Downloaded from hlayiso.com
SIVIELE TEGNOLOGIE
(HOUTBEWERKING)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2022
Hierdie riglyne bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task %20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)

%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)






View all%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Civil Technology PAT GR 12 2022 (Woodworking) Afr
Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download.
Civil Technology · Grade 12 · 2022 · Afrikaans. Practical assessment task, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2022
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 351.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 2 DBE/PAT 2022
NSS
INHOUDSOPGAWE
AFDELING 1 BLADSY
1. INLEIDING 3
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 4
2.2 Bestuur van die PAT 4
2.3 Administrasie van die PAT 4
2.4 Assessering en moderering van die PAT 5
2.5 Assessering 5
2.6 Moderering 5
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER: HOUTBEWERKINGSTAKE 6
3.1 Instruksies aan die leerder 6
3.2 Fase 1: Formeel vir 'n halfronde boog 7
3.3 Nasienriglyne vir Fase 1 8
3.4 Fase 2: Opdientrollie . 9
3.5 Nasienriglyne vir Fase 2 10
3.6 Saamgestelde puntestaat vir Houtbewerking-PAT 12
AFDELING 4
4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 13
4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak 13
4.2 Vereistes vir aanbieding 13
4.3 Aanbevole tydraamwerk vir die voltooiing van die PAT 13
4.4 Verklaring van egtheid 14
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 3 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 1
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe, Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie,
Ingenieursgrafika- en ontwerp.
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die
skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n
gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir
die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die
praktiese assesseringstake binne die voorgeskrewe tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die
PAT verskil van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 4 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
(Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.)
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie
Die PAT neem die vaardighede wat die leerder bemeester het, in ag. Die PAT word met
tussenposes geassesseer en vereis dat die leerder aan veelvoudige praktiese sessies
deelneem. Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede soos simulasies,
eksperimente, handvaardighede, gereedskapsvaardigheid, masjinerievaardigheid en
werkswinkelpraktyk geoefen en bemeester totdat die leerder die take wat vir die spesifieke
kwartaal uiteengesit is, kan doen. Die PAT dra 25% by tot die leerder se promosiepunt.
2.2 Bestuur van die PAT
Daar moet in Kwartaal 1 met die PAT begin word aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is.
MOENIE dit vir die laaste minuut hou nie. Die model moet oor DRIE kwartale gemaak word
wat in Kwartaal 1 begin en Fase 1 moet saam met die model in Kwartaal 1 gedoen word.
Fase 1 moet teen die einde van Kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
Fase 2 moet teen 2 September 2022 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
(a) Al die fases van die PAT moet teen 2 September 2021 vir assessering voltooi wees om
genoeg tyd vir eksterne moderering toe te laat.
(b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale assessering doen wat
uitstaande is. Al die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die
modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering).
(c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering regdeur die jaar
doen.
(d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word omdat dit die
basis vir assessering sal vorm.
(e) Onderwysers kan nie leerders penaliseer op punte wat nie by die aanvanklike kriteria
ingesluit is nie.
(f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle
verwag word om hulle praktiese of tekenvaardighede en kennis ten toon te stel.
Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat ooreenkom met die tydraamwerke wat
in die PAT gespesifiseer is om die voltooiingsdatums van die verskillende fases van die PAT
aan te dui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om krisisbestuur en onnodige
spanning nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te voorkom.
Die inleweringsdatums vir die verskillende fases van die PAT, soos aangedui in die
pasaanduider, moet skriftelik aan leerders gegee word.
2.3 Administrasie van die PAT
Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde
omstandighede voltooi word.
Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die vereistes van die verskillende
fases van die PAT en die kriteria, soos aangedui in die assesseringsinstrumente en
punteskedules, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n
gemeenskaplike begrip van die assesseringsinstrumente het asook wat van leerders verwag
word.
Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT 5 van hierdie dokument te
maak en nie later as die eerste week na die opening van skole in Januarie 2022 aan die
leerders te gee nie.
Die produkte/modelle mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet
ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 5 DBE/PAT 2022
NSS
2.4 Assessering en moderering van die PAT
Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser
geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer.
2.5 Assessering
Gereelde deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te
ondersteun om te verseker dat hy/sy op die regte spoor is.
Beide formele en informele assesserings behoort op die verskillende fases van die PAT
uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of
deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser
gedoen word en die resultate sal aangeteken word.
Die onderwyser moet die vereistes van assessering van al die fases van die PAT in ag neem
en die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan.
2.6 Moderering
Gedurende die moderering van die PAT moet alle fases van die PAT aan die interne
moderator sowel as eksterne moderator beskikbaar gestel word.
Indien nodig, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te
verduidelik en ook versoek om die vaardighede wat hy/sy deur die praktiese sessies opgedoen
het, vir modereringsdoeleindes te demonstreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 6 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDERS: HOUTBEWERKINGSTAKE
Leerder se naam: _____________________________________________________
Tyd toegelaat: Kwartaal 1 tot Kwartaal 3
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE
kwartale voltooi moet word.
Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in Kwartaal 1 met Fase 1 en
Fase 2 begin.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOIING VAN DIE PAT:
Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers hierdie tydskedule gebruik
om sodoende die PAT betyds te voltooi.
KWARTAAL WERK WAT GEDOEN MOET WORD
Kwartaal 1 Fase 1 Skaalmodel van formeel vir 'n halfronde boog
met 'n spanwydte van 1 200 mm
Kwartaal 1 Fase 2 (Deel 1) Navorsing, sketse en snylys
Kwartaal 2 Fase 2 (Deel 2) Raam van die trollie
Kwartaal 3 Fase 2 (Deel 3) Blad, rakke en afwerking
3.1 Instruksies aan die leerder
Hierdie PAT tel 25% van jou finale promosiepunt.
Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.
Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
Indien beskikbaar, gebruik elektroniese toerusting, bv. selfone, kameras en digitale
kameras, om jou vordering te dokumenteer.
Die produk/model mag NIE uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word NIE en
moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 7 DBE/PAT 2022
NSS
3.2 Fase 1: Skaalmodel van die formeel vir 'n halfronde boog met 'n spanwydte
van 1 200 mm
Kwartaal: 1
Tydsduur van fase 1: 5 uur per leerder
Puntetoekenning: 20 punte
TAAK:
Maak 'n skaalmodel volgens skaal 1 : 2 van die formeel vir 'n halfronde boog met 'n
spanwydte van 1 200 mm.
INSTRUKSIES:
Die spasie tussen die ribbe moet wyd genoeg wees om 'n 220 mm-steenmuur te dra.
Die eerste helfte van die formeel bestaan uit geslote latte en die tweede helfte uit oop
latte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 8 DBE/PAT 2022
NSS
3.3 Nasienriglyne vir Fase 1
ASSESSERING VAN DIE SKAALMODEL VAN DIE FORMEEL
VAN 'N HALFRONDE BOOG MET 'N SPAN VAN 1 200 mm
LEERDER SE NAAM EN VAN: __________________________________
GEMODE-
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA
UITSTEKEND POGING NIE REERDE PUNT
8–10 4–7 0–3 0–10
Meet en sny van templaat vir ribbe
Meet en sny van ribbe
Verbinding van ribbe
Meet, sny en verbinding van horisontale binte
Meet, sny en verbinding van vertikale en skuinsstutte
Meet, sny en verbinding van horisontale verspanstukke
Meet, sny en verbinding van skuins verspanstukke
Meet, sny en verbinding van latte
TOTAAL UIT 80
VERWERKTE TOTAAL UIT 20
Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy
die taak verrig en elektronies op 'n laserskyf of geheuestokkie by die skool gebêre word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 9 DBE/PAT 2022
NSS
3.4 Fase 2: Opdientrollie met rolwiele
Termyn 1, 2 en 3
Tydsduur: 20 uur
TAAK:
Daar word van jou verwag om 'n opdientrollie te ontwerp en te vervaardig met enige sagte
hout, hardehout, houtbordproduk of palethout. Die onderdele kan saamgestel word deur enige
toepaslike voeg- of hegmetode vir die geselekteerde materiaal te gebruik.
INSTRUKSIES:
Doen navorsing oor verskillende tipes opdientrollie-ontwerpe met TWEE rakke en rolwiele.
Teken (vryhand of met instrumente) ten minste DRIE ontwerpe van 'n opdientrollie met
rakke en rolwiele.
Kies die voorkeurontwerp en teken 'n skaaltekening van die voor-, bo- en linkeraansigte
(werkstekeninge) van die trollie wat jy gaan maak. Toon alle mates/afmetings op jou
tekening.
Stel 'n snylys saam vir hierdie opdientrollie.
Gebruik die volgende spesifikasies:
Die opdientrollie moet die volgende hê:
o 'n Karkas/raam
o TWEE rakke gemaak van soliede hout of latte
o Rolwiele
Leerders moet hul innovering en kreatiwiteit gebruik wanneer die opdientrollie gemaak
word.
LET WEL: Bewyse van navorsing, tekeninge, template en fases tydens die maak van die
model, sowel as die model self, moet vir moderering beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 10 DBE/PAT 2022
NSS
3.5 Nasienriglyne vir Fase 2
ASSESSERING VAN DIE OPDIENTROLLIE MET ROLWIELE
LEERDER SE NAAM EN VAN: __________________________________
GOED/ GEMODE-
SWAK/GEEN
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA
UITSTEKEND POGING NIE REERDE PUNT
BEPLANNING 8–10 5–7 0–4 0–10
Navorsing oor verskillende tipes opdientrollies
DRIE vryhand-/instrumenttekeninge van verskillende
opdientrollie-ontwerpe
Die opstel van 'n snylys vir die voorkeurontwerp
SKAALTEKENINGE 4–5 2–3 0–1 0–5
Korrektheid van vooraansig
Korrektheid van boaansig
Korrektheid van linkeraansig
Afmetings en toepassing van skaal
TOTAAL: 50
KARKAS/RAAM 11–15 6–10 0–5 0–15
Merk en sny van onderdele vir die raam
Toepassing van geskikte voeë of hegmetodes vir materiaal
gekies
Samestelling van die karkas/raamwerk (kontroleer vir haaksheid
en akkurate samestelling)
Merk, sny en heg van die soliede rakke/latte aan die raam
Pas van rolwiele
TOTAAL: 75
BLAD 11–15 6–10 0–5 0–15
Merk, sny, heg en vorm van materiaal vir die blad
Heg blad aan raam kontroleer vir haaksheid)
TOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 11 DBE/PAT 2022
NSS
GOED/ GEMODE-
SWAK/GEEN
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA
UITSTEKEND POGING NIE REERDE PUNT
AFWERKING VAN PRODUK 4–5 2–3 0–1 0–5
Berei model voor om afwerkingsmiddel te ontvang
Aanwend van afwerkingsmiddels
TOTAAL: 10
FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 0–10
Netheid en voorkoms van die finale produk
TOTAAL: 5
INNOVERING EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 0–5
Die leerder verbeter sy/haar gekose ontwerp deur kenmerke by te
voeg om die voorkoms en funksionaliteit van die opdientrollie te
verbeter
TOTAAL: 5
ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 0–5
Nakom van spertye
TOTAAL: 5
TOTAAL UIT 180
VERWERKTE TOTAAL UIT 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie: Houtbewerking
Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/PAT 2022
NSS
3.6 Saamgestelde puntestaat vir HOUTBEWERKING-PAT
FASE 1 FASE 2 (MODEL) TOTAAL
TERMYN 1 DEEL 1 DEEL 1 DEEL 3
TERMYN TERMYN TERMYN 3
1 2
TOTAAL: (FASE 1 + FASE 2)
FORMEEL VIR HALFRONDE
AFWERKING VAN PRODUK GEMODEREERDE PUNT VERWERKTE TOTAAL GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT
GEMODEERDE PUNT ALGEMENE ASPEKTE
BEPLANNING EN
FINALE PRODUK
INNOVERING EN
BOOG RAAM/KARKAS TOTAAL FASE 2
SKAALTEKENINGE BLAD KREATIWITEIT
NR. LEERDER SE NAAM EN VAN
20 20 50 75 30 10 5 5 5 180 180 80 80 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
TOTAAL TOTAAL
_________________________ __________________
Handtekening van (Onderwyser) Datum
SKOOLSTEMPEL
________________________ __________________
Handtekening van (Moderator) Datum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 13 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 4
4. ANDER RELEVANTE INLIGTING
4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?)
Die afwesigheid van 'n PAT sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos
uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6,
Hoofstuk 3, paragraaf 7 en 8.
Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4)
verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n praktiese assesseringstaak daartoe sal
lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang.
4.2 Vereistes vir aanbieding
Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word:
Fase 1: Puntestaat met bewyse
Fase 2: Bewys van beplanning van die model
Fase 2: 'n Voltooide model
Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui
word
Voltooide Verklaring van Egtheid met skoolstempel
Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word:
'n Saamgestelde puntestaat (EEN saamgestelde puntestaat wat bestaan uit al die
kandidate se name en punte vir al die fases)
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT
Kwartaal 1:
Fase 1 en Fase 2 (Deel 1)
Kwartaal 2:
Fase 2 (Deel 2)
Kwartaal 3:
Fase 2 (Deel 3)
Die produk/model moet onder die onderwyser se toesig in die werkswinkel gemaak
word.
LET WEL: Die leerders moet aan die begin van Kwartaal 1 met die model begin en dit teen
2 September 2022 voltooi. Die onderwyser moet die beskikbare bronne behoorlik
bestuur en beplan sodat alle leerders regdeur die jaar met een of ander deel van
die take besig is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 14 DBE/PAT 2022
NSS
4.4 Verklaring van egtheid
NAAM VAN SKOOL: .........................................................................................
NAAM VAN LEERDER: ....................................................................................
NAAM VAN ONDERWYSER: ...........................................................................
SKOOLSTEMPEL
Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê my
eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is nie.
HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INGELEWER)
Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk
voorgelê sy/haar eie is.
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 15 DBE/PAT 2022
NSS
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip
van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasie vermoëns te versterk,
sowel as verbintenisse tot lewe buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike
wêreld aan te spreek. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle
die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Question paper