Skip to content

Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201612 pages

Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en die konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Skryf die vraagnommers boaan elke antwoord. 6. Lees ALLE vrae noukeurig deur. 7. Begin elke NUWE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Los 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIE V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C) neer langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.9 C. 1.1.1 Een van die volgende is een van die faktore wat pryselastisiteit van vraag bepaal. A Beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne B Kapitaalgoedere C Tyd 1.1.2 In onvolmaakte markte word minder goedere geproduseer teen hoër pryse omdat daar … A konstante allokering van hulpbronne is. B effektiewe allokering van hulpbronne is. C oneffektiewe allokering van hulpbronne is. 1.1.3 Totale koste bestaan uit … A vaste koste minus veranderlike koste. B vaste koste plus veranderlike koste. C veranderlike koste gedeel deur vaste koste. 1.1.4 ʼn Styging in misdaad kan met ... geassosieer word. A skaars hulpbronne B armoede C rykdom. 1.1.5 Handelsliberalisering verwys na die … A vrye beweging van goedere en dienste. B vrye beweging van mense. C vestiging van handelversperrings tussen Suid-Afrika en die res van die wêreld. 1.1.6 Die doel van groenbelasting is om … A onnodige koste vir die vervaardiger te skep. B die produksie van omgewingsvriendelike produkte aan te moedig. C die invloei van invoere te beperk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) 1.1.7 Suid-Afrika ervaar tans ʼn … krisis as gevolg van globale verwarming. A plantegroei B bewaring C water 1.1.8 Asgi-SA was vir … geloods. A die wisselvalligheid van die geldeenheid B regerings-onstabiliteit C die hoë vlakke van entrepreneursvaardighede (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Erosie A ʼn Gelokaliseerde groep interafhanklike organismes saam met die omgewing waarop hulle steun 1.2.2 G20-lande B Mense raak verslaaf aan dit 1.2.3 Korttermyn C Verskil tussen broodlyn-inkomste en onder broodlyn-inkomste verdieners 1.2.4 Ekosisteem D Die verwering van natuurlike hulpbronne 1.2.5 Oligopolie E ʼn Periode waar sommige vaste produksiefaktore nie kan verander nie 1.2.6 Armoede-gaping F Sterk Westerse ekonomieë 1.2.7 Omgewings- G ʼn Verandering in prys sal ʼn klein volhoubaarheid persentasie verandering in hoeveelheid aangevra bring 1.2.8 Gewoonte- H Sorg vir ʼn gesonde en ʼn voortsetting vormende produkte van die huidige ekologiese stelsels ten einde om produktiwiteit in die hede en toekoms te verseker I Samespanning is moontlik (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIE V2 5 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 ʼn Verandering in totale inkomste wanneer ʼn addisionele eenheid van ʼn produk verkoop word 1.3.2 Meetbaarheid van verbruikers se reaksies op veranderinge in inkomste 1.3.3 Die onvermoë om uit armoede te ontsnap 1.3.4 ʼn Internasionale organisasie wat reëls vir menslike, verbruikers, vroue en kinderregte daarstel 1.3.5 Pryse wat in terme van ander pryse of syfers/figure uitgedruk word 1.3.6 Koste of voordele van ʼn produk of ʼn diens wat die pryse van goedere ignoreer wat deur derde partye gevra word (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Lys enige TWEE kategorieë van pryselastisiteit van vraag. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe is produk- en faktormarkte verwant aan mekaar? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. AANTAL EENHEDE TOTALE NUT GRENSNUT APPELS 0 0 – 1 6 6 2 11 A 3 15 4 4 B 3 5 20 2 2.2.1 Wat is die totale nut vir die gebruik van drie appels? (1) 2.2.2 Wat is die tendens van grensnut, as gebruik van die produk vermeerder? (1) 2.2.3 Bereken die waarde van A en B. (4) 2.2.4 Hoe het skaarsheid ʼn impak op totale nut? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIE V2 7 2.3 Bestudeer die struktuur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DOELWITTE VAN ’N BESIGHEID [Bron: http/www.google.ca.za/?gws rd] 2.3.1 Wat is die hoofdoelwit van ʼn besigheid? (1) 2.3.2 Verduidelik EEN manier hoe ʼn besigheid sy groei kan maksimeer. (2) 2.3.3 Hoe hou markaandeel verband met wins? (3) 2.3.4 Onderskei tussen rekeningkundige en ekonomiese wins. (4) 2.4 Bespreek VIER kenmerke van volmaakte markte. (8) 2.5 Watter voordeel sal vervaardigers geniet as hulle produseer by ʼn vlak waar hulle ekonomieë van skaal ondervind? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling. (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom is dit voordelig vir ʼn land om by vryhandel betrokke te raak? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Vanuit die spotprent identifiseer enige TWEE negatiewe effekte van globalisasie. (2) 3.2.2 Verduidelik enige TWEE oorsake van globalisasie. (4) 3.2.3 Hoe sal Westerse lande voordeel trek deur handel met die Afrika kontinent te dryf? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIE V2 9 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. MEER SUID-AFRIKANERS LEEF IN ARMOEDE Die aantal Suid-Afrikaners wat in armoede leef het vermeerder sedert 2010. In 2010, het 20% van Suid-Afrikaners se bevolking onder die armoedelyn geval, volgens statistieke-generaal Pat Lehole wat dit in Johannesburg gesê by die vrystelling van statistieke oor Suid-Afrika se armoede verslag. Dit het in 2014 tot 21,5% gestyg. Dieselfde is waar omtrent die sober armoede lyn wat die drempel stipuleer war ʼn persoon kos moet prysgee om die basiese nie-voedsel items te kry. Hierdie items sluit lugtyd en vervoerkoste uit. Die lewenskoste het gestyg, maar Suid-Afrika is beter daaraan toe as ander lande. [Aangepas uit http//www.nuus 24/archives/city press] 3.3.1 Wat was die persentasie van mense wat onder die armoedelyn in Suid-Afrika in 2010 geleef het? (1) 3.3.2 Verduidelik die konsep Gini-koeffisiënt. (2) 3.3.3 Hoe, volgens die uittreksel hoe word die sober armoedelyn verduidelik? (3) 3.3.4 Hoe het die Suid-Afrikaanse regering probeer om armoede te verlig? (4) 3.4 Bespreek ongelyke inkomstevlakke en tekort aan onderwys as oorsake van armoede. (4 x 2) (8) 3.5 Waarom sal ʼn land verkies om eerder direkte buitelandse beleggings as portefeulje beleggings te het? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Lys enige TWEE voorbeelde van komplementêre goedere. (2 x 1) (2) 4.1.2 Watter effek sal ʼn pryselastiese produk op die produseerder het? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die kurwe en beantwoord die vrae wat volg. TOTALE KOSTE EN INKOMSTE-KURWE Koste /inkomste TI 15 TK 10 A 5 0 2 4 6 Hoeveelheid 4.2.1 Verduidelik die konsep totale inkomste. (2) 4.2.2 Identifiseer en verduidelik punt A van die grafiek. (4) 4.2.3 Bereken wins / verlies in die bogenoemde grafiek wanneer produksie by 6 eenhede is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIE V2 11 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEVOLGE VAN GROND AGTERUITGANG Alhoewel die ware koste van grond agteruitgang swak verstaan word, het dit ʼn beduidende effek op die ekonomie. In Suid-Afrika, word ongeveer 35% van die land se netto landbou inkomste oorbeklemtoon, omdat die huidige omgewingskoste nie in die rekeninge ingesluit word nie. Grond agteruitgang alleen kos Suid-Afrika ongeveer R2 biljoen jaarliks in dam sedimentasie en waterbehandelingskoste as voorbeeld. Die koste geassosieer met die neutralisering van suurreën (veroorsaak deur energie opwekking) op gronde in Mpumalanga word gereken teen R25 miljoen per jaar, terwyl die verlies van grond voedingstowwe deur agteruitgang R1,5 biljoen gekos het. [Bron: htt//deat.gov.za] 4.3.1 Hoeveel het dit gekos vir Mpumalanga om die effek van suurreën te neutraliseer? (1) 4.3.2 Verduidelik die term koolstofdioksied emissies. (2) 4.3.3 Lys DRIE ekonomiese gevolge van grond agteruitgang. (3) 4.3.4 Onderskei tussen hernieubare en nie-hernieubare hulpbronne. (4) 4.4 Bespreek private eiendomsregte en vrywillige ooreenkomste as benaderings om die omgewing volhoubaar te maak. (8) 4.5 Illustreer grafies die effek van ʼn styging in die prys van beesvleis wanneer verbruikers beesvleis met hoender vervang. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord gaan soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande Maks. 26 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/  Vergelyk/ Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/ Lei Maks. 10 af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige hoë-orde slot behoort die volgende in te sluit:  ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is.  Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is. Maks. 2  Addisionele ondersteunende inligting wat die besprekings/ontleding versterk.  ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings. TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Die gedrag van die deelnemers kan deur markstrukture verduidelik word. Vergelyk ten volle die kenmerke van ʼn monopolie met die van monopolistiese mededinging (sluit voorbeelde in by jou bespreking). (26 punte) Waarom ondersteun die regering of gee hulle lisensies aan monopolies? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE Oor die jare het ekonomieë ontwikkel en daar was baie veranderings. Ongeag die veranderings, is daar steeds ʼn groot verskil tussen die rykes en die armes. In die lig van bogenoemde, verduidelik die faktore wat bydrae tot die Noord en Suid verdeling. (26 punte) Hoe kan die gaping tussen die Noorde en die Suide verklein word? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all