Downloaded from hlayiso.com
JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2024
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
12 bladsye + 1 formuleblad en ’n antwoordboek van 10 bladsye
Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 514.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
(VRAESTEL 1) GR12 0624
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies deeglik en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
word.
3. ʼn Finansiële Aanwyser Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
Die gebruik van dié formuleblad is NIE verpligtend NIE.
4. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ʼn gids wanneer die vraestel
beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
Staat van Omvattende Inkomste, Notas
1 65 52
en Staat van Finansiële Posisie
2 Kontantvloeistaat en Interpretasie 40 32
Ontleding en Vertolking van Finansiële
3 35 28
Aanwysers
4 Ouditverslae en Korporatiewe Bestuur 10 8
TOTAAL 150 120
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
(VRAESTEL 1) GR12 0624
VRAAG 1: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE, NOTAS EN STAAT VAN
FINANSIËLE POSISIE (65 punte; 52 minute)
1.1 MAATSKAPPY KONSEPTE
Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn term/konsep in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die
ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Direkteur A Verantwoordelik vir die uitspreek van ʼn
mening oor die finansiële state van ʼn
1.1.2 IFVS (IFRS) maatskappy
1.1.3 Onafhanklike ouditeur B Eienaars van die maatskappy
C ʼn Verkose lid van die raad verantwoordelik
1.1.4 Aandeelhouers vir die bestuur van die maatskappy en
implementering van beleid
D Riglyne vir die opstel van finansiële state
om konsekwentheid te verseker
(4 x 1) (4)
1.2 JONTY BEPERK
Die volgende inligting rakende Jonty Beperk. Die finansiële jaar eindig op
29 Februarie 2024.
GEVRA:
1.2.1 Verwys na Inligting C.
Bereken die ontbrekende bedrae wat met (i) tot (iv) op die Vastebatenota
aangedui word. (10)
1.2.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar
geëindig 29 Februarie 2024. Sekere bedrae is reeds ingevul in die
Inkomstestaat. (28)
1.2.3 Verwys na Inligting D.
Voltooi die Gewone Aandelekapitaalnota. (7)
1.2.4 Voltooi die Ekwiteit en Laste afdeling van die Staat van Finansiële Posisie
(Balansstaat) op 29 Februarie 2024. (16)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
(VRAESTEL 1) GR12 0624
INLIGTING:
A. Uittreksel van ʼn lys saldo’s/totale op 29 Februarie 2024:
Balansstaat Rekeninge Afdeling R
Gewone aandelekapitaal 6 600 000
Behoue inkomste (29 Februarie 2024) ?
Grond en geboue 7 890 720
Verbandlening: ZX-Bank 1 609 000
Voertuie 452 000
Toerusting (1 Maart 2023) 790 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie (1 Maart 2023) 236 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Maart 2023) 710 000
Handelsvoorraad 1 230 000
Voorsiening vir oninbare skuld 22 000
Krediteurekontrole 774 290
Aandeelhouers vir dividende ?
SAID: Inkomstebelasting (Voorlopige betalings) 150 000
Nominale Rekeninge Afdeling
Verkope 3 345 000
Koste van verkope 2 787 500
Salarisse en Lone 921 268
Ouditfooie 76 000
Direkteursfooie 1 540 000
Diverse uitgawes 292 330
Kommissie inkomste 82 600
Oninbare skulde 14 100
Oninbare skulde ingevorder 3 260
Huurinkomste 208 250
Verpakkingsmateriaal 3 700
Rente op vaste deposito 27 000
Gewone aandele dividende 55 000
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
(VRAESTEL 1) GR12 0624
B. Addisionele inligting en aansuiwerings:
(i) ʼn Kredietnota vir R14 400 is op 29 Februarie 2024 uitgereik vir goedere
wat deur ʼn klant, P. Mahlangu teruggestuur is. Goedere is verkoop teen ʼn
winsopslag van 20% op kosprys. Geen inskrywing is vir hierdie transaksie
gemaak nie.
(ii) Voorraad voorhande volgens die fisiese voorraadopname op
29 Februarie 2024:
Handelsvoorraad R1 239 000
Verpakkingsmateriaal R980.
(iii) ʼn Debiteur, Z. Smith is insolvent verklaar. Haar boedel het 55c in elke
rand betaal. ʼn Bedrag van R660 is ontvang en geboekstaaf. Die balans
van haar rekening moet as oninbaar afgeskryf word.
(iv) Voorsiening vir oninbare skulde moet aangepas word tot R21 220.
(v) Die perseel is die afgelope vyf jaar verhuur. Die huur vir Maart 2024 is
reeds ontvang en geboekstaaf. As gevolg van noodsaaklike opknappings
is die huur vir slegs drie maande, vanaf April tot Junie 2023 met 25% per
maand verminder.
(vi) ʼn Debiteur met ʼn kredietsaldo van R10 900 moet oorgedra word na die
Krediteuregrootboek.
(vii) Die maatskappy het drie direkteure wat dieselfde maandelikse fooi
verdien. Twee direkteure is vanaf 2022 in diens en ʼn nuwe direkteur is op
1 September 2023 aangestel. Een direkteur het oorsee gegaan en is
slegs tot 31 Desember 2023 betaal. Voorsien vir die uitstaande
direkteursfooie.
(viii) Die leningstaat ontvang vanaf ZX Bank op 29 Februarie 2024 toon die
volgende:
R
Saldo aan die begin van die finansiële jaar 2 509 000
Terugbetalings per maand (rente ingesluit) 75 000
Rente gekapitaliseer ?
Saldo aan die einde van die finansiële jaar 1 984 000
LET WEL:
Die rente en terugbetalings van die lening sal dieselfde bly vir die
volgende finansiële jaar.
(ix) SAID Inkomstebelasting:
R17 000 is nog betaalbaar aan SAID.
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
(VRAESTEL 1) GR12 0624
C. Onvolledige Vastebatenota en addisionele inligting:
GROND EN
VOERTUIE TOERUSTING
GEBOUE
Drawaarde aan die begin van die
416 000
jaar
Kosprys (i) 790 000
Opgehoopte waardevermindering (236 000) (710 000)
Bewegings
Toevoegings teen kosprys 1 500 000 0 150 000
Verkope teen drawaarde (ii) 0
Waardevermindering (83 200) (iv)
Drawaarde aan die einde van die
7 890 720 (iii)
jaar
Kosprys 7 890 720 452 000
Opgehoopte waardevermindering (247 200)
Grond en geboue is aangekoop gedurende die finansiële jaar vir
R1 500 000. Dit is behoorlik geboekstaaf.
Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op die
verminderdesaldo-metode. Die totale waardevermindering vir die finansiële
jaar beloop R83 200.
Op 29 Februarie 2024 is ʼn voertuig wat R200 000 gekos het, verkoop vir
kontant van R118 000. Die besigheid het ʼn verlies van R10 000 gemaak op
die verkoop van dié bate.
Waardevermindering op toerusting word bereken teen 15% p.j. op kosprys.
Die maatskappy het besluit om in nuwe toerusting te belê aangesien die
toerusting baie oud is. Die nuwe toerusting is op 1 November 2023 teen ʼn
totale koste van R150 000 gekoop.
D. Aandele en dividende
Gemagtigde aandele bestaan uit 3 000 000 aandele.
Op 1 Maart 2023, was daar reeds 1 000 000 aandele uitgereik.
Op 1 November 2023, het die maatskappy 120 000 aandele teruggekoop
teen R7,20 elk, wat 20% bo die gemiddelde prys is. Hierdie aandele
kwalifiseer nie vir die finale dividende nie.
10% van die onuitgereikte aandele op 1 Maart 2023 is uitgereik teen R6,60
per aandeel op 22 Februarie 2024.
ʼn Finale dividend van 22 sent per aandeel is op 29 Februarie 2024 verklaar.
Alle aandeelhouers op die aandeleregister kwalifiseer vir die finale dividend.
E. Die netto batewaarde per aandeel op 29 Februarie 2024 is 620 sent.
65
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
(VRAESTEL 1) GR12 0624
VRAAG 2.: KONTANTVLOEISTAAT EN INTERPRETASIE (40 punte; 32 minute)
DRUA BPK
Drua Bpk is ʼn kleremaatskappy wat spesialiseer in die verkoop van rugbytruie en
ander rugbyklere.
GEVRA:
2.1 Bereken die KONTANTVLOEI UIT BEDRYFSAKTIWITEITE afdeling van die
Kontantvloeistaat deur die volgende te voltooi:
(a) Bedryfswins voor veranderinge in bedryfskapitaal (4)
(b) Veranderinge in bedryfskapitaal. Jy moet ook aandui of dit ʼn toename/
afname in die item is. Omkring of onderstreep die korrekte opsie voorsien
in die ANTWOORDBOEK. (9)
(c) Inkomstebelasting betaal (4)
(d) Dividende betaal (3)
(e) Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite (6)
2.2 Bereken die KONTANTVLOEI UIT FINANSIERINGSAKTIWITEITE afdeling van
die Kontantvloeistaat deur die volgende te voltooi:
(a) Behoue-inkomste-nota (5)
(b) Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite (5)
2.3 Die Kontantvloeistaat toon sekere belangrike besluite wat die direkteure
gedurende die afgelope jaar geneem het. Verduidelik EEN goeie besluit en EEN
swak besluit wat deur die direkteure geneem is. Verskaf berekeninge/syfers om
jou antwoord te ondersteun. (4)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
(VRAESTEL 1) GR12 0624
INLIGTING:
A. Uittreksel van ʼn lys van saldo’s op 31 Maart 2024 (na aansuiwerings):
2024 2023
Verkope 13 500 000
Koste van verkope 8 437 500
Waardevermindering ?
Rente op lening 185 000
Netto wins voor inkomstebelasting 1 995 000
Netto wins na inkomstebelasting 1 396 500
Vaste bates (teen drawaarde) 2 314 000 2 884 000
Vaste deposito: Gen Bank 210 000 150 000
Gewone aandeelhouersekwiteit 11 200 000 9 675 000
Gewone aandelekapitaal 8 925 000 7 800 000
Behoue inkomste 2 661 750 1 875 000
Lening: BN Bank (14%) ? 1 425 000
SAID (Inkomstebelasting) 48 000 Cr 27 000 Dr
Aandeelhouers vir dividende 157 500 107 250
Handelsvoorraad 1 005 000 870 000
Verbruiksgoedere voorhande 14 250 13 400
Debiteurekontrole 122 800 139 400
Bank 1 456 700 Dr 413 670 Cr
Deposito vir water en elektrisiteit 30 000 15 000
Krediteurekontrole 89 200 104 300
SAID (LBS) 12 500 14 780
B. Addisionele inligting:
(i) Gewone aandelekapitaal:
1 500 000 aandele is gemagtig.
650 000 aandele is uitgereik aan die einde van die vorige finansiële jaar,
31 Maart 2023.
100 000 gewone aandele is uitgereik op 31 Januarie 2024.
ʼn Aantal gewone aandele is teruggekoop van ontevrede aandeelhouers.
Hierdie aandele is teruggekoop teen R17,50 per aandeel; die gemiddelde
prys is R12,75 ten tye van die terugkoop.
700 000 gewone aandele was reeds uitgereik aan die einde van die finansiële
jaar, 31 Maart 2024.
(ii) Vaste bates:
Geen vaste bates is aangekoop of verkoop gedurende die huidige finansiële
jaar nie.
(iii) Lenings:
Rente op lening is gekapitaliseer.
Betalings (rente ingesluit) vir die jaar beloop R710 000.
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
(VRAESTEL 1) GR12 0624
(iv) Dividende:
Die totale dividende vir die jaar, R372 250.
(v) Vaste deposito’s:
Addisionele belegging van R60 000 in vaste deposito gedurende die jaar.
40
VRAAG 3: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE AANWYSERS
(35 punte; 28 minute)
3.1 Pas die kategorie van finansiële aanwysers met die korrekte beskrywing in die
tabel hieronder. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers
(3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 3.1.4 F.
A Winsgewendheid
B Likiditeit
C Solvensie
D Opbrengs
E Risiko
3.1.1 Meet hoe goed die besigheid gedurende ’n finansiële periode presteer het
(1)
3.1.2 Meet hoe goed die eienaar se belegging in die besigheid presteer het (1)
3.1.3 Meet die besigheid se vermoë om korttermynskuld te bestuur (1)
3.2 JACKSON BPK
Die volgende inligting hou verband met Jackson Bpk. Die finansiële jaar van die
maatskappy eindig op 30 April.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig op
30 April 2024:
Netto wins na belasting op verkope (3)
Opbrengs op aandeelhouersekwiteit (4)
3.2.2 Lewer kommentaar op Jackson Bpk se vermoë om uitgawes te beheer.
Haal finansiële aanwysers en syfers aan om jou antwoord te ondersteun. (3)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
(VRAESTEL 1) GR12 0624
3.2.3 Die direkteure van die maatskappy voel dat die bedryfskapitaal
gedurende die finansiële jaar verbeter het. Haal TWEE finansiële
aanwysers en syfers aan wat die direkteure se opinie ondersteun. Lewer
kommentaar op die syfers wat verskaf is. (6)
3.2.4 Die direkteure het besluit om ʼn addisionele lening aan die begin van die
finansiële jaar aan te gaan. By nabetragting dink sommige van die
direkteure dat dit ʼn swak besluit was. Bespreek die impak wat die
addisionele lening op die besigheid gehad het. Haal finansiële aanwysers
met syfers aan om jou antwoord te ondersteun. (6)
3.2.5 Jenny Gusto is ʼn aandeelhouer van die maatskappy. Sy besit huidiglik
12 500 aandele en sy oorweeg dit om haar aandele te verkoop aangesien
sy die maatskappy as onderpresterend beskou.
Voorsien EEN rede met finansiële aanwysers en syfers om Jenny se
siening om haar aandele te verkoop, te ondersteun.
Voorsien EEN rede met finansiële aanwysers en syfers om Jenny te
oortuig om haar besluit te heroorweeg en die aandele te behou. (6)
3.2.6 Bereken of Jenny ʼn wins of verlies op die aandele sal maak indien sy dit
nou verkoop. Jenny het twee jaar gelede, al die aandele teen ʼn uitreikprys
van R5,80 per aandeel aangekoop. (4)
INLIGTING:
A. Uittreksel van ʼn lys van saldo’s en totale vir die jaar geëindig 30 April:
2024 2023
Verkope 6 750 000 5 940 000
Koste van verkope 4 500 000 3 960 000
Bedryfsuitgawes 1 180 000 1 120 000
Netto wins voor belasting 945 000 735 000
Inkomstebelasting (30%) 283 500 220 500
Handelsvoorraad 182 300 211 300
Gewone aandelekapitaal 3 900 000 3 600 000
Behoue inkomste 420 000 380 000
Aandeelhouers vir dividende 123 400 168 100
SAID (inkomstebelasting) 43 400 32 800
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
(VRAESTEL 1) GR12 0624
B. Finansiële aanwysers op 30 April:
2024 2023
Netto wins na belasting op verkope ? 8,7%
Bedryfsuitgawe op verkope 17,5% 18,9%
Bedryfsverhouding 1,9 : 1 2,8 : 1
Vuurproefverhouding 1,2 : 1 0,6 : 1
Gemiddelde debiteure invorderingsperiode 35 dae 29 dae
Gemiddelde krediteure betalingstermyn 62 dae 40 dae
Opbrengs op aandeelhouersekwiteit ? 12%
Opbrengs op gemiddelde kapitaal 16% 18%
aangewend
Skuld-ekwiteitsverhouding 1:1 0,4 : 1
Netto batewaarde per aandeel 805 sent 776 sent
JSE markprys per aandeel 702 sent 791 sent
Alternatiewe beleggings se rentekoers 7,5% 7,5%
Rentekoers vir rente op lenings 18% 14%
Kredietbeleid 30 dae 30 dae
Krediteure terme 60 dae 60 dae
Inflasiekoers 5% 4%
35
VRAAG 4: OUDITVERSLAE EN KORPORATIEWE BESTUUR (10 punte; 8 minute)
OUDITVERSLAE
Verwys na die uittreksel van ʼn ouditverslag aan Broderick Bpk hieronder en beantwoord
die volgende vrae.
4.1 Watter tipe ouditverslag het Broderick Bpk van die onafhanklike ouditeure, Vilakazi
en Seun ontvang? (1)
4.2 As ʼn aandeelhouer, verduidelik waarom jy oor hierdie ouditverslag bekommerd
behoort te wees. Noem TWEE punte. (4)
4.3 Gee TWEE voorbeelde van ouditbewyse wat die ouditeure sal benodig om hul pligte
uit te voer. (2)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
(VRAESTEL 1) GR12 0624
INLIGTING:
UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE
Basis vir ons mening
Die maatskappy se aankoopbeleid vereis dat aankope van meer as R500 000
deur die raad van direkteure goedgekeur moet word en deur drie kwotasies van
onafhanklike verskaffers gesteun moet word.
Gedurende die jaar onder oorsig, het die maatskappy ʼn voertuig teen ʼn koste van
R1 100 000 aangekoop. Dit is goedgekeur deur die HUB sonder verwysing na die
raad. Slegs een kwotasie is ontvang.
Oudit mening
As gevolg van die belangrikheid van hierdie saak, was dit nie moontlik om
voldoende ouditbewyse te verkry as basis vir ons oudit mening nie. Gevolglik kan
ons nie ʼn mening oor die finansiële state van Broderick Bpk vir die jaar geëindig
29 Februarie 2024 uitspreek nie.
Vilakazi en seun, CA (SA)
4.4 KORPORATIEWE BESTUUR
Aandeelhouers en werknemers verbonde aan ʼn maatskappy sal veral daarin
belangstel of die maatskappy goed deur die direkteure beheer en bestuur word.
Volgens die Maatskappye Wet, 2008 (Wet 11 of 2008), moet ʼn maatskappy ʼn
Vergoedingskomitee hê. Verduidelik die rol/verantwoordelikheid van hierdie komitee
en gee ʼn rede waarom dié komitee nodig is. (3)
10
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 13
(VRAESTEL 1) GR12 0624
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Nie-bedryfslaste : Aandeelhouersekwiteit
(Handels & ander ontvangbares + Kontant en kontantekwitvalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins na belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersekwiteit 1 Aantal uitgereikte aandele 1
(*Sien onderstaande nota)
Netto wins voor belasting + rente op lening x 100
Gemiddelde aandeelhouersekwiteit + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1
Aandeelhouersekwiteit x 100 Dividende vir die jaar x 100
Aantal uitgereikte aandele 1 Aantal uitgereikte aandele 1
Interim dividende x 100 Finale dividende x 100
Aantal uitgereikte aandele 1 Aantal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto wins na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA:
* Indien daar ’n verandering in die aantal aandele is gedurende die finansiële jaar, word die
geweegde gemiddelde aantal aandele in die praktryk gebruik.
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum