Skip to content

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202513 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste nommer oorskry, sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) EKONOMIE V1 3 AFDELING A: (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae voorsien. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.7 B. 1.1.1 Produkte wat verbruikers vir baie jare herhaaldelik kan gebruik om in hul behoeftes te voorsien, word verwys na as … goedere. A semi-duursame B nie-duursame C duursame D bederfbare 1.1.2 Totale aanbod in die ekonomie kan gestimuleer word deur … A die koste van sake doen, te verhoog. B verbetering van die doeltreffendheid van insette. C verbetering van die ondoeltreffendheid van markte. D dieselfde kostes te handhaaf. 1.1.3 Die Meduimtermynbestedingsbeleidsraamwerk (MTBR) dui die regering se uitgawes en inkomste projeksies vir ʼn tydperk van … jaar/(e ) A een B twee C drie D vier 1.1.4 ʼn Omvattende en sistematiese rekord van alle transaksies tussen ʼn spesifieke land met ander lande van die wệreld, oor ʼn jaar word … genoem A betalingsbalans B globalisering C internasionale handel D handelsbalans 1.1.5 ʼn Protokol om die bestaande betrekkinge tussen Argentinië, Brasilië, Paraguay en Uruguay te versterk word … genoem. A Mercosur B SADC C AU D BRICS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.1.6 Die tipe belasting wat jaarliks gehef word op die markwaarde van residensiële, kantoor- en fabrieksgeboue word … genoem. A kapitaalwinsbelasting B boedelbelasting C oordragbelasting D eiendomsbelasting 1.1.7 … behels die implementering van gesonde ekonomiese beleide en praktyke wat verantwoordbaarheid, deursigtigheid en responsiwiteit teenoor die behoeftes van burgers verseker. A Vryemarkoriëntering B Goeie bestuur C Integrasie D Voorsiening van hulpbronne 1.1.8 Vetsug, as ʼn sosiale aanwyser, is verwant aan … A gesondheid. B wanvoeding. C demografie. D voeding. (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) EKONOMIE V1 5 1.2 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Invoerbesteding A wanneer alle mense wat aktief werk soek, ʼn werk kan kry 1.2.2 Philipskurwe B bevorder innovasie wat besighede in staat stel om nuwe produksie tegnieke te gebruik wat meer doeltreffend is 1.2.3 Volle indiensneming C hertoewysing van landbougrond aan voorheen benadeelde groepe 1.2.4 Wisselkoerse D verwys na hoeveel geproduseer word in verhouding tot die produksiefaktore wat gebruik word 1.2.5 Grondverdeling E handel oor die verbetering van mense se vaardighede om die land se vaardigheidstekort aan te spreek 1.2.6 JIPSA F verwys na die vloei van geld uit die land. 1.2.7 Nasionale Navorsing- G terugbesorging van grond aan diegene en wat dit verloor het weens Ontwikkelingstrategie diskriminerende wette in die verlede 1.2.8 Produktiwiteit H toon ʼn verband tussen inflasie en werkloosheid I die prys van een geldeenheid in terme van ʼn ander geldeenheid (8 x 1) (8) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Langtermynfondse word deur verbruikers en besighede in hierdie mark gespaar en geleen. 1.3.2 Die minimum persentasie kontant deposito’s wat handelsbanke by die Sentrale Bank moet hou. 1.3.3 Die kurwe wat die verhouding tussen belasting en staatsinkomste illustreer. 1.3.4 ʼn Handelsbeleid wat daarop gemik is om ʼn land se afhanklikheid van invoere te verminder deur die goedere en dienste wat voorheen ingevoer is, te produseer. 1.3.5 Die gebruik van verskeie beleide om industriële beleggings en doeltreffendheid aan te moedig. 1.3.6 Die aantal jare wat ʼn pasgebore baba waarskynlik sal leef. (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE probleme van openbare sektor voorsiening. (2) 2.1.2 Hoe kan ʼn afname in owerheidsbesteding huishoudings beïnvloed? (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die tersiêre sektor is die grootste bydraer tot die Suid-Afrikaanse ekonomie. Suid-Afrika se BBP verteenwoordig ongeveer 14% van die Afrika-kontinent se totale BBP. Een van Suid-Afrika se unieke kenmerke is die oopheid vir internasionale handel. [http://interest.co.za/exploring-south-africas-economic-potential-and –opportunities/& Statista.com] 2.2.1 Identifiseer die ekonomiese konsep/term uit die uittreksel hierbo wat met ʼn oop ekonomie geassosieer word. (1) 2.2.2 Noem die metode om BBP te bereken wat aan die sirkelgrafiek hierbo gekoppel is. (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die term sekondệre sektor. (2) 2.2.4 Onderskei tussen bruto binnelandse produk en bruto nasionale produk. (2) 2.2.5 Gebruik die sirkelgrafiek hierbo om die persentasie wat deur die sekondêre sektor tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra het, te bereken. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) EKONOMIE V1 7 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE LOPENDE REKENING VAN DIE BETALINGSBALANS R biljoene 2022 2023 2024 Ontvangste Goedere uitvoere 1 930 1 924 1 914 Netto goud uitvoere 86 116 113 Dienste ontvangste 207 262 281 Inkomste ontvangste 186 217 195 Lopende oordragte - - - Betalings Goedere invoere 1 792 1 937 1 843 Dienste betalings 298 343 343 Inkomste betalings 324 312 356 Lopende oordragte 26 40 45 [Aangepas uit Stats SA and SARB June 2024] 2.3.1 Identifiseer uit die tabel hierbo die item wat al die transaksies wat met betrekking tot skenkings en geskenke vasvang. (1) 2.3.2 In watter jaar die land die hoogste goedere-invoere aangeteken het? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term lopende rekening. (2) 2.3.4 Verduidelik die doel van ongeregistreerde transaksies wanneer ʼn land se betalingsbalans opgestel word. (2) 2.3.5 Bereken die lopende rekeningsaldo vir die jaar 2024. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Verduidelik die faktore wat die vraag na buitelandse valuta beïnvloed. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe beïnvloed die mislukking van die openbare sektor ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE industriële strategieë in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan onderwys as ʼn sosiale aanwyser ongelykhede verminder? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VRYHANDEL EN BESKERMING Trump het gesệ ʼn heffing van 25% op Kanadese en Meksikaanse invoere, sowel as ʼn bykomende 10%-belasting op Chinese goedere, sal in werking tree. In reaksie hierop, het beide Kanada en Mexiko gesệ dat hulle soortgelyke tariewe op Amerikaanse goedere sal instel. Die implementering van tariewe en die daaropvolgende vergelding kan die begin van ʼn nuwe era van wệreldwye handelsoorloë aandui. Tariewe is ʼn sentrale deel van Trump se ekonomiese visie, aangesien hy dit as ʼn manier sien van die Amerikaanse ekonomie te laat groei, werksgeleenthede te beskerm en belastinginkomste te verhoog. [Aangepas uit https://www.bbc.com/news/articles/c627nx42xelo February 2025.] 3.2.1 Identifiseer EEN argument ten gunste van beskerming uit die uittreksel hierbo. (1) 3.2.2 Noem die tipe tarief wat as ʼn persentasie op die waarde van ingevoerde goedere gehef word. (1) 3.2.3 Verduidelik kortliks die term beskerming. (2) 3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van vryhandel op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (2) 3.2.5 Hoe beïnvloed tariewe verbruikers in die invoerland? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) EKONOMIE V1 9 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. AANGEWESE SPESIALE EKONOMIESE SONES EN NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONES S’s is uiters nuttig vir beleggers aangesien hulle belasting- en finansiële aansporings ontvang wat nie beskikbaar vir die beleggers buite aangewese sones is nie. Gemeenskappe in streke wat SES huisves, trek ook aansienlik voordeel uit die private en openbare beleggings, wat dikwels tot hoẽr lewenstandaarde, verhoogde indiensneming en verminderde armoede en ongelykheid lei. [Bron: DTI Mail & Guardian-Graphic: John McCann] 3.3.1 Identifiseer die NOS gemerk A op die kaart hierbo. (1) 3.3.2 Noem EEN voordeel van private en publieke belegging aan gemeenskappe in ons streke waar SES’s soos aangedui in die uittreksel hierbo. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term Nywerheidsontwikkelingsone. (2) 3.3.4 Verduidelik enige faktor die faktore wat ʼn negatiewe impak op die sukses van die Nywerheidontwikkelingsones in Suid-Afrika het. (2) 3.3.5 Hoe kan doeane-vrye aansporings help met industriële ontwikkeling? (4) 3.4 Verduidelik kortliks Vryhandelgebiede en Gemeenskapmark as vorme van ekonomiese integrasie. (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die effektiwiteit van dienslewering aan Suid-Afrikaanse burgers. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE soorte wisselkoersstelsels. (2) 4.1.2 Hoe kan uitvoerbevordering die probleem van werkloosheid oplos? (2) 4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BEGROTINGSPROSES Die Staatsrede (SONA) en die MTBBR is albei deel van die Suid-Afrikaanse begrotingsproses. Om die ekonomie te versterk en werkloosheid aan te spreek, het die regering belowe om R940 biljoen meer vir die volgende drie jaar in infrastruktuur te belê. Van hierdie totaal, sal R375 biljoen toegeken word aan Staats-Ondersteunde Ondernemings (SOO’s), vir die konstruksie van paaie, brȗe, damme, waterweë en hawens. Suid-Afrika se werkloosheidskoers is bo 32%, en die huidige openbare skuld as ʼn persentasie van die BBP staan by 75,1% teen September 2024. [Aangepas van Business Day iol.co.za Februarie 2025] 4.2.1 Identifiseer die beleidsinstrument wat die ekonomiese uitkyk uiteensit in die inligting hierbo. (1) 4.2.2 Noem EEN regeringsuitdaging uit die inligting hierbo. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term hoofbegroting. (2) 4.2.4 Waarom is dit belangrik vir die regering om staatsbeheerde ondernemings te finansier? (2) 4.2.5 Hoe kan die regering publieke skuld effektief verminder? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) EKONOMIE V1 11 4.3 DATA RESPONS Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EKONOMIESE AANWYSERS EN INTERNASIONALE ORGANISASIES Die Wệreldbank kollekteer, analiseer, en versprei ekonomiese aanwysers om ʼn land se ekonomiese vooruitgang te volg en identifiseer gebiede vir verbetering. Deur ekonomiese aanwysers te analiseer, help die Wệreldbank lande en internasionale organisasies om ingeligte besluite te maak, bevorder ekonomiese groei, verminder armoede en volhoubare ontwikkeling. [Bron: Meta Al & Business Day 2025.01.29] 4.3.1 Identifiseer die instelling uit die spotprent en inligting hierbo wat rentekoerse bepaal. (1) 4.3.2 Noem ʼn internasionale organisasie wat ekonomiese aanwyser standaardiseer wat NIE hierbo genoem word NIE. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser. (2) 4.3.4 Verduidelik die impak van stygende arbeidsproduktiwiteit op besighede. (2) 4.3.5 Hoe kan rentekoerse as ʼn ekonomiese aanwyser inflasie beïnvloed? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik kortliks die rol van produkte markte en faktormarkte in die vier-sektor model. (2 x 4) (8) 4.5 Beskryf kortliks die belangrikheid van Openbare-Privaat Vennootskap (OPV) in Ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe (ROI). (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL TOEKENNING Inleiding • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf. • Sluit ander sinne in om jou onderwerp te ondersteun • Moenie enige deel van die vraag by die inleIding insluit nie. • Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te sệ wat jy gaan bespreek in die liggaam. Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer Maks. 26 Addisionele deel: Gee eie opinie/bespreek krities/Evalueer/Krities evalueer/Teken ʼn grafiek en verduidelik/voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Stel voor/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Kortliks debatteer Maks. 10 Slot Enige relevante hoë-orde slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van wat alreeds bespreek/analiseer is, sonder die herhaling van feite wat reeds in die liggaam genoem word. • Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings Maks. 2 TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) EKONOMIE V1 13 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek volledig die nuwe ekonomiese paradigma in die gladstryking van sakesiklusse. (26) • Hoe kan ʼn daling in ekonomiese aktiwiteite deelnemers in die ekonomie beinvloed? (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 MARKS – 40 MINUTES • Bespreek volledig die Suid-Afrikaanse groei en ontwikkelings beleide en strategieë inisiatiewe sedert 1994. (26) • Analiseer die omgewingseffek van ekonomiese aktiwiteite van lande in die Noorde. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all