Downloaded from hlayiso.com
SIVIELE TEGNOLOGIE
(SIVIELE DIENSTE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task %20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)

%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)






View all%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Civil Technology PAT GR 12 2021 (Civil Services) Afr
Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
Civil Technology · Grade 12 · 2021 · Afrikaans. Practical assessment task, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2021
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 374.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 2 DBE/PAT 2021
NSS
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
AFDELING 1
1. INLEIDING 3
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3
2.2 Bestuur van die PAT 3
2.3 Administrasie van die PAT 4
2.4 Assessering en moderering van die PAT 4
2.5 Assessering 4
2.6 Moderering 4
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5
SIVIELEDIENSTE-TAKE 5
3.1 Instruksies aan die leerder 5
3.2 Fase 1: Installasie van 'n stort 6
3.3 Nasienriglyne vir Fase 1 7
3.4 Fase 2: Muurgemonteerde lamp 8
3.5 Nasienriglyne vir Fase 2 9
3.6 Saamgestelde puntestaat vir Siviele Dienste 11
AFDELING 4
4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 12
4.1 Afwesig/Nie-inlewering van taak 12
4.2 Vereistes van aanbieding 12
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT 12
4.4 Verklaring van Egtheid 13
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING 14
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 3 DBE/PAT 2021
NSS
AFDELING 1
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe, Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en
Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die
skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n
gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir
die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die
praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan
die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil
van vak tot vak.
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
(Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.)
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie
Die PAT neem die vaardighede wat die leerder bemeester het, in ag. Die PAT word van tyd tot
tyd geassesseer en vereis dat die leerder aan veelvoudige praktiese sessies deelneem.
Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede soos simulasies, eksperimente,
handvaardighede, gereedskapsvaardigheid, masjinerievaardigheid en werkswinkelpraktyk
geoefen en bemeester totdat die leerder die take wat vir die spesifieke kwartaal uiteengesit is,
kan doen. Die PAT dra 25% by tot die leerder se promosiepunt.
2.2 Bestuur van die PAT
Daar moet in Kwartaal 1 met die PAT begin word aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is.
MOENIE dit vir die laaste minuut hou nie. Die model moet oor DRIE kwartale gemaak word
wat in Kwartaal 1 begin en Fase 1 moet saam met die model in Kwartaal 1 gedoen word.
Fase 1 moet teen die einde van Kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
Fase 2 moet teen 30 September 2021 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
(a) Al die fases van die PAT moet teen die einde van September 2021 vir assessering
voltooi wees om genoeg tyd vir die eksterne moderering toe te laat.
(b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale assessering doen wat
uitstaande is. Al die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die
modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering).
(c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering regdeur die jaar
doen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 4 DBE/PAT 2021
NSS
(d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word omdat dit die
basis vir assessering sal vorm.
(e) Onderwysers kan nie leerders penaliseer vir punte wat nie by die aanvanklike kriteria
ingesluit is nie.
(f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van
hulle verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel.
Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die
verskillende fases van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om
krisisbestuur en onnodige spanning nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te
voorkom.
Die inleweringsdatums vir die verskillende fases van die PAT, soos aangedui in die
pasaanduider, moet skriftelik aan leerders gegee word.
2.3 Administrasie van die PAT
Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde
omstandighede gedoen en voltooi word.
Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die vereistes van die verskillende
fases van die PAT en die kriteria, soos in die assesseringsinstrumente en punteskedules
aangedui, aan die leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n
gemeenskaplike begrip het van die assesseringsinstrumente, asook wat van die leerders
verwag word.
Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 tot 5 van hierdie dokument te maak
en dit nie later nie as die eerste week nadat die skole in Februarie 2021 oopgemaak het,
aan die leerders te gee.
Die produkte/modelle mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet
ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie.
2.4 Assessering en moderering van die PAT
Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser
geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer.
2.5 Assessering
Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te ondersteun om te
verseker dat hy/sy op die regte spoor is.
Beide formele en informele assessering moet gedurende die verskillende fases van die PAT
uitgevoer word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of deur
die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen
word en die resultate sal aangeteken word.
Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die fases van die PAT in ag neem en
moet daarom die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan.
2.6 Moderering
Al die fases van die PAT moet gedurende die moderering van die PAT aan die interne
moderator en die eksterne moderator aangebied gestel word.
Waar nodig, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te
verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy tydens die praktiese
sessies opgedoen het, vir modereringsdoeleindes te demonstreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 5 DBE/PAT 2021
NSS
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
SIVIELEDIENSTE-TAKE
Leerder se naam: ___________________________________________________________
Tyd toegelaat: Kwartaal 1 tot Kwartaal 3
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE kwartale
voltooi moet word.
Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in Kwartaal 1 met Fase 1 en Fase 2
begin.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOIING VAN DIE PAT:
Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers hierdie tydskedule gebruik om die
PAT betyds te voltooi.
KWARTAAL WERK WAT GEDOEN MOET WORD
Kwartaal 1 Fase 1 Installasie van 'n stort
Kwartaal 1 Fase 2 DEEL 1 Navorsing, tekeninge en materiaallys
Kwartaal 2 Fase 2 DEEL 2 Sny van plaatmetaal en pype vir staander
Kwartaal 3 Fase 2 DEEL 3 Samestelling van muurgemonteerde lamp
3.1 Instruksies aan die leerder
Hierdie PAT tel 25% van jou finale promosiepunt.
Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.
Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras en digitale
kameras, om jou vordering te dokumenteer.
Die produk/model mag NIE uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word NIE en
moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 6 DBE/PAT 2021
NSS
3.2 Fase 1: Installasie van 'n stort
Tydsduur van Fase 1: 4 ure per leerder
Puntetoekenning: 20 punte
TAAK:
Die DIAGRAM hieronder toon die basiese uitleg van die pype en toebehore vir 'n stortroos/
-kop.
INSTRUKSIES:
Installeer die pype, krane en nodige toebehore, soos in die diagram hierbo aangedui.
LET WEL:
Alle pype moet deur die onderwyser tot die regte lengte gesny word voordat die
leerders met die installasie begin.
Die afsluitkrane en toebehore hoef nie nuut te wees nie (gebruikte toebehore en
afsluitkrane kan gebruik word).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 7 DBE/PAT 2021
NSS
3.3 Nasienriglyne vir Fase 1
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA
UITSTEKEND POGING NIE
8–10 4–7 0–3
Uitleg van koue- en warmwatertoevoerpype korrek geplaas,
soos per diagram
Kouewatertoevoerpype tot by afsluitkraan is korrek met
toepaslike toebehore verbind
Warmwatertoevoerpype tot by afsluitkraan is korrek met
toepaslike toebehore verbind
Afsluitkrane is korrek met toepaslike toebehore verbind en is op
dieselfde hoogte (vlak) geïnstalleer
Koue- en warmwaterpype is korrek vanaf die afsluitkraan tot die
mengkraan verbind
Stortbad-arm en -roos/-kop is korrek geplaas en met toepaslike
toebehore aan mengerpype verbind.
TOTALE PUNT UIT 60:
VERWERKTE PUNT UIT 20:
Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy
die taak verrig en elektronies by die skool en op 'n skyf of geheuestokkie gebêre word
(rugsteun).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 8 DBE/PAT 2021
NSS
3.4 Fase 2: Muurgemonteerde lamp
Kwartaal: 1, 2 en 3
Tydsduur: 20 ure
TAAK:
Daar word van jou verwag om 'n muurgemonteerde lamp met 'n lampskerm te ontwerp en te
maak.
INSTRUKSIES:
Doen navorsing oor die verskillende ontwerpe van muurgemonteerde lampe met
lampskerms. Die arm/raam moet van koperpyp of gegalvaniseerde pyp of 'n kombinasie
van die twee materiale gemaak word. Die lampskerm moet uit enige toepaslike vorm
bestaan en van plaatmetaal gemaak word.
Teken netjiese tekeninge (vryhand of met instrumente) van ten minste DRIE ontwerpe
van muurgemonteerde lampe met 'n lampskerm.
Voorsien die gekose ontwerp van die muurgemonteerde lamp wat jy gaan maak van
afmetings.
Stel 'n snylys vir die muurgemonteerde lamp saam.
Gebruik die volgende spesifikasies:
Die steunstuk moet maklik teen 'n muur gemonteer kan word en moet stabiel genoeg
wees om die gewig van die lampskerm te dra.
Gebruik geskikte toebehore of verbindingsmetodes om die pype te las sodat die
lampskerm verstel kan word.
Die vorm van die muurgemonteerde lamp moet uit die ontwikkeling van enige gepaste
vorm bestaan.
Die ontwikkeling van die lampskerm moet volgens skaal 1 : 1 geteken word sodat dit
gebruik kan word om 'n templaat te maak.
Voorsiening moet vir die bedrading van die ligmontering gemaak word.
LET WEL: Bewyse van die navorsing, tekeninge, template, snylys, sowel as die model self
moet vir moderering beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 9 DBE/PAT 2021
NSS
3.5 Nasienriglyne vir Fase 2
ASSESSERING VAN DIE MUURGEMONTEERDE LAMP
LEERDER SE NAAM EN VAN: _______________________________________________________
LEERDERPUNT
GOED/ GEEN POGING
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA
UITSTEKEND NIE/SWAK
BEPLANNING 8–10 4–7 0–3 LP
Navorsing oor verskillende tipes muurgemonteerde lampe met
lampskerms
DRIE vryhandtekeninge of EEN instrumenttekening van die gekose
ontwerp wat relevante afmetings toon
Samestelling van snylys
TOTAAL: 30
VERVAARDIGING VAN AGTERPLAAT (STEUNSTUK) 8–10 4–7 0–3 LP
Afmeet en sny van materiaal vir muursteunstuk/-monteerplaat
Verbinding van materiaal deur toepaslike verbindingsmetodes te
gebruik
Voorsiening van toepaslike metode vir die montering van die
steunstuk aan die muur en arm/raam
TOTAAL: 30
ARM/RAAM VIR ELEKTRIESE BEDRADING 4–5 2–3 0–1 LP
Afmeet en sny van pype vir arm/agterplaat
Verbindingspype vir agterplaat, arm/raam deur toepaslike metodes
te gebruik wat die verstelling van pype moontlik maak
TOTAAL: 10
VERVAARDIGING VAN GEVORMDE LAMPSKERM 8–10 4–7 0–3 LP
Tekening van ontwikkeling van gevormde lampskerm
Gebruik die templaat van ontwikkeling om die vorm op die
plaatmetaal uit te merk
Korrekte gebruik van gereedskap om die vorm van die lampskerm
akkuraat uit te sny
TOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 10 DBE/PAT 2021
NSS
LEERDERPUNT
GOED/ GEEN POGING
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA
UITSTEKEND NIE/SWAK
BUIG VAN LAMPSKERM 8–10 4–7 0–3 LP
Korrekte gebruik van toepaslike apparaat/alternatiewe metode om
plaatmetaal te buig
TOTAAL: 10
VERBINDING 8–10 4–7 0–3 LP
Verbind punte van gebuigde plaatmetaal deur gepaste
verbindingsmetodes te gebruik
Akkuraatheid van belyning en plasing van verskillende dele van
muurgemonteerde lamp wanneer dit verbind word
TOTAAL: 20
AFWERKING 4–5 2–3 0–1 LP
Aanwending van afwerkingsmiddels
Aansluiting van elektriese koord met sok vir gloeilamp by die
lampskerm
TOTAAL: 10
FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP
Netheid en voorkoms van finale produk
Funksionaliteit van finale produk
TOTAAL: 10
INNOVERING EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LP
Bewyse van kreatiwiteit en innovering
TOTAAL: 5
ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LP
Nakoming van sperdatums
TOTAAL: 5
GROOTTOTAAL UIT 160:
VERWERKTE PUNT UIT 80:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/PAT 2021
NSS
3.6 Saamgestelde puntestaat vir Siviele Dienste
FASE 1 FASE 2 (MODEL) TOTAAL
DEEL 1 DEEL 2 DEEL 3
(KWARTAAL 1) (KWARTAAL 2) (KWARTAAL 3)
VERVAARDIGING VAN
INSTALLASIE VAN STORT BUIGING VAN LAMPSKERM
ARM/RAAM VIR VERVAARDIGING VAN
GEMODEREERDE PUNT ALGEMENE ASPEKTE GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT
FINALE TOTAAL: 100
FINALE PRODUK VERWERKTE PUNT
INNOVERING EN
GROOTTOTAAL
NR. NAME VAN LEERDERS
BEPLANNING AGTERPLAAT (STEUNSTUK) ELEKTRIESE BEDRADING GEVORMDE LAMPSKERM VERBINDING AFWERKING (P1 + P2)
TOTAAL KREATIWITEIT
20 20 20 30 30 10 30 10 20 10 10 5 5 160 160 80 80 100 100
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
TOTAAL:
__________________________ __________________
Handtekening (Onderwyser) Datum
SKOOLSTEMPEL
_________________________ __________________
Handtekening (Moderator) Datum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 12 DBE/PAT 2021
NSS
AFDELING 4
4. ANDER RELEVANTE INLIGTING
4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak
Die afwesigheid van 'n PAT sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos
uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6,
Hoofstuk 3, paragraaf 7 en 8.
Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4)
verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n praktiese assesseringstaak daartoe sal
lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang.
4.2 Vereistes vir aanbieding
Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word:
Fase 1: Puntestaat met bewyse
Fase 2: Bewys van beplanning van die model
Fase 2: 'n Voltooide model
Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui
word
Voltooide Verklaring van Egtheid met skoolstempel
Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word:
'n Saamgestelde puntestaat (EEN saamgestelde puntestaat wat bestaan uit al die
kandidate se name en punte vir al die fases)
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT
Kwartaal 1:
Fase 1 en Fase 2 (navorsing en tekeninge)
Kwartaal 2:
Fase 2 (sny van plaatmetaal en pype vir die muursteunstuk/monteerplaat)
Kwartaal 3:
Fase 2 (samestelling en afwerking van muurgemonteerde lamp)
Die produk/model moet in die werkswinkel onder die onderwyser se toesig gemaak
word.
LET WEL: Die leerders moet aan die begin van Kwartaal 1 met die model begin en dit teen
die einde van September voltooi. Die onderwyser moet die beskikbare bronne
behoorlik bestuur en beplan sodat alle leerders regdeur die jaar met een of ander
deel van die take besig is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 13 DBE/PAT 2021
NSS
4.4 Verklaring van Egtheid
NAAM VAN DIE SKOOL:__________________________________________ .
NAAM VAN LEERDER:__________________________________________...
NAAM VAN ONDERWYSER:_______________________________________
SKOOLSTEMPEL
Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê,
my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is
nie.
HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INGELEWER)
Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die
werk voorgelê, sy/haar eie is.
______________________________________ _________________
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 14 DBE/PAT 2021
NSS
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip
van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasie vermoëns te versterk,
sowel as verbintenisse tot lewe buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike
wêreld aan te spreek. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle
die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Civil Technology
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Question paper