Downloaded from hlayiso.com
LEERDER NOMMER
Nkelea JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGS 2010
nkelea GRAAD 6 TAALLEER: AFRIKAANS
GESLAG (MERK ) SEUN DOGTER
VAN
NAME PROVINSIE
GEBOORTEDATUM
SKOOL SE NAAM
EMIS NR. DISTRIK / STREEK
Instruksies aan leerders:
1. Lees al die instruksies deeglik.
2. Beantwoord al die vrae in die spasies voorsien.
3. Hierdie toets duur 60 minute.
4. Jou onderwyser/es gaan jou help om die voorbeeld oefeninge te beantwoord voordat jy die
toets begin.
Voorbeeldoefeninge
Voorbeeld 1
Omkring die letter met die regte antwoord.
Koeie voorsien ons van ...
A. kaas.
B. botter.
C. melk.
D. roomys.
Jy het die vraag reg geantwoord as jy c omkring het.
Let wel:
In jou toets sal jy nog vrae soos beantwoord soos die wat jy nou voltooi het.
Doen jou bes om die vrae te beantwoord, al is jy nie seker van die antwoord nie.
Sryf die antwoord wat jy die beste is, neer en gaan aan met die volgende vraag.
Blaai om na die volgende bladsy wanneer jy ‘n bladsy voltooi het.
Kyk slegs na jou eie werk.
Die toets begin op die volgende bladsy.
You're offline
Skip to contentQuestion paper View all
Afrikaans Taal Graad 6.pdf
Afrikaans Hl · Grade 6 · ANA · 2011 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 6
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2011
- Exam period
- ANA
- Pages
- 10
- File size
- 86.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lees die verhaal en beantwoord die vrae.
Die verhaal van ‘n Marmot
Michael het mooi vir sy pa gevra om ‘n marmot as troeteldier aan te hou. Sy pa het ingestem,
op voorwaarde dat Michael vir die diertjie sal sorg.
“Ek sal,” het Michael belowe. “Onthou om die diertjie versigtig te hanteer en nooit aan die stert
op te tel nie.” “Ek sal nie,” het Michael geantwoord. “Hy kan seerkry en sy oë sal uitval!” het
sy pa plegtig bygevoeg. “Regtig!” het Michael verbaas geantwoord. “Ek gaan hom baie mooi
hanteer .”
Michael het ‘n hokkie gebou en houtsaagsels op die vloer gestrooi. Hy kies toe ‘n bruin
marmot in die troeteldierwinkel. “Jy kan hom vrugte, rou groente en graanvlokkies voer,” het
die eienaar gesê. “ Terloops, moet hom nie aan die stert optel nie, want sy oë gaan uitval.”
“Ek weet,” het Michael geantwoord. Oppad huis toe begin Michael nuuskierig word. “Hoe kan
‘n marmot se oë uitval, as beide oë in sy kop vassit? Dit kan sekerlik nie net uitval nie.”
Hy tel die klein diertjie versigtig op en beskou hom van ‘n kant af. Die oë het doodgewoon en
normaal gelyk. Michael draai die klein, kriewelrige diertjie stadig om. Hy is effens bang om per
ongeluk aan die stertjie te raak. Waar is die gevaarlike stertjie? Hy ondersoek die marmot oor
en oor, maar vind geen stertjie nie. Michael hardloop huis toe om dit vir sy ma te noem. “Iets
is verkeerd met my marmot.” Sy ma het uitgebars van die lag. “Marmotte het nie sterte nie,”
het sy gesê. “Dit is net ‘n ou grappie.” “Julle het my geterg,” het Michael toe met ‘n sagte
stemmetjie gesê. Daarna het hy opgehelder en sy stertlose troeteldier liefdevol terug in die
hok gesit om met hom te speel.
1. Omkring die letter met die regte antwoord. (1)
Hoekom het Michael die marmot oor en oor ondersoek?
A. Hy wou nie aan die stert raak nie.
B. Hy wou sien of die oë vassit.
C. Hy het die stert gesoek.
D. Hy wou die diertjie versigtig hanteer.
Bladsy 2 van 10
Downloaded from hlayiso.com
2. Omkring die letter met die regte antwoord. (1)
Die woorde “stadig ... . ...effens bang “ beteken dat Michael …
A. ‘n bang persoon is.
B. ‘n versigtige persoon is.
C. besig is om die troeteldier te streel.
D. besig is om die troeteldier te kielie.
3. Omkring die letter met die regte antwoord (1)
Wat word bedoel met “ Daarna helder hy op…”?
A. Hy het uitgeroep.
B. Hy het gelag.
C. Hy het verlig gevoel.
D. Hy het ligte aangeskakel.
4. Beantwoord die volgende vraag in ‘n volsin.
4.1 Waaroor het Michael, op pad huis toe, nuuskierig geword? (1)
4.2 Hoekom het Michael opgehelder nadat hy met sy ma gepraat het? (1)
5. Beantwoord die volgende vraag. (1)
Hoe kan die marmot seerkry?
Bladsy 3 van 10
Downloaded from hlayiso.com
6. Beantwoord die volgende vraag. (1)
Watter kleur was die marmot?
7. Beantwoord die volgende vraag. (1)
Wat het Michael gedink was fout met sy marmot?
8. Omkring die letter met die regte antwoord. (1)
“elke af en toe” beteken …
A. elke week.
B. soms.
C. binnekort.
D. elke maand.
9. Skryf die volgende sin in die teenwoordige tyd oor. (1)
Michael het vir sy pa gevra om ‘n marmot aan te hou.
10. Skryf die volgende sin in die toekomende tyd oor. (1)
Michael het ‘n hokkie gebou.
11. Skryf die volgende sin in die verlede tyd oor. (1)
Michael hardloop huis toe.
Bladsy 4 van 10
Downloaded from hlayiso.com
12. Skryf die meervoud van elke onderstreepte woord neer.
12.1 Die kombuis was vol pot. ____________________________ (1)
12.2 Nobel pryswenners is ons held. ______________________ (1)
12.3 Die boer het drie bees gekoop. ________________________ (1)
13. Groepeer die volgende frases as formele of alledaagse taal.
Skryf jou antwoorde in die onderstaande tabel neer. (6)
Goeie middag. Is jy OK?
_____________ ______________
Hello! Hoe gaan dit met jou?
Verskoon my,
asseblief!
Haai, jy!
Dankie, meneer. Sal jy asseblief nou na my
_____________
luister?
Dankie! _______________________
Bly stil!
Formeel Alledaags
Bladsy 5 van 10
Downloaded from hlayiso.com
14. Ontwerp ‘n plakkaat vir jou skool se graad 7 afskeidsfunksie. Jou plakkaat moet
ook aandui waar en wanneer die afskeidsfunksie sal wees. (5)
Bladsy 6 van 10
Downloaded from hlayiso.com
Lees die volgende paragraaf en beantwoord vrae 15 tot 17.
‘n Stokou leeu het siek in sy blyplek gelê. Al die diere van die bos het oor sy gesondheid
navraag kom doen, buiten Jakkals. Wolf besluit om die saak onder Leeu se aandag te bring.
Hy het toe gesê: “O magtige Koning, buiten Jakkals, is ons almal hier om te hoor hoe dit met u
gaan.” Jakkals kom op daardie oomblik aan en hoor Wolf se laaste woorde. Leeu het na hom
gekyk en met groot misnoë gebrul.
15. Skryf die teenoorgestelde van elke onderstreepte woord neer.
15.1 Leeu het siek in sy blyplek gelê. _______________________ (1)
15.2 Hier kom die ou leeu. ______________________________ (1)
15.3 Leeu het met groot misnoë gebrul. ________________________ (1)
16. Skryf die teenoorgestelde geslag vir elk van die volgende woorde neer.
16.1 Leeumannetjie ______________________ (1)
16.2 Koning _____________________________ (1)
17. Watter tipe woordsoorte is die onderstreepte woorde? Bv. werkwoord,
selfstandige naamwoord, byvoeglike naamwoord of bywoord.
17.1 ‘n Stokou leeu lê siek in sy blyplek. _____________________________ (1)
17.2 O magtige Koning, ons het almal na u gesondheid kom verneem.
______________ (1)
18. Gebruik die voegwoorde om die sinne te verbind
18.1 Die leeu het gebrul. Die leeu was kwaad (want) (1)
________________________________________________________
18.2 Die jakkals het ingekom. Die wolf het gepraat. (terwyl) (1)
__________________________________________________________
Bladsy 7 van 10
Downloaded from hlayiso.com
19. Vul die ontbrekende woorde vir elke sin in.
19.1 Jakkals het gesê, “Ek sal medisyne__________ u siekte vind.” (1)
19.2 Leeu draai _______ Wolf en slaan hom katswink. (1)
20. Gebruik die inligting op die breinkaart om ‘n brief oor jou gunsteling sportsoort
aan jou vriend/vriendin te skryf. (6)
Aanhef Einde
Brief aan ...
Boodskap Adres
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
Bladsy 8 van 10
Downloaded from hlayiso.com
21. Lees die volgende storie en skryf ‘n inleidingsparagraaf met ten minste vier (4)
sinne. (4)
Petra voel baie gelukkig. Sy het ‘n splinternuwe R50 noot van haar ouma ontvang as ‘n
verjaarsdaggeskenk. Daar is so baie wat Petra graag wil koop – nie net vir haarself nie,
maar ook vir haar gesin. Sy wil nuwe linte en haarknippies vir haar susters koop. Haar
broer soek ‘n tydskrif oor musiek. Haar ouers hou weer van ‘n spesifieke soort
sjokolade. Sy kon kwalik wag totdat sy by die winkels kom. Petra het in die winkel
ingestap en haar hand in haar sak gesteek. Wat ‘n slag! Die R50 noot is verlore!
_______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
Bladsy 9 van 10
Downloaded from hlayiso.com
Lees die volgende gedig en beantwoord vrae 22 tot 24.
Suk-sukkel is mooi
sy kopligte blink,
sy wiele draai flink
en sy doppie is rooi;
maar as jy net
wil ry en nooit vra nie
wat hy wil hê
of wat hom dalk pla nie
sal hy begin stik,
hy sal hakkel en hoes
en as jy weer kyk,
staan hy eenkant en roes. Lucas Malan
22. Skryf twee woorde wat rym in die gedig neer. (1)
________________________ , _________________________
23. Omkring die letter met die regte antwoord. (1)
“ sal hy hakkel en hoes” is ‘n voorbeeld van:
A. Alliterasie
B. Assonansie
C. Ritme
D. Rym
24. Omkring die letter met die regte antwoord. (1)
“Sy wiele draai flink” beteken…
A. sy wiele draai stadig.
B. sy wiele draai vinnig.
C. sy wiele draai moeilik.
D. sy wiele draai skeef.
Totaal = [50 punte]
Bladsy 10 van 10
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 6 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.












