Skip to content

Afrikaans HL Grade 6 ANA 2014 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 6201413 pages

Grade 6 Afrikaans HL question paper from the ANA 2014, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

ANA 2014

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com basic education Department: Basic Education PUNTE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS PUNTE: 70 TYD: 1% UUR PROVINSIE KRING STREEK NAAM VAN SKOOL EMIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 6A) VAN NAAM GESLAG (Vv) | SEUN DOGTER GEBOORTEDATUM Hierdie toets bestaan uit 12 bladsye, voorblad uitgesluit
Downloaded from hlayiso.com Instruksies aan die leerder 1. Lees al die instruksies noukeurig deur. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. Die toets duur 1% uur. Fen Die onderwyser(es) sal jou deur die oefenvoorbeeld lei voordat jy met die toets begin. 5. — Skryf netjies en leesbaar. Oefenvoorbeeld 1. Omkring die letter met die korrekte antwoord. Watter land word deur die sokkerspan Bafana Bafana verteenwoordig? A Australié B Suid-Afrika C Kameroen D_ Nigerié Jy het die vraag korrek beantwoord as jy omkring het. Die toets begin op die volgende bladsy. Grade 6 Afrikaans HL Test 1
Downloaded from hlayiso.com AFDELLING A: LEES EN KYK Lees die onderstaande storie en beantwoord VRAAG 1 tot 9. Luiperd en Jakkals was vriende en het in ’n woud gewoon. Luiperd was op pad huis toe na ’n jagtog. Skielik het hy ’n eienaardige dier met aaklige, growwe, groot horings op sy kop teégekom. Hy was vreesbevange omdat hy nog nooit so ’n dier gesien het nie. Versigtig grom hy: "Dagsé, vreemdeling. Wat is jou naam?" Terwyl hy sy bors slaan om sy krag en waagmoed te toon, sé die dier: "Ek is Ram. Wie is jy, gespikkelde een?” "Ek is Luiperd," antwoord hy saggies en hardloop so vinnig soos die wind daar weg. Uitasem gehardloop, vertel Luiperd vir Jakkals: "Ek het die eienaardigste dier gesien wat ek glad nie kon herken nie. Die kreatuur het gesé hy is Ram en hy het op sy bors geslaan." Jakkals lag. "Jy is dom om sulke soet vieis agter te laat. M6re gaan soek ons die Ram en vier saam fees." Die volgende dag toe die son wakker word, gaan soek hulle vir Ram. Ram sien hulle aankom en waarsku sy vrou: "Vandag sterf ons, Vrou. Luiperd en Jakkals is daarop uit om ons te vang." "Ja, maar hulle kan ons nie uitoorlé nie," sé sy vrou. "Vat gou ons seun saam met jou. Wanneer hulle naderkom, knyp die kind totdat hy huil, sodat dit klink asof hy honger is." Toe die twee nader kom, knyp Ram sy kind. Luiperd se 06 rek groot van vrees. Deur sy eie ervaring met sy eie kinders, herken hy ’n skreeuende kind. Luiperd probeer weghardloop, maar Jakkals hou hom styf vas. "Kom Luiperd, kom ons gaan vier fees," sé Jakkals. Toe Ram hierdie woorde hoor, knyp hy weer sy kind. Intussen skreeu sy vrou: "Jakkals, jy het goed gedoen om Luiperd te bring, sodat ons hom kan eet. Soos jy kan sien, is my kind baie honger!" Hierdie keer kan Jakkals nie vir Luiperd keer nie. Luiperd hardloop reguit woud toe en dwing Jakkals agterna deur hom te sleep. Hulle kom stokflou en uitasem na die gesleep by die huis aan. Van daardie dag af het die twee nooit weer saam gaan jag nie en Ram en sy gesin het in vrede geleef. [Aangepas uit African Legends and Folktales deur G. Lee -http:/www.amedja.tripod.com ] Grade 6 Afrikaans HL Test 2
Downloaded from hlayiso.com 1. Watter titel sal die beste by die storie pas? A Hoe Ram en sy vrou vir Luiperd en Jakkals uitoorlé het B Die luiperd en sy twee vriende C __ Die parmantige luiperd D Die groot jagtog (1) 2. Omkring die letter van die korrekte antwoord. 2.1 Identifiseer die hoofkarakters in die storie. Die luiperd, die ram en die jakkals Die luiperd en die jakkals Die luiperd en die ram 00 WD PY Die ram en die jakkals (1) 2.2 Wat het gebeur nadat Luiperd besef het dat hy om die bos gelei is? A ____Luiperd het weggehardloop en Jakkals agterna gesleep. B_ ___Luiperd en Ram het vriende geword. C Jakkals het Luiperd opgeéet. D Ram het ’n fees gehou. (1) 2.3. Waar vind die storie plaas? A _Hoog in die berge B__In’n groot stad C_ In’n woud D In die dieretuin (1) Grade 6 Afrikaans HL Test 3
Downloaded from hlayiso.com 3. Die onderstaande sinne is verkeerd genommer. Nommer hulle (1-4) volgens die gebeure in die storie. Antwoord 1. | Ram se vrou het ’n plan gemaak om Luiperd en Jakkals uit te oorlé. 2. | Luiperd het huis toe gegaan na ’n jagtog. 3. | Luiperd en Jakkals het nooit weer saam gaan jag nie. 4. | Luiperd het ’n eienaardige dier gesien. (2) 4. Beantwoord die volgende vrae. 4.1 Skryf ’n woord uit paragraaf een neer wat aandui dat Luiperd en Jakkals maats was. (1) 4.2 Vind een woord in paragraaf vyf wat aandui hoe Luiperd vir Jakkals huis toe gedwing het? (1) 5 Skryf slegs die agtervoegsel van die woord asemloos neer. (1) 6. Hoekom het Luiperd en Jakkals nooit weer saam gaan jag nie? (1) Grade 6 Afrikaans HL Test 4
9. Downloaded from hlayiso.com Beantwoord die volgende vrae. 7.1 Identifiseer die vergelyking in paragraaf een en skryf dit neer. (1) 7.2 \dentifiseer die beeldspraak en omkring die korrekte woord tussen hakies. "Die son het wakker geword" is ’n voorbeeld van (personifikasie/metafoor). (1) Som die storie in vyf sinne op. Gebruik die inligting uit die storie om die onderstaande sin te voltooi. As Ram nie sy vrou gewaarsku het teen Jakkals en Luiperd nie, sou Grade 6 Afrikaans HL Test 5
Downloaded from hlayiso.com Bestudeer die advertensie en beantwoord VRAAG 10 tot 15. 10. 11. 12. Gooey Gom ns help Om © ons Planee, te bey, &, Gooey Gom is: Suurvry Maklik om te gebruik Sterk Veilig vir kinders Stewige kleefkrag Wasbaar | Omgewingsvriendelik Betroubare produk Watter produk word geadverteer? Sal jy hierdie produk koop? Maak ’n (“’) merkie vir jou keuse in die onderstaande blokkie en gee ’n rede vir jou antwoord. Ja Nee Omkring die letter van die korrekte antwoord. Wie sal die produk meestal gebruik? A swemmers B _leerders C boere D_ babas Grade 6 Afrikaans HL Test 6 (2) (1)
13. 14. 15. Downloaded from hlayiso.com Beantwoord die volgende vrae. 13.1 Wat beloof hierdie omgewingsvriendelike produk om te bewaar? 13.2 Is die naam "Gooey Gom" ’n voorbeeld van alliterasie of assonansie? Gee twee byvoeglike naamwoorde (beskrywende woorde) wat in die advertensie gebruik is. Skryf die sin in die indirekte rede oor. Jane het gesé: " Dit is maklik vir my om Gooey Gom te gebruik." Jane het gesé TOTAAL AFDELING A Grade 6 Afrikaans HL Test 7 (1) 29
Downloaded from hlayiso.com AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES Lees die leesstuk hieronder en beantwoord VRAAG 16 tot 26. KAMEELPERDE Die kameelperd het die langste nek van al die diere. ’n Kameelperd eet blare en gras. Hy moet sy voorbene uitsprei om gras te eet of water te drink. Die kameelperd se lang nek maak dit vir hom moontlik om blare vanuit hoé bome te eet, wat ander diere nie kan bykom nie. Die natuur is wonderlik en maak seker dat geen kos vermors word nie. Kameelperde se kamoeflering laat hulle maklik by hulle omgewing inpas. Hulle is saggeaarde diere en kan hulself goed teen karnivore verdedig. As hulle deur ’n leeu gekonfronteer word, gebruik hulle hul lang bene om te skop. Baie leeus het al ongemaklike verrassings van ’n kameelperd se hoewe ontvang. [Verwerk uit: INTEGRA Y-READ] 16. Skryf die volgende sin oor en maak die spel- en leestekenfoute reg. hoewel kameel perde sans aktief is bestaan hul dae hoofsaaklik ook uit weiding. Grade 6 Afrikaans HL Test 8 (3)
17. 18. 19. 20. Downloaded from hlayiso.com Identifiseer die onderstreepte naamwoorde uit die opsies in die onderstaande woordblok. eienaam; soortnaam; versamelnaam 17.1 Kameelperde kan hulself baie goed verdedig. 17.2 Kameelperde word hoofsaaklik in Afrika gevind. 17.3. ’n Trop kameelperde bestaan uit ongeveer twaalf diere. Onderstreep die werkwoord in die onderstaande sin. Kameelperde eet blare en gras. Skryf die korrekte vorm van die werkwoord tussen hakies neer. Die leeu het die kameelperd (vang). Vul die korrekte voorsetsel in. 20.1 Kameelperde is lief gras te eet. 20.2 Kameelperde word gereeld leeus aangeval. Grade 6 Afrikaans HL Test 9 (1) (1) (1) (1) (1) (1) (1)
21. 22. 23. Downloaded from hlayiso.com Verbind die onderstaande sinne deur gebruik te maak van die voegwoord tussen hakies. 21.1 Kameelperde eet blare. Kameelperde eet gras. (en) (1) 21.2 Kameelperde het baie lang nekke. Hulle is die langste diere. (daarom) (1) 21.3 Kameelperde moet hulle voorbene uitsprei. Hulle buig af om water te drink. (want) (1) Kies die korrekte voornaamwoord uit die gegewe blok om die sinne te voltooi. ons; sy; hulle 22.1 Die kameelperd gebruik lang bene om homself te beskerm. (1) 22.2 Kameelperde is groot, maar is baie saggeaard. (1) 22.3 Kameelperde moet deur beskerm word. (1) Omkring die korrekte vorm van die werkwoord tussen hakies. 23.1 ’n Kameelperdkoei (gee / het gegee) geboorte aan een kalf op ’n slag. (1) 23.2 Kameelperde (sal beweeg / beweeg) in klein troppe. (1) Grade 6 Afrikaans HL Test 10
Downloaded from hlayiso.com 24. Skryf die onderstaande sin in twee enkelvoudige sinne neer. Kameelperde is saggeaarde diere en hulle kan hulself teen roofdiere beskerm. 25. Skryf die onderstaande sinne oor in die tydsvorme wat tussen hakies aangedui word. 25.1 Kameelperde eet blare en gras. (verlede tyd) (1) 25.2 Die kameelperd rek sy lang nek. (toekomende tyd) (1) 25.3 Kameelperde het in klein troppe rondbeweeg. (teenwoordige tyd) (1) 26. Identifiseer die sinsoorte: Voorbeeld. Ek hou van sjokolade. (stelsin) 26.1 Waar word kameelperde hoofsaaklik gevind? (1) 26.2 Kameelperde het baie goeie sig. (1) 26.3 Moenie kameelperde jag en doodmaak nie! (1) TOTAAL AFDELING B: 26 Grade 6 Afrikaans HL Test 11
Downloaded from hlayiso.com AFDELING C: SKRYF EN AANBIED 27. Bestudeer die prent en lees die onderstaande paragraaf. In ‘n verlate straat word Kat deur sy aartsvyand, Hond, gejaag. Kat probeer ontsnap, maar word in *n doodloopstraat vasgekeer. e Voltooi die dialoog tussen Kat en Hond. e Kat en Hond moet elkeen 5 spreekbeurte kry. e Gebruik die korrekte formaat vir ’n dialoog, leestekens, spelling en taalstrukture. Kat: (bewe van angs) Moet my asseblief nie seermaak nie! Hond: (beweeg nader) Hoekom nie? Kat: Hond: (15) TOTAAL AFDELING C: 15 GROOTTOTAAL: 70 Slegs vir die gebruik van die onderwyser/nasiener. Puntetoeking vir VRAAG 27. Kriteria TOTAAL | PUNT 1. Formaat 2. Sinstrukture en Taalgebruik 3. Inhoud 4. Taalstrukture en Konvensies 5. Tekslengte TOTAAL 09 | Go| Gd | Go| Go = a Grade 6 Afrikaans HL Test 12

Study this subject

More from Grade 6 Afrikaans HL

View all