Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE
NOVEMBER 2021
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 6 antwoordblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers %20Eng_hlayiso.com_--dcb7f976-b3d6-42a9-b2b1-44ae9b2d8e3f/v1-323df2bd04b35e089240/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--f39d7571-db9f-4ded-b5e7-27008235ca8b/v1-4efe03b2e24afe8e530e/card.webp)


%20Eng_hlayiso.com_--8f870317-4f98-4448-b660-0d528b30c2a4/v1-c304a8b770601b9842d8/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--ff7a7835-2450-4747-baaf-85c46ef7d411/v1-8ec16443e4393e6a6260/card.webp)
View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)




Civil Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 447.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 2 DBE/November 2021
SS/NSS
BENODIGDHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees alle vrae noukeurig deur.
4. Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
NIE.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
9. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
10. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
11. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
12. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
13. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
14. Beantwoord VRAAG 2, 3.13, 3.14, 6.5, 6.6 en 6.9 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.
15. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
16. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëring.
17. Google Images is as die bron van alle foto's en prentjies gebruik.
18. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 3 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 1: WBGV, VEILIGHEID, MATERIAAL, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN
HEGTING (GENERIES)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
1.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs
die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
1.1.6 swaairaam.
vogseëlaar; poeierbedekking; galvanisering; skuur; verf;
elektroplatering; nabehandeling; pleister; silikoon
1.1.1 Bedek staal of yster met 'n laag sink (1)
1.1.2 Beskikbaar in 'n water- en oliebasis (1)
1.1.3 Verbeter die meganiese en ingenieurseienskappe van metale (1)
1.1.4 Proses om vars beton vogtig te hou (1)
1.1.5 Aanwending van 'n afwerking op materiale om uiterse temperature
te weerstaan (1)
1.2 FIGUUR 1.2 hieronder toon steierwerk wat op 'n bouterrein gebruik word om
die boonste dele van 'n gebou te bereik.
FIGUUR 1.2
1.2.1 Beskryf TWEE aspekte waaraan die steierwerk moet voldoen
voordat dit gebruik word. (2)
1.2.2 Noem die weggelate deel in FIGUUR 1.2 wat aan die platform van
die steier geheg moet word om te verhoed dat gereedskap afval. (1)
1.2.3 Verduidelik TWEE veiligheidsmaatreëls waaraan voldoen moet
word wanneer daar op steiers gewerk word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 4 DBE/November 2021
NSS
1.3 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om afvalmateriaal veilig vanaf
hoë plekke te verwyder. (2)
1.4 Beskryf TWEE regulasies rakende die veilige gebruik van boksteiers. (2)
1.5 Beskryf EEN voorsorgmaatreël wat jy sal toepas wanneer materiaal en
toerusting in 'n bouershyser gehys word. (1)
1.6 Verduidelik in DRIE chronologiese stappe hoe jy TWEE soliede
4 mm-metaalplate met 'n bout en moer sal heg nadat die posisies van die
gate op die plate gemerk is. (3)
1.7 Voltooi in jou ANTWOORDEBOEK die inligting in die tabel hieronder deur
EEN gebruik en EEN manier van versorging van die stuk gereedskap aan te
dui.
NAAM VAN STUK GEBRUIK MANIER VAN
GEREEDSKAP VERSORGING
Multi-detektor Om vas te stel … Beskerm die multi-detektor
teen … (2)
[20]
VRAAG 2: GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL (GENERIES)
FIGUUR A en B op die volgende bladsy toon verskillende tekeninge wat op 'n bouplan
verskyn. Analiseer die tekeninge en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 2.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 5 DBE/November 2021
NSS
ERF 33 NOTAS:
24 500 Kontrakteurs moet alle afmetings en
vlakke/hoogtes op die terrein verifieer
voordat daar met werk begin word.
1 Argitekte moet dadelik van enige
5 000 9 000 3 000 5 000
afwykings in kennis gestel word.
Muurdiktes: Buite = 220 mm
2 Binne = 110 mm
LOERIESTRAAT
4 000
w 3 Argitek se handtekening …………….
NUWE Kliënt se handtekening …………..….
31 000 13 160
ERF 29
WOONHUIS
9 4
'n Palissade-omheining moet op die
grens van die nuwe woonhuis
3 220 5
opgerig word.
ERF 31
w
2 000 3 000
1 000 WYD
EAGLESTRAAT 6
8
ERF 35 7
FIGUUR A
220 110 110
4 000 4 450
220
HERSIENING 1 DATUM BESKRYWING
11 EETKAMER 20/06/2021 KONTOERLYNE
3 500
KOMBUIS
GEDRUK DEUR: DATUM VAN DRUK:
GEMINI DRUKKERS 01/06/2021
13
TEKENINGTITEL:
1 : 10
SITKAMER
110 TERREIN- EN VLOERPLAN ERF 31
10 PROJEK:
5 000
VOORGESTELDE WOONHUIS OP ERF 31,
HEROLDSBAAI
BADKAMER
12
M PROJEKNR. TEKENING NR.
GR 228-510 339P7
110 DATUM GETEKEN NAGEGAAN
18/05/2021 JP BLOM G BOK
4 000 TERREINPLAN SKAAL: 1 : 200
SLAAPKAMER 1 SLAAPKAMER 2
VLOERPLAN SKAAL 1 : 100
3 000
VERWYSINGSKODE
220 QP 2 - 2021
FIGUUR B KAMER A
[40]
220
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 6 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: DAKKE, TRAPPE EN VERBINDING/HEGTING (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Noem EEN balustrade-patroon. (1)
3.2 Beskryf EEN metode wat oorweeg kan word om houthandrelings teen mure te
monteer. (1)
3.3 Wat is die minimum vertikale afstand tussen die steeklyn en die handreling
van 'n trap? (1)
3.4 Verduidelik waarom skortbalke in trappe gebruik word. (1)
3.5 Onder normale omstandighede wanneer standaardbetonmengsels gebruik
word, na hoeveel dae kan die bekisting aan die onderkant van 'n trap
verwyder word? (1)
3.6 Wat kan gebruik word om 'n staalkolom te heg aan 'n betonbasis met
skroefdraadstawe daarin bevestig? (1)
3.7 Noem EEN tipe gegote anker wat by betonverbindings gebruik word. (1)
3.8 Noem die dakkomponent wat bo-op 'n muur geplaas word om die las van die
dak eweredig te versprei. (1)
3.9 Noem die dakkomponent van 'n SA(Howe)-dakkap wat die daksparre verbind. (1)
3.10 Noem die kleur van die dakonderlegsel wat vir teëldakke gebruik word om
waterlekke te voorkom. (1)
3.11 Watter tipe dakkap bestaan slegs uit daksparre? (1)
3.12 Watter tipe dakkap bestaan uit twee daksparre en 'n nokbalk? (1)
3.13 Gebruik ANTWOORDBLAD 3.13 en teken, in goeie verhouding, 'n netjiese
skets van die vooraansig van 'n SA(Howe)-dakkap. Gebruik die afstand
tussen die mure as die spanwydte van die dakkap. (10)
3.14 Gebruik ANTWOORDBLAD 3.14 en teken volgens skaal 1 : 10 die
vooraansig van 'n sparbintdakkap. Die helling van die dak is 30°. (8)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 7 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4: UITGRAWINGS, BEKISTING, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN
MATERIAAL (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.9 N.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Tin A seël lug- en waterlekkasies
4.1.2 Klaarbeton B maklik om te sweis
4.1.3 Geelkoper C pomp water na 'n hoër vlak
4.1.4 Aluminium D nie-suurbestand of alkalibestand
4.1.5 Lood E koper is die hoofbestanddeel
4.1.6 PVC (polivinielchloried) F rooibruin
4.1.7 Silikoon G gebruik vir vuilwaterstelsels
4.1.8 Koper H het regdeur dieselfde digtheid
I silwerwit van kleur
J lae smeltpunt
K voorkom korrosie
L wapening in 'n betonvloer
(8 x 1) (8)
4.2 Noem EEN gevolg daarvan as jy nalaat om die ligging van dienste, soos
waterpype, elektriese kabels en gaslyne te bepaal voordat uitgrawing begin. (1)
4.3 Beskryf DRIE veiligheidsmaatreëls wat vir uitgrawingswerk snags in ag
geneem moet word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 8 DBE/November 2021
NSS
4.4 FIGUUR 4.4 hieronder toon die onvoltooide bekisting vir 'n vlak sloot in ferm
grond.
Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.
152 x 38 mm STUTPLANKE
FIGUUR 4.4
4.4.1 Identifiseer enige TWEE dele wat in FIGUUR 4.4 weggelaat is en
voorspel die moontlike gevolg as hierdie dele gedurende
uitgrawings weggelaat word. (3)
4.4.2 Teken in jou ANTWOORDEBOEK 'n netjiese tweedimensionele
tekening van die voltooide bekisting vir ferm grond wat AL die dele
toon. (5)
4.5 Verduidelik die volgende terme met betrekking tot bekisting:
4.5.1 Aftakeling (1)
4.5.2 Losolie/Vormolie (1)
4.5.3 Soffietbord (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 9 DBE/November 2021
NSS
4.6 FIGUUR 4.6 hieronder toon bekisting vir 'n konstruksieproses.
Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.
A
C
B
D
E
FIGUUR 4.6
4.6.1 Identifiseer die tipe bekisting. (1)
4.6.2 Identifiseer A tot E. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 10 DBE/November 2021
NSS
4.7 Gereedskap en toerusting word op groot skaal op 'n bouterrein gebruik.
Bestudeer die illustrasies wat in FIGUUR 4.7 hieronder getoon word en
beantwoord die vrae wat volg.
A B C
FIGUUR 4.7
4.7.1 Noem DRIE tipes persoonlike beskermingstoerusting wat gedra
moet word terwyl die toerusting in FIGUUR 4.7 gebruik word. (3)
4.7.2 Beveel EEN metode aan wat gebruik kan word om te voorkom dat
die drom in A roes. (1)
4.8 Noem die tipe toetse wat op beton uitgevoer kan word om onderskeidelik die
sterkte en werkbaarheid van beton te bepaal. (2)
4.9 Wat is die rustydperk in 'n laboratorium voordat die sterkte van beton getoets
word? (1)
4.10 Noem die TWEE kategorieë waarin metale geklassifiseer kan word. (2)
4.11 Verduidelik TWEE redes waarom bekleding in 'n gebou gebruik word. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 11 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 5: PLEISTER EN VLAKLAAG, STEENWERK EN GRAFIKA AS
KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Die prentjies in FIGUUR 5.1 hieronder toon stappe van 'n bouproses.
Bestudeer die prentjies en beantwoord die vrae wat volg.
A B C D
FIGUUR 5.1
5.1.1 Herrangskik die prentjies vir hierdie bouproses in die KORREKTE
volgorde vanaf die begin tot die einde deur die letters
A tot D te gebruik en gee 'n kort beskrywing wat in ELKE prentjie
gedoen word. (8)
5.1.2 Verduidelik waarom die proses by C nodig is. (1)
5.1.3 Noem EEN bymengsel wat by die materiaal gevoeg kan word om
die plastisiteit van die mengsel te verbeter. (1)
5.2 Verduidelik die volgende terme wat op plaveisel van toepassing is:
5.2.1 Verbinding (1)
5.2.2 Vlaklaagsand (1)
5.2.3 Loopvlakke (1)
5.3 Teken, in goeie verhouding, netjiese vryhandsketse van die volgende
plaveiseltipes in jou ANTWOORDEBOEK. Die plaveisel moet vanaf 'n hoek
gelê word om 'n patroon te vorm.
5.3.1 Mandjievleg-plaveiselpatroon (5)
5.3.2 Visgraat-plaveiselpatroon (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 12 DBE/November 2021
NSS
5.4 FIGUUR 5.4 toon die vooraansig van 'n spoumuur.
A
FIGUUR 5.4
5.4.1 Hoekom is daar 'n behoefte aan die donker en omsirkelde deel A? (1)
5.4.2 Beskryf waar die syfergate in 'n spoumuur geplaas moet word. (1)
5.4.3 Verduidelik die doel van 'n syfergat. (1)
5.5 Teken, in jou ANTWOORDEBOEK, 'n netjiese skets van die horisontale
deursnee van 'n staaldeurraam wat in 'n halfsteenmuur ingebou is, met
siersteen wat aan een kant gepleister is. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 13 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 6: WAPENING IN BETON, FONDASIES, BETONVLOERE EN
HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.1.6 D.
6.1.1 Hierdie fondasies versprei die laste oor stabiele grond, hetsy dit
ondergronds of onder water gebruik word:
A Vlotfondasie
B Trapfondasie
C Heipaalfondasie
D Al die bogenoemde (1)
6.1.2 Hierdie fondasie word gebruik waar die lengtes van die heipale
verskil:
A Staalpyp-caissonheipale
B Voorafgegiete betonheipaal
C Gedrewe in situ-heipale
D Hol heipale (1)
6.1.3 Watter EEN van die volgende faktore sal NIE in aanmerking
geneem word wanneer heipaalfondasies geïnstalleer word NIE?
A Tipe bekisting
B Stewige heipaaldekstuk
C Giet van beton
D Tipe grond (1)
6.1.4 Die heipaalfondasie kan in ... gebruik word.
A swak grond
B water
C sand
D Al die bogenoemde (1)
6.1.5 'n Valhamer word met 'n ... beheer.
A hyskraan
B hyser
C hysbak
D vervoerband (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 14 DBE/November 2021
NSS
6.2 Om die vloer te ondersteun, hoe ver moet die stutte en draers onder die ribbe
van mekaar geplaas word? (1)
6.3 Noem die minimum lengte van die punt van die ribbe op die dramure. (1)
6.4 Waar sal jy die vogweerlaag plaas voordat jy die rib en blok plaas? (1)
6.5 ANTWOORDBLAD 6.5 toon 'n onvoltooide rib-en-blokvloer. Gebruik
ANTWOORDBLAD 6.5 en teken, in goeie verhouding, die rib-en-blokvloer tot
op voltooide vloervlak. Dui ALLE weggelate detail aan. Benoem enige EEN
deel. (9)
6.6 FIGUUR 6.6 hieronder toon 'n onvoltooide vertikale deurneeaansig deur 'n
aaneenlopende ondersteunde balk. Bestudeer FIGUUR 6.6 en beantwoord
die vrae wat volg.
A B
FIGUUR 6.6
6.6.1 Identifiseer onderdeel A. (1)
6.6.2 Identifiseer onderdeel B. (1)
6.6.3 Gebruik ANTWOORDBLAD 6.6 en teken die wapening van die
deel wat omsirkel is. Toon en benoem die minimum beton-
dekkingdiepte. (6)
6.7 Verduidelik TWEE redes waarom dekkingdiepte vir wapening in beton
belangrik is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 15 DBE/November 2021
NSS
6.8 Noem die minimum diepte van betondekking vir die volgende voorwaardes
van blootstelling in mm:
6.8.1 Erge blootstelling (1)
6.8.2 Matige blootstelling (1)
6.8.3 Uiters erge blootstelling (1)
6.9 FIGUUR 6.9 hieronder toon die vloerplan van 'n motorhuis met 'n venster en
'n opening vir 'n deur.
4 000
3 000
8 500
FIGUUR 6.9
Gebruik die volgende spesifikasies:
Die buitemure is 220 mm dik.
Die binnemuur is 110 mm dik.
Die binnemuur is 2 600 mm hoog.
50 stene word per m2 vir 'n halfsteenmuur gebruik.
Gebruik die afmetingspapier op ANTWOORDBLAD 6.9 en bereken die
hoeveelhede van die volgende materiaal:
6.9.1 Die lengte van die vogweerlaag (VWL) benodig vir buitemure in m (6)
6.9.2 Die totale aantal stene wat vir die binnemuur nodig is (4)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 2
NR. VRAAG ANTWOORD PUNTE
Identifiseer die skaal wat jy
1. onderskeidelik vir die terreinplan en 2
vloerplan sal gebruik.
Wie is daarvoor verantwoordelik om alle
2. afmetings en vlakke op die terrein te 1
verifieer voordat die werk kan begin?
Watter tipe omheining beveel die
3. 1
argitek aan vir die nuwe woning?
Noem die kleur wat jy sou gebruik om 'n
4. nuwe woonhuis op die terreinplan aan 1
te dui.
5. Identifiseer nommer 1. 1
6. Identifiseer nommer 2. 1
7. Identifiseer nommer 3. 1
8. Identifiseer nommer 4. 1
9. Identifiseer nommer 5. 1
10. Identifiseer nommer 6. 1
11. Identifiseer nommer 7. 1
12. Identifiseer nommer 8. 1
13. Identifiseer nommer 9. 1
Bepaal die afstand tussen nommer 2 en
14. die nuwe woning aan die oostelike kant 1
van die gebou.
Lei die erfnommer van die nuwe woning
15. 1
uit FIGUUR A af.
Watter aansig is die naaste aan
16. 1
Loeriestraat?
Wat is die erfnommer van die eiendom
17. 1
aan die westelike kant van die woning?
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2021
NSS
18. Lei TWEE foute op FIGUUR B af. 2
19. Watter natuurlike kenmerk is op die 1
terreinplan aangedui?
Wat is verkeerd met die elektriese
20. installasie in die badkamer in 1
FIGUUR B?
21. Identifiseer nommer 10. 1
22. Identifiseer nommer 11. 1
23. Identifiseer nommer 12. 1
24. Identifiseer nommer 13. 1
Teken die simbool vir 'n kontaksok/
25. 2
kragpunt.
26. Teken die simbool vir 'n stort. 2
Teken die simbool vir 'n
27. 2
muurgemonteerde lig.
Beveel TWEE gebruike aan vir
28. 2
KAMER A.
Bereken die weggelate horisontale
afmeting op die terreinplan. Gee jou
29. 6
antwoord in mm. Toon ALLE
berekeninge.
TOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 3.13
FIGUUR 3.13
ASSESSERINGKRITERIA PUNT KP
Korrektheid van tekening 8
Een byskrif met afmetings 2
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou
Siviele Tegnologie: Konstruksie
Downloaded from hlayiso.com DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 3.14
ASSESSERINGKRITERIA PUNT KP
Korrektheid van tekening 6
Toepassing van skaal 2
TOTAAL: 8
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.5
FIGUUR 6.5
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KP
Korrektheid van tekening 8
Een byskrif met afmetings 1
TOTAAL: 9
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.6
FIGUUR 6.6
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KP
Korrektheid van tekening 6
TOTAAL: 6
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.9
A B C D
6.9.1
(6)
6.9.2
(4)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Eng_hlayiso.com_--dcb7f976-b3d6-42a9-b2b1-44ae9b2d8e3f/v1-323df2bd04b35e089240/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--f39d7571-db9f-4ded-b5e7-27008235ca8b/v1-4efe03b2e24afe8e530e/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--8f870317-4f98-4448-b660-0d528b30c2a4/v1-c304a8b770601b9842d8/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--ff7a7835-2450-4747-baaf-85c46ef7d411/v1-8ec16443e4393e6a6260/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum