Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2012 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 12201210 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2012

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (SEPTEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (30) AFDELING C: Korter Tekste, Transaksionele, Naslaan- en Informatief (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ens. Doen jou beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die beplanning as jy jou finale weergawe oorgeskryf het. 7. Skryf duidelik die woorde FINALE SKRYFSTUK boaan die skryfstuk wat geassesseer moet word. 8. Nommer die skryfstukke soos wat dit op die vraestel verskyn. 9. Voorsien elke skryfstuk van ʼn gepaste titel/opskrif. 10. Tel jou woorde en skryf dit regs onderaan die skryfstuk in hakies. LET WEL: die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie. 11. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL INSTRUKSIES 1. Kies EEN vraag om te doen. 2. Die lengte van jou skryfstuk (opstel) moet tussen 250 en 300 woorde wees. 3. Maak seker dat jou skryfstuk ʼn titel het. VRAAG 1 Is jy ook al moeg om altyd te hoor dat jy harder moet werk óf harder moet oefen om die beste te kan wees in wat jy doen? ʼn Graad 12-leerder het die volgende aan Jip (27/6/2011) geskryf: “Jou lewe sal ʼn baie goor (sleg) plek wees as jou wêreld om wen draai, want daar is altyd iemand sterker, slimmer en mooier as jy.” Vertel jou ouers, onderwysers en vriende hoe jy oor al die druk voel wat hulle op jou plaas om te presteer. Titel: Wen is nie die alfa en omega nie! [50] VRAAG 2 STOKVEL is ʼn geldspaarplan wat jou ouers en grootouers al vir baie jare gebruik om geld te spaar vir ʼn vakansie of om skoolgeld te betaal. Jy is egter nie oortuig daarvan dat dit die beste manier is om met jou geld te werk nie. Skryf ʼn opstel waarin jy na die voordele en nadele van ʼn STOKVEL kyk. Jy moet tot ʼn definitiewe gevolgtrekking kom. Titel: STOKVEL [50] OF VRAAG 3 Skielik is daar ʼn nuwe formule, naamlik M3! en dit staan vir: M3: MAAK MATRIEK MAKLIK Verduidelik, met voorbeelde, hoe jy dink matriek makliker en interessanter gemaak kan word. Titel: M3 – dis hoe! [50] OF
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (SEPTEMBER 2012) VRAAG 4 Vertel die storie agter die woorde: “Ag, nie al weer nie!” Dis jou keuse of jy jou opstel met dié woorde wil begin, of eindig. Titel: Ag, nie al weer nie! [50] OF VRAAG 5 Jou skool het met ʼn Leer mekaar ken-dag begin. Dit is ʼn dag waar die onderwysers en leerders rolle omruil. Die leerders word die onderwysers en die onderwysers word die leerders. Die leerders mag kies met watter onderwysers (-esse) hulle die dag wil ruil. Beskryf aan ons jou dag as onderwyser(-es) in jou skool. Titel: Die nuwe onderwyser(-es) [50] OF
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 VRAAG 6 Bestudeer die volgende visuele tekste noukeurig. Laat jou gedagtes gaan en kies EEN om oor te skryf. Jou skryfstuk moet kreatief wees en ooreenstem met die boodskap wat die prent uitbeeld. Titel: Voorsien jou skryfstuk van ʼn gepaste titel. 6.1 6.2 [BRON: Huisgenoot, 9 September 2011] [BRON: Rapport, 15 Mei 2011] 6.3 6.4 [BRON: Huisgenoot, 10 Maart 2011] [BRON: Sake 24, 8 Mei 2011] [50] TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (SEPTEMBER 2012) AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE INSTRUKSIES 1. Kies EEN vraag om te doen. 2. Die lengte van jou skryfstuk moet tussen 120 en 150 woorde wees EN moet aan die einde van jou skryfstuk tussen hakies aangedui word. 3. Maak seker dat jy die instruksies by elke vraag goed deurlees en volg. VRAAG 7: FORMELE TOESPRAAK As bogenoemde name vir jou bekend lyk, is dit omdat dit van die skrywers en digters is wie se stories of gedigte jy in die klas gelees het. Jou skool het ʼn Afrikaanse-kultuurweek en een van die skrywers is genooi om die skool toe te spreek. Jy is gevra om namens die skool die skrywer of digter welkom te heet en aan die skool voor te stel. Skryf jou toespraak neer. [30] OF VRAAG 8: TYDSKRIFARTIKEL Daar is op die oomblik groot bekommernis oor die standaard van spelling onder hoërskoolleerders. Jy het ondersoek gaan instel oor hoekom leerders so swak spel. Jou bevindinge en aanbevelings gaan in ʼn tydskrif gepubliseer word. Skryf jou artikel vir die tydskrif. [30] OF
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7 VRAAG 9: DIALOOG Dit is 10 jaar nadat jy gematrikuleer het en jy is deur jou skoolmaats gevra om ʼn reünie te reël. Jy moet kontak met jou skool maak om die reëlings daarvoor te tref. Skryf die telefoniese gesprek tussen jou en die skoolhoof neer. [30] VRAAG 10: FORMELE BRIEF Jou skool is baie betrokke by die plaaslike noodhulpdiens en het ʼn groot kompetisie gewen. Die noodhulpbrigade moet oorsee aan die wêreldbeker vir noodhulp gaan deelneem. Skryf die brief waarin die skoolhoof die ouers van die leerders gelukwens en die reëlings vir die oorsese reis gee. [30] TOTAAL AFDELING B: 30
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (SEPTEMBER 2012) AFDELING C: KORTER TEKSTE INSTRUKSIES 1. Kies EEN vraag om te doen. 2. Die lengte van jou skryfstuk moet tussen 80 en 100 woorde wees EN moet aan die einde van jou skryfstuk tussen hakies aangedui word. 3. Volg die instruksies by elke vraag noukeurig. VRAAG 11: VORM Maak gebruik van die inskrywingsvorm wat voorsien word. Maak dit los en heg dit aan jou antwoordeboek. Bestudeer die inskrywingsvorm vir Mnr. en Mej. Hoërskole. Die vorm is nie voltooi nie. Jy moet nog die reëls vir die kompetisie in die spasie op die vorm invul. [20] OF VRAAG 12: NOTAS Julle het eendag in die klas gestry oor watter soort pizza die lekkerste is. Jy en twee van jou maats het toe besluit om drie verskillende soorte pizzas te koop en te proe. Soos julle geproe het, het julle notas gemaak. Skryf hierdie notas neer en verduidelik dan waarom julle die spesifieke pizza as die wenner aangewys het. [20] OF VRAAG 13: KLEINADVERTENSIE Een van jou skoolmaats is tragies in ʼn taxi-ongeluk dood. Jy is verantwoordelik om dit in die koerant bekend te maak. Skryf die doodsberiggie en plaas dit onder die sub-hofie, Sterfgevalle, in die koerant. [20] OF
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9 VRAAG 14: VOORSTELLE Jou skool maak gebruik van ʼn posbus waarin leerders voorstelle kan plaas as hulle iets nuuts in die skool wil doen of oor iets in die skool wil kla. Noudat jy die skool verlaat, wil jy ook ʼn paar voorstelle maak. Skryf hierdie voorstelle van jou neer sodat jy dit in die posbussie kan gooi. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (SEPTEMBER 2012) MNR. EN MEJ. HOËRSKOLE OOS-KAAP 2012 3 NOVEMBER 2012 MERK BLOKKIE: JUNIORS SENIORS GR. 8 – 9 GR. 11 – 12 SKOOL: GRAAD: OUDERDOM: NAAM EN VAN: TELEFOONNOMMER: SKOOLAKTIWITEITE: SPORT: SLUITINGSDATUM: 17:00 op Maandag 22 Oktober 2012 REËLS: OUER / VOOG HANDTEKENING:

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all