Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201912 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer op elke antwoord neer. 5. Lees die vrae sorgvuldig deur. 6. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D. 1.1.1 Die elemente van ’n mark-… sluit die aantal verkopers, aard van die produk en die omvang van differensiasie in. A krag B struktuur C stelsel D ewewig 1.1.2 ’n … monopolie kom voor waar ’n enkele onderneming vervaardigingsmetodes, om sekere produkte te produseer, beheer. A Geografiese B Tegniese C Kunsmatige D Staatsbeheerde 1.1.3 In ’n oligopolie beïnvloed een onderneming se optrede die besluite van ander mededingende ondernemings, wat beteken dat hierdie ondernemings ... is. A uniek B kragtig C interafhanklik D spesiaal 1.1.4 Produsente maak gebruik van … om hul produkte aantreklik vir verbruikers te maak. A verpakking B pryse C handelsmerke D dienste 1.1.5 Die staat kan ’n beduidende rol in volhoubare omgewingsonderhoud deur … speel. A bemarking B eksternaliteite C uitvoere D belasting Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 1.1.6 VPIX is die inflasiekoers wat rentekoerse op ... uitsluit. A munisipale effekte B tesourie-effekte C staatseffekte D verbande 1.1.7 Mense wat deur Suid-Afrika reis om by ’n ander land uit te kom, word ... toeriste genoem. A uitgaande B inkomende C reisende D binnelandse 1.1.8 Beperkte hulpbronne staan ook as ... hulpbronne bekend. A nie-hernieubare B hernieubare C nie-uitgeputte D onbeperkte (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Markprys A het ’n hibriede struktuur 1.2.2 Ekonomiese wins B bereken deur verdiskontering van alle huidige en toekomstige inkome en uitgawes 1.2.3 Geleentheidskoste C bepaal deur die interaksie tussen vraag en aanbod 1.2.4 Monopolistiese D tradisionele manier van dinge doen wat mededingende eie aan ’n gegewe kultuur is 1.2.5 Inheemse Kennis E addisionele vergoeding vir Stelsel entrepreneurskap 1.2.6 Implisiete BBP F wanneer hitte in die CO2-laag in die deflator atmosfeer vasgevang word 1.2.7 Kulturele toerisme G gebruik om allesomvattende inflasie te bereken 1.2.8 Kweekhuiseffek H besoek aan kunsgalerye, museums, argeologiese gebiede, ens. I die waarde van wat jy moet opoffer om iets anders te kies (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 5 1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die werklike koste wat ’n besigheid aangaan in die uitvoer van ’n aktiwiteit, bv. salarisse, lone, grondstowwe, ens. 1.3.2 Die periode waartydens alle produksiefaktore veranderlik is 1.3.3 Die koste of voordeel van ’n transaksie wat ekonomiese agente raak, wat nie direk betrokke by die transaksie is nie 1.3.4 ’n Aanhoudende daling in die algemene pryse van goedere en dienste 1.3.5 ’n Baken of gebied wat deur die Verenigde Nasies gekies word as ’n plek met beduidende kulturele, historiese of ander belang 1.3.6 Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ’n spesifieke habitat (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van veranderlike koste. (2) 2.1.2 Hoekom is individuele mark deelnemers in ’n volmaakte mark onbeduidend tot die mark as ’n geheel? (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLIE GRAFIEK 1 MK 100 Prys/inkome/koste 50 MI A 0 Hoeveelheid GRAFIEK 2 TI 0 Hoeveelheid 40 60 2.2.1 Voorsien ’n gepaste byskrif vir kurwe A. (1) 2.2.2 Wat is die verkoopprys vir bostaande onderneming? (1) 2.2.3 Omskryf die begrip monopolie kortliks. (2) 2.2.4 Verduidelik ’n rede vir die vorm van die totale inkomste kurwe. (2) 2.2.5 Teken Grafiek 1 oor in jou ANTWOORDEBOEK en toon hoe die monopolie ekonomiese wins sal realiseer. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 7 2.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. MEDEDINGINGSBELEID EN SEKTORSPESIFIEKE REGULASIES Mededingingsbeleid en regulasie word dikwels beskou as twee belangrike en interafhanklike areas van regulerende beleid. Die beleide is ontwerp om swak punte in die markstelsel uit te wys. As dit doeltreffend en komplementêr tot mekaar aangewend word, kan beide mededingingsbeleid en regulasie ’n rol speel in die verbetering van die kwaliteit van regulasie en die gevolglike skep van mededingende markte. Die beleid maak gebruik van drie owerhede; die Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal en die Mededinging Appèlhof. [Aangepas uit www.law.ufi.edu] 2.3.1 Noem die markstruktuur wat tot die implementering van ʼn mededingingsbeleid gelei het. (1) 2.3.2 Watter instelling verskaf finale besluite wanneer partye ontevrede is met die beslissings van die Mededingingstribunaal? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die begrip regulering in ekonomie. (2) 2.3.4 Wat is die rol van die Mededingingskommissie? (2) 2.3.5 Waarom is dit belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering om mededinging tussen besighede te beheer? (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik kortliks toetrede en volledige kennis, as kenmerke van ’n volmaakte mededinger. (2 x 4) (8) 2.5 Watter positiewe impak sal ’n toename in elektrisiteitsverskaffers op Suid- Afrika hê? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE negatiewe uitwerkings van toerisme. (2) 3.1.2 Hoekom is die bewaring van natuurlike hulpbronne belangrik? (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. SYFERS VAN MEES ONLANGSE DAG- EN OORNAGREISE BINNE SUID- AFRIKA: JANUARIE – JUNIE 2018 TOTAL AANTAL REISE (‘000) SOORT REIS KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 Dagreis in SA 3 825 4 284 Oornagreis in SA 6 300 6 351 Die aantal mees onlangse reise het van 4,0 miljoen na 4,3 miljoen tussen die twee kwartale van 2018 toegeneem. Die aantal mees onlangse oornagreise het ietwat van 6,3 miljoen in Kwartaal 1 tot 6,4 miljoen in Kwartaal 2 gestyg. [Aangepas uit StatsSA survey 2018] 3.2.1 Noem die ekonomiese sektor wat deur toerisme voorgestel word. (1) 3.2.2 Watter soort toerisme word in bogenoemde data voorgestel? (1) 3.2.3 Verduidelik die begrip toerisme kortliks. (2) 3.2.4 Verduidelik ’n rede vir die groei van buitelandse toerisme in Suid-Afrika. (2) 3.2.5 Hoe kan toerisme armoede in landelike gebiede verlig? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 9 3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. Wanneer daar te veel kweekhuisgasse is, begin aardverwarming en klimaatsverandering voor te kom. [Aangepas uit https://www.pinterest.co.uk/pin] 3.3.1 Noem die organisasie wat ’n aantal ooreenkomste rakende die vernietiging van giftige chemiese afval gefasiliteer het. (1) 3.3.2 Wat kan die oorsaak van aardverwarming wees? (1) 3.3.3 Beskryf die begrip klimaatsverandering kortliks. (2) 3.3.4 Hoekom voorsien die regering omgewingsubsidies aan ondernemings? (2) 3.3.5 Hoe word boere deur suurreën beïnvloed? (4) 3.4 Verduidelik kortliks die ekonomiese voordele van toerisme vir die regering. (8) 3.5 Hoe kan omgewingsdegradering voorkom word? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE belangrike internasionale protokolle en ooreenkomste oor volhoubare ontwikkeling. (2) 4.1.2 Hoe word verbruikers deur maksimum pryse beïnvloed? (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. OLIGOPOLIE: SELFOONDIENSNYWERHEID ’n Verslag volg data na en toon dat Vodacom aan die voorpunt van die groep is. Vodacom het homself nou as die dominante Suid-Afrikaanse selfoonoperateur gevestig, wat sy mededingers hakskene wys in al die nasionale spoed en ander kategorieë. [Aangepas uit https://mybroadband.co.za/newstaff Writer, 7 September 2018] 4.2.1 Wat is die aard van die diens wat deur bostaande ondernemings aangebied word? (1) 4.2.2 Hoe lyk die vorm van die vraagkurwe van die oligopolie? (1) 4.2.3 Verduidelik kortliks die begrip oligopolie. (2) 4.2.4 Wat beteken dit vir Vodacom om ʼn dominante onderneming te wees? (2) 4.2.5 Hoe word oligopoliemededingers deur samespanning bevoordeel? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) EKONOMIE V2 11 4.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. DIE WÊRELD NEEM ‘DAG VIR BEDREIGDE SPESIES’ WAAR In Suid-Afrika, in ag genome sy ryk natuurlike herkoms, behoort hierdie dag te dien as ’n viering, maar die toekoms van baie van die mees ikoniese wesens hang in die weegskaal en tyd loop uit om hulle te red. [Aangepas uit https://www.endangeredspecieslawandpolicy.com] 4.3.1 Wat word die groep diere in bostaande foto genoem? (1) 4.3.2 Watter internasionale verdrag het met bedreigde spesies te make? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die begrip bedreigde spesies. (2) 4.3.4 Hoe kan onderwys aangewend word as ’n maatreël om volhoubaarheid te verseker? (2) 4.3.5 Hoekom is die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte nie bereik nie? (4) 4.4 Met behulp van ’n grafiek met volledige byskrifte, verduidelik ekonomiese verlies in ’n volmaakte mark. (8) 4.5 Ondersoek die sukses van bemarking as ’n strategie om toerisme in Suid-Afrika te bevorder. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Maak seker dat antwoorde die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die maksimum aantal punte behaal kan word. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ’n laerorde-antwoord. ʼn Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die vraag gebruik word, te definieer. Maks. 2 Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie. Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie. Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek. Inhoud Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26 krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/ Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Maks. 10 Slot Enige toepaslike hoërorde-slot wat die volgende behoort in te sluit: ʼn Kort samevatting van wat bespreek is/ontleed sonder om reeds genoemde feite, in die inhoud, te herhaal ʼn Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite Maks. 2 Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te versterk/ontleding ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis Aanbeveling TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKROEKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Bespreek die oorsake van markmislukking in detail deur op die volgende te fokus: - Ontbrekende/onvolledige markte - Gebrek aan inligting (26 punte) Evalueer die sukses van staatsinmenging in markte ten opsigte van die verspreiding van rykdom. (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE Ondersoek die oorsaak van kostedruk-inflasie in detail. (26 punte) Hoe doeltreffend is rentekoerse om inflasie te bekamp sedert die bekendstelling van inflasieteikens? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all