Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
INTERMEDIÊRE FASE
GRAAD 6
NOVEMBER 2011
AFRIKAANS HUISTAAL
PUNTE: 50
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2011 papers 





View all





Afrikaans Hl Grade 6 P1 November Common Test 2011 Question Paper
Grade 6 Afrikaans Hl Paper 1 question paper from the November Common Test 2011, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 6 · November Common Test · 2011. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 6
- Document type
- Question paper
- Year
- 2011
- Exam period
- November Common Test
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 270.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
November Common Test 2011
- Paper 1Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2011)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A KYK- EN LEESBEGRIP 20
AFDELING B TAAL IN KONTEKS 15
AFDELING C SKRYFWERK 15
2. Beantwoord al die vrae.
3. Let noukeurig op spelling en sinskonstruksie.
4. Nommer jou antwoorde korrek soos op die vraestel.
5. Skryf netjies en leesbaar.
AFDELING A KYK- EN LEESBEGRIP
VRAAG 1 TYDSKRIFARTIKEL
Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg:
Jong Uitvinders: jy kan ook een wees!
Jy is nou wel nog bloedjonk, maar weet jy wat? Jy kan die wêreld verander – nes
die kinders wat van ons planeet se koelste uitvindings uitgedink het.
YS OP ʼn STOKKIE
Wat is een van die lekkerste dinge om op ʼn warm somersdag te eet?
ʼn Waterroomys, ysie-op-ʼn-stokkie, waterlollie, ysstokkie! Noem dit net wat jy wil,
maar dit bly lekker!
Het jy al ooit gedink waar dit vandaan kom?
Voel jammer vir kinders wat voor 1905 geleef het. Frank Epperson, ʼn 11-jarige
knaap van San Francisco in Amerika het een aand gaan slaap en ʼn mengsel van
verpoeierde soda, water en ʼn stokkie op sy huis se stoep vergeet. Die temperatuur
het daardie nag tot onder vriespunt gedaal en toe hy die volgende oggend wakker
word, kry hy die gevriesde lekkerny op ʼn stokkie! Dit was ʼn groot treffer onder sy
skoolmaats en hy het sommer baie sakgeld begin verdien. Hy het seker gemaak
niemand kan sy idee steel nie en in 1923 die regte om ysies te maak aan ʼn
kosmaatskappy verkoop!
Weet jy wat die verskil tussen roomys en ʼn ysstokkie is? Roomys se hoofproduk is
melk, maar ysstokkies word met water gemaak. Mmm ... hoe lus is ek nou vir my
gunsteling waterroomys!
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 3
1.1 Wat doen ʼn uitvinder? (1)
1.2 Wat eet kinders graag op ʼn warm somersdag? (1)
1.3 Hoekom moet jy jammer voel vir kinders wat voor 1905 geleef het? (1)
1.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte
LETTER neer:
Frank Epperson, ʼn 11-jarige knaap. Die woord “knaap” beteken ...
A stout seun.
B jong seun.
C slim seun. (1)
1.5 Hoekom was die lekkerny die volgende oggend gevries? (1)
1.6 Waaruit het Frank se ysstokkie bestaan? (1)
1.7 Hoe weet jy Frank se maats het baie van sy ysstokkie gehou?
Skryf EEN WOORD uit die leesstuk as jou antwoord neer. (1)
1.8 Dink jy Frank het geld gemaak as gevolg van sy uitvinding?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
1.9 Wat is die groot verskil tussen ʼn ysstokkie en ʼn roomys? (1)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2011)
VRAAG 2 RESEP
Suikerbekkie-sosaties
ʼn Suikerbekkie is ʼn voëltjie wat die soet nektar uit blomme suig met sy lang bekkie.
Hy kry sy soetigheid uit die natuur – en jy kan ook, sonder om regte suiker te
gebruik!
Maak self hierdie Suikerbekkie-sosaties. Vra dat jou onderwyser of ouers jou moet
help om die vrugte te skil. Maak ook seker of jy nie allergies is vir een van die
bestanddele nie. Sommige mense is allergies vir klapper en neute.
Bestanddele:
1 appel
1 piesang
1 mango
6 korrels rooi of wit druiwe
1 koppie jogurt (verkieslik laevet)
¼ koppie klapper of fyngekapte neute/grondboontjies
Toerusting:
skerp mes (werk versigtig of vra iemand om jou te help!)
sosatiestokkies
2 groot borde
ʼn bord om die sosaties op uit te pak
Metode:
Was die vrugte (nadat jy ook jou hande gewas het!)
Skil die vrugte as jy wil.
Sny die vrugte in klein stukkies.
Sprei die klapper uit in die een bord.
Gooi die jogurt uit in die ander bord.
Sit nou die stukkies vrugte op die stokkie totdat die hele stokkie amper vol
vrugte is.
Hou die stokkie aan die kante vas en rol dit in die jogurt totdat dit heeltemal
bedek is.
Rol die stokkie nou in die klapper of neute.
MMMM ... LEKKER EET!
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 5
2.1 Hoekom dink jy is die naam van die resep “Suikerbekkie-sosaties”? (1)
2.2 Noem nog EEN ander vrug wat in die sosatie gebruik kan word. (1)
2.3 Waarom sal party mense nie klapper oor hul sosatie eet nie? (1)
2.4 Waarom is dit nodig dat die vrugte gewas moet word voordat dit gebruik
word? (1)
2.5 Noem TWEE dinge wat met die mes gedoen moet word. (2)
2.6 Hoekom dink jy beveel die resep laevet joghurt aan? (1)
2.7 Waarom moet die punte van ʼn sosatiestokkie oopgehou word? (1)
2.8 Hoe sal ʼn mens hierdie gesonde vrugte sosatie ongesond kan maak? (1)
2.9 Verduidelik in jou eie woorde wat ʼn sosatie is. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2011)
AFDELING B TAAL IN KONTEKS
VRAAG 3
3.1 Gee die MEERVOUD van die woord: taxi. (1)
3.2 Vervang die woord tussen hakies met ʼn SINONIEM (ʼn ander woord met min
of meer dieselfde betekenis).
Almal sien uit na ʼn (lekker) Kersvakansie. (1)
3.3 Kies die woord wat REG GESPEL is tussen hakies en skryf net die woord
as jou antwoord neer.
Die (passasiers, pasasiers, pasassiers) is almal opgewonde om vir
Kersfees huis toe te gaan. (1)
3.4 Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM:
Die taxi is altyd laat. (1)
3.5 Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies:
Die bagasie gaan van die dak afval. Dit is nie stewig vasgemaak nie.
(aangesien) (1)
3.6 Vorm EEN WOORD van die woorde tussen hakies:
As die taxi deur takbokke gesleep word, verminder dit (lug+besoedel) (1)
3.7 Skryf die korrekte VOORSETSEL neer wat uitgelaat is.
As jy betyds wil wees, moet jy ... vliegtuig reis. (1)
[7]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) AFRIKAANS HUISTAAL 7
VRAAG 4
4.1 Skryf die volgende sin oor in die VERLEDE TYD:
Die toeris besluit om in Suid-Afrika te gaan kuier. (1)
4.2 Skryf die volgende vraag oor in die TOEKOMENDE TYD:
Die passasiers is opgewonde om deur Afrika te reis. (1)
4.3 Skryf die volgende vraag oor in die INDIREKTE REDE:
Die Suid-Afrikaner vra: "Het jy al deur die wêreld getoer?"
Begin so: Die Suid-Afrikaner vra of ... (2)
4.4 Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM:
Die toeriste het die vakansie geniet.
Begin jou antwoord so: Die vakansie is ... (1)
4.5 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Skryf net die antwoord neer.
Die (verf) vlae op die bussie sê vir jou watter lande hulle al besoek het. (1)
4.6 Die bussie val more-oggend om 7 vm. in die pad.
Skryf die AFKORTING vir vm. in woorde uit. (1)
4.7 Kies die REGTE WOORD tussen hakies.
Skryf net die woord as jou antwoord neer.
Suid-Afrika is my (gunstelling; gunsteling) land om te besoek. (1)
[8]
TOTAAL AFDELING B: 15
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2011)
AFDELING C SKRYFWERK
VRAAG 5 DIALOOG
Dit is een van die dae jou dertiende
verjaarsdag en jou ouers het gesê jy kan
jou eie selfoon kry. Jy is baie opgewonde
en bel jou beste maat om die wonderlike
nuus te deel. Skryf ʼn dialoog waarin jy
die nuus meedeel. Jou dialoog moet
tussen 85 en 95 woorde wees.
Onthou die volgende:
Skryf die naam van die persoon wat praat, langs die kantlyn.
Moenie aanhalingstekens gebruik nie.
Laat ʼn reël oop voor die volgende persoon praat.
Gebruik hakies vir ander inligting bv. (saggies) [8]
VRAAG 6 PLAKKAAT
Jy wil ekstra sakgeld verdien en het besluit om jou
eie yslollies te maak en verkoop. Jy het
geëksperimenteer en het ʼn paar geure wat baie
lekker smaak. Jy gaan in jou woonbuurt ʼn stalletjie
oprig en dit vandaar verkoop. Jy sal ook op bestelling
yslollies maak.
Ontwerp ʼn plakkaat om jou stalletjie en jou produk te
adverteer. Gee jou produk ʼn naam en noem die
datum en plek en die verskillende geure. Dui aan
watter ander lekkernye jy ook gaan verkoop. Versier
jou plakkaat sodat dit die oog sal vang en kopers
sommer lus sal maak vir ʼn yskoue yslollie.
Die plakkaat moet nie meer as 30 woorde wees nie. [7]
TOTAAL AFDELING C: 15
GROOTTOTAAL: 50
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 1 November Common Test 2011 Memo

Question paper
Afrikaans Hl Grade 6 ANA 2011 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Afrikaans Hl Grade 6 June Common Test 2011 Question Paper

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 ANA 2011 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 June Common Test 2011 Memo

Question paper
Afrikaans Hl Grade 6 P3 November 2017 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 6 Afrikaans Hl

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 North West June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 2 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 3 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 2 November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 6 Paper 3 November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum