Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)
View all





Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:
AFDELING A:
VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
VRAAG 2: Geomorfologie (60)
AFDELING B:
VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)
2. Beantwoord al DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ʼn lys
moet maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, byvoorbeeld
1 010 hPa, 9 °C en 25 m.
11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (3419AB CALEDON) en ʼn 1 : 10 000
ortofotokaart (3419 AB 24 CALEDON) word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur die term uit die
onderstaande lys te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1 8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.9 Pluim.
sublimasie; isoterm; termiese gordel; rypholte; stralingsmis; adveksie
mis; temperatuur inversie; anabatiese wind; higroskopiese kerne; albedo
1.1.1 Die term word gebruik om ʼn toename in temperatuur te beskryf
namate die hoogte toeneem
1.1.2 Kom voor wanneer die temperatuur van koue lug op die
valleivloer tot onder vriespunt daal
1.1.3 ʼn Tipe wind wat die gevolg is van lug wat gedurende die dag teen
die valleihelling opbeweeg
1.1.4 Stofdeeltjies, rook of sout waaraan waterdamp kleef en
kondenseer
1.1.5 Lyne op ʼn kaart wat punte met dieselfde temperatuur verbind
1.1.6 Die hoeveelheid inkomende sonstraling wat deur die aard-
oppervlaktes weerkaats word
1.1.7 Vorm snags onder helder, rustige toestande
1.1.8 ʼn Gebied waar ʼn warm lugmassa tussen die kouer lugmassa
vasgevang is (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 A.
1.2.1 Die stelsel deflekteer middelbreedtesiklone weg van die kus af in die
somer.
A Kus-laag
B Suid-Indiese Hoogdruksel
C Suid-Atlantiese Hoogdruksel
D Kalahari Hoogdruksel
1.2.2. Dit lei tot stabiele, goeie weer met helder ...
A antisiklone.
B siklone.
C depressies.
D hitte-laag.
1.2.3 In die winter word ... lug saamgepers en ... adiabaties wat
veroorsaak dat die inversielaag onder die platorand is.
(i) dalende
(ii) stygende
(iii) verhit
(iv) verkoel
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.2.4 In ʼn termiese-laag, die lug in kontak met die aardoppervlak ... en ...
na ʼn sentrum van laagdruk.
(i) koel af
(ii) verhit
(iii) divergeer
(iv) konvergeer
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 5
1.2.5 Aanlandige winde aan die weskus is ... met ...
(i) warm en droog.
(ii) koud en droog.
(iii) geen vog nie.
(iv) beperkte vog.
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.2.6 Noem die drukselle by A en B soos op die diagram hieronder
aangedui, wat vir die ontwikkeling van ʼn bergwind verantwoordelik is.
[Aangepas deur eksaminator uit fotisedu.com]
(i) Kalahari Hoogdruksel
(ii) Suid-Indiese Hoogdruksel
(iii) Termiese laagdruk
(iv) Kus-laag
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.2.7 Suid-Afrikaanse bergwinde is warm aflandige winde as gevolg van
die ...
A temperature wat warmer is bo die plato.
B laagdruksel wat warm, vogtige lug uit die binneland voer.
C temperatuur van lug wat met 1 °C per 100 m soos dit styg, daal.
D temperatuur van lug wat met 1 °C per 100 m soos dit daal,
styg. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.3 Verwys na die onderstaande infografika oor die Tropiese Sikloon Filipo.
SATELLIETBEELD PROVINSIES
[Aangepas uit Med Redl, 11 Maart 2024] [Bron: INGD en meteorologiese inligting.
Toegang op 15 Maart 2024 verkry.]
SITUASIE OORSIG
Die Nasionale Instituut vir Rampbestuur (INGD) het berig dat 48 116 mense
(8 533 huishoudings) in die provinsies Gaza, Inhambane, Maputo en Sofala
geraak is. Twee sterftes en 25 mense wat beseer is, is aangemeld. Volgens
die beskikbare inligting is die gebied wat die meeste geraak word Maputo-
stad met 25 455 mense wat geraak word (2 persent van die totale
bevolking). Skade aan infrastruktuur sluit in 8 000 huise wat gedeeltelik/
heeltemal beskadig is, 146 skole (22 442 studente) wat geraak word te-
saam met 51 gesondheidsentrums, 56 elektriese pale en 19 paaie. Die
hoogste humanitêre behoeftes is in onderwys, behuising / NFI’s,
watersuiwering en higiënestelle. Infrastruktuur rekonstruksie/
rehabilitasiebehoeftes is ook geïdentifiseer.
[Bron: INGD en meteorologiese inligting. Toegang op 15 Maart 2024 verkry.]
1.3.1 Wanneer het die Tropiese Sikloon Filipo ʼn landing gemaak? (1 x 2) (2)
1.3.2 Beskryf die pad van Tropiese Sikloon Filipo vanaf die 11de tot die 14de.
(2 x 1) (2)
Verwys na die kaart.
1.3.3 Mense en huishoudings is deur Tropiese Sikloon Filipo geraak.
Noem ten minste TWEE provinsies wat geraak is. (2 x 1) (2)
1.3.4 Hoeveel mense, volgens die uittreksel, was meestal in hierdie streek
geraak? (1 x 1) (1)
1.3.5 Identifiseer TWEE dienste wat die meeste benodig was. (2 x 1) (2)
1.3.6 Onttrek TWEE voorbeelde van infrastruktuur wat in die uittreksel
genoem word, wat deur Tropiese Sikloon Filipo geraak is. (2 x 1) (2)
1.3.7 Stel maatreëls voor wat deur die regering van Mosambiek ingestel kan
word om die impak van tropiese siklone te verminder. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 7
1.4 Verwys na die sinoptiese weerkaart wat ʼn middelbreedtesikloon uitbeeld.
[Bron: http://www.wozamatric.co.za]
1.4.1 Definieer die term siklogenese. (1 x 2) (2)
1.4.2 Verskaf ʼn geskikte naam vir die fronte by A en B. (2 x 1) (2)
1.4.3 Gee die term wat gebruik word om die verandering van windrigting
in die Suidelike Halfrond te beskryf. (1 x 1) (1)
1.4.4 Verduidelik waarom die wind van ʼn noordwestelike wind na ʼn
suidwestelike wind in die Suidelike Halfrond verander het. (1 x 2) (2)
1.4.5 Letter C verwys na die okklusie-stadium.
In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die proses wat tot
die vorming van ʼn koue en warm front okklusie gelei het. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.5 Verwys na die skets wat ʼn besoedelingskoepel toon.
[Bron: www.science direct.com]
1.5.1 Definieer besoedelingskoepel. (1 x 2) (2)
1.5.2 Gee DRIE redes waarom ʼn besoedelingskoepel algemeen in die
meeste stede is. (3 x 1) (3)
1.5.3 ʼn Besoedelingskoepel is snags op ʼn laer hoogte as gedurende die
dag. Verduidelik waarom dit gebeur. (2 x 2) (4)
1.5.4 Verduidelik die klimatologiese effek van ʼn besoedelingskoepel oor ʼn
stad. (3 x 2) (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 9
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs
Y of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 2.1.9 Z.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Die rivier is jonger as die onder- Y antesedente stroom
liggende rotsstruktuur waardeur dit Z geërfde stroom
vloei
2.1.2 Die gebied waardeur ʼn rivierstelsel Y dreinerings gebied
vloei Z opvangsgebied
2.1.3 Die boonste grens van water wat Y watertafel
ondergronds gevind word Z waterskeiding
2.1.4 Riviere vloei na die sentrale punt of Y radiaal sentripetaal
depressie Z radiaal sentrifugaal
2.1.5 Die laagste vlak waartoe die rivier kan Y basisvloei
erodeer Z basisvlak
2.1.6 Meer energie is nodig om hindernisse Y turbulente vloei
te oorkom Z laminêre vloei
2.1.7 Vorm aan die basis van ʼn waterval as Y knakpunt
gevolg van die krag van vallende Z plonspoel
water
2.1.8 Vloei slegs na ʼn swaar reënval of Y periodiese rivier
donderstorm Z episodiese rivier
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.2 Verwys na die dreineringspatrone hieronder.
Pas die beskrywings in VRAAG 2.2.1 tot 2.2.7 by die beelde, A of B. Skryf
slegs die letter, (A of B) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.8 B.
A B
[Bron: https://www.Quora.com]
2.2.1 Sytakke sluit reghoekig by die hoofrivier aan.
2.2.2 Daar is reghoekige draaie langs die loop van die hoofrivier en sy
sytakke.
2.2.3 Hierdie patroon kom voor in geplooide sedimentêre gesteentes.
2.2.4 Ontwikkel in gebiede waar verskuiwings parallel met mekaar
voorkom.
2.2.5 Vorm op rotse wat baie nate het.
2.2.6 Sytakke is kort.
2.2.7 Sytakke vloei dikwels uit poorte. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 11
2.3 Verwys na die skets oor deltas.
[Bron: Insightsonindia.com]
2.3.1 Wat is ʼn delta? (1 x 2) (2)
2.3.2 Noem die tipe delta wat deur die bostaande skets verteenwoordig word.
(1 x 1) (1)
2.3.3 Hoe beïnvloed die gradiënt van die helling en seestrome die vorming
van deltas? (2 x 2) (4)
2.3.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls gee ʼn uiteensetting van die
belangrikheid van deltas vir mense en ook vir die omgewing. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.4 Verwys na die skets oor stroomroof.
[Aangepas uit https://www.google.com/search?g=river+capture]
2.4.1 Definieer die konsep by punt C. (1 x 2) (2)
2.4.2 (a) Identifiseer verskynsel B op die skets. (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik kortliks die proses wat betrokke is by die vorming van
die verskynsel by B. (2 x 2) (4)
2.4.3 Verskaf ʼn geskikte naam vir die rivier by A na stroomroof. (1 x 1) (1)
2.4.4 Watter rivier (A of B) het verjonging na stroomroof ondergaan? (1 x 1) (1)
2.4.5 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.4. (1 x 2) (2)
2.4.6 Hoe sal stroomroof ʼn impak op die ekosisteem hê wat by B op die skets
gevind word? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 13
2.5 Verwys na die uittreksel oor die krisis met onvoldoende behandelde riool.
Die jongste jaarlikse groendruppelverslag, gegrond op die toetsing van
140 rioolafvalwaterbehandelingswerke, toon dat 81% van Suid-Afrika se
rioolafvoer nie voldoende behandel word voordat dit in die riviere vrygelaat
word nie, met 19% van die behandelingswerke wat aan minimum
standaarde voldoen, het Manais de Vaal, AfriForum se
omgewingsakeadviseur, gesê.
Die verslag, wat op die perseel van ʼn stukkende rioolpompstasie in
Vereeniging bekend gestel is, het getoon dat daar op nasionale vlak slegs
26 uit 140 rioolafvalwaterbehandelingswerke aan die minimum standaarde
vir afvoer in ʼn waterbron voldoen, wat die uitvloeisel van 144 aanlegte nie
op standaard gelaat het nie.
[Bron: Vry vertaal uit 15 November 2023 deur Natasha Odendaal]
2.5.1 Watter persentasie, sigbaar in die uittreksel, toon dat die riool nie
voldoende behandel is nie? (1 x 1) (1)
2.5.2 Wat, volgens die uittreksel, het hierdie krisis begin? (1 x 2) (2)
2.5.3 Haal, uit die uittreksel aan, die totale getal behandelde aanlegte
wat aan die vereiste standaarde voldoen. (1 x 2) (2)
2.5.4 Behalwe stukkende rioolpompstasies, verskaf ander faktore wat
tot rivierbesoedeling gelei het. (2 x 2) (4)
2.5.5 Stel DRIE volhoubare maatreëls voor wat ingestel kan word om die
impak van waterbesoedeling te verminder. (3 x 2) (6)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR CALEDON
Koördinate: 34˚13' S; 19˚ 25' E
Caledon het ʼn Mediterreense klimaat van warm, droë somers en koel, nat winters.
Temperature word verander deur sy nabyheid aan die Suid-Atlantiese Oseaan, net oor
die Kleinrivierberge in die suide.
[Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Caledon, Western Cape]
Die volgende Engelse term en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Aerodrome Vliegveld
Canal Kanaal
Diggings Uitgrawings
Furrow Voor
Golf course Gholfbaan
Sewerage works Rioolwerke
Show grounds Skougronde
Waterfall Waterval
Weir Studam
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 15
3.1 KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS
3.1.1 In watter provinsie is Caledon geleë? (1 x 1) (1)
3.1.2 Bepaal die rigting van punthoogte 236 (suid van Caledon) vanaf
Vleiview by nommer 8 op die topografiese kaart. (1 x 1) (1)
3.1.3 Gee ʼn rede waarom die hospitaal (area 2) op die ortofotokaart groter
lyk as die hospitaal in blok E3 op die topografiese kaart. (1 x 2) (2)
3.1.4 Bestudeer die ortofoto-indekskaartblad noordwes van 3419 AB 24.
Vier opsies word as antwoorde vir die vrae hieronder gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.5 A.
Die ortofoto-indeksblad noordwes van 3419 AB 24 is ...
A 3419 AB 18.
B 3419 AB 19.
C 3419 AB 20.
D 3419 AB 21. (1 x 1) (1)
3.1.5 Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf die hoogtemerk in blok D6 na
die trigonometriese stasie in blok E6 op die topografiese kaart.
VI
Formule: Gradiënt =
HE
(5 x 1) (5)
3.2 KAARTINTERPRETASIE
Aspek is die hoek waarteen die sonstrale ʼn helling tref.
3.2.1 Verwys na blok D4 en D5 op die topografiese kaart.
Hoe het die aspek die groei van plantegroei in blok D4 en D5
beïnvloed? (1 x 2) (2)
3.2.2 Verwys na die verskynsel genommer 3 op die ortofotokaart.
(a) Gedurende watter tyd van die dag (oggend / middag /
agtermiddag) is die foto geneem? (1 x 1) (1)
(b) Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2(a). (1 x 2) (2)
3.2.3 Gee ʼn geskikte naam vir die dreineringspatroon in blok C5. (1 x 1) (1)
3.2.4 Beskryf die kenmerke wat met die dreineringspatroon, genoem in
VRAAG 3.2.3 geassosieer word. (1 x 2) (2)
3.2.5 Bepaal die stroomorde van die dendritiese dreineringspatroon in blok
A5. (1 x 2) (2)
3.2.6 Klassifiseer die dreineringsdigtheid van die strome in blok A5 en
blok A6. (1 + 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Verwys na die topografiese kaart.
3.3.1 ʼn Ruimtelike voorwerp word gedefinieer as enige verskynsel wat as
ʼn punt, lyn of poligoon opgeteken kan word.
Verwys na blok D2 op die topografiese kaart en identifiseer die
volgende:
(a) Natuurlike poligoon verskynsel (1 x 1) (1)
(b) Natuurlike lynverskynsel (1 x 1) (1)
3.3.2 Definieer ʼn datalaag. (1 x 2) (2)
3.3.3 Watter datalae is vir die dam in blok B5 oorweeg? (2 x 1) (2)
3.3.4 Stel EEN voordeel voor vir die skep van die buffersone langs die rivier
in blok C1 op die topografiese kaart. (1 x 2) (2)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)
Addendum
Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 Geography

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Prelim 2023 Memo

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 MAPS 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 MAPS 2023 Question Paper

Memorandum