Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202112 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2021, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V3 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE NASIONALE NASIENSIMBOLE VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Spelfoute Dubbelstreep onder die spelfout Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling [ Begin van 'n nuwe sin Woord(-keuse)-foute X Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord. Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of Erkenning van taaljuweeltjies  uitdrukkings Onduidelik/onverstaanbaar ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep Punktuasie  Omkring Neem taalvariëteit in ag. AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld: 1.1 Hokaai, stop die lorrie! Die kandidaat sal die opstel as 'n verhalende opstel kan aanbied indien hy/sy letterlik skryf oor 'n weghollorrie wat tot stilstand moet kom. Hierdie onderwerp kan egter ook konnotatief geïnterpreteer word as die inhoud fokus op 'n aksie/handeling/toestand/situasie wat buite beheer is en gekeer moet word. 'n Beskrywende opstel kan die oorsake/gevolge van 'n situasie wat handuit geruk het, beskryf. Die kandidaat kan ook in 'n bespiegelende opstel die redes waarom situasies dikwels buite beheer raak, aanspreek. 'n Argumen-terende/beredeneerde opstel kan argumente aanvoer waarom waarskuwings soos hierdie te alle tye in ag geneem moet word. Hierdie onderwerp leen hom dus tot 'n letterlike of figuurlike interpretasie. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.2 Positiewe denke oor die lewe is noodsaaklik. Die onderwerp leen hom tot die skryf van 'n argumenterende of beredeneerde opstel indien die kandidaat hom/haar uitspreek oor waarom positiewe denke noodsaaklik vir die lewe is. In 'n bespiegelende opstel kan daar besin word of dit noodsaaklik is om positief oor die lewe te wees. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat oor insidente skryf toe positiewe denke 'n noodsaaklikheid vir iemand was. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.3 Dit was die moeilikste besluit wat ek moes neem. In 'n verhalende opstel kan 'n kandidaat vertel van insidente/'n sameloop van omstandighede wat hom/haar genoop het om ten koste van hom-/haarself die moeilikste besluit te neem. Die emosionele gewaarwordinge van die kandidaat voor en na die neem van die moeilike besluit wat radikale gevolge ingehou het, kan as inhoud vir 'n beskrywende opstel dien. Die lesse wat die kandidaat geleer het nadat hy/sy 'n moeilike besluit moes neem/geneem het, kan in 'n bespiegelende opstel aangebied word. In 'n argumen-terende/beredeneerde opstel kan die voor- en nadele wat moeilike besluitnemings-prosesse vir iemand inhou, teenoor mekaar opgeweeg word. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.4 Toe begin die musiek speel ... As 'n verhalende opstel kan die kandidaat skryf oor 'n geleentheid waar die musiek net skielik begin speel het en wat die gevolg(e) daarvan was. Die verhaal kan die titel as slot hê met 'n klomp goed wat vooraf gebeur het. In 'n beskrywende opstel kan beskryf word watter emosies musiek wat speel op iemand het. By 'n bespiegelende opstel kan gekyk word na die moontlike invloed van musiek op 'n individu. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5 Lig die anker, span die seile ... Hierdie titel kan hom tot 'n verhalende opstel leen sou die kandidaat oor 'n spesifieke insident/insidente in sy lewe vertel wat bygedra het tot sy/haar grootwordproses. Op letterlike vlak kan die kandidaat oor 'n spesifieke vaart op 'n boot skryf. 'n Verhaal kan ook gebou word rondom die beëindiging van 'n verhouding of 'n verhuising na baie jare op 'n spesifieke plek. Indien die kandidaat byvoorbeeld oor sy/haar emosies skryf terwyl hy/sy voorberei om die grootmenslewe aan te pak, kan hierdie titel as 'n beskrywende opstel geassesseer word. 'n Bespiegelende opstel kan byvoorbeeld 'n bepeinsing wees oor die toekomsverwagtinge van iemand wat op die drumpel van die grootmenslewe staan terwyl 'n argumenterende/beredeneerde opstel tot 'n gevolgtrekking kan kom, waarom dit vir sommige mense makliker as vir ander is om die uitdagings van 'n onbeskermde omgewing die hoof te bied. Hierdie onderwerp kan letterlik of figuurlik geïnterpreteer word. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.6.1 Mensfigure met sosialemediasimbole Vir 'n verhalende opstel kan 'n kandidaat hierdie prikkel byvoorbeeld gebruik om oor spesifieke insidente te vertel waar sosialemediagebruik die lewens van mense beïnvloed het, terwyl 'n beskrywende opstel op die beskrywing/verduideliking van een of meer van die verskillende mediaplatforms kan konsentreer. Indien die kandidaat oor die invloed van sosialemediaplatforms op mense se lewens konsentreer, kan so 'n poging as 'n bespiege- lende opstel geassesseer word. 'n Argumenterende/beredeneerde opstel kan byvoorbeeld die voor- en nadele van sosialemediagebruik as inhoud bevat. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.6.2 Voëls in formasievlug 'n Verhalende opstel kan die storie vertel van hoe die formasievoëls iemand lewenslesse geleer het./na geluk gelei het. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat sy/haar belewing van die voëls besing. Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel oor die moontlikhede van orde en formaat in die lewe skryf. Wanneer geargumenteer/beredeneer word oor die noodsaaklikheid van orde/reëlmaat in 'n mens se lewe, kan die kandidaat hier 'n argumenterende/beredeneerde opstel skryf of standpunt inneem oor die voor- of nadele van reëlmaat. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.6.3 A van harte Vir 'n verhalende opstel kan 'n kandidaat hierdie prikkel gebruik om oor spesifieke insidente te vertel waar die ontvangs van hierdie spesifieke speelkaart mense se lewens beïnvloed het. Die prikkel leen hom ook vir 'n (tong-in-die-kies) liefdesverhaal waar gefokus word op (jongmens-)liefde, terwyl iets wat tydens 'n kaartspel plaasgevind het ook aanvaar kan word. In 'n beskrywende opstel kan die inhoud op die verskillende speelkaarte van die lewe konsentreer. Indien die kandidaat oor die lewe as 'n metaforiese speelkaart besin, kan so 'n poging as 'n bespiegelende opstel geassesseer word. 'n Argumenterende/ beredeneerde opstel kan byvoorbeeld konsentreer of kaartspeletjies nog 'n doel dien. Daar kan ook beredeneer word of fortuinvertellery aanvaarbaar is al dan nie. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).  'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.  'n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die konnotasie en nie met die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/Maart 2017 NSS Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.  'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.  'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar ouma/oupa waarin hy/sy vertel van die werk wat hy/sy by die Dierebeskermingsvereniging gedoen het waarvoor hy/sy vereer is. Hou die volgende in gedagte:  Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.  Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.  Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.  Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.  Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word.  Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.  Die brief behoort informeel afgesluit te word.  Die formaat van die brief is belangrik. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: GELUKWENSING Die brief fokus op die gelukwensing aan die skoolhoof oor die besondere eer om as die beste hoërskool in die land aangewys te word. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.  Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.  Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.  Eenvoudige, direkte taal is nodig.  Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die besondere eer wat die skool te beurt geval het en waarom die skool die toekenning verdien.  Die brief word aan die skoolhoof gerig.  Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.  Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar nodig, bv. Die uwe/Vriendelike groete/Met agting/Met agting en vriendelike groete/Groete P. van Zyl P. van Zyl [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3 HULDEBLYK Bring hulde aan 'n jeugleier in die gemeenskap wat onverwags oorlede is. Hou die volgende in gedagte:  Die jeugleier se naam en van behoort gegee te word.  Sy/haar prestasies en hoogtepunte uit sy/haar gemeenskapswerk behoort ingesluit te word.  Die fokus behoort te wees op dit wat die persoon vermag het.  Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike inligting behoort ingesluit te wees.  Die huldeblyk moet waarderend wees.  Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.  Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart. [25] 2.4 RESENSIE Die resensie handel oor die nuwe restaurant, Lekkereet. Hou die volgende in gedagte:  Gee 'n individuele respons oor die restaurant .  Gee jou mening oor die restaurant na aanleiding van atmosfeer, bediening en gehalte van die disse.  Dit is gewoonlik subjektief.  Toepaslike feite, byvoorbeeld die naam van die restaurant, adres en tye moet gegee word.  'n Oorspronklike opskrif behoort verskaf te word. [25] 2.5 TOESPRAAK Die gas/Jy spreek die skool, tydens 'n saalbyeenkoms, oor respek toe. Hou die volgende in gedagte:  By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word: Meneer Visagie, onderwysers en leerders ...  Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.  Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.  Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.  Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.  Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.  Die slot moet die gehoor tot nadenke stem. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 2.6 NOTULE VAN 'N VERGADERING Die kandidaat skryf slegs die notule van die nuwe sake wat tydens die beplannings- vergadering bespreek is. Hou die volgende in gedagte:  Die notule moet 'n komiteelid, wat nie teenwoordig was nie, 'n idee gee van wat by die beplanningsvergadering gebeur het.  Alle besluite wat in verband met punte 4.1 tot 4.6 geneem is, moet genotuleer word.  Die notule word in die teenwoordige tyd geskryf.  Die notule stem puntsgewys ooreen met die agenda.  Die taal en styl is formeel.  Die naam van die beplanningsvergadering, datum van die vergadering en plek van die vergadering word boaan die notule geskryf.  Hierdie notule hoef nie die volgende in te sluit nie: 'n opening en verwelkoming, 'n lys van teenwoordige lede, 'n lys afwesiges, die notule van die vorige vergadering wat gelees en goedgekeur is, dan sake uit die vorige notule en die notule hoef nie deur die voorsitter en die sekretaris/sekretaresse onderteken te word nie. [25] GROOTTOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp Hoë vlak vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant Lae vlak volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, styl, register -Toon, register, styl - Toon, register, styl -Taal onverstaanbaar en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat gepas en woordeskat minder --Toon, register, styl Toon, register, styl en gepas vir doel, gepas vir doel, vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor en woordeskat nie woordeskat is geskik gehoor en konteks gehoor en konteks konteks en konteks gepas vir doel, Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie gehoor en konteks nie konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit Taalgebruik en -Toon retories gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin konvensies, treffend en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 15 PUNTE 13 10 7 4 -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk gedaan grammatika en beperkte gebruik van spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief -Sinne en paragrawe logies en toon -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik variasie effens sin nie gekonstrueer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all