Skip to content
Practical assessment task

Civil Technology PAT GR 12 2021 (Woodworking) Afr

Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Civil TechnologyGrade 12202113 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SIVIELE TEGNOLOGIE (HOUTBEWERKING) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 2 DBE/PAT 2021 NSS INHOUDSOPGAWE Bladsy AFDELING 1 1. INLEIDING 3 AFDELING 2 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3 2.2 Bestuur van die PAT 3 2.3 Administrasie van die PAT 4 2.4 Assessering en moderering van die PAT 4 2.5 Assessering 4 2.6 Moderering 4 AFDELING 3 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5 HOUTBEWERKINGTAKE 5 3.1 Instruksies aan die leerder 5 3.2 Fase 1: Geslote (Toe) dakrand 6 3.3 Nasienriglyne vir Fase 1 6 3.4 Fase 2: Bedkassie 7 3.5 Nasienriglyne vir Fase 2 8 3.6 Saamgestelde puntestaat vir Houtbewerking 10 AFDELING 4 4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 11 4.1 Afwesig/Nie-inlewering van taak 11 4.2 Vereistes van aanbieding 11 4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT 11 4.4 Verklaring van Egtheid 12 AFDELING 5 5. GEVOLGTREKKING 13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 3 DBE/PAT 2021 NSS AFDELING 1 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. AFDELING 2 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER (Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.) 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie Die PAT neem die vaardighede wat die leerder bemeester het, in ag. Die PAT word van tyd tot tyd geassesseer en vereis dat die leerder aan veelvoudige praktiese sessies deelneem. Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede soos simulasies, eksperimente, handvaardighede, gereedskapsvaardigheid, masjinerievaardigheid en werkswinkelpraktyk geoefen en bemeester totdat die leerder die take wat vir die spesifieke kwartaal uiteengesit is, kan doen. Die PAT dra 25% by tot die leerder se promosiepunt. 2.2 Bestuur van die PAT Daar moet in Kwartaal 1 met die PAT begin word aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is. MOENIE dit vir die laaste minuut hou nie. Die model moet oor DRIE kwartale gemaak word wat in Kwartaal 1 begin en Fase 1 moet saam met die model in Kwartaal 1 gedoen word. Fase 1 moet teen die einde van Kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. Fase 2 moet teen 30 September 2021 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. (a) Al die fases van die PAT moet teen die einde van September 2021 vir assessering voltooi wees om genoeg tyd vir die eksterne moderering toe te laat. (b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale assessering doen wat uitstaande is. Al die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering). (c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering regdeur die jaar doen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 4 DBE/PAT 2021 NSS (d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word omdat dit die basis vir assessering sal vorm. (e) Onderwysers kan nie leerders penaliseer vir punte wat nie by die aanvanklike kriteria ingesluit is nie. (f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel. Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die verskillende fases van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om krisisbestuur en onnodige spanning nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te voorkom. Die inleweringsdatums vir die verskillende fases van die PAT, soos aangedui in die pasaanduider, moet skriftelik aan leerders gegee word. 2.3 Administrasie van die PAT Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde omstandighede gedoen en voltooi word. Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die vereistes van die verskillende fases van die PAT en die kriteria, soos in die assesseringsinstrumente en punteskedules aangedui, aan die leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n gemeenskaplike begrip het van die assesseringsinstrumente, asook wat van die leerders verwag word. Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 tot 5 van hierdie dokument te maak en dit nie later nie as die eerste week nadat die skole in Februarie 2021 oopgemaak het, aan die leerders te gee. Die produkte/modelle mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie. 2.4 Assessering en moderering van die PAT Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer. 2.5 Assessering Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te ondersteun om te verseker dat hy/sy op die regte spoor is. Beide formele en informele assessering moet gedurende die verskillende fases van die PAT uitgevoer word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen word en die resultate sal aangeteken word. Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die fases van die PAT in ag neem en moet daarom die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan. 2.6 Moderering Al die fases van die PAT moet gedurende die moderering van die PAT aan die interne moderator en die eksterne moderator aangebied gestel word. Waar nodig, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy tydens die praktiese sessies opgedoen het, vir modereringsdoeleindes te demonstreer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 5 DBE/PAT 2021 NSS AFDELING 3 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER HOUTBEWERKINGTAKE Leerder se naam: ___________________________________________________________ Tyd toegelaat: Kwartaal 1 tot Kwartaal 3 Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE kwartale voltooi moet word. Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in Kwartaal 1 met Fase 1 en Fase 2 begin. TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOIING VAN DIE PAT: Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers hierdie tydskedule gebruik om die PAT betyds te voltooi. KWARTAAL WERK WAT GEDOEN MOET WORD Kwartaal 1 Fase 1 Geslote (Toe) dakrand Kwartaal 1 Fase 2 Navorsing, tekeninge en snylys Kwartaal 2 Fase 2 Raam van bedkassie en deur Kwartaal 3 Fase 2 Blad van bedkassie en afwerking 3.1 Instruksies aan die leerder  Hierdie PAT tel 25% van jou finale promosiepunt.  Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.  Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.  Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras en digitale kameras, om jou vordering te dokumenteer.  Die produk/model mag NIE uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word NIE en moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 6 DBE/PAT 2021 NSS 3.2 Fase 1: Geslote (Toe) dakrand Kwartaal: 1 Tydsduur van Fase 1: 5 ure per leerder Puntetoekenning: 20 punte TAAK: Maak 'n VOLSKAAL-model om die konstruksie van die geslote (toe) dakrand vir 'n beton- teëldak te toon. INSTRUKSIES:  Maak 'n raamwerk met gebruik van enige geskikte materiaal om die 220 mm-siersteen- muur voor te stel. Die raamwerk moet wyd genoeg wees om die muurplaat te dra.  Die dakrand moet 300 mm wees.  EEN kaphiel (voet van kap) met spykerplate om die dele van die dakkap te heg.  Doen navorsing en pas jou kennis oor die korrekte grootte van dele van die geslote (toe) dakrand toe.  Heg ten minste TWEE latte aan die daksparre, korrek gespasieer om die betondakteëls te ondersteun.  GEEN dakbedekking is nodig NIE.  Benoem AL die onderdele.  Die model moet in 'n regopposisie staan wanneer dit voltooi is. 3.3 Nasienriglyne vir Fase 1 ASSESSERING VAN GESLOTE (TOE) DAKRAND LEERDER SE NAAM EN VAN: ________________________________________________ GOED/ SWAK/GEEN GEMIDDELD ASSESSERINGSKRITERIA UITSTEKEND POGING NIE 8–10 4–7 0–3 Uitmeet, saag en verbinding van muur en muurplaat Uitmeet, saag en verbinding van kaphiel (voet van dakkap) Uitmeet, saag en verbinding van dele vir geslote (toe) dakkap Uitmeet, saag en verbinding van fassieplank en daklatte Byskrifte Vakmanskap van finale model TOTALE PUNT UIT 60: VERWERKTE PUNT UIT 20: Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy die taak verrig en elektronies by die skool en op 'n skyf of geheuestokkie gebêre word (rugsteun). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 7 DBE/PAT 2021 NSS 3.4 Fase 2: Bedkassie Kwartaal: 1, 2 en 3 Tydsduur: 20 ure TAAK: Daar word van jou verwag om 'n bedkassie te ontwerp en te maak deur enige sagtehout, hardehout, houtbordproduk of stapelbordhout ('pallet wood') te gebruik. Die dele kan aan mekaar geheg word deur enige toepaslike voeg of verbindingsmetode vir die gekose materiaal te gebruik. INSTRUKSIES:  Doen navorsing oor verskillende tipes ontwerpe en toepaslike verbindings/verbindings- metodes om die dele van 'n bedkassie aan mekaar te heg vir die materiaal wat jy gekies het om die bedkassie te vervaardig.  Teken (vryhand of met instrumente) ten minste DRIE ontwerpe vir 'n bedkassie.  Voorsien die gekose ontwerp van die bedkassie wat jy gaan maak van afmetings.  Stel 'n snylys vir die bedkassie op. Gebruik die volgende spesifikasies:  Die bedkassie moet die volgende hê: o 'n Karkas/Raamwerk o EEN rak o Ten minste EEN deur o Skopplaat/Voetstuk/Voetlys o Skarniere en 'n deurhandvatsel van jou keuse  Leerlinge mag hulle eie idees en kreatiwiteit gebruik wanneer hulle die bedkassie maak. LET WEL: Bewyse van die navorsing, tekeninge, snylys sowel as die model self moet vir moderering beskikbaar wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 8 DBE/PAT 2021 NSS 3.5 Nasienriglyne vir Fase 2 ASSESSERING VAN DIE BEDKASSIE LEERDER SE NAAM EN VAN: ________________________________________________________ LEERDERPUNT GOED/ GEEN POGING GEMIDDELD ASSESSERINGSKRITERIA UITSTEKEND NIE/SWAK BEPLANNING 8–10 4–7 0–3 LP Bewyse van navorsing oor verskillende tipe toepaslike verbindings/ verbindingsmetodes vir die bedkassie DRIE tekeninge met relevante afmetings vir die gekose ontwerp Samestelling van die snylys TOTAAL: 30 KARKAS/RAAMWERK 8–10 4–7 0–3 LP Uitmeet en saag van materiaal met toepaslike verbindings/ verbindingsmetodes Aanmekaarsit van karkas/raamwerk (Kontroleer vir haaksheid en akkurate samevoeging) Uitmeet, saag en verbinding van skopplaat/voetstuk/voetlys aan die karkas Uitmeet, saag en montering van rak Uitmeet, saag en montering van rugstuk TOTAAL: 50 DEUR 8–10 4–7 0–3 LP Uitmeet, saag en aanmekaarsit van dele van die deur/Uitmeet en saag van deur Bevestiging van skarniere Hang van deur en montering van handvatsel TOTAAL: 30 BLAD 8–10 4–7 0–3 LP Uitmeet, saag, verbinding en vorming van materiaal vir die blad Hegting van blad aan raamwerk (Kontroleer vir haaksheid) TOTAAL: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 9 DBE/PAT 2021 NSS LEERDERPUNT GOED/ GEEN POGING GEMIDDELD ASSESSERINGSKRITERIA UITSTEKEND NIE/SWAK AFWERKING VAN MODEL 8–10 4–7 0–3 LP Voorbereiding van model vir afwerking/Aanwending van afwerkingsmiddels of randmateriaal TOTAAL: 10 FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP Netheid en voorkoms van finale produk. Funksionaliteit van finale produk. TOTAAL: 10 INNOVERING EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LP Bewyse van kreatiwiteit en innovering TOTAAL: 5 ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LP Nakoming van sperdatums TOTAAL: 5 GROOTTOTAAL UIT 160: VERWERKTE PUNT UIT 80: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie: Houtbewerking Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/PAT 2021 NSS 3.6 Saamgestelde puntestaat vir Houtbewerking FASE 1 FASE 2 (MODEL) TOTAAL DEEL 1 DEEL 2 DEEL 3 (KWARTAAL 1) (KWARTAAL 2) (KWARTAAL 3) GESLOTE (TOE) DAKRAND GEMODEREERDE PUNT AFWERKING VAN MODEL GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT KARKAS/RAAMWERK ALGEMENE ASPEKTE FINALE TOTAAL: 100 FINALE PRODUK GROOTTOTAAL VERWERKTE PUNT NR. NAME VAN LEERDERS INNOVERING & BEPLANNING (FASE 1 + FASE 2) TOTAAL DEUR BLAD KREATIWITEIT 20 20 20 30 50 30 20 10 10 5 5 160 160 80 80 100 100 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. TOTAAL: __________________________ __________________ Handtekening (Onderwyser) Datum _________________________ __________________ SKOOLSTEMPEL Handtekening (Moderator) Datum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 11 DBE/PAT 2021 NSS AFDELING 4 4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak Die afwesigheid van 'n PAT sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6, Hoofstuk 3, paragraaf 7 en 8. Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4) verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n praktiese assesseringstaak daartoe sal lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang. 4.2 Vereistes vir aanbieding Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word:  Fase 1: Puntestaat met bewyse  Fase 2: Bewys van beplanning van die model  Fase 2: 'n Voltooide model  Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui word  Voltooide Verklaring van Egtheid met skoolstempel Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word:  'n Saamgestelde puntestaat (EEN saamgestelde puntestaat wat bestaan uit al die kandidate se name en punte vir al die fases) 4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT Kwartaal 1:  Fase 1 en Fase 2 (Deel 1) Kwartaal 2:  Fase 2 (Deel 2) Kwartaal 3:  Fase 2 (Deel 3) Die produk/model moet in die werkswinkel onder die onderwyser se toesig gemaak word. LET WEL: Die leerders moet aan die begin van Kwartaal 1 met die model begin en dit teen die einde van September voltooi. Die onderwyser moet die beskikbare bronne behoorlik bestuur en beplan sodat alle leerders regdeur die jaar met een of ander deel van die take besig is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 12 DBE/PAT 2021 NSS 4.4 Verklaring van Egtheid NAAM VAN DIE SKOOL:__________________________________________. NAAM VAN LEERDER:__________________________________________ .. NAAM VAN ONDERWYSER:_______________________________________ SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê, my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is nie. HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INGELEWER) Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk voorgelê, sy/haar eie is. ______________________________________ _________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie: Houtbewerking 13 DBE/PAT 2021 NSS AFDELING 5 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasie vermoëns te versterk, sowel as verbintenisse tot lewe buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike wêreld aan te spreek. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Civil Technology

View all