Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12201915 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B struktuur 1.1.2 B tegniese 1.1.3 C interafhanklik 1.1.4 A verpakking 1.1.5 D belasting 1.1.6 D verband 1.1.7 C reisende 1.1.8 A nie-hernieubare (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 C bepaal deur die interaksie tussen vraag en aanbod 1.2.2 E addisionele vergoeding vir entrepreneurskap 1.2.3 I die waarde van wat jy moet opoffer om iets anders te kies 1.2.4 A het ’n hibriede struktuur 1.2.5 D tradisionele manier van dinge doen wat eie is aan ’n gegewe kultuur 1.2.6 G gebruik om allesomvattende inflasie te bereken 1.2.7 H besoek aan kunsgalerye, museums, argeologiese gebiede, ens. 1.2.8 F wanneer hitte in die CO2-laag in die atmosfeer vasgevang word (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN BEGRIP 1.3.1 Eksplisiete koste 1.3.2 Langtermyn 1.3.3 Eksternaliteite 1.3.4 Deflasie 1.3.5 Wêrelderfenisgebiede 1.3.6 Biodiversiteit (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 3 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKROEKONOMIE 2.1 2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van veranderlike koste. Water Elektrisiteit Hulpbronne Verkoopskommissie Direkte arbeidkoste Verpakking (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom is individuele mark deelnemers in ’n volmaakte mark onbeduidend tot die mark as ’n geheel? Hulle het geen mag in die mark nie Hulle kan nie die pryse van produkte beïnvloed nie Hulle aanvaar die markprys soos die mark as ’n geheel weergegee Hulle handel volkome onafhanklik van mekaar (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2 2.2.1 Voorsien ’n gepaste byskrif vir kurwe A. (1) Gemiddelde Inkome / Vraagkurwe 2.2.2 Wat is die verkoopprys vir bostaande onderneming? 100 (1) 2.2.3 Omskryf die begrip monopolie kortliks. Monopolie is ’n markstruktuur waarin slegs een verkoper sake bedryf met geblokkeerde toetrede (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Verduidelik ’n rede vir die vorm van die totale inkomste kurwe. Die helling van hierdie kurwe styg soos wat uitset verhoog, bereik uiteindelik ’n piek en raak dan negatief Die veranderende helling van hierdie kurwe is a.g.v. die veranderende prys (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 2.2.5 Teken Grafiek 1 oor in jou antwoordeboek en toon hoe ʼn monopolie ekonomiese wins sal realiseer. 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Noem die markstruktuur wat tot die implementering van mededingingsbeleid gelei het. Onvolmaakte mark/Monopolie/Monopolistiese Mededinging/Oligopolie (1) 2.3.2 Watter instelling verskaf finale besluite wanneer partye ontevrede is met die beslissings van die Mededingingstribunaal? Mededinging Appèlhof (1) 2.3.3 Omskryf kortliks die begrip regulering in ekonomie. Dit is die oplegging van reëls deur die regering, gerugsteun deur gebruik van strawwe wat daarop ingestel is om die ekonomiese gedrag van ondernemings aan te pas. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Wat is die rol van die Mededingingskommissie? Dit is om beperkende besigheidspraktyke te ondersoek, beheer en evalueer (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 5 2.3.5 Waarom is dit belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering om mededinging tussen besighede te beheer? Die is belangrik omdat die regering graag: doeltreffendheid, aanpasbaarheid en ontwikkeling van die ekonomie bevorder verbruikers voorsien met mededingende pryse en produk keuses werkverskaffing aanmoedig en sosiale en ekonomiese welvaart in SA bevorder geleenthede vir SA se deelname in wêreldmarkte wil uitbrei wil verseker dat KMMOs gelyke geleenthede het om deel te neem in die ekonomie (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik kortliks toetrede en volledige kennis, as kenmerke van ’n volmaakte mededinger. Toetrede - Daar is vryheid van toe- en uittrede in die mark, d.w.s. die mark is ten volle toeganklik - Toegang is nie onderworpe aan enige beperkings nie, bv. finansiële, tegnologiese hindernisse - As ’n individuele besigheid waarneem dat ’n ander besigheid ’n groot wins maak in ’n spesifieke mark, kan hulle ’n soortgelyke besigheid oopmaak om dieselfde produk te verskaf - Nuwe ondernemings sal toetree en meeding in ’n spesifieke mark, so lank as wat daar geleenthede is om wins te maak Volledige kennis - Beide kopers en verkopers het volledige inligting aangaande die heersende marktoestande - Daar is geen inligtingmislukking of tyd agterstand in die vloei van inligting nie - Gegewe dat produsente en verbruikers oor volledige kennis beskik, word dit aanvaar dat hulle rasionele besluite neem ten einde hulle selfbelang te maksimeer – verbruikers streef daarna om hulle nut te maksimeer en produsente streef daarna om wins te maksimeer (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 4) (8) 2.5 Watter positiewe impak sal ’n toename in elektrisiteitsverskaffers op Suid-Afrika hê? Die ekonomie sal voordeel trek omdat dit sal lei tot: verbetering in mededinging wanneer meer ondernemings tot die mark wil toetree en elektrisiteit produseer laer elektrisiteitspryse vir beide verbruikers en produsente in die ekonomie verbetering van die kwaliteit van dienste wat deur die elektrisiteitsverskaffers voorsien word stygende produksie in die ekonomie as ’n geheel, omdat daar ’n daling in produksiekoste sal wees werkskepping vir die mense en daarom lei tot verbetering in die welvaart van verbruikers stygende ekonomiese groei a.g.v. die toenemende aantal verskaffers in die ekonomie (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE negatiewe uitwerkings van toerisme. Skade aan die landskap Rommel Erosie Vure Verkeersopeenhopings Besoedeling Duur plaaslike goedere (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is die bewaring van natuurlike hulpbronne belangrik? Dit is belangrik vir bevordering van volhoubare ontwikkeling Dit is belangrik vir die verligting van armoede (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Noem die ekonomiese sektor wat deur toerisme voorgestel word. Tersiêre/dienstesektor (1) 3.2.2 Watter soort toerisme word in bogenoemde data voorgestel? Binnelandse toerisme/plaaslike toerisme (1) 3.2.3 Verduidelik die begrip toerisme kortliks. Toerisme verwys na die aktiwiteite van mense wat na plekke, buite hulle normale omgewing, reis en daar bly – vir plesier, besigheid of ander doelwitte – vir nie meer as een opeenvolgende jaar nie (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Verduidelik ’n rede vir die groei in buitelandse toerisme in Suid- Afrika. SA is ’n vredevolle en voorspoedige demokratiese land Dit is goedkoper vir buitelanders om SA te besoek, a.g.v. die lae waarde van die rand SA bied ’n groot verskeidenheid toeriste-aantreklikhede – dit is ’n wêreld in een (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2) 3.2.5 Hoe kan toerisme armoede in landelike gebiede verlig? Toerisme kan armoede verlig deur: plattelandse mense van direkte en indirekte werksgeleenthede te voorsien plattelandse mense te huur wat direk in die sektor kan werk as toeroperateurs, reisagente, vlugkelners, ens. inkome te verskaf aan plaaslike mense deur toeriste se besteding op goedere en dienste plattelandse mense toe te laat om voordeel te trek uit die bou van infrastruktuur vir toeriste vaardighede te bekom wat in die toeristebedryf benodig word (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 7 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Noem die organisasie wat ’n aantal ooreenkomste rakende vernietiging van giftige chemiese afval gefasiliteer het. Verenigde Nasies (1) 3.3.2 Wat kan die oorsaak van aardverwarming wees? Uitlaat van gasse / Kweekhuisgasse (1) 3.3.3 Omskryf die begrip klimaatsverandering kortliks. Dit is die verandering in die samestelling van die atmosfeer, wat verwant aan menslike aktiwiteite is (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.4 Hoekom voorsien die regering omgewingsubsidies aan ondernemings? Om ondernemings aan te moedig om omgewingsvriendelike produkte te produseer Vir die ontwikkeling van nuwe tegnieke en tegnologie ten einde besoedeling te verminder Om herwinning van afvalprodukte aan te moedig (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.3.5 Hoe word boere deur suurreën beïnvloed? Boere word negatief beïnvloed deur suurreën omdat: opbrengs uit oeste sal daal die prys van landbouprodukte hoog sal wees veeteelt sal afneem deurdat dit deur ’n gebrek aan kos en water beïnvloed sal word (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik kortliks die ekonomiese voordele van toerisme vir die regering. Die regering sal baat by toerisme deur: verhoogde inkome omdat toerisme ’n direkte en indirekte bydrae lewer tot staatsinkome deur belastings, bv. lughawebelasting, vliegkaartjies, ens. advertensies en uitstekende diens wat aan toeriste gelewer word en ’n goeie beeld van die land skep werkverskaffing en armoedeverligting, veral in die informele sektor, bv. musikante die verdien van buitelandse valuta vir die land en die gevolglike toename in buitelandse reserwes eksterne koste te verhaal, wanneer dit vir die regering moontlik is om gedeeltes by toeriste te verhaal wat dien as vergoeding vir die verskaffing van die infrastruktuur (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 3.5 Hoe kan omgewingsdegradering voorkom word? Dit kan voorkom word deur: bome te plant, omdat dit koolstofdioksied kan opneem en sodoende ’n skoner omgewing kan verskaf rommelstrooiing deur mense te vermy omdat dit lei tot aardverwarming mag mense op te voed oor die belangrikheid van die herwinning van items of die hergebruik daarvan in plaas daarvan om weg te gooi die brand van papiere en ander materiale te vermy omdat dit tot besoedeling kan lei intense landboupraktyke te vermy, wat vrugbare grond kan vernietig (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8) [40] VRAAG 4: MIKROEKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE belangrike internasionale protokolle en ooreenkomste oor volhoubare ontwikkeling. Rio de Janerio-beraad (UNCED) Johannesburg-beraad Rio + 20-beraad Kyoto-protokol Millenniumontwikkelingsdoelwitte Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering Konferensie van die Partye (COP) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe word verbruikers deur maksimum pryse beïnvloed? Hulle sal goedere en dienste aankoop teen ’n prys wat laer as die markprys is (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Wat is die aard van die diens wat deur bostaande ondernemings aangebied word? Homogene / Gedifferensieerde (1) 4.2.2 Hoe lyk die vorm van die vraagkurwe van die oligopolie? Geknakte (1) 4.2.3. Verduidelik kortliks die begrip oligopolie. ’n Markstruktuur waarin slegs ’n paar verkopers sake bedryf (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Wat beteken dit vir Vodacom om die dominante onderneming te wees? Dit het ’n beduidende groter markaandeel as sy mededingers of teenstanders. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 9 4.2.5 Hoe word oligopoliemededingers deur samespanning bevoordeel? Oligopoliemededingers word bevoordeel deurdat: hulle prestasie verbeter onsekerhede wat mag plaasvind, voorkom word ’n groot markaandeel besit word en dit verhoed dat nuwe besighede toetree (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Wat word die groep diere in bostaande foto genoem? Die Groot Vyf (1) 4.3.2 Watter internasionale verdrag het met bedreigde spesies te make? Die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die begrip bedreigde spesies. ’n Plant of dierspesie wat ’n ernstige risiko inhou dat dit mag uitsterf, (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Hoe kan onderwys aangewend word as ’n maatreël om volhoubaarheid te verseker? Mense behoort bewus gemaak te word van omgewingskwessies en die gevolge van hulle dade Innoverende benaderings kan aangewend word om mense op te voed, bv. daarstel van gemeenskaps-wildreservate (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.3.5 Hoekom is die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte nie bereik nie? Millennium Ontwikkelingsdoelwitte is nie bereik nie, omdat: daar ’n gebrek aan behoorlike moniteringstelsels was die wêreld se bosbougebiede steeds besig is om kleiner te word daar ’n dalende neiging in produktiwiteit is onwettige stropery en die opspoor van wild steeds bewaring verhoed (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 4.4 Met behulp van ’n grafiek met volledige byskrifte, verduidelik ekonomiese verlies in ’n volmaakte mark. Ekonomiese verlies MK GK Prys/inkome/koste K f P MI/GI e Hoeveelheid 0 H Puntetoekenning Korrekte benoeming en posisie van MK en GK = 1 punt Korrekte benoeming en posisie van MI/GI = 1 punt Aantoon van die korrekte verlies area = 2 punte Maksimum = 4 punte (8) Die besigheid is in ewewig by punt e waar MI=MK en die optimale hoeveelheid geproduseer is by H teen prys P en koste K Ekonomiese verlies word gelei waar GI minder is as GK, wat aangedui word deur die KPef gebied 4.5 Ondersoek die sukses van bemarking as ’n strategie om toerisme in Suid- Afrika te bevorder. Bemarking was suksesvol in die bevordering van toerisme, deur: ’n moderne webtuiste te gebruik wat aangewend word om die handelsmerk vir toeristedienste te bou en wat baie toeriste na Suid-Afrika lok benutting van aanlynbesprekings en -betalings wat verseker dat toeriste vir hulle hotelkamers betaal en ook ontspanningsaktiwiteite aanlyn en vooruit kan bespreek inligting te verskaf aan toeriste i.v.m. hulle veiligheid en ook sekuriteit deur misdaad en geweld teen toeriste te beperk wat dan baie toeriste na die land lok d.m.v. toerisme-indabas voldoende hulpbronne toe te wy aan die veiligheid van toeriste deur vinnige en doeltreffende regsprosedures die diversiteit van die toerismeprodukte, wat reistoerisme, sport, wild-safari’s, ens., insluit te beklemtoon en beide nasionale en internasionale toeriste lok. reis meer toeganklik en bekostigbaar te maak vir almal deur die Sho’t left veldtog betroubare en bekostigbare vervoer, soos verlang deur toeriste, daar te stel en ook dienste eie aan die behoeftes van toeriste beskikbaar te stel, bv. Gautrain infrastruktuur te onderhou en op te gradeer om die toeganklikheid en beweeg- likheid na toeriste-aantreklikhede te verbeter, het die toerismesektor verbeter bv. inligtingsentrums, spoor- en padnetwerke, telekommunikasie, ens. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 11 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5 Bespreek die oorsake van markmislukking in detail deur op die volgende te fokus: - Ontbrekende/onvolledige markte - Gebrek aan inligting (26) Evalueer die sukses van staatsinmenging in markte t.o.v. verspreiding van rykdom. (10) INLEIDING Markmislukking beteken dat die beste beskikbare/optimale produksie uitset nie behaal is nie. Markte misluk wanneer dit nie vir hulle moontlik is om hulpbronne doeltreffend toe te ken nie. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 2) (2) HOOFGEDEELTE Ontbrekende/onvolledige markte Markte is ontbrekend/onvolledig en kan nie aan die vraag na alle goedere voldoen nie. Openbare goedere Vryemarkte wil nie hierdie goedere verskaf nie, daarom moet die regering dit verskaf Besighede in die vryemark sal nie ’n prys hef vir hierdie goedere, gebaseer op hul verbruik nie, daarom sal hulle dit eerder self verskaf Openbare goedere sluit in: - Gemeenskapsgoedere Dit is goedere soos weermag, polisiedienste, straatligte, vloedbeheer, ens. Kenmerke van gemeenskapsgoedere: - Nie-mededingend Verbruik deur een persoon verminder nie die gebruik deur ’n ander persoon op enige manier nie. Bv. straatligte, ligtorings Verbruik deur een persoon mag nie verhoed dat andere dit ook geniet nie - Nie-uitsluitbaar Verbruik van ’n produk kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor betaal nie, so daar sal rugryers wees Dit word voorsien aan alle verbruikers selfs diegene wat nie daarvoor betaal nie, bv. televisie en radio - Sosiale voordele oortref private voordele Gemeenskapsgoedere beskik dikwels oor groot sosiale voordele relatief tot private voordele, bv. gesondheidsorg en onderwys - Oneindige verbruik Wanneer dit eers verskaf is, is die marginale koste om nog ’n individuele een aan te bied, gelyk aan nul, bv. verkeersligte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) - Nie-verwerping Dit is onmoontlik vir individue om hulle te weerhou van die verbruik daarvan, al wil hulle, bv. straatligte Kollektiewe goedere - Hierdie is goedere soos strandfasiliteite, strate, sypaadjies, paaie, brûe, ens. - Dit word teen ’n verbruikersfooi voorsien - Voorsiening van sommige kollektiewe goedere word gesubsidieer, bv. openbare vervoer en skoon water Meriete en nie-meriete goeder Meriete goedere - Dit hou belangrike voordele in vir die verbruiker en vir die algemene welvaart van die gemeenskap - Dit is hoogs begeerlik vir die algemene welvaart van die mense van ’n land, maar word dikwels nie hoog geag deur die mark nie - Indien mense die markprys daarvoor sou moes betaal, sou relatief min daarvan verbruik word - In hierdie sin, sal die mark misluk tot nadeel van die ekonomie en die gemeenskap. - Voorbeelde van sodanige goedere is gesondheidsorg en onderwys, vaardigheidsopleiding, veiligheid, inentings en veiligheidsgordels van voertuie - Markte reflekteer nie die volle waarde van meriete goedere nie, omdat markte slegs die private voordele in berekening bring en nie die sosiale voordele nie. - Markte onderwaardeer hierdie produkte en verskaf te min hiervan, teen pryse wat te hoog is - Indien verbruikers die volle markprys sou moes betaal, sou baie min hiervan verbruik word en die mark sal daarom misluk Nie-meriete goedere - Dit word oorverbruik deur individue - Sommige verbruikers mag onbewus wees van die ware koste om dit te verbruik, m.a.w. hulle negatiewe eksternaliteite - ’n Regering kan die verbruik van sodanige goedere verban of verlaag deur middel van belastings en inligting verskaf rakende die skadelike effekte daarvan - Voorbeelde sluit in: sigarette, alkohol, tabak, nie-voorskrif dwelmmiddels - Wanneer die mark gewillig is om dit te produseer, sal dit te veel hiervan aanbied. Gebrek aan inligting - Verbruikers, werkers en entrepreneurs beskik nie altyd oor die nodige inligting ten einde rasionele besluite te maak nie, gevolglik veroorsaak die gebrek aan inligting dat markte nie goed bedryf word nie. - Verbruikers beskik nie oor gedetailleerde inligting aangaande gevorderde tegnologie nie, sodoende is hulle nie bewus van goedere wat geproduseer word wat hulle nut kan maksimeer nie - Werkers benodig ook inligting oor werksgeleenthede en voordele ten einde te verseker dat hulle arbeid doeltreffend aanwend, maar hulle is onbewus van sodanige werksgeleenthede buite hulle huidige werksplek en daarom misluk markte om die vereiste arbeidsmag in diens te neem. - Entrepreneurs mag aan inligting ontbreek aangaande koste en beskikbaarheid van produksiefaktore en gevolglik kan hulle sake doen gegrond op die basis van foutiewe inligting en sodoende verkeerde besluite neem (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken ’n maksimum van 8 punte toe indien slegs genoem of vir voorbeelde) (26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 13 ADDISIONELE GEDEELTE Evalueer die sukses van staatsinmenging in markte t.o.v. verspreiding van rykdom. Die regering was suksesvol in die verspreiding van rykdom, deur: openbare goedere vir gemeenskaplike verbruik te voorsien, bv. voorsiening van gesondheidsorgdienste, infrastruktuurontwikkeling, ens. wat tot die opheffing van die welvaart van individue lei investering in onderwys en opleiding deur voorsiening van gratis onderwys in skole en tersiêre instellings, wat daartoe lei dat mense geleenthede kry om in diens geneem te word en rykdom te versamel armoede deur sosiale oordrag aan die armes te verlig en daardeur hulle welvaart te verbeter deelname van swart entrepreneurs in ekonomiese aktiwiteite aan te moedig en sodoende werk te skep vir verskillende vaardighede in die ekonomie, wat ook tot die verbetering van almal se lewenstandaarde lei Onsuksesvol deurdat: hulle versuim om ongelykheid te verminder, ten spyte van die sosiale oordragte wat voorsien word, omdat die toelaes nie vir werkloses voorsiening maak nie ’n amptelike definisie van werkloosheid gebruik word, wat mense wat opgegee het om werk te soek, uitsluit werk geskep word wat skaars byhou by die pas waarteen die arbeidsmag groei versuim word om behoorlike moniteringsinstrumente daar te stel vir die toestaan van tenders en om swartes te bemagtig versuim word om die gaping tussen die rykes en die armes te oorbrug (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (10) SLOT Die regering probeer om die belange van die gemeenskap te beskerm en die doeltreffendheid van die markte te verbeter, maar daar is nog baie wat gedoen kan word. (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike hoërorde-slot) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 6 Ondersoek die oorsake van kostedruk-inflasie in detail. (26) Hoe doeltreffend is rentekoerse om inflasie te bekamp, sedert die bekendstelling van inflasieteikens? (10) INLEIDING - Kostedruk-inflasie is ’n styging in die algemene prysvlak as gevolg van ’n styging in die produksiekoste - Enige koste van ’n besigheid, is ’n potensiële oorsprong van kostedruk-inflasie. - Kostedruk-inflasie mag ook veroorsaak word deur ’n kombinasie van verskeie komponente van produksiekoste (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2) INHOUD HOOFGEDEELTE – OORSAKE VAN KOSTEDRUK-INFLASIE Styging in lone - Vergoeding vir arbeid verteenwoordig bykans 60% van die produksiekoste van die BBP - Styging in salarisse en lone is daarom ’n belangrike oorsprong van kostedruk- inflasie - Wanneer werkers hoër lone as hulle produktiwiteit eis, word die stygende koste gedek deur ’n styging in die pryse - As vakbonde suksesvol is in loononderhandelinge, sal die lone styg en die produsente sal die verkoopprys verhoog om op te maak vir die hoër insetkoste - Pryse van goedere/dienste sal styg en inflasie mag voorkom - ’n Bose kringloop vind plaas as arbeiders nog hoër lone vereis soos wat die lewenskoste styg (Maks. 6) Styging ’n die pryse van ingevoerde goedere/sleutelinsette - Suid-Afrikaanse vervaardigers moet die meeste van hulle kapitaal en goedere soos olie en aluminium invoer - Wanneer dit verhoog word, lei dit tot prysstygings omdat produsente verkies om nog steeds hulle wins te realiseer. - Indien pryse van ingevoerde sleutel insetgoedere styg (bv. olie, energie, kapitaalgoedere, ens.) word die plaaslike produksiekoste opwaarts gedruk en die verbruikersprys styg en dit lei weer tot inflasie (Maks. 4) Verhoogde winste / winsgrense - Wanneer winsgrense verhoog word, lei dit tot ’n styging in die pryse van goedere - Dit gebeur wanneer ondernemings hul markkrag gebruik om die pryse op te stoot - Wanneer besighede hulle winsgrens opstoot, verhoog hulle die produksiekoste en uiteindelik die pryse wat die verbruikers moet betaal (Maks. 4) Lae vlakke van produktiwiteit - Wanneer die verskeie produksiefaktore minder produktief raak en dit steeds dieselfde vergoeding ontvang, sal die produksiekoste van elke eenheid van die uitset toeneem, loonstygings wat nie gepaardgaan met soortgelyke styging in produktiwiteit nie, het die uitwerking om inflasie te verhoog (Maks. 4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 15 Natuurrampe - Natuurrampe soos oorstromings, brande, droogte vind soms plaas in Suid-Afrika en kan inflasie in voedselpryse veroorsaak as gevolg van tekorte in die landbouproduksie - Dit het ’n invloed op kostes vir die produsente - Voedselpryse is een van die mees kwesbare prysitems in inflasie-indekse as gevolg van die uitwerking van weersveranderinge (Maks. 4) Wisselkoers-depresiasie - Wisselkoers-depresiasie mag die oorsaak van prysstygings wees. - Bv. as die rand depresieer teenoor die VS dollar, sal alle ingevoerde goedere en dienste duurder raak (Maks. 4) Skielike styging in rentekoerse Stygings in rentebetalings op lenings sal lei tot hoër kostes - Produsente sal hierdie hoër kostes verhaal deur die pryse van goedere en dienste te verhoog (Maks. 4) Regering veroorsaakte pryse - Wanneer die regering prysstygings veroorsaak, wat stygings in direkte belasting en indirekte belasting insluit, beïnvloed dit die pryse van goedere en dienste - Produsente verskuif normaalweg die belastinglas na verbruikers deur hulle pryse van goedere en dienste te verhoog en dit lei tot inflasie (Maks. 4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken ’n maksimum van 8 punte toe indien slegs genoem of vir voorbeelde) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Hoe doeltreffend is rentekoerse om inflasie te bekamp, sedert die bekendstelling van inflasieteikens? Die gebruik van rentekoerse as ’n instrument om inflasie te beheer, is doeltreffend omdat: Veranderinge in die repokoers het ’n positiewe uitwerking in sover as die inflasie beheer word binne die teikenkoers Alhoewel die inflasiekoers 13,51% in 2002 was, het dit deur die gebruik van rentekoers gedaal na 6,16% in 2016 wat nog steeds buite die teikenkoers is Die 25-basis puntestyging in November 2018 het die repo- en die primakoerse tot 6,75% en 10,25% gevat en die inflasiekoers was binne die teiken teen 5,2% Verhoging van die rentekoers sal lei tot minder geld, krediet en besteding in die ekonomie en dit raak dan moeilik om pryse en lone te verhoog Die repokoers is gehandhaaf teen 6,77% en die primakoers teen 10,25% in die eerste kwartaal van 2019 Die huidige inflasiekoers staan op 4,5% van 4,1% in Maart 2019 en dit toon dat die SARB daarin geslaag het om die inflasiekoers doeltreffend te bestuur deur die gebruik van rentekoerse. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (10) SLOT Inflasie kan ’n bedreiging wees vir die normale werking van die ekonomie, daarom is maatreëls soos monetêre en fiskale beleide uiters belangrik om die verskynsel onder beheer te hou. (Aanvaar enige toepaslike hoërorde-slot) (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all