Downloaded from hlayiso.com
PUNTE
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013
GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL
TOETS
PUNTE: 75
TYD: 1½ UUR
PROVINSIE ____________________________________________________________________
STREEK _______________________________________________________________________
DISTRIK _______________________________________________________________________
NAAM VAN SKOOL ____________________________________________________________
OBIS-NOMMER (9 syfers)
KLAS (bv. 6A) _____________________________________________________
VAN ___________________________________________________________________________
NAAM _________________________________________________________________________
SEUN DOGTER
GESLAG (✓)
GEBOORTEDATUM C C Y Y M M D D
Die toets bestaan uit 13 bladsye, die voorblad uitgesluit.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 6 ANA 2013 Question Paper
Grade 6 Afrikaans HL question paper from the ANA 2013, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 6 · ANA · 2013 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 6
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- ANA
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 384.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
ANA 2013
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Instruksies aan die leerder
1. Lees al die instruksies noukeurig deur.
2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3. Die onderwyser(es) sal jou deur die oefenvoorbeeld lei voordat jy met die toets
begin.
4. Die toets duur is 1½ uur.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Oefenvoorbeeld
1. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Watter land word deur die sokkerspan Bafana Bafana verteenwoordig?
A Australië
B Suid-Afrika
C Kameroen
D Nigerië
Jy het die vraag korrek beantwoord as jy BB omkring het.
Die toets begin op die volgende bladsy.
Grade 6 Afrikaans HL Test 1
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING A: BEGRIP
Lees die onderstaande storie en beantwoord vrae 1–10.
Tshepiso was 'n waterdraer. Hy het in die dorpie, Osaka, gewoon. Hy het 'n belangrike taak
gehad. Hy het daagliks vars water vir sy familie aangedra. Hy het twee groot potte aan 'n stok
oor sy skouers gedra. Een pot het 'n kraak in gehad, terwyl die ander een heel en perfek was.
Toe hy by die dorpie gekom het, was die gekraakte pot net halfvol met water. Vir twee volle
jare het Tshepiso elke dag vars water in die potte vir sy familie aangedra. Sy familie was nie
tevrede met die halfvol, gekraakte pot nie.
Die perfekte pot was trots op sy werk en het komplimente ontvang. Dit is mos waarom hy
gemaak is. Hy het net so belangrik soos 'n mens gevoel en het die stukkende pot op sy
selfsugtige manier geïgnoreer. Sy grootpratery het die gekraakte pot minderwaardig laat voel.
Hy het vanaf die stroompie tot in die dorpie die helfte van sy water uitgelek. Die gekraakte pot
het die perfekte pot gevra om hom te help om sy kraak reg te maak, maar die perfekte pot
was altyd net te besig en kon nie help nie.
Na twee jaar het die gekraakte pot sy gevoelens met Tshepiso gedeel. Hy het nutteloos
gevoel. "Ek is skaam oor die kraak in my sy; dit lek water al die pad na julle huis toe. Ek het
geen waarde meer nie en moet weggegooi word."
Tshepiso het hartseer gevoel. Hy het nie geweet hoe nutteloos die gekraakte pot gevoel het
nie. Hy het geglimlag en sagkens aan die gekraakte pot gesê: "Het jy opgemerk dat daar
slegs aan jou kant van die pad pampoene groei en nie aan die kant van die ander pot nie. Ek
het altyd van jou swakheid geweet, daarom het ek pampoensaad aan jou kant geplant. Jy
gooi die pampoensaad elke dag nat. Sonder jou swakheid sou ek nie pampoene kon kweek
nie. "
[Aangepas uit Oxford English for Success Grade 6]
Grade 6 Afrikaans HL Test 2
Downloaded from hlayiso.com
1. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Wat is die beste titel vir die storie?
A Kweek van groente
B Twee perfekte potte
C Die gekraakte pot
D 'n Swaar vrag (1)
2. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
2.1 Wie is die hoofkarakters in die storie?
A Tshepiso en die perfekte pot.
B Tshepiso en die gekraakte pot.
C Tshepiso en sy familie.
D Tshepiso en die inwoners van Osaka. (1)
2.2 Wat is die hoofgedagte van die storie?
A 'n Gekraakte pot wat nutteloos voel.
B 'n Seun wat groente kweek.
C Twee potte wat baklei.
D 'n Perfekte pot wat nutteloos voel. (1)
2.3 Waar vind die storie plaas?
A in 'n groot stad
B in 'n dorpie
C in 'n sirkustent
D in 'n skool (1)
Grade 6 Afrikaans HL Test 3
Downloaded from hlayiso.com
3. Nommer die vier sinne in die volgorde soos dit in die storie gebeur het.
Tshepiso verduidelik dat hy pampoensade geplant het. ___________
Die gekraakte pot praat met die waterdraer. ___________
Die gekraakte pot voel beter. ___________
Tshepiso stap daagliks na die stroom toe vir water. ___________
(2)
4. Dui aan of die volgende Waar of Onwaar is:
4.1 'n antoniem vir die woord 'groot' is reusagtig. __________________ (1)
4.2 'n sinoniem vir die woord 'spog' is grootpraat. _________________ (1)
5. Beantwoord die volgende vrae:
5.1 Skryf die teenoorgestelde vorm van die woord tussen hakies deur 'n
voorvoegsel by te voeg.
Die gekraakte pot was __________________ (gelukkig). (1)
5.2 Skryf die woord 'spog' oor deur 'n agtervoegsel by te voeg.
Die (spog) pot het gedink dat hy die beste was.
_________________ (1)
6. Beantwoord die volgende vrae:
6.1 Identifiseer die vergelyking in paragraaf twee en skryf dit neer.
____________________________________________________ (1)
6.2 Identifiseer die alliterasie in paragraaf een en skryf dit neer.
_____________________________________________________ (1)
Grade 6 Afrikaans HL Test 4
Downloaded from hlayiso.com
7. Onderstreep die korrekte antwoord.
7.1 "Die perfekte pot het gespog met die uitvoering van sy taak" is 'n
voorbeeld van (personifikasie/metafoor). (1)
7.2 Die perfekte pot het daarvan gehou om sy eie (drom/beuel/kitaar)
te blaas. (1)
8. Som die storie in 3-4 sinne op (ongeveer 30 woorde).
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________ (3)
9. Voltooi die volgende sin.
As die gekraakte pot nie water gelek het nie, sou __________________
____________________________________________________________ (1)
10. Watter les kan jy uit hierdie storie leer?
____________________________________________________________
____________________________________________________________ (1)
Grade 6 Afrikaans HL Test 5
Downloaded from hlayiso.com
Bestudeer die advertensie en beantwoord vraag 11–16.
Sterk, pragtige tekkies
Wees in die mode
Sag en kleurvol vir die met hierdie
seisoen!!!! gemaklike tekkies!!!
Vir die tiener met styl! Koop een paar en kry een paar gratis!
11. Watter produk word hier geadverteer?
_________________________________________________________
(1)
12. Sal jy hierdie produk koop? Gee 'n rede vir jou antwoord.
________________________________________________________
________________________________________________________ (2)
13. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Vir watter groep mense is hierdie advertensie spesifiek geskryf?
A Tieners met styl
B Olimpiese swemmers
C Babas met styl
D Sakemanne (1)
Grade 6 Afrikaans HL Test 6
Downloaded from hlayiso.com
14. Beantwoord die volgende vrae:
14.1 Wat belowe die advertensie jou indien jy een paar koop?
__________________________________________ (1)
14.2 ''Koop een paar en kry een paar gratis'' is 'n voorbeeld van watter
taalverskynsel?
_________________________
_________________________ (2)
15. Skryf drie byvoeglike naamwoorde (beskrywende woorde) neer wat in die
advertensie gebruik is.
15.1 ________________________________ (1)
15.2 ________________________________ (1)
15.3 ________________________________ (1)
16. Skryf die sin in die direkte rede oor.
Sipho het gesê dat hy van sy tekkies gehou het.
Sipho het gesê: "Ek ________________________________________”. (3)
TOTAAL AFDELING A: 32
Grade 6 Afrikaans HL Test 7
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING B: TAALSTRUKTURE
Lees die leesstuk hieronder en beantwoord vraag 17–27.
Wenke oor hoe om die Suid-Afrikaanse vlag te hang
Wanneer die vlag horisontaal vertoon word, moet die swart driehoek aan jou
linkerkant wees en die rooi gedeelte aan die bokant. As die rooi gedeelte aan
die onderkant is, is jou vlag onderstebo.
Die vlag mag nie beskadig word deur daarop te skryf nie. Enige woorde moet onder
of langs die vlag geskryf word.
Die vlag moet altyd met respek behandel word. Die vlag mag nooit:
• Toegelaat word om die grond of vloer te raak nie.
• Gedrapeer word oor tafels, podiums, relings, ens nie.
• Gebruik word as bedekking vir monumente, standbeelde, ens. nie.
• Gebruik word om onderklere, badmatte te maak of op ander materiale gedruk word
nie.
• Gebruik word vir advertensies wat disrespekvol is nie.
[Aangepas uit http://www.southafrica.info/about/history/flag.htm]
17. Skryf die volgende sin oor en maak die spel- en leestekenfoute reg.
die Suid-Afrikaanse vlag moet as volg gerespekteer word: dit maag nie die
vloer raak nie oor voorwerpe of standbeelde gebruik word as bedekking nie.
____________________________________________________________
____________________________________________________________
____________________________________________________________ (3)
Grade 6 Afrikaans HL Test 8
Downloaded from hlayiso.com
18. Besluit watter tipe naamwoord in die onderstaande sinne onderstreep is. Kies
die korrekte antwoord uit die woordblok en skryf dit in die oop lyntjies.
soortnaam; eienaam; abstrakte selfstandige naamwoord
18.1 Die kleur rooi verteenwoordig gewoonlik liefde.
(1)
_______________________________
18.2 Suid-Afrika is 'n diverse land.
_______________________________ (1)
18.3 Ons vlag is baie kleurvol.
_______________________________ (1)
19. Onderstreep die korrekte werkwoord in die onderstaande sinne:
19.1 Baie mense (respekteer/respek) ons landsvlag. (1)
19.2 Suid-Afrika (sal/is) 'n mooi land. (1)
20. Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Alle Suid Afrikaners (moet, sal) _________ ingelig (word, sal word)
_________ oor hulle regte.
(2)
21. Vul die korrekte voorsetsel in deur dit vanuit die teks te verkry.
21.1 Die vlag mag nie ________ tafels of stoele vertoon word nie. (1)
21.2 Niemand mag _________ die vlag skryf nie. (1)
Grade 6 Afrikaans HL Test 9
Downloaded from hlayiso.com
22. Skryf die onderstaande sinne oor en verbind dit deur gebruik te maak van
die regte voegwoord.
22.1 Die vlag mag nie as onderklere gebruik word nie. Dit moet op die
regte manier vertoon word.
____________________________________________________
____________________________________________________ (1)
22.2 Daar mag nie op die vlag geskryf word nie. Jy mag wel onder of
langsaan skryf.
____________________________________________________
____________________________________________________ (1)
22.3 Die vlag moet gerespekteer word. Dit is 'n simbool van ons land.
____________________________________________________
____________________________________________________ (1)
23. Kies die korrekte voornaamwoorde in die woordblok om die sinne te
voltooi.
hierdie; ons; sy
23.1 Die vlag is pragtig ontwerp; _________________ is trots op ons (1)
vlag.
23.2 Die vlag het _______________ eie unieke ontwerp. (1)
23.3 Ons moet altyd __________ punte onthou. (1)
24. Onderstreep die korrekte vorm van die werkwoord tussen hakies.
24.1 Ek (staan/verstaan) dat reëls gevolg moet word. (1)
24.2 Jy moet altyd jou vlag (respekter/respekteer). (1)
Grade 6 Afrikaans HL Test 10
Downloaded from hlayiso.com
25. Skryf die sin oor in twee enkelvoudige sinne.
Dit is belangrik om reëls te volg, want dit is 'n teken van respek.
Sin 1:_____________________________________________________ (1)
Sin 2: _____________________________________________________ (1)
26. Kies die korrekte tydsvorme vir die onderstaande sinne. Gebruik die
woorde in die woordblok en skryf dit in die oop lyntjies.
verlede tyd; teenwoordige tyd; toekomende tyd
Verlede tyd; Teenwoordige tyd; Toekomende tyd
26.1 Die President kyk na die vlag.
_______________________ (1)
26.2 Ek sal ons vlag respekteer.
_______________________ (1)
26.3 Ons skoolvlag het korrek gehang.
_______________________ (1)
27. Identifiseer die tipe sinne deur die korrekte woord uit die woordblok te kies.
stelsin; bevelsin; vraagsin
27.1 Wat simboliseer die Suid-Afrikaanse vlag?
_________________ (1)
27.2 Moenie ons landsvlag oneer aandoen nie!
_________________ (1)
27.3 Ons vlag het ses verskillende kleure.
_________________ (1)
TOTAAL AFDELING B: 28
Grade 6 Afrikaans HL Test 11
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING C: SKRYF
28. Skryf 'n dagboekinskrywing van twee paragrawe (ongeveer 8-10 sinne).
Beskryf in jou dagboekinskrywing hoe jy by die skool deur iemand in 'n hoër
graad geboelie is. Beskryf wat gebeur het en hoe jy daaroor gevoel het.
Onthou om die regte formaat, taal en spelling te gebruik.
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
TOTAAL AFDELING C: 15
GROOTTOTAAL: 75
Grade 6 Afrikaans HL Test 12
Downloaded from hlayiso.com
PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 28 MAKSIMUM LEERDER SE
PUNT PUNT
28.1 FORMAAT VAN DAGBOEK 3
28.2 WOORD-EN SINSVLAK 3
28.3 GETAL SINNE 3
28.4 TAALSTRUKTUUR EN-GEBRUIK 3
28.5 INHOUD 3
TOTAAL 15
Grade 6 Afrikaans HL Test 13
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2013 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 6 ANA Exemplars 2013 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 6 ANA 2011 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 ANA Exemplars 2013 Memo
More from Grade 6 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 North West June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 Paper 3 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 6 Paper 3 November 2017 Memo

Question paper