Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)




View all





Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 755.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1.1South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice16 marks
- Question 1.2South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice8 marks
- Question 1.3Business cycles and forecasting12 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3Economic growth and development40 marks
- Question 4The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C geld
1.1.2 D Phillips
1.1.3 A reserwe bates
1.1.4 A geld
1.1.5 B morele oorreding
1.1.6 B Gesamentlike Inisiatief vir Prioriteit Vaardighede verkryging
(JIPSA)
1.1.7 D Geïntegreerde Vervaardigings Strategie (IMS)
1.1.8 C vorming (8 x 2) (16)
1.2 PAS ITEMS
1.2.1 H C+G+I+(X-M)
1.2.2 F verkry wanneer die uitwerkings van ongereelde
gebeurtenisse en seisoene verwyder word uit die tydreeks
data
1.2.3 A totale verbod/embargo op sekere goedere van ʼn sekere
land
1.2.4 I een land kan goedere en dienste goedkoper produseer as ʼn
ander
1.2.5 B ʼn deurgang wat toegang verleen van een gebied na ʼn ander
gebied
1.2.6 C Het ʼn nuwe ondersteuningsprogram ontwikkel vir klere en
tekstiele
1.2.7 D minister van Finansies lig Parlement in van enige
veranderinge wat sedert Februarie mag plaasgevind het
1.2.8 E belangrike sosiale aanwyser (8 x 1) (8)
1.3 GEE EEN BEGRIP
1.3.1 Eksogene / monetaristiese seining
1.3.2 Belasting
1.3.3 Oordragbetalings
1.3.4 Verstedeliking
1.3.5 Terugkoopkoers / repokoers
1.3.6 Grondrestitusie (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 3
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE lidlande van BRICS.
Brasilië
Rusland
China
Suid-Afrika
Indië (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom is die BBP teen markprys gewoonlik hoër as die BBP
teen faktorkoste?
BBP teen markprys neem die pryse wat werklik betaal word vir
goedere en dienste in ag en dit sluit reeds indirekte belasting
in.
Indirekte belasting word toegevoeg by BBP teen faktorkoste
om BBP teen markprys te bereken, wat BBP teen markprys
hoër maak.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Noem ʼn voorbeeld van ʼn lekkasie.
Besparings
Belastings
Invoere (Enige 1 x 1) (1)
2.2.2 Watter faktor beïnvloed die grootte van die
vermenigvuldiger?
ʼn Verandering in besteding (msg)
ʼn Verandering in verbruik (mvg)
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 1) (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger kortliks.
ʼn Klein aanvanklike toename in besteding lei tot ʼn
proporsioneel groter toename in totale nasionale inkome.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
2.2.4 Verduidelik die uitwerking op nasionale inkome wanneer
inspuitings meer as lekkasies is.
As inspuitings meer as lekkasies is, sal vraag na goedere en
dienste toeneem.
Meer goedere en dienste sal geproduseer word en meer
inkome sal gegenereer word.
Nasionale inkome neem toe.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 2) (2)
2.2.5 Veronderstel die Suid-Afrikaanse regering bestee R250m aan
die ekonomie. Bereken die vermenigvuldigereffek as
mvg = 0,7 is. Toon alle berekeninge.
α = 1/1 – mvg.
= 1/1 – 0,7
= 1/0,3.
= 3,33
Vermenigvuldigereffek = 3,33 x R250 m
= R832,5 m
OF
α = 1/msg
= 1/0,3
= 3,33
Vermenigvuldigereffek = 3,33 x R250 m
= R832,5 m
L.W.: (een punt toegeken vir slegs die antwoord) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Behalwe AfCTA, noem enige ander vryhandelsgebied in die
wêreld.
Die Noord-Amerikaanse Vryhandel Ooreenkoms (NAFTA)
Suider-Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap (SADC)
Europese Vryhandel Vereniging (EFTA)
Suid-Asiatiese Vryhandelsgebied (SAFTA)
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1)
2.3.2 Watter handelsprotokol moedig die vestiging van ʼn enkel
mark in Afrika aan?
Afrika-Unie (AU) (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term begrip vryhandelsgebied.
Vryhandelsgebied is waar beperkings soos tariewe en kwotas
verwyder is.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 5
2.3.4 Verduidelik kortliks die rol van die Wêreld
Handelsorganisasie as deel van globalisasie.
Die rol van die WHO is om:
Na die implementering en administrasie van
handelsooreenkomste om te sien.
Die nienakoming van handelsooreenkomste te
identifiseer.
Handelsdispute op te los.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 2) (2)
2.3.5 Hoe kan Afrika voordeel trek deur deel van ʼn enkel mark te
wees?
Afrika kan voordeel trek deur:
ʼn Hupstoot in intra-Afrika-handel.
ʼn Geleentheid vir Afrika-lande om die gedeelte van industriële
goedere in produksie en uitvoere te verhoog.
Beduidende geleenthede vir industrialisasie en
werkverskaffing.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 2 x 2) (4)
2.4 Bespreek die lengte en amplitude van ʼn sakesiklus.
LENGTE
Dit is die tyd wat dit neem vir ʼn sakesiklus om deur ʼn volledige siklus te
beweeg.
Dit word gemeet van piek tot piek/trog tot trog.
Dit is nuttig om te weet wat die lengte is, omdat die lengte neig om
relatief konstant te bly oor tyd.
As sakesiklus langer lengtes toon, word die ekonomie as sterk
beskou.
As sakesiklus korter lengtes toon, word die ekonomie as swakker
beskou. (Enige 2 x 2)
AMPLITUDE
Dit is die verskil tussen die totale uitset tussen ʼn piek en ’n trog.
Dit meet die afstand van die ossillasie van ʼn veranderlike vanaf die
tendenslyn.
Dit is die intensiteit van die opswaai en afswaai in ekonomiese
aktiwiteit.
Hoe groter die amplitude, hoe meer uiters is die veranderinge wat mag
plaasvind. (Enige 2 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
2.5 Evalueer die uitwerking van ʼn geldeenheid se depresiasie op ʼn
ekonomie.
Positiewe (geldeenheid depresiasie):
Kan gebruik word as ʼn uitbreidende monetêre beleid om sikliese
maatreëls teen te werk, ten einde vraag, winste, uitset en
werkverskaffing te stimuleer, wanneer ʼn ekonomie in resessie is.
Bring ʼn verbetering in die handelsbalans deur hoër uitvoer
verkope.
Verskaf ʼn mededingende hupstoot vir ʼn ekonomie deur die waarde
van winste en inkome vir ʼn land se besighede te verhoog, deur
oorsese investering.
Lei tot ʼn positiewe vermenigvuldiger binne die kringloop van inkome
en besteding.
Negatiewe (geldeenheid depresiasie):
Maak dit moeiliker vir die regering om ʼn begrotingstekort te finansier
wanneer buitelandse beleggers vertroue verloor.
Verhoog invoerkoste, bv. stygende pryse van noodsaaklike
voedselsoorte, grondstowwe, wat die langtermyn produktiewe
potensiaal van die ekonomie beïnvloed.
Maak dit moeilik om vir ʼn handelstekort te betaal, wat aan oorsese
krediteure verskuldig is.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 7
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem TWEE vraagkant-beleide vir groei en ontwikkeling.
Monetêre beleid
Fiskale beleid (2)
3.1.2 Hoe kan rentekoerse deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank
aangewend word om produksie van goedere en dienste te
stimuleer?
Verlaging van rentekoerse, verhoog verbruikersbesteding.
Produksie word gestimuleer wanneer besighede groot toerusting
aankoop a.g.v. die lae koste van lenings.
Meer goedere en dienste sal oor die langtermyn geproduseer
word om te voldoen aan die toename in die vraag na goedere en
dienste.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn land in die Noord-verdeel.
Kanada
Frankryk
Italië
Duitsland
Japan
Rusland
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Australië
Nieu-Seeland (Enige 1 x 1) (1)
3.2.2 Verskaf EEN kenmerk van die groep lande deur die ‘Suid’
voorgestel.
Lae lewenstandaard
Gebrek aan voldoende infrastruktuur
Lae lewensverwagting
Gebrek aan onderwys
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 1) (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term globalisasie.
Die wêreldwye interaksie van ekonomieë met handel as belangrike
element.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
3.2.4 Verduidelik handel, as ʼn uitdaging van globalisasie, kortliks.
Handel is ʼn uitdaging van globalisasie omdat:
Ryk lande aanhou om produksie van hul landbougoedere te
subsidieer en dit moeilik maak vir ontwikkelende lande om mee te
ding.
Hulle dit doen terwyl hulle daarop aandring dat ontwikkelende
lande tariewe op vervaardigde goedere, verwyder.
Meeste van die wêreld se armste lande neem min deel aan
buitelandse handel en blameer globalisasie daarvoor.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 2) (2)
3.2.5 Hoe dra lande in die Noord-verdeel by tot die vernietiging van
die omgewing?
Hulle dra by tot die vernietiging van die omgewing deur:
Besoedeling te veroorsaak a.g.v. massaproduksie van goedere
en dienste.
Klimaatsverandering te veroorsaak a.g.v. hul betrokkenheid by
hoë vlak industriële aktiwiteite.
Natuurlike hulpbronne uit te put a.g.v. oor-industrialisasie.
Ontbossing a.g.v. industrialisasie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Noem EEN kategorie in die sekondêre sektor.
Vervaardiging
Voedselverwerking
Olieraffinadery
Energieproduksie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 1) (1)
3.3.2 Wat is die neiging in die primêre sektor tussen 2017 en 2018?
Dit neem af (1)
3.3.3 Omskryf kortliks die begrip Bruto Binnelandse Produk.
Bruto Binnelandse Produk is die geldwaarde van alle finale goedere
en dienste wat binne die grense van ʼn land geproduseer word, binne
ʼn sekere tydsperiode.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.3.4 Verduidelik die gebruik van per capita BBP syfers.
Dit word gebruik om die lewenspeil tussen verskillende lande te
vergelyk.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 9
3.3.5 Hoe sal reële groei van 0,8% die ekonomie negatief beïnvloed?
ʼn Lae reële groei van 0,8% is laer as die verwagte groeikoers. Dit
beïnvloed die ekonomie negatief deur:
Indiensnemings eleenthede te verminder omdat besighede nie
meer werkers kan huur nie.
Die vraag na goedere en dienste te laat daal omdat
verbruiksbesteding afneem.
Vertroue in investering te laat afneem.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die koste om sake te doen as ʼn aanbodkant-
benadering in die bevordering van groei en ontwikkeling in
Suid-Afrika.
Vervoerkoste
Vervoer opsies is lug-, pad-, spoor- en seevervoer.
Regering beheer lug- en spoorvervoer in Suid-Afrika.
ʼn Beduidende gedeelte van vrag en passasiers word padlangs
vervoer.
Slegs ʼn betroubare spoordiens wat goedkoper is as padvervoer, sal die
probleem omkeer.
Kommunikasiekoste
Kommunikasie opsies is kabel, sein en pos.
Regering beheer kabel (land- of vaste lyne) en pos kommunikasie
dienste.
Kabel-kommunikasiedienste in Suid-Afrika is een van die duurste in die
wêreld, maar redelik doeltreffend.
Hoë kostes maak IT-dienste vir besighede en individue duur en beperk
globale mededingendheid.
Energiekoste
Elektrisiteit en vloeibare brandstof is die hoofbronne van energie in Suid-
Afrika.
Eskom is die enigste verskaffer (monopolie).
Regering reguleer die pryse van petrol en paraffien.
Die pryse van ingevoerde ru-olie is gekoppel aan internasionale
markpryse, wat hoog is.
Hoë vloeibare energiepryse ondermyn die doeltreffendheid van die
ekonomie. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
3.5 Hoe standaardiseer internasionale organisasies soos die
Wêreldbank en die Verenigde Nasies die aanwysers van lidlande?
WêRELDBANK
Die Wêreldbank Groep van Instellings verskaf definisies vir ʼn reeks
ekonomiese en sosiale aanwysers.
In vennootskap met die Internasionale Organisasie vir
Standaardisasie (IOS), verskaf die Wêreldbank standaarde wat
wêreldklas spesifikasies daarstel vir produkte, goedere en
stelsels.
VERENIGDE NASIES
Het die beste ontwikkel – bekende handleiding van ekonomiese
aanwysers, die Stelsel van Nasionale Rekeninge (SNR).
Dit fokus op produksie, inkome en besteding en hoe om dubbeltelling
te vermy.
Dit stel data saam vir die SARB se Kwartaallikse Bulletin kragtens die
SNR spesifikasies.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem TWEE soorte sakesiklusse.
Kitchen-siklus
Jugler-siklus
Kuznets-siklus
Kondratieff-siklus (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan KMMOs tot ekonomiese groei bydra?
KMMOs kan tot die ekonomiese groei bydra deur:
Produksieprosesse te verhoog.
Werkskeppingsgeleenthede vir strukturele werklose mense te
skep.
Mededinging te verhoog.
Geleenthede vir uitvoere te vermeerder.
Entrepreneursvaardighede te verhoog wat sal lei tot hoër
produksie en investering.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die vraagkurwe wat ʼn daling in die vraag na
dollars aantoon.
V2V2 (1)
4.2.2 Watter soort wisselkoersstelsel is tans in Suid-Afrika in
gebruik?
Vryswewende wisselkoersstelsel/buigbare wisselkoersstelsel (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term devaluasie.
Devaluasie verwys na die doelbewuste daling in die waarde van
die geldeenheid kragtens ʼn ander geldeenheid, a.g.v. inmenging
deur die sentrale bank.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
4.2.4 Verduidelik EEN faktor wat die vraag na dollar kan beïnvloed.
Invoer van goedere laat vraag na buitelandse goedere
toeneem en betalings moet in buitelandse geldeenheid
gedoen word.
Betaling vir dienste deur buitelandse lande moet in
buitelandse geldeenheid gedoen word.
Koop van aandele en bates van ander lande laat die vraag
daarna styg.
Toeriste bestee geld oorsee.
Terugbetaling van lenings van oorsese lande.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
4.2.5 Wat is die uitwerking van die rand wanneer daar ʼn daling in
die vraag na dollars is?
ʼn Daling in die vraag na dollars sal:
VSA$ – Depresieer
R – Appresieer Rede: Die vraag na rand neem toe van VV
na V1 V1 en die ewewigspunt skuif van e na f. Die prys
sal vasgestel word teen R10 wat hoër is as R8.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 In watter jaar streef die NOP daarna om armoede te
elimineer?
2030 (1)
4.3.2 Noem EEN manier hoe die regering armoede onder die
kwesbare groepe in Suid-Afrika kan verlig.
Verskaffing van sosiale toelaes
Verbeter kwaliteit van onderwys
Aanbied van vaardigheidsopleiding
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 1) (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.
Dit impliseer ’n toename in die vermoë van die bevolking om
meer goedere en dienste te produseer.
Die proses waardeur die lewenspeil verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 1 x 2) (2)
4.3.4 Watter negatiewe uitwerking kan die NOP op
belastingbetalers hê?
Vir die implementering van die NOP sal die regering:
Meer inkome benodig en daarvoor sal meer en hoër belastings
benodig word.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 13
4.3.5 Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie voordeel trek uit die
implementering van die NOP?
Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal bevoordeel word deur die
implementering van die NOP deur:
Werkloosheid onder die jeug te verminder / jongmense te
voorsien van breër geleenthede.
Die mededingende vermoë van die ekonomie te verhoog.
Die lewenstandaard van mense te verbeter.
Industrialisasie te verhoog.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Enige 2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks die demografiese aanwysers.
Bevolkingsgroei
Meet van bevolkingsgroei is belangrik vir die verskaffing van sosiale
dienste.
Identifiseer die grootte van die belastingbasis.
Suid-Afrika se bevolkingsgetal was 58 miljoen in 2019.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)
Lewensverwagting
Geskat op 61 vir mans en 67 vir vrouens in Suid-Afrika.
Toon die aantal jare wat ʼn pasgebore baba sal lewe aan, as die sterfte
patroon onveranderd bly.
Word deur die regering en versekeringsmaatskappye gebruik.
Die regering gebruik dit om die omvang van sosiale dienste te
bepaal.
Versekeringsmaatskappye gebruik dit om premies te bereken.
(Enige 2 x 2) (8)
4.5 Hoe sal ʼn styging in uitvoerpryse en invoerpryse die Suid-Afrikaanse
ekonomie beïnvloed?
ʼn Styging in uitvoerpryse sal:
Lei tot ʼn verbetering in die ruilvoet.
Ekonomiese welvaart laat toeneem omdat hoër inkome verdien word
met dieselfde besteding.
Oor die langtermyn sal dit egter lei tot ʼn afname in volumes verkoop,
afhangende van die pryselastisiteit van vraag.
Lei uiteindelik tot ʼn daling in welvaart.
ʼn Toename in invoerpryse sal:
Lei tot ʼn verswakking in die ruilvoet.
Welvaart laat afneem omdat meer hulpbronne gebruik is om meer
eenhede te produseer om hoër invoerkoste te finansier.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Bespreek in detail hoe die volgende faktore tot swak openbaresektor
voorsiening sal bydra:
Gebrek aan aanspreeklikheid (10)
Ondoeltreffendheid (8)
Probleme met assessering van behoeftes (8)
Stel oplossings vooroor hoe doeltreffendheid die ondernemings in staatsbesit
kan verbeter.
INLEIDING
Die openbare sektor bestaan uit die sentrale regering, verantwoordelik vir
nasionale sake, provinsiale regering, verantwoordelik vir streeksake en
plaaslike regering, verantwoordelik vir straatligte, ens.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding) (2)
HOOFGEDEELTE
Gebrek aan aanspreeklikheid
Aanspreeklikheid beteken om ʼn verduideliking te kan gee vir jou besluite, aksies
en besteding.
Die mense vereis dat die regering belastings aanwend vir die doel waarvoor dit
gehef word en nie om die mag wat toegeken is, te misbruik nie.
Staatsamptenare dien nie altyd die belang van die publiek nie.
Hulle streef na maksimum salarisse, status en mag en daar word nie van hulle ʼn
wins- en verliesstaat vereis nie.
Hulle is begrotingsgedrewe.
Die regering poog om hierdie probleem te oorbrug deur staatsamptenare
aanspreeklik te maak teenoor die publiek.
In Suid-Afrika word aanspreeklikheid onderlê deur:
Ministeriële verantwoordelikhede: ministers is spreekbuise vir hulle
departemente.
Die Direkteur Generaal van elke departement is aanspreeklik vir die aktiwiteite
van die Departement
Portfolio Komitees: monitor individuele departemente en maak aanbevelings aan
die Parlement.
Tesouriebeheer: die nasionale tesourie is verantwoordelik vir bestedings
beheer.
Die Tesourie Komitee, met die Minister van Finansies as voorsitter, evalueer alle
versoeke vir addisionele befondsing, regdeur die jaar.
Die Ouditeur-Generaal rapporteer aan elke regeringsdepartement.
Die OG rapporteur oor die standaard van finansiële bestuur en wys moontlike
bedrog en ongemagtigde besteding uit. (Maks. 10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 15
Ondoeltreffendheid
Aanspreeklikheid waarborg nie doeltreffendheid nie.
Openbare goedere moet doeltreffend verskaf word (Pareto-doeltreffendheid is waar
die welvaart van die gemeenskap die maksimum is en dit daarom onmoontlik is om
die welvaart van een individu te verhoog, deur die welvaart van ʼn ander te
verlaag.)
Drie hoofredes vir ondoeltreffendheid:
Burokrasie: (amptelike reëls en prosedures)
Beamptes mag fokus op korrekte prosedures en reëls en staan onverskillig teenoor
die hoeveelheid (bv. die aantal pasiënte wat gespreek word) en kwaliteit van die
diens (bv. die verduidelik van die gebruik van medisyne)
Sommige mag onsensitief wees vir die behoeftes van hulle kliënte.
Onbevoegdheid: m.a.w. gebrek aan vaardigheid om ʼn taak behoorlik te
verrig.
Dit mag wees a.g.v. onvoldoende kwalifikasies, gebrek aan opleiding, ondervinding
en ʼn apatiese houding.
Korrupsie: m.a.w. uitbuiting van ʼn persoon se posisie vir persoonlike
voordeel.
Omkopery, pleeg van bedrog, nepotisme, oneerlikheid en toepassing van
diskriminasie. (Maks. 8)
Probleme met assessering van behoeftes
In die privaatsektor dikteer die kragte van vraag en aanbod die pryse.
Die markpryse dien as sein aan die produsente om die behoeftes van die
verbruikers en die hoeveelhede aangevra te kommunikeer.
Staatsbeheerde ondernemings handel nie volgens die kragte van vraag en aanbod
nie.
Dit raak dus moeilik vir staatsbeheerde ondernemings om die behoeftes van
verbruikers te assesseer en openbare goedere word dan oor- of onderverskaf.
Mense se behoeftes is oneindig, so die regering is nie in staat om aan almal te
voorsien nie.
Ernstige struktuele tekortkominge in die ekonomie veroorsaak ook dat die regering
ondervoorsien aan die behoeftes wat dit identifiseer
Politieke agendas is meer belangrik as die behoeftes wat die regering
identifiseer. (Maks. 8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
ADDISIONELE GEDEELTE
Stel oplossings vooroor hoe doeltreffendheid die ondernemings in staatsbesit
kan verbeter.
Doeltreffendheid van staatsbeheerde ondernemings kan verbeter word, deur:
Behoorlike en duidelike riglyne ten einde korrupsie te beveg.
Private Openbare Vennootskappe te vorm, ten einde vinniger, meer doeltreffende
lewering van goedere en dienste te bewerkstellig.
Duidelike koste en ontwikkelingsmandate daar te stel wat finansiële implikasies
duidelik sal aantoon.
ʼn Raamwerk te ontwikkel vir die aanstelling en vergoeding van lede van die Raad
vir Staatsbeheerde ondernemings.
Doeltreffende bestuur te verseker.
Te fokus op skaars hulpbronne t.o.v. die hoogste finansiële impak, bv.
deur ʼn mededingende werkkultuur aan te moedig deur die huur en behou van
talentvolle individue m.b.v. mededingende vergoedingspakkette.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (10)
SLOT
Doeltreffende openbaresektor-voorsiening in Suid-Afrika is belangrik vir ʼn hoër
groeikoers, hoër indiensnamekoers en ʼn beter lewenstandaard vir almal.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 17
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Bespreek in detail die toepaslikheid van Suid-Afrika se
streeksontwikkelingsbeleide kragtens internasionale beste praktyk kriteria. (26)
Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering ten opsigte van die bereik van
doelwitte vir streeksontwikkeling? (10)
INLEIDING
Streeksontwikkeling is die bevordering van ekonomiese ontwikkeling in gebiede waar
armoede, werkloosheid en inkome ongelyk en hoog is.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)
HOOFGEDEELTE
Mededingendheid
- Nywerhede opgerig a.g.v. streeksbeleide, behoort mededingend te wees.
- Nywerhede behoort nie aanhoudende finansiële hulp van die staat te ontvang
nie.
- Hulle behoort selfonderhoudend oor die langtermyn te wees en nie afhanklik van die
regering nie.
Volhoubaarheid
- Die vermoë van ʼn streek om sy eie ontwikkeling te ondersteun.
- Die natuurlike en menslike hulpbronne behoort ingespan te word.
- Werkskepping en volhoubare ontwikkeling behoort behaal te word.
- Ontwikkeling behoort ʼn langtermynbenadering te wees eerder as winsrealisering.
Goeie bestuur
- Ontwikkelingstrategieë moet doeltreffend bestuur word en vry wees van
korrupsie.
- Beginsels van aanspreeklikheid en deursigtigheid behoort toegepas te word.
- Projekte moet korrek gemonitor en ge-evalueer word.
- Doeltreffende finansiële beheer moet uitgeoefen word.
Vennootskap
- Streekontwikkeling behoort die verantwoordelikheid van verskillende rolspelers te
wees.
- Vennootskappe moet gebou word tussen die regering, gemeenskap en spesiale
belangegroepe en die privaatsektor.
Verskaffing van hulpbronne
- Voldoende hulpbronne behoort verskaf te word in arm gebiede, bv. die ontwikkeling
van infrastruktuur.
- Voorsiening van infrastruktuur behoort ʼn prioriteit te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
Vrye-mark oriëntasie
- Staatsinmenging in market moet tot die minimum beperk word sodat die kragte van
vraag en aanbod en die winsmotief ruimte kan skep vir die doeltreffende toekenning
van hulpbronne.
- Markte moet toegelaat word om onafhanklik te funksioneer.
Integrasie
- ʼn Geïntegreerde benadering behoort gevolg te word ten einde te verseker dat
voordele in een deel van ʼn streek oorspoel na ander nywerhede in ander
gebiede.
Investering van sosiale kapitaal
- Regering moet die kwaliteit van onderwys en gesondheidsorg verbeter in ʼn
streek.
- Regering moet meer skole in verskillende streke bou. (Maks. 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Suid-Afrika is suksesvol met bereiking van streekontwikkelings doelwitte, omdat:
Daar lewendige ekonomiese aktiwiteite in verskillende streke
is.
ʼn Geraamde 80% van die land se BBP in verskeie nywerheidsgebiede
geproduseer word:
bv. Johannesburg-Pretoria-Tshwane, Durban-Pinetown, Port Elizabeth-Coega-
Uitenhage, Maputo-ontwikkelings korridor, Richards Baai (Metaal), Phalaborwa
ROI.
Die Departement van Handel en Nywerheid ʼn vennootskap gevorm het met die
privaatsektor deur die Ruimtelike Ontwikkeling Inisiatiewe.
Dit toon dat die regering, tesame met belanghebbendes, verbind is tot die
verbetering in ontwikkeling.
Suid-Afrika was onsuksesvol in die bereiking van streekontwikkelings doelwitte, omdat:
Daar ʼn gebrek aan aanspreeklikheid in die meeste openbare ondernemings
is.
Wanbesteding van van fondse sit die regering onder druk om daardie
ondernemings wat nie ʼn wins kon realiseer nie, uit te help.
Die kwaliteit van dienste in hospitale en klinieke in verskeie streke het nie verbeter
nie.
Die land nie daarin kon slaag om ʼn beduidende vloei van investering te lok nie.
Daar ʼn tekort is aan infrastruktuur in die meeste streke.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Maks. 10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V1 19
SLOT
Die langtermynsukses van die bereiking van ekonomiese ontwikkeling lê opgesluit
in die wyse waarop die nywerheidsbeleid toegepas word.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot) (Maks. 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper