Downloaded from hlayiso.com
SIVIELE TEGNOLOGIE
(KONSTRUKSIE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2022
Hierdie riglyne bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task %20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)

%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)






View all%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Civil Technology PAT GR 12 2022 (Construction) Afr
Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download.
Civil Technology · Grade 12 · 2022 · Afrikaans. Practical assessment task, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2022
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 334.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 2 DBE/PAT 2022
NSS
INHOUDSOPGAWE
AFDELING 1 Bladsy
1. INLEIDING 3
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 4
2.2 Bestuur van die PAT 4
2.3 Administrasie van die PAT 5
2.4 Assessering en moderering van die PAT 5
2.5 Assessering 5
2.6 Moderering 5
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER: KONSTRUKSIE-TAKE 6
3.1 Instruksies aan die leerder 6
3.2 Fase 1: Verbinding van deel van 'n houtdeurraamstyl
aan 'n eensteenmuur 7
3.3 Nasienriglyne vir Fase 1 8
3.4 Fase 2: Betontuintafel . 9
3.5 Nasienriglyne vir Fase 2 10
3.6 Saamgestelde puntestaat vir Konstruksie-PAT 12
AFDELING 4
4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 13
4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak 13
4.2 Vereistes vir aanbieding 13
4.3 Aanbevole tydraamwerk vir die voltooiing van die PAT 13
4.4 Verklaring van egtheid 14
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 3 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 1
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe, Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie,
Ingenieursgrafika- en ontwerp.
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die
skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n
gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir
die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die
praktiese assesseringstake binne die voorgeskrewe tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die
PAT verskil van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 4 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
(Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.)
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie
Die PAT neem die vaardighede wat die leerder bemeester het, in ag. Die PAT word met
tussenposes geassesseer en vereis dat die leerder aan veelvoudige praktiese sessies
deelneem. Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede soos simulasies,
eksperimente, handvaardighede, gereedskapsvaardigheid, masjinerievaardigheid en
werkswinkelpraktyk geoefen en bemeester totdat die leerder die take wat vir die spesifieke
kwartaal uiteengesit is, kan doen. Die PAT dra 25% by tot die leerder se promosiepunt.
2.2 Bestuur van die PAT
Daar moet in Kwartaal 1 met die PAT begin word aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is.
MOENIE dit vir die laaste minuut hou nie. Die model moet oor DRIE kwartale gemaak word
wat in Kwartaal 1 begin en Fase 1 moet saam met die model in Kwartaal 1 gedoen word.
Fase 1 moet teen die einde van Kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
Fase 2 moet teen 2 September 2022 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
(a) Al die fases van die PAT moet teen 2 September 2021 vir assessering voltooi wees om
genoeg tyd vir eksterne moderering toe te laat.
(b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale assessering doen wat
uitstaande is. Al die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die
modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering).
(c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering regdeur die jaar
doen.
(d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word omdat dit die
basis vir assessering sal vorm.
(e) Onderwysers kan nie leerders penaliseer op punte wat nie by die aanvanklike kriteria
ingesluit is nie.
(f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle
verwag word om hulle praktiese of tekenvaardighede en kennis ten toon te stel.
Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat ooreenkom met die tydraamwerke wat
in die PAT gespesifiseer is om die voltooiingsdatums van die verskillende fases van die PAT
aan te dui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om krisisbestuur en onnodige
spanning nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te voorkom.
Die inleweringsdatums vir die verskillende fases van die PAT, soos aangedui in die
pasaanduider, moet skriftelik aan leerders gegee word.
2.3 Administrasie van die PAT
Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde
omstandighede voltooi word.
Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die vereistes van die verskillende
fases van die PAT en die kriteria, soos aangedui in die assesseringsinstrumente en
punteskedules, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n
gemeenskaplike begrip van die assesseringsinstrumente het asook wat van leerders verwag
word.
Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT 5 van hierdie dokument te
maak en nie later as die eerste week na die opening van skole in Januarie 2022 aan die
leerders te gee nie.
Die produkte/modelle mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet
ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 5 DBE/PAT 2022
NSS
2.4 Assessering en moderering van die PAT
Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser
geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer.
2.5 Assessering
Gereelde deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te
ondersteun om te verseker dat hy/sy op die regte spoor is.
Beide formele en informele assesserings behoort op die verskillende fases van die PAT
uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of
deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser
gedoen word en die resultate sal aangeteken word.
Die onderwyser moet die vereistes vir assessering van al die komponente van die PAT in ag
neem en die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan.
2.6 Moderering
Gedurende die moderering van die PAT moet alle fases van die PAT aan die interne
moderator sowel as eksterne moderator beskikbaar gestel word.
Indien nodig, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te
verduidelik en ook versoek om die vaardighede wat hy/sy deur die praktiese sessies opgedoen
het, vir modereringsdoeleindes te demonstreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 6 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDERS: KONSTRUKSIE-TAKE
Leerder se naam: _____________________________________________________
Tyd toegelaat: Kwartaal 1 tot Kwartaal 3
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE
kwartale voltooi moet word.
Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in Kwartaal 1 met Fase 1 en
Fase 2 begin.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOIING VAN DIE PAT:
Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers hierdie tydskedule gebruik
om sodoende die PAT betyds te voltooi.
KWARTAAL WERK WAT GEDOEN MOET WORD
Kwartaal 1 Fase 1 Verbinding van deel van 'n houtdeurraamstyl
aan 'n eensteenmuur
Kwartaal 1 Fase 2 (Deel 1) Navorsing, sketse en snylys
Kwartaal 2 Fase 2 (Deel 2) Maak van bekisting en wapening
Kwartaal 3 Fase 2 (Deel 3) Giet van beton, aftakeling/verwydering van
bekisting, afwerking
3.1 Instruksies aan die leerder
Hierdie PAT tel 25% van jou finale promosiepunt.
Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.
Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
Indien beskikbaar, gebruik elektroniese toerusting, bv. selfone, kameras en digitale
kameras, om jou vordering te dokumenteer.
Die produk/model mag NIE uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word NIE en
moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 7 DBE/PAT 2022
NSS
3.2 Fase 1: Verbinding van deel van 'n houtdeurkosynstyl aan 'n eensteenmuur
Kwartaal: 1
Tydsduur van fase 1: 5 uur per leerder
Puntetoekenning: 20 punte
TAAK:
Verbinding van deel van 'n houtdeurkosynstyl aan 'n eensteenmuur
INSTRUKSIES:
Meet en maak 'n gedeelte van 'n deurkosynstyl (Die deurraamstyl kan van enige gepaste
hout gemaak word).
Meet, sny en buig TWEE raambinte teen 'n hoek om aan die raamstyl vas te heg en in die
muur in te bou.
Sny 'n strook VWL (vogweerlaag) om te pas.
Merk die muur op die vloer uit.
Droogpak 6 steenlae van 'n eensteenmuur in strykverband om 'n doodloopent aan die een
kant en vertanding aan die ander kant te vorm. (Die muur moet lank genoeg wees om die
deurkosynstyl vas te hou).
Sit die raambinte vas aan die raamstyl met genoeg spasiëring tussen die verskillende
steenlae van die steenmuur.
Plaas die raamstyl loodreg met stutte (plafonlatte/kaplatte) en stene om dit stabiel te hou.
Plaas die raambinte korrek tussen die steenlae.
Plaas die deel van die deurkosynstyl met die raambinte vertikaal/loodreg met gebruik van
die korrekte gereedskap.
Werk af met kwartrondes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 8 DBE/PAT 2022
NSS
3.3 Nasienriglyne vir Fase 1
ASSESSERING VAN VERBINDING VAN DEEL VAN 'N HOUTDEURRAAMSTYL
AAN 'N EENSTEENMUUR
LEERDER SE NAAM EN VAN: __________________________________
GEMODE-
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA
UITSTEKEND POGING NIE REERDE PUNT
BEPLANNING 8–10 4–7 0–3 0–10
Meet, sny en maak deel van 'n deurkosynstyl met sponning
Meet, sny en buig die raambinte
Sit binte in korrekte posisies aan deurraamstyl vas
Meet, sny en sit VWL vas
Loodregte plasing van deurkosyn
VASSIT VAN RAAMSTYL TEEN MUUR 8–10 4–7 0–3 0–10
Ses steenlae van 'n eensteenmuur in strykverband met
doodloopent en vertanding
Muur is reguit en loodreg
Werk af met kwartrondes
TOTAAL UIT 80
VERWERKTE TOTAAL UIT 20
Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy die
taak verrig en elektronies op 'n laserskyf of geheuestokkie by die skool gebêre word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 9 DBE/PAT 2022
NSS
3.4 Fase 2: Betontuintafel
Termyn 1, 2 en 3
Tydsduur: 20 uur
TAAK:
Daar word van jou verwag om 'n betontuintafel te ontwerp en te vervaardig.
INSTRUKSIES:
Doen navorsing oor verskillende tipes ontwerpe van gewapendebeton-tuintafels en
bekisting.
Teken (vryhand of met instrumente) ten minste DRIE ontwerpe van 'n betontuintafel.
Kies die voorkeurontwerp en teken 'n skaaltekening van die voor-, bo- en linkeraansigte
(werkstekene) van die betontuintafel wat jy gaan maak. Toon ALLE afmetings/mates op
jou tekening.
Stel 'n snylys saam vir die bekisting.
Gebruik die volgende spesifikasies:
Die betontuintafel moet bestaan uit 'n tafelblad vir die bediening van verversings.
Die betontafel kan op een of meer stutte rus om die tafelblad stabiel te hou.
Wapening moet by die betonblad en pote gevoeg word vir sterkte.
Bekisting moet vir die tafelblad en stutte gemaak word.
Leerders moet kreatiwiteit en innovering gebruik tydens die vervaardiging van die
betontuintafel.
Afwerking van die model.
LET WEL: Bewyse van die navorsing, tekeninge, snylys, template en fases tydens die
maak van die model, sowel as die model self, moet vir moderering beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 10 DBE/PAT 2022
NSS
3.5 Nasienriglyne vir Fase 2:
ASSESSERING VAN DIE BETONTUINTAFEL
LEERDER SE NAAM EN VAN: __________________________________
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
GEMODE-
ASSESSERINGSKRITERIA
REERDE
UITSTEKEND POGING NIE PUNT
BEPLANNING 8–10 5–7 0–4 0–10
Navorsing oor verskillende tipes ontwerpe van
gewapendebeton-tuintafels en bekisting.
DRIE vryhand/instrumenttekeninge van verskillende ontwerpe
van betontuintafels
Stel 'n snylys vir die bekisting vir jou voorkeurontwerp saam.
SKAALTEKENINGE 4–5 2–3 0–1 0–5
Korrektheid van vooraansig
Korrektheid van boaansig
Korrektheid van linkeraansig
Afmetings en toepassing van skaal
TOTAAL: 50
AFMEET EN UITSAAG VAN BEKISTINGSONDERDELE 11–15 6–10 0–5 0–15
Afmeet en saag van bekisting vir die blad van die
betontuintafel
Afmeet en saag van bekisting vir die stut(te) van die
betontuintafel.
TOTAAL: 30
SAMESTELLING VAN BEKISTING 8–10 4–7 0–3 0–10
Afmerk en boor van gate vir skroewe om bekisting saam te stel
Hegting van onderdele vir die tafelblad
Hegting van onderdele vir die stut(te) van die tafel
TOTAAL: 30
WAPENING 8–10 4–7 0–3 0–10
Plasing van die wapening
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 11 DBE/PAT 2022
NSS
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA LEERDER-
UITSTEKEND POGING NIE PUNT
BETON 8–10 5–7 0–4 0–10
Meng van beton
Plasing, kompaktering en nabehandeling van beton
TOTAAL: 20
AFTAKELING VAN BEKISTING 8–10 5–7 0–4 0–10
Aftakeling van bekisting sonder om beton te beskadig
TOTAAL: 10
AFWERKING VAN PRODUK 8–10 5–7 0–4 0–10
Afwerking van die eksterne oppervlak van die beton
TOTAAL: 10
FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 0–10
Die betontuintafel pas stewig op sy stut(te)
Netheid en voorkoms van die finale produk
TOTAAL: 10
INNOVERING EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 0–5
Die leerder pas sy/haar ontwerp aan en het kenmerke
bygevoeg om die voorkoms en werkbaarheid van die
betontuintafel te verbeter
TOTAAL: 5
ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 0–5
Nakoming van spertye
TOTAAL: 5
TOTAAL UIT 180
VERWERKTE TOTAAL UIT 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie: Konstruksie
Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/PAT 2022
NSS
3.6 Saamgestelde puntestaat vir KONSTRUKSIE-PAT
FASE 1 FASE 2 (MODEL) TOTAAL
TERMYN 1 DEEL 1 DEEL 1 DEEL 3
TERMYN 1 TERMYN 2 TERMYN 3
AFTAKELING VAN BEKISTING AFWERKING VAN PRODUK TOTAAL: (FASE 1 + FASE 2)
VERBIND 'N HOUTDEUR-
BEPLANNING EN SKAAL - MEET EN SAAG VAN
GEMODEREERDE PUNT ALGEMENE ASPEKTE GEMODEREERDE PUNT VERWERKTE TOTAAL GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT
SAMESTELLING VAN
KOSYN AAN N EENSTEEN-
FINALE PRODUK
INNOVERING EN
TOTAAL FASE 2
MUUR. TEKENE BEKISTINGSONDERDELE BEKISTING WAPENING BETON KREATIWITEIT
NR. LEERDER SE NAAM EN VAN
20 20 50 30 30 10 20 10 10 10 5 5 180 180 80 80 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
TOTAAL TOTAAL
_________________________ __________________
Handtekening van (Onderwyser) Datum
SKOOLSTEMPEL
________________________ __________________
Handtekening van (Moderator) Datum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 13 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 4
4. ANDER RELEVANTE INLIGTING
4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?)
Die afwesigheid van 'n PAT sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos
uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6,
Hoofstuk 3, paragraaf 7 en 8.
Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4)
verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n praktiese assesseringstaak daartoe sal
lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang.
4.2 Vereistes vir aanbieding
Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word:
Fase 1: Puntestaat met bewyse
Fase 2: Bewys van beplanning van die model
Fase 2: 'n Voltooide model
Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui
word
Voltooide Verklaring van Egtheid met skoolstempel
Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word:
'n Saamgestelde puntestaat (EEN saamgestelde puntestaat wat bestaan uit al die
kandidate se name en punte vir al die fases)
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT
Kwartaal 1:
Fase 1 en Fase 2 (Deel 1)
Kwartaal 2:
Fase 2 (Deel 2)
Kwartaal 3:
Fase 2 (Deel 3)
Die produk/model moet onder die onderwyser se toesig in die werkswinkel gemaak
word.
LET WEL: Die leerders moet aan die begin van Kwartaal 1 met die model begin en dit teen
2 September 2022 voltooi. Die onderwyser moet die beskikbare bronne behoorlik
bestuur en beplan sodat alle leerders regdeur die jaar met een of ander deel van
die take besig is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 14 DBE/PAT 2022
NSS
4.4 Verklaring van egtheid
NAAM VAN SKOOL: .........................................................................................
NAAM VAN LEERDER: ....................................................................................
NAAM VAN ONDERWYSER: ...........................................................................
SKOOLSTEMPEL
Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê my
eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is nie.
HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INGELEWER)
Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk
voorgelê sy/haar eie is.
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 15 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip
van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasie vermoëns te versterk,
sowel as verbintenisse tot lewe buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike
wêreld aan te spreek. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle
die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Question paper