Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 1220157 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2015, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2015

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V3 2015 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2015 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel 50 punte AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) 50 punte 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ’n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 80 minute AFDELING B: ongeveer 70 (35 x 2) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2015 SSE AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ’n OPSTEL van 400–450 woorde. 1.1 “Ek? Nooit weer nie!” [50] 1.2 Dít maak my knieë lam! [50] 1.3 Skryf ’n opstel waarin jy die paragraaf hieronder as INLEIDING gebruik. Jy moet dié inleidingsparagraaf in jou ANTWOORDEBOEK oorskryf. Die gehamer aan die deur ruk my wakker. Dis nog nie eens lig nie. Wie sal so vroeg kom klop? Dit is vanoggend ekstra koud ... [50] 1.4 Sien die probleme raak en maak ’n verskil. [50] 1.5 Moenie gaan waar paaie jou heen lei nie; loop eerder waar daar geen pad is nie en laat ’n spoor vir iemand wat nie weet waarheen nie. ~ Waldo Ralph Emerson ~ [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2015 SSE 1.6 Bestudeer die prikkels hieronder en skryf ’n OPSTEL oor EEN. Skep jou eie titel. 1.6.1 [Uit: www.photostock] [50] 1.6.2 [Uit: www.photostock] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2015 SSE 1.6.3 [Uit: www.photostock] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/2015 SSE AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180–200 woorde oor elk. 2.1 VERSOEKBRIEF Die woonbuurt waarin jy woon, is besig om vinnig agteruit te gaan: Rondloperhonde is aan die toeneem, rommel word nie meer gereeld verwyder nie en straatligte wat saans nie meer brand nie, skep ʼn onveilige omgewing. Skryf ʼn FORMELE BRIEF aan die wyksraadslid in jou munisipaliteit oor die probleme wat jy ervaar. Versoek jou raadslid om iets aan die agteruitgang van die wyk te doen. [25] 2.2 HULDEBLYK Jou neef/niggie aan wie jy baie geheg was, het onlangs tragies in ’n motorongeluk omgekom. Jy moet die huldeblyk oor hom/haar by die begrafnisdiens lewer. Skryf die HULDEBLYK. [25] 2.3 KOERANTBERIG Tydens ʼn onlangse besoek van die sirkus aan julle dorp/stad het chaos uitgebreek toe een van die wilde diere tydens ʼn vertoning uit die veiligheidshok gebreek het. Skryf die KOERANTBERIG wat die volgende oggend in die plaaslike koerant verskyn het. [25] 2.4 RESENSIE Die afgelope jaar het ’n rits interessante Afrikaanse televisieprogramme op die skerm verskyn. Skryf ’n RESENSIE vir ’n koerant oor enige een van hierdie programme wat jy baie geniet het. [25] 2.5 TOESPRAAK Bord-/Kaartspeletjies verskaf heerlike gesinsvermaak. Jy moes onlangs ʼn toespraak oor hierdie onderwerp lewer. Skryf die TOESPRAAK wat jy gelewer het. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/2015 SSE 2.6 DIALOOG “Call me ...” flits die sms-boodskap weer deur die kuberruim na jou selfoon op die restauranttafel. Hierdie keer gaan jy daarop reageer. Skryf die GESPREK neer wat tussen jou en die persoon wat die sms gestuur het, plaasvind. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all