Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V2
2015
MEMORANDUM
PUNTE: 80
Hierdie memorandum bestaan uit 27 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2015, 28 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 582.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
NSC June Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2015
SSE – Memorandum
NASIENRIGLYNE
1. As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
memorandum nagesien.
6. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit
as korrek beskou.
7. Literêre opstel
As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.
8. Kontekstuele vrae
As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die
kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Inleidingsparagraaf
Die kandidate kan enige gepaste inleidingsparagraaf aanbied, bv.
• Dié gedig beeld die lewe van diegene wat in ’n bepaalde ruimte/tyd/omgewing/tydperk/
apartheidbestel/tuislandbeleid uitgelewer is, uit.
• Volgens die kultuur waarin beauty gebore is, sal daar eendag vir haar lobola (beeste)
betaal word deur haar toekomstige skoonouers wat tot moontlike rykdom vir haar eie
ouers sal lei./bv. versreël 16: ek het beeste gebaar
• Die ruimte wat in die gedig/tydens die geboorte voorkom, getuig van armoede,
want daar is nie kos nie/die baba is in die buitelug gebore./Bv. versreël 18: en die
mielies klaar/versreël 3: omring deur die sterre se liggies/versreël 4: en koerante
kaal klip.
• Die ruimte waarin die pa hom bevind, is die myn, want dit is waar die meeste
trekarbeiders gewerk het./hy verdien geld vir sy gesin./Bv. versreël 20: oopgeskiet
tussen lae klip
• Die geboorte van die baba is ook ’n tydsaanduiding, want die baba is in ’n eensame
nag in die winter gebore./Bv. versreël 2: op ’n wintersnag so all forlorn
• In die aand, nadat hy moeg gewerk is, droom die pa van sy dogter, want die goeie
nuus/opgewondenheid streel sy moegheid weg./Bv. versreël 30: saans as hy sy
moegheid streel
• In die briewe kan ’n bepaalde milieu van die gedig raakgelees word.
o Die eerste brief is deur beauty se ma uit Dimbaza (die tuisland,
Ciskei)/apartheidsjare gestuur.
Sy sê beauty is onder die sterre/in armoede /op ’n wintersnag gebore./Bv.
versreël 17–18: op ’n wintersnag so all forlorn met die sterre se goud.
Dit is die gebruik dat die pa, wat in die stad werk/’n trekarbeider is, geld huis
toe sal stuur. Daarom het die ma vir die pa gevra om geld te stuur./Bv.
versreël 13: en te vra van die geld
Die vroue versorg die landerye terwyl die man in die stad werk./Die ma het
aan die pa vertel dat die mielies (hul kos) klaar is./dat die mielies klaar
geplant is./die oes klaar is./Bv. versreël 18: en die mielies klaar
Die ma het aan haar man gesê dat sy beeste gebaar het, dus was daar
volgens die kulturele gebruik, die vooruitsig op lobola./’n
rykmanswêreld./Bv. versreël 16: o my man ek het beeste gebaar.
o Die pa het die tweede brief vanuit die stad/myne/as trekarbeider gestuur.
Die pa het die brief in die laatnag gelees, want hy het toe eers tyd gekry/in
die dag gewerk./Bv. versreël 22: in ’n laatnagbrief: my vrou
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2015
SSE – Memorandum
Terwyl die pa ver van die huisgesin gewerk het, kon hy nie by die geboorte
wees nie, en het die boodskap aan beauty gestuur dat hy haar liefhet, bv.
versreël 27: om te sê hy het haar lief
Die pa het sy brief per lugpos gestuur om die boodskap vinnig by haar uit te
kry, bv. versreël 25–26: hy’t sy brief gepos ... ’n lugposbrief aan beauty
douglas
o Die derde brief wat die ma op ’n sonskynmiddag/uit die tuisland/dorp/Mnxesha
aan die pa op die myne gestuur het, het slegs die tragiese nuus bevat dat
beauty dood is./Bv. versreël 34–35: “beauty douglas was born she died”
Slotparagraaf
Die kandidate kan enige gepaste slotparagraaf aanbied, bv.
• Dié tyd en ruimte (milieu) waarvan die spreker in die gedig praat, dra by tot die begrip
van die gedig. 10
OF
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Kwatryne – Ina Rousseau
Vraag Antwoord Punt
2.1 Gebroke rym √ 1
2.2 ’n Akteur/mens/onbekende persoon. √ 1
Ja.
Kwatryne 10 en 13 vorm ’n gedagte-eenheid, daarom kan dit een spreker
wees./
Omdat die spreker universeel van toepassing is, kan dit dieselfde spreker
wees. √
OF
Nee.
Kwatryn 13 vorm ’n afsonderlike gedig, daarom is dit ’n ander spreker. √ 1
2.3 In die eerste deel word die stelling/waarneming gemaak/beeld 1
geskep/(akteursrol). √
In die tweede deel word die stelling van toepassing gemaak./bring kontras wat
groei tot ’n bepaalde beeld oor die lewe./(lewensrol)√ 1
2.4 Metafoor √ 1
Aan die einde van jou lewe word jou kostuums/maskers uitgetrek/ondergaan jy
’n gedaanteverwisseling/staan jy ongegrimeer/as jou ware self om
verantwoording te doen voor die spelleier van die lewe. √ 1
Ja.
Die beelde wat in hierdie kwatryne gebruik word, sluit by toneelspel/drama
aan. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2015
SSE – Memorandum
2.5 Die kandidaat gee sy/haar eie motivering hoekom hy/sy die betrokke vraag
gekies het, bv.
Kwatryn 11/sal U vir ons wat ons kostuums uittrek volgens ons moeite en
geduld betaal?
Ek sal wil weet of ek vergoed sal word vir my goeie dade/lewe en of dit
tevergeefs was. √
OF
Kwatryn 13/Is ek van hierdie klug die held of teen die agterdoek ’n figurant?
Dit is belangrik om erkenning te ontvang vir die lewe wat ek voluit geleef het en
waarin ek nie net bloot bestaan het nie. √ 1
Die motivering verdien die punt.
2.6 Die lewe is ’n toneelspel./Die mens is slegs ’n akteur in die lewe./God is die
groot regisseur van die lewe. √ 1
10
OF
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Die huis luister – Daniel Hugo
Vraag Antwoord Punt
3.1 Die huis. √ 1
3.2 verwyt/skoor √ 1
Polisindeton/herhaling van en √ 1
3.3 Die inwoners sowel as die huis gaan agteruit./Die huis sowel as die inwoners
word afgetakel. √ 1
3.4 Huismense/gesinne moet na mekaar luister./beter met mekaar
kommunikeer. √ 1
Kommunikasie tussen gesinslede is nie altyd goed nie. √
Afwesige ouers/gesinslede veroorsaak dat daar nie genoeg met mekaar
gekommunikeer word nie./na mekaar geluister word nie. √ 2
Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk.
3.5 Die spreker wil beklemtoon dat die gesinne nie na mekaar luister nie./juis die
nie-hoor van die inwoners beklemtoon./wil hê dat die lesers bedag daarop
moet wees om kommunikasie te herstel. √ 1
3.6 Die inwoners gaan bly bid. √
Die rusie/onmin/roesemoes/probleme gaan voort. √ 2
10
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Vroegherfs – NP van Wyk Louw
Vraag Antwoord Punt
4.1 nuwe wind √ 1
4.2 Die enjambement dui op die vloeiende proses van herfswording./Die
wordingsproses. √
Die enjambement dui op die vallende blare. √ 2
die eerste blare val so stilweg (in die rook-vaal bos en laan) √ 1
4.3 Personifikasie √ 1
Hy wil gestroop/gesuiwer word van dit wat oorbodig is in sy lewe. √ 1
4.4 ’n Gewyde/smekende/pleitende stemming. √ 1
O Heer/Heer laat √ 1
4.5 Nee.
In die gedig beteken nakend gestroop./gesuiwerd./onbevlek. √ 1
Ja, kan nie as antwoord aangebied word nie.
4.6 Ja.
Die mens word gestroop/gesuiwer van sy eie waan./sy hoogmoed./gesuiwer
om in die proses meer (geestelik) volwasse te raak.
OF
Nee.
Die natuur is te wispelturig om op ’n mens se lewe van toepassing gemaak te
word./
Groei word nie met herfs assosieer nie, eerder met lente. √ 1
Die kandidaat gee sy eie gepaste motivering vir een punt.
10
EN
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Highpriest van die Socialism – Adam Small
Vraag Antwoord Punt
5.1 Na iemand wat die bevrydingstryd lei/bevrydingsaktivis/politikus. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2015
SSE – Memorandum
5.2 Die retoriese vraag/vrae druk sy/haar ongeloof/skok uit. √ 1
Die bevryder woon in ’n weelderige huis.
Die bevryder ry met ’n luukse motor./het duur pakke klere./het hope kos.
Die bevryder leef in vyfster-weelde./hotelle.
Die bevryder maak van eersteklas lugvervoer gebruik. √√ 2
Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk. Die
kandidaat mag die aanhaling uit die gedig as antwoord aanbied.
5.3 (met daai) kamma (sed bek) √ 1
5.4 Die onderdrukte leef ’n ordinary living-leefstyl teenoor die aangesprokene se
five star style./
Die onderdruktes se klere is dié van werkers, overalls/oorpakke teenoor die
aangesprokene se blink suits./
Terwyl die onderdruktes take away fish ’n chips/vis en skyfies eet, geniet die
aangesprokene skorrelsvol yt daai plush hotels. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE kontraste aan vir EEN punt elk. In elke geval
moet beide kante van die kontras aangebied word vir een punt.
5.5 Die bevryder van die onderdruktes/valse profeet het hom-/haarself verryk
terwyl daar nie bevryding van die massa plaasgevind het nie. √ 1
Die kandidaat gee sy eie, gepaste motivering, bv.
Ja.
Terwyl daar korrupsie en verryking in die land heers, word die meerderheid
mense nie van hul armoede bevry nie. √
OF
Nee.
Diegene wat die bevrydingstryd lei, is geregtig om hulself te verryk vir al die
opofferings wat hulle in die stryd moes maak. √ 1
5.6 Daar is geen eindrym nie./Die versreëls se lengte verskil./Inkonsekwente
hoofletter- en leestekengebruik. √ 1
10
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.
• Daar is twee verhaallyne, dié van Iris se werklikheid/die realistiese wêreld en haar
fantasiewêreld/droomwêreld, wat parallel met mekaar loop.
• Die verhaallyn wat die werklikheid bevat, handel oor Iris se geboorte, haar gesin,
grootwordjare, ontmoeting met Riekie/Peter, oorsese besoeke en troue.
• Iris het ’n saai, voorstedelike bestaan in ’n gesin waarvan sy die buitestander is
omdat sy voel dat niemand regtig na haar luister nie./Bl. 9: Niemand het nog ooit regtig
na my geluister nie.
• Iris is die jongste van drie dogters en word dikwels uitgesluit uit haar susters se
gesprekke omdat sy te jonk is om haar eie mening te hê./Bl. 34: Dit was altyd
dieselfde ou storie. Ek was te jonk. Ek kon nog nie saampraat nie.
• Iris se pa is ’n stil, rustige en gemoedelike mens, maar nie die tradisionele pa
waarop Iris kon steun nie omdat hy fisies afwesig is noudat hy op sy wildsplaas gaan
boer./Bl. 73: Nou het hy ons kort en kragtig vertel dat hy sy vennote uitgekoop het en
van plan is om met beeste te boer./Bl. 76: Met Pa uit die huis ... was Ma meer op my
aangewys ...”
• Iris droom van haar eie blomtyd en het ’n obsessie om eendag te blom omdat sy
iets groots in die lewe wil bereik en sien die geleentheid om ’n modelkontrak los te
slaan as ’n moontlike blomtyd./Bl. 131: “En dat ek glo ek sal eenkeer blom. Nou, soos
ek dit sien ... wie sê dis nie nou my kans nie?”
• Na matriek studeer Iris aan die universiteit en behaal ’n graad in letterkunde,
maar verkies om as stoelassistent by die tandarts, dokter Anders, te gaan werk
omdat sy ’n werk wil hê wat nie te veeleisend is nie./tyd gee om aan haar
fantasiewêreld te spandeer./Bl. 42: Ek wou nie ’n werk hê wat my gedagtes in beslag
sou neem nie.
• Die verhaallyn wat die fantasiewêreld bevat, handel oor haar fantasieë oor Richard,
Eduard, Peter, Greta en die Engel.
• Iris se fantasiewêreld word reeds in die titel van die roman ingelei, want die
blomnaam, kwart-voor-sewe-lelie, bestaan nie in botaniese kringe of in die
omgangstaal nie; dit is ’n fiktiewe naam wat pas by die verbeeldingswêreld wat sy vir
haarself skep./Bl. 187: Dit was maar altyd daar, een van daardie groen plante wat jaar
na jaar ’n hoek vol maak sonder om iets dramaties te doen./Bl. 186: ... Ma se kwart-
voor-sewe-lelie ...”/Bl. 104: “Hulle blom net een keer per jaar ...”
• Iris skep vir haarself ’n fantasiewêreld omdat sy daarin van die onwelkome
werklikheid kan ontvlug. /Bl. 14: Ek het dikwels soos Aspoestertjie gevoel behalwe dat
my susters nóg stief nóg lelik was./Bl. 9: “Heeltemal anders,” het Ma saamgestem./
Bl.24: “Haai, sussie, ek sien swarigheid vir jou as jy nie gou van jou romantiese
drogbeelde ontslae raak nie.”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Iris sien haarself as ’n godin wat ander hoër gode moet dien omdat dit een van die
betekenisse van haar naam is./Bl. 10: Die een god in die besonder het die gesig gehad
van André Visser ...
• Hannes se vriend Riekie begin Iris uitneem, maar sy omskep hom in ’n fantasie-
karakter omdat sy uitgekuier raak met hom./Bl. 11: ... ek het hom oorgeskryf tot iets
meer na my sin ... het ek sy naam verander na Richard, uitgespreek as Rigardt ...
• Met Elsa se troue skep sy die karakter, Eduard, ’n onbekende Fransman omdat
Riekie as strooijonker haar koud gelaat het en Elsa se troue nie ingepas het by Iris se
romantiese prentjie van troues nie./Bl. 22: Terwyl die dominee se stem oor ons koppe
gedreun het ... het ek sit en borduur aan die storie in my kop.
• Met Elsa se swangerskap skep Iris ’n nuwe fantasie omdat sy swangerskap nie as
romanties ervaar nie, maar dit tog self wil beleef sonder om in die moeilikheid te
kom./Bl. 28: Daarvoor was ek te nugter, maar in my verhaal sou ek verwagtings, babas
en geboorte omskep tot ’n fantasie.
• Greta, as Iris se alter ego, leen haar skouer vir Peter, ’n aantreklike Engelse
buitelander, om sy hart uit te praat, wat later lei tot ’n nag van passie omdat Iris self
’n swangerskap wou ervaar./Bl. 29: ... hulle bring die nag in mekaar se arms deur ...
• Iris skryf Peter uit die verhaal deur hom te laat sterf in ’n motorongeluk omdat hy
met haar wil trou toe hy uitvind dat sy swanger is en Iris nie wil trou nie./Bl. 31: Hy is ’n
paar dae later in ’n motorongeluk dood. (Wel, ek moes hom van die toneel af kry, moes
ek nie?)
• Peter se broer, Eduard, kom op die toneel omdat hy Greta wil ondersteun met die
swangerskap van sy broer se buite-egtelike kind, maar raak self betrokke by die
geboorte van die seuntjie en ’n verhouding ontstaan tussen hulle, maar Iris besluit om
die twee karakters te laat verdwyn omdat sy moeg was vir hulle./Bl. 213: Af en toe het
ek nog met hulle lewe gespeel, maar die vlam was weg ... hulle fut was uit.
• Iris kuier by Kara en Claude in Frankryk en sien die Engel vir die eerste keer, want
hy verskyn en praat met haar wanneer iemand haar op die partytjie ontstel./Bl. 92: ...
het ek die vae omlyning van ’n Engel gesien ... Sou die man al die pad saamgevlieg het
of was dit ’n plaaslike engel?
• Die Engel is deel van Iris se fantasie, want die Engel sê self dat sy hom opgeroep
het./Bl. 178: “Jy het my opgeroep ... Jy het my een van jou fantasieë gemaak.”
• Die Engel tree op as Iris se raadgewer, want hy sê sy is taktloos en dom om met
Peter oor haar naam te praat en oor Brian se eerste vrou./Bl. 131: “Jy’s dwaas,” het die
Engel gesê./Bl. 153: “Taktloos,” het die Engel in my oor gesug. “Ons probeer olie op die
waters gooi, nie ’n brandende fakkel nie.”
• Iris voel dat die Engel haar faal as beskermengel omdat hy nie Bettie se gifdrinkery
en Pieter se ongeluk keer nie./Bl. 177: “As beskermengel het jy gefaal.”
• Met die Engel ook by is Greta en Eduard eenkant gestoot, want Iris se
verbeeldingsvlugte het oorbevolk geraak en haar fantasiekarakters al vaer./Bl. 110: ...
bly my hoofkarakters altyd huiwer in die voorstede van my brein. En die rede waarom
hulle nou na vore kom, kon wees omdat ek alleen en skrikkerig in ’n vreemde plek was.
Greta se habitat. Daarby was my eie Eduard vir my op daardie tydstip ewe vaag as
Greta s’n.
• Iris verwar Peter met die Engel toe Peter onverwags terugkeer en ’n figuur in die
donker oor haar val./Bl. 205: ... het ek gewonder of die Engel besig was om my terug te
betaal vir my onoordeelkundige bekendmaking van sy bestaan.
• Die Engel lei Iris om haar werklikheid te aanvaar en in plaas daarvan om in haar
fantasieë te ontvlug, self verantwoordelikheid vir haar besluite te aanvaar omdat die
lewe nie ’n storieboek is nie en help hy haar besef dat ’n naam net ’n naam is./Bl. 187:
“Die lewe is nie ’n storieboek nie.” ... “En ’n naam is net ’n naam.”
• Peter aanvaar die Engel in sy en Iris se werklikheid omdat hy nie opdringerig is of
Iris se tyd in beslag neem nie./Bl. 219: Die Engel het hy aanvaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Fantasie en werklikheid oorvleuel wanneer sy Peter ontmoet en ’n verhouding met
hom begin omdat sy werklikheid sterker was./Bl. 112: ... ek, skepper van romantiese
maaksels.
• Fantasie speel ’n groter rol as die werklikheid: Iris se beroepskeuse is ’n aanduiding
dat fantasie ’n sterker rol speel as die werklikheid./Werklikhede soos Elsa se troue en
swangerskap word ook omskep in fantasieë en makliker om te verwerk.
• Die werklikheid verdring die fantasieë, daarom speel dit ’n groter rol. Alhoewel Iris se
liefdeslewe oorheers word deur fantasieë, is die werklikheid aangenamer en sterker en
verdring dit later die verbeeldingswêreld.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.
• Dit is as gevolg van die omstandighede van Iris se werklikheid wat sy vir haar ’n
fantasiewêreld skep waarheen sy kan ontvlug, maar hoe sterker die werklikheid raak,
hoe meer oorvleuel die twee verhaallyne van haar lewe totdat haar fantasiewêreld
vervang word deur die realiteit.
25
OF
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
Vraag Antwoord Punt
7.1 Iris het hom opgedroom./deel van haar fantasieë gemaak. √ 1
7.2 Die Engel is deel van haar lewe daarom moes hulle daarvan weet./As hulle mekaar
leer ken, moet sy hulle van die Engel vertel./Engele was deel van die gesprek. √ 1
Iris was desperaat om Bettie te troos./haar bui te verander./Dit was ’n laaste
desperate poging om met Bettie te gesels. √ 1
Sy het gelag en gelag totdat sy hik./Dit was vir haar baie snaaks. √ 1
7.3 Hy het nie vir Peter tydens die sweisongeluk beskerm nie. √ 1
7.4 Sy kan die wyfies se broeiery beïnvloed./Sy kan veroorsaak dat hul die eiers uit die 1
neste skop. √
Hy vra haar om uit te vind waarom ’n wyfieduif eiers uit die nes skop. √ 1
7.5 Sy is ’n versamelaar./Sy maak antieke ware bymekaar./Sy is ’n tuisteskepper wat
daarvan hou om goedjies bymekaar te maak./
Sy is ’n voorbeeld van ’n tradisionele huisvrou van daardie tyd.√
1
7.6 Nee.
Die duiwe is nog steeds veilig, al is Iris by die duiwe./Die broeipaar sal nog altyd
kleintjies kan kry./ √ 1
7.7 Hy gee haar die raad om nie oor haar naam met Peter te praat nie./
Hy gee haar die raad om Peter te laat slaap wanneer Peter moeg is./
Hy gee haar die raad om nie oor Brian se eerste vrou met hom te praat nie./ 2
Hy gee haar die raad om haar eie lewe te leef. √ √
Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/2015
SSE – Memorandum
7.8 Johanna neem die rol van die verstrooide ma oor./ondersteun haar deur haar hele
lewe. √ 1
Billy besorg Iris in New York veilig in haar hotel/dien as haar biegvader/ gee vir haar
perspektief op haar naam./blomtyd. √ 1
Peter gee vir haar die geleentheid om in haar bekende omgewing te kan aanbly. √ 1
7.9 Die Engel het haar toegelaat om haar eie besluite te neem, bv. hy laat haar toe om
self te besluit oor die modelkontrak./
Die Engel beskerm nie vir Iris of ander karakters soos sy gevra het nie, bv. sy breek
haar enkel in Vermont./hy pas nie die gifbottel op nie.
EN
Die Engel het Iris soms beskerm, bv. hy stamp haar uit die pad van die
skaatsplankryer./hy beskerm haar in Frankryk toe ’n gas haar oor Suid-Afrika
konfronteer. √ 2
7.10 Hy kan ’n glasoog kry en niemand sal die verskil opmerk nie. √ 1
Peter se oë herstel volkome. √ 1
7.11 Die tannie het ’n tradisionele siening van ’n verhewe wese wat in sekere gevalle na
mense omsien. √ 1
Iris se Engel leef in haar werklikheid en moet haar van raad en beskerming
voorsien. √ 1
Toe sy haar been in Vermont gebreek het. √ 1
Hy beskou homself nie as ’n beskermengel nie. √ 1
7.12 Die kandidaat kan Ja of Nee as antwoord aanbied. Die kandidaat se eie mening, bv.
Nee.
Iris sou permanent in haar verbeeldingswêreld gebly het en nie die realiteit aanvaar
het nie. √ 1
Iris sou heel moontlik die modelkontrak aanvaar het en nie liefde in haar lewe ervaar
het nie. √ 1
Iris sou haar hele lewe deur na ’n volmaakte oomblik gesoek het. √ 1
Die leerder bied enige DRIE sinne in konteks van die roman aan vir EEN punt ELK.
25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.
• Die karakter, ouma Essie, se rol as versoener en bewaarder van geloof kan nie gering
geskat word nie.
• Vir Ouma Essie is die bewaring van die geloof op Manaka ’n natuurlike optrede
omdat sy in ’n Christelike omgewing grootgeword het./Bl. 116: “Die enigste pa en ma
wat ek ooit geken het, was wit mense. Dit was eerwaarde Phil Kruger en mevrou
Bessie.”/sy deur die Kruger sendelingegpaar aangeneem is en op ’n Vrystaatse
sendingstasie grootgemaak is./Bl. 116: “Hulle het my aangeneem en my saam met
hulle kinders grootgemaak.”
• Haar studierigting veroorsaak ook dat sy ’n bewaarder van die geloof sal wees,
omdat sy die eerste swart meisie was wat by die Bybelkollege in Witsieshoek ingeskryf
was./Bl. 116:”..., het hulle dit reggekry om my by die Bybelkollege op Witsieshoek in te
skryf. Ek was die eerste swart meisie wat ooit daar toegelaat is.”
• Haar troue met Joseph Sitali Mulambwa dwing haar om die geloof te bewaar,
omdat hulle na die Senagagebied vir sendingwerk gaan./Bl. 117: “Ons is deur die kerk
tot by Ngweze gebring.”
• Omdat sy God se woord wil versprei, begin sy met die herstelwerk op die
sendingstasie./Bl.118: “Tot daar weer ’n kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk
wees ...”
• Sy staan by haar Christelike beginsels omdat sy die khuta oor hul afdwaling van die
godsdiens berispe./Bl. 167: “..., dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra
hoekom die vergadering nie meer met ’n gebed oopgemaak word ...”/ sy die khuta
aanval wat die kerk se goed steel./Bl. 166: “En het iemand al gevra hoekom is daar hier
rond nou skielik mense met die kerk se sinkplate op hulle huise se dakke?”
• Haar geloof is sterk, want sy verdryf meneer Chisupo./Bl. 148: Sy klap sy hand weg
en wys vir hom ook vinger./Bl. 149: “Hy hoort nie hier nie.”
• Ouma Essie is as Christen baie bekend in die Senanga-omgewing en selfs die
polisiemanne uit Mongue weet van haar./Bl. 211: “Dra ons groete oor aan die
Profeet van die Bybel,” sê inspekteur Matibe en salueer. Daarom het sy dus ’n invloed
op elkeen van hulle.
• Mense het respek vir haar as Christen, want sy het selfs op Riekert, die
diamantsmokkelaar, ’n invloed./Bl. 133: “As daar nou een swarte is wat reguit hemel
toe sal gaan, is dit sy.”
• Ouma Essie se invloed op die mense is beduidend, want sy oortuig mnr. Kebbey
om Baas gratis na die hospitaal te vervoer./Bl. 47: “Toe! Loop nou na jou huis toe en
gaan haal die sleutels.”
• Ouma Essie glo dat ’n Christen aan sy dade geken word, daarom verskaf sy
huisvesting aan ’n wildvreemde man wie se voertuig gebreek het./Bl. 74: “Daar het al
op ’n tyd ’n wit mens by ons geslaap. Hy het ’n week daar gebly.”
• Ouma Essie gee vir haar medemens om, want sy duld nie dat die khuta Grace inloop
nie./Bl. 165: “Die mens met wie daar gepraat moet word oor die salaris van die
sendelinge se tolk, is nie Tibelelo nie.”/sy gee vir Baas ’n hondjie in die plek van
Brindle./Bl. 239: “Dit is ’n hond wat ouma Essie gister al vir jou gestuur het,” sê Grace.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Ouma Essie verseker kontinuïteit in die uitdra van God se woord en werk, omdat
sy telkens as tussenganger tussen Baas en die khuta en Baas en die sendelinge
optree./Bl. 170: “Sonder meneer Baas sal hulle nie in Barotseland kan bly nie.” /Bl. 118:
“En hoekom sal die Here nou sy hand wegvat net oor iets wat tussen mense gebeur?”
• Ouma Essie gee betekenis aan die daar wees van die sendelinge, want sy sorg vir
die sendelinge as sy die werk aan die sendingstasie orkestreer./Bl. 118: “Die ander
man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen om ’n dak oor julle koppe te kry.”/Bl. 119:
“Die meubels wat nog op die lorrie is, kan nou by die kerk afgelaai word.”
• Ouma Essie en Baas het vanuit die staanspoor ’n goeie verhouding, omdat sy die
twyfel in Baas oor geloof wat jy kan verloor besweer./Bl. 202: “Jou reg om ’n Christen te
wees maak van jou ’n Christen.”/ sy in die verlede dieselfde twyfel as Baas ervaar het./
bl. 163: “Maar toe ek van my huis hier by Manaka weggevat word, en van my kerk af ...
Toe het ek, toe ek al ’n ou vrou was, my Bybel in die rivier gegooi, muluti.”
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.
• Ouma Essie speel dus ’n integrale deel in die verhaal.
25
OF
VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG Manaka plek van die Horings – Pieter Pieterse
Vraag Antwoord Punt
9.1 Baas het teruggekeer na Manaka/herstel die Zambezi Joy.√ 1
9.2 Dennis Chipman(oupagrootjie) √ 1
Dit is simbolies van die verkondiging van die Woord. √ 1
In hierdie stadium lees Baas nie meer sy Bybel nie; dus sou hy nie die Woord
verkondig nie.√ 1
9.3 Hy sal toelaat dat die Woord weer op Manaka verkondig word. √
1
Baas beskou homself op hierdie stadium nie as ’n Christen nie; dus is sy
onderneming nie geloofwaardig nie. √ 1
9.4 ’n Buffel gaffel hom dood. √ 1
Dit dui op ’n nuwe fase in Baas se lewe. √ 1
9.5 Hy noem die boot Grace nog voordat daar ʼn vriendskap tussen hulle ontwikkel het. √ 1
9.6 Moenie moed opgee nie./Hou aan om jou droom na te volg. √ 1
9.7 Hy dra ’n donker pak met dofwit strepies teenoor die khuta se verslete klere √ en hy
was sy hande nadat hy meneer Kebbey gegroet het. √ 2
9.8 Hy is die tussenganger tussen die Du Pisani’s en die khuta. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/2015
SSE – Memorandum
9.9 Met hul aankoms op Manaka het hulle ’n soetwyntjie gedrink./ 1
Nanna het privaataangeleenthede in die openbaar bespreek./
Hy was kwaad en vermaan haar om nie vir almal geld en werk te gee nie. √
EN
Die berisping oor die “grote met die baard” is nie aanvaarbaar nie, want Nanna het
Griesel geterg. √ 1
EN
Die berisping is nie aanvaarbaar nie, die wyndrinkery was menslik, maar Griesel is
net gesteld op die beeld na buite./omdat Griesel dubbele standaarde het, sy inbraak
in Baas se slaaphut kan ook ’n slegte beeld na buite skep.
Die berisping is aanvaarbaar aangesien ’n huwelikspaar hulle sake in privaatheid
moet oplos./
Die berisping is nie aanvaarbaar nie , daar is nie ’n plek waar Nanna en Griesel kan
praat nie, want hulle het nie hul eie huis op Manaka nie./
Die berisping is nie aanvaarbaar nie, want Nanna se handeling dui op haar 1
weelsynwerk/omgee vir haar medemens wat van sendelinge verwag word. √
9.10 Positiwiteit. √ 1
Sy laat toe dat ’n dogtertjie aan haar hare vat./trek vir die kinders gesigte tydens die
khuta-vergadering./het by ouma Essie gaan slaap./sy gee geld vir die plaaslike 1
bevolking.
Dis mos Afrika. √ 1
Die kandidaat moet ’n handeling as antwoord aanbied wat daarop dui dat Nanna
Afrika-gebruike aanvaar.
9.11 Meneer Johnnie. √ 1
(Nanna ontvang) ’n pampoen. √ 1
Hy was kwaad en vermaan haar om nie vir almal geld en werk te gee nie. √ 1
Ja.
Griesel het hom misgis met die omgewing en omstandighede op Manaka en was dus
ongelukkig./Hy het nie tuis gevoel nie en moet dus so optree./Griesel beskou hom as
die inwoners se meerdere en moet dus so optree. √
Nee.
Ek sou ook geïrriteerd wees, die kerk het sekere beloftes aan Griesel gemaak en dit
kan nie nagekom word nie. √ 1
9.12 Baas impliseer in Teks 1 dat hy die godsdiens weer op Manaka wil laat herleef √ en
in Teks 2 arriveer die sendelinge om dit te doen. √ 2
25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL Vatmaar – AHM Scholtz
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv.
• Slegte dinge wat met onskuldige mense gebeur, kan wel soms ’n gelukkige en sinvolle
einde inhou.
• Die karakter, Tant Wonnie, ervaar intense hartseer omdat haar lewensmaat, Heinrich, in
die oorlog sterf en ses van haar kinders in die Groot Griep./Bl. 180–181: My Heinrich het
nooit van die oorlog af teruggekom nie ... ek het ses met 1918 se Groot Griep verloor.
Hulle is almal saam in een sloot begrawe ...
• Tant Wonnie sukkel voort in armoede na Heinrich se dood omdat sy nie wettiglik met
hom getroud was nie en dus nie geregtig was op sy oorlogspensioen nie./Bl. 206: Toe ek
die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay-office toe ... Ek het gesê ek is
nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you.
• Tant Wonnie ervaar haar eerste vernedering as vrou terwyl sy op Schoongesicht
werk omdat Piet de Bruin haar probeer verkrag./Bl. 135: Jou vuilgat, jou vuilgat! het ek
gesê ... Piet de Bruin het soos ’n gekweste bul weggeloop. En van daardie dag af probeer
hy my terugbetaal.
• Tant Wonnie is na haar liefdeswerk by Sannah Vosloo slegter daaraan toe as voor sy
Schoongesicht toe is omdat haar huis leeg gesteel is toe sy terugkeer na Sannah se
dood./Bl. 136: Toe hulle by die kamer kom, staan die deur oop. Alles wat binne was, was
geplunder.
• Tant Wonnie word van diefstal beskuldig en daarvoor in hegtenis geneem en ervaar
intense vernedering omdat Settie September glo dat sy haar goue ring gesteel het./Bl.
125: Baas, hierie vrou, sê Mevrou September en wys na Tant Wonnie, het my trouring
gesteel./omdat sy geboei word en te voet voor die polisieman op sy perd na die
polisiekantoor moet stap./Bl. 127: Die poliesman: Jy moet voor die perd uit loop, ’n
prisonier ry nooit saam met die gereg nie.
• Tant Wonnie verloor haar sewende kind as gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde
vermoede dat haar man verantwoordelik is vir Kaatjie se swangerskap omdat dit
uitloop op ’n mislukte poging tot ’n aborsie, tronkstraf en haar dood tydens die geboorte./Bl.
268: Toe haar kind die laaste swakke asem uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom
gaan staan. Haar oë was oop, maar sy het niks gesien nie ...
• Tant Wonnie het ten spyte van die gemeenskap se uitjouery dat sy ’n dief is, haar nie
laat onderkry nie./Bl. 127: Sy het haar kop gelig en na hulle gekyk, want hulle het haar nie
bang gemaak nie.
• Tant Wonnie vind vertroosting vir haar vernedering omdat sy vasklou aan haar man,
Heinrich, se woorde op ’n poskaart./Bl. 130: ... it is said God is within us at all times
• Tant Wonnie omskep haar negatiewe omstandighede in iets positiefs omdat sy nou
weet waar om God te vind./Bl. 131: Hulle het van my ’n dief gemaak, maar ek is nie ’n dief
nie. My Meester wat in my binneste woon, ek het U gevind.
• Tant Wonnie ontvang vergoeding vir haar vernedering om soos ’n misdadiger in die
hof te staan as die magistraat haar onskuldig bevind en die hof gelas om vir haar ’n rok en
skoene te koop en haar ook finansieel te vergoed vir haar onkoste en ongerief./Bl. 180:
You are free to go, Mrs Muller ... Tant Wonnie se innerlike wese het verby haar uiterlike
omstandighede gestraal en by almal respek afgedwing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Tant Wonnie se waardigheid word na haar vryspraak herstel omdat die
oorlogspensioen wat sy met behulp van die magistraat ontvang, haar in staat stel om nie
meer ander mense se wasgoed te doen nie en Suzan nie meer die Venters se bokke hoef
te melk nie./Bl. 194: Die Venters se lui seuns kan van nou af hulle se eie melkwerk doen.
• Tant Wonnie word vergoed vir haar jare se swaarkry in een kamertjie as sy die
geleentheid kry om haar huis te kan terugkoop omdat die Wingroves besluit om te
verhuis./Bl. 239: Hy (Wingrove) het opgestaan, ’n stuk papier uit sy trommel gaan haal en
gesê: Hier is die koopbrief wat ek graag prokureur toe wil vat, Won, en ons hou dit op
twintig pond.
• Ondanks die onreg teen haar, word Tant Wonnie nie bitter nie, maar staan sy vas in
haar goedheid omdat haar oorgawe aan God ’n anker is wat haar in moeilike tye staande
hou./Bl. 129: Die Here weet beter, my kind, sê tant Wonnie.
• Tant Wonnie word na haar dood vereer deur die Ster-van-Behtlehem-blomme wat
oor haar graf groei, want die lelies versinnebeeld haar suiwer, vredeliewende gees en die
verganglikheid van alle lewe./Bl. 316: ... sodat die Ster-van-Behtlehem-blomme ook oor
haar kon groei ...
• Tant Wonnie word vir haar goedheid beloon en sy leef op haar oudag sonder
finansiële kommer, want sy is terug in haar ou huis en ontvang haar man se
oorlogspensioen./Bl. 241: (Oom Flip): Dit is nou julle s’n, die sleutels het ek in die deure
gelos ...
• Die newekarakter, Norman, het onaangename herinneringe aan sy tyd in die
konsentrasiekamp omdat sy ma daar dood is./Bl. 196: Hy onthou hoe hulle sy ma in die
graf gesit het ... en hoe hy moes inspring om die kappie oor haar gesig te trek om te keer
dat die klippe en sand daarop val.
• Norman is as 13-jarige weeskind na die beëindiging van die Anglo-Boereoorlog aan
sy eie lot oorgelaat en om te oorleef, moes hy kos steel./Bl. 198: Hy moes kos steel om
aan die lewe te bly en sy lyf was vol hale soos hy met die riem geslaan is.
• Norman ervaar vernedering van die wit Bob White as hy die wasgoed terugneem en sy
voete twee maal deur Bob getrap word./Bl. 202: Mommy, who is this dirty Boer?
• Norman se geluk draai toe hy een aand op heterdaad betrap word omdat hy ’n swart
vrou se pappot wou steel./Bl. 198: Hy het net ’n stok opgetel gehad om die pot aan die
hingsel op te lift, toe ’n swart vrou in Afrikaans vir hom sê: Nee, nie doen, vra, jy kry.
• Norman ervaar vir die eerste keer na sy ma se dood die vertroeteling van ’n ma as
Ma Khumalo vir hom kos gee, hom bad en die blase aan sy voete behandel./Bl. 199: Toe
het sy haar arms om hom gesit en gesê: Ek niks, jy niks ... Hy het die trane in haar oë
gesien... Hy het sy skouers opgetrek en daar het ook uit sy oë trane geloop, die eerste
keer vandat hy die kappie oor sy ma se gesig getrek het met haar begrafnis.
• Norman se beplande diefstal van die pappot het ’n positiewe uitvloeisel as hy die
swart vrou Ma noem en haar as sodanig aanvaar./Bl. 199: Hy het haar uit sy hart uit Ma
genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy oorlede moeder ingeneem.
• Norman het Ma Khumalo as sy nuwe ma aanvaar omdat hy haar dadelik liefgekry
het./Bl. 201: Ek het haar daar en dan liefgekry, die verbond tussen ons was verseël.
• Norman kom tot ander insigte oor swart mense nadat hy net slegte dinge oor hulle
gehoor het./Bl. 200: Ek het soveel slegte dinge oor swart mense gehoor. Ek gaan hier bly,
al moet ek myself ook swart maak ... hierdie swart aija is ’n moeder want ek het haar
borste gevoel toe sy my vasgehou het.
• Norman word wees gelaat deur die Boere-oorlog, maar verdien ’n medalje vir
dapperheid in die Eerste Wêreldoorlog soos opgeteken in sy army-uitbetaalboekie./
Bl. 216: He even has a military medal for bravery.
• Die karakter, Kenneth, voel deel van Kaatjie se onskuldige lyding as die
meerderwaardige Bosmanvrou haar as haar eiendom beskou omdat sy eers
toestemming moes gee dat hy Kaatjie mag besoek./Bl. 152: Ek moet eers my miesies vra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Kenneth word seergemaak deur Mevrou Bosman se rassisme as sy na Kaatjie verwys
as haar “kindermeid”./Bl. 150: Hy moes hom inhou om nie vir hierdie vrou te gaan vra waar
haar “meid” is nie.
• Kenneth was bekommerd dat sy ouers nie die ongeletterde Kaatjie sou aanvaar nie
omdat hul statusbewus was en sy beslis nie in hul klas nie./Bl. 153: En nou sy Kaatjie –
sy’s nie geleerd soos hulle nie ... sy het nog nooit met ’n mes en vurk geëet nie en sy kan
nie lees nie.
• Kenneth het ook gely toe Tant Wonnie in aanhouding was omdat hy lief was vir Kaatjie
en haar moeder onvoorwaardelik aanvaar het./Bl. 150: Jou moeder is ook my moeder, wie
of wat sy ook al is. Ek sal haar aanvaar al is sy ook ’n dief.
• Kenny se ongeluk by die Masonic Temple dra by tot die kommer oor Kaatjie omdat hy
haar nie kon kontak nie en toe moes hy by Mevrou Bosman hoor dat sy haar werk gelos
het./Bl. 283: Kaatjie, my Kaatjie, is al wat in sy kop bly maal het ... en toe hy sterk genoeg
was om op krukke te loop, het hy dadelik telefoon toe geloop.
• Die wreedheid van Mevrou Bosman teenoor die karakter, Kenneth, wie se
boodskappe en briewe aan Kaatjie onderskep is, dra by tot die paartjie se lyding
omdat geen nuus enigeen van hulle bereik nie./Bl. 250: Mevrou Bosman het vir Mister
Burns gesê hy moenie moeite doen nie, sy sal sommer die boodskap gee ... Sy het gelieg.
• Mevrou Bosman se oneerlikheid lei daartoe dat Kenneth geskok uitvind van Kaatjie
se dood, want hy het nie geweet dat Kaatjie swanger is, en met die baba se geboorte
dood is nie./Bl. 318: Wanneer Kenny van die werk af gekom het, het hy sy kind opgetel en
gesoen ...
• Uit Kenneth se seer na Kaatjie se dood verrys Kliniek Katrina omdat hy haar
nagedagtenis wou eer./Bl. 298: Om die herinnering aan my geliefde lewendag te hou, wil
ek graag ’n kliniek ter nagedagtenis aan haar bou.
• Ten spyte van hul teenspoed bly Kenneth positief omdat hy voel dat hulle nie alles in
die brand verloor het nie, maar nog mekaar het./Bl. 323: Maar ons het darem nie alles
verloor nie, ons het nog steeds mekaar, my Als.
• Kenneth ploeg terug in die gemeenskap as hy instem om ’n sokkerspan vir Vatmaar op
die been te bring./Bl. 304: Dit was ’n trotse Kenneth Kleinhans wat daardie
Saterdagmiddag – met die hele Vatmaar wat om die sokkerveld staan – die bal van Boytjie
Afrika gekry het om op die middellyn te gaan stel.
Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv.
• Dit is duidelik dat die onskuldige lyding van die karakters in Vatmaar, naas die negatiewe,
• ook positiewe gevolge vir die karkters inhou.
OF
VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz
Vraag Antwoord Punt
11.1 Elkeen kon iets vat as hy dit nodig het. √ 1
Die nedersetting se naam is Vatmaar wat ontstaan het met die gesteelde goed van
oom Chai en George Lewies. √ 1
In Vatmaar is daar ’n gees om te deel wat joune is. √ 1
Dit sluit aan by die filosofie om met jou broer wat ’n behoefte het te deel. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/2015
SSE – Memorandum
11.2 Ja.
Harry Look het niks gevat/homself toegeëien nie, maar hard gewerk om self te kan
koop wat hy wil hê. √
Harry Look het genoeg geld gehad om die Angus General Dealer Shop te koop. √
OF
Nee.
Die mense van Vatmaar behoort dieselfde as die ander behandel te word. √
Mister Pieterson het afsonderlike bediendekamers vir die werkers. √ 2
Die kandidaat gee ’n gepaste motivering binne konteks van die roman.
11.3 MacNamara noem vir Harry Look ’n skelnaam./Ching Chong. √ 1
Harry Look behandel hom nog steeds met respek. √ 1
Harry kan die koopprys met gemak in goue munte betaal.√ 1
11.4.1 Chan Look sê dat hy die arm mense kan help as hulle wen. √ 1
Lisa wil nie dat fa-fee in die winkel gespeel word nie, want dis onwettig. √ 1
Beide die houdings van die karakters moet vir TWEE punte aangebied word.
11.4.2 Eerlikheid √ 1
11.5 Ja.
Indien hulle wen, is die uitbetaling meer as waarmee hulle aanvanklik gedobbel het. √
OF
Nee.
Die mense van Vatmaar is reeds arm en verspil nou geld op dobbel. √ 1
11.6 Tant Wonnie is onskuldig aan die diefstal./
Hy kry haar terug nadat Tant Wonnie sy duim gebyt het. √ 1
11.7 Die magistraat het geglo dat Tant Wonnie die waarheid praat. √
Tant Wonnie is vrygelaat. √
Die magistraat het vir Tant Wonnie gehelp om ’n huweliksertifikaat te kry sodat sy vir
pensioen kon aansoek doen. √ 3
11.8 Settie September haat wit bruinmense/is rassisties. √ 1
Settie September wil haar baasskap bewys. √ 1
11.9 Neels Vool √ 1
Chan Look betaal die seun se boete sodat hy tronkstraf vryspring. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/2015
SSE – Memorandum
11.10 Die sersant is van mening dat daar baie diewe in Vatmaar bly. √ 1
Die mense van Vatmaar beskou dit nie as diefstal nie, maar eerder om iets van
iemand anders te gebruik as jy dit nodig het. √ 1
Beide die sienings van die karakters moet vir TWEE punte aangebied word.
Die mense wil hul eie misbruik van Tant Wonnie regverdig./Tant Wonnie tree nie op
soos die mense van Vatmaar dink/optree nie, maar nou het sy aan hulle bewys dat
sy net soos hulle is. √ 1
Die kandidaat gee sy eie, gepaste rede.
11.11 Nee.
Tant Wonnie leef eerlik/misbruik nie ander mense nie. √ 1
25
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.
• Die omstandighede op die Kaapse Vlakte dwing die Cavernelis-gesin en Map om ’n
ander heenkome te vind.
• Daar is geen infrastruktuur of behoorlike fasiliteite in die ruimte nie, daarom word
Cavernelis gedwing om ’n beter tuiste vir sy gesin te soek./Bl. 49: Never mind the
match-box houses, die sement-strippies wat pass vir strate, never mind die busfares
ennie trainfares wat julle moet betaal om te travel werk toe. Never mind lat jul nie
amenities en facilities in die township het nie!
• Die ruimte is gevaarlik, want daar is moord, verkragting en bendegeweld, daarom
doen Cavernelis alles in sy vermoë om so gou moontlik geld te verdien om weg te
kom./Bl 31: ... toe het ek deurmekaar geraak moet ... moet die elemente./Bl. 32: ‘it was
drie gangs./Bl. 33: ... en ek het net gesê skud hulle,
• Cavernelis word oor sy Bolandse aksent gespot, daarom wil hy nie in hierdie
township/op die Kaapse Vlakte woon nie./Bl. 20: Mister Cavernelis praat darem mooie
taal, nè./Hoge Afrikaans./Kan ek help dat ek van die Boland ... van up-country af ...
kom?
• Cavernelis voel hy is beter as die ander inwoners, daarom wil hy nie met die ander
inwoners meng nie./Bl. 3: Dis hoekom ek sê ons moet úit hier ... /Bl.11: ... vir ’n plot
grond en ’n huis in Grassy Park, of even in Belhar./Bl.16: Betere mense kamma as ons!
• Blanchie sal enige iets doen om van haar omstandighede te ontsnap, omdat sy
vasgevang voel in die township/Bl. 3: Blanchie se sake, dit het niks met hulle te make
nie!/Bl. 21: ... julle wil mos hierso van ons af weg!
• Cavernelis voel hom in die Kaapse Vlakte ontuis en wil so vinnig moontlik daar
weg, daarom beoefen hy twee beroepe./Bl. 3: Ja, hoekom jy jou vrek werk by die
polony factory, week in en week uit, en dan elke aand ook nog, en weekends ook nog
canvass, canvass, canvass met die soft goods ...
• Cavernelis moedig Blanchie se vriendskappe oor die kleurgrens aan, omdat hy ’n
obsessie het om weg te kom uit die woonbuurt uit./Bl. 18: Daar’s mos geld in daai,
man, wat like annerkant die colour line sit, ... /Bl. 21: ... , soes daai whitey-vrinne van
julle oek sê!
Cavernelis laat Blanchie misbruik onder die dekmantel van modelwerk en
skoonheidskompetisies, omdat dit kan beteken dat hulle vinniger uit die township kan
wegkom./Bl. 7: ... Shit, man, daai ou dêrre haitie-taitie vrek van ’n Cavernelis, hy úse
haar, man ... hy use sy eie vlees en bloed so, ... /Bl. 17: Nei because haar daddy stuur
vir haar yt op die lonely hearts biesagheit, even op die Sondag!
• Maud ondersteun oënskynlik Cavernelis se strewe om uit die township weg te
kom, want sy probeer ’n ietsie inkry met naaldwerk./Bl. 42: ... , wat kan sý tog inkry
moet die naaimasjientjie, moet die dressmaking ...
• Blanchie word moontlik deur Cavernelis beïnvloed om enige werk te doen om uit
die omstandighede te ontsnap, daarom werk sy by die Lonely Hearts masseursalon./
Bl. 7: ... Shit, man, daai ou dêrre haitie-taitie vrek van ’n Cavernelis, hy úse haar, man
... hy use sy eie vlees en bloed so, ... /Bl. 18: Sy allow haar om ge-use te word deur
daai ou dêrre van haar, ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Blanchie is bereid om vir haar ’n modeltoekoms te koop, want dit is ’n beter
toekoms./Bl. 18: Beauty competitions, like, vi’ Blanchie ... en dan kry sy mos so–called
contracts ... Modelling, like!
• Cavernelis se pogings om (fisies) te ontsnap was onsuksesvol, want hy pleeg
selfmoord./Bl. 61: Onder sy arm is Cavernelis se soft goods-suitcase, soos dit
platgetrap is deur die trein.
• Cavernelis kan psigies ook nie ontsnap nie, want toe dit duidelik word dat Blanchie
nie ʼn oorsese modelkontrak gaan kry nie en sy hom daarvoor verwyt, besef Cavernelis
sy skuld.
• Maud se pogings om Cavernelis se droom vinniger te laat realiseer was ook nie
suksesvol nie, want sonder Cavernelis sal sy altyd op die Kaapse Vlakte gevange bly.
• Blanchie se pogings was ook futiel, want die modelkontrak was nie hare nie en dus
bly sy op die Kaapse Vlakte.
• Ten spyte van sy talente en ambisie kan Map slegs ’n bode word, omdat dit ’n
ruimte is waar armoede en werkloosheid deel van hul bestaan is./Bl. 24: ... , daar’s ’n
job, dis die enigste werk wat hulle vir my wil gee, vir messanger ... Ons het problems
gehad met geld ...
• Die ruimte ontwortel alle families en vernietig familiebande en geskiedenis,
daarom word Map gedwing om sy identiteit elders te soek./Bl 16: Hy was mos altyd die
leader ... Ennie leader moet die responsibility vat ... /Bl. 24: ... Ek wil oek iets gewies
het ... /Bl. 31: ’Cause ek wil somewhere ge-belong het? Bl. 50: Yt Claremont en yt
Woodstock yt ge-bulldoze ... tóé, Coloureds, ýt, ýt gaan bly dáárso, ...
• Map wil vir hom ’n beter lewe buite die township probeer skep, daarom probeer hy
’n goeie werk kry./Bl. 31: ... en toe ek ’n job soek, ’n goeie werk, ...
• Alle geleenthede word Map ontsê, daarom wend hy hom na die bendes./Bl. 31: ... ,
en toe ek ’n job soek, ’n goeie werk, well, ’it was alles vir whites only.
• In die tronk kom Map kragdadig tot bekering en raak geestelik vry, want hy het ʼn
duidelike skuldbesef en ware berou./Bl. 9: Ek is ’n gechange-de man, ek ... het
die Here Jesus gevind hierso, ... /Bl. 27: Vergewe my, God! Ek was so vuil, Here ... /
Bl. 30: ... Vat my, en maak moet my soos U wil!
• Map word fisies vry, omdat hy nie na sy bendebedrywighede terugkeer nie, maar na
werk onder moeilike omstandighede soek./Bl. 10: Ek moet ’n werk kry, sy sê sy’s besig
om vir my yt te vind, ek het vir haar gesê enige soort werk.
• Daar is die moontlikheid van ʼn nuwe begin, want hy word met sy ma en Blanchie
versoen en alle struikelblokke word uit die weg geruim./Bl. 60: Ek het vir jou ... alles
gevertel ... Blanchie./Bl. 61: Blanchie sak knielend neer op die grond, haar arms om
Map./Bl. 62. Johnnie ...
• Map se vryheid wat hy verkry deur sy bekering is suksesvol, want as jy eenmaal ’n
kind van God is, is jy altyd ’n kind van God.
• Map se fisiese vryheid is dalk nie so suksesvol nie, want die kans wat hy het om ’n
werk te kry, is maar skraal en dan bly die vraag of Map sterk genoeg is om nie by
bendes betrokke te raak nie.
• Die versoening met Blanchie en sy ma is definitief suksesvol, want die saksofoon
speel weer aan die einde en die wind waai weer - alles aanduidings dat die verhouding
met Blanchie weer gaan wees soos aan die begin en sy ma noem hom Johnie wat
daarop dui dat haar vergifnis vir hom volkome is.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.
• Die omstandighede op die Kaapse Vlakte dwing die Cavernelis-gesin en Map
om ’n ander heenkome te vind, maar die meeste pogings was nie suksesvol nie. 25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small
Vraag Antwoord Punt
13.1 Die merke op sy vel identifiseer Map as ’n bendelid/wys op sy tatoeëermerke. √ 1
Dit wat Map gedoen het, en waarvan die merke op sy vel getuig, sal vir ewig met hom 1
wees. √
Die tatoeëermerke is soos ’n landkaart, in Engels ’n “map”, oor sy lyf./
Hy gaan nooit werklik uit hierdie gevangenisskap ontsnap nie./
Map se omstandighede gaan nooit verander nie. √ 1
Die kandidaat gee enige TWEE antwoorde vir een punt elk.
13.2 Sy betrokkenheid by bendes/Ivan Philander se moord. √ 1
Sy ma en suster se verkragting. √ 1
Sy suster se dood. √ 1
13.3.1 Die vrees by die ander karakters oor wat Map se reaksie gaan wees as hy alles van
Blanchie uitvind, skep die moontlikheid vir die handeling in die res van die drama. √ 1
13.3.2 Leerder se eie mening binne konteks van die drama, bv.
Ek dink parool moet aan Map Jacobs toegestaan word omdat hy sy misdaad erken
het √ en ware berou toon √ en tot bekering gekom het./alles bely het. √
OF
Ek dink parool moet nie aan Map Jacobs toegestaan word nie omdat hy
verantwoordelik was vir die dood van twee mense √ en sy “skuldbelydenis”/”bekering”
net ’n manier is om vinniger vrygelaat te word √ en hy die volle vonnis moet uitdien.√ 3
13.4 Dit sluit aan by die tema van die uitsiglose bestaan van die gemeenskap./hul swak
kans om daaruit te ontsnap. 1
13.5 Leerder se eie mening, bv.
Map kan ’n kruis op sy lyf tatoeëer as teken van sy bekering/die vergewing van sy
sonde. √ 1
Map kan ’n saxofoon laat tatoeëer as simbool van hoop/goedheid vir die “nuwe” lewe
van Map./leierskap in die gemeenskap. √ 1
Die kandidaat kan enige aanvaarbare, gemotiveerde mening binne konteks aanbied.
13.6 Smekend/dringend/ootmoedigend/emosioneel √ 1
13.7 Hulle het Blanchie as ’n prostituut gebruik. √ 1
Hulle betaal Blanchie wat die geld gebruik om uit die omstandighede te probeer
ontsnap. √ 1
Die wit mans misbruik vroue./het nie verantwoordelikheid vir hulle dade aanvaar nie. √ 1
Map het ’n vark geword in sy optrede as bendeleier./die misdaad wat hy gepleeg het./
Map het verantwoordelikheid aanvaar./vergifnis ontvang. √ 1
Beide kante van die verskil word vir TWEE punte aagebied.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/2015
SSE – Memorandum
13.8 Die “tattoos”/tatoeëermerke op Map se lyf sal altyd bewyse wees van die slegte kant
van sy lewe/hy kan nie daarvan wegkom nie. √ 1
Hy het so verander dat hy Blanchie alles wat sy gedoen het, kan vergewe./
Hy is nie meer die bendeleier wat almal geken het nie./
Hy vergewe vir Blanchie./
Hy doen niks aan Cavernelis nie./
Hy neem nie wraak teenoor oompie Paulsen nie. √ 1
13.9 Map word in die tronk toegesluit vir sy misdaad, maar hy kom in die tronk tot
bekering/ontvang geestelike bevryding. √ 1
Alhoewel Map oral in die Kaapse Vlakte kan rondloop, is hy ’n gevangene van die
politieke situasie/word hy nie in die gemeenskap aanvaar nie/is hy nie welkom om by
die Kersorkes aan te sluit nie/kry hy nie werk nie. √ 1
13.10 Dit skep spanning./Dit bewys dat sy Map nog nie vergewe het nie./Dit dwing Map om
met die waarheid uit te kom./Dit dwing Map om sy gevoelens te openbaar./Die
gemeenskap word voortdurend aan die voorval herinner. √ 1
13.11 Hulle verhouding kan herstel/groei. √ 1
Hulle verhouding gaan weer soos aan die begin van die drama wees. √ 1
25
OF
VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL Mis – Reza de Wet
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv.
• Reeds in die titel van die drama is dit duidelik dat die leser/kyker met mis in een of ander
betekenis gekonfronteer gaan word.
• Die titel Mis kan ’n aanduiding wees dat iemand gemis/vermis gaan word, soos wat
die meisies op dieselfde datum die afgelope twee jaar weggeraak het/vermis is./Bl. 19: Dit
het alles twee jaar gelede begin. … Met Sannie Koen! … Eers het almal gedink sy het
sommer weggeloop. … En presies ’n jaar later is dit toe Rienie Pieterse.
• Miem en Meisie verkoop die mis as ’n bron van inkomste, want Gabriël kan nie
finansieel vir die gesin sorg nie./Bl. 6: So dertig perdemis en tien vark. ja, ons doen goed
die maand.
• Die woord mis dui op bemesting wat gebruik word, want die grond word met die mis
bewerk./Bl. 6: Vroeglente wil almal die grond bewerk.
• Miem en Meisie se lewe word deur mis gereël, want hulle moet beskikbaar wees
wanneer die besendings mis opgelaai word./Bl. 48: Ek moet vroeg op. Die besending mis
word sewe-uur gelaai.
• Die vroue voer ’n onaangename, mislike bestaan, want die misreuk veroorsaak dat hul
nie besoekers ontvang nie./Bl. 26: Ek weet nie wat om te sê nie. Ek is nie gewoond aan
mense nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Hul bestaan is nie higiënies nie, want die omgewing is vol vlieë en brommers as gevolg van die
mis./Bl. 26: Maar in die somer is dit baie erg. Die stank ... en die vieslike vlieë. Swerms vlieë. En
brommers. Groot, blink brommers.
• Die mis waarmee Meisie daagliks moet werk, is ook vir haar tekenend dat haar jongmeisielewe
verbygaan/is ook vir haar ’n teken dat sy die geleenthede wat ander meisie het, mis, want sy
kry nie geleentheid om haarself te versorg nie./mis die geleenthede wat ander jong meisies het./
Bl. 27: Kos, slopemmer! Sakke! Eers was my hande sag. (Strek haar vingers uit) En nou, eelte op al
my vingerpunte!
• Die woord mis kan ook op menslike ontlasting dui, want Gabriël se slopemmer moet afkatrol word
en buite uitgegooi word./Bl. 5: Onthou tog die slopemmer! Dis al twee dae!
• Die slopemmer speel ’n rol in Meisie se besluit om saam met Konstabel te gaan, want hulle kan
gesels toe sy die slopemmer moet uitneem./Bl. 38: Dankie. As dit vol is, is dit baie swaar. As jy een
kant vat, dan vat ek die ander kant. … En as ons baie gesels, dan hoef ons nie die musiek te hoor
nie.
• Die woord mis kan ook daarop dui dat die vroue leidrade mis/dit nie sien nie/ miskyk, want
Miem en Gertie sien nie die ware kleure van Konstabel raak nie./Bl. 21: maar dit val my op dat u u
miskien blind staar teen die feite.
• Mis sluit by die godsdienstige begrip van die Heilige Mis (gebede en gesange) aan, want die
vroue bieg teenoor die Konstabel en lê hul diepste gevoelens bloot./Bl. 28: Nou goed, ek sal vir u
vertel en dan sal ek daarvan vergeet. Vir altyd en vir ewig.
• Die woord mis kan op die handeling van Konstabel dui wat met dié van ’n priester ooreenstem,
want Meisie kniel voor Konstabel asof hy ’n priester is wat iemand wil seën wanneer hy Meisie se
gesig wil sien./Bl. 37: (steek sy hand uit en raak aan haar) Goed so. Kniel nou. Hier. Reg voor my.
• Die godsdienstige betekenis van die mis (in die Heilige Mis) is teenwoordig in die
aannemingsrokke wat die meisies dra wanneer hulle verdwyn./Bl. 19: Sy het geen tas gevat nie en
sy is weg in haar aannemingsrok ... sonder skoene!
• Die woord mis kan daarop dui dat Miem haar man mis, want hy bly al sewe jaar lank op die
solder./Bl. 31: Vir sewe jaar het ek hom nog nie met ’n oog gesien nie. (Tranerig) Dit is vir my ’n groot
beproewing.
• Die mis veroorsaak dat Meisie nie vrye tyd het nie, want die mis moet daagliks bewerk word./Bl.
27: Ek kry my werk nooit klaar nie.
• Die mis veroorsaak dat Meisie vereensaam, want daar is nie vriende wat vir haar wil kom kuier
nie./Bl 26: Ek ... het roosbome voor my venster geplant. (Stilte) En dis hoekom ... niemand wil kom
kuier nie. Dit ruik so aaklig. En wie sou nou tee wou drink? Die vlieë het mis aan hulle pote.
• Die woord mis kan op verlange dui, want die vroue verlang elkeen na iemand of iets soos Meisie
wat na die sirkus verlang./Bl. 28: Ek mag nie daaroor praat nie. Ek mag nie daaraan dink nie. Om te
dink, is om te doen.
• Die daaglikse mis as bemesting in Meisie se lewe, sluit aan by Meisie wat van haar
omstandighede wil ontvlug en uiteindelik saam met die Konstabel weggaan./Bl. 51: Sy dans na die
agterdeur. Voordat sy oor die drumpel dans, staan sy stil en kyk om na die Konstabel.
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv.
• Die titel van die drama is ’n metafoor vir die mis wat in die drama voorkom.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 15 KONTEKSTUELE VRAAG Mis – Reza de Wet
Vraag Antwoord Punt
15.1 Onheilspellende/onrustige √ 1
Die hele drama is onheilspellend as gevolg van die verdwyning van die meisies en
Konstabel se verskyning. √ 1
15.2 kook tant Hannie moerbeikonfyt. √ 1
Meisie √ 1
15.3 Die verskyning van konstabel. √ 1
Ja.
Die verskyning skep die moontlikheid vir die handeling in die res van die drama./Dit is
die motoriese moment in die drama. √ 1
Die kandidaat kan nie nee as ’n antwoord verskaf nie.
15.4 Die vrouens sien nie die konstabel vir wie hy is nie. √ 1
15.5 Deur intensifisering./Die waai van die wind./Die magiese./Die hoenders wat teen die
draad waai./Blomme wat wegvlieg./Die kwepers val soos hael. √ 1
15.6 ’n Towenaar/hofnar √ 1
In sy uniform is hy die beskermer. √
Die transformasie is noodsaaklik om Meisie uit haar omstandighede te bevry. √ 2
Magiese/sirkusruimte. √ 1
15.7 Nuuskierigheid. √ 1
Sy kan meer van Konstabel uitvind en hom moontlik so in haar geïnteresseerd kry./Sy
kan haarself so bevry. √ 1
15.8 Sy wil hê Konstabel moet in haar belangstel. √ 1
Dit is funksioneel, want die leser/gehoor besef net weer hoe skynheilig Gertie is. √
So verkry die dramaturg die gehoor se simpatie vir Gertie. √ 2
15.9 Hy wil Gertie laat dink oor die onwaarheid/leuen. √ 1
15.10 Neweteks/subteks/toneelaanwysings √ 1
Gertie besef sy vertel nie die waarheid nie en voel ietwat ongemaklik. √
Gertie wag vir ’n reaksie vanaf Konstabel se kant. √ 2
15.11 Gertie het nie buite gaan oefen nie, maar aangetrek. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/2015
SSE – Memorandum
15.12 In albei word sy as sensueel/verleidelik geteken. √ 1
Teks 1: Haar vingers is rooi van die moerbeie./Sy suig haar voorvinger ... √ 1
EN
Teks 2: Lang goue golwende hare./Sy was lank en slank ... en soepel./Met die
hartseerwals het sy haar lyf so agteroor gebuig met haar kop terug./Haar nek was lank
en melkwit ... √ 1
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 27 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 6–7 5 4 3 0–2
Diepgaande -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp. interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp onderwerp onderwerp goed -Enkele goeie punte ter onderwerp -Geen verwysing na die
Diepte van argument, -Reeks treffende geïnterpreteer ondersteuning van die -Byna geen punte wat gedig nie
verantwoordbaarheid en argumente wat behoorlik -Respons redelik onderwerp die onderwerp -Leerder het nie die
insig in teks uit die gedig gerugsteun gedetailleerd -Enkele argumente word ondersteun nie genre en gedig onder
is -Enkele deeglike ondersteun, maar -Onvoldoende begrip die knie nie
7 PUNTE -Uitstekende begrip van argumente gegee, maar bewyse nie altyd van genre en gedig
die genre en gedig nie almal ewe goed oortuigend nie
gemotiveer nie -Basiese begrip van
-Begrip van genre en genre en gedig
gedig duidelik
STRUKTUUR & TAAL 3 2 1 1 0
Struktuur, logiese vloei -Samehangende -Duidelike struktuur en -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Struktuur swak
en aanbieding struktuur logiese vloei van struktuur van swak beplanning -Ernstige taalfoute
Taalgebruik, toon en styl -Argumente goed argument -‘n Goed -Argumente nie logies -Foutiewe styl
gebruik in opstel gestruktureer en daar is -Vloei van argumente gestruktureerde logiese gerangskik nie
duidelike ontwikkeling kan gevolg word vloei en samehang -Taalfoute beduidend
3 PUNTE -Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en ontbreek in die opstel -Toon en styl nie geskik
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Geringe taalfoute; toon nie
beïndruk en is korrek en styl meestal gepas
-Grammatika, spelling
en punktuasie feitlik
foutvry
VERSPREIDING VAN 9–10 7 5 4 0–2
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 28 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
-Uitsonderlike respons: -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van 14–15 onderwerp en het die van die onderwerp; nie interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp Uitstekende respons: onderwerp goed alle aspekte in detail onderwerp: byna geen -Swak poging om die
Diepte van argument, 12–13 geïnterpreteer ondersoek nie aspekte in detail vraag te beantwoord
verantwoordbaarheid en -Diepgaande -Respons redelik -Enkele goeie punte ter ondersoek nie -Argumente oortuig nie
insig in teks interpretasie van gedetailleerd ondersteuning van die -Min punte wat die -Leerder het nie die
onderwerp -Enkele deeglike onderwerp onderwerp ondersteun genre en teks onder die
15 PUNTE -Reeks treffende argumente gegee, maar -Enkele argumente word -Baie min relevante knie nie
argumente wat behoorlik nie almal ewe goed ondersteun, maar argumente
uit die roman/drama gemotiveer nie bewyse nie altyd -Weinig begrip van
gerugsteun is -Begrip van genre en oortuigend nie genre en teks
-Uitstekende begrip van teks duidelik -Basiese begrip van
die genre en teks genre en teks
STRUKTUUR & TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
-Samehangende -Duidelike struktuur -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Gebrek aan beplande
Struktuur, logiese vloei struktuur -Logiese vloei van struktuur van swak beplanning struktuur belemmer vloei
en aanbieding -Uitstekende inleiding en argument -Logika en samehang is -Argumente nie logies van argumente
Taalgebruik, toon en styl slot -Inleiding, slot en ander duidelik, maar met foute gerangskik nie -Taalfoute en foutiewe
gebruik in opstel -Argumente goed paragrawe -Enkele taalfoute; toon -Taalfoute beduidend styl laat hierdie skryfstuk
gestruktureer en daar is samehangend en styl meestal gepas -Toon en styl nie geskik misluk
10 PUNTE duidelike ontwikkeling georganiseer -Paragrafering meestal nie -Styl en toon nie geskik
-Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en korrek -Paragrafering foutief nie
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Paragrafering foutief
beïndruk en is korrek
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper