Downloaded from hlayiso.com
Provinsie van die
OOS-KAAP
ONDERWYS
INTERMEDIÊRE FASE
GRAAD 6
JUNIE 2011
AFRIKAANS HUISTAAL
PUNTE: 50
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2011 papers 





View all





Afrikaans Hl Grade 6 June Common Test 2011 Question Paper
Grade 6 Afrikaans Hl question paper from the June Common Test 2011, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 6 · June Common Test · 2011. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 6
- Document type
- Question paper
- Year
- 2011
- Exam period
- June Common Test
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 751.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
June Common Test 2011
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL (JUNIE 2011)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP (20 punte)
AFDELING B: TAAL (15 punte)
AFDELING C: SKRYFSTUKKE (15 punte)
2. Beantwoord al die vrae.
3. Laat ʼn reёl oop tussen die antwoorde.
4. Skryf netjies met blou of swart ink.
5. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.
6. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.
Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 3
AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP
VRAAG 1: FLIEKRESENSIE
Lees die volgende fliekresensie mooi deur en beantwoord dan die vrae wat daarop
volg.
RIO (3D)
Die blou papegaaie Blu en Jewel leer ʼn belangrike les by die horingbek Rafael in die
animasiefliek Rio.
Papegaai se reis neem jou op vlerke
1. Die fliek Rio met sy mal kleure en heupswaai-musiek gaan veroorsaak dat
Suid-Afrikaners hierdie vakansie Rio de Janeiro kies as hul
vakansiebestemming. Verblyf in die hotelle kan vol wees. Die
openingstoneel waar die voëls dans laat ʼn mens wonder of voëls dalk heupe
het.
2. Ons geveerde vriende word gevang deur smokkelaars. Hulle word uit hul
habitat geruk en vind hul pad na vreemde plekke. En dit is wat met Blu (die
hoofkarakter) gebeur.
3. Blu is ʼn bleeksiel. Hy is blou ara-troetelpapegaai wat in Minnesota bly. Sy
eintlike habitat is die woude van Brasilië. Hy is lank gelede daar gesteel en
uitgesmokkel. Die reeks Animal Planet is sy idee van ʼn oerwoud. Hy ly aan
hoogtevrees en daarom kan hy nie vlieg nie. Ja, jy het reg gelees – dit is
onse Blu, maar ek waarsku jou, hy gaan jou hart breek.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL (JUNIE 2011)
4. Blu se eienaar, Linda, besef sy spesie is aan die uitsterf. Blu beland toe in die
oerwoud en daar wag die laaste wyfie op hom. Jewel is ʼn skoonheid en die
arme Blu het die skoot hemelhoog deur.
5. Daar is baie spanning en die meeste van die spanning kom van die
voёlsmokkelaars. Van hulle is dikdom en dan is daar die bende apies wat jou
die heeltyd besteel.
6. Rio werk in 3-D, want jy hou werklik jou asem op. Dit voel of jy die heeltyd
saam met die voёls vlieg. Maar dit is die storie wat jou twee keer laat dink.
Blu besef aan die einde dat hy vir veel meer bestem is as koppiekrap.
Niemand sal hom weer vir ʼn kalkoen aansien nie.
[Verwerk en aangepas uit: Die Oos-Kaap Burger, 8 April 2011]
1.1 Wat gaan die rolprent Rio vir die toerismemark doen? (1)
1.2 Noem TWEE dinge uit paragraaf 1, wat jy onmiddellik sal identifiseer met die
jaarlikse Rio karnaval. (2)
1.3 Waarom gaan jy dink dat voёls heupe het? (1)
1.4 Soek ʼn ander woord in die resensie vir die woord: voёls (1)
1.5 “Blu se eienaar, Linda, besef sy spesie is aan die uitsterf. Blu beland toe in
die oerwoud en daar wag die allerlaaste wyfie op hom.”
Hoekom sal jy sê hierdie is ʼn voorbeeld van ʼn groen boodskap (ʼn boodskap
om die omgewing te beskerm)? (2)
1.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte
LETTER neer.
Die rolprent Rio is ʼn voorbeeld van ʼn ...
A komedie.
B riller.
C animasie.
D kunsfliek. (1)
Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 5
1.7 Dink jy Blu, as die hoofkarakter, word in hierdie resensie as ʼn “hunk” (ʼn
begeerlik karakter) gesien? Stem jy saam? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
1.8 Haal ʼn uitdrukking uit paragraaf 4 wat beteken dat Blu baie verlief is. (1)
1.9 Kies die korrekte woorde tussen hakies.
Blu is (aggressief en met geweld / nie geweldadig) uit sy natuurlike omgewing
verwyder. (1)
1.10 Hoekom sê die resensent Rio werk verseker in 3-D? (1)
1.11 Gee ʼn moontlike rede waarom jy en jou maats na hierdie fliek sal gaan kyk. (1)
[13]
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL (JUNIE 2011)
VRAAG 2: STROKIESVERHAAL
Kyk mooi na die volgende strokie wat in die vorm van ʼn fotoverhaal geskryf is en
beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 7
2.1 Waarheen is Tannie Judy en Oortjies op pad? (Die antwoord moet in suiwer
Afrikaans gegee word.) (1)
2.2 Wat gaan hulle daar maak? (1)
2.3 Wie dink jy is Brandon? (1)
2.4 Wat doen tannie Judy verkeerd? (1)
2.5 Oortjies is darem ʼn slim hond.
2.5.1 Stem jy saam met hierdie stelling? (1)
2.5.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
2.6 Hoe weet jy dat dit ʼn baie warm dag was? (1)
[7]
TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL (JUNIE 2011)
AFDELING B
VRAAG 3
Ons (3.1 uie / eie ) 3.2 Huismoles
Trevor, het jy Nee, ek het
al hierdie fliek (3.9) ... ... ...
gesien? .... ... ....
Maak kennis (3.3 ...) Janine en Trevor. Hierdie (3.4 paar) sit elke (3.5 Saterdag)
voor die TV. (3.6 Trevor is sensitief, maar raak gou kwaad.) Hy huil gewoonlik
(3.7 baie hard) as 'n TV-fliek hom ontstel. Janine terg hom daaroor en dan begin
die (3. 8 moles). Dit is juis waarom Janine vir Trevor gevra het of hy al die fliek My
sister’s keeper gesien het. Trevor het geantwoord (3. 9 Nee, ek het ......................)
3.1 Kies die korrekte woord tussen hakies.
Ons (uie/eie) huismoles. (1)
3.2 Kies die een wat NIE pas NIE. Skryf slegs die LETTER van die ALFABET neer
as antwoord.
Die uitdrukking „huismoles’ beteken ...
A jy maak ʼn groot lawaai en jy maak moeilikheid.
B ʼn stryery ontstaan wat deur almal gehoor kan word.
C jou huis is vol insekte en moet bespuit word.
D ʼn argument ontstaan wat almal kan hoor. (1)
Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 9
3.3 Vul die voorsetsel in wat uitgelaat is.
Maak kennis ... Janine en Trevor. (1)
3.4 Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies.
Hierdie (paar) sit elke Saterdag voor die TV. (1)
3.5 Gee die afkorting van die woord tussen hakies.
Trevor en Janine sit elke (Saterdag) voor die TV. (1)
3.6 Skryf die volgende sin oor sonder om die betekenis te verander.
Trevor is sensitief, maar raak gou kwaad.
Begin só:
Janine se man is ʼn (sensitief) en (kwaad) ou man. (2)
3.7 Gee die korrekte intensiewe vorm van die woord tussen hakies.
Hy huil gewoonlik (baie hard) as ʼn TV-fliek hom ontstel. (1)
3.8 Gee die meervoud van die woord tussen hakies.
Janine terg hom daaroor en dan begin die (moles). (1)
3.9 Antwoord die vraag in die ontkennende vorm.
Trevor, het jy al hierdie fliek gesien?
Begin só: Nee, ek het ... (1)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL (JUNIE 2011)
VRAAG 4
ADVERTENSIE
4.1 Blokkie 1: Motorongeluk
Skryf die volgende sin oor in die Verlede Tyd.
Ek moet na my pa luister. (1)
4.2 Blokkie 2: Oorstroming
Skryf die volgende sin oor in die Toekomende Tyd.
Ek draai al die krane toe. (1)
Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 11
4.3 Blokkie 3: Brand
Skryf die volgende vraag oor in die Indirekte Rede.
Die brandweerman sê: “Kom manne, ons moet hierdie huis red.”
Begin so: Die brandweerman beveel sy manne dat ...” (2)
4.4 Blokkie 4: Dronkbestuur
Rangskik die woorde tussen hakies in die regte volgorde.
Ek sien die motorbestuurder (vinnig) (in die hawe) (vanaand) (ry). (1)
[5]
TOTAAL AFDELING B: 15
AFDELING C: SKRYFWERK
VRAAG 5
Jy was ʼn ooggetuie van die ongeluk. Die polisie begin ooggetuies ondervra. Jy
word gevra om alles neer te skryf (6 tot 8 reёls) wat jy gesien het (55 – 65 woorde).
Volg die Kontrolelys:
Wees eerlik. Wees baie spesifiek. Wie het wat gedoen? Waar het dit
plaasgevind? Dit wat gebeur het, moet jy in detail beskryf. Ons stel belang in wat
jy gesien het. Dit moet volledig en duidelik wees, want die polisie volg die leidrade
op.
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL (JUNIE 2011)
Teken die volgende ooggetuieverslag vorm oor.
OOGGETUIEVERSLAG
Naam van getuie:............................................................
Adres waar ons jou kan
kontak:.............................................................................................
Voorval: Motorongeluk
Besonderhede:
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
Datum: .............................................................
Handtekening: ............................ ...................................................
[8]
VRAAG 6
Kom ons kyk na ʼn voorbeeld van ʼn weervoorspelling vir Port Elizabeth vir die
volgende drie dae.
Vrydag Saterdag Sondag
Bewolk met verspreide Die wind is sterk suidwes Maksimum 38°C en
buie en donderbuie sonnig
6.1 Is die volgende stelling waar of onwaar.
Ons kan nie meer Vrydagaand braai nie. (1)
6.2 Op watter dag moet jy uit die son bly? (1)
6.3 Op watter dag sal jy ʼn vlieёr kan vlieg, of lekker seil op ʼn seiljag? (1)
Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 13
6.4 Gee jou streek- of dorp se weervoorspelling vir die volgende drie dae.
(Moenie Port Elizabeth se weervoorspelling hierbo gebruik nie.) Gebruik
beskrywende woorde.
Begin so:
“Hier volg die weervoorspelling vir môre, 25 Mei 2011 uitgereik deur die Suid-
Afrikaanse weerdiens se kantoor in Bloemfontein.”
Waarskuwing:
Onthou die volgende:
Jou weervoorspelling moet tussen 30 en 40 woorde wees.
Moenie die Begin so se woorde by tel nie.
As jy vashaak dink aan die volgende en skryf net:
Hoe warm of koud gaan dit wees?
Hoe winderig gaan dit wees?
Uit watter rigting gaan die wind waai?
Gaan dit dalk reën?
Hoe weet jy dat ʼn koue front aan die kom is?
Kyk nou by die venster uit en begin skryf. Vanaand om 19:26 kan jy op
SABC 2 kyk hoe naby aan reg jy was. (4)
[7]
TOTAAL AFDELING C: 15
GROOTTOTAAL: 50
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 June Common Test 2011 Memo

Question paper
Afrikaans Hl Grade 6 ANA 2011 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Afrikaans Hl Grade 6 P1 November Common Test 2011 Question Paper

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 ANA 2011 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 1 November Common Test 2011 Memo

Question paper
Afrikaans Hl Grade 6 P3 November 2017 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 6 Afrikaans Hl

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 North West June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 2 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 3 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 2 November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 3 November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum