Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201311 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 NOVEMBER 2013 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en 'n 12 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 100 punte elk. 3. ALLE diagramme is in die BYLAE ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat beantwoord word. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. MOENIE in die kantlyne van jou ANTWOORDEBOEK skryf nie. 8. OMKRING die nommers van die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad van jou ANTWOORDEBOEK. 9. Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/November 2013 NSS AFDELING A: KLIMAAT EN WEER, FLUVIALE PROSESSE EN STRUKTURELE LANDVORME Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy slegs EEN vraag uit AFDELING A beantwoord, moet jy AL TWEE vrae in AFDELING B beantwoord. VRAAG 1 1.1 Bestudeer FIGUUR 1.1, wat globale atmosferiese lugdrukgordels en winde toon, en beantwoord die vrae wat volg. 1.1.1 Watter naam word aan die winde gegee wat by A konvergeer (bymekaarkom)? (1 x 2) (2) 1.1.2 Is die 0º-breedtegraad 'n laag- of 'n hoogdrukgordel? (1 x 2) (2) 1.1.3 Gee die naam van die grens by 60º waar twee lugmassas met verskillende eienskappe ontmoet. (1 x 2) (2) 1.1.4 Gee die naam van lugdrukgordel C. (1 x 2) (2) 1.1.5 Wat is die naam van die lugdrukgordel by die 0º-breedtegraad? (1 x 2) (2) 1.2 Verwys na FIGUUR 1.2, wat die profiel van 'n rivierkronkel toon. Dui aan of die stellings hieronder op helling X of helling Y van toepassing is. Skryf slegs 'helling X' of 'helling Y' langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Hierdie helling het 'n konkawe vorm. (1 x 2) (2) 1.2.2 Hierdie helling het 'n geleidelike gradiënt. (1 x 2) (2) 1.2.3 Die water vloei vinniger teen hierdie helling. (1 x 2) (2) 1.2.4 Afsetting vind hoofsaaklik op hierdie helling plaas. (1 x 2) (2) 1.2.5 Hierdie helling staan as die glyoewer bekend. (1 x 2) (2) 1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3 gebaseer op stedelike klimaat. 1.3.1 Bereken die verskil in temperatuur tussen die middestad/stadskern en die landbougrond. (1 x 2) (2) 1.3.2 Gee TWEE redes uit die diagram waarom hierdie temperatuurverskil voorkom. (2 x 2) (4) 1.3.3 Gee die term wat gebruik word om die warm lug oor die middestad/stadskern te beskryf. (1 x 2) (2) 1.3.4 Verduidelik waarom die vorm van die besoedelingskoepel nie gedurende die dag en nag dieselfde is nie. (2 x 2) (4) 1.3.5 Verwys na die besoedelingskoepel oor die stad en gee bewyse om die stelling te ondersteun dat hierdie dagtoestande is. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/November 2013 NSS 1.4 Lees FIGUUR 1.4 gebaseer op sikloon Irina en beantwoord die vrae wat volg. 1.4.1 Hoeveel siklone, insluitend Irina, het daar tot dusver in hierdie tropiese seisoen voorgekom? (1 x 2) (2) 1.4.2 Watter bewyse op die satellietbeeld dui daarop dat Irina 'n tropiese sikloon is? (1 x 2) (2) 1.4.3 Noem die wolktipe rondom die oog by C. (1 x 2) (2) 1.4.4 Verduidelik TWEE toestande wat noodsaaklik is vir die vorming van tropiese siklone. (2 x 2) (4) 1.4.5 Verduidelik waarom die mense in KwaZulu-Natal nie gereed sou gewees het vir die chaos wat deur tropiese sikloon Irina veroorsaak is nie. Gee TWEE redes. (2 x 2) (4) 1.4.6 Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) wat die impak van die vloedtoestande wat deur Irina veroorsaak is, op die ekonomie en omgewing van KwaZulu-Natal verduidelik. (6 x 2) (12) 1.5 FIGUUR 1.5 is gebaseer op 'n dreineerbekken en sy lengteprofiel. 1.5.1 Definieer die term dreineerbekken. (1 x 2) (2) 1.5.2 Verduidelik die term lengteprofiel. (1 x 2) (2) 1.5.3 Watter bewys dui aan dat die lengteprofiel 'n gegradeerde profiel is? (1 x 2) (2) 1.5.4 Noem en beskryf die onderliggende gesteentestruktuur wat met stroompatroon B geassosieer word. (2 x 2) (4) 1.5.5 Bepaal die stroomorde by punt C. (1 x 2) (2) 1.5.6 Gee 'n rede waarom die rivier 'n kronkelende roete in die middelloop volg. (1 x 2) (2) 1.5.7 Die fluviale landvorms in die bo- en benedeloop van 'n rivier verskil baie. Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy verduidelik hoe die verskillende stroomvloei- en erosieprosesse vir die ontwikkeling van verskillende landvorms in die bo- en benedelope verantwoordelik is. (6 x 2) (12) 1.6 Verwys na die sketse in FIGUUR 1.6 en beantwoord die vrae wat volg. 1.6.1 Beskryf die vorm van landvorm A. (1 x 2) (2) 1.6.2 Noem die dreineerpatroon wat op landvorm A kan vorm. (1 x 2) (2) 1.6.3 Verduidelik waarom die dreineerpatroon in VRAAG 1.6.2 op landvorm A sal ontwikkel. (2 x 2) (4) 1.6.4 Verduidelik hoe verskynsel B ontwikkel. (3 x 2) (6) [100] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/November 2013 NSS VRAAG 2 2.1 Verwys na FIGUUR 2.1, wat tersiêre lugsirkulasie toon. Kies die korrekte woord tussen hakies om elkeen van die volgende stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.6 bergwind. 2.1.1 Die wind by D is 'n (land/see)-bries. (1 x 2) (2) 2.1.2 Wind E kom gedurende die (nag/dag) voor. (1 x 2) (2) 2.1.3 Plek C sal waarskynlik 'n (hoë/lae) druk ondervind. (1 x 2) (2) 2.1.4 Die lugvloei by B sal 'n (verhittings/verkoelings)-effek op die land hê. (1 x 2) (2) 2.1.5 Die hoogdruk by A is die gevolg van (dalende/stygende) lug. (1 x 2) (2) 2.2 FIGUUR 2.2 toon sedimentêre strata/lae. 2.2.1 Hoe is die strata/lae in A in verhouding tot die aardoppervlak geposisioneer? (1 x 2) (2) 2.2.2 Watter tipe gesteente, skalie of kalksteen, sal die vinnigste verweer? (1 x 2) (2) 2.2.3 Hoe is die strata/lae in B in verhouding tot die aardoppervlak geposisioneer? (1 x 2) (2) 2.2.4 Noem EEN landvorm wat uit die kalksteen in skets B ontstaan. (1 x 2) (2) 2.2.5 Wat is die naam van die steil helling by C? (1 x 2) (2) 2.3 Bestudeer die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 2.3 en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Noem die tipe laagdruksel by B. (1 x 2) (2) 2.3.2 Noem die druk in die middel van druksel D. (1 x 2) (2) 2.3.3 Identifiseer EEN bewys uit die sinoptiese weerkaart om aan te dui dat dit wintertoestande voorstel. (1 x 2) (2) 2.3.4 Noem die front by C. (1 x 2) (2) 2.3.5 Noem TWEE weersveranderinge wat Port Elizabeth moontlik in die volgende paar uur kan ondervind. (2 x 2) (4) 2.3.6 Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) om te verduidelik waarom Port Elizabeth ongewoon hoë temperature ondervind en watter impak die weerstoestande op die omgewing sal hê. (6 x 2) (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/November 2013 NSS 2.4 Beskou die spotprent in FIGUUR 2.4 oor aardverwarming. 2.4.1 Definieer die term aardverwarming. (1 x 2) (2) 2.4.2 Lewer kommentaar op die argument tussen die ontwikkelde nasies (lande) en die groot ontwikkelende nasies (lande) soos in die spotprent getoon word. (2 x 2) (4) 2.4.3 Waarom is daar vlamme rondom die aarde in die spotprent? (1 x 2) (2) 2.4.4 Wat is die gesamentlike naam vir gasse wat aardverwarming veroorsaak? (1 x 2) (2) 2.4.5 Verduidelik waarom die spotprenttekenaar Zapiro dink dat COP 17 'n vermorsing van tyd was. (2 x 2) (4) 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5, wat die impak van grondgebruik op vloei- hidrogramme toon. 2.5.1 Definieer die term vloeihidrogram. (1 x 2) (2) 2.5.2 Hoe kan mense die inligting op 'n vloeihidrogram gebruik? (1 x 2) (2) 2.5.3 Verduidelik waarom piekreënval en piekafloop nie op dieselfde tyd voorkom nie. (2 x 2) (4) 2.5.4 Watter grondgebruik lei tot die hoogste piekafloop? (1 x 2) (2) 2.5.5 Bespreek die impak van woude op rivierafloop. (2 x 2) (4) 2.6 Verwys na die sketse oor hellings en die massabeweging teen hellings in FIGUUR 2.6. 2.6.1 Noem hellingelemente/-vorme X en Y in skets A. (2 x 2) (4) 2.6.2 Beskryf die vorm van helling X. (1 x 2) (2) 2.6.3 Noem die tipiese hellingelement/-vorm wat nie in skets A sigbaar is nie. (1 x 2) (2) 2.6.4 Bespreek hoe helling Y deur mense gebruik kan word. (2 x 2) (4) 2.6.5 Verduidelik waarom helling D onstabiel geraak het. (2 x 2) (4) 2.6.6 Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die impak van helling-onstabiliteit ontleed, sowel as metodes wat gebruik kan word om rampe wat met hierdie onstabiliteit geassosieer word, te voorkom. (6 x 2) (12) [100] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/November 2013 NSS AFDELING B: MENSE EN PLEKKE: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS, MENSE EN HUL BEHOEFTES Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy slegs EEN vraag uit AFDELING B beantwoord, moet jy AL TWEE vrae in AFDELING A beantwoord. VRAAG 3 3.1 Verwys na FIGUUR 3.1, wat tipes nedersettings toon. Pas die beskrywings hieronder by die letters (A–E) in die skets. Jy mag dieselfde letter vir meer as een antwoord gebruik. 3.1.1 'n Nedersetting met 'n lineêre vorm (1 x 2) (2) 3.1.2 'n Nedersetting wat ver van water geleë is, omdat dit 'n bedreiging is (1 x 2) (2) 3.1.3 'n Alleenstaande plaasopstal (1 x 2) (2) 3.1.4 'n Nedersetting waar boere in die boeredorpie woon en nie op hul plase nie (1 x 2) (2) 3.1.5 'n Nedersetting waar 'n rivierkronkel beskerming teen invalle bied (1 x 2) (2) 3.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term(e)/woord(e) in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 3.2.1 Primêre aktiwiteit A 'n plan vir sosiale ontwikkeling 3.2.2 Tersiêre aktiwiteit B voorsiening van intellektuele dienste/hoëvlaknavorsing 3.2.3 Kwaternêre aktiwiteit C voorsiening van dienste 3.2.4 Volhoubaarheid D strategie om nywerheidsontwikkeling te verbeter 3.2.5 Heropbou-en- Ontwikkelingsplan E behels die ontginning van natuurlike (HOP) hulpbronne F behels bewaring vir toekomstige generasies (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/November 2013 NSS 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 gebaseer op bevolkingsbewegings tussen nedersettings. 3.3.1 Noem beweging A in die skets. (1 x 2) (2) 3.3.2 Gee EEN rede waarom mense van die plattelandse boeredorpies af wegtrek. (1 x 2) (2) 3.3.3 Bespreek die impak van die beweging van mense weg van die plattelandse boeredorpies af op die ekonomie van hierdie nedersettings. (3 x 2) (6) 3.3.4 Sal beweging B meer waarskynlik in ontwikkelde of ontwikkelende lande plaasvind? (1 x 2) (2) 3.3.5 Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die impak van beweging A op die SSK (D) en binnestad (C) uiteensit. (6 x 2) (12) 3.4 Bestudeer die spotprent oor 'n stedelike probleem in FIGUUR 3.4. 3.4.1 Noem die stedelike probleem wat in die spotprent beklemtoon word. (1 x 2) (2) 3.4.2 Watter boodskap dra die spotprent oor die houding van die motoriste oor? (1 x 2) (2) 3.4.3 Bespreek hoe die motoriste se houding tot die probleem bygedra het. (2 x 2) (4) 3.4.4 Noem TWEE omgewingskwessies wat met hierdie stedelike probleem geassosieer word. (2 x 2) (4) 3.4.5 Gee die plaaslike owerhede raad oor hoe hulle kan help om hierdie stedelike probleem op te los. (3 x 2) (6) 3.5 Bestudeer die grafiek in FIGUUR 3.5 wat die BBP-bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie toon. 3.5.1 Skryf die akroniem BBP voluit. (1 x 2) (2) 3.5.2 Verduidelik kortliks waarom finansies so 'n wisselvallige/ veranderende tendens toon. (3 x 2) (6) 3.5.3 Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy kommentaar lewer op die bydrae van vervaardiging tot die BBP oor die afgelope vyf jaar, en hoe dit tot die groei van Suid-Afrika se ekonomie gelei het. (6 x 2) (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/November 2013 NSS 3.6 Bestudeer FIGUUR 3.6, wat die ligging van sommige nywerheidsontwikkelingsones (NOS'e) in Suid-Afrika toon. 3.6.1 Wat is 'n nywerheidsontwikkelingsone? (1 x 2) (2) 3.6.2 Watter NOS het tot op hede die grootste belegging? (1 x 2) (2) 3.6.3 Gee TWEE redes vir die ontwikkeling van NOS'e deur die regering. (2 x 2) (4) 3.6.4 Noem TWEE aansporingsmaatreëls wat die regering aanbied vir nywerhede wat in NOS'e gevestig word. (2 x 2) (4) 3.6.5 Verduidelik hoe NOS'e die lewens van mense wat in onderontwikkelde landelike gebiede woon, verbeter het. (3 x 2) (6) [100] VRAAG 4 4.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 'n Toenemende persentasie mense A teenverstedeliking wat in stede woon B vormlose/ 4.1.2 Die proses waar mense uit die stede onplanmatige na landelike gebiede beweeg stedelike uitbreiding 4.1.3 Die fisiese groei van 'n stedelike C verstedeliking nedersetting D landelike ontvolking 4.1.4 Onbeheerste groei van 'n stedelike gebied E stedelike uitbreiding 4.1.5 'n Afname in die getal mense wat in F stedelike groei landelike gebiede woon (5 x 2) (10) 4.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.2.1 Die ruil van goedere en dienste tussen lande (1 x 2) (2) 4.2.2 Goedere wat in 'n land ingebring word (1 x 2) (2) 4.2.3 'n Finansiële staat wat die waarde van 'n land se transaksies met ander lande toon (1 x 2) (2) 4.2.4 Die verskil in waarde tussen 'n land se invoere en uitvoere (1 x 2) (2) 4.2.5 Wanneer die waarde van 'n land se uitvoere groter as sy invoere is (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/November 2013 NSS 4.3 Bestudeer die spotprent in FIGUUR 4.3 oor onwettige immigrante en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Wie is 'n onwettige immigrant? (1 x 2) (2) 4.3.2 Lewer kommentaar op die regering se houding teenoor onwettige immigrante met verwysing na die spotprent. (2 x 2) (4) 4.3.3 Gee TWEE redes waarom mense wêreldwyd wil hê dat onwettige immigrasie beëindig moet word. (2 x 2) (4) 4.3.4 Gee TWEE redes waarom Suid-Afrika so baie onwettige immigrante uit ander Afrikalande lok. (2 x 2) (4) 4.4 Bestudeer die kaart in FIGUUR 4.4 wat die lande met die meeste MIV/Vigs- verwante sterftes toon. 4.4.1 Noem die land met die meeste MIV/Vigs-verwante sterftes. (1 x 2) (2) 4.4.2 Gee enige TWEE redes vir die hoë getal MIV/Vigs-verwante sterftes in Afrika. (2 x 2) (4) 4.4.3 Gee enige TWEE oplossings wat die groot getal MIV/Vigs- verwante sterftes sal verminder. (2 x 2) (4) 4.4.4 Bestudeer die geprojekteerde sterftes tot en met 2015 en lewer kommentaar op die doeltreffendheid van programme om MIV/Vigs- verwante sterftes te verminder. (2 x 2) (4) 4.4.5 Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die ekonomiese en sosiale impak van MIV/Vigs op landelike nedersettingspatrone in Afrikalande uiteensit. (6 x 2) (12) 4.5 Lees die koerantberig getiteld 'Formele sektor verloor werksgeleenthede' in FIGUUR 4.5. 4.5.1 Waarna verwys die formele sektor? (1 x 2) (2) 4.5.2 Gee TWEE redes vir die verskuiwing in die aantal poste van die formele na die informele sektor. (2 x 2) (4) 4.5.3 Watter bedryf het die meeste werksgeleenthede verloor? (1 x 2) (2) 4.5.4 Waarom is die verandering van werksgeleenthede van die formele na die informele sektor nie goed vir Suid-Afrika se ekonomie nie? (1 x 2) (2) 4.5.5 Bespreek DRIE uitdagings vir die informele sektor in Suid-Afrika. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/November 2013 NSS 4.6 Bestudeer die grafiek in FIGUUR 4.6 gebaseer op Suid-Afrika se handel met China. 4.6.1 Het Suid-Afrika tussen 2008 en 2012 'n gunstige of ongunstige handelsbalans met China gehad? (1 x 2) (2) 4.6.2 Met verwysing na jou antwoord op VRAAG 4.6.1, hoe het Suid- Afrika se handelsbalans met China die ekonomie van Suid-Afrika beïnvloed? (1 x 2) (2) 4.6.3 Identifiseer TWEE tendense/patrone in die handelsverhouding tussen Suid-Afrika en China tussen 1995 en 2015 wat op die grafiek gesien kan word. (2 x 2) (4) 4.6.4 Gee TWEE moontlike redes vir die groter verskil in invoere en uitvoere tussen Suid-Afrika en China vanaf 2008 tot 2015. (2 x 2) (4) 4.6.5 Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die voordele en nadele van Suid-Afrika se handel met wêreld-ekonomieë soos China evalueer. (6 x 2) (12) [100] GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all