (Mens)? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 42 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 9.1.9 Dink jy dat die mens in sy roeping om oor die aarde te heers, geslaag het? Motiveer. (1) 9.1.10 Watter gevoel lei jy af uit die spreker se woordkeuse “boet” in reël 24? (1) 9.1.11 Kies die begrip in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–D) langs die vraagnommers (9.1.11.(a) tot 9.1.11.(d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) “die bakhand van jou lyf ” (reël 11) A woordspeling (b) “mens-dom middeldeur ” (reël 21) B Vooruitverwysing na die toekoms (c) “hees van die rook en roet” (reël 23) C Besoedeling (d) “Vuis van swael en vuur” (reël 28) D klanknabootsing E Personifikasie (4 x 1) (4) 9.1.12 Watter les kan jy uit die mens se houding teenoor die aarde leer? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 43 9.2 PRYSLIED – ANTJIE KROG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. PRYSLIED – ANTJIE KROG 1 in die sandkliphart 2 vandag 3 staan hy 4 kop en skraal skouers staan hy bo almal uit 5 houtskool en as is sy hare 6 hy, die sandkleurige seun van uNosekeni 7 uNosekeni die ma van Mandela 8 hy, die man met die vlesige palmkussings 9 hier staan hy 10 uit die gevestigde familie van uNgubengcuka 11 die seun van Dalindyebo 12 die seun van Mandela 13 hy van die rivieroewers by iNqunu 14 heelmaker uit die Thembu-stam 15 ʼn klein swart ster priem sy bo-lip 16 ons prys hom 17 hy wat nie lag nie en nie huil nie 18 eerste ratelaar van Umkhonto we Sizwe 19 die swart pimpernel 20 hy wat nie lag nie en ook nie huil nie 21 hier staan hy dan nou voor ons 22 Nelson Rolihlahla Mandela 23 getrokke tak van lank gelede 24 die sleepsel van sy blare lê wyd 25 legendaries is hy – opspoorder van harte 26 hy maak die pante bymekaar 27 van ʼn verskeurde land 28 hy draai ons na mekaar toe vir mekaar 29 hy, heelmaker van mense 30 hy stig vrede 31 vrede, wat die ma is van groot nasies 9.2.1 In hierdie gedig, ‘Pryslied,’ bring die spreker hulde aan Mandela. Die gedig kan dus ook as ’n ... oor Mandela gesien word. (1) 9.2.2 Na watter belangrike dag in Suid-Afrika se geskiedenis verwys die woord, ‘vandag’ in reël 2? (1) 9.2.3 Noem nog EEN ander geleentheid waar ’n pryslied gesing kan word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 44 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 9.2.4 Die gedig, ‘Pryslied,’ is ’n vrye vers. Noem TWEE redes waarom dit as ’n vrye vers gesien word. (2) 9.2.5 Sê waarom hierdie stelling WAAR is. Mandela se ouderdom kan in sy voorkoms gesien word. (1) 9.2.6 Noem nog EEN aspek van Mandela se fisiese voorkoms. (1) 9.2.7 Hoe dink jy, sou uNosekeni kon voel toe sy sien watter groot impak haar seun op die wêreld het? (1) 9.2.8 Watter woord dui daarop dat hy uit ’n sterk en bekende familie kom? (1) 9.2.9 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.2.9) neer. Die spreker gebruik ... om die respekvolle karakter van Mandela te beskryf. A ’n metafoor B kontras C ’n vergelyking D personifikasie (1) 9.2.10 As leier van Umkhonto we Sizwe, het Mandela anders opgetree as wat ’n mens van ’n militêre groep sou verwag het. Verduidelik waarom jy met hierdie stelling saamstem. (2) 9.2.11 Mandela word hier as ‘heelmaker van mense’ beskryf. (Reёl 29) (a) Waarom was die mense ‘verskeur’? (1) (b) Hoe het Mandela hulle ‘heelgemaak’? (1) (c) Dink jy Mandela het dit reggekry om die hele nasie van Suid-Afrika met mekaar te versoen? Motiveer. (1) 9.2.12 Mandela se naam, Rolihlahla, dui ook profeties op sy karakter. (a) Wat is die betekenis van sy naam? (1) (b) Haal die metafoor aan wat daarop dui dat hy selfs mense in ander lande aangeraak het. (1) 9.2.13 Noem enige les wat jy by Mandela kan leer as jy na sy lewe kyk. (1) TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all