Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2024
GRAAD 11
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 2)
18 bladsye
Skip to contentAll 2024 papers 

%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0/v1-8e598dd0c603301c95cf/card.webp)


%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
View all



%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa/v1-243f8a34b61309b9c715/card.webp)

Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 817.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Gauteng June Exam 2024
Questions in this paper
- Question 1.1Dynamics of Markets: Costs & Revenue16 marks
- Question 1.2Dynamics of Markets: Relationships8 marks
- Question 1.3Dynamics of Markets: Costs & Revenue6 marks
- Question 2Dynamics of Markets: Relationships40 marks
- Question 3Dynamics of Markets: Costs & Revenue40 marks
- Question 4Price Elasticity14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGE-KEUSEVRAE
1.1.1 D – ʼn Apple pen en ʼn iPad ✓✓
1.1.2 C – markaandeel ✓✓
1.1.3 B – dalende marginale opbrengste ervaar ✓✓
1.1.4 A – spesifiek ✓✓
1.1.5 C – styg ✓✓
1.1.6 A – marginale inkomste = 0 ✓✓
–
1.1.7 B – volmaak onelastiese ✓✓
1.1.8 D – % verandering in hoeveelheid aangebied ✓✓ (8 x 2) (16)
1.2 KOLOM A EN B
1.2.1 I – Die prys word bepaal deur die kragte van vraag en aanbod ✓
1.2.2 F – Die prys is hoog aangesien die firma markkrag het ✓
1.2.3 A – Slegs nodig vir wat dit kan produseer ✓
1.2.4 H – Dit sny altyd GK op sy laagste moontlike punt ✓
1.2.5 B – Die tydperk waarin ten minste een insetfaktor vasgestel is ✓
1.2.6 C – Resultaat van baie ondernemings wat die mark vir mededinging
betree ✓
1.2.7 D – Verandering in vraag is gelyk aan ʼn verandering in prys ✓
1.2.8 E – Die vraag reageer relatief nie op veranderinge in prys nie ✓ (8 x 1) (8)
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
1.3 TERM
1.3.1 Absolute prys ✓
1.3.2 Relatiewe prys ✓
1.3.3 Vaste koste ✓
1.3.4 Skaalvoordele ✓
1.3.5 Pryselastisiteit van vraag ✓
1.3.6 Inkomste ✓ (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie Afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE inkomstekurwes op die lang-termyn.
• Marginale inkomstekurwe ✓
• Gemiddelde inkomstekurwe ✓
• Totale inkomstekurwe ✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat gebeur met die koste van goedere, ceteris paribus, as die koste
van produksiefaktore toeneem?
• Die koste van goedere sal ook styg. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1 Identifiseer die markstruktuur in die diagram hierbo.
• Volmaakte mededinging ✓ (1)
2.2.2 Noem die meganisme wat gebruik word om die prys in die mark
hierbo te bepaal.
• Markkragte/kragte van vraag en aanbod ✓ (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term samespanning
• Samespanning vind plaas wanneer verkopers of kopers ʼn reëling,
ooreenkoms of verstandhouding aangaan om mededinging te beperk
om die prys van ʼn produk vas te stel. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
2.2.4 Hoe word die teenwoordigheid van direkte mededinging in ʼn mark
bepaal?
• Direkte mededinging is teenwoordig wanneer twee of meer
besighede wat dieselfde produkte of dienste aan dieselfde
teikenmark bied, geïdentifiseer kan word. ✓✓
• Direkte mededinging bestaan nie waar baie verkopers en kopers in
die mark teenwoordig is wat gelyktydig ʼn identiese produk teen die
markprys verkoop nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
2.2.5 Waarom kan ʼn mark gedereguleer word?
• Markte is ongereguleerd om doeltreffendheid te verhoog deur minder
inmenging deur die staat. ✓✓
• ʼn Ongereguleerde mark lei tot beheer deur individuele produsente en
verskaffers en lei tot meer belegging deur diegene wat skepties is oor
regeringsregulering. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer die onderstaande tekenprent en beantwoord die vrae wat volg
2.3.1 Aan watter markstruktuur behoort telekommunikasiefirmas?
• Oligopolie ✓
2.3.2 Noem enige EEN plaaslik beheerde bank in Suid-Afrika.
• Nedbank ✓
• ABSA Bank ✓
• FNB of First National Banks ✓
• TYME Bank ✓
• Discovery Bank ✓
• Standard Bank ✓
• African Bank ✓
• Bidvest Bank ✓
• Capitec Bank ✓
• Grindrod Bank ✓
• Investec Bank ✓
• Ithala Bank ✓
• Sasfin Bank ✓
• Ubank ✓ (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term heterogeen.
• Heterogeniteit word in die gedagtes van die verbruikers en firmas
geskep wanneer hulle probeer om hulle produk te onderskei van dié
van hul mededingers ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Waarom is die broodkartel ʼn bedreiging vir die verbruiker?
• Dit verhoed dat verbruikers mededingende broodpryse geniet en
veroorsaak dat hulle hoër en onregverdige pryse vir brood betaal. ✓✓
• Die armes wat die belangrikste verbruikers van brood is, sal daarvan
ontneem word om hulle basiese behoeftes te bevredig. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
2.3.5 Hoe kan ʼn Suid-Afrikaanse verbruiker teen roofpryse beskerm word?
• Die Suid-Afrikaanse regering moet wette teen mededingende gedrag
opstel en implementeer. ✓✓
• Diegene wat van prysvasstelling verdink word, moet ondersoek,
aangekla en gevonnis word indien hulle skuldig bevind word. ✓✓
• Waghonde teen mededingende gedrag moet deur die private en
openbare sektor gestig, befonds en ondersteun word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek die aard van die produk en markkrag as eienskappe van ʼn
oligopolie.
Die aard van die produk
• Die produk van ʼn oligopolie is homogeen of gedifferensieerd.
• Die rede waarom oligopolieë produkte gedifferensieer het, is omdat ʼn
oligopolie nie net prys gebruik om mee te ding nie, daarom moet die produk
gedifferensieer word.
Die prys van ʼn oligopolie
• Die oligopolis is ʼn prysmaker aangesien dit ʼn mate van beheer oor die prys
van die produk het.
• Die beheer wat ʼn oligopolis oor die prys het, is nie absoluut nie en dit beperk
die mag wat dit in die mark het as gevolg van die bestaan van ander
rolspelers.
• As ʼn oligopist ʼn groot markaandeel het, kan dit ʼn rol speel in prysleierskap en
ʼn mate van invloed op die prys van goedere en diens uitoefen. Dit is nie
moontlik as ʼn firma ʼn klein markaandeel het nie.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
2.5 Hoe is die kennis van pryselastisiteit van vraag voordelig vir produsente?
• Dit sê vir ʼn produsent dat daar vir elke aksie ʼn reaksie is en dit skep sodoende
ʼn bewustheid by produsente van hul eie optrede. ✓✓
• Deur die pryselastisiteit van vraag te bestudeer, kan produsente voorspel wat
die invloed van prysverandering vir die verbruikers sal wees en sodoende die
gedrag van verbruikers voorspel. ✓✓
• Daarom is die pryselastisiteit van die vraag nuttig om produsente te help
besluit hoe om hul totale inkomste te verhoog. ✓✓
• Om sy totale inkomste te verhoog, kan die produsent óf die prys verhoog om
meer inkomste per produk te kry óf die prys laat daal om die verkoopte
hoeveelheid te verhoog. ✓✓
• In die bestudering van PEV ontvang die produsent inligting oor die
sensitiwiteitsvlakke van verbruikers vir prysverandering en gevolglik spesifieke
kennis van die mark. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (8)
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE
3.1 Beantwoord die volgende vrae
3.1.1 Noem enige TWEE kostekurwes.
• Vaste kostekurwe ✓
• Gemiddelde vaste kostekurwe ✓
• Veranderlike kostekurwe ✓
• Gemiddelde veranderlike kostekurwe ✓
• Totale kostekurwe ✓
• Gemiddelde totale kostekurwe ✓
• Marginale kostekurwe (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe vind winsmaksimalisering in ʼn firma plaas?
• Winsmaksimalisering vind plaas waar die positiewe verskil tussen
totale inkomste en totale koste die grootste is. ✓✓
• Winsmaksimalisering vind plaas waar marginale inkomste gelyk is aan
marginale koste.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Na watter mineraal word in die uittreksel hierbo verwys?
• Ilmeniet/titanium ✓ (1)
3.2.2 Noem die tipe koste waaronder die kapitale koste waarna in die
uittreksel hierbo verwys word, geklassifiseer word.
• Langtermyn/termyn koste ✓ (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term marginale inkomste
• Marginale inkomste verwys na die bykomende inkomste wat die firma
verdien as hy ʼn bykomende eenheid verkoop. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Waarom is ondernemings op die korttermyn beperk?
• Op die korttermyn word ʼn firma beperk deur ten minste een vaste
inset, soos die grootte van die fabriek waarin produksie plaasvind. ✓✓
• Die beperkings op die korttermyn beperk die besluite wat ʼn firma kan
neem. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
3.2.5 Waarom is die koste van R14 miljard se titaniumveredeling die moeite
werd vir Suid-Afrika?
• Suid-Afrika is ʼn netto invoerder van die mineraal wat hy in oorvloed het
weens ʼn gebrek aan belegging in die vervaardiging van
titaandioksiedpigment. Groot beleggings sal help om hierdie nadeel
om te keer. ✓✓
• Suid-Afrika sal die wins op die uitvoer van titaan van $300/t tot
$3 000/t verhoog. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Gee die afkorting GTK in die grafiek hierbo volledig.
• Gemiddelde Totale Koste ✓ (1)
3.3.2 Identifiseer die tendens van GTK tussen ‘A’ en ‘B’ in die grafiek
hierbo.
• Bly konstant ✓
(1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term skaal van produksie.
• Verwys na die verhoging van die produksievermoë van die
onderneming om dit in staat te stel om meer te produseer. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Wat impliseer skaalvoordele in S-GTK1 en S-GTK2 in die grafiek
hierbo?
• Die koste per eenheid neem af terwyl die geproduseerde hoeveelhede
toeneem. ✓✓
• Dit impliseer dat wanneer die onderneming meer produseer, die koste
van die bykomende eenhede laer sal wees as die vorige eenhede. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
3.3.5 Waarom bereik ʼn firma skaalnadele?
• Skaalverskille vind plaas wanneer ʼn onderneming moeilik word om te
beheer en te koördineer omdat dit te groot is. ✓✓
• Wanneer ʼn besigheid uitbrei, plaas dit meer druk op bestuur, die
arbeidsmag en die bestaande masjinerie. ✓✓
• Werkers moet oortyd werk en masjiene moet vir langer periodes per
dag werk en elektrisiteit word duurder per eenheid hoe meer jy
gebruik. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
3.4 Bespreek eksplisiete en implisiete koste soos dit deur rekenmeesters en
ekonome gebruik word.
Eksplisiete koste
• Dit is al die uitgawes wat ʼn onderneming moet betaal vir die gebruik van die
produksiefaktore. ✓✓
• Rekenmeesters is slegs gemoeid met hierdie koste, aangesien dit direk
verband hou met die rekeningkundige wins wat belangrik is vir finansiële
verslagdoening in die onderneming. ✓✓
Implisiete koste
• Hierdie koste sluit in ʼn aanvaarbare vergoeding vir die entrepreneur en die
geleentheidskoste van die produksiefaktore. ✓✓
• Ekonome neem hierdie koste in ag omdat ekonomiese besluite beide
negatiewe en positiewe oorspoel-effekte moet oorweeg. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
3.5 Ontleed oorlewing as ʼn doelwit van ʼn besigheid.
• ʼn Besigheid kan begin met die doel om bloot in ʼn mark te oorleef sonder om te
veel verliese te maak voordat die doelwit hoër aangepas word.
• Dit is goed vir ʼn onderneming om te weet van die potensiële kostebeperkings,
sodat dit daarteen kan versag deur die nodige stappe te neem om
bedrywighede te finansier.
• Om te oorleef, kan die onderneming belê in die verkryging van uitgebreide
kennis oor die mark om skokke wat die kontinuïteit daarvan kan bedreig, te
verminder.
• Om die kanse op oorlewing te verhoog, moet die onderneming moontlik belê in
die bestudering van sy potensiële mededingers. Dit kan egter nie altyd
moontlik wees nie, want dit hang af van die tipe mark en beskikbaarheid van
inligting.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (8)
[40]
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE formules vir die berekening van ʼn firma se
verskillende soorte inkomstes.
• Totale inkomste = Prys x Hoeveelheid. ✓
• Gemiddelde inkomste = totale inkomste/hoeveelheid. ✓
• Marginale inkomste = verandering in totale inkomste/verandering in
hoeveelheid.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom is die hoeveelheid vraag van gewoontevormende goedere,
prys onelasties?
• Dit is omdat verbruikers gewoond is aan hierdie produkte, in sover dat
hulle glo dat hulle nie sonder dit kan oorleef nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg
4.2.1 Identifiseer die piek jaar van sigaretverbruik in die grafiek hierbo.
• 1991 ✓ (1)
4.2.2 Teen watter prys was die verbruik van sigarette op sy laagste volgens
die grafiek hierbo?
• R10.00 ✓ (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term Reële pryse
• beteken die waarde na aanpassing vir inflasie. Reële prys word
uitgedruk in konstante rande wat koopkrag weerspieël relatief tot ʼn
basisjaar. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
4.2.4 Waarom neem die verbruik van sigarette toe?
• Dit het toegeneem omdat die reële prys van sigarette gedaal het. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
4.2.5 Hoe kan verbruikers van sigarette hul elastisiteit verbeter ten spyte
van die prys van die sigarette?
• As die inkomstevlakke van die verbruikers van sigarette positief
korreleer met die prys van die sigaret, sal hul reaksie minder geraak
word. ✓✓
• As ʼn beduidende groot bevolking sigaretverbruikers onbeheerbaar
verslaaf is, kan hulle hulle tot die swartmark wend, selfs as die prys
van sigarette styg, en daardeur om hulle verbruik konstant hou. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg
4.3.1 Waarvoor staan SMART in die uittreksel hierbo?
• Spesifiek, meetbaar, haalbaar, realisties en tydverwant ✓ (1)
4.3.2 Identifiseer enige EEN negatiewe faktor van SMART-doelwitte in die
uittreksel hierbo.
Die primêre fokus is op uitkomste ✓ of
sonder om rekening te hou met die reis ✓ (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term belanghebbendes.
• Belanghebbendes is mense of groepe mense met ʼn belangstelling in
die sukses van die onderneming. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Waarom is SMART-doelwitte belangrik vir ʼn besigheid?
• Omdat ʼn onderneming die gewenste uitkomste met duidelikheid en
presisie kan identifiseer ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2)
4.3.5 Hoe stel regerings en omgewingsbewustes belang in ʼn besigheid?
• Regerings stel belang in maniere wat die regering en die samelewing
wat dit verteenwoordig, bevoordeel, vandaar die heffing van belasting
in die sakewêreld om vir die gemeenskap voorsiening te maak. ✓✓
• Die belangstelling van die omgewingsbewustes in besighede
daarenteen het te doen met die impak wat ʼn besigheid op die
omgewing het en daarom beskerm die omgewingsbewustes die
omgewing teen onverskillige sakepraktyke. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
4.4 Onderskei tussen volmaak elastiese aanbod en volmaak onelastiese aanbod.
Perfekte elastiese aanbod
• Die pryselastisiteit van aanbod is gelyk aan oneindigheid. ✓✓
• Dit dui daarop dat die hoeveelheid wat verskaf word, baie reageer op prys. ✓✓
• Die verskaffer kan uitset na willekeur verhoog met geen struikelblokke nie en
dit sal laer pryse verseker. ✓✓ (Enige 2 x 2) (4)
Volmaak onelastiese aanbod
• Die hoeveelheid wat verskaf word, reageer nie op ʼn verandering in prys
nie. ✓✓
• Die pryselastisiteit van aanbod is gelyk aan nul. ✓✓
• Die produsent kan nie uitset verhoog in reaksie op prysverandering nie. ✓✓
(Enige 2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (8)
4.5 Ontleed die voordele vir produsente as hulle produseer op ʼn vlak wat hulle in
staat stel om skaalvoordele te ervaar.
• Minder insette is nodig om dieselfde aantal uitsette te lewer. ✓✓
• Voorkom ʼn situasie om verder as ʼn sekere punt te produseer, waar ʼn
onderneming nie doeltreffend bestuur sal word nie. ✓✓
• Produsente koop dikwels in grootmaat en kry afslag. ✓✓
• Hulle het ʼn beter vermoë om in gevorderde tegnologie en nuwe toerusting te
belê. ✓✓
• Hulle kan bekostig om in ander belangrike sake-aktiwiteite, soos bemarking, te
belê. ✓✓
• Spesialisasie en uitbuiting van skaalvoordele wat die belangrikste faktore in die
verbetering van ekonomiese welsyn is. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.
• ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband
hou met die vraagonderwerp te definieer.
• Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie. Maks. 2
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal
nie.
• Moenie in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek nie.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
Krities bespreek/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat
Maks. 26
gegee is en verduidelik/Voltooi/Voltooi die gegewe grafiek/
Assesseer/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
voorbeelde.
Bykomende deel: Krities bespreek/Evalueer/Krities evalueer/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/ Hoe?/Stel voor
ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote Maks. 10
notering van feite.
Gevolgtrekking
Enige hoër orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
• ʼn Kort opsomming van wat dit bespreek is, sonder om feite
wat reeds genoem is te herhaal.
• Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek
Maks. 2
is.
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/
analise te versterk.
• ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL 40
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE 40 MINUTE
• Bespreek die vraag- en aanbodverhoudings met behulp van grafieke in detail.
(26 punte)
• Waarom is die faktormark nodig in die ekonomie? (10 punte)
INLEIDING
Die pryselastisiteit van die vraag kan gedefinieer word as die persentasieverandering in
hoeveelheid wat gevra word as die prys van ʼn produk verander of pryselastisiteit ʼn
maatstaf is van hoe die vraag reageer op ʼn verandering in prys
(Aanvaar enige ander korrekte relevante laer-orde inleiding.) (Maks. 2)
LIGGAAM
Vraag na plaasvervangers
• ʼn Toename in die prys van ʼn goed verhoog die vraag en die prys van die
plaasvervanger goed, ceteris paribus, en omgekeerd ✓✓
• Die verbruiker kan tussen die twee goedere wissel en dieselfde mate van
tevredenheid handhaaf ✓✓
• Bogenoemde grafieke toon die markte vir twee goedere, produk A en
produk B ✓✓
• Die ewewigprys van Produk A is R12, terwyl dié van Produk B R7 is ✓✓
• Aanvaar daar is ʼn groot afname in die aanbod van Produk A (dus tot S1) as gevolg
van ʼn ernstige droogte. Dit lei tot ʼn styging in Produk A se prys tot R16 ✓✓
• Die vraagwet bepaal dat wanneer pryse styg (van R12 tot R16) die hoeveelheid wat
gevra word, sal afneem (van 100 tot 70) ✓✓
• Sommige verbruikers sal oorskakel van Produk A na Produk B ✓
• Die vraagkurwe vir Produk B sal na regs skuif (Do na D1) en die ewewigprys sal van
R7 na R10 ✓✓
• Terwyl ʼn toename in produk B ook voorkom, is dit steeds relatief goedkoper as
produk A (R10 relatief tot R16) ✓✓
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
Vraag na komplimentêre goedere
• Volgens die wet van vraag sal ʼn afname in die prys van ʼn produk die hoeveelheid
vraag na die produk verhoog. ✓✓
• Aangesien meer van die produk gebruik word, sal huishoudings ook meer van die
aanvulling gebruik. ✓✓
• ʼn Toename in die prys van Produk A verlaag die vraag en die prys van die
aanvullende goed, Produk B, ceteris paribus, en omgekeerd ✓✓
• Verbruikers sal minder van Produk A koop skuif die vraagkurwe na links van D1 na
D0 en daar is ʼn afname in die ewewigsprys van Produk B ✓✓
• Hulle kan besigheid en inkomste verloor as die vraag na hul goedere val sonder dat
hulle daarvan bewus is dat dit gaan gebeur. ✓✓
• Daarom moet hulle reageer op die prysveranderings wat plaasvind op ander
goedere wat hulle redelik vinnig kan beïnvloed. ✓✓
(ʼn Maksimum van 8 punte vir voorbeelde.) (Maks. 26)
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)
Bykomende deel:
Waarom is die faktormark nodig in die ekonomie?
• Die noodsaaklikheid van die faktormark in die ekonomie lê in die belangrikheid van
die produksiefaktore wat dit in die ekonomie bied waarsonder die ekonomie nie sou
funksioneer nie. ✓✓
• Kapitaal is ʼn integrale deel van die produksie van goedere en dienste in die
ekonomie, aangesien dit gebruik word om verbruikersgoedere te produseer. ✓✓
• Sonder verbruikers wat arbeid in die faktormark aanbied, sou hulle nie ʼn bestaan
verdien om goedere en dienste in die ekonomie te verbruik nie en sou die kopers
van arbeid nie die arbeidsintensiewe goedere in die ekonomie kon aanbied nie. ✓✓
• Entrepreneurskap floreer in die faktormark en daarom is dit nodig aangesien
entrepreneurs belangrike oplossings in die ekonomie bied. ✓✓
• Deelnemers aan die ekonomie het grond nodig om op te woon, te werk en sake te
doen. Sonder die faktormark sou die voorsiening van grond nie moontlik wees
nie. ✓✓
(ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir die blote notering van feite.)
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (Max. 10)
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
GEVOLGTREKKING
Kopers moet op die uitkyk wees vir goedere wat hul gewone goedere vervang en hul
pryse vergelyk om voordeel te trek uit prysverskille.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte hoër-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2) 40
VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE 40 MINUTE
• Bespreek die pryselastisiteit van vraag (PEV) sonder die hulp van grafieke.
(26 punte)
• Hoe beïnvloed handelsmerklojaliteit en gewoontevorming VRAAG elastisiteit?
(10 punte)
INLEIDING
Die pryselastisiteit van die vraag kan gedefinieer word as die persentasieverandering in
hoeveelheid wat gevra word as die prys van ʼn produk verander of pryselastisiteit ʼn
maatstaf is van hoe die vraag reageer na ʼn verandering in prys. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante laer-orde inleiding.) (Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Unitêre elastisiteit ✓
• Unitêre elastisiteit vind plaas wanneer ʼn spesifieke verandering in prys dieselfde
verandering in hoeveelheid veroorsaak wat gevra word. ✓✓
• Byvoorbeeld, wanneer prys met 20% styg, sal die hoeveelheid wat gevra word met
20% daal. ✓✓
• Pryselastisiteit van vraag is gelyk aan een (PED = 1). ✓✓
• Wanneer produsente ʼn eenheid elastiese vraagkurwe in die gesig staar, is daar
geen rede vir hulle om die prys van hul produk te verander nie. ✓✓
• Hul verkoopsinkomste sal konstant bly aangesien die hoeveelheid met dieselfde
persentasie sal daal as die toename in die prys van die produk. ✓✓
Relatiewe onelastiese vraag ✓
• Relatiewe onelastiese vraag vind plaas wanneer ʼn verandering in prys ʼn kleiner
persentasieverandering in die hoeveelheid wat gevra word, sal veroorsaak. ✓✓
• Basiese, noodsaaklike voedsel wat geen nabye plaasvervangers het nie, soos
mieliemeel, is voorbeelde van ʼn produk wat geneig is om onelasties te wees. ✓✓
• Ander voorbeelde sluit goedere en dienste in wat ʼn klein gedeelte van die verbruiker
se inkomste benodig, soos vuurhoutjies, sout ens. en gewoontevormende produkte
soos sigarette en alkohol. ✓✓
• Pryselastisiteit van vraag sal minder as een wees (PEV < 1). ✓✓
• ʼn Relatief onelastiese vraag moedig produsente aan om die prys van hul produkte
te verhoog aangesien hulle hul verkoopsinkomste sal kan verhoog. ✓✓
• ʼn Relatiewe onelastiese vraagkurwe kan voorgestel word deur ʼn steil kromme ✓✓
Maks (2 x 2) (4)
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
Volmaak onelastiese vraag ✓
• ʼn Volkome onelastiese vraag verwys na ʼn vraag wat glad nie reaksie op
prysveranderings toon nie. ✓✓
• Die pryselastisiteit van die vraag in hierdie situasie is nul (PED = 0). ✓✓
• Dit impliseer dat ʼn verandering in prys geen verandering in die hoeveelheid wat
verbruikers eis, sal veroorsaak nie. ✓✓
• Die vraagkurwe sal ʼn vertikale lyn wees, parallel met die prys as. Die grafiek toon
dat verbruikers beplan om ʼn vaste hoeveelheid van die produk teen ʼn spesifieke
prys te koop. ✓✓
• Produsente kan hul inkomste verhoog deur die prys van hul produk te verhoog,
aangesien die hoeveelheid wat gevra word nie sal verander nie. ✓✓
Relatiewe elastiese vraag ✓
• Relatiewe elastiese vraag vind plaas wanneer ʼn verandering in prys ʼn groter
persentasie in die hoeveelheid wat gevra word, sal veroorsaak. ✓✓
• Die kleinste prysverandering sal ʼn groot verandering in die hoeveelheid wat gevra
word, veroorsaak. Dit gebeur met produkte wat noue plaasvervangers het. ✓✓
• ʼn Prysstyging sal veroorsaak dat die meeste verbruikers nie die oorspronklike
produk koop nie, maar eerder die plaasvervanger koop, byvoorbeeld worsbroodjies
en hamburgers. ✓✓
• Die pryselastisiteit sal groter wees as een (PEV > 1). ✓✓
• Produsente sal aangemoedig word om die pryse van hul produkte te verlaag
aangesien die daling in die prys sal lei tot ʼn groter as proporsionele toename in die
hoeveelheid wat van die produk gevra word. ✓✓
• ʼn Relatief elastiese vraagkurwe kan geïllustreer word deur ʼn relatief plat
vraagkurwe. ✓✓
Volmaak elastiese vraag ✓
• Die kleinste prysverandering sal ʼn oneindige groot verandering in die hoeveelheid
wat gevra word, veroorsaak. ✓✓
• Die hoeveelheid wat gevra word, sal tot nul daal. PEV = . ✓✓
• ʼn Perfek elastiese vraagkurwe kan met ʼn horisontale reguit lyn getoon word. ✓✓
• Die kurwe illustreer dat verbruikers bereid is om enige hoeveelheid van ʼn produk
teen ʼn sekere prysvlak te koop. ✓✓
• As die prys egter slegs fraksioneel styg, sal daar geen vraag na die produk wees
nie. ✓✓
(ʼn Maksimum van 8 punte vir opskrifte/voorbeelde.)
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (Maks. 26)
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
Bykomende deel
Hoe beïnvloed handelsmerklojaliteit en gewoontevorming die vraagelastisiteit?
• Beide handelsmerklojaliteit en gewoontevorming kan lei tot onelastisiteit van vraag
as gevolg van die gehegtheid wat verbruikers het tot ʼn sekere produk weens ʼn
verskeidenheid uiteenlopende faktore. Gevolglik reageer die hoeveelheid wat
verbruikers vereis nie sterk op ʼn verandering in prys nie. ✓✓
• Lojale verbruikers kan kies om by die handelsmerk te hou as gevolg van ʼn
persoonlike voorkeur, ʼn spesifieke rede of ʼn voordeel wat uit die handelsmerk verkry
word, ongeag ʼn verandering in die prys van die handelsmerk. ✓✓
• Terwyl gewoontevorming as gevolg van ʼn outomatiese reaksie wat deur ʼn konteks
geaktiveer word, ook by ʼn produk sal bly, selfs al verander die prys. ✓✓
• Dit beteken dat diegene wat lojaal aan die handelsmerk is, doelbewus die
handelsmerk sal kies, soos DSTV-kliënte wat hul maandelikse intekening hernu,
selfs wanneer die fooi verhoog word. ✓✓
• Aan die ander kant kan gewone gedrag soos die liefde vir koffie daartoe lei dat
iemand daagliks by een koffiewinkel inloer op pad werk toe, ongeag die prys van
koffie. ✓
• Verder kan ook aangevoer word dat handelsmerklojaliteit deur gewoontevorming
veroorsaak word, in welke geval die resultaat ten opsigte van vraagelastisiteit
dieselfde is, die reaksie van die vraag op prysverandering aansienlik verminder
word. ✓✓
(ʼn maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote notering van feite.)
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (Maks. 2)
GEVOLGTREKKING
Die pryselastisiteit van die vraag is nuttig vir produsente om die prys en hoeveelheid van
goedere en dienste en wetgewers te bepaal om beleid met betrekking tot produkte te
bepaal. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante korrekte hoër-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2) 40
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
18
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0/v1-8e598dd0c603301c95cf/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)
%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa/v1-243f8a34b61309b9c715/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)

Memorandum