Skip to content

Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202417 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 GEOGRAFIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS. AFDELING A: VRAAG 1: Landelike en stedelike nedersettings (60) VRAAG 2: Ekonomiese geografie van Suid-Afrika (60) AFDELING B: VRAAG 3: Geografiese vaardighede en tegnieke (30) 2. Beantwoord al DRIE vrae. 3. ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word. 5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Moenie in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ʼn lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart van 2527DB HARTBEESPOORT en ʼn ortofotokaart van 1 : 10 000 2527DB 23HARTBEESPOORT van ʼn gedeelte van die gekarteerde (kaart) area, word voorsien. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word voor. 16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inhandig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V2 3 AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTING 1.1 Die skets hieronder dui aan klassifikasie van landelike nedersettings. Vergelyk die beskrywings in VRAAG 1.1.1 tot 1.1.8 met letters A‒F. Skryf slegs die letters (A‒F) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 G. Letters kan herhaal word. [Bron: Eksaminator se eie skets] 1.1.1 ʼn Natpunt-nedersetting. 1.1.2 ʼn Kernnedersetting wat op ʼn primêre ekonomiese aktiwiteit staatmaak. 1.1.3 ʼn Geïsoleerde nedersetting wat ʼn maklike teiken vir misdadigers is. 1.1.4 ʼn Stervormige kruispad-nedersetting. 1.1.5 ʼn Plaasopstal wat groot bedrae kapitaal benodig. 1.1.6 ʼn T-vormige nedersetting. 1.1.7 ʼn Nedersetting wat lineêr van vorm is. 1.1.8 ʼn Nedersetting, wat om veiligheidsredes, in ʼn meanderloop geleë is. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 D. Verwys na die skets hieronder wat die stedelike hiërargie aandui om VRAE 1.2.1 tot 1.2.3 te beantwoord. [Aangepas uit www.buddinggeographers.com/rural-and-urban-settlement] 1.2.1 Nedersettings word volgens … gerangskik. A funksie B bevolking C reikwydte D vorm 1.2.2 In vergelyking met ʼn dorp, het ʼn stad ʼn … bevolking met … funksies. (i) groter (ii) kleiner (iii) minder (iv) meer A (i) en (iii) B (ii) en (iii) C (i) en (iv) D (ii) en (iv) 1.2.3 ʼn Megapolis word gekenmerk deur: A Om volop in ʼn spesifieke area te wees B Om die minste kompleks te wees C Konurbasies groei en samesmelting D Het die kleinste bevolking Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V2 5 Verwys na die skets wat reikwydte en totale bevolking in verskillende nedersettings aandui om VRAE 1.2.4 tot 1.2.5 te beantwoord. 1.2.4 Die reikwydte vir lae-orde goedere en dienste is die kleinste in ʼn … A dorp. B stad. C metropool. D dorpie. 1.2.5 Die tipe nedersetting wat die hoogste aantal mense bedien. A Dorp B Stad C Metropool D Klein dorpie Verwys na die skets hieronder wat die sentraleplekteorie aandui om VRAE 1.2.6 en 1.2.7 te beantwoord. [Aangepas uit https://geography.name/classical-central-place-theory] 1.2.6 Die laagste orde nedersettingsplek is die … sentrale plek. A eerste orde B tweede orde C derde orde D vierde orde Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.2.7 Die … sentrale plek het die grootste invloedsfeer. A eerste orde B tweede orde C derde orde D vierde orde (7 x 1) (7) 1.3 Verwys na die uittreksel hieronder oor grondhervorming as ʼn landelike nedersettingskwessie. WAAROM SUID-AFRIKA SE GRONDHERVORMINGSBELEIDE MISLUK Die regering het oor R56 miljard gespandeer aan die aankope van eiendom vir grondhervormingspogings sedert 1994. Hierdie aansienlike bedrag geld beklemtoon die belangrikheid wat die regering plaas op grondhervorming in ʼn na-apartheid Suid-Afrika. Deur grondrestitusieprogramme, het begunstigdes die potensiaal om landbouplase te ontwikkel, wat landelike ontwikkeling aandryf deur verhoogde indiensneming, rykdomskepping en ekonomiese groei. Nietemin, daar blyk egter onvoldoende sukses van grondhervormings- programme te wees. Waarskynlik, was dit nie weens finansiële beperkings nie, aangesien miljarde fondse daaraan toegeken is. Die primêre oorsake word toegeskryf aan die mislukking van beleidsimplimentering en die verskaffing van na-nedersettingsondersteuning aan begunstigdes. [Aangepas uit www.foodformzansi.co.za/] 1.3.1 Wat is grondrestitusie? (1 x 2) (2) 1.3.2 Hoeveel geld het die Suid-Afrikaanse regering aan grondrestitusie sedert 1994 gespandeer? (1 x 1) (1) 1.3.3 Volgens die uittreksel, wat is die voordele van goed bestuurde grondrestitusie? (2 x 1) (2) 1.3.4 Waarom is die sukses van grondhervormingsprogramme ʼn maatskaplike geregtigheidskwessie? (1 x 2) (2) 1.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor wat die regering in plek kan stel om na-nedersettingsondersteuning aan begunstigdes te voorsien. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V2 7 1.4 Verwys na die skets en foto’s wat ʼn stedelike profiel toon. [Eksaminator se eie skets] 1.4.1 Die residensiële area A is ʼn (hoë/lae)-inkomste residensiële area. (1 x 1) (1) 1.4.2 Watter bewyse toon dat grondgebruiksone (antwoord op VRAAG 1.4.1) aanpasbaar is met die grondgebruiksones rondom dit? (2 x 1) (2) 1.4.3 Verklaar redes vir grondgebruiksone (B) wat aan die buitewyke geleë is. (2 x 2) (4) 1.4.4 Waarom is die groengordel ʼn belangrike grondgebruiksone in die stedelike profiel? (2 x 2) (4) 1.4.5 Verduidelik waarom die SSK, ten spyte van sy sentrale ligging in hierdie stedelike profiel, nie meer so toeganklik vir verbruikers (klante) is nie. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.5 Verwys na die stedelike kwessie van stadspreiding. JOHANNESBURG IS ’N TYDBOM SOOS WAT STADSPREIDING VOORTGAAN Die stadspreiding, wat geboorte gegee het aan nuwe ‘stede’ soos Waterval Stad, Steyn Stad en Cosmo Stad, sou altyd deel van Johannesburg gewees het. As Suid-Afrika se ekonomiese middelpunt, het Johannesburg sy fisiese voetspoor in die afgelope 30 jaar verdriedubbel en sal na verwagting teen 2030 ʼn ‘megacity’ word. In weklikheid, skep die vinnige verstedeliking wêreldwyd meer stede soos Johannesburg, en die omgewingskoste neem toe. Die probleem met stadspreiding in Suid-Afrika is dat mense wat in die periferie woon die koste dra van die staat se versuim om vir die vinnige verstedeliking te beplan. [Aangepas uit www.news24.com/fin24/money/property/johannesburg] 1.5.1 Gee bewyse uit die skets dat stadspreiding plaasgevind het. (1 x 1) (1) 1.5.2 Wat is die hoof-oorsaak van vinnige stadspreiding? (1 x 2) (2) 1.5.3 Hoe het vinnige verstedeliking tot stadspreiding bygedra? (1 x 2) (2) 1.5.4 Waarom vind plaaslike owerhede dit moelik om stadspreiding te beheer? (2 x 2) (4) 1.5.5 Watter ongunstige omgewingstoestande word deur stadspreiding in die landelik-stedelike randgebied veroorsaak? (3 x 2) (6) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V2 9 VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA 2.1 Verwys na die kaart en data wat op steenkoolmynbou gebaseer is. Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs X of Z langs vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 Z. STEENKOOLMYNBOU 2022 2023 Direkte werknemers 91 790 94 531 Werknemer verdienste (miljarde) R32,1 R33,9 Produksie (miljoen ton) 230,1 228,5 Totale verkope (miljarde) R2 347 R1 922 [Aangepas uit mineralscouncil.org.za/sa-mining/coal] KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Die provinsie verantwoordelik vir meer X Mpumalanga as 80% van steenkool produksie: Z Gauteng 2.1.2 Die hoof steenkool-hawe-terminaal X Port Elizabeth waar deur steenkool uitgevoer word: Z Richardsbaai 2.1.3 Die hoofgebruik van steenkool in die X elektrisiteitsopwekking PWV-nywerheidstreek is vir … Z staalproduksie 2.1.4 Fisiese faktore wat steenkoolmynbou X Goedkoop, volop arbeid bevoordeel: Z Vlak, hoë gehalte steenkool 2.1.5 Die proses van steenkoolbenefisie word X primêre as ʼn … ekonomiese aktiwiteit Z sekondêre geklassifiseer. 2.1.6 Vanaf 2022 tot 2023 was daar ʼn … van X afname 2,9% in direkte indiensneming. Z styging 2.1.7 Die 2022–2023 neiging in steenkool X positief verkope sal buitelandse valuta- Z negatief verdienste … beïnvloed. (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 2.2 Die foto’s hieronder toon voorbeelde van verskillende nywerhede. Pas elke beskrywing by VRAE 2.2.1 tot 2.2.8 met die foto’s. Skryf slegs OLIERAFFINADERY of BAKKERY langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.9 Bakkery. [Bron: https://www.iol.co.za/business-report/economy] 2.2.1 Grootmaat-aflaai nywerheid 2.2.2 Grootskaalse massaproduksie 2.2.3 Beslaan ʼn klein oppervlakte grond 2.2.4 Geleë op stedelike periferie 2.2.5 Markgeoriënteerde nywerheid 2.2.6 Maak staat op padvervoer 2.2.7 Geassosieer met lae vlakke van besoedeling 2.2.8 Benodig groter hoeveelhede energie en water (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V2 11 2.3 Verwys na die infografika oor beesvleisboerdery in Suid-Afrika. PROVINSIALE BEESVLEISPRODUKSIE (%) Wes-Kaap 4% Noord-Kaap 3,6% Noordwes 12,8% Mpumalanga 9,6% Limpopo 7,2% KwaZulu-Natal 20% Gauteng 2% Vrystaat 16,8% Oos-Kaap 24% [Aangepas uit http:webapps1.daff.gov.za] Met 80% van Suid-Afrika se landbougrond wat as geskik vir ekstensiewe weiding beskou word, dra beesvleisboerdery 34,1% by tot die plaaslike landbouproduksie. Maar, onlangs is Suid-Afrika se beesvleis-industrie getref deur toename in produksiekoste en die verspreiding van siektes soos bek-en-klouseer. Gelukkig, gaan beesvleis-uitvoere in 2024 toeneem na Saoedi-Arabië se besluit in 2023 om die verbod op beesvleisprodukte uit Suid-Afrika op te hef. Die opening van hierdie nuwe uitvoermark sal die land se ekonomie positief beïnvloed. [Aangepas uit www.arc.agric.za/] 2.3.1 Identifiseer die TWEE provinsies wat die hoogste persentasies tot Suid- Afrika se beesvleisproduksie bydra. (2 x 1) (2) 2.3.2 Noem die algemene neiging ten opsigte van Suid-Afrika se beesveis- uitvoere tussen 2019 tot 2023, soos aangedui op die grafiek. (1 x 1) (1) 2.3.3 Verskaf bewyse uit die uitreksel dat die Suid-Afrikaanse beesvleis- industrie die afgelope jare negatief beïnvloed (geaffekteer) is deur: (a) ʼn Fisiese faktor (b) ʼn Ekonomiese faktor (2 x 1) (2) 2.3.4 Hoe kan kleinskaalse beesvleisboerdery tot huishoudelike voedselsekerheid bydra? (2 x 2) (4) 2.3.5 Waarom sal ʼn nuwe beesvleisuitvoermark die land se ekonomie positief beïnvloed? (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 2.4 Verwys na die uittreksel en kaart oor Saldanhabaai Nywerheidsontwikkeling- sone (NOS). INFRASTRUKTUUURINVESTERING: SLEUTEL VIR EKONOMIESE ONTWIKKELING Die Saldanhabaai Nywerheidsontwikkeling (NOS) is in die hawe van Saldanhabaai geleë, die grootste natuurlike diepwaterhawe in die Suidelike Halfrond. Die verskaffing van wêreldklas hawe-infrastruktuur, spesifiek ontwerp om beleggings te lok, word toegewy aan maritieme, energie, logistieke en ingenieursindustrieë. Onlangs is die toegangspad na die NOS, teen ʼn koste van R24 miljoen, voltooi en sal ʼn meer direkte pad vir nywerheidsverkeer na die NOS bied met verbeterde mobiliteit en veiligheid. [Aangepas uit businesstech.co.za] 2.4.1 In watter provinsie is die Saldanhabaai NOS geleë? (1 x 1) (1) 2.4.2 Vanuit die uittreksel, noem TWEE industrieë wat die NOS se hawe- infrastruktuur ondersteun. (2 x 1) (2) 2.4.3 Watter positiewe sosiale bydraes lewer hierdie industrieë (antwoord op VRAAG 2.4.2)? (2 x 2) (4) 2.4.4 Verduidelik hoe die infrastruktuur nywerhede meer mededingend in die Suidwes-Kaap nywerheidsgebied maak. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V2 13 2.5 Verwys na die uittreksel oor die informele sektor. SUID-AFRIKA SE INFORMELE SEKTOR FLOREER Die informele sektor in Suid-Afrika, wat na raming op R750 miljard gewaardeer word, het nog altyd ʼn belangrike rol gespeel om Suid-Afrika se groot werklose bevolking te absorbeer, om ʼn bestaan te voorsien aan diegene wat nie werk kan kry nie en die inkomste van diegene met lae lone aan te vul. Die Suid-Afrikaanse informele sektor word oorheers deur spaza-winkels* wat jaarliks sowat R180 miljard werd is. Met meer as 150 000 spaza-winkels, toon navorsing dat ongeveer 11,1 miljoen Suid-Afrikaners hul kruideniersware inkopies by hierdie winkels doen, met gerief en laer pryse as die hoof trekfaktor. Die informele ekonomie groei sterk, en daar word beraam dat die groei van sy kleinhandelsektor byna dubbel dié van sy formele eweknie sal wees. Woordelys: ʼn Spaza-winkel is ʼn informele gerieflikheidswinkel-besigheid wat gewoonlik van ʼn huis af bedryf word. [Aangepas uit https://dailyinvestor.com/south-africa/56895/south-africas-hidden-r750-billion- economy] 2.5.1 Wat is ʼn informele sektor? (1 x 2) (2) 2.5.2 Hoeveel is die geraamde waarde van die Suid-Afrikaanse informele sektor? (1 x 1) (1) 2.5.3 Volgens die uittreksel, hoe bevoordeel die informele sektor Suid- Afrikaanse verbruikers (kopers)? (2 x 1) (2) 2.5.4 Hoekom is spaza-winkels maklike besighede om te kan besit? (2 x 1) (2) 2.5.5 Hoe sal die groei van spaza-winkels Suid-Afrika se formele sektor bevoordeel? (2 x 2) (4) 2.5.6 Verduidelik die ekonomiese uitdagings wat spaza-winkeleienaars in Suid-Afrika ervaar. (2 x 2) (4) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING B VRAAG 3: KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE ALGEMENE INLIGTING OOR HARTBEESPOORT N Koördinate: 25°43′32″S 27°50′54″O Hartbeespoort, wat informeel ook as “Harties” bekend staan, is ʼn klein oorddorpie in die Noordwes provinsie van Suid-Afrika, wat op die oewer van die Hartbeespoortdam geleë is. Hartbeespoort is die versamelnaam van ʼn paar kleiner dorpe wat rondom die Hartbeespoort geleë is, insluitend die dorpe van Meerhof, Ifafi, Melodie, Schoemansville en Kosmos. ʼn Aantal hoë-inkomste residensiële landgoed kan langs sy oewers gevind word. Vanweë sy ligging (ongeveer 35 kilometers noordwes vanaf Johannesburg en 20 kilometer wes vanaf Pretoria), het Hartbeespoort ʼn baie gewilde vakansie-en-naweek bestemming geword. Dit is die vernaamste waterontspanningsgebied van Noord- Gauteng en baie soorte watersport word op die dam geniet. [Bron: https://en.wikipeda.org/wiki/Hartbeespoort] Die volgende Engelse terme en hulle vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS Golf course Gholfbaan Holiday resort Vakansie-oord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V2 15 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE 3.1.1 Hartbeespoort word as ʼn … gespesialiseerde dorp geklassifiseer. A mynbou B militêre C oord D nywerheid (1) 3.1.2 Johannesburg is in ʼn … rigting vanaf Hartbeespoort. A noordwestelike B oostelike C westelike D suidoostelike (1) Verwys na die topografiese kaart om VRAE 3.1.3 tot 3.1.5 te beantwoord. 3.1.3 Bereken die ware peiling vanaf trigonometriese stasie 66 in blok A5 tot by punthoogte 1465 in blok B3. (1 x 1) (1) 3.1.4 Die magnetiese deklinasie in 2024 is 24°46’ wes van ware noord. Gebruik jou antwoord vanuit VRAAG 3.1.3 om die huidige magnetiese peiling vanaf trigonometriese stasie 66 in blok A5 tot by punthoogte 1465 in blok B3 te bereken. (2 x 1) (2) 3.1.5 Waarom sal die magnetiese peiling in 2024, tussen hierdie twee punte, groter wees as in 2017? (1 x 1) (1) Verwys na 1 en 2 op die ortofotokaart. 3.1.6 Watter grafiek (Y of Z) verteenwoordig die dwarsprofiel van 1 tot 2? (1 x 1) (1) 3.1.7 Bereken die vertikale vergroting van die dwarsprofiel as die vertikale skaal 1 cm verteenwoordig 20 m is. Vertikale skaal (VS) Vertikale vergroting (VV) = Horisontale skaal (HS) (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 16 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.2 KAARTINTERPRETASIE Verwys na blokke A1 en A2 op die topografiese kaart. 3.2.1 Wat is die dominante primêre ekonomiese aktiwiteit? (1 x 1) (1) 3.2.2 Noem TWEE grondoppervlakfaktore wat die primêre ekonomiese aktiwiteit (antwoord op VRAAG 3.2.1) bevoordeel het. (2 x 1) (2) Verwys na die afgebakende area X (in blokke C1 en C2) op die topografiese kaart en die foto hieronder wat dieselfde area (X) toon om VRAE 3.2.3 en 3.2.4 te beantwoord. [Aangepas uit https://www.google.com/map] 3.2.3 Noem een tersiêre aktiwiteit wat met die Hartbeespoortdam geassosieer word. (1 x 1) (1) 3.2.4 Hoe dra hierdie tersiêre aktiwiteit tot die gebied se ekonomie by? (1 x 2) (2) Verwys na die beboude gebied van Kosmos by Y (blokke C2 en C3) op die topografiese kaart. 3.2.5 Identifiseer EEN kenmerk van die oneweredige (beplande) straatpatroon. (1 x 1) (1) 3.2.6 Hoe het hierdie straatpatroon die omliggende natuurlike omgewing geakkommodeer? (1 x 2) (2) Verwys na die Pecanwood Golflandgoed (D3 en E3) op die topografiese kaart. 3.2.7 Op grond van watter aantrekkingskenmerk was hierdie hoë-inkomste residensiële landgoed gebou? (1 x 1) (1) 3.2.8 Watter sosiale faktor het tot die groeiende neiging van omheinde gemeenskappe soos Pecanwood Golflandgoed bygedra? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GEOGRAFIE V2 17 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Verwys na die foto wat ʼn stuk grond te koop aandui (Z in blok B5 op die topografiese kaart). [Aangepas uit www.remax.co.za/property/for-sale/south-africa/north-west/hartbeespoort/] 3.3.1 Die foto is ʼn (vertikale / skuins) lugfoto. (1 x 1) (1) 3.3.2 Wat is afstandwaarneming? (1 x 2) (2) 3.3.3 Die foto is ʼn (raster of vektor) beeld. (1 x 1) (1) 3.3.4 Watter tipe ruimtelike kenmerk is die afgebakende erf wat te koop is? (1 x 1) (1) 3.3.5 Die R511-pad is ʼn teerpad. Vanuit hierdie stelling, watter attribuutdata kan verkry word? (1 x 1) (1) 3.3.6 Verduidelik waarom ʼn stedelike ontwikkelaar, wat daarin belangstel om die winkelsentrum uit te brei, sou kies om ʼn lugfoto (soos hierdie een) te gebruik om meer inligting te verkry. (1 x 2) (2) [30] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all