Skip to content
Practical assessment task

Civil Technology PAT GR 12 2017 Afr

Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2017 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Civil TechnologyGrade 12201727 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SIVIELE TEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2017 Hierdie riglyne bestaan uit 23 bladsye en 4 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 2 DBE/PAT 2017 NSS INHOUDSOPGAWE AFDELING 1 3 1. INLEIDING 3 AFDELING 2 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3 2.2 Bestuur van die PAT 3 2.3 Administrasie van die PAT 4 2.4 Assessering en moderering van die PAT 5 2.5 Assessering 5 2.6 Moderering 5 AFDELING 3 6 3. LEERDEROPDRAG 6 3.1 Instruksies aan die leerder 6 3.2 Taak 7 3.3 Instrumente en rubrieke vir assessering en moderering 10 3.4 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?) 20 3.5 Vereistes vir aanbieding 20 3.6 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT 20 3.7 Verklaring van egtheid 21 AFDELING 4 22 4. BRONNELYS 22 AFDELING 5 23 5. GEVOLGTREKKING 23 BYLAE A: Puntestaat vir die komponente van die PATs BYLAE B: Saamgestelde puntestaat BYLAE C: Maatpapier/Afmetingspapier BYLAE D: Snylys Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 3 DBE/PAT 2017 NSS AFDELING 1 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. AFDELING 2 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER (Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.) 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie Praktiese assesseringstake is ontwerp om die leerder se vermoë om 'n verskeidenheid vaardighede te integreer om 'n probleem op te los, te toon. Die PAT gebruik ook die tegnologiese proses om die leerder te lei in die stappe wat gevolg moet word om by die oplossing van 'n spesifieke probleem uit te kom. Die PAT is gebaseer op ondersoeke, simulasies en die toepassing van vaardighede, kennis en beginsels wat deur die leerders verwerf is wat die tegnologiese proses in die bouomgewing sal dek. 2.2 Bestuur van die PAT Die PAT moet in die eerste week van kwartaal 1 begin word, aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is wat NIE tot op die laaste oomblik gelaat kan word NIE. (a) Al die komponente van die PAT (ontwerpportefeulje, werkstekeninge en model) moet vir assessering teen die einde van kwartaal 3, voor die voorbereidende eksamen begin, voltooi en aangebied word om sodoende genoeg tyd vir die eksterne moderering te laat. (b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale en uitstaande assessering doen. Alle leerderportefeuljes, werkstekeninge en modelle moet veilig bewaar word totdat die modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 4 DBE/PAT 2017 NSS (c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering reg deur die jaar doen. (d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word, omdat dit die basis vir assessering sal vorm. (e) Onderwysers mag nie leerders penaliseer vir punte wat nie in die aanvanklike kriteria ingesluit was nie. (f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel. Die kommunikasie van die ontwerp is 'n deurlopende proses en die leerder sal voortdurend veranderinge aan hierdie deel van die portefeulje aanbring soos wat die PAT vorder. Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die verskillende stadia van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om krisisbestuur en onnodige stres nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te voorkom. Hierdie pasaanduider moet ook aan die leerders gegee word. Die inleweringsdatums vir die verskillende dele van die PAT, soos aangedui op die pasaanduider, moet skriftelik aan leerders verskaf word. 2.3 Administrasie van die PAT Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde omstandighede voltooi word. Onderwysers moet datums vasstel vir die voltooiing van die verskillende gedeeltes van die PAT. Op hierdie manier kan leerders hul vordering assesseer. Waar formele assesseringstake plaasvind, is dit die verantwoordelikheid van die onderwyser om hierdie assesseringstake te administreer. Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die verskillende stappe van die PAT en die kriteria, soos aangedui in die rubrieke en punteskedules, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n gemeenskaplike begrip van die assesseringsinstrumente het asook wat van leerders verwag word. Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT AFDELING 5 van hierdie dokument te maak en saam met die assesseringskriteria van die PAT nie later as die eerste week van Februarie nie aan die leerders te gee. Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 5 DBE/PAT 2017 NSS 2.4 Assessering en moderering van die PAT Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer. 2.5 Assessering Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te ondersteun om te verseker dat hy/sy op die regte spoor is. Beide formele en informele assessering behoort op die verskillende take waaruit die PAT bestaan, uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen word en die resultate sal aangeteken word. Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die komponente van die PAT in ag neem en die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan. 2.6 Moderering Gedurende die moderering van die PAT moet die ontwerpportefeulje, werkstekeninge en die model aan die moderator beskikbaar gestel word. Indien nodig, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy deur die vermoënstake opgedoen het vir modereringsdoeleindes te demonstreer. Die volgorde van gebeure van die tegnologiese proses kan ook van die leerder versoek word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 6 DBE/PAT 2017 NSS AFDELING 3 3. LEERDEROPDRAG Leerder se naam: ________________________________________________________ ste de Tyd Toegelaat: 1 tot 3 kwartaal 3.1 Instruksies aan die leerder  Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt.  Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.  Alle bronne wat gebruik word, moet erken word.  Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.  Berekeninge moet duidelik wees en eenhede insluit.  Berekeninge moet tot TWEE syfers afgerond word.  Tekeninge kan met die hand geteken word (gebruik tekeninstrumente) of met ROT ('CAD') geteken wees. GEEN fotokopieë of geskandeerde lêers van tekeninge word toegelaat nie.  Foto's en geskandeerde foto's kan gebruik word en kan in kleur of grysskaal ('greyscale') wees.  SI-eenhede moet gebruik te word.  Jy word aangemoedig om herwonne materiaal te gebruik om die model te maak.  Veranderings tydens die simulering van die produk moet aangeteken word en in die ontwerpportefeulje geplaas word.  Jou leerderopdrag en assesseringsinstrumente moet agter in die ontwerpportefeulje geplaas word.  Die nasienmemorandum vir die werkstekeninge moet aan jou werkstekeninge geheg word.  Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras, digitale kameras, ens. om jou vordering te dokumenteer.  Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 7 DBE/PAT 2017 NSS Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit 'n praktiese taak wat oor drie kwartale voltooi moet word. Die PAT bestaan uit 'n ontwerpportefeulje, werkstekeninge en 'n produk/model. Rekenaarondersteunde tekeninge moet onder die toesig van die onderwyser gedoen word. LET WEL: Hierdie jaar bestaan die PAT uit EEN scenario wat vir alle leerders VERPLIGTEND is. 3.2 Taak Scenario: 'n Ontwikkelaar wil troshuise (meenthuise) in 'n veiligheidskompleks bou om die tekort aan behuising in 'n ontwikkelende dorp te oorkom. Die graad 12-leerders word versoek om die vloerplan van 'n oopplankombuis met 'n woonkamer en 'n ontbythoekie te ontwerp en te ontwikkel. Hierdie vloerplan kan vir die finale huisplanne gebruik word. Die ontwerp van die oopplankombuis met die woonkamer moet die ingeboude kaste, ontbythoekie en die posisies van die skakelkragpunte, skakelaars vir die ligte en die uitleg van die plafon insluit. Spesifikasies vir die oopplankombuis en sitkamer:  Totale oppervlakte van die kombuis en woonkamer moet nie 50 m² oorskry nie  Ingeboude kaste vir die kombuis  Kombuisopwasbak (dubbelwasbak)  Ontbythoekie moet 4 persone akkommodeer  Skakelkragpunt vir die: o Yskas o Elektriese stoof o Mikrogolfoond o Elektriese ketel o Televisie en oudiostelsel  Skakelaars en ligte vir die: o Oopplankombuis en woonkamer o Lig aan buitemuur gemonteer  Distribusiebord  Elektrisiteitsmeter Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 8 DBE/PAT 2017 NSS Instruksies: Die leerder moet sy/haar oordeel gebruik waar besonderhede uitgelaat is. 3.2.1 Ontwikkel en stel 'n ontwerpportefeulje saam deur die tegnologiese proses te volg. Die volgende moet deel van die ontwerpportefeulje wees:  Voorblad  Inhoudsopgawe  Verklaring van egtheid  Probleemstelling/Situasie  Ontwerpopdrag  Navorsing: o Uitleg van oopplankombuise met woonkamers o Materiaal gebruik vir plafonborde o Installasie van plafonne o Regulasies vir die installasie van distribusieborde  Ontwikkel ten minste DRIE verskillende vryhandtekeninge (lyndiagramme) om die vloerplan van die oopplankombuis en woonkamer met die ingeboude kaste en ontbythoekie te toon. o Sluit beskrywende notas en afmetings by die drie vryhandtekeninge in. o Dui duidelik aan watter een van die uitlegte jou voorkeurkeuse is en motiveer.  Ontwikkel die voorkeurkeuse deur 'n lyndiagram van die finale vloerplan van die oopplankombuis en woonkamer met die ingeboude kaste en die ontbythoekie te teken. (Gebruik tekeninstrumente om die lyndiagram te teken.) o Dui die finale afmetings en beskrywende notas vir die vloerplan op die lyndiagram aan. o Dui die posisie van die skakelkragpunte, skakelaars vir ligte, die ligte, elektriese bedrading, distribusiebord en elektriese meter op die lyndiagram aan. o Teken 'n aparte gedetailleerde lyndiagram om die plasing van die dakkappe en die uitleg van die latwerk vir die plafon te toon. o Bereken die hoeveelheid latwerk wat vir die woonkamer en kombuis benodig word. (Spesifiseer die lengte van die latwerk en die hoeveelheid benodig.) o Dui die betrokke beskrywende notas en afmetings vir die uitleg en materiaal van die latwerk vir die plafon. o 'n Skedule om die werksprosedures en tydsbestek vir die maak van die skaalmodel van die oopplankombuis en woonkamer, met elektriese toebehore en installasie van die plafon te toon.  'n Lys materiaal benodig vir die installasie van die werklike plafon.  'n Lys handgereedskap, kraggereedskap en toerusting benodig vir die installasie van die plafon in 'n werklike gebou.  Die afmetingspapier (BYLAE C) vir die berekening van die volgende materiaal benodig vir die plafon van die oopplankombuis en woonkamer: o Die aantal en grootte plafonbord benodig o Hoeveelheid Aantal) latwerk benodig o Totale lengte van latwerk, kroonlys en dekstroke benodig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 9 DBE/PAT 2017 NSS  BYLAE D om 'n snylys vir die plafon van die oopplankombuis en woonkamer saam te stel. Gebruik die inligting in BYLAE B.  Evaluering van die produk (Die leerder moet sy/haar hele projek evalueer teen die kriteria gegee en die bewyse aanwesig.)  Bibliografie/Bronnelys  Bewyse van navorsing: bv. briewe ontvang, kostekwotasie, Internetnavorsing, ens.  Leerder opdrag en assesseringsinstrumente vir die ontwerp- portefeulje en produk/model 3.2.2 Ontwikkel en teken, volgens 'n geskikte skaal, die volgende en gebruik die nasienmemorandum vir die tekeninge as 'n riglyn:  'n Gedeeltelike vloerplan wat die oopplankombuis en woonkamer toon. Die volgende moet ook getoon word: o Uitleg van die kaste en ontbythoekie o Die posisies van die skakelkragpunte, ligte en skakelaars en elektriese bedrading (gebruik korrekte SANS-simbole om elektriese toebehore aan te dui)  'n Vertikale deursneeaansig deur die oopplankombuis en woonkamer. Die volgende moet getoon word: o Boonste deel van die mure o Deel van die dak met 'n geslote dakrand o Fassiebord, geut en deel van die afleipyp o Die plafon wat die latwerk, plafonbord, kroonlys en dekstroke vir 'n gedeelte van die plafon toon NOTE: Gebruik die kriteria in die nasienmemorandum as 'n riglyn vir jou tekeninge. Alle tekeninge moet verkieslik op A3-tekenpapier geteken word en afmetings, byskrifte, notas en skale moet verskaf word. Tekeninge moet ook voldoen aan die minimum vereistes soos voorgeskryf in die SANS 10 400 (Nasionale Bouregulasies) en SANS/SABS 0143, Gebruikskode vir Boutekene. 3.2.3 Ontwikkel en maak 'n skaalmodel van die oopplankombuis en woonkamer. Die skaalmodel moet die volgende insluit:  Mure, vensters en deure  Die ontbythoekie  Distribusiebord  Elektrisiteitsmeter  Skakelkragpunte vir die oopplankombuis en woonkamer  Skakelaars vir die ligte oopplankombuis en woonkamer  Muurplate en bindbalke van die dakkappe waarop die latwerk gevestig moet word  Latwerk, plafonborde, kroonlyste en dekstroke – die plafon moet verwyderbaar wees om binne-in die oopplankombuis en woonkamer in te sien Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/PAT 2017 NSS 3.3 Instrumente en rubrieke vir assessering en moderering Die assesseringsinstrumente hieronder sal gebruik word om die verskillende dele van jou PAT te assesseer. Gebruik hierdie instrumente om jou te help met die voltooiing van jou PAT. 0 (nul) sal toegeken word as daar geen bewyse vir enige kriteria beskikbaar is nie. 3.3.1 Rubriek vir die assessering van die ontwerpportefeulje KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Ses van die volgende Vyf van die volgende netjies Vier van die volgende Templaat gebruik. Minder Geen poging netjies gedoen: gedoen: netjies gedoen: as vier van die volgende aangewend nie  Naam van skool  Naam van die skool  Naam van die skool netjies gedoen:  Naam van leerder  Naam van leerder  Naam van leerder  Naam van die skool  Naam van onderwyser  Naam van onderwyser  Naam van onderwyser  Naam van leerder Voorblad  Graad  Graad  Graad  Naam van onderwyser  Jaar  Jaar  Jaar  Graad  Geskikte titel  Geskikte titel  Geskikte titel  Jaar  Geskikte illustrasie  Geskikte illustrasie  Geskikte illustrasie  Geskikte titel  Geskikte illustrasie Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Al die volgende is korrek en Drie van die volgende is Twee van die volgende is Een van die volgende is Geen poging Voorlegging netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: aangewend nie  Afdelings  Afdelings  Afdelings  Afdelings Inhoudsopgawe  Onderafdelings  Onderafdelings  Onderafdelings  Onderafdelings  Bladsynommers  Bladsynommers  Bladsynommers  Bladsynommers  Bladsynommers stem  Bladsynommers stem  Bladsynommers stem  Bladsynommers stem met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Vier van die volgende Drie van die volgende Twee van die volgende Een van die volgende Geen poging bronne korrek en netjies bronne korrek en netjies bronne korrek en netjies bronne korrek en netjies aangewend nie aangedui: aangedui: aangedui: aangedui:  'n Minimum van vier  'n Minimum van vier  'n Minimum van twee  'n Minimum van twee Bibliografie boeke boeke boeke boeke  Tydskrifte  Tydskrifte  Tydskrifte  Tydskrifte  Pamflette  Pamflette  Pamflette  Pamflette  Persoonlike onderhoud  Persoonlike onderhoud  Persoonlike onderhoud  Persoonlike onderhoud  Webtuistes  Webtuistes  Webtuistes  Webtuistes Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/PAT 2017 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Die ontwerpopdrag is Die ontwerpopdrag is Die ontwerpopdrag is VAAG Die ontwerpopdrag is Geen poging UITERS GOED geformuleer GOED geformuleer en geformuleer. Die situasie en onvolledig en/of BAIE aangewend nie Ontwerp- en definieer die situasie en definieer die situasie en behoefte is nie duidelik VAAG geformuleer. Ontwikkeling van opdrag behoefte uiters goed. behoefte goed. gedefinieer nie. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Meer as VOLDOENDE VOLDOENDE spesifikasies 'n ONVOLLEDIGE lys BAIE MIN of GEEN Geen poging 'n ontwerpopdrag gedetailleerde spesifikasies en beperkings is genoem spesifikasies en beperkings spesifikasies en beperkings aangewend nie Spesifikasies en beperkings is genoem om aan die vereistes van is genoem om aan die is genoem nie. en beperkings om aan die vereistes van die ontwerp te voldoen. vereistes van die ontwerp te die ontwerp te voldoen. voldoen. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Inligting is geneem uit Inligting is geneem uit VIER Inligting is geneem uit DRIE Inligting is geneem uit Geen poging MEER as VIER bronne en verskillende bronne en is verskillende bronne en is TWEE verskillende bronne aangewend nie Ondersoek Ondersoek en ontleding is uiters relevant, logies en relevant, logies en netjies irrelevant en onnet en is uiters irrelevant en uiters netjies aangedui. aangedui. aangedui. onnet aangedui. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Inligting is MEER as Inligting is VOLDOENDE en Inligting is TE MIN om die BAIE MIN INLIGTING wat Geen poging voldoende en kan uiters kan goed gebruik word om behoefte/probleem wat in irrelevant is en geen doel aangewend nie goed gebruik word om met die behoefte/probleem wat die ontwerpopdrag dien in die oplossing van die van inligting Analisering 'n innoverende ontwerp vir in die ontwerpopdrag geïdentifiseer is, op te los. behoefte/probleem wat in van inligting die behoefte/probleem geïdentifiseer is, op te los. die ontwerpopdrag wat in die ontwerpopdrag geïdentifiseer is nie. geïdentifiseer is, na vore kom. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/PAT 2017 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Ontwikkel/Genereer DRIE Ontwikkel/Genereer DRIE Ontwikkel/Genereer DRIE TWEE of minder ontwerp- Geen poging of MEER uitstekende goeie, alternatiewe alternatiewe ontwerpidees idees is ontwikkel/ aangewend nie alternatiewe, oorspronklike ontwerpidees om die om die probleem of gegenereer. Genereer/ en innoverende probleem of behoefte te behoefte aan te spreek. Daar is min verskil tussen Ontwikkel ontwerpidees om die ondersoek/op te los. Ontwerpidees toon 'n die verskillende ontwerp- moontlike Ontwikkeling van ontwerpidees probleem of behoefte te gebrek aan oorspronklikheid idees om die probleem of oplossings ondersoek/op te los. en innovering om die behoefte te ondersoek/op probleem of behoefte te los. te ondersoek/op te los. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Uiters goeie en duidelik Goed beredeneerde Nie alle notas en afmetings Baie min of geen notas en Geen poging Beskrywende beskrywende notas en beskrywende notas en oor die idees is relevant en afmetings is oor die idees aangewend nie notas en afmetings oor die idees afmetings oor die idees beskrywend genoeg nie. gegee nie. afmetings is gegee. is gegee. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Regverdig die voorkeur- Goed beredeneerde keuse Beperkte beredenering vir Geen of baie beperkte Geen poging opsie met duidelike van die finale ontwerp met die finale keuse van die motivering vir die finale aangewend nie Motivering van verwysing na die goeie verwysing na die ontwerp met min verwysing keuse van die ontwerp met voorkeurkeuse ontwerpopdrag, ontwerpopdrag, na die ontwerpopdrag min of geen verwysing na spesifikasies en beperkings. spesifikasies en beperkings. spesifikasies en beperkings. die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 13 DBE/PAT 2017 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Finale oplossing UITERS Finale oplossing GOED Finale oplossing Finale oplossing BAIE Geen poging GOED gekommunikeer. gekommunikeer. BEVREDIGEND SWAK gekommunikeer. aangewend nie Ontwikkeling 'n Baie interessante 'n Baie interessante gekommunikeer. 'n Oplossing is ontwikkel van voorkeur- oplossing wat die voorkoms oplossing wat die voorkoms 'n Interessante oplossing wat nie met die eindproduk oplossing van die eindproduk uiters van die eindproduk goed wat die voorkoms van die ooreenkom nie of wat baie goed aandui. aandui. eindproduk bevredigend moeilik is om te interpreteer. Kommunikasie van idees aandui. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Gedetailleerde Meer as genoeg sketse, Genoeg sketse, Onvoldoende sketse, Geen of baie min sketse, Geen poging sketse, beskrywende notas en beskrywende notas en beskrywende notas en beskrywende notas en aangewend nie beskrywende afmetings is ontwikkel om afmetings is ontwikkel om afmetings is ontwikkel om afmetings is ontwikkel om notas en die werkstekening te teken. die werkstekening te teken. die werkstekening te teken. die werkstekening te teken. afmetings Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Hoofstappe in die Hoofstappe in die Hoofstappe in die Hoofstappe in die Geen poging vervaardiging is duidelik vervaardiging is duidelik vervaardiging is duidelik vervaardiging is nie duidelik aangewend nie uiteengesit met duidelike uiteengesit met duidelike uiteengesit met duidelike uiteengesit met geen Werksprosedures tydraamwerke wat tydraamwerke wat tydraamwerke wat duidelike tydraamwerke nie, en tydraamwerke uitstekende inligting verskaf voldoende inligting verskaf onvoldoende inligting wat baie min inligting om die oplossing te maak om die oplossing te maak. verskaf om die oplossing verskaf om die oplossing te maak te maak. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 14 DBE/PAT 2017 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Materiaall Lys van hand- en MEER as VOLDOENDE VOLDOENDE hand- en MINDER as VOLDOENDE UITERS MIN hand- en Geen poging hand- en kraggereedskap is kraggereedskap is korrek hand- en kraggereedskap is kraggereedskap is op aangewend Lys van korrek aangedui op 'n aangedui op 'n ordelike en bevredigend aangedui op 'n onnet wyse sonder nie hand- en ordelike en uiters netjiese netjiese wyse onder 'n ordelike en netjiese wyse verskillende opskrifte ys kraggereedskap en krag- wyse onder verskillende verskillende opskrifte. onder verskillende aangedui. gereedskap opskrifte. opskrifte. toerusting nodig Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 MEER as VOLDOENDE VOLDOENDE materiaal is MINDER as VOLDOENDE UITERS MIN materiaal is Geen poging materiaal is korrek korrek aangedui op 'n materiaal is bevredigend op 'n onnet wyse aangedui aangewend bou Materiaallys aangedui op 'n ordelike en ordelike en netjiese wyse aangedui op 'n ordelike en sonder verskillende nie uiters netjiese wyse onder onder verskillende netjiese wyse onder opskrifte. verskillende opskrifte. opskrifte. verskillende opskrifte. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 AL die afmetings wat 'n PAAR afmetings wat BAIE van die afmetings wat GEEN van die afmetings Geen poging Berekening van hoeveelhede en saamstel van snylys Afmetings op gebruik is om die gebruik is om die gebruik is om die wat gebruik is om die aangewend afmetings- berekeninge te doen stem berekeninge te doen, stem berekeninge te doen, stem berekeninge te doen, stem nie papier ooreen met inligting wat nie ooreen met inligting wat nie ooreen met inligting wat ooreen met inligting wat gebruik verskaf is. verskaf is nie. verskaf is nie. verskaf is nie. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0  Uitstekende korrekte  Goeie korrekte gebruik  Bevredigende korrekte  Swak korrekte gebruik Geen poging gebruik van die van die afmetings- gebruik van die van die afmetings- aangewend afmetingspapier. papier. afmetingspapier. papier. nie Berekening  Al die antwoorde is  Al meerderheid van die  Minder as die helfte van  BAIE MIN van die van korrek. antwoorde is korrek. antwoorde is korrek. antwoorde is korrek. hoeveelhede (aantal)  Eenhede van  Eenhede van die  Minder as die helfte van  BAIE MIN van die antwoorde is korrek meeste antwoorde is die eenhede van eenhede van antwoorde aangedui. korrek aangedui. antwoorde is korrek is korrek aangedui. aangedui. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Al die antwoorde is korrek Die meerderheid antwoorde 'n Paar van die antwoorde Geen van die antwoorde is Geen poging en word met eenhede is korrek en met eenhede is korrek en met eenhede korrek nie en geen aangewend Saamstel van getoon. Berekeninge is aangetoon. Berekeninge is getoon. Berekeninge is eenhede is aangetoon nie. nie snylys uiters netjies gedoen. netjies gedoen redelik netjies gedoen Berekeninge getoon, is onnet. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/PAT 2017 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Evalueer die produk of Evalueer die produk of Evalueer die produk of Toon MIN of GEEN bewys Geen poging model UITERS VOLLEDIG model VOLLEDIG en model OPPERVLAKKIG van evaluering van die aangewend nie Evaluering van model of produk en omvattend teen AL die omvattend teen DRIE van teen TWEE van die produk of model teen die volgende: die volgende: volgende: volgende nie:  Die ontwerpopdrag,  Die ontwerpopdrag,  Die ontwerpopdrag,  Die ontwerpopdrag, spesifikasies en spesifikasies en spesifikasies en spesifikasies en Evaluering van beperkings beperkings beperkings beperkings die produk of  Die gebruiker- en koste-  Die gebruiker- en koste-  Die gebruiker- en koste-  Die gebruiker- en koste- model doeltreffendheid doeltreffendheid doeltreffendheid doeltreffendheid  Die prosedures,  Die prosedures,  Die prosedures,  Die prosedures, tegnieke en prosesse tegnieke en prosesse tegnieke en prosesse tegnieke en prosesse om moontlike om moontlike om moontlike om moontlike verbeteringe aan te dui verbeteringe aan te dui verbeteringe aan te dui verbeteringe aan te dui  Die geskiktheid van die  Die geskiktheid van die  Die geskiktheid van die  Die geskiktheid van die materiaal gebruik materiaal gebruik materiaal gebruik materiaal gebruik Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Ontwerpportefeulje VOOR Ontwerpportefeulje EEN tot Ontwerpportefeulje VIER Ontwerpportefeulje SEWE Geen poging Nakoming of OP die sperdatum DRIE dae laat ingelewer. tot SES dae laat ingelewer. of MEER dae laat aangewend nie Nakoming van ingelewer. ingelewer. spertye van spertye Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 16 DBE/PAT 2017 NSS 3.3.2 Assesseringsblad vir die ontwerpportefeulje Assesseer al die komponente hieronder aangedui. Leerdernaam: _________________________________ Graad: 12_____ Plaas hierdie assesseringsblad in die ontwerpportefeulje van die leerder. KWARTAAL 1 Assesserings- Kriteria Inlewerings- Vlak Vlak behaal Totale kriteria datum punt per afdeling Ontwikkeling Ontwerpopdrag 4 van ontwerp- opdrag Spesifikasies en beperkinge 4 Ondersoek en Ondersoek deur middel van 4 analisering van verskillende bronne inligting Analisering van inligting 4 Ontwikkeling Ontwikkeling van moontlike 4 van ontwerp- oplossings idees Beskrywende notas en afmetings 4 Motivering vir voorkeur-opsie 4 Kommunikasie Ontwikkeling van voorkeur- 4 van idees oplossing Gedetailleerde sketse, 4 beskrywende notas en afmetings Werksprosedures en tydraamwerke 4 Lys van Lys van toerusting, hand- en 4 gereedskap, kraggereedskap toerusting en Lys van materiaal 4 materiaal Berekening van Afmetings op afmetingspapier 4 hoeveelhede en saamstel van Berekening van hoeveelhede 4 snylys Saamstel van snylys 4 Totaal vir KWARTAAL 1 uit 60: Herleide totaal vir KWARTAAL 1 uit 25: KWARTAAL 3 Evaluering van Evalueer die skaalmodel d.m.v. produk vrae teenoor die vasgestelde 4 kriteria Aanbieding Voorblad 4 Inhoudsopgawe 4 Bibliografie 4 Nakoming van Finale voorlegging van ontwerp- 4 sperdatums portefeulje Totaal vir KWARTAAL 3 uit 20: Groottotaal van ontwerpportefeulje uit 80: Herleide totaal uit 25: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 17 DBE/PAT 2017 NSS 3.3.3 Nasienmemorandum vir werkstekeninge Assesseer al die komponente hieronder aangedui. Die assesseringsinstrumente hieronder sal gebruik word om die werkstekeninge van jou PAT te assesseer. Gebruik dit as 'n kontrolelys om jou te help met die voltooiing van jou werkstekeninge. Leerdernaam: _____________________________ Graad: 12_____ SKAAL- KWARTAAL 2 PUNTETOEKENNING TEKENINGE ASSESSERINGSKRITERIA LEERDER Swak/ Goed Gemidd. Nie SE PUNT gedoen Kreatiwiteit van die ontwerp van die 2 1 0 oopplankombuis en woonkamer Korrekte dikte van buite- en binnemure 2 1 0 Deure/Skuifdeure korrek geposisioneer en 3 2 0–1 geteken Vensters korrek geposisioneer en geteken 4 2–3 0–1 Uitleg van kaste en ontbythoekie 4 2–3 0–1 Korrekte simbole en posisies van die 4–5 2–3 0–1 GEDEELTELIKE skakelkragpunte VLOERPLAN Korrekte simbole en posisies van die ligte en 4–5 2–3 0–1 VAN OOPPLAN- ligskakelaars KOMBUIS EN Korrekte simbole en posisies van die 4 2–3 0–1 WOONKAMER distribusiebord en elektrisiteitsmeter MET Noordpunt korrekte simbool en 2 1 0 ELEKTRIESE Snylyn – korrekte tipe lyn met naam 2 1 0 TOEBEHORE Korrekte maatskrywing – twee horisontaal en 4 2–3 0–1 twee vertikaal Oppervlakte van oopplankombuis en woonkamer 2 1 0 aangedui Benoeming van vertrekke en vloerbedekking 2 1 0 Korrekte kleurkodering 2 1 0 Akkuraatheid van skaal 3 2 0–1 Titel en skaal gedrukskryf 2 1 0 Netheid en lyngehalte 2 1 0 SUBTOTAAL 50 Boonste gedeelte met pleister korrek geteken 3 2 0–1 Muurplate korrek geposisioneer en geteken 2 1 0 Dak toon gedeelte van die dakkap, kaplatte en 5–6 3–4 0–2 dakbedekking VERTIKALE DEURSNEE Fassiebord, geut en gedeelte van afleipyp 5–6 3–4 0–2 WAT 'N Geslote dakrand korrek geteken 5–6 3–4 0–2 GEDEELTE VAN Latwerk, plafonbord, dekstroke en kroonlys korrek 5–6 3–4 0–2 DIE DAK MET geteken DIE GESLOTE Enige vyf byskrifte met afmetings 4–5 2–3 0–1 DAKRAND EN 'N Korrekte maatskrywing – twee horisontaal en 4 2–3 0–1 GDEELTE VAN twee vertikaal DIE PLAFON Korrekte kleurkodering vir hout, klipmesselwerk 4–5 2–3 0–1 TOON en staal Akkuraatheid van skaal 3 2 0–1 Titel en skaal gedrukskryf 2 1 0 Netheid en lyngehalte 2 1 0 SUBTOTAAL 50 TOTAAL 100 HERLEI NA 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/PAT 2017 NSS 3.3.4 Rubriek vir die assessering van die finale produk/model LET WEL: 'Nie ingelewer nie' of 'Geen poging aangewend nie' sal 0 (nul) kry. KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Mure, vensters Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging en deure van die van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid VLAK van vaardigheid en VLAK van vaardigheid en aangewend nie oopplankombuis bevoegdheid om dele van die om hierdie dele van die model bevoegdheid om hierdie dele bevoegdheid om hierdie dele en woonkamer model korrek te vervaardig en korrek te vervaardig en van die model korrek te van die model korrek te met aanmekaar te heg. aanmekaar te heg. vervaardig en aanmekaar vervaardig en aanmekaar ontbythoekie te heg. te heg. Vervaardiging en hegtingsbevoegdheid vir: Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en aangewend nie Muurplate en bevoegdheid om die om die muurplate en balke bevoegdheid om om die bevoegdheid om die bindbalke van die muurplate en balke van die van die dakkappe korrek te muurplate en balke van die muurplate en balke van die dakkappe dakkappe korrek te vervaardig vervaardig en te posisioneer. dakkappe korrek te vervaardig dakkappe korrek te vervaardig en te posisioneer. en te posisioneer. en te posisioneer. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging Distribusiebord, van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en aangewend nie elektriese meter, bevoegdheid om die elektriese om die elektriese toebehore bevoegdheid om die elektriese bevoegdheid om die elektriese skakelkragpunte toebehore korrek te vervaardig korrek te vervaardig en te toebehore korrek te vervaardig toebehore korrek te vervaardig en skakelaars en te installeer. installeer. en te installeer. en te installeer. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging Latwerk, van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en aangewend nie plafonborde, bevoegdheid om die latwerk, om die latwerk, plafonborde, bevoegdheid om die latwerk, bevoegdheid om die latwerk, dekstroke en plafonborde, dekstroke en dekstroke en kroonlys korrek plafonborde, dekstroke en plafonborde, dekstroke en kroonlys kroonlys korrek te vervaardig te vervaardig en in te sit. kroonlys korrek te vervaardig kroonlys korrek te vervaardig en in te sit. en in te sit. en in te sit. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/PAT 2017 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Die skaalmodel is 'n UITERS Die skaal model is 'n GOEIE Die skaal model is 'n Die skaal model is 'n SWAK Geen poging GOEIE voorstelling van die voorstelling van die werklike BEVREDIGENDE voorstelling voorstelling van die werklike aangewend nie Skaalmodel werklike produk en al die dele produk en die meeste van die van die werklike produk en produk en meeste van die dele is in BAIE GOEIE verhouding. dele is in GOEIE verhouding. meeste van die dele is in is in SWAK verhouding. AANVAARBARE verhouding. Vlak x 2 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Voorkoms is UITERS Voorkoms is Voorkoms is AANVAARBAAR Voorkoms is Geen poging indrukwekkend met INDRUKWEKKEND met BAIE met KLEIN maklik ONAANVAARBAAR met BAIE aangewend nie Voorkoms GEEN maklik waarneembare KLEIN maklik waarneembare waarneembare defekte. maklik waarneembare defekte Modellering van produk/model. defekte nie. defekte. in 'n onvoltooide model. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Vakmanskap van 'n UITERS Vakmanskap van 'n HOË Vakmanskap van 'n Vakmanskap van SWAK Geen poging Vakmanskap HOË gehalte is waargeneem. gehalte is waargeneem. BEVREDIGENDE gehalte is gehalte is waargeneem. aangewend nie waargeneem. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Die oppervlakafwerking is van Die oppervlakafwerking is van Die oppervlakafwerking is van Die oppervlakafwerking is van Geen poging Oppervlak- 'n UITERS HOË gehalte met 'n HOË gehalte met BAIE MIN 'n BEVREDIGENDE gehalte 'n SWAK gehalte met BAIE aangewend nie. afwerking GEEN ooglopende defekte ooglopende defekte. met MAKLIK waarneembare maklik waarneembare defekte nie. defekte. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Die model/produk is 'n Die model/produk is GOEIE Die model/produk toon MIN Die model/produk toon GEEN Geen poging UITSTEKENDE EN EN INDRUKWEKKENDE bewyse van innovering en of BAIE MIN bewys van aangewend nie Innovering en BESONDERS bewys van innovering en kreatiwiteit. innovering en kreatiwiteit. kreatiwiteit INDRUKWEKKENDE bewys kreatiwiteit. van innovering en kreatiwiteit. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 20 DBE/PAT 2017 NSS 3.4 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?) Die afwesigheid van 'n praktiese assesseringstaak sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6, hoofstuk, 3 paragraaf 7 en 8. Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4) verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n Praktiese Assesseringstaak daartoe sal lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang. 3.5 Vereistes vir aanbieding Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word:  'n Volledige ontwerpportefeulje  Alle skaaltekeninge  'n Voltooide model  Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui word Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word:  'n Puntestaat vir die komponente van die PAT asook 'n saamgestelde puntestaat (een saamgestelde puntestaat bestaande uit al die kandidate se name en punte vir alle aspekte wat geassesseer is) 3.6 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT KWARTAAL 1: Ontwerpportefeulje:  Probleemstelling/Situasie  Ontwerpopdrag  Navorsing  Ontwikkel DRIE idees om die probleem/situasie te ondersoek/op te los  Ontwikkel die gekose idee/keuse KWARTAAL 2: Werkstekeninge  Alle tekene soos op die nasienmemorandum aangedui.  LET WEL: Gebruik die kriteria op die nasienmemorandum vir tekeninge as 'n riglyn wanneer jou tekeninge voorberei word. Produk/Model  Voorbereiding van dele van produk/model Ontwerpportefeulje  Veranderinge wat tydens die vervaardiging van die produk voorkom, moet in die ontwerpportefeulje aangeteken word. KWARTAAL 3: Ontwerpportefeulje  Voorblad  Inhoudsopgawe  Verklaring van egtheid  Evaluering van die produk  Bibliografie/Bronnelys Produk/Model  Vervaardiging en finale samevoeging van die dele (Die produk/model moet in die klaskamer onder toesig van die onderwyser vervaardig word.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 21 DBE/PAT 2017 NSS 3.7 Verklaring van Egtheid NAAM VAN SKOOL: __________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________________________ NAAM VAN ONDERWYSER: ___________________________________________________ SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is nie. HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk voorgelê sy of haar eie is. HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 22 DBE/PAT 2017 NSS AFDELING 4 4. BIBLIOGRAFIE/BRONNELYS 4.1 Handboeke 4.2 Pamflette/Brosjures 4.3 Internet 4.4 Besoek aan hardewarewinkels 4.5 Basiese elektriese masjiene vir die sny en boor van materiaal 4.6 Basiese handgereedskap 4.7 Bordprodukte 4.8 Materiaal Dit staan die kandidaat vry om enige materiaal te gebruik wat hom/haar sal help met die maak van die model en hy/sy mag enige metode gebruik om inligting vir die ontwerpportefeulje te bekom. HOE OM 'N BIBLIOGRAFIE/BRONNELYS SAAM TE STEL Algemene wenke Alle bronne moet alfabeties gerangskik word. Let op waar die punte (.), kommas (,), dubbelpunte (:), ens. geplaas word wanneer bron neergeskryf word. Titels is altyd onderstreep indien handgeskryf en kursief/in lopende skrif wanneer getik. Boek met een skrywer: Van, Voorletters of Naam. Jaar. Titel. Plek: Uitgewer. Voorbeeld: Barker, BJ. 1993. The South African Book of House Plans. Kaapstad: Struik Uitgewers. Tydskrifartikel: Joernalis se Van, Naam of Voorletters. Jaar van publikasie. Opskrif, naam van tydskrif: datum, bladsyverwysings. Voorbeeld: Blockey, ZP. 2014. 'Solving rib and block problems'. Building Miracles: 10 Januarie 2014, bladsy 45–59. Koerantberig: Joernalis se Van, Naam of Voorletters. Jaar van publikasie. Koerantopskrif, naam van die koerant en datum: bladsyverwysings. Voorbeeld: Meranti, A. 2014. 'New building material for houses'. Housing Today: 14 Januarie 2014, bladsy 4. Persoonlike onderhoude: Onderhoudvervoerder se Van, Naam of Voorletters. Posbeskrywing, Naam van instelling. Onderwerp van onderhoud, datum van onderhoud, kontaknommer, stad of dorp. Voorbeeld: Isando, P. Siviele Tegnologie-onderwyser, Foundation Sekondêre Skool. Samestelling van 'n ontwerpportefeulje, 4 Februarie 2015, 061 357 9631. Balkvullinghoogte. Webtuiste: Titel, Webtuiste ˂elektroniese adres˃ [datum afgelaai]. Voorbeeld: Free house plans ˂http://ezinearticles.com˃ [15 Februarie 2015]. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 23 DBE/PAT 2017 NSS AFDELING 5 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te Toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 NR. TOTAAL NAAM VAN _________________________ __________________________ GEMIDDELD LEERDER Siviele Tegnologie Kopiereg voorbehou 12 Aanbieding 8 Ontwikkeling van ontwerpopdrag 8 Ondersoek (Navors) en analiseer inligting Handtekening (Onderwyser) Handtekening (Onderwyser) 12 Ontwikkeling van ontwerpidees 12 Kommunikasie van idees BYLAE A: SAAMGESTELDE PUNTESTAAT 8 Lys van gereedskap, toerusting en materiaal 12 Saamstel van snylys 4 Evaluering van produk of model 4 Volhou van spertye ONTWERPPORTEFEULJE 80 TOTAAL: 80 100 TOTAAL: 100% 25 TOTAAL: 25 GEMODEREERDE PUNT 50 Vloerplan 50 Vertikale deursnee NSS 100 TOTAAL: 100 __________________ __________________ 100 TOTAAL: 100 % SKAALTEKENINGE 25 TOTAAL: 25 GEMODEREERDE PUNT 8 Mure, vensters en deure van die oopplankombuis en Datum Datum woonkamer met ontbythoekie 4 Muurplate en balke met dakkappe 4 Elektriese toebehore 4 Latwerk, plafonborde, dekstroke en kroonlys 4 Skaalmodel 4 Voorkoms 4 Vakmanskap Downloaded from hlayiso.com 4 Oppervlakafwerking MODEL 4 Innovasie en kreatiwiteit 40 TOTAAL: 40 100 TOTAAL: 100% SKOOLSTEMPEL 50 TOTAAL: 50 GEMODEREERDE PUNT 100 GROOTTOTAAL: 100 (DP+WD+M) TOTAAL GEMODEREERDE PUNT DBE/PAT 2017
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com DBE/PAT 2017 NSS BYLAE B: SAAMGESTELDE PUNTESTAAT SAAMGESTELDE PUNTESTAAT LEERDER SE BESONDERHEDE FINALE PRODUK MOD. ONTWERP- MOD. WERKS- MOD. MODEL MOD. TOTAA PUNT PORTEFEULJE PUNT TEKENINGE MARK PUNT L Nr. EKSAMEN- VOLLE NAAM 25 25 25 25 50 50 100 NOMMER 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. TOTAAL PUNTE OP HIERDIE BLADSY GROEPSGEMIDDELD: (LAASTE BLADSY) ________________ Handtekening (Onderwyser) Datum SKOOLSTEMPEL __________________ Signature (Moderator) Date Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/PAT 2017 NSS BYLAE C: AFMETINGSPAPIER A B C D Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/PAT 2017 NSS BYLAE D: SNYLYS Deel Deel Nommer Eenheid Lengte Breedte Dikte A B C D E F G H Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Civil Technology

View all