Skip to content

Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202412 pages

Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 2024 REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) TYD: 2 uur PUNTE: 150 11 bladsye + 1 formuleblad en ’n antwoordboek van 10 bladsye Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 2 (VRAESTEL 2) GR12 0624 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies deeglik en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord ALLE vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet word. 3. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Waar van toepassing moet AL die berekeninge tot EEN desimale punt getoon word. 7. ʼn Finansiële Aanwyser Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. Die gebruik van dié formuleblad is NIE verpligtend NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ʼn gids wanneer die vrae beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Kosterekeningkunde 60 48 2 Voorraad 65 52 3 Vaste Bates 25 20 TOTAAL 150 120 Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 3 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 1: KOSTEREKENINGKUNDE (60 punte; 48 minute) 1.1 KONSEPTE Kies ʼn kostekategorie van KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.4 F. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Invoerheffings betaal vir A Fabrieksbokoste grondstowwe aangekoop B Direkte arbeidskoste 1.1.2 Waardevermindering op toerusting C Verkoops-en verspreidingskoste 1.1.3 Lone aan fabriekswerkers D Administratiewe koste E Direkte materiaalkoste (3) 1.2 PERFECT EATS Perfect Eats vervaardig vlekvrye staal eetgerei. Die besigheid vervaardig ʼn 24-stuk eetgerei-stel wat uit 6 x messe, 6 x vurke, 6 x eetlepels en 6 x teelepels bestaan. Die besigheid het 46 300 eetgerei-stelle gedurende die finansiële jaar geproduseer en verkoop. Die finansiële jaar eindig op 31 Maart 2024. GEVRA: 1.2.1 Verwys na Inligting B. Bereken die volgende vir die jaar geëindig 31 Maart 2024:  Grondstowwe (kg) uitgereik aan die fabriek (2)  Die totale koste van grondstowwe wat aan die fabriek uitgereik is (3) 1.2.2 Voltooi die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Maart 2024. (15) 1.2.3 Voltooi die Verkorte Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 31 Maart 2024. (13) 1.2.4 Die eienaar is bekommerd oor die grondstowwe wat vermors is gedurende die produksieproses.  Bereken die totale koste van grondstowwe vermors. (6)  Gee EEN punt van advies oor hoe die eienaar hierdie verlies kan herwin. (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 4 (VRAESTEL 2) GR12 0624 INLIGTING: A. Voorraad saldo’s 31 Maart 2024 31 Maart 2023 Goedere-in-bewerking voorraad ? 384 000 Klaarprodukte voorraad 251 000 210 000 B. Grondstowwe: Rekords van vlekvrye staal gebruik in die produksieproses: Totale Totale koste kilogramme ingesluit vervoer Saldo op 1 April 2023 6 972 kg R603 078 Aankope gedurende die jaar 42 000 kg R3 633 000 Totaal beskikbaar gedurende die 48 972 kg R4 236 078 jaar Saldo op 31 Maart 2024 9 702 kg ? Grondstowwe uitgereik aan die ? ? fabriek  Elke stel benodig 0,84 kilogram vlekvrye staal.  Die grondstowwe se koste per stel is R72,66.  Grondstowwe word uitgereik aan die fabriek teen R86,50 per kg. C. Die boekhouer het die volgende koste vir die finansiële jaar geëindig op 31 Maart 2024 bereken: Fabrieksbokoste R1 580 900 Administratiewe koste R890 700 Verkoop-en verspreidingskoste R2 145 000 Daar is gevind dat die volgende aansuiwerings nie in berekening gebring is nie:  Voorsiening vir oninbare skuld moet verhoog met R3 780.  ʼn Faktuur van R76 800 vir die Administratiewe Afdeling is ontvang op 31 Maart 2024. Dit was vir herstelwerk van R2 900 en ʼn addisionele kantoor.  Nuwe stampperse is gedurende die jaar aangekoop. ʼn Addisionele versekeringspolis is op 1 November 2023 tot 31 Oktober 2024 vir R18 000 uitgeneem. Dit is geboekstaaf.  Die maandelikse huur van R19 000 vir Maart 2024 is foutiewelik na die fabriek toegedeel. 75% van die huur word in die fabriek gebruik en die res word gelykop verdeel tussen die Administrasie en Verkoops- en Verspreidingsdepartemente. Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 5 (VRAESTEL 2) GR12 0624  Die fabrieksvoorman het ʼn bonus gedurende sy verjaarsdagmaand in Maart 2024 ontvang. Die boekhouer het sy jaarlikse salaris korrek getoon, maar het nie sy bonus gedurende sy verjaarsdagmaand aangedui nie. Sy bonusbesonderhede is soos volg: Bruto Aftrekkings Netto Bydraes salaris LBS WVF salaris WVF ? 25% 1% R17 020 1% D. Addisionele inligting:  Die totale primêre koste beloop R3 946 120.  Die totale koste van klaarprodukte geproduseer beloop R5 604 000.  Die besigheid gebruik ʼn vaste winsopslag van 70% op kosprys. 1.3 CLEAR WATER VERVAARDIGERS Clear Water Vervaardigers vervaardig swembad chemikalië. Solly Scott is die eienaar van die besigheid. Die finansiële jaar eindig op 31 Mei 2024. Active Algaecide Treatment is een van hulle produkte. GEVRA: 1.3.1 Bepaal die totale aantal ekstra eenhede wat vervaardig moet word om die doelwit te bereik om die wins met R75 000 in die volgende finansiële jaar te verhoog. (4) 1.3.2 In 2024, het die eienaar Solly doelbewus strategiese besluite oor veranderlike koste gemaak om die besigheid te verbeter. Identifiseer TWEE kostes wat effektief beheer is en ʼn positiewe impak op die besigheid het. (6) 1.3.3 Die verkoopprys het met 12,5% verhoog van 2023 na 2024. Verduidelik hoe dit die prestasie van die besigheid beïnvloed het. Haal syfers of berekeninge aan. (4) 1.3.4 Verduidelik aan Solly hoekom die vaste koste per eenheid met R1,11 verminder het, terwyl die totale vaste koste met R313 680 toegeneem het. (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 6 (VRAESTEL 2) GR12 0624 INLIGTING: 2024 2023 Active Algaecide TOTAAL EENHEIDS- TOTAAL EENHEIDS- Treatment KOSTE KOSTE Direkte materiaalkoste R6 435 200 R80,44 R4 464 000 R62,00 Direkte arbeidskoste R2 240 000 R28,00 R2 448 000 R34,00 Verkoops- en R1 569 600 R19,62 R1 296 000 R18,00 verspreidingskoste VERANDERLIKE R10 244 800 R128,06 R8 208 000 R114,00 KOSTE VASTE KOSTE R3 935 280 R49,19 R3 621 600 R50,30 Verkoopsprys per R180,00 R160,00 eenheid Gelykbreekpunt 75 766 eenhede 78 730 eenhede Aantal eenhede geproduseer en 80 000 eenhede 72 000 eenhede verkoop 60 VRAAG 2: VOORRAAD (65 punte; 52 minute) 2.1 KONSEPTE Voorsien die korrekte term vir elk van die volgende beskrywings deur uit die lys wat voorsien word, te kies. Skryf slegs die korrekte term langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in jou ANTWOORDBOEK. Periodieke voorraadstelsel; Eerste-in-eerste-uit; Spesifieke identifikasie; Deurlopende voorraadstelsel; Geweegdegemiddelde-metode 2.1.1 Elke verkoopte item word spesifiek geïdentifiseer soos dit op die aankoop faktuur verskyn. 2.1.2 Die stelsel vereis rekenaars en strepieskodes. 2.1.3 Hierdie metode word verkieslik gebruik om voorraad te waardeer wat ʼn beperkte raklewe het. 2.1.4 Hierdie metode word gebruik wanneer groot hoeveelhede soortgelyke voorraaditems aangekoop word. 2.1.5 Die Handelsvoorraadtekortrekening is nie voltooi nie. Die besigheid sal die vermindering van belasbare inkomste verbeur. (5) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 7 (VRAESTEL 2) GR12 0624 2.2 LILY SKRYFBEHOEFTES SKOOL EN KANTOOR VOORAAD Lily is die eienaar van ’n besigheid wat skryfbehoeftes en kantoortoerusting verkoop. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2024. Die besigheid maak gebruik van die periodieke voorraadstelsel. GEVRA: Verwys na Inligting (A) en beantwoord die volgende vrae rakende sakrekenaars. 2.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad deur die eerste-in-eerste-uit (EIEU) voorraadwaardasie metode te gebruik op 29 Februarie 2024. (7) 2.2.2 Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024. (10) 2.2.3 Bereken die persentasie winsopslag bereik in 2024. (5) 2.2.4 Lily oorweeg dit om die voorraadwaardasiemetode na die geweegde- gemiddelde-metode te verander. Sy voel dat die metode meer voordelig vir die besigheid sal wees omdat dit ʼn hoër koste van verkope tot gevolg sal hê. Die boekhouer adviseer Lily dat hy nie saamstem nie, aangesien dit nie aan die vereistes van AARP voldoen nie.  Bereken die koste van verkope deur die geweegdegemiddelde- metode te gebruik om haar mening te ondersteun. (5)  Gee EEN rede waarom Lily dink dit tot die voordeel van die besigheid sal strek. (2)  Gee TWEE redes waarom die boekhouer voel dat daar nie aan die vereistes van AARP voldoen word nie. (4) 2.2.5 Lily het besluit om in die volgende finansiële jaar 250 sakrekenaars uit voorraad, aan die plaaslike hoërskool te skenk vir kinders wat dit nie kan bekostig om hulle eie sakrekenaars te koop nie. Voorsien TWEE redes hoekom dit voordelig is om die plaaslike skool te ondersteun deur sakrekenaars aan hulle te skenk. (4) Verwys na Inligting (B) en beantwoord die volgende vrae rakende versnipperaars (shredders). 2.2.6 Die spesifieke identifikasie metode word gebruik om die voorraadrekords van versnipperaars by te hou.  Bereken die waarde van die eindvoorraad van versnipperaars. (5) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 8 (VRAESTEL 2) GR12 0624 2.2.7 Alhoewel sekuriteitskameras geinstalleer is, bly die eienaar bekommerd oor moontlike diefstal binne die LX-versnipperaars (5 bladsy, 6,8 mm) produklyn.  Voorsien ʼn berekening om die eienaar se vermoede te bevestig. (5)  Gee TWEE punte van advies wat Lily kan implementeer om te voorkom dat dit gebeur. (4) INLIGTING: A. Voorraadrekords van sakrekenaars: Eenheids- Aantal Totaal prys eenhede (R) (R) Saldo op 1 Maart 2023 1 200 120 840 Totale aankope gedurende die 17 000 2 006 700 jaar: Julie 2023 4 500 102,00 459 000 September 2023 4 800 114,00 547 200 November 2023 5 800 125,00 725 000 Januarie 2024 1 900 145,00 275 500 Terugsendings aan verskaffers: September 2023 (65) ? Januarie 2024 (350) ? Subtotaal 17 785 ? Verkope ? 200 ? Saldo op 29 Februarie 2024 1 654 ? ?  Die vervoerkoste van sakrekenaars is 6% van die eenheidsprys. Hierdie koste is nie by die bogenoemde eenheidsprys ingesluit nie.  Die besigheid kry nie ʼn terugbetaling op vervoerkoste vir terugsendings aan die verskaffers nie. Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 9 (VRAESTEL 2) GR12 0624 B. Voorraadrekords van versnipperaars (shredders): LX Versnipperaar TP Versnipperaar (5 bladsye, 6,8 mm) (12 bladsye, 40 mm) E/ E/ Een- Totaal Een- Totaal prys prys hede (R) hede (R) (R) (R) Saldo op 1 Maart 2023 24 21 600 12 18 000 Aankope: 173 155 700 75 112 500 Augustus 2023 72 900 64 800 25 1 500 37 500 November 2023 55 900 49 500 18 1 500 27 000 Januarie 2024 46 900 41 400 32 1 500 48 000 Saldo op 29 Februarie 21 ? ? ? 2024 Verkope 169 78  Geen versnipperaars is aan die verskaffers terugestuur nie.  Die totale koste sluit vervoerkoste op aankope in. 2.3 PROBLEEMOPLOSSING Clean Smart Handelaars word besit deur Alex Glue. Hulle verkoop verskeie tipes stofsuiers. Alle stofsuiers word vanaf die VSA ingevoer en neem ʼn minimum 15 werksdae vir goedere om afgelewer te word sodra die bestelling geplaas is. Jy word voorsien van die inligting rakende elke stofsuier vir die jaar geëindig 31 Mei 2024. GEVRA: Identifiseer ʼn unieke probleem vir elke produk en verskaf relevante syfers vir elk. Voorsien ʼn aanbeveling aan Alex om die geïdentifiseerde probleem van elke produk aan te spreek. (9) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 10 (VRAESTEL 2) GR12 0624 INLIGTING: Outomatiese Hand- Nat en droog koordlose stofsuiers handstofsuiers stofsuiers Eenhede beskikbaar vir 4 400 5 480 4 470 verkope Sluitingsvoorraad 930 290 470 Eenhede verkoop 3 470 5 190 4 000 Terugsendings deur 30 110 49 klante Voorraadhoudingsperiode 98,7 dae 20,8 dae 43,4 dae (sluitingsvoorraad) Gemiddelde voorraad 3,6 keer 9,9 keer 6,1 keer omsetsnelheid % Bruto wins op koste 80% 70% 80% van verkope Verkoopprys per eenheid R1 836 R935 R1 275 Totale netto verkope R6 315 840 R4 749 800 R5 037 525 Kredietverkope R4 681 800 R2 524 500 R2 805 000 Deposito’s van kontant R1 634 040 R2 225 300 R2 218 500 verkope 65 VRAAG 3: BESTUUR VAN VASTE BATES (25 punte; 20 minute) Patrick van Wyk is die eienaar van Van Wyk se Vervoerdienste. Die besigheid spesialiseer in die vervoer van grootmaat goedere. Die rekeningkundige periode eindig op 29 Februarie 2024. GEVRA: 3.1 Verwys na die inligting om die ontbrekende syfers/dele wat op die vastebateregister aangedui word, te bereken. (i) Die aankoopprys van die Kia-vragmotor (2) (ii) Die waardeverminderingskoers (3) (iii) Bepaal/Bereken die datum van aankoop. (5) (iv) Waardevermindering vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024 (2) (v) Opgehoopte waardevermindering op 29 Februarie 2024 (2) (vi) Boek/Drawaarde op 29 Februarie 2024 (2) 3.2 Patrick van Wyk wil weet hoekom dit belangrik is om ʼn bateregister vir die besigheid te hê. Gee EEN rede. (1) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 11 (VRAESTEL 2) GR12 0624 3.3 Lewer kommentaar oor die gebruik en toestand van die Kia-vragmotor en hoe die besigheid hierdie voertuig behoort te bestuur en hoekom. (2) 3.4 Patrick is bekommerd oor die gebruik van die voertuie in die besigheid. ʼn Aantal voertuie het oortollige kilometers en is in ʼn swak toestand. Patrick is van mening dat die brandstofuitgawe baie hoog is. Verduidelik DRIE interne kontrolemaatreëls om die besigheid se voertuie meer effektief te bestuur. (6) INLIGTING: Vaste Bate Register Van Wyk se Vervoerdienste Nr. 8 Algemene Grootboekrekening: Datum van aankoop: (iii) Voertuie Item: Kia-vragmotor Registrasie: DGP 548 GP Verskaffer: Reddy Motors Aankoopprys: (i) Waardeverminderingsmetode en koers: (ii) Besonderhede van waardevermindering: Opgelope Boekwaarde/ Datum Waardevermindering waarde- Drawaarde vermindering (iii) ? ? ? 28 Feb 2022 96 000 144 000 176 000 28 Feb 2023 96 000 240 000 80 000 29 Feb 2024 (iv) (v) (vi) Addisionele inligting:  Die vaste bate register is vir die Kia-vragmotor (DGP 548 GP).  Die besigheid het die vragmotor ʼn paar jaar gelede by Reddy Motors aangekoop.  Die huidige kilometers van die vragmotor is 232 372 km.  Die vragmotor se waardevermindering word bereken op die vaste paaiement metode. 25 TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 12 (VRAESTEL 2) GR12 0624 GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Nie-bedryfslaste : Aandeelhouersekwiteit (Handels & ander ontvangbares + Kontant en kontantekwitvalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope . Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins na belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Gemiddelde aandeelhouersekwiteit 1 Aantal uitgereikte aandele 1 (*Sien onderstaande nota) Netto wins voor belasting + rente op lening x 100 Gemiddelde aandeelhouersekwiteit + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1 Aandeelhouersekwiteit x 100 Dividende vir die jaar x 100 Aantal uitgereikte aandele 1 Aantal uitgereikte aandele 1 Interim dividende x 100 Finale dividende x 100 Aantal uitgereikte aandele 1 Aantal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto wins na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid NOTA: * Indien daar ʼn verandering in die aantal aandele is gedurende die finansiële jaar, word die geweegde gemiddelde aantal aandele in die praktryk gebruik.

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all