Downloaded from hlayiso.com
PUNTE
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2012
GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL
TOETS
PUNTE: 50
TYD: 1½ uur
PROVINSIE _______________________________________________________________________
STREEK _________________________________________________________________________
DISTRIK _________________________________________________________________________
NAAM VAN SKOOL______________________________________________________________
NASIONALE OBIS-NOMMER (9 syfers)
KLAS (bv. 6A) ____________________________________________________________________
VAN ______________________________________________________________________________
NAAM ____________________________________________________________________________
GESLAG ( ) SEUN DOGTER
GEBOORTEDATUM C C Y Y M M D D
*6AFHL*
Hierdie toets bestaan uit 15 bladsye, die voorblad uitgesluit.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 6 ANA 2012 Question Paper
Grade 6 Afrikaans HL question paper from the ANA 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 6 · ANA · 2012 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 6
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 418.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
ANA 2012
- Other filesQuestion paperMemoMemo (2)Memo (3)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Instruksies aan leerders
1. Lees al die instruksies noukeurig deur.
2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3. Die onderwyser sal jou deur die praktiese voorbeeld lei voordat jy met die toets
begin.
4. Die toets duur 90 minute.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Praktiese voorbeeld
Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Bafana Bafana is die sokkerspan van ...
A Australië.
B Suid-Afrika.
C Kameroen.
D Nigerië.
Jy het die vraag korrek beantwoord as jy B omkring het.
Die toets begin op die volgende bladsy.
Graad 6 Afrikaans HT 1
Downloaded from hlayiso.com
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan Vraag 1 tot 5.
Musiek is die hartklop van Afrika. Ons sing ons lied vir Afrika.
En soos ons tromme slaan Ons vier fees, terwyl ons saam neurie.
word ons geslaan Ons neurie vir Afrika.
deur die pols van Afrika. Halala, Afrika, halala is ons neuriesang.
Ons vier fees, Musiek is die gom van Afrika,
soos ons ons voete stamp. en soos ons bind
Ons vier fees, word ons gebind,
soos ons die ritme stamp. Ons eenheid is Afrika-musiek.
Die ritme van Afrika.
Musiek is die harmonie van Afrika.
Soos ons sing,
word ons besing,
deur die melodie van Afrika.
– Onbekend
1. Omkring die letter voor die korrekte antwoord om die sin te voltooi.
1.1 Mense van Afrika “word geslaan” deur die … van Afrika.
A ritme
B pols
C melodie
D eenheid (1)
Graad 6 Afrikaans HT 2
Downloaded from hlayiso.com
1.2 “Musiek is die gom van Afrika” omdat dit mense …
A saambind.
B uitmekaar dryf.
C depressief maak.
D laat dans. (1)
1.3 Musiek is die “pols van Afrika”. Dit beteken musiek is die …
A hartklop van die mense van Afrika.
B lied en trane van Afrika.
C hartseer van die mense van Afrika.
D geluide van die Afrikatromme. (1)
2. Die tema van die gedig kan die beste beskryf word as die belangrikheid
van ...
A tromme vir die mense van Afrika.
B melodieë vir die mense van Afrika.
C musiek vir die mense van Afrika.
D sangers vir die mense van Afrika. (1)
3. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
3.1 Die liedere van Afrika ...
A bring ons bymekaar.
B dryf ons uitmekaar.
C word vir ons gesing.
D is vir ons bedoel. (1)
Graad 6 Afrikaans HT 3
Downloaded from hlayiso.com
3.2 Die woord “halala” is ʼn voorbeeld van ... taal.
A formele
B informele
C akademiese
D godsdienstige (1)
4. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
4.1 Die beeldspraak wat in die reël “Musiek is die hartklop van Afrika”
aangetref word, is ʼn voorbeeld van ...
A ʼn vergelyking.
B alliterasie.
C ʼn metafoor.
D assonansie. (1)
4.2 Watter stelling verduidelik die beeldspraak wat in Vraag 4.1 genoem
is?
“Musiek is die hartklop van Afrika.” Dit beteken musiek is ...
A ʼn trom vol gelukkige harte.
B die geluid wat ons harte maak.
C ʼn lied in ons harte.
D ʼn hart wat lewe gee aan sy mense. (1)
5. Dink jy die digter is trots op Afrikamusiek? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
Graad 6 Afrikaans HT 4
Downloaded from hlayiso.com
Bestudeer die foto hieronder en beantwoord Vraag 6 en 7.
6. Hoe, dink jy, voel die leerders in die foto? Noem TWEE verskillende
emosies wat jy kan sien.
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________ (2)
7. Noem TWEE leidrade wat in die foto gevind kan word, wat daarop dui dat
die leerders moontlik by die skool kan wees.
______________________________________________________________
______________________________________________________________ (2)
Graad 6 Afrikaans HT 5
Downloaded from hlayiso.com
Lees die teks hieronder en beantwoord Vraag 8 tot 10.
OPPAS – GEVAAR IN DIE HUIS
Elke jaar gebeur daar baie ongelukke waar kinders per ongeluk paraffien drink en
daarvan sterf. Kinders neem aan dat paraffien veilig is om te drink omdat paraffien soos
water lyk en in koeldrankbottels gegooi word.
Ouers moet daarom die nodige voorsorgmaatreёls tref om te verhoed dat kinders die
paraffien per ongeluk drink. Eerstens moet paraffien in ʼn deursigtige bottel, wat duidelik
gemerk is, gehou word. Tweedens moet dit sover moontlik buite bereik van kinders
gebêre word. Selfs die dampe van paraffien is baie gevaarlik.
Ouers moet seker maak dat die bottel paraffien ver van oop vlamme gehou word, want
dit kan maklik aan die brand slaan. Gedurende die koue maande in Suid-Afrika is daar
baie huise wat vernietig word in brande wat ontstaan as gevolg van paraffien wat per
ongeluk uit lampe of stowe gestort word.
[Aangepas uit Wikipedia]
8. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Kies die stelling wat die korrekte hoofgedagte van die leesstuk aandui.
A Paraffien word in stowe gebruik.
B Die gebruike van paraffien.
C Die gevaar van paraffien in ons huise.
D Paraffien is baie duur. (1)
Graad 6 Afrikaans HT 6
Downloaded from hlayiso.com
9. Beantwoord die volgende vrae uit die leesstuk:
9.1 Noem EEN manier hoe daar verhoed kan word dat ʼn kind per
ongeluk paraffien drink.
______________________________________________________
______________________________________________________ (1)
9.2 Waarom moet paraffien nie naby oop vlamme gehou word nie?
______________________________________________________
______________________________________________________ (1)
9.3 Skryf TWEE woorde neer wat langs mekaar in die leesstuk staan, wat
die teenoorgestelde as opsetlik beteken.
_____________________________________________________ (1)
10. Skryf ʼn sin om die betekenis van die onderstreepte woorde te verduidelik.
10.1 Gebruik die woord deursigtig in ʼn sin van jou eie om die betekenis
daarvan aan te dui.
_______________________________________________________
_______________________________________________________ (1)
10.2 Gebruik die woord voltooi in ʼn sin van jou eie om die betekenis
daarvan aan te dui.
_____________________________________________________
_____________________________________________________ (1)
Graad 6 Afrikaans HT 7
Downloaded from hlayiso.com
Lees die inligting in die uittreksel hieronder en beantwoord Vraag 11.
Soos alle insekte het miere ses pote. Elke poot het drie litte. Die pote van ʼn mier is
baie sterk sodat dit vinnig kan hardloop. As ʼn man so vinnig soos ʼn mier kon hardloop,
sou die spoed gelykstaande wees aan dié van ʼn resiesperd. Miere kan 20 keer hulle
eie gewig optel. ʼn Mier se brein het ongeveer 250 000 breinselle. Die menslike brein
het 10 000 miljoen, so ʼn kolonie van 40 000 miere het gesamentlik dieselfde grootte
brein as die menslike brein.
Die gemiddelde leeftyd van ʼn mier is 45 tot 60 dae. Miere gebruik hulle voelers nie net
om mee te voel nie, maar ook om mee te ruik. Die kop van ʼn mier het ʼn paar groot,
sterk kake. Hierdie kake maak oop en toe soos ʼn skêr. Volwasse miere kan nie vaste
kos kou of sluk nie. In plaas daarvan sluk hulle die sap van die stukke kos wat hulle
met hul sterk kake uitdruk. Miere gooi dan die uitgedroogde deel wat oorbly, weg. 'n
Mier het twee oё, wat saamgestelde oё genoem word. Elke oog bestaan uit ʼn klomp
kleiner ogies.
Die agterlyf van die mier bevat twee mae. Een maag hou die voedsel vir homself, en
die tweede maag se voedsel word met ander miere gedeel. Net soos by alle insekte, is
die buitekant van die mier met ʼn sterk harnas bedek, wat ʼn eksoskelet genoem word.
Miere het vier duidelike groeistadia: die eier, larwe, papie en die volwassene. Daar is
meer as 10 000 bekende mierspesies.
[Aangepas uit Wikipedia]
Graad 6 Afrikaans HT 8
Downloaded from hlayiso.com
11. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
11.1 Die frase “leeftyd van ʼn mier” verwys na die ...
A kop van ʼn mier met die sterk kake.
B manier waarop ʼn mier sap uit sy voedsel kry.
C harnas wat die mier se liggaam bedek.
D verwagte tyd wat ʼn mier sal leef. (1)
11.2 Watter EEN van die volgende opsies is nie ʼn kenmerk van ʼn mier nie?
A Dit het ses pote met litte aan elke poot.
B Dit het twee oё en kan vinnig hardloop.
C Die agterlyf het twee mae.
D Dit kan vaste kos kou en sluk. (1)
11.3 Daar is meer as 10 000 mierspesies. Hulle het die volgende in gemeen:
A Hulle kan vir 45 tot 60 jaar leef.
B Hulle gaan deur 4 stadia van ontwikkeling.
C Hulle gebruik hulle voelers om te sien en te hoor.
D Hulle kan so vinnig soos mense hardloop. (1)
Graad 6 Afrikaans HT 9
Downloaded from hlayiso.com
12. Skryf ʼn kort storie (6 tot 8 sinne) oor hoe jy ʼn dier of troeteldier, wat in die
moeilikheid was, gered het.
Gebruik die korrekte spelling, leestekens en taal.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________ (6)
Graad 6 Afrikaans HT 10
Downloaded from hlayiso.com
13. Gebruik ʼn voorvoegsel of agtervoegsel soos hieronder gevra.
13.1 Gebruik ʼn geskikte voorvoegsel om ʼn woord te vorm wat die
teenoorgestelde betekenis as die woord tussen hakies het.
Daar is (orde) _____________________ as ʼn huisvlieg op die kos sit. (1)
13.2 Gebruik ʼn geskikte agtervoegsel om ʼn bywoord van die woord tussen
hakies te vorm.
Die huisvrou voel (skitter) ________________________ wanneer sy
die huisvlieg doodslaan. (1)
14. Skryf die volgende sinne oor in die verlede tyd:
14.1 Frikkie hou daarvan om boeke oor huisvlieë te lees, want hy vind hulle
fassinerend.
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________ (1)
14.2 Die vlieë in die kombuis is huisvlieë en hulle het groen oë.
______________________________________________________
__________________________________________________________________ (1)
15. Voltooi die volgende sin in jou eie woorde:
Wanneer mense ʼn huisvlieg doodmaak, ____________________________
____________________________________________________________
____________________________________________________________ (1)
Graad 6 Afrikaans HT 11
Downloaded from hlayiso.com
16. Skryf die volgende sin met die korrekte leestekens oor:
Ekt ʼn huisvlieg gesien skree Frikkie.
________________________________________________________ (2)
17. Skryf die volgende sin oor deur met die onderstreepte woord te begin:
Volwasse vroulike vlieë lê eiers.
________________________________________________________ (2)
Graad 6 Afrikaans HT 12
Downloaded from hlayiso.com
18. Gebruik die inligting in die tabel hieronder om die kolomgrafiek te
voltooi.
Jy moet besluit watter boeke is fiksie en watter is nie-fiksie. Jy moet dan
die getal fiksie- en nie-fiksieboeke wat Frikkie en Precious gelees het,
inkleur. Die kolomme vir Sunita is as voorbeeld voltooi.
Naam van leerder Getal boeke gelees Soort boeke gelees
3 Strokiesverhaalboek
Frikkie Coetzer
1 Biografie
2 Biografieë
Sunita Naidoo
4 Fantasie
2 Strokiesverhaalboek
Precious Mhati
4 Autobiografieë
5
4
Getal boeke
3
2
1
Fiksie Nie- Fiksie Nie- Fiksie Nie-
fiksie fiksie fiksie
SUNITA FRIKKIE PRECIOUS
(4)
Graad 6 Afrikaans HT 13
Downloaded from hlayiso.com
19. Gebruik die inligting in die tabel om die volgende vrae te beantwoord:
19.1 Hoeveel fiksieboeke het Sunita gelees? ___________________ (1)
19.2 Hoeveel nie-fiksieboeke het Frikkie gelees? ______________ (1)
20. Lees die paragraaf hieronder.
ʼn Ouma en haar kleinseun, Pieter, is op pad winkel toe. Hulle moet nog besluit
wat om te koop. Ouma dink aan ʼn lieflike, rooi handsak of ʼn nuwe rok om na
ʼn troue toe aan te trek. Pieter sal weer mal wees oor ʼn blink, nuwe sokkerbal
of ʼn krieketkolf. Dit is al amper middagete, en hulle besluit om eers iets te eet
voordat hulle gaan inkopies doen.
Voltooi die dialoog, op die volgende bladsy, tussen Pieter en Ouma in
6 tot 8 sinne. Gebruik die regte dialoogvorm, leestekens, spelling en
taal.
Graad 6 Afrikaans HT 14
Downloaded from hlayiso.com
Ouma: Wil jy eers iets eet voor ons gaan inkopies doen?
Pieter: Ouma, ek is so opgewonde! Ek kan glad nie eers aan kos dink nie.
Ouma: ________________________________________________________
________________________________________________________
Pieter: ________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
_________________________________________________________ (6)
TOTAAL: 50
Graad 6 Afrikaans HT 15
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2012 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 6 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2013 Question Paper
More from Grade 6 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 North West June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 Paper 3 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 Paper 3 November 2017 Memo

Question paper