Skip to content

Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 11201315 pages

Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GEOGRAFIE V1 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord DRIE vrae wat soos volg gekies moet word: EEN vraag uit AFDELING A EEN vraag uit AFDELING B Die DERDE vraag uit AFDELING A of AFDELING B (Wat nog NIE beantwoord is NIE.) 3. Alle diagramme is in die bylaag ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word. 5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Moet NIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Omring die nommer van jou antwoorde op die voorkant van die ANTWOORDEBOEK. 9. Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme. 10. Skryf netjies en leesbaar. 11. Puntetoekenning: Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word – 3 x 2 = 6, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word vir TWEE punte elk. Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word – 3 x 1 = 3, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word vir EEN punt elk. Opsteltipe en paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word. Enige LYS van antwoorde gaan veroorsaak dat punte afgetrek word.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 3 AFDELING A: FISIESE AARDRYKSKUNDE: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 1 1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs Waar of Onwaar teenoor die vraagnommer (1.1.1–1.1.15), byvoorbeeld 1.1.16 Waar. 1.1.1 Die suidwes moesonwinde bring swaar reën na Indië gedurende die winter van die Noorde. 1.1.2 El Niño is die verandering in klimaat weens die koeler toestande in die oostelike Pasifiese oseaan. 1.1.3 Die Tropiese Reënwoud bioom is warm deur die jaar met hoë reënval. 1.1.4 ʼn Föhnwind is ʼn reënskadu wind wat deur adiabatiese daling verwarm is. 1.1.5 Oseane koel die land af wanneer dit warm is en verwarm die land wanneer dit koud is. 1.1.6 ʼn Seebries is ʼn aflandige wind wat die land verwarm gedurende die nag en in die winter. 1.1.7 Die aarde absorbeer langgolf hitte en straal kortgolf sonlig terug na die atmosfeer. 1.1.8 ʼn Geostrofiese wind waai parallel met die isobare wanneer die drukgradiëntkrag en Corioluskrag gebalanseer is. 1.1.9 Erosie is die stadige afbreek van gesteentes wat aan die aarde se atmosfeer blootgestel is. 1.1.10 Plaatvloei verwys na die wydverspreide oppervlak-erosie veroorsaak deur afloop tydens swaar reënval. 1.1.11 ʼn Basaltiese plato is ʼn hoogliggende gebied wat gevorm is deur die horisontale vloei van lawa. 1.1.12 Die geleidelike konkawe hang aan die basis van ʼn heuwel is die pedivlakte. 1.1.13 ʼn Skerprugbult is ʼn rug wat teen ʼn hoek van meer as 45° hel. 1.1.14 Regoliet bestaan uit vaste rots en grond. 1.1.15 Bodemvloei is die stadige vloei van waterversadigde grond in koue streke. (15 x 1) (15)
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2013) 1.2 FIGUUR 1.2 twee seisoenale posisies van die aarde aan. Bestudeer die diagram en beantwoord die volgende vrae. 1.2.1 Gee EEN woord om die pad van die aarde om die son te beskryf. (1 x 2) (2) 1.2.2 Met verwysing na X, noem die spesifieke posisie van die aarde se pad om die son in die Noordelike en die Suidelike Halfronde onderskeidelik. (2 x 1) (2) 1.2.3 Deur te verwys na Y gee die datum en die seisoen wanneer dit in Suid-Afrika voorkom. (2 x 1) (2) 1.2.4 Deur die loop van die jaar sal gebiede naby die ewenaar meer insolasie as gebiede naby die pole ontvang. Verduidelik TWEE maniere waarop die oppervlak seestrome sal bydra om die hitte-energiebalans te herstel tussen die gebiede. (2 x 3) (6) 1.3 Bestudeer die klimaatgrafieke van Afrika, FIGUUR 1.3 om die volgende vrae te beantwoord. 1.3.1 Wat veroorsaak dat die temperature van die ekwatoriale klimaatstreek regdeur die jaar met meer as 2‒3 °C wissel? (Douala, Kameroen) (1 x 2) (2) 1.3.2 Watter faktor beïnvloed die middagtemperature in die ekwatoriale klimaatstreek? (1 x 2) (2) 1.3.3 Waarom het die vogtig-tropiese klimaatstreek nat en vogtige toestande? (Kampala, Uganda) (1 x 2) (2) 1.3.4 Noem die belangrikste faktor wat warm, droë dalende lug oor die woestyn-klimaatstreek veroorsaak. (Sabha, Libië ) (1 x 2) (2) 1.3.5 Verduidelik die faktore wat veroorsaak dat Khartoem in Soedan verlengde droogte-toestande ervaar. (half-woestyn klimaat) (2 x 2) (4) 1.3.6 Skryf ʼn kort paragraaf (nie meer as SES reëls nie) om te verduidelik waarom die middelbreedte sikloon winterreëns aan die Mediterreense klimaatstreek bring (Kaapstad, Suid-Afrika). (3 x 2) (6)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 5 1.4 Verwys na die struktuurlandvorm, FIGUUR 1.4 en beantwoord die volgende vrae. 1.4.1 Identifiseer die landvorme A, B en C en noem die proses wat verantwoordelik is vir die vorming van hierdie landvorme. (4 x 1) (4) 1.4.2 Gee EEN verskil tussen landvorme B en C. (2 x 1) (2) 1.4.3 Verduidelik waarom landvorm E nie vir menslike aktiwiteite geskik is nie. (2 x 2) (4) 1.4.4 Skryf ʼn kort paragraaf (nie meer as SES reëls) om die menslike en ekonomiese belangrikheid van landvorm D te bespreek. (3 x 2) (6) 1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat massa-bewegings voorstel en beantwoord die volgende vrae. 1.5.1 Verduidelik die proses van massa-bewegings. (1 x 2) (2) 1.5.2 Verwys na die diagram en meld faktore wat die stabiliteit van die hang bedreig. (2 x 2) (4) 1.5.3 Beskryf die impak van massa-bewegings op die omgewing. (2 x 2) (4) 1.5.4 Watter strategieë moet in plek gesit word om die uitwerking van massa-bewegings te minimaliseer? (2 x 2) (4) [75] VRAAG 2 2.1 Kies die korrekte term tussen hakies om die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die term neer teenoor die vraagnommer (2.1.1–2.1.15), byvoorbeeld 2.1.16 Reën. 2.1.1 Die langtermyn verandering in weerpatrone regoor die wêreld word (aardverwarming/klimaatsverandering) genoem. 2.1.2 ʼn (Hittegolf/Droogte) is ʼn verlengde periode van baie warm en droë weer. 2.1.3 Helder lug word geassosieer met (dalende/konvergerende) lug. 2.1.4 (Straalstrome/Konveksiestrome) is hoë spoed winde wat in ʼn smal lintvormige gordels in die boonste tropopouse waai. 2.1.5 (Weer/Klimaat) beskryf die veranderinge in die toestand van die atmosfeer naby die aarde se oppervlak. 2.1.6 ʼn (Bioom/Klimaatstreek) is die tuiste van spesifieke soorte plante en diere.
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2013) 2.1.7 (Verwoestyning/Diversifikasie) verwys na die gronddegradasie in droë lande weens die verlies van grondvrugbaarheid en biodiversiteit. 2.1.8 In ʼn homoklinale rug is die hoek van die (duikhelling/eskarphelling) tussen 25°‒45°. 2.1.9 Grondkruip word aangevoer deur (waterbeweging/swaartekrag). 2.1.10 Die hoof vorm van eskarpterugtrekking in vogtige streke is (parallelle terugtrekking/hangafname) 2.1.11 Eksfoliasie is ʼn vorm van (erosie/verwering). 2.1.12 Die hang waarop die rotspuin versamel word die (talushang/ skarphelling) genoem. 2.1.13 ʼn (Lakkoliet/Lopoliet) is ʼn intrusie met ʼn plat vloer en ʼn koepelvormige dak. 2.1.14 ʼn (Knakpunt/Waterval) dui die skielike verandering in gradiënt aan waar die talushang en die pediment ontmoet. 2.1.15 (Heuwellandskappe/Canyonlandskappe) bestaan uit geronde heuwels met geleidelike hellings. (15 x 1) (15) 2.2 Bestudeer die diagram, FIGUUR 2.2 om die volgende vrae te beantwoord. 2.2.1 Noem die lugdrukgordels by 0°S, 30°S, 60°S en 90°S asook die lugsirkulasie-selle by nommers 2 en 3. (6 x 1) (6) 2.2.2 Verduidelik hoe die lugsirkulasie-sel by nommer 1 gevorm word. (2 x 1) (2) 2.2.3 Waar op die diagram sal die ITKS geleë wees? (1 x 1) (1) 2.2.4 Noem die globale winde wat tussen 30°S en 60°S op die diagram waai. (1 x 1) (1) 2.2.5 Watter kragte is vir die windsterkte en windrigting van die winde genoem in VRAAG 2.2.4 verantwoordelik? (2 x 1) (2) 2.2.6 Skryf ʼn kort paragraaf (nie meer as SES reëls nie) om die invloed van die winde genoem in VRAAG 2.2.4 op die weerstoestande in die Wes-Kaap te bespreek. (3 x 2) (6)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 7 2.3 Verwys na die gevallestudie, FIGUUR 2.3 om die volgende vrae te beantwoord. 2.3.1 Verduidelik wat met ʼn droogte bedoel word. (1 x 2) (2) 2.3.2 Gee bewyse vanuit die uittreksel wat daarop dui dat die lande in die Horing van Afrika ʼn sosio-ekonomiese droogte ervaar. (2 x 1) (2) 2.3.3 Noem TWEE atmosferiese toestande wat tot die droogte in die Horing van Afrika gelei het. (2 x 1) (2) 2.3.4 Beskryf maniere hoe hierdie lande die gevolge van droogte kan verminder. (2 x 2) (4) 2.3.5 Watter uitwerking het droogtes op die omgewing en ekosisteme? (2 x 1) (2) 2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 om die volgende vrae te beantwoord. 2.4.1 Identifiseer landvorme A en B. (2 x 1) (2) 2.4.2 Noem die stollingsintrusie waaruit A en B gevorm het. (1 x 2) (2) 2.4.3 Verduidelik kortliks hoe A gevorm word. (3 x 2) (6) 2.4.4 Beskryf die kenmerke van A. (2 x 2) (4) 2.4.5 Watter tipe massaverplasing sal plaasvind indien die helling by landvorm A deur mensgemaakte uitgrawings weggesny word? (1 x 2) (2) 2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat gebaseer is op struktuurlandskappe. Landvorm B is ʼn cuesta. Beantwoord die volgende vrae. 2.5.1 Identifiseer helling C. (1 x 1) (1) 2.5.2 Verskaf bewyse vanaf die diagram vir jou antwoord in VRAAG 2.5.1. (1 x 2) (2) 2.5.3 Beantwoord die volgende vrae deur te verwys na hang-elemente: (2) (a) Identifiseer hang-element A. (1 x 1) (1) (b) Noem TWEE kenmerke van hang-element A. (2 x 2) (4) 2.5.4 Skryf ʼn kort paragraaf (nie meer as SES reëls) om maniere voor te stel hoe ruê soos cuestas van belang vir die mens kan wees. (6 x 1) (6) [75]
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2013) AFDELING B: ONTWIKKELING, VOLHOUBAARHEID EN HULPBRONNE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 3 3.1 Kies die korrekte woord(e) van die onderstaande lys om die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die woord(e) teenoor die vraagnommer (3.1.1–3.1.15), byvoorbeeld 3.1.16 Geografie. gronddegradasie; sonenergie; omgewingsvernietiging; koolstofdioksied; kernkrag; steenkool; aardverwarming; suurreën; volhoubare energie; nie- konvensionele energie; topografie; humus; koolstofvoetspoor; water; nie- hernieubare hulpbronne; regverdige handel; vrye handel; Rostow; Brandt; kwotas; subsidies; BBP; BNP; fossielbrandstowwe; biomassa; menslike ontwikkelingsindeks; demografiese aanwysers; invoer; uitvoer; handelsoorskot; handelstekort 3.1.1 ... vind plaas wanneer swaweldioksied en stikstofoksied in die atmosfeer vrygestel word en sure vorm. 3.1.2 Die moedermateriaal, klimaat en ... is abiotiese faktore wat grond vorm. 3.1.3 Gedeeltelik ontbinde organiese materiaal in die grond word ... genoem. 3.1.4 Ons ... is ʼn maatstaf van al die kweekhuisgasse wat ʼn individu produseer. 3.1.5 Energiebronne verkry van natuurlike organiese plant- en diermateriaal word ... genoem. 3.1.6 ... is die skade en agteruitgang van grond veroorsaak deur menslike aktiwiteite. 3.1.7 ... hulpbronbestuur is die beheer van die gebruik van energie hulpbronne om te voorkom dat dit uitgebuit word. 3.1.8 Geotermiese energie is ʼn ... bron van energie. 3.1.9 ... verwys na die situasie waar lande nie die pryse of die hoeveelhede van goedere wat ingevoer en uitgevoer word beperk nie. 3.1.10 ... gebruik die Noord-Suid skeiding om die gaping tussen die ontwikkelde lande van die Noorde en die ontwikkelende lande van die Suide aan te toon.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 9 3.1.11 Invoer ... verwys na die beperking op ingevoerde goedere in terme van bedrag, volume en hoeveelheid. 3.1.12 ... toon die totale monetêre waarde van alle goedere en dienste wat in ʼn jaar deur ʼn land geproduseer word. 3.1.13 Armer lande is betrokke by die ... van vervaardigde goedere van ʼn hoë waarde. 3.1.14 Wanneer die geldelike waarde van die uitvoere meer is as die geldelike waarde van die invoere word dit ... genoem. 3.1.15 ... fokus op die lewensgehalte en lewenstandaard van ʼn land se bevolking. (15 x 1) (15) 3.2 Bestudeer die spotprent, FIGUUR 3.2 om die volgende vrae te beantwoord. 3.2.1 Wat sê die spotprent oor ontwikkeling regoor die wêreld? (1 x 2) (2) 3.2.2 Noem EEN faktor in die spotprent wat ontwikkeling beïnvloed. (1 x 2) (2) 3.2.3 Watter vorm van ontwikkeling word onderskeidelik deur paneel 1 en 2 van die spotprent voorgestel? (2 x 1) (2) 3.2.4 Watter paneel stel ʼn ekonomies meer ontwikkelde land en watter paneel ʼn ekonomies minder ontwikkelde land voor? Staaf jou antwoord deur grondige geografiese teorie te gebruik. (2 x 2) (4) 3.2.5 Hoe verskil die ontwikkelingsaanwyser ‘toegang tot voedsel’ tussen panele 1 en 2 van die spotprent? (2 x 1) (2) 3.2.6 Deur te verwys na Rostow se ontwikkelingsmodel, dui die fase aan wat deur panele 1 en 2 van die spotprent voorgestel word. (2 x 1) (2) 3.3 Lees die onderstaande frase om die volgende vrae te beantwoord. “Regerings kan nie ontwikkeling op hul eie doen nie en vorm sodoende vennootskappe met privaat besighede in Suid-Afrika om meer suksesvolle ontwikkeling te verseker.” 3.3.1 Gee TWEE voorbeelde van ontwikkelingsprojekte in Suid-Afrika wat die vennootskap tussen die staat en private besighede uitbeeld. (2 x 1) (2) 3.3.2 Wat behoort die staat te doen om ekonomiese ontwikkeling te bevorder? (2 x 2) (4) 3.3.3 Verduidelik waarom die privaatsektor by ekonomiese ontwikkeling betrokke moet wees. (2 x 2) (4) 3.3.4 Skryf ʼn kort paragraaf (nie meer as SES reëls nie) om te verduidelik waarom die vennootskap tussen die staat en die privaatsektor tot die mislukking van ontwikkelingsprojekte kan lei. (3 x 2) (6)
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2013) 3.4 Bestudeer die uittreksel en die diagram, FIGUUR 3.4 en beantwoord die volgende vrae. 3.4.1 Lys TWEE natuurlike grondstowwe wat in die DRK voorkom. (2 x 1) (2) 3.4.2 Verduidelik waarom die reënwoude van die DRK bedreig word. (1 x 2) (2) 3.4.3 Waarom is daar so ʼn groot aanvraag na brandhout in hierdie land? (1 x 2) (2) 3.4.4 Beskryf die uitwerking van die toenemende aanvraag na brandhout op die omgewing in hierdie deel van die DRK. (2 x 2) (4) 3.4.5 Waarom is landbou en kommersiële boerdery ʼn bedreiging vir die volhoubaarheid van die reënwoude? (1 x 2) (2) 3.4.6 Daar kan verklaar word dat brandhout nie langer ʼn hernubare hulpbron is nie. Verduidelik waarom. (1 x 2) (2) 3.5 Bestudeer die grafiek, FIGUUR 3.5 en beantwoord die volgende vrae. 3.5.1 Waarom is Suid-Afrika so afhanklik van steenkool as ʼn bron van energie? (1 x 1) (1) 3.5.2 Verwys na die uitdrukking “koolstofvoetspoor” om die uitwerking van steenkool op die omgewing te verduidelik. (2 x 2) (4) 3.5.3 Waarom het kernkrag ʼn slegte naam? (1 x 1) (1) 3.5.4 Gebruik hidro-elektrisiteit ʼn hernubare of nie-hernubare hulpbron? Verskaf ʼn rede vir jou antwoord. (2 x 1) (2) 3.5.5 Waarom is die opwekking van krag uit hernubare hulpbronne onbetroubaar? (1 x 2) (2) 3.5.6 Skryf ʼn kort paragraaf (nie meer as SES reëls) om bestuurstrategieë voor te stel wat die Suid-frikaanse regering in plek kan sit om verbruikers te help om hul koolstofvoetspoor te verminder. (3 x 2) (6) [75]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 11 VRAAG 4 4.1 Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) teenoor die vraagnommer (4.1.1–4.1.15), byvoorbeeld 4.1.16 C. 4.1.1 Koeberg is ʼn ... kragstasie. A hidro-elektriese B steenkool- C kern- 4.1.2 Masjinerie, gereedskap en infrastruktuur is voorbeelde van ... hulpbronne. A menslike B vervaardigde C finansiële 4.1.3 Die oor-verbruik van die tropiese reënwoude vir die doel van ekonomiese ontwikkeling word na as ... verwys. A uitputting B uitbuiting C ontbossing 4.1.4 Die ... is ryk aan humus en minerale en bevat plantwortels. A B-horison B A-horison C O-horison 4.1.5 Die 2011 COP 17-vergadering oor klimaatverandering was in ... gehou. A Durban B Kaapstad C Johannesburg 4.1.6 Die volgende is nie-hernubare konvensionele energie-hulpbronne. A Steenkool en olie B Kernkrag en hidro-elektrisiteit C Olie en hidro-elektrisiteit 4.1.7 ... het ʼn klein koolstofvoetspoor en bevat die drie pilare van volhoubare ontwikkeling. A Eskom B ʼn Groen ekonomie C ʼn Multinasionale korporasie
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2013) 4.1.8 Die kern-periferiemodel gebruik die term ... A rugsteun. B ondervloei. C terugspoel. 4.1.9 Gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling beteken ... A bou van gemeenskapsale. B bo-na-onderontwikkeling. C onder-na-bo ontwikkeling. 4.1.10 Multilaterale hulp beteken ... is betrokke. A twee lande B slegs plaaslike hulp organisasies C internasionale organisasies 4.1.11 ... is ʼn maatstaf om die vlak van ongelykheid in of tussen lande aan te dui op grond van inkomste. A Ekonomiese aanwysers B Gini-koëffisient C Kindersterftesyfer 4.1.12 ʼn Voorbeeld van sentrale staatsbeheer in ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika is ... A Hi-Fi korporasie. B Vodacom. C Eskom. 4.1.13 Die stelling: Primêre ekonomiese aktiwiteite is oorheersend in minder ekonomies ontwikkelde lande. Die rede: Groot getalle van die bevolking werk in die gesondheids-, opvoedings- en toerismesektore. A Die stelling en die rede is waar B Die stelling en die rede is onwaar C Die stelling is waar en die rede is onwaar 4.1.14 Ekonomies ontwikkelde lande het ʼn ... A hoë geboortesyfer; hoë lewensverwagting en hoë sterftesyfer. B lae geboortesyfer; hoë lewensverwagting en hoë sterftesyfer. C lae geboortesyfer; hoë lewensverwagting en lae sterftesyfer. 4.1.15 Die faktore wat ontwikkeling beïnvloed is: (i) toegang tot hulpbronne (ii) energie (iii) handelswanbalanse. Kies die korrekte EEN van die volgende: A Slegs (i) B (i), (ii) en (iii) C Slegs (ii) en (iii) (15 x 1) (15)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 13 4.2 Bestudeer die kunswerk, FIGUUR 4.2 wat ʼn minder ontwikkelde land voor en na globalisering voorstel om die volgende vrae te beantwoord. 4.2.1 Verduidelik die proses van globalisering. (1 x 2) (2) 4.2.2 Gee bewyse uit die kunswerk wat aandui dat globalisering plaasgevind het. (1 x 2) (2) 4.2.3 Verwys na paneel A van die kunswerk en dui aan watter Milleniumdoelwit bereik is met die daarstelling van die fabriek (1 x 2) (2) 4.2.4 Die bestuurshoofkantore van die fabriek in paneel B is in die VSA. Wat word die fabriek in hierdie land genoem? (1 x 2) (2) 4.2.5 Indien die fabriek produkte vervaardig vir die uitvoermark, watter vorm van ontwikkeling sal in hierdie land plaasvind? (1 x 2) (2) 4.2.6 Verwys na die kunswerk en skryf ʼn kort paragraaf (nie meer as SES reëls) oor die positiewe en negatiewe uitwerking van globalisering in hierdie land. (6 x 1) (6) 4.3 Lees die gevallestudie, FIGUUR 4.3 om die volgende vrae te beantwoord. 4.3.1 Wat is humanitêre hulp? (1 x 2) (2) 4.3.2 Stel TWEE voordele en TWEE nadele van humanitêre hulpverlening voor. (4 x 2) (8) 4.3.3 Verwys na die uittreksel en beskryf die rol van vroue in die ontwikkeling van Haiti. (1 x 2) (2) 4.3.4 Gee bewyse uit die uittreksel wat voorstel dat geslagsgelykheid in Haiti bevorder word. (1 x 2) (2) 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat 2 plase in dieselfde gebied voorstel. Die een boer poog om gronderosie te verminder terwyl die ander boer geen belangstelling toon nie. Beantwoord die volgende vrae. 4.4.1 Wat is gronderosie? (1 x 2) (2) 4.4.2 Verwys na die diagram en gee DRIE oorsake van gronderosie. (3 x 1) (3) 4.4.3 Watter boer (A of B) het nie maatreëls in plek gesit om gronderosie te voorkom nie? (1 x 1) (1) 4.4.4 Beskryf die maatreëls wat die ander boer geïmplementeer het om die uitwerking van gronderosie te minimaliseer. (2 x 2) (4) 4.4.5 Skryf ʼn kort paragraaf (nie meer as SES reëls nie) om die impak van gronderosie op die mens en die omgewing te beskryf. (6 x 1) (6)
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2013) 4.5 Bestudeer die kaart wat insolasie data in mega joule per vierkante meter voorstel (FIGUUR 4.5) om die volgende vrae te beantwoord. 4.5.1 Verduidelik waarom die noordelike dele van die Noord-Kaap meer geskikte terreine vir die opwekking van sonkrag het. (1 x 2) (2) 4.5.2 Waarom is die noordoostelike kus van Suid-Afrika minder geskik vir die opwekking van sonkrag? (1 x 2) (2) 4.5.3 Vir watter vorm van nie-konvensionele krag is die noordoostelike kus van Suid-Afrika meer geskik? (1 x 2) (2) 4.5.4 Beskryf die voordele van sonkrag vir die omgewing van Suid-Afrika. (2 x 2) (4) 4.5.5 Beskryf die invloed van nie-konvensionele kragbronne op die ekonomie van Suid-Afrika. (2 x 2) (4) [75] GROOTTOTAAL: 300
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Geography

View all